Chemiese wapens in Suid-Afrika: die gifgasfabrieke by Klipfontein en Firgrove,

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Mosselbaai Munisipaliteit

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Rut: n Liefdes Verhaal

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Mandala Madness Deel 2

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE STAFAFDELING HOOF VAN STAF PERSONEEL

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Transcription:

Chemiese wapens in Suid-Afrika: die gifgasfabrieke by Klipfontein en Firgrove, 1940-1945 ABEL ESTERHUYSE Inleiding Die onlangse hofsaak van dr Wouter Basson en die oorlog in Irak het chemiese wapens wee reens op die voorgrond geplaas. 1 Suid-Afrika het n lang geskiedenis van betrokkenheid by chemiese wapens. 2 Reeds voor die bewindsoorname van die Nasionale Party in 1948 en die eksperimentering met chemiese wapens deur die apartheidsregering, is chemiese wapens op groot skaal in Suid-Afrika vervaardig. Die Geallieerdes het Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog geïdentifiseer as een van die belangrikste voorsieners van chemiese wapens in geval dit wel tydens die oorlog benodig sou word. Alhoewel geeneen van die vegtende moondhede van chemiese wapens op die slagveld gebruik gemaak het nie, verander dit nie aan die realiteit dat daar chemiese wapens vir die Geallieerdes in Suid-Afrika tydens Tweede Wêreldoorlog geproduseer is nie. Die doel van hierdie artikel is om die aard van Suid-Afrika se chemiese wapenprogram tydens die Tweede Wêreldoorlog te ondersoek. Die fokus word spesifiek op die produksie van gifgasse vir militêre gebruik by Klipfontein en Firgrove oor die tydperk 1941 tot 1945 geplaas. Die rol van die Unieverdedigingsmag, spesifiek die Suid-Afrikaanse Geniekorps, asook die herorganisasie en demilitarisering van die fabrieke wat gevolg het op die aanvanklike oprigting en produksie, word belig. Ook word aandag aan die vervaardiging, berging en verspreiding van gifgas vir chemiese oorlogvoering gegee. Daar word gepoog om n breë algemene begrip daar te stel van hoe die Abel Esterhuyse is n dosent in die Skool vir Veiligheid en Afrikastudie aan die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit Stellenbosch (Militêre Akademie). My dank aan Dr. G E Visser Hoof van die Skool vir Veiligheid en Afrikastudie en prof. J S Kotze emeritus professor in Krygsgeskiedenies by dieselfde instelling, vir hul raad en kommentaar. 1. T. MANGOLD en J. GOLDBERG, Plague wars: a true story of biological warfare (Macmillan, London, 1999), verskaf n oorsig van beide die apartheidsregering en die Irakese regering se chemiese wapenprogramme. 2. Kyk byvoorbeeld die boek van S.F. BURGESS en H.E. PURKITT, The Rollback of South Africa s Chemical and Biological Warfare Program (Air University Press, Alabama, April 2001). Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244.

Esterhuyse fabrieke gefunksioneer het. Die chemiese prosesse, waarvolgens die gas geproduseer is, word egter nie in diepte bespreek nie. Daar word op n tematiese wyse aandag geskenk aan sekere aspekte in die bedryf van die fabrieke, terwyl die afskaling in die produksie van gifgasse by die fabrieke aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog kronologies bespreek word. Laastens word kortliks aandag gegee aan die posisie van die fabrieke na die Tweede Wêreldoorlog en die vernietiging van die oorblywende gifgas. Enige verwysing in die artikel na gifgasse moet verstaan word as synde gasse te wees wat vir militêre doeleindes, dit wil sê chemiese oorlogvoering, aangewend word. Die besluit om chemese wapens in Suid-Afrika te vervaardig, 1940 Die wêreld het tydens die Eerste Wêreldoorlog, op 22 April 1915, met chemiese wapens en chemiese oorlogvoering kennis gemaak, toe Duitse magte dit by Ieperen aangewend het. 3 Die Geallieerdes het 7 000 ongevalle gely waarvan, sonder dat n skoot gevuur is, 350 dood is. 4 Die Geallieerdes en die Duitsers het daarna by verskeie geleenthede tydens die oorlog gas aangewend in n poging om n deurbraak deur die statiese fronte te bewerkstellig. 5 Strateë het gou die waarde van chemiese wapens besef. In die meeste gevalle het dit nie die dood van slagoffers veroorsaak nie. Dit het egter wel n logistieke las op die verbindingslyne van die vyand geplaas deurdat ongevalle behandel en afgevoer moes word. 6 In die Eerste Wêreldoorlog is hoofsaaklik van drie gasse gebruik gemaak, naamlik chloor, fosgeen en mosterd. Chloor en fosgeen is versmoringsgasse. Versmoringsgasse veroorsaak die dood deur kongestie en die beskadiging van die longe. Die enigste verskil tussen chloor- en fosgeengas is die tydsverskil voor die vernietigende simptome intree. Waar chloorgas n onmiddelike uitwerking het, kan fosgeengas tot 24 uur ná blootstelling eers op n persoon begin inwerk. 7 Mosterdgas, wat n blaargas is, was die mees effektiewe gas van die Eerste Wêreldoorlog. n Persoon wat daaraan blootgestel word, ontwikkel blase op daardie deel van sy lyf wat blootgestel is. Die inaseming daarvan is dodelik, deurdat dit ook blase op die longe veroorsaak. Ook kan dit blindheid tot gevolg hê. 8 3. J. TERRIANE, White heat: the new warfare 1914 1918 (Sidgwich, London, 1978), p. 156. 4. S. SEAGRAVE, Yellow rain: a journey through the terror of chemical warfare (Abacus, London, 1981), p. 43. 5. J. TERRIANE, White heat: the new warfare 1914 1918, pp. 158 161. 6. S. SEAGRAVE, Yellow rain: a journey through the terror of chemical warfare, p 53. 7. Ibid., p. 51. 8. Ibid., p. 53. 222

Chemiese wapens in Suid-Afrika Die Volkebond, wat ná die Eerste Wêreldoorlog tot stand gekom het, het gepoog om n internasionale ooreenkoms daar te stel wat die gebruik van chemiese oorlogvoering in die toekoms kon beperk. In 1925 is die Geneefse Protokol deur 29 nasies onderteken. 9 Hierdie Protokol het die gebruik van asphyxiating, piosonous and other gases, and all analogous liquids, materials or devices 10 in n oorlog verbied. Die Britse konserwatiewe regering het die protokol verwerp. Dit het beteken dat Suid-Afrika ook nie deur die protokol gebind is nie. 11 Die ondertekenaars van die Geneefse Protokol het hulself egter die reg voorbehou om hulself teen moontlike aanvalle met middele wat deur die Geneefse Protokol verbied is, te beskerm. 12 n Situasie het gevolglik ontstaan waar daar n totale verbod op chemiese oorlogvoering was, maar waar state hulle die reg voorbehou het om teen sodanige aanvalle voor te berei. Voor die Tweede Wêreldoorlog is algemeen aanvaar dat chemiese wapens deel sou wees van die wyse waarop oorlog in die toekoms geveg sou word, aangesien die gebruik van chemiese wapens tydens die Eerste Wêreldoorlog beslag gekry het. Soos die wêreld in die dertigerjare nader aan oorlog beweeg het, is hierdie vermoede versterk deur die Italiaanse gebruik van gas in hul Ethopiese veldtog. Ook het militêre teoretici, spesifiek die lugvaartteoretikus Giulio Douhet in sy boek The Command of the Air, gespekuleer oor die toekomstige gebruik van chemiese wapens. Die fokus is veral geplaas op die gebruik van chemiese wapens deur lugmagte tydens strategiese bomwerping om vyandelike stede en ander bevolkingskonsentrasies aan te val. 13 Die Eerste Wêreldoorlog het daarom die tradisie van die gebruik van chemiese wapens tydens oorlog ingelei en gevestig. In die era na die oorlog is daar enersyds gepoog om internasionale regsreëls neer te lê om die gebruik daarvan te beperk. Andersyds het militêre teoretici baie aandag aan die onderwerp gegee en tot n mate bygedra tot die skepping van n verwagting dat chemiese wapens wel in toekomstige oorloë gebruik sou word. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was daar gevolglik beide internasionale regsreëls teen die gebruik van chemiese wapens én n 9. S.F. BURGESS en H.E. PURKITT, The rollback of South Africa s chemical and biological warfare program (USAF Institute for National Security Studies, USAF Academy, Colorado Springs, 2001), p 3; Kyk ook J. Morris se bespreking van internasionale reg en die gebruik van mag in J. BAYLIS, et al, Strategy in the contemporary world: an introduction to strategic studies (OUP, Oxford, 2002), pp. 45 65. 10. S. SEAGRAVE, Yellow rain: a journey through the terror of chemical warfare, p. 73. 11. J.A.S. GRENVILLE, The major international treaties 1914 1973 (Methuen, London, 1974), p. 25. 12. S. SEAGRAVE, Yellow rain: a journey through the terror of chemical warfare, p. 74. 13. Kyk byvoorbeeld die bespreking van Douhet en andere se sienings in E.M. EMME, The impact of air power: national security and world politics (Clinton, Colonial Press, 1959). Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 223

Esterhuyse verwagting dat sodanige wapens wel gebruik gaan word. State het hul gevolglik voorberei vir die gebruik van chemiese wapens al was dit slegs ter verdediging. 14 Die Duitse blitzkrieg-oorwinnings in Wes-Europa aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog, het kommer in Brittanje laat ontstaan. Duitse bomwerpers kon nie net die Britse bevolking met luggelewerde chemiese wapens aanval nie, maar kon ook die Britse gasaanlegte vernietig. Dit sou Brittanje sy chemiese wapenvermoë ontneem. Die Britse Ministry of Supply het gevolglik in 1940 die Unie van Suid-Afrika versoek om n aanleg op te rig wat in n verdere Britse vraag na chemiese wapens kon voorsien. Die ondersoek na en die oprigting van gifgasfabrieke, 1941 Ooreenkomste tussen die Britse Ministry of Supply en die Unieverdedigingsmag (UVM) het daartoe gelei dat brig. Henry Cotton van die Suid-Afrikaanse Geniekorps (SAGK) vir maj. William Bleloch, n chemiese ingenieur, versoek het om die moontl ikheid om gas in die Unie te vervaardig, te ondersoek. Nadat maj. Bleloch sy ondersoek voltooi het, is n voorlopige aanleg onder sy toesig by Modderfontein aan die Oos-Rand opgerig. Hierdie aanleg het bekend gestaan as 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK. Die aanleg was in staat om 30 ton mostertgas per maand te produseer, terwyl die personeel van 99 Tegniese Werkekompanie goeie ondervinding hier opgedoen het. 15 Suid-Afrika het ook tegniese bystand uit Brittanje ontvang deur n verteenwoordiger van die Britse Ministry of Aircraft Production (MAP), mnr. J.G. Dafton wat in Suid-Afrika aangestel is. 16 In Mei 1941 het die Militêre Assistant van die Hoë Kommissaris in Londen die UVM versoek om die Unie se produksie van gifgas tot 150 ton per maand te verhoog. Die rede vir die versoek is nie duidelik nie. Ook moes produksie verder tot 250 ton kon verhoog indien dit later nodig sou wees. Waar die Modderfontein-aanleg slegs mosterdgas vervaardig het, het Briftanje nou versoek dat n vermoë om ook ander gasse te vervaardig, ontwikkel moes word. 17 Om in hierdie verhoogde vraag na gasse te kon voorsien, moes die UVM ander moontlikhede ondersoek. Dit het uiteindelik tot die oprigting van twee fabrieke gelei. Die Fabriekswet van 1941 het vir twee gifgasfabrieke voorsiening gemaak. Die fabrieke sou as die CD Factories (UDF) bekend 14. S. SEAGRAVE, Yellow rain: a journey through the terror of chemical warfare, p. 75. 15. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 11, inlae 9, verslag van DGTS aan HGS rakende die stand van gasproduksie, 5 Desember 1941. 16. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 11, inlae 9, verslag van DGTS aan HGS rakende die stand van gasproduksie, 5 Desember 1941. 17. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 11, inlae 61A, sein van van Oppositely aan Dechief, 30 Mei 1941. 224

Chemiese wapens in Suid-Afrika staan. Dit sou deur die Departement van Verdediging beheer word en sou slegs vir die vervaardiging van produkte vir oorlogsdoeleindes verantwoordelik wees. Produksie sou gestaak word sodra alle vyandelikhede ten einde geloop het. 18 Maj. Bleloch en 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK was ook vir die oprigting van die fabrieke verantwoordelik. Die een fabriek is op n gedeelte van die plaas Klipfontein no 19, naby Johannesburg, wat deur die regering bekom is, opgerig. Volgens beplanning sou hierdie fabriek gedurende die derde kwartaal van 1942 in volle produksie wees. n Tweede fabriek is by Firgrove, langs die Somerset-Wes Dinamietfabriek aan die kus van Valsbaai, opgerig. Die fabriek moes naby die see wees weens die groot hoeveelheid afvalstowwe wat produksie hier tot gevolg sou hê. Weens die aard van die gasse wat daar geproduseer sou word, moes die totale aanleg uit Brittanje ingevoer word. 19 Amptelik het die fabrieke as die CD Factory (UDF) Klipfontein en CD Factory (UDF) Firgrove bekend gestaan. 20 Die bestuur van die fabrieke In Desember 1942 is n ondersoek deur die Hoof van die Generale Staf (HGS) rakende die bestuur en personeelbenutting by die fabrieke geloods. Verskeie probleme met betrekking tot die gebruik van militêre personeel om die fabrieke in produksie te kry, is uitgewys. Probleme is onder andere ervaar om geskikte personeel te vind om die senior posisies in die fabrieke te vul. Sowat 75 poste was op hierdie vlakke beskikbaar. Uit n militêre oogpunt moes daar n verband wees tussen n persoon se militêre rang en sy posisie in die fabriek. Ook was militêre regulasies nie geskik om daaglikse arbeid in n fabriek te reguleer nie. Meer militêre personeel is voorts benodig vir arbeid in die fabrieke in teenstelling met die benutting van algemene fabrieksarbeid. Die koste van swart arbeiders soos hulle deur die UVM aangewend is, was ook baie hoog. Laastens het die UVM probleme ervaar met werksafwesigheid wat die produksie by die fabrieke benadeel het. 21 Daar was ook nadele verbonde aan die gebruik van burgerlike arbeid. Dit was eerstens moeilik om in die tyd wat beskikbaar was voldoende mannekrag te bekom en op te lei. Tweedens was behuising en vervoer vir burgerlike arbeid 18. SANWA, CGS (War), 6/2, vol 1, inlae 66, brief van die Algemene Bestuurder aan die Hoof Inspekteur van Fabrieke rakende die Fabriekswet 1941, 18 November 1943. 19. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 11, inlae 9, verslag van DGTS aan HGS rakende die stand van gasproduksie, 5 Desember 1941. 20. SANWA, DC 3292, lêer 2175/1 inlae 1, sein van The Secretary for Finance, Cape Town aan Under Secretary, Pretoria, 23 January 1943. 21. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 1, HGS se aanbevelings ten opsigte van demilitarisering van fabrieke, p. 1 en 2, Desember 1942. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 225

Esterhuyse n probleem. n Groot oorweging by die gebruik van burgerlike arbeid was egter die finansiële besparing wat die gebruik daarvan sou meegebring. Die koste aan burgerlike arbeid is maandeliks op 34 000 geskat en dié van militêre arbeid op 242 000. 22 Daar is gevolglik aanbeveel dat die bevelvoerder van 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK, lt. Kol. Bleloch, en sowat 40 van sy opgeleide personeellede uit voltydse militêre diens ontslaan moes word. lt. kol. Bleloch moes daarna as algemene bestuurder van gasproduksie aangestel word. Ook moes 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK, tydelik na die gasfabrieke gesekondeer word. Die personeel sou later met burgerlike personeel vervang word, terwyl die militêre personeel na ander SAGK-eenhede verplaas sou word. 23 Dié aanbevelings is op 22 Desember 1942 deur die Minister van Verdediging goedgekeur. 24 Alhoewel die personeel by die fabrieke sou demilitariseer, is dit noodsaaklik geag dat die fabrieke onder die beheer van die Leër moes bly. Die aanstelling van n Bestuursraad is gevolglik in die vooruitsig gestel, met verteenwoordigers van die Generale Staf, die Staatsdienskommissie, die Britse Ministry of Supply, en die Kamer van Mynwese. Die Kamer van Mynwese is ingesluit omdat hulp vanaf hierdie industrie as noodsaaklik beskou is vir die bedryf van die fabrieke. 25 Die Bestuursraad, wat as die CD Production Board bekend sou staan, se opdragte is duidelik uiteengesit. Die Raad is aangestel deur en was verantwoordelik aan die Minister van Verdediging, deur die Hoof van die Generale Staf, vir die produksie van gifgasse in die Unie. Die Raad sou al die verantwoordelikhede hê met betrekking tot produksie wat gewoonlik in n siviele industriële maatskappy aan n raad van direkteure toegeken word. Die Raad moes aanbevelings ten opsigte van personeel en salarisse maak. Hierdie aanbevelings moes deur die voorsitter aan die voorsitter van die Staatsdienskommissie voorgelê word. Ook moes die Raad die voorsitter van die Finansiële Magtigingskomitee oor die finansiële vereistes van die fabriek adviseur. Die Algemene Bestuurder van die gasproduksie sou die uitvoerende amptenaar van die Raad wees en is deur die Raad aangestel. Die Algemene Bestuurder moes namens die Raad finansiële verslae aan die voorsitter van 22. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 1, HGS se aanbevelings ten opsigte van demilitarisering van fabrieke, p. 2, Desember 1942 23. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 1, HGS se aanbevelings ten opsigte van demilitarisering van fabrieke, p. 1, Desember 1942. 24. SANWA, DC 3862, lêer 1802/2/5, inlae 1(a), memorandum aan Verdedigingsmagtigingkomitee van die Sekretaris van Verdediging, Maart 1943. 25. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 1, inlae 123, memorandum deur die HGS, 22 Desember 1942. 226

Chemiese wapens in Suid-Afrika die Finansiële Magtigingskomitee voorlê. n Kwartaallikse vorderingsverslag moes ook aan die Hoof van die Generale Staf voorgelê word. 26 Op 22 Desember 1942 het die Minister van Verdediging verskeie persone aangestel om hul onderskeie instansies op die Bestuursraad te verteenwoordig. Dit het ingesluit maj. J. Biggam van die Generale Staf (alternatief maj. R. McIntyre), mnr. G.H. Beatty van die Kamer van Mynwese (alternatief mnr. K. Richardson), mnr. K.B. Quinan van die Britse Ministry of Supply. (alternatief mnr W.R. Mandel) en mnr. H. Thomas van die Staatsdienskommissie (alternatief mnr G. Leighton.) 27 By die eerste vergadering van die Bestuursraad op 29 Desember 1942, wat in die Southern Life-gebou in Johannesburg gehou is, is maj Biggam tot voorsitter verkies. 28 Die tweede vergadering van die Bestuursraad het op 31 Desember 1942 by Klipfontein plaasgevind. Op dié vergadering is die goedkeuring van lt. kol. Bleloch en ander lede van 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK se ontslag deur die Minister van Verdediging, voorgelê. 29 Lt. kol. Bleloch is op die daaropvolgende vergadering as Algemene Bestuurder CD Production aangestel. 30 Daar is besluit om al die lede van die SAGK wat essensieel vir die suksesvolle bedryf van die fabrieke was, te demilitariseer. Die offisiere wat vir die doel gekies is, het onmiddellik hul ontslag uit die UVM ontvang. Hulle was egter onderhewig aan terugroeping deur die Adjudant-generaal. Alle ander range het onvoorwaardelike ontslag ontvang, maar dié besluit is vroeg in 1943 herroep en dié lede is op n reserwelys geplaas. 31 Die demilitarisering van alle personeel is in die laaste week van Maart 1943 voltooi, met die uitsondering van ses lede van die SAGK wat nog gesekondeer was. 32 Die produksie van die gasse het nou deel van die UVM se Chemiese Oorlogvoeringsorganisasie uitgemaak. Genl. J.C. Smuts, as Minister van 26. SANWA, CGS (War), 6/1, vol 1, inlae 115, Terms of Reference van die CD. Production Board, 12 Desember 1942. 27. SANWA, DC 3862, lêer 1802/2/5, inlae 1(a), memorandum aan Verdedigingsmagtigingkomitee van die Sekretaris van Verdediging, Maart 1943. 28. SANWA, CGS (War), 6/7, vol 1, notule van die eerste Bestuursraadvergadering, 29 Desember 1942. 29. SANWA, CGS (War), 6/7, vol 1, inlae 170, notule van die tweede Bestuursraadvergadering, 31 Desember 1942. 30. SANWA, CGS (War), 6/7, vol 1, notule van die derde Bestuursraadvergadering, 31 Desember 1942. 31. SANWA, DC 3292, lêer DC 2175/1, brief van die Algemene Bestuurder aan die Voorsitter van die Bestuursraad, 11 Maart 1946. 32. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 227

Esterhuyse Verdediging, was aan die hoof hiervan. Onder die Minister van Verdediging was die Direkteur van Chemiese Oorlogvoering met lt. genl. sir P. van Ryneveld, die Hoof van die Generale Staf, in bevel. Die Direkteur van Chemiese Oorlogvoering het op twee bedrywe gesteun. Die eerste was die produksie van oorlogsgasse en die tweede die produksie van die wapentuig waarmee die oorlogsgasse aangewend kon word. Die produksie van die gasse is deur die CD Factories (UDF) uitgevoer, terwyl die produksie van die wapentuig die Direkteur-generaal van Tegniese Dienste van die UVM se verantwoordelikheid was. 33 Die produksie van gifgas Nadat die fabrieke in Januarie 1943 gedemilitariseer is, is dit in n groot mate volgens mynregulasies georganiseer en bedryf. Die Bestuursraad het egter versoek dat sekere uitsonderings op die Fabriekswet vir die gifgasfabrieke gemaak word. Dit is gedoen in n poging om produksie te verhoog. Hierdie uitsonderings het onder meer behels dat die fabrieke op n 24 uur-basis, met drie skofte per dag in n 48 uur-werksweek, bedryf is. Middagete is tot n halfuur per dag beperk weens die tyd wat aan die vervoer van die werkers van en na die werk afgestaan moes word. Ook moes onderhoud en herstelwerk op Sondae gedoen word. Vergoeding vir dié werk was ooreenkomstig die vergoeding van oortyddienste. Rekordhouding is ook aangepas volgens dié wat in die mynbedryf gebruik is. Laastens is die verlofreëlings van personeel uit alle sektore aangepas om die personeel wat uit die myne en staatsdiens afkomstig was, te kon akkommodeer. 34 Die produksie by die eksperimentele aanleg by Modderfontein is die week van 31 Maart 1943 beëindig. Die sloping, dekontaminasie en herwinning van die aanleg het daarop gevoig. 35 Slegs sowat tien ton mosterdgas is maandeliks by dié aanleg geproduseer. Die fabrieke by Klipfontein en Firgrove het egter oor verskele seksies beskik waar verskillende gasse geproduseer is. Die fabriek by Klipfontein het byvoorbeeld uit drie seksies bestaan: die DESAseksie vir gedistileerde mosterdgas; die Fosgeen-seksie; en die Chloorseksie. 36 Dié drie seksies het weer uit verskillende aanlegte bestaan. Die 33. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. 34. SANWA, CGS (War) 6/2, vol 1, inlae 66, brief van die Algemene Bestuurder aan die Hoof lnspekteur van Fabrieke rakende die Fabriekswet 1941, 18 November 1943. 35. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943 p. 2. 36. SANWA, CGS (War) 6/2, vol 1, inlae 66, brief van die Algemene Bestuurder aan die Hoof lnspekteur van Fabrieke rakende die Fabriekswet 1941, 18 November 1943, p 1. 228

Chemiese wapens in Suid-Afrika DESA-seksie het uit vyf aanlegte bestaan. Daar kon 250 ton mosterdgas maandeliks geproduseer word indien minstens 25 dae per maand gewerk is. 37 Sowat 110 ton fosgeen is maandeliks in die fosgeenseksie geproduseer. Hierdie seksie het ook uit vyf aanlegte bestaan. 38 Die chloorseksie is klaarblyklik slegs vir die vervaardiging van chloor wat in die produksie van mosterdgas en fosgeen benodig is, gebruik. Daar kon maandeliks 13,3 ton chloor geproduseer word. 39 Die fabriek by Firgrove het hom op die vervaardiging van HT (Mustard by thiodiglycol process) toegespits. Die oorspronklike vraag na HT was sowat 80 ton per maand. Dit is nie duidelik waarom nie, maar vroeg in 1942 is die vraag tot 132 ton per maand verhoog. In Mei 1942 het die Britse Ministry of Supply versoek dat oorweging aan die produksie van 270 ton HT per maand geskenk moes word. Die fabriek se produksievermoë was egter slegs 220 ton per maand. 40 Die ingevoerde aanlegte by Firgrove kon in Brittanje slegs 55 ton per maand produseer, terwyl dit in Suid-Afrika 65 ton geproduseer het. Dit is toegeskryf aan die intensiewe opleiding van die proseswerkers en die streng beheer deur die ingenieurs. 41 Die produksie by die Firgrove-fabriek het baie afvalstowwe tot gevolg gehad. Hierdie afval is by Valsbaai met n pyp in die see gepomp. Alhoewel die afval by tye giftig kon wees, is bereken dat die hoeveelheid te min was om n gevaar in te hou. Planne is beraam om die afval in die Eersterivier te laat vloei, indien die pompstasie onklaar sou raak. Geen pomp sou daarvoor nodig wees nie. 42 Dit is nie duidelik of dit ooit nodig was om van hierdie maatreël gebruik te maak nie. 37. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 38. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 39. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 40. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 41. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 42. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 229

Esterhuyse Die berging en verspreiding van die vervaardigde produkte Die gasse wat by Klipfontein en Firgrove vervaardig is, is in verskillende vorme geberg en versprei. n Sekere hoeveelheid gas is reeds by die fabrieke in vliegtuig- en artilleriebomme geplaas. Hierdie bomme is hoofsaaklik deur die Britse Ministry of Aircraft Production voorsien 43 Sekere bomme en houers (Drum Storage: MK / and MK //) waarin die gasse versprei is, is in Suid- Afrika vervaardig. Soos aangedui was dit die verantwoordelikheid van die Direkteur-generaal van Tegniese Dienste van die UVM. 44 Die fabrieke het egter ook oor n Leë Wapenproduksieprogram beskik waar verskeie tipes houers vervaardig is. 45 Alhoewel daar bergingsfasiliteite by die fabrieke beskikbaar was, was dit beperk. 46 Teen Maart 1943 was dit n groot probleem. Alle bergingsruimtes was benut en produksie kon nie voortgaan voordat addisionele bergingsruimte beskikbaar was nie. Die Hoof van die Generale Staf is versoek om, in samewerking met die Direkteur-generaal van Tegniese Dienste, die probleem op te los. 47 Die Kwartiermeester-generaal het Port Elizabeth gekies as standplaas om gasse te berg voordat dit oorsee versend sou word. Die gebou wat vir die doeleindes verkry is, was die SAPO (SA Provision Office), Export Depot No 3, Siding 3073, Port Elizabeth. Hierdie fasiliteit kon drie maande se volle produksie van beide fabrieke berg. Die bomme en houers met die gas is per trein tot in Port Elizabeth by die bergingsfasiliteit geneem, waarvandaan dit maklik per see verder versprei kon word. Die Kwartiermeester-generaal kon vanaf Julie 1943 bomme en houers wat met gas gevul was, hier berg. Leë bomme wat nie met gifgasse gevul was nie, is ook hier geberg. Weens die bedreiging van roes kon dit nie vir langer as ses maande by die kus gestoor word nie. Die koste om bomme wat met gas gevul was hier te berg, was 80 000 en die koste van ongevulde bomme 13 000. 48 43. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 44. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. 45. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 46. SANWA, DCS-CGS 6, lêer 1, Personal Copy of Part 1 of Microfile report no 1 to Bestuurder aan die Bestuursraad, 9 April 1943. p. 4. 47. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die vyfde Bestuursraadvergadering, 16 Maart 1943. 48. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die agtste Bestuursraadvergadering, 17 Junie 1943. 230

Chemiese wapens in Suid-Afrika Alvorens daar met die uitvoer van die gasprodukte begin is, is n eksperimentele verskeping na Brittanje, op aanvraag van die Britse Ministry of Supply, onderneem. Die bevelvoerder van die eksperimentele stasie by Porton het die wapens vir ondersoek verlang. So n verskeping is ook na die Midde-Ooste onderneem. Dit was die gevolg van n ooreenkoms tussen die UVM en die Royal Air Force, Middle East. Die doel van die verskeping was om soveel as moontlik informasie van die produkte in te win, onder meer rakende die hantering en verskeping. 49 Naas gasprodukte wat aan Brittanje en die UVM voorsien is, is produkte ook aan die Royal Australian Air Force verskaf. Op 2 Oktober 1943 is 191 250 lb MK III-bomme met die TROJAN STAR na Australië verskeep. In April 1944 is nog 1 200 van dié bomme met dieselfde skip verskeep. 50 n Bestelling van 600 ton gifgas is ook vanaf die Verenigde State van Amerika (VSA) ontvang. Hierdie bestelling is egter uiteindelik gekanselleer. 51 Daar kon nie vasgestel word hoeveel gas uiteindelik by SAPO gestoor en aan die Britse Ministry of Supply voorsien is nie. Die finansiering van die fabrieke Soos met enige ander projek van hierdie aard is kapitaal benodig om die fabrieke op te rig, om dit in bedryf te stel en vir die berging en vervoer van die vervaardigde produkte. Verskeie ooreenkomste is tussen die Unie van Suid-Afrika en Brittanje aangegaan om die oprigting van die fabrieke te finansier. Die koste van die aanvanklike produksie van gas by Modderfontein is deur die Unie-regering gedek. Dit was min of meer 300 000. 52 Wat die oprigting van die fabrieke by Klipfontein en Firgrove betref, was die situasie egter anders. Brittanje het onderneem om 50 persent van die kapitaaluitgawe vir die oprigting van die fabriek by Klipfontein te betaal. Die oorblywende 50 persent sou deur die Unie-regering betaal moes word. 53 Die fabriek sou egter ná die oorlog die eiendom van die Unie-regering word. 54 Die Britse regering was vir die koste van die oprigting van die fabriek by Firgrove 49. SANWA, DC 3901, lêer DF1936/1RB, inlae 160, brief van mnr J.G. Dalton, MAPverteenwoordiger, aan The Secretary, War Expenditure Recoveries Board, 24 Januarie 1946. 50. SANWA, DC 3901, lêer DF1936/1RB, inlae 66C, verslag van die Air Ministry Mission aan The Under Secretary of State, 28 Augustus 1945. 51. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die vyftiene Bestuursraadvergadering, 19 Junie 1944. 52. SANWA, CGS (War) 6/1, inlae 71, brief van die HGS aan DGTS, 26 Januarie 1942. 53. SANWA, DC 3842, lêer 2, brief van Mnr T. Cairns aan Mnr Kirby gedateer I I September 1945. 54. SANWA, DC 3292, lêer DC 2175/1, inlae 33, brief van die Hoofklerk aan die Ondersekretaris, 13 September 1943. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 231

Esterhuyse verantwoordelik. 55 Die totale koste vir die oprigting van die fabrieke is egter nie bekend nie. Die Britse regering was vir die bedryfs- en produksiekoste by die fabrieke verantwoordelik. 56 Die Unie-regering het volle tariewe vir aankope vanaf die fabrieke betaal. 57 Brittanje het ook vir alle houers en bomme wat vir die gasse benodig is en in Suid-Afrika vervaardig is, n vasgestelde bedrag betaal soos ooreengekom ten opsigte van elke tipe bom of houer. Alle kostes wat aangegaan sou word vir die opruiming, instandhouding en onderhoud van die fabrieke sou ook deur die Britse regering betaal word. 58 n Ooreenkoms het tussen die Britse Air Ministry Mission en die Unie se Departement van Verdediging bestaan rakende die vervoer en berg van die gasprodukte. Die Britse Air Ministry Mission sou verantwoordelik wees vir die vervoer- en spoorwegkoste van die gasprodukte vanaf die fabriek tot waar dit aan boord van n skip geplaas is; alle koste verbonde aan die verskeping van die produkte, asook spesiale uitgawes aan boord van die skepe; en alle kostes vir die berging van die produkte in Port Elizabeth, tesame met die kostes vir die onderhoud, instandhouding en bedryf van die depot in Port Elizabeth. 59 Die mediese dienste by die fabrieke Gedurende die tydperk wat die fabrieke onder die beheer van 99 Tegniese Werkekompanie, SAGK was, het die Suid-Afrikaanse Mediese Korps mediese dienste by Klipfontein en Firgrove verskaf. Met die demilitarisering het die Bestuursraad n voorsetting van hierdie dienste noodsaaklik geag. 60 Die Voorsitter van die Bestuursraad het gevolglik op 28 Januarie 1943 onderneem om die Direkteur-generaal van Mediese Dienste te kontak met n versoek om mediese offisiere op n permanents basis aan die fabrieke toe te wys; die mediese personeel wat aan die fabrieke toegewys word onder die beheer van die fabrieksbestuurders te plaas; en dat voldoende rekords deur die mediese personeel gehou word om toekomstige eise vir kompensasie deur die 55. SANWA, DC 3842, lêer 2, brief van Mnr T. Cairns aan Mnr Kirby gedateer I I September 1945. 56. SANWA, DC 3842, lêer 2, brief van Mnr T. Cairns aan Mnr Kirby gedateer I I September 1945. 57. SANWA, DC 3292, lêer DC 2175/1, inlae 33, brief van die Hoofklerk aan die Ondersekretaris, 13 September 1943. 58. SANWA, DC 3842, lêer 2, brief van Mnr T. Cairns aan Mnr Kirby gedateer I I September 1945. 59. SANWA, DC 3842, Iêer 2, Synopsis: Klipfontein and Firgrove deur die Sekretaris van die Verdedigingsfinansiëlekomitee, ongedateerd. 60. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die eerste Bestuursraadvergaderinc, 29 Desember 1942. 232

Chemiese wapens in Suid-Afrika personeel te kon hanteer. 61 n Kamphospitaal het hierna by Klipfontein tot stand gekom en n ambulansstasie is by Firgrove opgerig. 62 Hierdie fasiliteite was toeganklik vir alle personeel wat by die fabrieke werksaam was. 63 Teen September 1944 was daar 24 lede van die SAMC by die fabrieke werksaam waaronder twee dokters, kapt. J.P. Dalton en kapt. J. Prisman. 64 Elke fabriek het ook oor n veiligheidskomitee en veiligheidsoffisiere beskik om ongevalle te beperk. Die veiligheidskomitee het bestaan uit verteenwoordigers van die bestuur, werkers, ingenieurs, asook mediese-, veiligheids- en welsynsoffisiere en het maandeliks vergader. Verslae van alle ongelukke en voorstelle om verbeterings, is bespreek. Aanbevelings om ongelukke in die toekoms te voorkom is ook gemaak. Elke senior veiligheidsoffisier het verskeie skofveiligheidsoffisiere onder hom gehad. Die veiligheidsoffisiere het drie hooftake gehad. Eerstens moes hulle die aanlegte op n gereelde basis inspekteer en alle defekte wat die amptenare by die aanlegte nie waargeneem het nie, rapporteer. Tweedens was hulle verantwoordelik vir die ondersoek van werksprosedures en die inlig van personeel ten opsigte van afwykings van die regulasies wat voorkom. Laastens moes hulle alle ongelukke ondersoek in samewerking met die voormanne en bestuurders om alle besonderhede aan die veiligheidskomitee te kon voorlê. 65 Kapt. Dalton het vanaf 20 November 1943 tot 14 Februarie 1944 n besoek aan Brittanje gebring om die Britse metodes om gasvergiftiging te beheer en gasongevalle te behandel, te bestudeer. Dit was n poging om ongevalle by die fabrieke te verminder en te verseker dat alles moontlik gedoen word om die personeel te beskerm teen ernstige of permanente beserings. Die mediese organisasie by die fabrieke het gunstig vergelyk met dié in Briftanje, maar die arbeid in Suid-Afrika het n komplekse probleem, in vergelyking met Brittanje, geskep. 66 Daar is klaarblyklik probleme ervaar met die swart arbeiders se onkunde oor die aard van mosterdgas. Op een stadium het dit tot n bose kringloop in die fabrieke aanleiding gegee. Hoë ongevalle het daartoe gelei dat werkers aangewend is voordat hul voldoende opgelei is. Dit het weer 61. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die vierde Bestuursraadvergadering, 28 Januarie 1943. 62. SANWA, DC 3292, lêer DC 2175/1, inlae 32, Memorandum van die Chief Inspector: Defence Stores and,accounts aan The Under Secretary gedateer 8 September 1843. 63. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die tweede Bestuursraadvergadering, 31 Desember 1942. 64. SANWA, DC 3 8 1 0, lêer DF 683/11, inlae 35. 65. SANWA, CGS (War) 6/2, inlae 40, verslag deur Kapt J.P. Dalton na sy besoek aan Brittanje, p. 3, 5 Junie 1944. 66. SANWA, CGS (War) 6/2, inlae 40, verslag deur Kapt J.P. Dalton na sy besoek aan Brittanje, pp. 1-2, 5 Junie 1944. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 233

Esterhuyse tot verdere ongevalle aanleiding gegee 67 Baie van die mediese probleme wat ondervind is, het met werkers se oë, hipersensiwiteit of n uitslag op die vel en n verandering in werkers se bloedsamestelling, verband gehou. 68 Die veiligheid van die fabrieke Soos verwag kon word was die UVM aanvanklik verantwoordelik vir die veiligheid van die fabrieke. Die Verdedigingsmagtigingkomitee is egter versoek om voorsiening vir die nodige personeel te maak om die sekerheid by die fabrieke oor te neem. Hierdie personeel sou as wagte bekend staan en nie as polisie nie. Die aanstelling van A.H. Botha as hoofwag by Klipfontein teen n safaris van 420 per jaar, is aan die Verdedigingsmagtigingkomitee voorgelê. 69 Op 11 Augustus 1942 is daar ook voorsiening gemaak vir vier blanke en vyf swart wagte by die Klipfontein-fabriek. n Hoofwagkamer is opgerig en voorsiening vir die oprig van n wagkamer vir die swart wagte is gemaak. n Totaal van vier wagtorings is aangevra. Verder is daar ook vir twee pantservoertuie voorsiening gemaak indien hulle benodig sou word. Die blanke wagte is deur IRB Security Guards en die swart wagte deur NMC Guards voorsien. 70 Dit is nie bekend wafter sekerheidsreëlings by Firgrove getref is nie. Dit word egter aanvaar dat dit soortgelyk aan dié by Klipfontein was. Teen die einde van Augustus 1943 is alle militêre wagte by die fabrieke onttrek. 71 Die publisiteit van die fabrieke was ook n probleem wat ter sprake gekom het. Verskeie nuusblaaie wou artikels oor die fabrieke publiseer. Aangesien die fabrieke deur die Departement van Verdediging beheer is, was goedkeuring vanaf hierdie departement benodig voordat enige publikasies oor die fabrieke gemaak kon word. Die Bestuursraad het besluit dat verklarings aan die South African Press Association uitgereik sou word wanneer die tyd daarvoor ryp was. 72 67. SANWA, CGS (War) 6/2, inlae 40, verslag deur Kapt J.P. Dalton na sy besoek aan Brittanje, p. 8, 5 Junie 1944. 68. SANWA, CGS (War) 6/2, inlae 40, verslag deur Kapt J.P. Dalton na sy besoek aan Brittanje, p.9, 5 Junie 1944. 69. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die elfde Bestuursraadvergadering, 15 September 1943. 70. SANWA, DCS 9, lêer WWR/S1, inlae 25, verslag rakende die sekerheidsmaatreëls by die fabrieke, 11 Augustus 1942. 71. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die tiende Bestuursraadvergadering, 18 Augustus 1943. 72. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 32ste Bestuursraadvergadering, 7 September 1945. 234

Chemiese wapens in Suid-Afrika Die afskaling van gifgasproduksie by die fabrieke Nadat die VSA sy bestelling van 600 ton gas in Januarie 1944 gekanselleer het, het die Bestuursraad n voorstel aan Brittanje gemaak ten opsigte van die produksie van gifgasse tot Junie 1944. Volgens die voorstel sou produksie by Klipfontein tot 65 ton en by Firgrove tot 40 ton per maand verminder word. Hierdie produksieprogram is deur die Bestuursraad voorgestel aangesien daar aanvaar is dat n hoë produksie nie meer benodig sou word nie. Die voorgestelde produksie was die minimum wat benodig sou word om essensiële personeel vir n redelike werkende effektiwiteit by die fabrieke, te behou. n Sein om hierdie produksieprogram te bevestig is vanaf Brittanje ontvang. 73 Dit was duidelik dat die besluit om tot Junie 1944 voort te gaan met die produksie van gifgasse, gekoppel was aan die moontlikheid dat die Duitse magte die Geallieerde inval in Wes-Europa met chemiese wapens kon teenstaan. Reeds teen Februarie 1944 is reëlings getref om personeel wat vanaf die myne gesekondeer is daarheen terug te stuur, op die voorwaarde dat hulle weer beskikbaar gestel sou word indien die behoefte vir hoër produksie van gifgasse weer sou ontstaan. 74 Brittanje het ook aangedui dat dit nie noodsaaklik was om personeel vir volle produksie te behou nie, aangesien n waarskuwing van vier tot ses maande gegee wou word indien volle produksie weer vereis sou word. Die vermindering van personeel sou veral ná 30 Junie 1944 geskied wanneer die bestaande produksieprogram voltooi sou wees. Die Algemene Bestuurder het gewys op die probleem dat n vermindering in mannekrag oorblywende personeel sou aanmoedig om ander werk te begin soek. 75 Die Bestuursraad het beplan dat produksie ná 30 Junie 1944 gestaak sou word en dat die fabrieke op bystand geplaas sou word. 76 Grondstowwe wat plaaslik bekombaar was, sou so ver as moontlik verminder word. n Program van onderhoud op die fabrieke sou daarna gevolg word. n Seinberig is aan Brittanje gerig om bevestiging vir hierdie beplanning te verkry. Die Algemene Bestuurder het opdrag ontvang om te bepaal hoeveel hierdie onderhoud van die fabrieke, wat tot aan die einde van Desember 1944 sou strek, sou kos. Kontak moes behou word met senior lede van die personeel 73. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die vyftiende Bestuursraadvergadering, 19 Januarie 1944. 74. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die sestiende Bestuursraadvergadering, 17 Februarie 1944. 75. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die sewentiende Bestuursraadvergadering, 9 Maart 1944. 76. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die agtiende Bestuursraadvergadering, 19 April 1944. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 235

Esterhuyse wat afgeiê is. Briftanje het versoek dat voldoende grondstowwe en bergingsplek om produksie voort te sit, gehandhaaf word. 77 Op 30 Mei 1944 is n seinberig van Brittanje ontvang waarin versoek is dat die gasproduksie op die bestaande vlakke gehandhaaf moes word. Hierdie versoek was waarskynlik gekoppel aan n vrees vir Duitse gebruik van gifgas om die Geallieerde inval in Europa af te weer. Die planne om die fabrieke op n program van bystand en onderhoud te plaas, is gevolglik uitgestel en produksie het voortgegaan. Daar is ook besluit om die volle voorrade grondstowwe te handhaaf. 78 Uit n brief wat vanaf die Adjunk-direkteur Chemiese Dienste ontvang is, blyk dit dat daar kommer by die Britse Ministry of Supply bestaan het dat die Unie dit nodig geag het om die produksie van gasse te staak. Die Bestuursraad het egter gereageer met n seinberig waarin die Ministry of Supply gerus gestel is. 79 In September 1944 het die Britse Ministry of Supply by verskeie geleenthede opdrag gegee dat daar minstens 200 ton gas geberg moes wees voordat produksie finaal afgeskaal kon word. 80 Alle produksle van gasse by Klipfontein en Firgrove is in Desember 1944 gestaak. 81 Die beplanning om die fabriek op n onderhoudsbasis te plaas, om binne vier tot ses maande weer in produksie te kon kom, is vanaf Januarie 1945 inwerking gestel. By Firgrove was 26 personeellede nodig om hierdie funksie te vervul. 82 Die produskie van landbou en industriele chemikalieë In Januarie 1944 het die Bestuursraad die Verdedigingsmagtigingkomitee versoek om te besluit of die gasfabrieke toegelaat moes word om industriële chemikalieë, waaraan die Unie n tekort ondervind het, te vervaardig. Die produksie van industriële chemikalieë moes help om senior personeellede in diens te hou en om die koste om die fabrieke op bystand te plaas, te verminder. 83 Die Algemene Bestuurder het vervolgens opdrag ontvang om 77. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die twintigste Bestuursraadvergadering, 23 Mei 1944. 78. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 21 ste Bestuursraadvergaderinig, 14 Junie 1944. 79. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 27ste Bestuursraadvergadering, 13 Desember 1944. 80. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 27ste Bestuursraadvergadering, 13 Desember 1944. 81. SANWA, DC 3843, Iêer DF/ 1 802/2/17, inlae I 1, brief van HGS aan Mnr F.C. Sturrock, Waamemende Minister van Verdediging, 4 April 1943. 82. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 29ste Bestuursraadvergadering, 14 Maart 1944. 83. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die vyftiende Bestuursraadvergadering, 19 Januarie 1944. 236

Chemiese wapens in Suid-Afrika ondersoek in te stel na, industriële chemikalieë waaraan daar n tekort in die Unie ondervind is. Hy moes ook die Bestuursraad inlig ten opsigte van die kapitaal- en bedryfskoste wat aan so n projek verbonde sou wees. 84 In Februarie 1944 het die Verdedigingsmagtigingkomitee 25 000 vir uitbreidings by Klipfontein goedgekeur ten einde die produksie van industriële chemikalieë moontlik te maak. Magtiging moes ook uit Brittanje en vanaf die National Council of Supply ontvang word om met die produksie van industriële chemikalieë te begin. 85 Die Firgrove-fabriek was nie geskik vir die produksie van industriële chemikalieë nie. Dit sou in stand gehou word om weer, indien die behoefte ontstaan, gas te produseer. 86 Geen deel van die Klipfontein-fabriek wat vir die produksie van gasse gebruik is, is benut vir die produksie van industriële chemikalieë nie. Daar sou slegs van chloor, waarvan daar n oorskot in die fabriek was, gebruik gemaak word. 87 Volgens regeringsbeleid sou ondernemings wat in 1939 industriële chemikalieë ingevoer het, se behoeftes eerste bevredig word, voordat daar aan ander ondernemings aandag geskenk word. Die Algemene Bestuurder moes toesien dat produkte aan Britse standaarde voldoen by gebrek aan Suid-Afrikaanse standaarde. 88 Die eerste industriële projek was die produksie van sodium chloraat vir die vuurhoutjie-industrie. Dit was in reaksie op n dringende versoek deur Lion Match aan die Director General Supply. Daar is ooreengekom dat Lion Match die nodige kapitaal vir veranderings, asook n deel van die produksiekoste, sou voorsien. Die betrokke chemikalieë is vroeër vanaf die Belgiese Kongo ingevoer, maar hulle het die voorsiening aan Suid-Afrika tydelik gestaak weens n seisoenale tekort aan hidro-elektrisitiet. Die produksiekoste was heelwat laer as die prys waarteen dit uit die Kongo voorsien is. 89 Die Departement van Landbou het die fabriek by Klipfontein vir die eerste keer in Mei 1943 vir die produksie van sekere landbou-chemikalieë genader. Dit was nie vir die fabrieke op daardie tydstip moontlik om aan hul versoek te voldoen nie. In April 1944 het die Bestuursraad en die Departement Landbou 84. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die twintigste Bestuursraadvergadering, 23 Mei 1944. 85. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die sestiende Bestuursraadvergadering, 17 Februarie 1944. 86. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die twintigste Bestuursraadvergadering, 23 Mei 1944. 87. SANWA, DC 3901, lêer DF 1936/1 RB, notule van die 24ste Bestuursvergadering, 15 September 1944. 88. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 29ste Bestuursvergadering, 14 Maart 1945. 89. SANWA, CGS (War) 6/7, inlae 45, handgeskrewe verslag van J. Biggam aan die HGS, p. 2, 12 Julie 1944. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 237

Esterhuyse ooreengekom dat sekere chemikalieë vir gebruik deur die landbou vervaardig sou word. Die Departement van Landbou het 10 000 voorsien om die koste vir navorsing en oprigting van die aanlegte te dek. 90 In Junie 1944 het die Sekretaris van Openbare Gesondheid navraag gedoen na die moontlike produksie van DDT (Dichloro-Diphenyl-Trichlorethane). Dit was n baie goeie insekdoder en is dringend benodig om tifus in die Transkei te beveg. Navorsing is onmiddellik onderneem en kontak is gemaak met die Union Scientific Mission in Washington om tegniese informasie te bekom. Waardevolle informasie is ontvang en daar is begin om voorbeelde van 20 tot 25 lb elk vir praktiese toetse deur die Departement van Openbare Gesondheid en die Direkteur-generaal Mediese Dienste, te produseer. 91 Daar is uiteindelik besluit om n aanleg wat 500 lb DDT per dag kon voorsien, op te rig. 92 Die fabriek by Klipfontein het verskeie chemikalieë vervaardig, maar was hierna hoofsaaklik op die vervaardiging van DDT toegespits. 93 Die oorname van die fabrieke deur die Departement van Handel en Nywerheid Reeds so vroeg as Oktober 1943 het die Bestuursraad pogings aangewend om die naoorlogse gebruik van die fabrieke te bepaal. 94 Met die einde van die oorlog definitief in sig en die gifgasproduksie wat in Desember 1944 gestaak is, het vrae oor die toekoms van die fabrieke dringender geword. Die Bestuursraad het gevolglik in Januarie 1945 die regering versoek om sy toekomstige beleid ten opsigte van die fabrieke, veral dié by Klipfontein, uit te spel. Die Raad het verskeie redes aangevoer. Die produksie van gifgasse is in 1944 gestaak en die moontlikheid dat produksie weer sou begin was skraal, aangesien dit 12 tot 18 maande sou duur om die voorraad by Port Elizabeth te verskeep. Personeel van ander sektore wat nog by die fabrieke werksaam was, kon nie onbepaald daar gehou word nie. Ook moes sekerheid rakende die beleid verkry word alvorens die produksie van DDT verder kon uitbrei. Ander vervaardigers van chemikalieë het voorts gekla dat hulle nie kon 90. SANWA, CGS (War) 6/7, inlae 45, handgeskrewe verslag van J. Biggam aan die HGS, p. 3, 12 Julie 1944. 91. SANWA, CGS (War) 6/7, inlae 45, handgeskrewe verslag van J. Biggam aan die HGS, p. 3, 12 Julie 1944. 92. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 23ste Bestuursvergadering, 16 Aucustus 1944. 93. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notute van die 35ste Bestuursvergadering, 20 November 1945. 94. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die twaalfde Bestuursvergadering, 20 Oktober 1943. 238

Chemiese wapens in Suid-Afrika voortgaan met ontwikkelinge, voordat daar nie sekerheid oor die toekoms van die fabrieke verkry was nie. 95 Die Bestuursraad het die raad van dr. H.J. van Eck, Voorsitter van die lndustriële Ontwik- kelingskorporasie, ingewin. Dr. Van Eck het die Klipfontein-fabriek op 18 Januarie 1945 besoek. Die Bestuursraad het verskeie moontlikhede vir naoorlogse gebruik met hom bespreek. Die Bestuursraad het aanvaar dat die Britse en Unie regerings die fabrieke as deel van n naoorlogse skaduorganisasie instand sou hou. Voorstelle wat met dr. Van Eck bespreek is, het die volgende ingesluit: Openbarediensteorganisasie: Die fabrieke kon n openbare diens lewer. Dit sou moeilik wees om te regverdig aangesien die produksie van chemikalieë nie n vreeslike openbare diens sou wees wat gelewer word nie. Verkoop op Tender: Dit sou onprakties wees omdat die geheime prosesse vir die produksie van gasse nie ondiskriminerend oorhandig kon word nie. Verkoop aan Uitgesoekte Industriële Maatskappye: Daar was slegs twee indus- triële chemiese maatskappye in die Unie en die regering kon nie die een bo die ander bevoordeel nie. Verhuur van die Fabrieke: Hierin kon verskeie voor- en nadele vir die regering wees. 96 Dr. Van Eck het na sy ondersoek sekere aanbevelings gemaak rakende hierdie voorstelle, maar dit het op niks uitgeloop nie. 97 Op 7 September 1945 het die Bestuursraad n memorandum wat hulle opgestel het om aan die Hoof van die Generale Staf voor te lê, bespreek. 98 Hierin is die vorming van n nie-winsgewende trust aanbeveel om die Klipfontein-fabriek as n industriële eenheid te bestuur en te ontwikkel en om die Firgrove-fabriek namens die Britse regering te administreer. 99 Samesprekings in hierdie verband het op 11 Oktober 1945 plaasgevind tussen die 95. SANWA, DC 3843, lêer DF/1802/2/17, inlae 5, versoek van die Bestuursraad aan die HGS rakende die toekomstige beleid, p. 1, 25 Januarie 1945. 96. SANWA, DC 3843, lêer DF/1802/2/17, inlae 5, versoek van die Bestuursraad aan die HGS rakende die toekomstige beleid, p 3, 25 Januarie 1945. 97. SANWA, DC 3843, lêer DF/1802/2/17, iniae 10, brief van die Voorsitter van die Ontwikkelingskorporasie, 28 Maart 1945. 98. SANWA, CGS (War) 6/7, vol 1, notule van die 32ste Bestuursvergadering, 7 September 1945. 99. SANWA, CGS (War) 6/7, memorandum van die Bestuursraad aan die HGS, 7 September 1945. Historia, 48(1), Mei 2003, pp. 221-244. 239