MURRAYSBURGER. Môrestond. 'n Voorspoedige 2013 word aan al ons lesers toegewens. The secret is out!

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Dialoog en paragrawe *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Hoe om krag te spaar

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Sterdansers by Vensters.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

G. J. du Preez

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Rubriek vir skeppende werk

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MURRAYSBURGER. Toorfontein se ganse. The secret is out!

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Edgehog

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

100 DIE GETATOEEERDE K"

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Nieu Bethesda. March deurkom huistoe.

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Kerssangdiens. SA Gemeente

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Transcription:

MURRAYSBURGER The secret is out! Go to www.murraysburg.co.za The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at April 2011 Kweperlaan Coffee Shop on request. Price: R1.00 Contact details on page 2 Januarie 2013 No 22 Môrestond Miskien was die vorige jaar 'n bietjie donker en swartgallig vir sommige, maar daar is die belofte van 'n goue jaar wat voorlê. En wat is mooier om die Nuwe Jaar mee te verwelkom as 'n nuwe dag wat met goud in die mond agter ou Spitskop wakker word? 'n Voorspoedige 2013 word aan al ons lesers toegewens

BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120 EPOS: renetheron@mweb.co.za / jennyballantyne@telkomsa.net POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995 Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand. Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address. The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month. VAN DIE REDAKSIE... Liewer laat as nooit en min nuus is goeie nuus. Die Oujaar was weer eens op vrolike wyse afgesluit by die gasvrye Avenants. Hierdie tradisionele bymekaarkomplek se hekke en deure het weer wyd oopgestaan vir een en almal wat gesoek het na 'n geselligheid. Wat my vanjaar opgeval het en baie opgewonde gemaak het oor die toekoms van Murraysburg, was die groot getal jongmense wat daar was. So, mens verwag tog jongmense by so 'n geleentheid niks snaaks daar aan nie, maar die die mooiste was die groot getal kinders, kleuters en babas wat aan hierdie jongmense behoort. Hier lê beslis 'n goeie toekoms vir Murraysburg in opgesluit. Dit sou net wonderlik wees as ons dalk 'n klein privaat skool aan die gang kan kry sodat ons die kleintjies hier in Murraysburg kan onderrig en ouers nie hulle kinders na vêr skole hoef te stuur of van tuisskool gebruik hoef te maak nie. Hoe lyk dit is daar nie iemand wat ontvlugting van die stadsgejaag soek en hier op Murrysburg so iets wil kom vestig as 'n lekker rustige aftree-werkie nie? Groete René ~ Totsiens 2012 ~ Jan-Hendrik & Michele Swiegers en Sybrand Swanepoel -2-

Jaarvergadering van die Murraysburg Sybokhaarkwekersvereniging, 2012 Die Murraysburg Sybokhaarkwekersvereniging het hul jaarvergadering op die 27ste November te Brandkraal gehou. Die vergadering is op paslike wyse deur ds. André Louwrens geopen. Die sekretaris, mnr. Phil de Klerk, het mnre. Louw en Frans Retief geluk gewens met die wêreldrekordprys vir grootbokhaar aangebied as grootbokhaar en grootbokhaar aangebied as jongbokhaar, wat hul behaal het. Hulle was ook vierde in die Daidoh kompetisie vir die beste gemiddelde prys vir somerkleinbokkiehaar. Mnr. De Klerk wens ook mev. Linda Henderson geluk met haar herverkiesing op die SASKV- bestuur. Die notule van die vorige vergadering word deur die voorsitter, mnr. Frans Retief, gelees en hy gee ook n kort opsomming van die finansies. Die sprekers by die vergadering was mnre Isak Staats (BKB Hoofbestuurder Wol en Bokhaar), Justin Coetzee (Bestuurder, SASKV), Gerhard Grobler (President, SASKV), mej. Anlé Marais (SSA), mnr. Louw Retief en dr. Roland Larson (Veearts). Vanjaar is n vagkompetisie vir die eerste keer aangebied. Die kampioen ram- en kleinbokkievag is deur Louw en Frans Retief ingeskryf terwyl die kampioen jongbok- en grootbokvag van Jonkersnek, plaas van mnr. Theronnie van der Merwe afkomstig was. Mnr. Theronnie van der Merwe het ook die grootkampioenvag gehad. Daar was ook geleentheid vir die plaaswerkers om die ramme te plaas en was hulle kennis en vaardighede n aangename verrassing. Die uitslag van die kuddekompetisie, wat deur mnre Kleintjie Pienaar, Bernett Johnson en Corné Nel van BKB beoordeel is, is ook bekend gemaak. Behalwe vir die wisseltrofees is daar ook pryse deur BKB en SSA geborg. Hierdie trofees en pryse is deur Anlé Marais (SSA) en Frans Retief aan die wenners oorhandig. Die beste ooitjie is deur mev. Chrisma van der Merwe ingeskryf en die tweede beste ooitjie deur mnr. William Biggs. Winnice Grobler het die beste groep ooitjies Nicolaas en Winice Grobler Die bestuur vir 2013 is onveranderd, nl. mnr. Frans Retief, voorsitter, mnr. Louw Retief, ondervoorsitter, mnr. Phil de Klerk, sekretaris en mnr. Percy Reynolds, hulpsekretaris. Die addisionele lede is mnre Phlippie Retief, Rikus Theron en Theronnie van der Merwe. Daar was ook verskeie kompetisies waaraan die boere kon deelneem. So het hulle die geleentheid gekry om bokhaarmonsters te tipeer en die mikrons daarvan te skat. Mnr. Frans Retief het by die tipering met die louere weggestap terwyl mej Adri Smit haar slag met die mikronskatting gewys het. ingeskryf met haar boetie, Nicolaas Grobler, die tweede beste groep en mnr. Theronnie van der Merwe die derde beste groep. Na n leersame en interessante vergadering kon die gaste die heerlike kos, voorgesit deur Noeline Hattingh en haar helpers, geniet. Die Murraysburg Sybokhaarkwekersvereniging is groot dank aan Peet en Maryn de Klerk verskuldig, vir die beskikbaarstel van hulle plaas. Alle prys- en kompetisiewenners tydens die sybokhaardag te Brandkraal Die bokkies laat hulle geduldig inspekteer! Met die plasing van ramme was mnre Rikus en Berno Theron gesamentlik eerste. Daar was ook n ram waarvan die gewig geskat moes word. Hier was die ervare mnr. Rikus Theron in die kol. -3-

Louw en Frans Retief doen dit weer! Dit is nou al amper gebruiklik dat Louw en Frans Retief van die plaas Driehoeksfontein van die voorste pryswenners van die Daidoh kompetisie is. Vanjaar is dan ook geen uitsondering nie en is hulle op 23 November tydens n funksie op Graaff-Reinet met die vierde plek beloon. Die gesogte kompetisie word deur die Japanese firma Daidoh aangebied vir die bevordering van die gehalte van kleinbokkiehaar en die hoogste gemiddele prys vir die somerskeersel kom in aanmerking. Die tien finaliste wat na die prysuitdelingsfunksie genooi word, ontvang elkeen n kontantprys terwyl daar ook nog n trofee vir die wenner is. Dit is baie gepas dat die pa-en-seun span, Louw en Frans Retief, op dié wyse erkenning kry vir hulle insette in die sybokhaarbedryf, waar veral Louw deur die jare al diep spore getrap het. Alle Murraysburgers is trots op hulle welslae en wens hulle verdere sukses toe. Kersvader besoek Huis Spitskop Die beheerraad onder leiding van Maretta Theron met die hulp van enkele ander dames uit die gemeenskap het op 5 Desember n heerlike Kersfunksie vir Huis Spitskop se inwoners en veral die personeel gereël. Die hoofdoel van dié funksie, wat nou al n jaarlikse instelling geword het, is om die personeel vir hulle onbaatsugtige diens deur die jaar te bedank. Rialene van der Merwe het van vroegoggend af al die tafels keurig versier en daar was vir elke inwoner, wat nog enigsins mobiel is, en personeellid n plekkie aan die gedekte tafels. Dis nie dikwels dat die personeel maar net kan aansit nie! Tydens haar verwelkoming het Maretta Theron, nuwe voorsitter, die personeel bedank en geloof vir hulle empatie, geduld en harde werk. Mnr Frikkie MacPherson het vir sy boodskap Lukas 2 gekies en die klem laat val op die woorde omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Sy versugting was dat ons vir Hom ruimte in ons harte en op alle terreine in ons land sal inruim, omdat dit die enigste versekering vir n beter lewe vir almal is. Die inwoners en personeel het hulle volkome met sy woorde vereenselwig en heeltemal van hulle pyne en skete vergeet. Die inrigtingshoof, Ettienne Terblanche, het sy personeel geloof en die beheerraad vir die funksie bedank. Hy het beklemtoon dat hy en die personeel poog om vir die inwoners n tuiste te skep en dat gelukkige inwoners hulle grootste beloning vir n uitdagende maar baie vervullende taak is. Vyf personeellede het spesiale erkenning vir lang diens gekry. Mieta Brouers is nie minder as twintig jaar n lojale personeellid met Marthie Jaftha kort op haar hakke met vyftien jaar diens, terwyl Gladys Galant en Stefaans Afrika die afgelope tien jaar by Huis Spitskop werksaam is. Ettienne Terblanche is nou al vir vyf jaar inrigtingshoof. Nadat mnr. Marais namens die inwoners die personeel en veral vir mnr. Terblanche bedank het, het die hele personeel die inwoners en beheerraad pragtig meerstemmig toegesing. Hulle toewyding en die gehalte van hul sang het vir menige knop in die keel gesorg en almal daaraan herinner dat Kersfees werklik oor God se onuitspreeklike Liefde vir die mens gaan. Na hierdie hoogtepunt was daar skielik n klop aan die deur en het kersvader en sy helper aan elke inwoner by name n geskenkie (deur die plaaslike VLV-tak verskaf) oorhandig. Vir baie sal dit die enigste kersgeskenk wees en was dit baie spesiaal as bewys dat daar ook aan elke inwoner van Huis Spitskop persoonlik gedink word. Na al die opwinding het die beheerraadslede en hulle helpers n heerlike ete met onder andere ham en hoenderpastei bedien en kon die personeel dit saam met die inwoners geniet. Almal was dit eens dat vanjaar se kersfunksie besonder geslaagd was! -4-

Wolkbreuk verras Jannie Pienaar n Onverwagte wolkbreuk bokant die plaas Onderstetuin in die Sneeuberge het Jannie Pienaar van Rooipoort onlangs half onkant gevang toe die vinnige vloedwater sy bakkie n ent meesleur het. Gelukkig het hy en sy werkers ongedeerd daarvan afgekom, maar weer eens die krag van water besef. Daar is groot dankbaarheid dat hulle bewaar is en elkeen in die distrik het weer nuwe respek vir die elemente. Nog 'n amperse tragedie Op 29 November verlede jaar het Izak van der Merwe, van Stellenboschvlei en nou permanente dorpenaar, van Nog een van die Sneeuberg driwwe Volgens Jannie het die water hom redelik onverwags betrap en alhoewel hy die drif by Vleiplaas versigtig benader en eers getoets het of dit veilig is, het die wal water skielik op hom afgekom en die bakkie neus eerste van die drif afgespoel maar gelukkig het die mat gekeer dat hy verder met die rivier mee gesleur was. Die krag van die water het dit egter onmoontlik gemaak om die bak se flap oop te maak en die werkers met hulle vrouens en kinders was vasgekeer. Een van die manne het die seil met sy mes oopgesny en hulle kon toe die mense een vir een na veiligheid uithelp. Nét na die laaste persoon uitgehelp was, het die mat se anker mee gegee en het die bakkie verder weggespoel en omgeslaan. Dit was inderdaad 'n bestiering van Bo dat daar geen lewensverlies was nie. Beaufort-Wes af teruggekeer en op die N1 ongeveer 300 meter van die Murraysburg afdraaipad, 'n vinnige uiltjie geknip agter die stuurwiel en van die pad afgery. Izak het bo-oor die pad gery, aan die regterkant af waar hy 'n stuk grensdraad afgeskryf het, die sleepwaentjie verloor het en toe weer terug op die pad oor na die linker kant waar hy parkeer het asof niks gebeur het nie! Daar word mos gesê 'n boer moet nie na twaalf op die pad wees nie, want dis sy slaaptyd! Ons skryf hierdie berig maar in ligter trant net om nog die groot skrik te verwerk aangesien hierdie 'n lelike ongeluk kon gewees het as Izak se Hoër Hand nie daardie dag oor hom was nie. Ons is saam met Johanna en die kinders dankbaar dat alles so goed afgeloop het. Soos die Sneeubergpad kán lyk na n wolkbreuk Erratum Daar het ongelukkig in die vorige uitgawe n groot fout in die berig oor die Karoo-kokke ingesluip. Kruidfontein moet lees Kareebosch Ons maak verskoning vir die fout. -5

Oorlewing in die Karoo Na 35 jaar se verdwaal in die goot stede op soek na sin in die lewe, beland ons toe op die ou verlate dorpie. Die kinderjare se herinneringe van grootword in die karoo spoel terug soos 'n rivier in vloed. Skielik voel dit asof daar geen tydsverloop was nie want alles is nog so dieselfde. Die blou lug, die spierwit wolke, die warm grond, die harde klippe, die dubbeltjies, die ruik van eerste reëndruppels op die warmgebakte stof, die derduisende sterre in die nag, die akkedisse en geitjies en sprinkane, spinnekoppe en voëltjies alles is net soos ek dit agtergelaat het al daardie jare gelede. Hierdie tydlose wêreld nie eens agtergekom het ek was weg nie, my nooit gemis het soos ek hom gemis het nie. Jy gaan na die see verlang, het my vriende gewaarsku. Voor die jaar om is, is jy weer terug hier. As ek in die vroegoggend op die koppie agter die dorp staan ek uitkyk oor die vlaktes wat in alle rigtings strek tot teenaan die vêraf berge dan besef ek hierdie is my nuwe see. En anders as by my ou see waar mens maar net op en af met die strand langs kan stap, kan mens hier in alle rigtings stap en die wonders van die Karoo ervaar en geniet en luister na die duisende voëls se gekwetter en terwyl my honde in alle rigtings heen storm en probeer sin maak uit al die nuwe reuke en geluide. Ek was bekend gestel aan Piet, een van die plaaslikes en 'n jare-lange getroue helper vir my skoonsuster. Daar is so baie manne met die naam van Piet in hierdie dorp, dat elkeen geken word aan die werk wat hulle doen, of waar hulle bly of boer, so is daar byvoorbeeld Piet Landdros, Piet Slaghuis, ensovoorts. So is my Piet dan bekend as Tuinpiet omdat hy in so baie tuine hier rond werk. Tuinpiet is die man wat my al so baie geleer het van die geheime van oorlewing in die karoo want hier is niks so maklik soos dit met eerste oogopslag nie mag lyk nie. Ek wou 'n eenvoudige bouwerkie aanpak en vra toe 'n paar manne wat besig was om die ou hotel te omskep in die nuwe gemeenskapsentrum waar hulle die boumateriaal bekom. Wel, die koöperasie hou sement aan en soms bakstene maar dié en die bousand kom van George of Beaufort-Wes as meneer bereid is om te wag. So kom Tuinpiet dan tot die redding en wys my waar die plaaslikes hulle eie bakstene maak en waar om te gaan grawe vir sand, hoe om die onsuiwer sand te sif. Ek wou toe ook 'n opvang-gat te grawe om die water van my buite-stort op te vang want hier leer mens gou dat elke druppel water ten minste twee keer gebruik word. Ek het Tuinpiet probeer oorreed om die gat te grawe maar alhoewel hy my nie direk probeer afraai het nie, het sy ontwykende antwoorde my met geen illusies gelaat dat hy nie eens oorweeg om met hierdie projek betrokke te raak nie. Ek moes maar self my eie vingers brand en uitvind hoe hard en klipperig die grond hierdie wêreld is. Tuinpiet het my ook geleer dat hier gooi mens niks weg nie. Selfs gebuigde spykers uit ou planke wat op hulle beurt weer nuwe kombuiskaste sou word, word reguit gekap en gebêre want môre-oormôre wanneer jy 'n spyker soek is die naaste een dalk 90 kilometer vêr. Ek wou 'n ekstra kraan by die kombuiswasbak aanbring en soos gewoonlik met my loodgieterwerk is daar maar altyd 'n paar pyplaste wat weerbarstig lek. Tuinpiet het die gesukkel rustig aanskou en sê toe met die wysheid gebore uit jare se ondervinding Meneer, moenie worry nie, meneer. Oor 'n week is hy toe gekalk en is die lek weg. Hy was so reg! Dieselfde kalk is egter net so effektief om enige stortkop, kraan of ballvalve wat vir 'n rukkie nie in gebruik was nie, te verstop. Daarvoor het Tuinpiet ook raad. Kap hom net so 'n bietjie met 'n spanner, meneer. Dan kom die kalk gou los. Ek moet nog uitvind hoekom mens 'n spanner moet gebruik en nie 'n hamer nie, maar ek sal liewer nie Tuinpiet se meerdere kennis in twyfel trek nie. Die lewe in die karoo het geen verdraagsaamheid tenoor burokratiese rompslomp nie. En as enige burokraat sinnelose reëls probeer toepas wat mag inmeng in die daaglikse voortbestaan, word dit eenvoudig ge-ignoreer ten gunste van gesonde verstand. Een van die reëls uit Pretoria is dat 'n sekuriteitsmaatskappy twee keer 'n week die kontant by die landdroskantoor moet afhaal en veilig na Beaufort-Wes, 160 km vêr, vervoer. Die koste hiervan oorskry die monetêre waarde van die kontant verreweg maar die plaaslikes het gou agtergekom hoe om waarde toe te voeg tot hierdie diens. In hierdie wêreld word maksimaal gebruik gemaak van enige draaiende wiele en die gepantserde kontantwa word ingespan vir enige ander goedere wat tussen hier en Beaufort-Wes moet beweeg. Partykeer is die kontantwa sommer 'n gewone plaasbakkie wat ingespan word en dit flous beslis enige voornemende CIT -rowers. Op 'n dag stop een so 'n verflenterde bakkie voor my huis en na aanleiding van al die stukke plaas implemente, sakke meel, hondekos en wat nog alles, dog ek dat dit 'n smous is wat op soek is na die vorige eienaar van my huis. Ek verduidelik toe vir hom dat hulle nie meer hier bly nie. Nee, sê die bestuurder, hy is 'n koerier en hy het die internet modem kom aflewer wat hiernatoe bestel was. Kon my geflous het. My skoonsuster vertel hoedat sy die munisipaliteit gebel het om 'n vrag tuinvuilis te kom verwyder. Gewoonlik is hulle nogal gou om te reageer maar dié dag sê hulle toe hulle kan nie dadelik kom nie, want Piet Spietkop is in die dorp en het hulle trekker weens 'n padwaardigheid tekortkoming van die pad afgetrek. Maar sê hulle, hulle sal kom sodra Piet Spietkop weg is uit die dorp. Die Piet Spietkop is 'n rondgaande verkeersbeampte wat vanuit Beaufort Wes opereer en soos die sheriffs van ouds, van dorp tot dorp reis om sy meester se wette af te dwing. Die plaaslike riemtelegramme werk egter so effektief dat alle wetsoortreders soos mis voor die son verdwyn lank voor hy die dorp binnevaar. Almal stop skielik by die stopstrate, polisie inkluis, al die motors is aan die regte kant van die pad geparkeer en niemand praat op 'n selfoon terwyl hy of sy bestuur nie. 'n Effense lastigheid maar die ongerief duur nie lank nie. Die gemeenskap tuin het in sy eerste jaar van bestaan die mooiste groente vars uit die grond gelewer en werk verskaf aan sowat 26 mense. Op 'n dag sien ek 'n groot menigte daar onder by die tuin en gaan nader om te sien wat aangaan. Dit was toe die aflewering van 'n splinternuwe nuwe trekker, een van daardie driewiel gedoentes wat -6-

mens in die Verre-Ooste sien waar hulle gebruik word om die ryslande te bewerk. Heel waarskynlik ook deur die Chinese geskenk inruil vir ander gunstes op 'n later datum. Die instrukteur was 'n swart man met weinig kennis van die Engelse taal en nog minder van Afrikaans. Die werkers onder instruksie was almal Afrikaanssprekend en hulle Engels nog treuriger as dié van die instrukteur en dieselfde het gegeld vir die jong man van Landbou Tegniese Dienste wat moedig die instrukteur se lesse probeer vertaal het. Dit was sommer gou duidelik dat die trekker 'n beperkte leeftyd in die harde karoo grond gaan hê en dit was verder bevestig toe die instrukteur verduidelik dat die trekker swart rook moet maak as hy loop. Die oomblik as hy wit rook begin maak, moet hulle dadelik stop want dan is daar yslike moeilikheid. Na al die lesse het die instrukteur met groot gesukkel die trekker se enjin aan die gang gekry te midde van groot bondels spierwit rook wat by die uitlaatpyp uitborrel maar hy het rustig voortgegaan asof daar niks fout was nie. Dit moes die manne omtrent deurmekaar gehad het en mens kan net wonder wat het die swaarste geweeg woorde of dade. Die laaste wat ek van die trekker gehoor het, is dat hy 'n wiel verloor het en dat daar nou twee jaar later steeds gestry word oor wie se skuld dit was dat die trekker nou net twee wiele het en redelik onbruikbaar is! Avertensie Spesiaal vir die Dames Ek bedryf die afgelope 10jaar Lavender Breeze Health & Beauty in Wilderness. Voor dit was ek werksaam vir 18jaar as 'n Mediese Tegnoloog, maar het besluit op 'n loopbaan verandering en my bekwaam as 'n skoonheidsterapeut by Total Concept Academy in Port Elizabeth. -7- Ek is passievol oor velsorg en gebruik Environ produkte asook die Environ DF masjien. Die masjien deur dr Des Fernandes, (plastiese chirurg wat die Environ velreeks ontwikkel het), werk deur Sonophorese(klankgolwe) en Iontophorese(galvaniese stroom). Die werking van die masjien verhoog die penetrasie van die serums wat tydens 'n facial gebruik word is en is hoogs effektief vir teen-veroudering behandelings asook om pigmentasie en hidrasie van die vel te verbeter. Dit is 'n baie veilige en effektiewe behandeling. Ander behandelings sluit in manikure, waks, tint en masserings. Ek doen ook pedikure met die Balsan- afskilwering vir droe hakke asook paraffin waks. Powerplate: Die Powerplate masjien gebruik die beginsel van versnellings tegnologie om die liggaam se natuurlike respons op vibrasie te stimuleer. Die beweging van die plaat veroorsaak 'n refleks beweging van die spiere wat dit aktiveer om tussen 25 en 50 per sekonde saam te trek. Die effek van hierdie manier van oefen is baie effektief en verbeter die volgende: -bloedsomloop - spierkrag -spiertonus -soepelheid (flexbility) -been digtheid -selluliet -verhoogde metabolisme Powerplate word aanbeveel 3x 'n week vir 15min per sessie. Fikser persone kan 3x 'n week 30min sessies doen Ek beplan om Desember maand die salon te open by Kweperlaan en dan in die nuwe jaar 2 weke per maand behandelings daar te doen. Die ander 2 weke sal ek by Lavender Breeze in Wilderness wees. Sien uit om almal te ontmoet en aan die gang te kom! Vonita

Die lekkerste bymekaarkomplek in Murraysburg. By die nuwe Kweperlaan is daar baie gerieflike sitplek en kuierplek binne en ook buite onder die koel druiwe-prieel. Ideaal vir funksies, kinderpartytjies of selfs meer formele byeenkomste. Indien julle lus is vir n ontbyt of middagete, reël net vooraf met Jenny by 082 509 3120. -8-