Hartklop 26 Oktober 2014

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Tariewe

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Direkte en indirekte rede *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Webadres: Die Pastoor se pen:

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Rubriek vir skeppende werk

Deelnemers KAAPSTAD. Erkenning !!!!!!! ! 1! Artikel: Fotos: Organiseerder: HEMEL-EN-AARDE VALLEI (Bykomstig tot

G. J. du Preez

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Hoe om krag te spaar

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Sterdansers by Vensters.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SIZA takes the sting out of auditing

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Dialoog en paragrawe *

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Maand-Krant OKTOBER 2013

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Wees Lig! Hartklop 26 Oktober 2014 Dankoffer-insameling? HARTLIK WELKOM Kom ons soek n ander en meer beskrywende woord vir Dankoffer-insameling. Wat van n woordjies soos empatie of omgee? Empatie/omgee is om aan ander te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê. En dit is immers die Goue Reël van Matt. 7v12. Rabbi Baruk het die kuns van empatie/omgee goed verstaan. En hy het dit só verduidelik: Die een sal gee en vir homself sê: Laat ek vir die arme drommel iets gee en van hom ontslae raak. Die ander een sal ook gee, maar dan vir homself sê: Laat ek tog ruim gee. Dalk sien iemand wat ek gee en dit tel eendag in my guns. Maar daar is ook n man wat sal gee en hy sal vir homself sê: God het hierdie geld in my hand gesit en ek is net God se posbode (Ek staak nie). VANOGGEND SE DIENS DIE LEWE IS N REIS (MOET ONS OUES NIE AFSKRYF NIE) PS 90 (DR CLIFFORD HEYS) Clifford lees vir ons Moses se Psalm 90. Moses getuig die lewe is n reis (v1) Hy sê die reis sal ook (vinnig) tot n einde sal kom (v3), maar julle moet ons oues nog nie afskryf nie. Ons oues verwissel net van rat van n beroep (in hoogste rat) tot n roeping (in die laagtes rat) (v16). Is ons oues bedruk? Nooit, eerder opgewonde, want ons het God beleef en Hy is n werklikheid. Hierdie laagste rat bring ons tot bo by die Nuwe Jerusalem! (v17) Is ons nog nuttig? Ja, ons kan vir ons ervaringe en wyshede met ander deel. Ons kan nóú eers van God se voorsienigheid getuig! (v1) Vanoggend is ons almal posbodes. Dankie namens almal met leë posbusse! Deurkollekte: Sin Koll: Nuwe Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS) Die doel van GKS is om gemeenteleiers te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur saam as Familie van Kerke, nuwe Geloofsgemeenskappe te ontwikkel. ENKELLOPENDE GROEP BY DIENSSENTRUM @ 15h30 elke Sondagmiddag: Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op n Sondagmiddag alleen voel en n behoefte het aan geselskap. Kom kuier saam! Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290

AL ONS GEBEDE WORD GESUIWER DEUR JESUS SE BEMIDDELING. (Joyce Meyer) ZAbba Vader... VERSOEKE Annette 072 903 9189 NOODKETTING Sheila 084 800 0947 Deon Smith Kobie Swart Anneline Nöthling Sarie van Staden Lorraine Fourie Louis Leonard Tokkie Vorster Ester Bester Veronica Schoeman Magriet Louw Susan Matthee SIEKTE & NOOD Delarey van Heerden se broer Ferdi - kanker Ons bid vir alle bejaardes in n siekeboeg of tuis. Ons bid ook vir hul versorgers asook die familie en vriende wat hul bystaan. DANKIE HERE Ons kom vanoggend Here met dank in ons harte. Ons wil aan U alleen al die eer en LOF gee. Ons wil JUBEL oor U en lofgesange sing tot U eer. Dankie vir U sorg vir Onrusgemeente, dankie vir U beskerming elke dag, dankie dat U ons elkeen op die naam geroep het Vader, en dankie dat ons U Vader mag noem. Ons is LIEF vir U Here God! MA. 27 OKTOBER DI. 28 OKTOBER WO. 29 OKTOBER 10:00 DIENSSENTRUM: Kom stap saam. Ons begin stap om 10h00 vanaf die dienssentrum en kom drink dan lekker tee/ koffie saam wanneer ons terug is. Welkom! Sopkombuis 10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees kreatief saam met Joan Ollewagen 028 316 2127/082 710 2787 & Hannie Koch by die Dienssentrum. Ons sal jou kom oplaai! Ons gaan n tafel by die Voedselfees hê en ons produkte verkoop tbv die Dienssentrum. Kom werk saam! 10:00-12:00 DIENSSENTRUM: Kliniek (Indien u bekommerd is oor u bloeddruk, suiker ens. kontak vir sr. Calitz by 072 152 5623 en maak n afspraak. DIENSSENTRUM: 08:00 Voete & hande versorging. Maak afspraak by Marilyn (082 532 6931). 10:00 Trimgim deur n bio-kinetikus in die sysaal. Almal is welkom. Lede R30 en nielede R45 pm 18:00 BYBELSKOOL by NG Hermanus Rom 11 : 11 36 Ons Vader in die hemel, ons besef hoe groot U genade vir ons is en ons sê dankie daarvoor. Help ons, Vader, dat ons deur ons leefwyse nooit die prys vir ons betaal, goedkoop sal maak nie. Dankie dat U nooit U genade terugtrek nie. 1 Kor 10 : 1 12 Ons Vader, laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose. Vader, bewaar ons dat ons nie sal dink ons 'staan' en dan val ons. Ons vertrou U dat U ons die krag sal gee om staande te bly. Ons dank U dat U U beloftes hou. Fil 4 : 10 21 Vader, ons dank U vir die sendelinge wat gewillig is en uitgaan om die wêreld te bedien met die waarheid van die Evangelie. Here, maak ons harte en ons hande oop om hulle te sterk sodat hulle nie gebrek ly nie en dat ons ook deur ons gebede vir hulle intree. DO. 30 OKTOBER VR. 31 OKTOBER SA. 1 NOVEMBER 09:00 BYBELSKOOL by NG Onrusrivier 10h00 DIENSSENTRUM: Kom fliek saam in OnsTeater en kyk na Notebook. 9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin @ Dienssentrum is oop. Welkom! 10:00 Ons BID saam (Gebedskamer) 08:00 GEMEENTE STAP SAAM IN DIE FERNKLOOFBERGE. (MEER INLIGLTING OP INVOEGSEL) Ps 100 Here, ek wil U dien met blydskap en voor U kom met gejubel. Ek erken U as my Here en my God! U is my Herder, want U het my gekies en U sal my nooit in die steek laat nie. Aan U goedheid en liefde is daar geen einde nie. Deut 4 : 1 40 Vader, maak my gehoorsaam aan U voorskrifte en help my om daarvolgens te lewe. Vader, help my om alles aan my kinders en kleinkinders te leer. Laat my nie my eie ondergang soek deur U gebooie te minag nie, want U vereis onverdeelde trou aan U. WAT GEBEUR SONDAG 2 NOVEMBER? 09:00 Erediens: Ds Michiel de Kock. Deurkollekte: Spes Koll: Houmoed Sentrum WYKE DIENSBEURTE Gebed (Konsistorie) (Wyk 6) Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 30a) KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-3 tydens die Erediens Gr 4-7 direk na die Erediens TEENTRIX Gr 8-10 direk na die Erediens

TIENDEMAAND DANKOFFERFEES OP 26 OKTOBER Die woord "dankoffer" verduidelik presies wat ons daarmee bedoel. Dit is 'n vrywillige, dankbare bydrae aan die gemeente of instansie sodat die Koninkryk uitgebrei kan word. Dit is nie 'n offer SODAT God my sal seën nie, maar OMDAT Hy my seën. 'n Dankoffer bring gewoonlik vreugde. Dit is lekker om te gee en goed om die vrug daarop te kan sien. Die spesiale Tiendemaand is eintlik 'n spesiale toewydingsmaand. Ons gee dan meer as gewoonlik as deel van my spesiale toewyding aan God. Dit is ook 'n gebaar van afhanklikheid en vertroue op grond van 2 Kor.9:8 "God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk" 26 Oktober kan 'n besonder geseënde dag in Onrusrivier wees. Lof, dank, aanbidding en seën! Ons vra dat jy deel daarvan sal wees, ter wille van God se saak en ter wille van jou eie geestelike groei. 2 Kor.9:13 "Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God die eer toebring" (Lees gerus verder tot vers 15) Mag ons biddend kom op 26 Oktober, dankbaar offer en met vreugde aanbid. Ons is geseën om te seën. Elijah House America Visit. Exciting News Robert and Kathie Fetveit, executive directors of Elijah House America are visiting us and will be teaching from 1 November 2014 at different Elijah House schools throughout South Africa. Robert and Kathie come from a ministry background of YWAM where they were involved for a couple of years before becoming involved with Elijah House. Elijah House was founded by John and Paula Sanford, focusing the teachings on healing hearts and transforming lives and changing lives through prayer, based on scriptural principles and led by the Holy Spirit. This amazing inner healing ministry was shared worldwide and now have Elijah House schools throughout the world and it is still growing and spreading to other countries. This is not an event to be missed. A love offering will be taken to help fund this amazing event. Aronel du Toit of the Hermanus School Cell: 083 225 2277 or by mail: aroneldutoit@gmail.com HERMANUS SUNDAY 9 NOVEMBER 2014 NG ONRUSRIVIER 18:00 Topic: Defence against Moral Failure Healing hearts Transforming Lives Kalenderborg vir Oktober - Baie dankie! FINANSIËLE DIENSTE Optimum Sentrum, Hoofweg 10, Onrusrivier Tel: 028 316 3743 Sel: 082 416 6788 sybrand@netactive.co.za TEKS VIR DIE WEEK (Son. 2 Nov.) (Ds Michiel de Kock) Rousmart my pyn God se pyn Wat maak ons met die seer agv. die verlies van n geliefde persoon in ons lewe? Wat maak die gemeente en die gemeenskap daarmee? Ons sluit aan by die verhaal van Jesus en Lasarus in Joh.11v.17-44. Daar staan die woorde: Jesus het gehuil / Jesus wept. Dink na en deel in u groep wat hierdie woorde vir u beteken. Lees ook Rom.8 v. 31 tot 39, maar staan stil by: God het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer... Maak tyd om te hoor wat die Heilige Gees vir u met albei hierdie gedeeltes wil sê. Mag HY, wat ons pyn op Hom geneem het ( Jes.53. v 4 ) u troos, mag u in Sy oë kyk en deernisvolle liefde sien, Goddelike teer en hoopvolle liefde. Mag u ervaar dat ons Vader U in Sy ewige arms styf vashou. Michiel. NUWE MOEDERSKAMER IN DIE KONSISTORIE BESKIKBAAR VANAF SONDAG 2 NOVEMBER 2014 Ons nooi graag alle ouers met woelwaters om gebruik te maak van die meer ruimer en gemaklike moederskamer in die konsistorie. Daar is n groot platskerm tv gekoppel vir julle en die klank en beeld gaan jul beslis deel maak van elke oomblik in die diens. Hier kan jul kinders ook na hartelus rondbeweeg sonder dat julle voel jul steur iemand. Geniet dit! Die huidige moederskamer (aan die bokant van die sysaal) wil ons graag dan hou vir moeders (en vaders) met babas. Die badkamers is hier gerieflik naby indien daar dringend doeke geruil moet word. Vir enige navrae, kontak gerus vir Karin by die Kerkkantoor.

POSTE BESKIKBAAR Just Properties in Hermanus benodig persone wat belangstel in n loopbaan as eiendomskonsultant (vorige ervaring nie n prioriteit nie). Kontak asb vir Philip by 082 9000 697. POSTE GESOEK Ons nooi graag lidmate wat werk soek om hier te adverteer. U is welkom! DIENSTE BESKIKBAAR EK BIED EKSTRA LESSE aan vir Laerskool kinders in Afrikaans en Engels. Ek kan ook 'n paar laerskool kinders tot graad 6 in die middae inneem om hulle met hulle tuiswerk te help. (nie Wiskunde nie). Fooie onderhandelbaar volgens behoefte. Kontak asb vir Annette Norman by 082 877 6337. DIE HERMANUS SELF-IMPROVEMENT CENTRE bied die volgende kursusse / opleiding aan in Onrusrivier: First Aid Level 1 & 3, Health & Safety Representative, Basic Fire Fighting, General Housekeeping (for domestic workers and Guest House staff), Basic Management, Customer Care & Service Workshop. Vir navrae of meer inligting, kontak asb vir Karin by 084 305 2086. DROËWORS - HEERLIKE OU TRADITIONELE BOERE RESEP @ R145 / kg. Bestandele: Beesvleis, stertvet, asyn, worcesterous, sout, peper, koljander, naeltjies. Geen sintetiese derm, Gesonde koup vleis, Geen bygevoegde MSG, Gluten, Word weekliks vars gemaak. Vries baie goed. Kontak Elize vir bestellings 0846647788. SAVE THE DATE!!!! SAVE THE DATE!!! SAVE THE DATE!!!!!! Alle braaiers, alle eters, alle kouelikes! Manie s Houtwerf open op 17 November 2014 onder nuwe bestuur as Oom Manie se Houtwerf! Geleë te Viljoenstraat 5, Onrusrivier. Verkoop van braaihout, potjiekoshout en kaggelhout! Rooikrans, kameeldoring, bloekom en black wattle. Alle bestellings en aflewerings WEKOM! Hou Oom Manie se Houtwerf, die Hartklop en die Times dop vir verdere inligting en aanbiedinge! PROBLEMS WITH ANTS, SPIDERS AND ANY OTHER INSECTS? Use the well-known odourless Bioway In and around the house. It is completely safe near children and pets. (100% Biodegradable). Available in 500ml, 1Litre, 2 Litre and 5 Litre. For more information contact: Deon 0845045600 / Elize 0846647788. BIOWAY MULTI - INSECT AND DUSTMITE KILLER Safest of all insecticides Eco friendly 100 % Biodegradable Green Kills ants, bed-bugs, fishmoths, dustmites, flies, spiders, lice, mosquitoes, cockroaches & all other insects. Safe to use near children, animals & birds. Has a water base with NO unpleasant & harmful gasses Odourless, stainless & NOT poisonous to touch or inhale The Only registered product in S.A that kills dust mites (Dust mites causes allergies, sinus & hay fever). HOW DOES Bioway Multi Killer WORK? The active ingredients attack the nerve system, paralising the insect which results in death a few moments later. Contact Elize for more information Cell: 0846647788 Email: elize4trading@outlook.com DIENSTE BESKIKBAAR: Gys du Plessis (076 103 5508) is n afgetrede onderwyser en stel belang daarin om: Huise op te pas en troeteldiere te versorg as hul eienaars met vakansie gaan (Onrus / Sandbaai / Vermont). Ek bied ook ekstra lesse in Afrikaans aan. Die volgende blaadjie sal beskikbaar wees op Sondag 30 Nov. Inligting moet asb by Karin wees vroegtydig. Epos: kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za / 028 316-2116 of bring dit na die kerkkantoor. ** Onthou asb dat hierdie diens tans vir lidmate van die NG Gemeente Onrusrivier is. Dankie!

Baie dankie vir almal se ondersteuning en wonderlike wyne wat julle geskenk het! Verlede Vrydag se Wynveiling was baie geseënd en vreugdvol! Daar was omtrent gekuier en met Beyers Truter as afslaer het die pragtige wyne goeie pryse behaal. Elke tafel was ook bederf met n wynmaker wat na hul omgesien het. Foto bo: AGTER: Philip Opperman, Bernhard Heyns (Gabrielskloof), Beyers Truter (Beyerskloof), William Wilkinson (Wildekrans), Gerhard Smith (La Vierge), Werner Muller (Iona), Sebastian Beaumont (Beaumont Wines). VOOR: Kevin Grant (Ataraxia), Riana vd Merwe (Seven Springs), Mari Branders (Diemersdal), Hannes Storm (Storm Wines). Foto regs: Theo Agenbach, Bernhard Heyns en Piet van Zyl. GEMEENTESTAP IN DIE FERNKLOOF BERGE - SATERDAG 1 NOV @ 08:00 BEGINPUNT: 5DE STRAAT 16, VOËLKLIP Ons nooi graag alle stappers om saam die pragtige Fernkloof berge te kom geniet. Die roete wat ons gaan volg sal sal so plus minus 3 ure neem, afhangende van hoe vinnig mens wil stap. (Wel, om die blomme en natuurskoon te geniet glo ek nie jy sal iets sien as jy n maraton wil aanpak nie.) So ek glo niemand sal wil vinnig stap nie. Die moeilikheidsgraad sal ek 6 uit 10 gee. Dit beteken dat daar wel opdraande is en ook bietjie afgronde vir n ou wat hoogtevrees het, maar dit is glad nie onmoontlik nie. Ek weet van bejaarde mense wat gereeld daar stap. Dit kan miskien so 9 na 10 kilometers wees. Dit sal heeltemal veilig wees, ons sal die roete aanwys. n Stapstok is natuurlik n moet. Die pragtige fynbos met al die spesies is asemrowend en ouens kan solank hulle blomme boeke nader trek. Ons glo daar sal dalk groot kenners wees wat sal saam stap, ek is baie ingestel op die noemname. Die roete wat ons wil volg sal wees met die dammepaadjie tot oor die mosselrivier, bietjie klippe en water, dan stap tot by Lemoenkop se begin en dan die roete te volg van die Boekenhoutbos, oor die Adder Ladder, redelik styl en klim, dan tot bo-op die berg en dan stap na Jeep Track. Dit is padlangs, dan af na Kanonkop, Fishermans Kloof, Klipspringer en dan terug huis toe. Dit is n redelike stap en ek glo die ouens kan maar stapfiks wees. Die roete is van so n aard dat enige ou kan terug draai as hy voel hy het nou genoeg. Na die stap, (terug by die beginpunt) gaan ons dan heerlik saamkuier en braai. Elke ou moet n broodjie bring en n worsie of vleisie wat ons sommer kan braai na die tyd hier by ons. Ons het n kein huisie met baie plek en hier is baie ruimte om ons, leë erf langs ons. As u ook dalk net n piekniekmandjie wil bring is dit ook reg so. Water sal seker ook nodig wees vir stap, alhoewel ek en Niells nooit iets saam neem nie, dalk n lemoen of vrugte, dit is regtig nie so ver nie. Ek dink dit sal n fees wees vir oud en jonk! Dink net hoe mooi sal dit wees as die hele gemeente hier teen die berg opklim, die kranse en bobbejane sal dit uitroep! Gevaar? Ag nee wat, as jou skoene reg is en jy het jou wandelstok is dit honkie dorrie! 2 voetige probleme? Ag nee wat, niks van dit nie. Bobbejane? Nee wat, hulle vreet rustig voort is al gewoond aan al die mense. O, ja n hoedjie vir die son! Ek lê dit alles in julle midde, omdat ons so lief is vir buite en die natuur, wil ons dit saam met almal deel en dankbaar wees vir al ons voregte en om hier te bly in die Skepper se wonderwerke! Navrae: Niells en Sandri van Zyl Smit (028) 314-1453 / 082 907 4060 / sandrismit@hermanus.co.za

WAAR kan ek DIEN? GESOEK: n Stootwaentjie vir n behoeftige jong ma. Kontak asb vir Helen by 083 860 7131. Baie dankie. OMGEE ENGELTJIES: Indien u n engeltjie is en nog aktief betrokke is by die projek, kom gee asseblief u naam in by Mervian (kerkkantoor). Baie dankie! LIGBOEK FLIEK-PROGRAM IN ONSTEATER @ 10:00 DONDERDAG 30 Okt: The Notebook. Moet die pragtige fliek nie mis nie! BYBELSKOOL Dr Clifford bied n nuwe DVDreeks aan oor JERUSALEM: 29 & 30 Okt., 5 & 6 Nov. en 12 & 13 Nov. - Woensdae om 18:00 in Hermanus en Donderdae om 9:00 by Onrusrivier. Ons wil weet: Wat is so besonders aan die stad Jerusalem? Hoekom baklei nasies deur die jare vir hierdie stad? Hoekom kan Jood, Christen en Moslem nie die stad se heiligdomme deel nie? Lees gerus Simon Montefiore se Jerusalem The Biography of kom kyk die DVD -Navrae: Clifford by 028 316 4895 KERSMELODRAMA 14 NOV @ NG ONRUS Kom luister na die Phantom of the Opera (Past. Herman Breedt), Elvis (Ds Corné Kemp), Shakin Stevens (Ds Neil Olwagen) en die Grafsteensangers, Sonja Herholdt en YMCA. Al die dominees en vele meer! Kaartjies beskikbaar by Mariet Basson 078 329 7888. ONTHOU: Alle navrae oor die Dienssentrum, alle inbetalings en gelde van die Dienssentrum word nou by die sentrum self hanteer vanaf Maandae tot Vrydag van 09h30 12h30. TEL: 028 316-1745. VERJAARDAG ((80) Gelukwense aan mev Wilma Hugo met haar 80ste verjaardag op 1 Oktober God se seën word u toegebid. SPOELKLIPPE AFSLUITING 21 NOV. Betaal asb R50 pp by kerkkantoor VOOR 14 NOV. Sjerrie met vingerete @ 18:00 Musiek-potpourri @ 19:00 Dit beloof om 'n heerlike aand van musiek en ontspanning te wees! Almal is meer as welkom maar veral ons nuwe intrekkers! GEMEENTESTAP FERNKLOOF BERGE SAT. 1 NOV @ 08l00. (Meer inligting op invoegsels). CALEDON WES KERSMARK (Kerksaal) n Fees van unieke geskenke! 29 Okt 14:00-19:00 1 Nov 09:00-14:00 Navrae: Chrisna Delport 082 944 4505 MOSAïEKGROEP kom bymekaar by die ARK op Ma. 27 Okt 2014. Sorg asb dat julle 15:00 hier is. Ons vertrek na Camhill skool. Moenie pakkies pak nie, bring elkeen net R6,00 ekstra saam. KOLWYNTJIE TEETUIN @ DIENSSENTRUM VRY 31 OKT 09:30-11:30 BAIE BELANGRIK: Laat weet my asb VOOR EINDE NOV. as jy nie in 2015 kan inskakel by die teetuin nie agv ander verpligtinge. Baie dankie! Kontak MARIE 083 457 1896 DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com VERSORGINGSKOÖRD. Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEST. Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma ma - vry - vry 09h00 09h00-13h00 - Tel (028) 316-2116 13h00 info@ngkonrusrivier.co.za Tel (028) 316-2116 www.ngkonrusrivier.co.za Koster ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za the Framery Alle tipes raamwerk van skilderkuns, fotos, tapiserieë, truie, medaljes ens. DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 084 745 4531 Skakel Marlene by 028 316-1374 Hoofweg 36, Onrusrivier Professionele, vriendelike diens teen bekostigbare pryse. SENDING Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00)