Spogplase in gedrang Skok oor toekenning van mynregte langs Vaalrivier

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Uit Moerdijk se pen Man en Media

HOëRSKOOL PORTERVILLE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SIZA takes the sting out of auditing

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MALHERBE RP et HATTINGH R

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Tariewe

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

THABAZIMBI AKSIEGROEP PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Transcription:

Staan n kans om R10 000 se klere te wen /3 R4.90 BTW INGESLUIT DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 *** 9 7 7 1 0 1 8 6 9 9 0 0 5 NUUS MET MENING 0 051-404-7600 > Prag-kalender met lesers se foto s nou te koop /3 Begroting: Níks gaan NGV keer, sê Gordhan /2 Boer van Warden in sy huis vermoor /2 Leeus vry nou ook na Mapoe /20 Spogplase in gedrang Skok oor toekenning van mynregte langs Vaalrivier ) JACQUES PAUW JOHANNESBURG. Tientalle spogplase in die Viljoenskroon-gebied word bedreig nadat n omstrede mynmaatskappy die reg verkry het om op 162 plekke langs die Vaalrivier vir steenkool te prospekteer. Die departement van minerale bronne het die prospekteerregte toegeken sonder dat grondeienaars langs die rivier gekonsulteer is iets wat wetlik vereis word. Omgewingskenners is dit eens dit sal lei tot steenkoolmyne langs die Vaalrivier en dat dit n ekologiese katastrofe vir Suid-Afrika se belangrikste rivier inhou. Die prospekteerreg is aan Imperial Crown Trading (ICT) toegeken. ICT het noue bande met die ANC en was onlangs in die nuus toe hy mineraalregte vir 21,4% van die Sishen-ystermyn in die Noord-Kaap verkry het. Dié regte is sowat R9 miljard werd en het pres. Jacob Zuma se seun, mnr. Duduzane Zuma, in n potensiële multi-miljoenêr verander. n Stigterlid van ICT, adv. Phemelo Sehunelo, het gister erken dat sy maatskappy nog nie met grondeienaars gekonsulteer het nie. Die wet vereis dat breedvoerig met grondeienaars gekonsulteer moet word voordat lisensies toegeken kan word. Grondeienaars moet ook geleentheid gebied word om op n omgewingsbestuursplan kommentaar te lewer. Nie een van die boere is gekonsulteer nie. Die Viljoenskroonse Landbouunie het vandeesweek met hul regsverteenwoordigers vergader om te besluit hoe hulle daarop gaan reageer. Dit is nog onbekend presies op hoeveel plase daar prospekteerregte is, maar die voorsitter van dié unie, mnr. Jan Potgieter, het gesê daar is baie min plase wat nie geraak word nie. Hy het gesê van die boere het in Junie kennisgewings van ICT en nog n mynmaatskappy ontvang dat hulle op plase wil prospekteer. Die boere Maak stem dik vir spraakvryheid het dié briewe vir hul prokureur aangestuur. Dié prokureur, mnr. Dawid Senekal, het gesê hy het aan die maatskappye teruggeskryf en hulle uitgenooi om met die boere te kom konsulteer. Hy sê hulle het nooit weer iets gehoor nie. Dit blyk nou dat ICT reeds in Mei verlede jaar om dié prospekteerlisensies aansoek gedoen het en dat dit kort daarna deur die departement bloot goedgekeur is. n Woordvoerder van die departement het by navraag gesê amptenare is besig om ICT se aansoek te bestudeer en sal vandag kommentaar lewer oor die wyse waarop die lisensie toegestaan is. Potgieter het gesê die boere het hul prokureur opdrag gegee om eers vas te stel presies wat aan die gang is en hoeveel boere geraak word voordat hulle op enige regsaksie gaan besluit. Dit is n plaasgemeenskap dié en wat gaan gebeur as hier nou skielik myne kom? Ons water en grond gaan verswak. Ons is bekommerd dat ons nie meer kos sal kan produseer nie. n Voorste omgewingspesialis, dr. Koos Pretorius, het gesê hy vind Sehunelo se uitlating verstommend. Die wet is nie nagekom nie en die aansoek moes nooit goedgekeur gewees het nie. Dit is n skandaal wat baie ernstige gevolge vir die omgewing inhou. Pretorius, wat ook direkteur van die Federasie vir n Volhoubare Omgewing is, het gesê die toekenning van die prospekteerregte beteken dat die regering in beginsel besluit het om steenkoolmyne langs die Vaalrivier toe te laat. Hy het gesê myne kan die rivier vir honderde kilometers vergiftig en miljoene mense se drinkwater bedreig. Die Vaalrivier is die enigste varswaterbron vir meer as 10 miljoen mense n vyfde van die bevolking. Dele van die rivier aan die onderkant van die Vaaldam is reeds deur mynbedrywighede só besoedel dat sy water bykans ondrinkbaar is. ) CHARLES SMITH OUDMINISTER KADER ASMAL en aartsbiskop Thabo Makgoba was onder die sowat 3 000 mense wat gister in n optog na die parlement in Kaapstad hul stem dik gemaak het teen die beoogde Wet op die Beskerming van Inligting en ander wette wat spraakvryheid in Suid-Afrika bedreig. Asmal het die muilbandwet as die grootste bedreiging vir demokrasie bestempel. n Geestelike (inlasfoto) in gister se optog het n plakker op sy mond geplak om sy standpunt te stel, naamlik dat die waarheid n mens sal vrymaak. Berig en nog foto s op bl. 2. FOTO S: FELIX DLANGAMANDLA Sy is ontsaglik bang, vertel slagoffer van verkragting ) PIETER STEYN MNR. JIMMY LEMANE CHOKCHELA, ook bekend as Pinkie of Rasta. MNR. LUCKYBOY EMMANUEL MOGOERA, ook bekend as Seun of Shoes. Ongeluk ry ekonoom van UV bloots TERWYL haar verkragter haar verkrag het, het sy die hele tyd Jesus, Jesus gebid. Daarop was sy reaksie: Jou Jesus kan jou nie nou help nie. Só vertel die tenger me. Monya Holtzhausen (23), wat Vrydag in die vroeë oggendure wreed verkrag is, nadat sy en haar verloofde, mnr. Quintin Steyn (24), en hul eenjarige seuntjie in hul huis op hul kleinhoewe by Estoire buite Bloemfontein oorval is. Intussen is twee mans geïdentifiseer wat moontlik die polisie in hul ondersoek na die aanval en verkragting kan help. n Getraumatiseerde Holtzhausen het gister haar hart teenoor Volksblad oopge- maak. Sy is n aantreklike jong vrou met rooibruin hare. Holtzhausen is vas oortuig die Here het haar gehelp dat die duiwel haar nie seerder gemaak het nie. Dit begin my nou erg vang. As ek net my kop op iemand anders se lyf kan sit, sal ek dalk beter voel, sê sy. Ek is bang, ontságlik bang. Ek dink die realiteit tref my nou eers. Die werklikheid van wat met my gebeur het, sink nou eers in. Holtzhausen sê in dié stadium dra sy n verskriklike gevoel van haat teenoor die verkragters met haar saam. Haar verloofde is baie stil. Hy praat darem nou oor die gebeure daardie oggend, maar dis n moeilike pad wat hy stap. Hul seuntjie is saans baie bang. Die sielkundige sê hy moet slaap, maar as jy nie by hom gaan lê en hom vashou nie, raak hy nie aan die slaap nie. Hy slaap ook baie onrustig. Holtzhausen se ouer suster sê Monya lyk sleg. Dié suster wil ná dreigoproepe nie haar voornaam genoem hê nie, Monya is emosioneel óp. Sy probeer nog sterk wees. Sy is doodmoeg, sê die suster. Sy sê nie een lid van hul gesin slaap juis nie. Ons almal se lewe is in n chaos gedompel. Sedert die dreigoproep, waarin hulle gedreig het dat ek en my ander suster volgende is, kan ek nie eers meer werk toe gaan nie. Die ondersoekbeampte, ao. Richard Botha van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, seksuele misdrywe en vir kinderbeskerming, sê twee mans is geïdentifiseer wat moontlik kan help met die ondersoek. Mnr. Jimmy Lemane Chokchela, ook bekend as Pinkie of Rasta, is tussen 40 en 50 jaar oud, het n baard en het korterige rasta-hare. Die tweede man wat dalk lig op die ondersoek kan werp, is mnr. Luckyboy Emmanuel Mogoera (27), ook bekend as Seun of Shoes. Botha sê positiewe inligting word in dié stadium opgevolg. Enigiemand met inligting oor dié twee mans kan Botha by 083-697-0982 bel. DIE rekenaar van prof. Johan Willemse, hoof van die departement landbouekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is gister gesteel waar hy en me. Maria Ramos, groephoof van Absa, n konferensie op die UV-kampus toegespreek het. Dit is die jongste van n reeks terugslae wat Willemse die afgelope tyd getref het. Die wit skootrekenaar, met al sy markinligting op, is in die C.R. Swartouditorium gesteel terwyl hy Ramos met middagete na haar motor vergesel het. Hy het dit net ná ete agtergekom. Die bruin leersak waarin die rekenaar was, is later agter n Absa-banier gekry waar die dief dit neergesmyt het. Al my inligting was op die rekenaar, het hy aan Volksblad gesê nadat hy die leë sak gekry het. Willemse het gister sy gewilde kwartaallikse markwerksessie gehou, met Ramos as gasspreker. Boere en landboukundiges van oor die land heen woon dit by. (Berig op bl. 2.) Die rekenaardiefstal bekommer waarskynlik n hele paar boere, want hulle maak sterk staat op die professor se vooruitskouings. Die teenspoed het Willemse die afgelope tyd kwaai gery. Altesaam 30 van sy merino-ooie is op sy plaas by Brandfort gesteel en een van sy gesin se uithouritperde is deur die weerlig doodgeslaan. Ek het nou nie soveel skape soos julle nie, maar hulle het sommer 30 gesteel. Ek was hoogs ontevrede. Maar dit is die realiteit. Ons moet mekaar herinner om nie op die negatiewe goed te fokus nie. Willemse het gepraat oor die drie dinge wat die afgelope tyd met hom gebeur het. Die eerste was die brand wat naby die plaas verbygewoed het. n Ou lees en sien van brande, maar dis n anderste ding as jy dit sien en die vee uit sy pad moet kry. Toe kom haal hulle 30 van my ooie. Toe is ek al klaar ontevrede. Julle sal dit nie glo nie, maar Sondagoggend slaan die weer n perd dood op die plaas. So, ek is deur my drie moeilikhede. Dis maar hoe die landbou is. Willemse het gesê hy het nou ook vir sy skape n seinapparaat laat aansit wat n sein uitstuur as hulle beweeg. As die skaap begin beweeg, sê hy net dit lyk of die skaap wil siek word. As die skaap gaan lê, sê hy: Skaap siek. Ek het nog nie een gekry van: Skaap hol weg vir dief nie. Hy het gesê hy het die tegnologie eers ná die diefstal aangebring. Soos n goeie boer glo ek mos nie aan adviseurs nie. Hy het later met behulp van bloedhonde en spoorsnyers 20 van sy skape teruggekry. GROOT HANDELAAR EN VERSPREIDER VAN DIESELENJINS, KRAGOPWEKKERS, WATERPOMPE, KONSTRUKSIETOERUSTING EN DIESELENJINONDERDELE GESKIK VIR: ADE CASE CATERPILLAR CUMMINS DAF DEUTZ GM DETROIT GARDNER FIAT FORD HATZ HINO (TOYOTA) INTERNATIONAL ISUZU IVECO JOHN DEERE KOMATSU LEYLAND LISTER MACK MAN MASSEY FERGUSON MERCEDES MITSUBISHI NEUSS NISSAN PERKINS PETTER RENAULT (RVI) RICARDO SCANIA TATA VOLVO RICARDO YANGDONG DONG FENG SDEC Hoofkantoor: Durban tak: TEL. TEL. +27 11 870 5000 FAKS +27 11 836 0474 +27 31 700 1160 FAKS +27 31 700 1169 Kry die beste myle uit ons onderdele Vervaardigers se name, nommers, simbole en beskrywings is gebruik vir verwysingsdoeleindes alleenlik en impliseer nie dat die onderdele waarna verwys word produkte van daardie vervaardigers is nie.

2 NUUS Versekeringstelsel WWW.VOLKSBLAD.COM ) DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 VOLKSBLAD Muilbandwet ergste bedreiging ) JANA BREYTENBACH virgesondheidkóm Maakniesaakwatditkosnie,sêministerinbegrotingsrede ) LIZEL STEENKAMP KAAPSTAD. Die regering gaan n omvattende en verpligte nasionale gesondheidsorgversekeringstelsel (NGV) instel, ongeag wat dit kos. Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het die NGV gister in sy mediumtermyn-begrotingsrede in die parlement as een van die regering se kritieke prioriteite geïdentifiseer en gesê dit sal op lang termyn druk op die staatskas plaas. Die NGV is gegrond op die beginsel dat almal toegang tot primêre gesondheidsorg van gehalte moet hê, ongeag of hulle kan betaal. Dit sal verpligtend wees, hoewel daar die keuse sal wees om steeds aan n private siekefonds te behoort. Gordhan het vroeër op n mediakonferensie gesê niemand weet presies hoeveel geld is nodig om die NGV in te stel nie. Dit is in teenstelling met die syfers wat die ANC op sy hoofraadsvergadering in September in Durban bekend gemaak het onder meer dat die NGV teen 2012 R128 miljard sal kos, R267 miljard in 2020 en R367 miljard in 2025. Die minister het nogtans volgehou die regering is absoluut daartoe verbind om die NGV in te stel. Gaan belasting styg? Wel, nog nie. Voordat ons nie weet wat presies die syfers is nie, die koste en hoeveel kontantvloei per jaar oor n tydperk van 5 tot 15 jaar benodig word nie, sal dit onregverdig wees om vir Suid- Afrikaners te sê: Ja, belasting gaan styg. Hy het in dieselfde asem gesê die land móét sy belastingbasis vergroot. Hoe sneller die ekonomiese groeikoers, hoe meer private sakeondernemings sien die lig, hoe meer werk is daar en hoe meer mense kan belasting betaal. Dit is heel moontlik dat van die eise wat die NGV sal stel, deur n groter belastingbasis gedek kan word. Intussen is en bly die regering tot die NGV verbind. n Interministeriële komitee doen navorsing oor wat presies die NGV sal kos, asook oor hoeveel geld vereis word om die openbare gesondheidstelsel tegelykertyd oor n tydperk van 14 jaar reg te ruk. Dié omkeerstrategie is op staatshospitale, klinieke en tersiêre instellings gemik en sluit ook die infrastruktuur in wat vereis word om gehalte-gesondheidsorg te lewer. Gordhan het ook op die mediakonferensie uitgevaar oor die verkwisting van geld. Ons moet verhinder dat provinsies die geld wat vir gesondheidsorg en infrastruktuur bedoel is, op onbenullighede uitgee. Hy is voorts uiters bekommerd oor die R1,4 miljard wat provinsiale gesondheidsdepartemente van die tesourie ontvang het om onder meer staatshospitale op te knap, maar nie bestee het nie. Gordhan het gewaarsku ernstige ingryping is op pad. Pleks daarvan om dit aan die provinsies oor te laat, oorweeg ons dit om sekere projekte te sentraliseer en dit in Wêreldbeker-styl aan te pak. Kapings,rooftogteminderasverledejaar ) LIZEL STEENKAMP KAAPSTAD. Kapings en rooftogte by huise en sakeondernemings het van April tot Junie vanjaar met meer as 10% afgeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die polisie het ook meer as die helfte (52%) van die misdaad wat in die tweede kwartaal vanjaar aangemeld is, opgelos. Dít is n verbetering van 1,3% vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2009. Ook is by grensposte op 204 wapens, 182 voertuie en 6,9 ton dagga beslag gelê. Dié suksesse is vervat in die nasionale tesourie se mediumtermynbegrotingsraamwerk wat gister in die parlement ter tafel gelê is. Die teiken om minstens 76% van verdagtes se rekords van vorige veroordelings binne 30 dae op te stel, is egter nie gehaal nie. Die speurdienste het in die eerste ses maande van die 2009-10-boekjaar net in 66% van gevalle daarin geslaag. Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het die polisie se begroting vir die huidige boekjaar met byna n miljard rand (R973,3 miljoen) aangevul vir beter salarisse en huissubsidies vir beamptes en administratiewe personeel. Die grootste gedeelte (byna R700 miljoen) is bestem vir personeel betrokke by sigbare polisiëring, R122 miljoen vir die BBP-beskermingseenheid en R93 miljoen vir die speurdienste. Die strafregstelsel dit is die departemente van korrektiewe dienste, verdediging, justisie, polisie en die onafhanklike klagtedirektoraat se begrotings word in die huidige boekjaar in geheel met R1,8 miljard aangevul. Luidens die begrotingsraamwerk sal die polisie se begroting oor die volgende drie boekjare aansienlik aangevul word om voorsiening te maak vir meer speurders en beamptes om misdaadintelligensie in te win en om misdaadvoorkoming op plaaslike vlak te verbeter. Taktiese reaksie-eenhede wat misdaadintelligensie sal gebruik om misdaad te voorkom, gaan in die provinsies op die been gebring word om spesiale operasies uit te voer. Na raming sal die polisie teen 2015 tot 203 025 personeellede hê. Voorts sal die presidensie se spesiale ondersoekeenheid, wat hoofsaaklik op korrupsie fokus, se kapasiteit aansienlik uitgebrei word en teen 2014 uit meer as 650 ondersoekers bestaan. Intussen word die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling se begroting vir die huidige boekjaar met byna R537 miljoen aangevul, waarvan R342 miljoen bedoel is vir groter salarisse om professionele mense in die howe en staatsaanklaers te behou. Luidens die statistieke in die begrotingsraamwerk het die landdrosen streekhowe van April tot Augustus vanjaar meer as 195 000 hofsake afgehandel en is skuldigbevindings in 84% van dié sake behaal. Howe vir seksuele misdrywe het 1 534 sake afgehandel met n skuldigbevindingsyfer van bykans 68% en handelshowe 1 581 sake met n skuldigbevindingsyfer van 91%. Die beslagleggingseenheid het in dieselfde tydperk 136 sake afgehandel, hofbevele bekom om bates ter waarde van R374 miljoen te vries en het n oorhoofse sukseskoers van 96%. Dié suksesse sal buitelandse beleggers se persepsies verander en vertroue en n bereidwilligheid kweek om in Suid-Afrika te belê, lui die dokument. DIE skrywer André P. Brink het nie doekies omgedraai in die Righ2Know-optog teen die nuwe Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting nie. Hulle moet nie met die skrywers f*k nie, het hy gesê. MNR. CECIL PRETORIUS het met kettings en maskeerband standpunt ingeneem oor die beoogde onderdrukking van die vrye vloei van inligting. FOTO S: FELIX DLANGAMANDLA KAAPSTAD. Die muilbandwet, wat die regering beoog, is die grootste bedreiging vir die demokrasie, het mnr. Kader Asmal, oudminister, gister gesê. Duisende mense het in n protesoptog na die parlement hul stem dik gemaak teen die beoogde Wet op die Beskerming van Inligting en ander wette wat spraakvryheid in Suid- Afrika bedreig. Sowat 3 000 mense, onder wie joernaliste, skrywers en kerklui het ondanks n stormsterk wind aan die Right2Know-optog van Roelandstraat na die parlement deelgeneem waar n griefskrif oorhandig is. Die skrywer André P. Brink het aan die optoggangers gesê die regering is besig om Nelson Mandela se nalatenskap te verraai. Hulle het vergeet wie hulle gelei het tot waar hulle vandag sit, het Brink gesê. Indien die wetgewing goedgekeur word, raak dit almal, veral die skrywers. Hulle moet nie met die skrywers f*k nie. Verskeie geloofsleiers, onder wie aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse kerk, het saam die voorste ry gevorm. Ander bekendes was Etienne van Heerden en Max du Preez. n Versoekskrif is deur sowat 500 skrywers, 200 organisasies en Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) onderteken en saam met die griefskrif aan die regering oorhandig. Talle joernaliste en lede van die Treatment Action Campaign (TAC) was teenwoordig. Asmal het gesê dié wet is die grootste bedreiging vir demokrasie. Ek sien hierdie wet as n bedreiging vir alle demokratiese regte en dit is ons reg om te weet wat in die regering gebeur. Jan Publiek is net so bekommerd oor die voorgestelde wet. Dit veroorsaak onsekerheid in die land. n Mens weet nie wat jy mag en nie mag sê nie, wat n mens mag en nie mag doen nie en ons wil duidelikheid hê, het me. Thokozile Modonko gesê. Die griefskrif is omstreeks 13:00 deur mnr. Hennie van Vuuren (van die Right2Know-veldtog) aan mnr. Tango Lamani, operasionele hoofbestuurder van die parlement, oorhandig. DIE WEER Grondhervorming kry hupstoot ) PHILDA ESSOP KAAPSTAD. Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het in sy aansuiweringsbegroting n hupstoot van R2 miljard aan grondhervorming bewillig om 7 000 uitstaande grondeise af te handel. Nuwe modelle om nuwelingboere te ondersteun in vennootskap met die Landbank en kommersiële boere, sal bekend gestel word. Bykomende finansiering word ook voorgestel om provinsies in staat te stel om die gehalte van voorligtingsdienste aan nuwe boere te verbeter. Luidens die mediumtermyn-begrotingsverklaring was die aantal afgehandelde grondeise in die eerste helfte van die 2010-11-boekjaar, asook die totale aantal hektaar grond wat aan begunstigdes herverdeel is, aansienlik laer as wat verwag is. Dit kan toegeskryf word daaraan dat die departement gefokus het op die uitwissing van die agterstand in restitusie-eise en die herkapitalisering van plase in nood. Die beste landbougrond word volgens die begroting die meeste herverdeel. As dié grond doeltreffend en produktief gebruik Vrystaatseboersterfwreedinplaashuis ) JANA VAN DER MERWE WARDEN. n Boer is Dinsdagaand in sy plaashuis vermoor deurdat hy na bewering herhaaldelik met n skerp voorwerp gesteek is. Sy vasgebinde vrou het onbeseer daarvan afgekom, maar moes vir skok behandel word. Die slagoffer is mnr. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop naby Warden. Sy vrou, Marie (55), is deur plaaswerkers met haar hande vasgebind gekry. word, sal die beskikbaarheid van voedsel verhoog en voedselsekuriteit sal ook verbeter. Die inkomste van dié gemeenskappe sal ook verbeter. Landbou-ondersteuningsdienste het goed gevaar in die eerste ses maande van die boekjaar. Uit die geteikende 32 000 begunstigdes vir die omvattende landbou-ondersteuningsprogram, is 16 906 bereik. Dié werk is gemik op die ontwikkeling van lewendige en volhoubare landelike gemeenskappe wat tot die verskaffing van voldoende voedsel sal bydra. Produksielenings is aan 1 800 boere beskikbaar gestel as deel van die regering se finansiële skema vir nuwelingboere. Die vordering is egter stadig, omdat sommige tussengangers nog geakkrediteer moet word om dié lenings te voorsien. Die regering beplan om sy ondersteuning vir grond en landelike hervorming te verhoog om ongelykheid te laat afneem, voedselproduksie n hupstoot te gee en bystand aan nuwe boere te verleen. Die staat het die balansstaat van die Landbank met R3,5 miljard oor die volgende drie jaar versterk om beleggingsvertroue te herstel en nuwelingboere te ondersteun. Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het na bewering gister omstreeks 07:00 aan die deur van die Van Wyngaards se plaashuis geklop om hul werkgewer wakker te maak. Hulle het egter geen reaksie gekry nie. Mophiring sê die werkers het daarna deur die vensters probeer loer en Van Wyngaard geroep. Hulle het in die huis ingegaan waar hulle mev. Van Wyngaard op n rusbank gekry het. Miljoene kry leermateriaal ) PHILDA ESSOP KAAPSTAD. Bykans 7 miljoen leerlinge en 125 000 onderwysers sal aan die begin van 2011 se akademiese jaar met nuwe leermateriaal toegerus word. Leerlinge en onderwysers van gr. O tot gr. 6 sal hierdeur geraak word. Geld is ook vir die driejaar-bestedingstermyn aan provinsies beskikbaar gestel om die agterstand in skoolinfrastruktuur te verminder deur informele en onveilige skole te vervang. Benewens bykomende toekennings, is R40 miljard reeds vir onderwysinfrastruktuur beskikbaar. Hervormings aan die provinsiale infrastruktuurtoelae vir onderwys word oorweeg. Dit sal voortbou op die lesse wat uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi geleer is en aanleiding gee tot die versnelde lewering van infrastruktuur. n Vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika word voorgestel om belegging in onderwysinfrastruktuur te ondersteun. Sy was bedek met n kombers en haar hande was agter haar rug met n plastieksak vasgebind. Die werkers het haar hande losgemaak en mnr. Van Wyngaard gaan soek. Hulle het hom dood in die egpaar se slaapkamer gekry en die polisie ontbied. Volgens Mophiring is Van Wyngaard herhaaldelik met n skerp voorwerp gesteek. Mev. Van Wyngaard is na n dokter gebring waar sy vir skok behandel is. n Bedrag van R5,4 miljard gaan oor die volgende drie jaar aan provinsies verskaf word vir die beroepspesifieke bedelingsooreenkomste in onderwys. Kolleges vir verdere onderwys sal ook bykomende finansiering ontvang. n Uitgebreide beursskema word ook ondersteun. Die aantal onderwysers wat ten volle gekwalifiseer is, sal op middeltermyn verhoog word deur middel van die Funza Lushaka-beursprogram. Die departement van hoër onderwys mik daarna om meer studente en uiteindelik gegradueerdes in tegnologie, wetenskap en ingenieurswese te hê studierigtings wat kritiek is vir die ekonomiese groei waarna Suid-Afrika streef. Ofskoon die algehele inskrywings op dié vlak hoër is as wat in die 2007-beplanningsoefening geprojekteer is, is die proporsie inskrywings vir wetenskap, ingenieurswese en tegnologie laer. Dié studierigtings sal in die toekoms geprioritiseer word. Volgens Mophiring was daar geen aanduiding van n inbraak nie en is niks gesteel nie. Waardevolle items soos Van Wyngaard se beursie en selfoon was steeds in die huis. n Klag van moord word ondersoek. Gister laat was niemand nog in hegtenis geneem nie. ) Enigiemand met inligting, word versoek om die naaste polisiekantoor, of die Stop Misdaad-nommer by 08600-10111 te bel. PLUS + SMS ONS + 23 1 19 13 8 33 24 WENNOMMERS 41 25 29 11 17 21 1 Menings van lesers kan per SMS gestuur word aan 33153 (tik eers die sleutelwoord brief, gevolg deur n spasie). SMS e moet asseblief nie langer as 20 woorde wees nie. Verskafookunaam,vanenstad ofdorp.die koste is R1,50 per SMS. TOT JOU DIENS Volksblad onderskryf die gedragskode van die Suid-Afrikaanse Persombudsman wat vereis dat nuusdekking waar, akkuraat, regverdig en gebalanseerd moet wees. Indien ons na u mening hierin faal, meld dit gerus aan by Volksblad se ombudsman, Thinus Prinsloo, by 051-404-7600 (tussen 10:00 en 17:00). Laat n boodskap indien nodig. U kan ook n e-pos stuur aan tprinslo@volksblad.com, of u beswaar faks na 051-430- 6949. Die Persombudsman is beskikbaar by 011-484-3618 of ombudsman@presscouncil.org.za OUTEURSREG Geen berig, artikel of foto in hierdie koerant mag ingevolge artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg, 1987 sonder verlof van Media24 gereproduseer word nie. Gedruk en versprei deur Media24 Beperk, Nelson Mandelarylaan 79, Bloemfontein 9300. Sonop: 05:25 Son sak: 18:33 6/11 30/10 21/11 13/11 Môre: Sonnig. Saterdag: Sonnig. Die weerkantoor se inbeldiens: Bloemfontein 082 231 1633 Kimberley 082 231 1634 Vrystaat 082 231 1632 Noordwes 082 231 1631 Noord Kaap 082 231 1630 VRYSTAAT: Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie oor die sentrale dele, maar verspreid in die ooste. NOORD KAAP: Mooi weer en koel tot warm. OOS KAAP SE BINNELAND: Dit sal gedeeltelik bewolk wees oor die binneland met enkele donderbuie, maar verspreid in die noordooste. Amsterdam 6/11 Athene 15/23 Bangkok 23/31 Beijing 3/15 Berlyn 1/8 Chicago 8/16 Dublin 7/13 Hongkong 17/24 Jerusalem 15/31 Londen 10/16 Los Angeles11/28 New York 16/22 Parys 5/13 Perth 11/22 Rome 8/18 Tokio 10/14 Washington 19/23 Wene 0/8 Reënval tot dusver vir die maand: Bloemfontein (Lughawe) 11 mm Welkom 30 mm Kimberley 2 mm Gemiddelde reënval vir Oktober gemeet oor 30 jaar: Bloemfontein 46 mm Welkom 49 mm Kimberley 28 mm Mieliekrisis gaan lyke agterlaat, maan kenner ) CHARLES SMITH DIT is nou hond eet hond in die mieliebedryf en die lyke gaan langs die pad lê as die kleiner boere nou begin uitval. Dié waarskuwing het gekom op die kwartaallikse markwerksessie van prof. Johan Willemse, hoof van die Universiteit van die Vrystaat se departement landbou-ekonomie in Bloemfontein. Daar is gehoor al wat die mieliepryse in Suid- Afrika kan lig, is die Amerikaanse prys en n weerskok. Die wisselkoers gaan nie meer boere red nie, want die vooruitsig is die rand gaan sterk teen die dollar bly. Maar al is die Amerikaanse mielieprys hoog, is die plaaslike oorskot te hoog om die Safex-mielieprys betekenisvol te laat styg. Nadat Graan SA die boere gevra het om soveel as 45% minder mielies aan te plant om die mielieprys te laat styg, het die jongste aanplantings gewys die boere gaan net 9,99% minder plant. Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, het vroeër gewaarsku tot 30% van Suid-Afrika se kommersiële mielieboere kan verdwyn as die pryskrisis voortduur. Willemse het gesê die opsie dat jy as boer 30% minder gaan aanplant en hoop al die boere doen so dat hulle saam n beter prys sal kry is nie rêrig op die kaarte nie. Mnr. Josef du Plessis, n hoofbestuurslid van Graan SA van Schweizer-Reneke, het gesê Graan SA het dit duidelik gestel daar is te veel mielies in Suid-Afrika én dit is duidelik dat die mielies nêrens heen gaan nie. Daar is 7 000 boere wat mielies van 100 ton en meer produseer, maar net 2 000 van dié boere produseer altesaam 10 miljoen van die bykans 13 miljoen ton. As net die helfte van die 2 000 boere besluit om die helfte van hul mielies te koop en die helfte nie te plant nie, dan was die huidige diskonto van R300/ton (onder die Amerikaanse prys) uitgewis en selfs nog meer as R1 000/ton hoër. Almal het gedink dit was n goeie idee. Geen boer wil dit doen nie. Nou is dit hond eet hond. Nou gaan die groot honde die klein hondjies (vreet). Die lyke gaan lê langs die pad. Du Plessis het gesê die scenario vir die komende seisoen is as daar nie n goddelike ingryping kom nie, gaan hierdie uitvoerpariteit en ander uitvoerpariteit-scenario s in die volgende twee jaar te sien wees. Jy moet regkom daarmee. Die ou met n gemiddelde oes is klaar. Willemse het hierop gesê dit is die beter boer met beter opbrengste wat gaan oorleef. Jy moet beter wees as die volgende ou, jou opbrengs per hektaar moet beter wees. Die ou wat 2 ton/ha tot 4 ton/ha afhaal, is nie meer in die speletjie nie. Hoe gaan jy by 5 ton/ha uitkom? Met n baie duur John Deere. Ek oordryf, maar jy gaan alles moet reg doen om by 5 ton/ha en 6 ton/ha te kom. ) Die styging in die sonneblomprys van R2 500/ton tot R5 000/ton, het almal verbaas. Dit is veral omdat die Chinese van rys na vleis oorskakel en meer kookolie gebruik. KRYONSHIER Adres: Nelson Mandelarylaan 79 Posbus 267, Bloemfontein 9300 Webtuiste: www.volksblad.com NUUS: BLOEMFONTEIN: Tel. (051) 404-7600 Faks: (051) 430-6949 E-pos: nuus@volksblad.com WELKOM: 057-352-4297 KIMBERLEY: 053-831-2331 BETHLEHEM: 058-303-5411 KROONSTAD: 056-212-3171 UPINGTON: 054-331-3482 KURUMAN: 053-712-1472 ADVERTENSIES: Volksblad: Tel. 051-404-7600 Faks: 051-430-5250 Netads (geklassifiseerd): Tel. 051-404-7757 Faks 051-447-2940 E-pos: adverts@volksblad.com VERSPREIDING: Tolvrye navrae: 0800 100 500

VOLKSBLAD DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM NUUS 3 Voormaligehoë vankinderfonds vooroorstene JOHANNESBURG. n Voormalige uitvoerende hoof van die Nelson Mandela-kinderfonds wat 13 jaar gelede drie ongeslypte diamante van die model Naomi Campbell gekry het, het gister vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn. Mnr. Jeremy Ractliffe word van die oortreding van die Diamantwet aangekla. MNR. JEREMY RACTLIFFE gister buite die Alexandra-landdroshof waar hy verskyn het in verband met diamante wat die model Naomi Campbell in 1997 aan hom gegee het. FOTO: WERNER BEUKES, SAPA Adv. George Bizos, SC, oudpres. Nelson Mandela se gewese regsverteenwoordiger, verteenwoordig hom. Ractliffe het vroeër as trustee van die kinderfonds bedank nadat hy onthul het hy het die diamante van Campbell gekry. Campbell het in Augustus vanjaar in die verhoor van mnr. Charles Taylor(62), voormalige Liberiese diktator, in Den Haag getuig sy het drie stene wat twee bodes in 1997virhaargegeehetdievolgende dag aan Ractliffe oorhandig sodat dit die kinderfonds kon bevoordeel. Kort nadat sy getuig het, het Ractliffe die diamante aan die Valke oorhandig. Hy het gesê Campbellhetop26September1997opdie Blou Trein vir hom drie klein ongeslypte diamante gegee. As iemand in Suid-Afrika met ongeslypte diamante betrap word waarvoorhynie nlisensiehetnie, kan hy tien jaar tronkstraf kry, of met R250 000 beboet word, of albei dié strawwe kry. Die saak is tot 2 Maart uitgestel. Ractliffe is nie in aanhouding nie enisgewaarskuomdanweerindie hof te verskyn. Sapa en Retha Grobbelaar Toppresteerdersvirkoerantgesoek Skole genooi om matrieks se inligting te stuur ) KAREN EBERSOHN VOLKSBLAD is reeds kliphard aan die beplan om 2010 se uitslae vir die Vrystaatse en Noord-Kaapse matrikulante so goed en so wyd moontlik te dek. Leerlinge, ouers, vriende en familie kan weer uitsien na n spog-uitgawe wat die uitslae, nuus oor toppresteerders en topskole sal dra. Hiervoor vra Volksblad skole se samewerking om te verseker hul toppresteerders se prestasies haal die koerant. Die29 094leerlingeindieVrystaat en die 10 765 in die Noord-Kaap se uitslae sal op 6 Januarie om 06:00 saammetdieresvandielands nbekend gemaak word. Skole se samewerking word gevra om te help om aan hul toppresteerders die nodige erkenning in dié spesiale koerant te laat kry. Hiervoor moet skole wat verwag om topleerlinge te hê n kontaknommer van n verteenwoordiger wat op 5 en 6 Januarie beskikbaar gaan LINKS: Joy Molosioa (links) en Joy Jacobs van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het gister lekker buite hul koshuis gesit en leer vir vandag se vraestel in Afrikaans. FOTO: CHARL DEVENISH wees, aan Volksblad stuur. Dit kan n onderwyser of skoolhoof wees. Stuur ook die name en kontaknommers van leerlinge wat moontlik toppresteerders kan wees. Dit is slegs leerlinge wat ses of meer onderskeidings kan behaal. Al die inligting kan per e-pos na karen.ebersohn@volksblad.com gestuur word. ) Matrikulante in die Vrystaat en Noord-Kaap pak vandag die eerste van die twee Afrikaanse vraestelle in vanjaar se nasionale seniorsertifikaateksamen aan. Die vraestel in Afrikaans eerste taal, taal en begrip, word vandag geskryf. In albei provinsies is leerlinge kliphard aan die leer vir die eksamen wat Maandag begin het. Vandeesweek is die eerste een van agt weke waaroor die eksamen strek. n Moeilike paar dae lê nou voor met wiskunde wat môre en Maandag geskryf word. Volksblad het gister twee gr. 12- leerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje betrap wat vir die Afrikaanse vraestel aan t studeer was. JoyMolosioaenJoyJacobssêhulle is bly die eksamen het nou begin. Maandag op die eerste dag van die eksamen het die senuwees maar bietjie erg gepla. Maar dit behoort nou beter te gaan, sê Jacobs. Lesersmaloorprag-kalender Tweedaeoorom1ste legkaart te voltooi ) VERSLAGGEWER SOOS voorspel, vlieg Volksblad se prag-kalender vir 2011. Lesers wat dié pronkstuk gesien het, kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi en duursaam dit is nie. Dié kalender, waarin foto s verskyn deur lesers wat reeds in September aan die fotokompetisie op die Volksblad-webtuiste deelgeneem het, is teenr100by Volksblad se takke in Bloemfontein, Welkom en Kimberley, enopupington, Kroonstad, Bethlehem en Kuruman te koop. Op elke bladsy is nie minder nie assesfoto sinvolkleurenopduursame glanspapier gedruk. Dit is n ideale Kersgeskenk wat sommer n hele jaar lank groot plesier gaan verskaf. Volksblad se eie ontwerp-ateljee het die kalender saamgestel. )Die fotokompetisie op die webblad duur nog tot einde November. Lesers kan dus nog n hele maand hul beste foto s instuur. Maandeliks word vyf finaliste gekies. Die finaliste vir Oktober sal eersdaags bekend gemaak word. Nagenoeg 400 inskrywings is reeds vir Oktober ontvang. Die15finalistedringdeurtotdie eindronde waaruit drie wenners gekies gaan word. Die finaliste wen elk n fotografiekursus van Igno van Niekerk se Fotoskool. Indien hulle nie die kursus kan bywoon nie, sal hulle n stel Photoshop- DVD s ontvang. Die uiteindelike wenners kry groot pryse van Nikon en Exporama. Indienjydusnogjoufoto swilinskryf, gaan dadelik na www.volksblad.com vir die reëls en pryse. n VOORBEELD van een van die kalenderbladsye. NOG net twee dae is oor om die eerste van vier legkaarte te voltooi waarin Volksblad-lesers ontwerpersklere van altesaam R40 000 vir mans kan wen. Die Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Christiaan Erasmus, wat deesdae in Istanboel in Turkye woon en werk, in samewerking met Volksblad en Bentleys in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein, gee weekliks klere van R10 000 aan n gelukkige leserweg.dieklereisdeelvanerasmussecee-klerereeks. Die kompetisie duur vier weke. Lesers kan nog vandag en môre die plakstuk uitknip en op vandeesweek se legkaart plak. Sodradielegkaartvoltooiis,kanlesersditbyenige van Volksblad se kantore of by Bentleys indien. Die voltooide legkaart kan ook gepos word aan Volksblad, Posbus 267, Bloemfontein 9300. Lesers kan ook per SMS deelneem. SMS die vyf plakstukke se nommers na 41849. DitkosR2perSMS.WanneeraandieSMS-kompetisie deelgeneem word, is dit nie nodig om die voltooide legkaart te pos nie, maar as jy wen, moet n voltooide legkaart getoon kan word. ervaring bring wysheid Kies n betroubare versekeringsvennoot met 165 jaar se ervaring. Laat iwyze beskerm wat vir jou waardevol is jou motor, jou huis en jou persoonlike besittings. Skakel iwyze by 0860 93 94 93 of SMS Wysheid na 33920 en ons bel jou* www.iwyze.co.za doen die ongelooflike iwyze word onderskryf deur Mutual & Federal Versekeringsmaatskappy Beperk, n lid van die Old Mutual groep. Mutual & Federal en Old Mutual is Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffers. *SMS kos R1.50 Kontaksentrum ure: Maandag-Vrydag: 07:00 tot 20:00 en Sat: 08:00 tot 12:00

4 NUUS WWW.VOLKSBLAD.COM ) DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 VOLKSBLAD Afdankingskos MangaungR5m. Altesaam 15 oudwerknemers moet vergoed word NOODOEFENING: n Gesamentlike oefening deur die Vrystaatse gesondheidsdepartement se nooddienste, Suid-Afrikaanse Weermag, Suid-Afrikaanse Lugmag, Mangaung se noodreddingdsdienste, die verkeersdepartement en die departement van openbare werke en plattelandse ontwikkeling het gisteroggend in Bloemfontein heelwat aandag getrek. Helikopters is ingespan om n reeks noodontruimings van mediese personeel en burgerlikes na te boots. Helikopters het mense in harnasse van onder meer die C.R. Swart-gebou in Bloemfontein se middestad af opgehys. FOTO S: CHARL DEVENISH ) MARIETJIE GERICKE DIE Mangaung-munisipaliteit moet nou sowat R5 miljoen opdok vir die summiere afdanking in 2008 van sowat 15 amptenare wat vir senior politici by die munisipaliteit in Bloemfontein gewerk het. Dit kom nadat die bedingingsraad gister in die saak van mnr. Sebenzile Dyosida en 14 ander teen die munisipaliteit Mangaung beslis het elk van die afgedanktes moet n jaar se vergoeding kry. n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het gister die uitspraak bevestig. Die vakbond het die afgedanktes verteenwoordig. Luidens die beslissing moet alle betalings aan die 15 amptenare voor 30 November vanjaar geskied. Die salarisse van die 15 amptenare wissel van R104 844 per jaar tot R570 445 per jaar. Dié amptenare was almal politieke aanstellings in die kantore van die destydse uitvoerende burgemeester, mev. Gertrude Mothupi, die destydse speaker, mnr. Mahlomola Ralebese, asook die kantoor van die raadsweep. Mothupi en Ralebese is ná n maande lange magstryd met die destydse munisipale bestuurder, mnr. Thabo Manyoni, nou LUR vir polisie, paaie en vervoer, deur die ANC geskors en moes eindelik hul poste ontruim. Hulle het hulle later by Cope aangesluit. Hul opvolgers, mnr. Playfair Morule as uitvoerende burgemeester en mnr. Thami Stander as speaker, wou glo hul eie vertrouelinge in hul kantore aanstel en die administrasie het op grond hiervan die betrokke amptenare eers vir n maand met betaalde verlof gestuur en daarna afgedank. Die ANC-beheerde administrasie het geglo hulle is geregtig om dit te doen, omdat die amptenare se termyn gekoppel was aan die dienstermyn van hul politieke hoofde. Mnr. Milton Myolwa van Samwu sê egter die bedingingsraad het nou beslis die termyn waarna verwys word in die kontrakte is die raad se termyn wat eers volgende jaar eindig. In die lig van die onherstelbare breuk in verhoudinge en omdat plaasvervangers reeds in die poste aangestel is, is die Mangaung-munisipaliteit nou gelas om elkeen van die werkers n jaar sesalaris te betaal. Teenoor Volksblad word selfs beweer dat die afsterwe van twee van die 15 amptenare sedertdien te wyte was aan die stres en trauma wat hulle beleef het ná die skielike ontslag. Die twee oorledenes is mev. Thandi Dimande en mnr. Khatsile Masilo. Hulle het onderskeidelik in die speaker en die uitvoerende burgemeester se kantoor gewerk. Volgens die uitspraak van die bedingingsraad moet hul naasbestaandes nou deur die Mangaung-munisipaliteit vergoed word. Nog n soortgelyke saak van mnr. Keizer Samuels, n voormalige motorbestuurder van die Mangaung-munisipaliteit, wat n rukkie ná die 15 amptenare op soortgelyke wyse afgedank is, moet nog afgehandel word. ) Amptenare wat in die kantoor van die speaker gewerk het en nou n jaar se salaris moet kry, is mnr. Mojalefa Monyane, mnr. Godfrey Ganela, mev. Mpei Mokoena, mnr. Solomon Mosala, mnr. Sthembile Mbangula en mev. Bianca Moll. Hul eweknieë wat in die uitvoerende burgemeester se kantoor gewerk het, is mnr. E.J. Mbethe, mev. L.M. Titi-Odli, mnr. M. Phuphu, mnr. Sebenzile Dyosida, mnr. James van Vollenhoven, mnr. S.M. Mokoto en mev. A.L. Watkins. Amptenarevannuwe owerheiddalkafgedank? ) CATHY DLODLO DIE nuwe Vrystaatse dobbelen-drank-owerheid (VSDDO) het nog nie eens sy deure behoorlik geopen nie en personeel vrees klaar hulle kan hul werk weens herstrukturering verloor. Die Vrystaatse provinsiale regering ontken dit. Dié owerheid, wat deur die samesmelting van die voormalige provinsiale drankraad en die provinsiale dobbelraad ontstaan het, het verskeie poste geadverteer. Sommigevandiéposteisglo nie eens vakant nie en ingeligtes meen dit is n aanduiding dat dié amptenare hul werk kan verloor. Mnr. Kgotso Tau, woordvoerder van die Vrystaatse departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, sê werknemers is verniet bekommerd. Hy sê niemandgaanhulwerkweensdie samesmelting van die twee rade verloor nie. Met al die werknemers wat geraak word, is beraadslaag. Tau sê die werknemers gaan in poste ooreenstemmend met hul kwalifikasies en ondervinding geplaas word. Die owerheid het altesaam 15 poste geadverteer. Ditsluitondermeerdieposte van uitvoerende amptenaar, interne ouditbestuurder, n menslikehulpbron-administrateur en klagtebeampte in. Volgens Tau is me. Hantsi Mayeza as die waarnemende uitvoerende amptenaar aangestel sodat die owerheid intussenkanaangaanomdieagterstand in aansoeke weg te werk. Verskeie aansoeke om nuwe dranklisensies of dobbellisensies, of om hernuwing van bestaande lisensies in die Vrystaat het opgehoop toe die twee rade maande lank onaktief was. Tau sê die rade was nie aktief nie, omdat die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, injunievanjaar nwetvirdie samesmelting van die rade goedgekeur het. HysêMagashulehetdienuwe Vrystaatse Drank-en-dobbelwet op 8 Julie goedgekeur en met sy proklamasie is die VSDDO tot stand gebring. Die nuwe owerheid, wat tydelik uit kantore in Nelson Mandelarylaan in Bloemfonteinsakedoen,hetnou nraad van tien lede. Mnr. Dhilosen Pillay is as die voorsitter van die raad aangestel. Die nuwe VSDDO-raad gaan vir n termyn van drie jaar dien. Tau sê sy departement is oortuigdatdienuwewetdoeltreffender beheer en bestuur van die drank- en dobbelbedryf in die provinsie gaan verseker. Hysêdieowerheidseeerste voorkeur gaan wees om al die agterstallige aansoeke om drank- en dobbellisensies te oorweeg. Tau het die drank- en dobbelbedryf gewaarsku dat maande lange disfunksie geen verskoning is om onwettig drank te verkoop nie. Die VSDDO se voorkeur is om die agterstand met dranklisensies in te haal en daarom is die aanstelling van senior personeel hoog op die doenlysie. CIBA Pack Suid-Afrika se leier in kosverpakking, is n trotse verskaffer aan Beefmaster en stuur gelukwense met die opening van die nuwe Beefmaster Hyper Bloemfontein-tak wat vandag oopmaak. Ons wens julle alles van die beste toe!! H/v Kerk- en St. Andrewstraat Paartjie plunder glo plaashuis FRANKFORT. n Man en sy meisie het vandeesweek indiehofopaanklagtevan huisbraak en diefstal verskyn nadat hulle glo vroeër die maand n plaashuis leeggesteel het. Die skade beloop meer as R50 000. Nóg nverdagte,watook met die saak verbind word, verskyn vandag. Sers. Philani Mvuna, polisiewoordvoerder, sê mnr. Abel Mokobung(26) en me. Lisabeth Mokoena (18) se saak is tot Maandag 1 November uitgestel sodat hulle om regshulp kan aansoek doen. Die paartjie het glo alles waarop hulle hul hande kon lê van n tandeborsel tot n vuurwapen uit die huis van die plaas Krielsrust in die distrik Frankfort gesteel. Diewaardevanalleswat hulle na bewering gebuit het, beloop meer as R50 000. Die inbraak het glo tussen Donderdag 14 Oktober en Maandag 18 Oktober plaasgevind terwyl die eienaars weg was. Dietweeisop nplaasnaby in hegtenis geneem nadat speurder-ao. Thapelo Ndaba en sy span leidrade uit die gemeenskap opgevolg het. Hulle het glo selfs gesteelde matrasse en rusbankebydiepaartjieinhul huis gekry. Die derde verdagte is glo in besit van die gesteelde vuurwapen en ammunisie gekry. JanavanderMerwe

NUUS 5 VOLKSBLAD DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM Rowers se visier nou op studente Voornemende Kovsies moet gou spring Boer maak n plan Polisie waarsku ná rooftogte op drie in Bfn ) EARL COETZEE INWONERS van studentehuise is die nuutste teikens vir misdadigers in Bloemfontein. Die polisie het gister n waarskuwing uitgereik waarin hulle mense vra om op hul hoede te wees, nadat drie studente eergisteraand die slagoffers van rooftogte was. Mnr. Mohlatlego Mashapa (21), mnr. Thapelo Pholone (21) en Pholone se vriendin, wie se naam onbekend is, het in twee afsonderlike voorvalle onder rooftogte deurgeloop. Mashapa, n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat, is kort ná 17:00 in n studentehuis in Donald Murraystraat, Parkwes, deur drie rowers oorval. Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê n vrou het glo aan die deur geklop en gesê sy is op soek na ene Piet. Toe Mashapa die deur oopmaak, het twee mans ingestorm en hom met n skroewedraaier aangehou. Hulle het sy selfoon en skootrekenaar gebuit voordat hulle gevlug het. Die waarde van die gesteelde goedere is R8 000. Later die aand is Pholone en sy vriendin in die oprit van sy studentehuis in Du Preezstraat, Brandwag, gekaap en beroof. Hulle het blykbaar in Pholone se Mazda-sedan gesit toe vier mans hulle nader en n vuurwapen op hulle rig. Die mans het hul selfone geëis voordat hulle uit die motor gedwing is. Die rowers het toe in die motor weggejaag. Wrensch sê studente moet versigtig wees om nie hul deure vir enigeen oop te maak nie en eers besoekers se identeiteit te bevestig. Mense wat beweer hulle is van n maatskappy wat toerusting installeer of herstelwerk doen, moet n identeitskaart toon. Sy waarsku ook studente om nie voor huise te parkeer nie en eerder in hul huise se erwe te ry en bedag te wees op mense wat buite huise rondhang. PLAASWERKERS van mnr. Uys van Heerden van Odendaalsrus het die week die gemors net buite die dorp by die ou Freddie s-gholfklub gaan skoonmaak. Van Heerden en sy vrou, Maranda, ry elke dag verby die vullis op pad na hul plaas. Ons het besluit genoeg is genoeg. Mense stort enige vullis, van bourommel tot huishoudelike afval, daar. Niemand gee blykbaar om nie. Hy doen n beroep op die munisipaliteit om teen die eienaar van die grond op te tree. Die Freddie s-gholfklub was jare gelede n spogplek waar sportlui van oor die Goudveld heen bymekaargekom het. FOTO: MARISA PHILLIPS Hoë sit tuis, maar kry steeds vet salaris ) CATHY DLODLO TIENER VERMIS: Peet Pieters (17), n inwoner van die Bloemfontein-kinderhuis in Willows, word sedert 10 Oktober vermis. Enigiemand met inligting oor Peet, of wat hom gewaar het, word gevra om ao. Anton Bowman van die Parkwegpolisiekantoor by 083-6098860 te bel. DIE uitvoerende hoofamptenaar van die Vrystaatse tesourie is al sowat ses maande nie op kantoor nie, maar verdien strykdeur sy maandelikse salaris. As departementshoof beloop dr. Eugene Mokeyane se salaris sowat R108 000 per maand of R1,3 miljoen per jaar. Mokeyane is vroeër geskors nadat hy en n voormalige finansiële hoofamptenaar van n ander departement in n vuisgeveg betrokke was. Luidens dokumente is me. Nomveliso Mkiva van 6 Mei vanjaar tot verdere kennisgewing tydelik in sy plek aangestel. Sy is nou verantwoordelik vir haar eie pligte as n senior uitvoerende amptenaar en vir Mokeyane se werk. Inligting oor die tydelike aanstelling kom nadat mnr. Mojalefa Mphapang, waarnemende kommunikasiehoof van die tesourie, sowat n maand gelede op Volksblad se navrae oor Mokeyane se afwesigheid gesê het hy is met siekteverlof. Hy wou nie bevestig dat Mokeyane al maande lank afwesig is nie. n Ondersoek hierna het laat blyk dat Mokeyane reeds van April vanjaar nie op kantoor is nie. Hy het volgens anonieme ingeligtes ook nie om siekte- of gewone verlof aansoek gedoen nie, terwyl hy steeds sy salaris ontvang. Volgens Mphapang het Mokeyane om ongeskiktheidsverlof aansoek gedoen. Amptenare kan hiervoor kwalifiseer indien hul normale siekteverlof uitgeput is. Dié verlof is egter onderhewig aan goedkeuring. Mphapang het bevestig Mokeyane is steeds nie terug by die werk nie en dat hy steeds sy salaris ontvang. ) Hy was in Februarie in die nuus toe hy en die voormalige finansiële hoofamptenaar van die departement van openbare werke en landelike ontwikkeling, mnr. Jako Liebenberg, in n vuisgeveg betrokke was. VOORNEMENDE studente wat in 2011 aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) wil studeer, moet gou spring. Me. Lacea Loader, UV-woordvoerder, sê in n verklaring aansoeke om aan die UV te studeer sluit op 30 November. Voorlopige toelating sal verleen kan word op grond van huidige leerlinge se jongste gr. 12-uitslae. Finale toelating geskied ná die ontvangs van die finale gr. 12-uitslae vroeg in Januarie 2011, het Loader gesê. Voornemende studente kan aansoekvorms op die UV-webtuiste kry, of dit by die inligtingskantoor by die Thakanengbrug-studentesentrum op die kampus afhaal. Nuwe eerstejaars word op 14 en 15 Januarie deur die UV-rektor, prof. Jonathan Jansen, op die kampus verwelkom. Senior studente, voorgraads en nagraads, kan hulle van 1 November tot 4 Januarie 2011 aanlyn vir studie in 2011 registreer. Die UV moedig senior studente aan om hulle aanlyn te registreer. Altesaam 20 skootrekenaars kan deur suksesvolle aanlyn-aansoekers gewen word. Vrou getuig huilend hoe sy man se lyk aan sy hare, klere moes uitken ) MIKE VAN ROOYEN IN n dag vol emosie het n vrou in die Vrystaatse hooggeregshof in trane getuig hoe sy haar man, wat 13 maande vermis was, se lyk aan sy hare en klere uitgeken het omdat sy gesig reeds te erg ontbind was. Kort daarna het een van haar man, Majid (30), se vermeende moordenaars, mnr. Shahid Saeed (39), uit die beskuldigdebank met mev. Zainub Saleem van Kaapstad gesimpatiseer, maar ook gesê hy weet niks van haar man se dood nie. Hy het dit voor regter M.H. Rampai gestel dat hy en ses medebeskuldigdes ook ly, omdat hulle hul vrouens en kinders in Pakistan lanklaas gesien het. Hulle is reeds drie jaar in aanhouding. Hy het nog net foto s van sy kind gesien en met hom oor die telefoon gepraat. Saleem het getuig hoe sy na Johannesburg en Clocolan is om haar man te soek, nadat hy en nog drie mans in 2007 verdwyn het. Totdat die vier se lyke in Desember 2008 op Clocolan opgegrawe is, het sy vir 13 maande nie geweet of hy nog leef nie. Sy kon nie eet of slaap nie en moes medisyne gebruik. Ek kan nie verduidelik wat ek deurgemaak het nie. Ek het byna my onderneming verloor. Sy het gesê Saeed kla omdat hy sy kind nie gesien het nie, maar ons geliefdes is van ons weggevat. Sy het gesê sy wil berusting hê en sal berus by die beslissing van die hof. Ek probeer sterk wees. God is aan my kant. Sy het getuig hoe haar man op 7 November 2007 vir sake na Johannesburg gevlieg het. Dae later het sy met hom gepraat toe hy op Clocolan was. Sy het nooit weer van hom gehoor nie. Sy het vertel hoe sy, vriende en familie van die ander oorledenes na die vier vermiste mans gaan soek het en op Clocolan met twee van die beskuldigdes, mnre. Ali Mazhir en Ali Tanveer, gepraat het. Hulle het nie vir haar inligting gegee nie. Hulle en n ander man is in haar teenwoordigheid deur die polisie op Clocolan in hegtenis geneem. In n huis in Andries Pretoriusstraat op die dorp het sy dokumente gesien waarop die naam van mnr. Ejaz Ahmed, n beskuldigde, was. Haar man het vroeër ook vir haar die name van Saeed en Saleem Qurashi, ook beskuldigdes, genoem. Mnre. Farham Ullah en Shabir Gullam staan saam met bogenoemde beskuldigdes op 15 aanklagte, onder meer van vyf moorde, twee ontvoerings en twee rooftogte met verswarende omstandighede, tereg. Nie almal is op al die aanklagte aangekla nie. Die verhoor duur voort.

8 HOOFARTIKELBLAD WWW.VOLKSBLAD.COM ) DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 VOLKSBLAD Gordhansevinger op nteerpunt TUSSEN al die syfers, persentasies, ekonomiese vooruitskattings en miljoene ekstra rande wat links en regs toegeken word, het mnr. Pravin Gordhan in sy toespraak oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk gister sy vinger op n teer punt gedruk. Hy het gesê vermorsing en ondoeltreffendhede in ander dele van die regering sal verminder moet word. Ek sou dink julle sal daarvoor applous gee, het hy gesê toe hy sien sy mede-parlementslede sit vir n sekonde of twee verstar. Die tesourie en die belastinggaarder het oor die afgelope dekade of wat n reputasie van doeltreffendheid opgebou, maar dis nou die beurt van die res van die regering om korrupsie en bedrog uit te skakel, en te sorg dat eerlike burgers en verantwoordelike belastingbetalers waarde vir hul geld kry. Gordhan het moeite gedoen om erkenning te gee aan die mense wat regtig hierdie land aan die gang hou pligsgetroue belastingbetalers. Hy het ons daarvoor bedank, en gewys op die verbetering van 18% teenoor n jaar gelede in die mate waartoe mense hul belastingverpligtinge nakom, en dit boonop ondanks n ekonomie wat maar mankoliekig uit die wegspringblokke kom ná verlede jaar se resessie. Die sterk klem op groter monitering van staatstenderprosedures om tenderbedrog uit te roei, en die plan vir n meer deursigtige tenderproses, word verwelkom. Maar soos wat Gordhan sal weet, is die maklikste deel van sy werk om die toespraak te lewer. Nou is dit tyd vir werk. Wat pla, is die min besonderhede oor presies watter opofferings van die regering, sakesektor, arbeid en die publiek vereis gaan word om die reuse-werkskeppingsplan vir die volgende dekade te laat werk, waaroor eergister so n bohaai gemaak is tydens mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, se groeiplan-voorlegging. As dit n aanduiding is van n volgehoue wisselvalligheid oor ekonomiese beleid, moet dit gou uitgeklaar word sodat sakelui ordentlik kan beplan. Betaal dubbel vir veiligheid BAIE Suid-Afrikaners betaal dubbel vir hul eie veiligheid. Aan die een kant betaal jy belasting. Terselfdertyd is daar baie wat ook opdok vir alarmstelsels, reaksiemagte en veiligheidswagte om hulle te beskerm. Die omvang van dié dubbele uitgawe word weerspieël in die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) se onlangse jaarverslag. Daarvolgens is daar in Suid-Afrika drie private wagte vir elke polisielid. Volksblad salueer die manne en vroue in blou wat hul werk getrou doen. Die realiteit is egter dat daar selfs gróter druk op die polisie is om doeltreffend te wees weens korrupte beamptes, n gebrek aan hulpbronne en BLIK VAN BUITE ontoereikende opleiding. Laasgenoemde is onlangs weer bevestig deur die polisie se erkenning dat een uit elke vier speurders nié opgelei is vir die taak nie. Om te betaal vir n diens wat nie gelewer word nie, laat n bitter smaak. Om ekstra op te dok vir daardie diens plaas groot geldelike druk op mense en kan tot belastingterughouding lei. Dan praat n mens nog nie eens van die grootste deel van die bevolking wat private dienste nie kan bekostig nie. Die regering sal die volle impak eers begryp die dag wanneer Suid-Afrikaners op hul stilste en kragtigste manier protesteer deur die trek van n kruisie op n stembrief. Soap devalues COPE ANOTHER week, another COPE soapie. Barely a week after removing deputy leader Mbhazima Shilowa as COPE s chief whip in Parliament, leader Mosiuoa Lekota has suspended him from the party. Lekota and Shilowa must THE CITIZEN surely realise that the longer they continue to fight, the more damage they do to the COPE brand. Soon there ll be nothing worth fighting for. The Citizen, October 27, 2010 Neemditnieligtelikop Waaromdansobangvirdielig,dr.Cwele DIS nie vir my n maklike ding nie, hoewel ek jare gelede as navorsing vir n berig oor die anatomie van n toi-toi-betoging n paar kilometer in Polokwane saam met die skare die politieke dans van ons tyd gedoen het. Jy moet nogal fiks wees. Die optog gister na die parlement is deel van die Right2Know-veldtog van die Koalisie vir Vryheid van Spraak en die SA Nasionale Redakteursforum. Dit gaan oor die Wet op die Beskerming van Inligting en ander wette wat spraakvryheid bedreig. Die veldtog kom met dié waarskuwing: As die wet aanvaar word, kan jy25jaartronkstrafkryvirditwaarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies moes sit. Moet dit nie ligtelik opneem nie. Wathetmylaatbesluitommylugversorgde kantoor vir die strate te verlaat? Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, het my finaal oortuig. Uit verskeie gesprekke met ANCleiers oor die wette was my indruk dat koelkoppe sal oorheers en dat die wette nie die lig sal sien nie. Tot op diehoogstevlakisselfserkendatdit ongrondwetlik is. Anders as wat baie mense dink, is dieancnienet ngroepdommense watmagsbehepisenomelkehoeken draai geld probeer steel nie. Daar is n groep hoogs intelligente leiers met integriteit wat respek afdwing. Hulle is ook onrustig oor die wette, maar erken die gepeupel soek bloed. Die gepeupel se bloedlus word natuurlik deur die populiste aangewakker, omdat dit is wat populiste doen. Te dikwels word van die intelligente leiers se uitsprake en toesprake geïgnoreer omdat hulle nie so hard praat nie. Dikwels word hulle aan een aanhaling buite konteks opgehang en word die debat verskraal tot oppervlakkige beledigings. Hierdie gebruik om iemand aan een aanhalingoptehangisself nbedreiging vir spraakvryheid. Wat my by Cwele terugbring. Dis maklik om hom aan enige van sy eie aanhalings verlede week in die parlement op te hang, maar ek wil eerder hom probeer oortuig dat hy verkeerdiswanneerhysêdiemedia is nie bevoeg om te bepaal wat om met sensitiewe staatsinligting te doen nie, en indien sulke inligting bewyseoorkorrupsie soosdiewapenskandaal bevat, is die polisie in die beste posisie om die kwessie te hanteer. En dan sy juweel: Ek het nog nie gehoor van die media wat misdaad ondersoek of iemand hof toe neem nie. Die polisie doen dit tensy julle glo die ANC-regering is inherent korrup. Dis die regering wat korrupsie ontbloot, nie die media nie. Hy het dit ongelukkig kwytgeraak terwyl ek besig is om die ondersoekende joernalis Adriaan Basson se indrukwekkende boek, Finish & Klaar, oor die val van Jackie finish en klaar Selebi te lees. Cweleisegterookdeelsreg.Netsekere koerante het die luukse om mense weke lank aan ondersoeke af te staan en hulle daarna maande lank in howe te laat sit. Daar is ander bronne, fluitjieblasers, ensovoorts. Die man wat die vorige kommissaris van polisie tot n val gebring het, is Paul O Sullivan, voormalige hoof van sekerheid op die O.R. Tambolughawe.Hykonegteropsyeienooit die polisiehoof in die tronk gekry het nie. Dít is wat die media so goed doen, dr. Cwele. Ons plaas ernstige aantygings in die kollig omdat sulke individue makliker as ons geïntimideer, aangerand en selfs vermoor kan word. Ons is nederig oor die vertroue van die publiek en trots daarop dat individue hul vertroue in ons stel. U sê die regering ontbloot korrupsie. Waarom het baie van die getuienis wat teen Selebi ingesamel is, die weg dan na hom toe gevind? Waarom het die regering alles gedoenwathykonomhierdieboef,wat ook hoof van Interpol was, tot die laaste toe te beskerm? Ek dink u voorbeeld van die wapenskandaal is verregaande. Dus, dr. Cwele, ons plaas ook u stomp uitlatings in die kollig, al dink ons dikwels dis absurd. In die kollig word hulle deur die openbare mening rondgerol, deur kundiges ontleed en met forensiese getuienis aangevul sodat die waarheidsbalans vasgestel kan word. As u dink die lig wat ons vashou, is maar n flouerige flits, waarom is u dan so bang vir ons? )Die skrywer is n senior assistentredakteur van Die Burger. Diestemmevan n Vrystaatseplaas weet die honde hulle is honde, vra my laaitie as ons PAPPA, vroegmôre deur die veld stap. Die terriërs, Pistool en Gannas, snuffel al om ons tussen die graspolle en garingbome rond. Hulgesigteiswoesvuilvandie grouery agter die meerkatte aan. Vooronsdoem nmiershoopop n Fort van die Bose Gras. My kierie sink diep in die miershoop in. Termiete wemel wit en kwesbaar as die kors oopbreek. Alwyn tel een van die termiete op. In my hand is die swaar olienhoutkierie wat ek by Dingaan gekry het toe ons op Zeekoegat, Rouxville, aangekom het. Die kierie is om n lammer na symatekeer,nasporeindiesand te wys en n fossiel of mooi klip uit die grond te woel. n Droë wind staan op soos n vlakhaas in die veld. Onsloophuistoe.Paenseunis vir n week alleen op die plaas. Op Dingaan se gesig was daar tekens van n diep worsteling. Die oorsaak het my onkant gevang. Sy vermoorde dogter, Sindiswa (19), het sy vrou, Mosalanja, snags in haar onderbewussyn begin besoek. Sy is Oukersaand deur haar vriend, Paulos Masiu, doodgeskiet. Hy het homself geskiet. By hom, haar pa, het sy eers weggebly. Maar nou het sy gekom. Sykomtotbydiedeur,Thabiso. Sy het die wit laken aan van die begrafnis. Dan hoor ek drie skote. Drie skote, Thabiso! Middagetes eet ek en Alwyn op Mispa waar hy by oupa Hendrik en ouma Grietje inloer. As die son sak, drink ons ons tee in die huis met die plankvloere. Diehuisisvanjaar104jaaroud. My oupagrootjie, Hendrik Johannes, het dit gebou nadat hy van Ceylon teruggekeer het. Ek wys vir Alwyn die fondament van die ou Voortrekkerhuis wat die Kakies afgebrand het. Hy staan waar die Tommies moes staan. Teen die muur is die foto van my oumagrootjie, Emily Elizabeth Smith(née Fouché). Dis deur haar wat Alwyn se naam kom. Háár ma, Emily Elizabeth Harbin van Somerset, Engeland, is met Francois Alwyn Fouché van Altyd en nooit is twee woorde wat n mens altyd moet onthou om nooit te gebruik nie. WENDELL JOHNSON die plaas Swartfontein, Zastron, getroud. Haar pa was n Engelse magistraat in Matatiele. Op pad na Matatiele slaan die ossewa in Ongeluksnek om. Die ma is opslag dood, maar in haar arms was die babadogtertjie, haar vierde kind en naamgenoot, ongedeerd en veilig. OumaEmilyhetgevradathaar tweede seun (wat die Fouché-name moes kry) die naam Harbin moet bykry ter ere van haar Engelse ma wat haar met haar lyf teen die dood beskerm het. Oupa Frans van Zeekoegat was die eerste Francois Alwyn Harbin (F.A.H.) Smith. Oupa Frans en ouma Martie se seun, Fransie, is op 10 dood aan polionadathyindiéhuissiekgeword het en hier begrawe is. Oupa Frans sou vanjaar 100 word. Hier sit die vierde geslag Alwyn Harbin Smith (4) en kyk na die portrette. Sy nefie, Harbin (1), in Kaapstad, n seun van n Francois Alwyn Harbin, dra ook dié naam metsymooistoriewatinonsgene vasgelê is. EkenAlwynkruipsaansinoupa Frans en ouma Martie se bed. Ekruikdiemiershoopinsyhare.Hylaginsyslaapvandieweggooilam wat op sy skoot in die bakkie sit en aan sy vinger suig. Dié naweek is ons weer op die plaas. Xolani (3), die weeskind, word siek. Sy lyf en gesig is dik geswel. Marleen ry met hom na die hospitaal op Aliwal-Noord. Dis nallergieensykryallergex. L., die swanger dogter, ry saam. Sy het R200 van die eks-boyfriend gekry vir die (ongehude) baba waarmee sy babaklere wil koop. Die baba kom Oukersaand. Dis presies n jaar ná haar sussie se dood. Dingaan kom wys Xolani die middag. Hy s perdfris. Dan sê hy Sindiswa was weer by hom. Sy huil, Thabiso. Sy sê sy het n gat hier aan die kant. Sy kry koud. Sy huil oor Xolani. Hy lees sy Bybel, sê hy. Maar die vrae bly maal. Hy sal moet n skaap slag en sy bloed laat vloei in die sand waar sy dood is. Ek bid dat Alwyn oop sal wees vir al Zeekoegat se stemme. Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade. JAKOBUS 4:6 Web-kommentaar n Godsdiens vir die hele wêreld? ) Hierdie debat kan geen doel dien nie. Die punt is dat Christus die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Chris ) Lagwekkend! Net nog n klomp heppie kleppies wat dink dat hulle en hulle alleen die waarheid beet het. En daarby is hulle n spul fundamentalistiese fanatici wat uiters verwronge idees oor die aarde en die heelal en die ontstaan en ontwikkeling van lewe het en dit in ander mense se kele wil afdwing. En hulle idees oor n verskeidenheid sosiale verskynsels soos aborsie en die sonde van homoseksualisme is nie net skeef en verkeerd nie, maar myns insiens gevaarlik. Maar veral snoer hierdie mense nie saam nie hulle verdeel, hulle skep spanning en onmin in en met ander kerke, selfs in hul eie families. TH ) Ek is n Christen en mal daaroor. My lewe het nog nooit soveel sin gemaak nie. Om opregte Christenskap uit te leef is die enigste hoop vir ons stukkende wereld. Noem my maar wat julle wil, maar ek en my huis sal die Here dien. Voor Hom sal elke knie nog buig en elke tong getuig dat Jesus die Christus is. Hy het tog vir ons almal gesterf. Hatte www.volksblad.com Dominee laat waaimetsy middelvinger Ek wil graag my dank uitspreek teenoor my NG Kerk-dominee van weleer vir die inspirerende wyse waarmee hy gisteraand (Sondagaand)moeitegedoenhetommyvrou en kinders die dieper betekenis van die middelvinger te leer. My arme vrouisnounoginskokensuikerwater het nie gewerk nie, ek het toe maar whisky gebruik. Dit het nie gewerk vir haar skok nie,maartenminstehetditdingevir my makliker gemaak toe ek haar na ligte-af getroos het nogmaals dankie, Dominee. My ou enigste het Sondagaand gou winkeltoegerytoesyindieverkeer vooruingesny het. Natuurlik het sy te vinnig gery sy doen altyd! Maar sy vat nie onnodige kanse nie, eintlik bestuur sy baie goed. Ek is dus verbaas dat u reaksie so heftig was. Volgens haar en my jongste seun (wat terloops deur u eie hande gedoop is!) het u u middelvinger vreeslikrondgeswaaiin npogingomuafkeer ten toon te stel. Dit het geslaag. My seun glo nou dat as die dominee sy vinger kan gebruik,kanenigeiemand.ekisnogal bekommerd oor wat sy juffrou vandag gaan ervaar, maar ek sal maar bid daaroor. Dis verstaanbaar dat enigiemand kan kwaad word, selfs dominees. Gits, ek het self laasweek my hande in die lug moes gooi toe n antie met n wit Mazda 626 bo-oor die vierrigtingstopry,selfoonopdieoorensalig onbewus van my wat al begin wegtrekhet!ekhetselfsvir nnanosekonde oorweeg om haar agterna te sit en uit te skel, maar gelukkig het eknie.mymiddelvingerwasooknie geïsoleerd in enige stadium van ons woordelose kommunikasie nie. Dominee, ek gaan nie jou naam hiernoemnie,wantjyisbaiebekend JOU MENING BRIEWE, POSBUS 267, BLOEMFONTEIN 9300 BRIEWE@VOLKSBLAD.COM ) FAKS: 051 430 6949 enekweetjyleesvolksblad.maarek gaan n broederlike vermaning en n lewensles in jou rigting gooi. Neem dit ter harte. As vrouens voor jou inry, moenie vloek of skel nie; gooi jou hande in die lug en bid vir hulle. Die middelvinger, en joune as dominee veral, is nie n beskaafde vorm van kommunikasie nie. En nou vir die lewensles, Dominee. Die antwoord is? Wag vir dit. Wag vir dit... Whisky. Whisky vat jou stres weg, verlaag joubloeddrukenkansop nhartaanval en ek is reeds so bekommerd oor jou hart vandag! Moet assebloublief tog net nie bestuur nadat u n sopie geneem het nie. Ons wil nie van u lees in die koerant nie. Prof. Deon Visser Bloemfontein Pacofs en die gratis kaartjies Die berig, Pacofs verdoem in verslag van OG (23/10/2010) verwys. Ekkomuitdieerawaaronsasskoliere in die massakoor deelgeneem het op die opening van die Sand du Plessisteater in 1985. Ek onthou die vertonings wat ons gaan kyk het, waaronder, Nabucco, Aida, Sound of Music,FiddlerontheRoofenLaTraviata. Ek onthou die streng reëls rondom teateretiket en hoe bang ons was om laat op te daag vir n vertoning. Jare later probeer ek my kinders dieselfde teateretiket leer. Dit is egter baie moeiliker, want Pacofs maakditwerklikmoeilikvironsom kaartjies te bekom vandat kaartjies net by die kantore verkoop word en nie meer by Izami-bloemiste, volgensmykennis,nie.ditraakverder moeilik, want al koop ons baie kaartjies vir die Volksblad-kunstefeesvertonings, word geeneen van die vertonings in die Sand du Plessis-teater aangebied nie. OnskyknaCasperin nskoolsaal. So nou en dan kom ons wel in die Sand teen R180 per persoon. Met die Macufe-vieringe het ek my huishulp geneem om na n vertoning te gaan kyk.ekhethaarvoorafbaiemooiingelig rondom die gebruik van selfone indieteaterenhoesyopdiekaartjie moet lees i.v.m. die deur en sitplek -nommer. Ekhetgeryomdiekaartjiesvirdie vertoning te koop, maar is op pad daarheen deur haar ingelig, dat die spesifieke vertoning in die Sand du Plessis-teater gratis aangebied word. Nodeloos om te sê, weet sy steeds nie hoe die kaartjie, deur en sitpleknommer werk nie, maar sy het die gratis vertoning baie geniet. Niemand kon presies sê hoe laat die vertoning begin of klaarmaak nie, maar sy het vyf uur nadat ek haar afgelaai het veilig en opgewonde tuisgekom. Ek wonder net, waarom is Pacofs dan in finansiële moeilikheid as dit sogoedmetmacufegaandatsitplekke so goedkoop of gratis weggegee kan word? Gewese Teaterganger Bloemfontein Wat pla dié leser so vreeslik? Die brief van Griffel van Bloemfontein, Met moraliteit kom alles reg (18/10/2010), verwys. Wat is dit wat diélesersopladathyaanhalingsuit die Bybel as hoogdawerend beskou? Hy skryf voorts dat dit nie saak maak watter geloof of kerk jy aanhangnie,solankjynetmoreelreglewe. Daar is net één geloof wat saak maak en dit is die geloof in God die Vader,SySeunJesusChristusendie Heilige Gees. Dit is die geloof wat aangehang moet word en uitgedra moet word sodat mense wat nog nie daarvan weet nie, kan hóór, glo en gered kan word. En sodoende die Ewige Lewe kan beërwe,soosgodditindiebybelaan Sy volgelinge belowe het. Dit is waarom Christene soos Frikkie Koen (Web-kommentaar, 20/10/2010) deelneem aan hierdie briewe-debat, nie om veroordelend, prekerig of hoogdrawend te klink nie, maar om miskien net miskien, n saadjie te saai in die hart van n ongelowige. En dat daardie persoon op die ou end ook die Lig sal sien deur God se groot genade. Saadjie Bloemfontein Sluit dan eerder dié sentrums Ek tso nrukkieterugopdieinternet gelees van kindertjies wat by dagsorgsentrums sterf of met blou merkeenkollebyhulhuiseaankom. Ja, ek weet alle dagsorgsentrums is nie so nie en ek sal ook nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Maar wat verkeerd is, bly verkeerd. Ek oordeel glad nie, want ek glo niedaaraanomteoordeelnie.ekwil net vir die vra wat nie kans sien om regtig na kinders te kyk nie, om eerder die deure van so n dagsorgsentrum te sluit. My hart gaan uit na al die ouers daar buite wat n kindjie aan die dood moes afstaan en die wie se kinders mishandel word. Ekkannetsêdatassoietsmetmy vyf maande oue seuntjie moes gebeur,soueksekermaakdaardiedagsorgsentrum bestaan dan nie meer nie. Ek weet ook net dat ons almal die dag voor ons Hemelse Vader gaan staanenekgaanrekenskapmoetgee oor dié brief en dit wat ek mag gedoen en gesê het. En dan gaan die persoon wat dit doen aan sulke onskuldige engelkinders, aan God moet verduidelik. Want alle kindertjies is God se eiendom en diamante. Ek weet dis verkeerd, maar ek het geen simpatie nie met die dagsorgsentrums wat hul skuldig maak aan diedingeenwiesedeuretoegemaak salwordendandiestrafvangodkry wat na hul kant toe sal kom. Moetnieonsasmensvreesnie,begin regtig ons Hemelse Vader te vrees! Mev. A. Carstens Noord-Kaap Renjaers jaag langs wonings Saterdag 23 Oktober hoor ek die magtig dreuning en sien net stofwolke! Ek wou net die kunsmis op my gras begin strooi en dog die groot weer en reën is uiteindelik by ons...toekomekagter diekapvandie byl: n Klomp veelkleurige verskriklike lawaaierige voertuie jaag met verbysterende spoed hier reg op ons deurstoep verby, heen en weer, so dat jy net sien stofwolke staan. Ek word amper opgewonde en dinknoukryonsinwonersvanlangenhovenpark wat hier op die buitekant woon n gratis deklaag grond vir ons nuwe grassies, maar ai, die lawaai! Dit regverdig dit nie. Dit is nou alles goed en wel dat sommige mense die renjaers so geniet,maarekwil netgraagweet:wie keur die wedren en spesifiek die roetes goed wat die voertuie volg? Die renjaers het reg langs die wonings in die woongebied gejaag en nodeloos omtesêdatdielawaaienstof onuithoudbaar was. Alhoewel ek nie wetsgeleerd is nie, sêmygesondeverstandvirmyditis nie toelaatbaar en wettig vir hierdie motors en tipe van tydrenne, om so digby n woongebied gehou te word nie. Langenhovenpark is seker een van die saligste woonbuurte om in te woon, maar geen saligheid, rus en vredewasonsgegunopdiésaterdag nie.ditisalsteurendgenoegdatons rustigheid daagliks so versteur word deur die quad -motorfietse en scramblers wat daar op en af jaag en ons rus verstoor. Mag die verkeerspolisie hulle ook tog weer vir n slag vasvat. Wat Human Auto se tydren betref: Ek hoop regtig daar sal indien so n tydren weer beplan word, beter gekyk word na die roetes. Verstoord Langenhovenpark, Bloemfontein Woolworths en Loslyf Ek stem heelhartig saam met die beswaarmakers weens die ondeurdagte handeling van Woolworths om Christelike tydskrifte van die rakke te wou haal. Heelwat beswaarmakers het die spyker op die kop geslaan met die stelling dat Woolworths nie moet diskrimineer teen enige groeperings nie en beslis ook nie teen Christene nie. Hulle reken Woolworths moet die tydskrifte op die rakke plaas en dat dit dan elke individu se besluit is of hy/sy dit wil aankoop of nie. Ek ondersteun hierdie stelling heelhartig. Nie-Christene hoef mos nie die tydskrifte te koop nie. Soortgelyk boikot ek al jare lank Woolworths omdat hulle nie die Loslyf op hul rakke aanhou nie. Hierdie selektiewe diskriminasie teen sekere groeperings moet gestaak word. Ironies dat Loslyf nie deur Woolworths verkoop word nie omdat n sekere groepering dreig met boikot-aksies as dit wel gedoen word... Vryheid van keuse Welkom

ROLTRAPPE NA NUWE WINKEL 2 DE VLOER - ONDER DAK GESKENKE ROLTRAP NA GRONDVLOER VISVANG ROLTRAP VANAF -HOOFTAK GRONDVLAK EN EERSTE VLOER (ONDER DAK) KLANK, KASSIERE PORTABLES EN FONE KAMARAS BRAAI-AFDELING BEDAFDELING MTN SKOON CD s TV-AFDELING REKENAARS EN BYBEHORE MEUBELAFDELING UITGANG NA PARKEERAREA 2DE VLOER BRUIN PILARE 2 TWEEDE VLOER PARKEERAREA KLEURTABEL KELDER UG VLAK GRONDVLOER-PARKERING M2 VLAK 1STE VLAK 1STE VLOERPARKERING M1 VLAK LG VLAK 1DE VLAK 2ED VLOERPARKERING M3 VLAK Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir foute of weglatings nie WINKELURE: MA.-VR. 08:30-17:30 EN SATERDAE 08:30-14:30 ONS LEWER TEEN BAIE BILLIKE TARIEWE AF IN DIE HELE VRYSTAAT EN NOORD-KAAP aftree-ouderdom van 60 tot 62, reageer die Britte flegmaties. Waar die Franse by wyse van spreke eis dat Madame Guillotine weer op die Place de la Bastille opgerig en pres. Nicolas Sarkozy haar eerste kliënt moet word, hoor jy byna geen piep van die Britte nie. Korreksie: Daar wás n protesbetoging in Londen waar n paar honderd mense opgedaag het. Dit was enkelkolom-beriggies in die kwaliteitskoerante werd. Dis nie dat die Britte geen militante protesverlede het nie. In die jare sestig tot vroeë tagtig, toe Brittanje deur die Arbeiderregerings van mnre. Harold Wil- VUURWAPENAFDELING Leopold Scholtz son en James Callaghan oorheers is, het die vakbonde n Nelsongreep op die politiek gehad en die land dikwels byna tot op die randjie van die afgrond gestaak. Dit het die ysterhand van mev. Margaret Thatcher in die tagtigs gekos om die vakbonde te breek. Sedertdien is stakings deur wetlike beperkings nie alleen aansienlik moeiliker nie, maar sosiaal veel minder aanvaarbaar. Die fokus van koerantberigte oor stakings is nie soseer die beweerde onreg waarteen gestaak word nie, maar die ontwrigting wat dit vir die publiek meebring. Deesdae heers n kultuur van we don t do things like that, old chap. Meewarig word op die opgewonde en emosionele Franse neergesien. En intussen, hoe lyk dit met n koppie tee? Met melk en twee klontjies suiker, asseblief. SKOOLKLERE AGTERGROND SKRYFBEHOEFTES SPORTTOERUSTING KAMPEERTOERUSTING Franse staak veel eerder as Britte DEN HAAG. Terwyl die Franse periodiek die Revolusie van 1789 met massale betogings en versperrings op die strate probeer na-aap, lyk dinge heeltemal anders oorkant die Kanaal in Brittanje. Trouens, die verskil kan amper nie groter wees nie. Die besnoeiings en ekonomiese hervormingsplanne wat in 10 Downing Street bedink is, is tien keer strawwer as dié wat hul oorsprong in die Elysée-paleis het. Tientalle miljarde ponde moet besnoei word om die reusagtige Britse begrotingstekort uit te wis, en in die proses word die gewone Britse Jan en alleman diep in sy sak geraak. En, o ja, die aftree-ouderdom word met n jaar tot 66 verhoog. Dié brokkie het in die tsoenami-berigte in Britse koerante feitlik heeltemal verlore geraak. Waar die Franse te kere gaan oor die verhoging van die pensioengeregtigde H O R L O S I E S TASSE 2de VLOER dersoek deur die ouditeur-generaal (OG) (wat verlede jaar ter tafel gelê is) waarin petrolkaartuitgawes van meer as R11 miljoen vir 11 senior bestuurslede gelys is. Dié syfer het egter die hoof van die SAUK se voertuigvloot ingesluit. Nicholson het verduidelik die SAUK gaan alle petrolkaarte opknip, omdat dit in die verlede misbruik is. n Voormalige hoof van inhoudsbestuur, mnr. Mvuzo Mbebe, het byvoorbeeld sy voertuig se enjin en ratkas met die SAUK-kaart laat vervang. KOMBUISWARE voordele, sien waarom Nicholson die SAUK wil vestig as die werkgewer van keuse. Mnr. Snuki Zikalala, vorige nuushoof, het tot en met Maart verlede jaar n salaris van R2,2 miljoen verdien, nóg voordele van digby R231 000 én n petrolkaart sonder n perk gehad! Nicholson het gesê hoewel senior bestuurslede voorheen bonusse ontvang het, is verlede jaar besluit om dit tot tyd en wyl nie weer uit te betaal nie. LP s was verstom oor syfers in n verslag oor n spesiale on- 1 KAAPSTAD. Die SAUK is n fantastiese plek om siek te word, af te tree of dood te gaan, het mnr. Robin Nicholson, waarnemende SAUK-groephoof en finansiële hoofamptenaar, gister gesê. Hy het aan LP s in die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê die salaris- en voordelestruktuur word hersien. Die voordele plaas n swaar las op sy (die SAUK se) balansstaat. Die uitsaaier het uitmuntende aftreepakkette en mediese sorg ná aftrede. Ons het ook n vrygewige verlofbeleid. Ons hersien dit nou alles. Mnr. Mark Steele (DA) het aan Nicholson gesê dit lyk nie vir hom of die SAUK-beheerraad mooi verstaan wat hul bestuurspligte is of dat hulle moontlikhede ondersoek om die las op die belastingbetaler ligter te maak nie. Sy kollega, mnr. Piet Pretorius (DA), het gesê hy kan, gegewe die direksielede se salarisse en B R E E K W A R E ) PIETER DU TOIT KOMBUIS A F D E L I N G UITGANG NA PARKERING 1STE VLOER FIETSE SAUK fantastiese plek om af te tree 1ste VLOER ) Verlies vir die boekjaar 2009-10: R492,4 miljoen ) Lening by Nedbank om krediteure te betaal: R1 miljard ) Verliese as gevolg van misdadigheid: R187 miljoen ) Vermorsing en vrugtelose besteding: R70 miljoen ) Bonusse aan senior bestuurders in 2009: R3,7 miljoen ) Grootste bonus in 2009: R596 000 vir mnr. Robin Nicholson ) Adv. Dali Mpofu se vergoedingspakket as groephoof vir 10 maande: R8,9 miljoen ) Eise teen die SAUK: R801 miljoen GRONDVLOER SAUK in syfers Mnr. Ismhael Malale (ANC) het gesê daar bestaan n besliste laksheid in staatsondernemings om diegene wat oortree, vas te vat. As iemand by die SAB gevang word wat bier drink in n fabriek, word hy afgedank. As iemand in die staat R100 000 steel, kry hy n brief. Daar kan nie altyd agter arbeidswetgewing weggekruip word om versuim om op te tree te verduidelik nie. Mnr. Roy Ainsley (ANC) het gesê dit slaan hom dronk hoe daar nie teen Mpofu opgetree kon word nie. As daar al óóit gronde vir regstappe op grond van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) was, is dit in dié geval. Mpofu moes áángekla gewees het, in plaas daarvan het hy n goue handdruk gekry... genugtig! SAUK-bestuurslede het, behalwe vir enkele verduidelikings, grootliks winde gesluk en moes in n stadium deur me. Dina Pule, adjunkminister van kommunikasie, gemaan word om vrae reguit te beantwoord. Mnr. Robin Nicholson, waarnemende groephoof, het erken straffeloosheid is nie goed vir dissipline nie en dat houding n probleem is. 3) Ingang op 2de vlak by Meubelafdeling) 2) Braaiers, sambrele, gazebo s van 1ste vlak na 2de vlak danks die feit dat hy tenders ter waarde van R112 miljoen toegestaan het sonder dat hy die bevoegdheid daarvoor gehad het. Hy het n geskrewe waarskuwing gekry. * Vlak 1 (Oranje) KAAPSTAD. Die SAUK is n organisasie waar wetgewing misken en tesourie-regulasies geïgnoreer word, waar oortreders nie vervolg word nie en interne beheermaatreëls vir alle praktiese doeleindes nie bestaan nie dít terwyl senior bestuurslede reuse-salarisse verdien en werknemers uitgebreide voordele geniet. Lede van die parlement se waghondkomitee die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het die SAUK-beheerraad gister op n marathon-vergadering van amper vyf uur geroskam oor die byna afwesige kultuur van goeie korporatiewe bestuur, gebrek aan leierskap en die uitsaaier se versuim om op te tree teen werknemers wat wette en regulasies gereeld en straffeloos oortree. Die vergadering was die soveelste onlangse verskyning van die beheerraad, onder leiding van sy voorsitter, dr. Ben Ngubane, hier om aan LP s oor die stand van die organisasie verslag te doen. Skoor-LP s was, in teenstelling met hul kollegas op die portefeuljekomitee oor kommunikasie, genadeloos oor die SAUK se jaarverslag waarin die ouditeur-generaal (OG) verskeie en herhalende probleme in die uitsaaier belig het. Dít sluit in vermorste en vrugtelose besteding, verliese weens misdadigheid en talle hofgedinge waar die SAUK miljoene rande aan skikkings moes betaal. LP s het ook die SAUK se versuim om bevindinge in n spesiale OG-ondersoek na ongerymdhede op te volg, skerp gekritiseer. Dit was egter die multimiljoenrand-skeidingspakket wat aan die SAUK se vorige groephoof, adv. Dali Mpofu, betaal is, asook die onvoldoende tugprosedure van die senior bestuurder mnr. Anton Heunis, wat LP s vuurwarm onder die kraag gehad het. Mpofu het die uitsaaier se diens verlede jaar verlaat nadat die SAUK hom meer as R14 miljoen uitbetaal het, hoewel hy onregmatige kontrakte van meer as R300 miljoen met verskaffers aangegaan het. Heunis is in n senior bestuursposisie aangestel on- 2) Ingang op 1ste vlak by (Dischem) GEBRUIK DUS DIE ROLTRAP- EN HYSBAKNETWERK OM OP DIE VLAK VAN KLOPPERS WAT U WIL BESOEK, TE KOM. Misken wetgewing en tesourie-regulasies, sê komitee ) PIETER DU TOIT 1) TV, Klank, Fotografie, MTN van grondvlak na 2de vlak * Vlak UG (Pers) Skoor roskam SAUK oor bandeloosheid Afdelings wat verskuif het is: * Vlak 2 (Bruin) Hy meen dié ape, wat n gebied van 270 km² bewoon, word kritiek bedreig. Jag en druk op die ape se ha- 1) Hoofingang op -grondvlak lyk, het dr. Thomas Geissmann van die Universiteit van Zürich-Irchel, hoof-outeur van die studie, gesê. Daar is 3 ingange na : FOTO: REUTERS DIE KONSTRUKSIE TEN OPSIGTE VAN DIE KLOPPERS-UITBREIDING IS FINAAL AFGEHANDEL. VIR U GERIEF IS DIE HELE WINKEL, MET AL DIE AFDELINGS, NOU ONDER EEN DAK. n KUNSTENAARSVOORSTELLING van n nuwe spesie stompneus-aap (Rhinopithecus strykeri) wat onlangs in n afgeleë, beboste gedeelte van die noorde van Mianmar ontdek is. bitat sal oor die volgende paar jaar toeneem soos wat die damkonstruksie daar, uitgebreide houtkappery en die aanlê van paaie vorder, het Geissmann in die onlangse American Journal of Primatology geskryf. Dr. Frank Momberg, n lid van Fauna en Flora Internasionaal en n mede-outeur van die studie, het gesê die toekoms van die ape lê in Chinese hande. Volgens hom moet die maatskappy China Power Investment Corp., wat die konstruksie van die dam behartig, stappe doen om die habitat en ekologie in die gebied te bewaar. n Afsonderlike studie wat pas in die joernaal Science gepubliseer is en vandeesweek op n konferensie van die Verenigde Nasies (VN) in Nagoya in Japan bespreek is, het bevind faktore soos die uitkap van woude, die uitbreiding van stede, besoedeling en klimaatsverandering dra by tot n wêreldwye toename in die uitsterf van dierspesies. n Vyfde van alle dierspesies word volgens dié studie, wat deur 170 wetenskaplikes uitgevoer is, bedreig. Daar word beweer 50 spesies soogdiere, voëls en amfibiese diere sterf jaarliks uit. Reuters OSLO. n Nuwe spesie stompneus-aap is onlangs in n dig beboste, afgeleë gebied in die noorde van Mianmar ontdek. Die voortbestaan van dié unieke ape, waarvan daar na raming maar tussen 260 en 330 is, word egter deur houtkappery en n beoogde Chinese damprojek bedreig. Die ontdekking volg kort op die hakke van nuwe navorsing wat daarop dui dat n vyfde van alle dierspesies ter wêreld bedreig word. Jagters in Mianmar se Kachin-deelstaat het aan wetenskaplikes gesê die sogenaamde Mianmar-stompneus-aap is maklik om in die reën op te spoor, omdat die reënwater maklik by hul kenmerkende neusgate indrup en hulle gevolglik baie in die reën nies. Geen foto s is nog van dié ape geneem nie. Mianmar-stompneus-ape is swart met lang sterte, wit baarde, wit hare op die ore en kenmerkende plat neuse. Hulle is volgens wetenskaplikes, wat n karkas en vier skedels van die ape bestudeer het, anders as die reeds bekende stompneus-ape van Viëtnam en China. Dit is ongewoon om deesdae nog na n afgeleë gebied te reis en n aap te ontdek wat anders as enige ander aap ter wêreld NUWE AFDELINGUITLEG VAN Nuwe aapspesie nies baie as dit reën Slegs by Bloemfontein SAMSUNG-SENTRUM AKTUEEL 9 VOLKSBLAD DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM Pryse sluit BTW in. Pryse geldig solank voorraad hou. Die reg om hoeveelhede te beperk word voorbehou. Master-, Visa- en Dinersclubkaar te welkom. behou die reg om enige tjek te laat bank goedkeur. Met tjekaankope moet ID getoon word. Geen handelaars KONTRAKTEURS VAN U gesin se beste vriend. DIE PRYSSNYERS Tel. 051 4005500 Faks 051 4005501. Posbus 3736 Bloemfontein 9300 Knysna Mainstraat Tel. 044 302 7800 George Enterprise Road, Industria Tel. 044 802 3900 www.kloppers.co.za

10 WWW.VOLKSBLAD.COM ) DONDERDAG 28 OKTOBER 2010 VOLKSBLAD Spud amper hier KOLLIG DIE Britse akteur John Cleese (foto) sal op 13 November een van die gaste wees by die première van die fliek Spud. Dié Suid-Afrikaanse rolprent is by die eksklusiewe seunskool Michael House in KwaZulu-Natal verfilm waar die Crazy 8 hul skreeusnaakse avonture beleef het. Die Suid-Afrikaans gebore Troye Sivan, wat nou in Australië woon, speel die rol van Spud. REDAKTEUR: ELRETHA BRITZ ebritz@volksblad.com Koor van blokfluite hou konsert in Kby n BLOKFLUIT-KWINTET van Kimberley het n groep blokfluitspelers van Bloemfontein genooi vir n grootse uitvoering in die St. Cyprian-kerk Sondag om 15:00 in Kimberley. Blokfluitleerlinge van Kimberley sal hulle ook aansluit by die kwintet onder leiding van Kobus Malan, gereelde hobospeler in die Vrystaatse Simfonieorkes. Die ander lede van die kwintet is Carine Roux, Anita du Plessis, Magdel Botha and Joseph Carlo. Petrus Krige is die leier van die Bloemfonteinse blokfluitgroep. Die program bestaan uit van die mooiste werke uit die Barok-tyd. Enigeen is welkom om die uitvoering by te woon. Jong Kunstenaars vir 2011 bekend Wenners uiteenlopende, unieke individue met vars benadering DIE vyf wenners van die gesogte jaarlikse Standard Bank Jong Kunstenaarstoekennings staan almal op die drumpel van nasionale erkenning. Dié toekenning bied geldelike steun en n forum vir hul kuns op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Die wenners vir 2011 is Nandipha Mntambo vir visuele kunste, Ben Schoeman vir musiek, Neil Coppen vir teater, Bokani Dyer vir jazz en Mamela Nyamza vir dans. (Lees hieronder meer oor die kunstenaars en hul werk.) Dié vyf moet elkeen n werk vir volgende jaar se Nasionale Kunstefees in Grahamstad skep. Jay Pather, voorsitter van die Nasionale Kunstefees-komitee, sê die kunstenaars is n groep uiteenlopende en unieke individue met n kenmerkende kunsaanslag en n vars benadering tot hul on- derskeie dissiplines. Die Jong Kunstenaarstoekennings is die eerste keer in 1981 oorhandig om erkenning te gee aan jong opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat besondere talent toon. Ismail Mahomed, direkteur van die Nasionale Kunstefees, het gesê die vyf is gekies op grond van hul uitmuntende kunstalent en die sukses wat hulle tot dusver behaal het. Hulle is vyf merkwaardige mense wat op die kruin van hul onderskeie kunsdissiplines is. Hul kreatiwiteit, talent en vasberadenheid lewer n deurslaggewende bydrae tot die kulturele lewenskrag van ons land. As deel van hul prys kan elke wenner iets nuuts ontwikkel en dit op die hoofprogram van die Grahamstad-fees aanbied. Dié fees word volgende jaar van 30 Junie tot 10 Julie gehou. Die wenners kry ook verskeie geleenthede om Suid-Afrika op internasionale verhoë te verteenwoordig. Vorige wenners sluit in die kunstenaar William Kentridge, mezzosopraan Sibongile Khumalo, musikant Johnny Clegg, akteur Andrew Buckland en die regisseur Janice Honeyman. BEN SCHOEMAN BOKANI DYER MAMELA NYAMZA NANDIPHA MNTAMBO NEIL COPPEN Musiek Jazz Dans Visuele kuns Teater DIE Pretoriase pianis Ben Schoeman was in 2008 die eerste SuidAfrikaanse wenner van die Unisa- Vodacom- Internasionale Klavierkompetisie. Die Jongkunstenaarsprys is n wonderlike erkenning en ek voel geëerd, want dit bied ook internasionale blootstelling, sê hy. Schoeman (27), wat reeds n internasionale konsertloopbaan het, het aan die Universiteit van Pretoria en die Accademia Pianistica in Imola, Italië, vir hoogs begaafde studente gestudeer. Hy doen tans n doktorsgraad aan die Guildhall School of Music and Drama in Londen. Benewens die Unisa-prys het hy ook al n rits ander kompetisies gewen en beurse ontvang. Belangrike optredes tot dusver was in Londen se Wigmore Hall en die Konzerthaus in Berlyn, Duitsland. DIE jazzpianis Bokani Dyer (24) kom uit n musikale familie en beskryf die Jongkunstenaarsprys as n seën, n groot eer en bevestiging dat my loopbaan tog die moeite werd is. Dyer het aan die Universiteit van Kaapstad se musiekkollege gestudeer en tree reeds sedert sy studentejare op, onder meer op die Johannesburgse en Kaapstadse internasionale jazzfeeste, en het ook konserttoere in Swede onderneem. Sy pa, Steve Dyer, is n bekende jazzmusikant, en dis aan hom wat Bokani sy liefde vir jazzmusiek te danke het. Bokani het al die verhoog met bekendes soos Shannon Mowday, Thandiswa Mazwai en Jimmy Dludlu gedeel. In 2007 het hy sy eie groep, Plan Be, gestig en tree gereeld in die gewilde jazzkuierplek Green Dolphin in Kaapstad op. DIE 34-jarige danser en choreograaf Mamela Nyamza is al vele kere vir haar dansstukke bekroon. Dis goed om in jou eie land vereer te word; nou kan ek die wêreld met selfvertroue ingaan, sê sy oor haar jongste prys. Nyamza het in Gugulethu in Kaapstad grootgeword en dans reeds sedert haar kinderjare. Sy het ná skool aan die destydse Technikon Pretoria n nasionale diploma in ballet verwerf, waarna sy met n beurs aan die Alvin Ailey American Dance Center in New York verdere opleiding ontvang het. Verlede jaar het sy n intensiewe kursus in dansregie by Londen se gesogte Sadler s Wells-teater deurloop. Sy werk nou aan n projek oor MIV/vigs en dwelmisbruik vir die Universiteit van Stellenbosch. DIE 28-jarige kunstenaar Nandipha Mntambo gebruik hoofsaaklik koeivel as haar skilderdoek. Sy sê sy sy daag daarmee kulturele en sosiale norme uit. Sy maak mensbeelde van die velle en gebruik haar eie liggaam as die gietvorm. Oor die Jongkunstenaarsprys sê Mntambo: In dié stadium van my loopbaan is die prys n bevestiging van dit wat ek tot dusver deur my kuns bereik het. Mntambo het in 2007 n meestersgraad in skone kunste aan die Michaelis-kunsskool van die Unversiteit van Kaapstad voltooi. Sy is nou in Amerika waar sy haar studies aan die universiteit van Cleveland in Ohio, Amerika, voortsit. Haar werk is al in Kaapstad uitgestal, asook in groepuitstallings in onder meer Duitsland, Australië en Wallis. NEIL COPPEN (29) sê hy het n obsessie met teater wat al op ses begin het toe sy ma hom na n opvoering van Singing in the rain in Durban geneem het. Ek was totaal oorweldig toe dit op die verhoog begin reën. Dit was magies. Nadat hy in 1999 aan Durban High School gematrikuleer het, het hy in Londen drama aan die Robert Mackee Story Workshop gestudeer. Onlangs het hy ook n graad in kreatiewe skryfkuns aan Unisa voltooi. Sy verhoogloopbaan het begin met opvoerings van Shakespeare se Twelfth Night en King Lear, asook stukke soos Dangerous Liaisons en Wit. Coppen, wat ook ander pryse ontvang het, werk as n skrywer, regisseur en ontwerper in Durban, en is artistieke direkteur van Think Theatre Productions. LAURIKA RAUCH Laurika sing ou treffers, nuwe liedjies in Sand DIE verskyning van Laurika Rauch se 22ste album n dubbelalbum getitel Tweeduisenden-tien! is n bevestiging van die lang pad wat dié ikon al deur die Afrikaanse musieklandskap gestap het. Daar is nie n dissipline waarin sy haar nog nie op musiekgebied uitgeleef het nie, maar van al die moontlikhede, naamlik TV-verskynings, DVD s, CD s en kabarette, lê verhoogoptredes haar die naaste aan die hart. Sy glo dit is waarvoor sy die beste uitgeknip is. Wanneer Laurika volgende naweek in Bloemfontein optree, sal sy liedjies van haar nuutste album sing, onder meer God se Kunskafee, Die Siener en Skouspel 2010. Dit sal sy aanvul met ou treffers wat haar gehoor graag wil hoor. Die meeste van Laurika se CD s, haar DVD s en die dokumentêre reeks Kom laat ons sing! sal te koop wees. ) Laurika tree op 6 November om 19:30 in die Sand du Plessis-teater op. Kaartjies kos R150 en R180 en kan by Pacofs, 051-447-7772, of die Hoër Meisieskool Oranje by 051-447-4681 bespreek word. Elretha Britz Grotoupa sê hallo BEN KRUGER het in die Vrystaat aangekom en is slaggereed om sy grotoupa-kostuum aan te trek en op die Sand du Plessis se verhoog te verskyn. Die solostuk Groet die grotoupa is geskryf deur Lizz Meiring en is n Suid-Afrikaanse opvolg vir die gewilde Groet die grotman. Dié stuk met Hannes Muller is ná drie jaar steeds in aanvraag. Groet die grotoupa speel van vandag tot Saterdag om 19:30. Kry kaartjies by Pacofs by 051-447-7772. Maak naam, skep fliek-titelsnit Mexikaanse volksverhaal plesierig uitgebeeld n GULDE geleentheid om naam te maak, dalk selfs internasionaal, word aan n musiekgroep of kunstenaar gebied wat kans sien om die titelsnit vir die klankbaan van Suid-Afrika se eerste rillerfliek te skryf. The Film Factory is die dryfkrag agter die soeke na n oorspronklike Engelse rock-snit vir die fliek Night Drive. Die versoek is dat die liedjie nie net geskryf moet word nie, die kunstenaars moet dit ook uitvoer. As die fliek oorsee uitgereik word, is internasionale blootstelling n gegewe. SONDAG KOS VYF PESOS (Scaena) met tweedejaarstudente van die departement drama en teaterkuns aan die UV. Regie: Pieter Venter. Teks: Josefina Niggli. Die rillerfliek gaan oor die lot van n groep toeriste wat in n bos gestrand raak terwyl hulle op n nagsafari is. Die wenner sal gekies word op grond van inhoud, oorspronklikheid, styl en die klank. Benewens die geleentheid om die wenlied te laat opneem, sal The Film Factory ook n musiekvideo van die snit maak. Meer inligting en n kort video van die fliek is beskikbaar by www.facebook.com/pages/night-drive-wanted. Die sluitingsdatum is 24 November. SA kuns op Sao Paulo-biënnale VYF Suid-Afrikaanse kunstenaars se kuns is opgeneem in die 29ste Sao Paulo-biënnale wat nog tot 12 Desember in dié stad in Brasilië aangebied word. Die kunstenaars is Marlene Dumas, wat in Nederland woon, David Goldblatt, Zanele Muholi, Moshekwa Langa en Kendell Geers. Die biënnale is volgens die amptelike webblad gevestig in die gedagte dat dit onmoontlik is om kuns van politiek te skei. Fundação (biënnale-stigting), een van die belangrikste internasionale instellings vir die bevordering van kontemporêre kuns, bied die biënnale aan. Die kurators is Fernando Alvim (Angola), Rina Carvajal (Venezuela en Amerika), Yuko Hasegawa (Japan), Sarat Maharaj (Suid-Afrika en Brittanje) en Chus Martinez (Spanje). GOOI twee passievolle minnaars, n groot misverstand, n liefdesdriehoek en onwyse raadgewers bymekaar, en jy het n resep vir rusverstoring op n Sondag. Dit gaan jou boonop vyf pesos kos. Sondag kos vyf pesos deur Josefina Niggli is n bekende en gewilde Mexi- kaanse volksverhaal gegiet as n romantiese komedie met volop snaakse situasies, konflik, aksie en pittige dialoog. Die gebeure speel af op n rustige Sondag rondom n waterput in n Mexikaanse dorpie. Die Sondagrus word egter verstoor wanneer n liefdeskonflik tussen twee verliefdes ontstaan. Tipies van dié land raak die hele gemeenskap betrokke met n netelige situasie as gevolg. Die dramastudente benut ten volle tv sabc1 06:00 YO TV 08:00 The Bold and the Beautiful (OL) (H) 08:30 Isidingo (OL) (H) 09:00 Generations (H) 09:30 Muvhango (H) 10:00 Chart Show (H) 11:00 Khumbul Ekhaya (H) 12:00 Judge Joe Brown 13:00 Making Moves 13:30 Live It 14:00 Matric Revision 15:00 Jam Alley 15:30 YO TV 17:30 Nuus 18:00 The Bold and the Beautiful (OL) Katie probeer Brooke oor tuig om van plan te veran der en nie Parys toe te verhuis nie. Jackie neem n groot besluit oor haar en Owen se huwelik. 18:30 Ses khona 19:00 Jika Majika 19:30 Nuus 20:00 Generations Queen sukkel om haar in toom te hou tydens die afskeidpartytjie. 20:30 Montana (H) 21:00 A Place Called Home (H) 21:30 Asikhulume 22:00 Soccer 411 22:30 The Crimson Rivers (16GT),,, Misdaad. Twee speurders werk aan verskillende moordsake en bring n on derlinge verband aan die lig. Met Jean Reno en Vin cent Cassel. (2000) 00:30 Music Lounge dié situasie en die speelkans wat dit bied. Wanneer die vurige en kontrasterende karakters mekaar kaalhand pak, vlieg skerp aanmerkings heen en weer oor die verhoog en eindig in n opwindende katgeveg. Die regie spreek van kreatiwiteit, fyn beplanning en aandag aan detail in n andersins eenvoudige, landelike milieu. n Verrassing is die bygewerkte karakter van die geheimsinnige, magiese konsertinaspeler onder n reusesombrero, wat herinner aan die viool- speler in Fiddler on the roof. Hy lewer kommentaar op die gebeure en dra terselfdertyd by tot die landelike atmosfeer. Tussen al die lawaai deur pik-pik n hoender rustig in n draadhok in die hoek. Dié kort eenakter word opeenvolgend in Afrikaans en Engels en met verskillende rolverdelings aangebied. Sondag kos vyf pesos bied vrolike, genotvolle en opwindende vermaak en is nog vandag en môre om 18:00 en 19:30 te sien. Zesta Vorster HOU DOP Hoe maak n man as jy uitvind jou meisie het n man en drie kinders waarvan sy jou nooit vertel het nie? En hoe maak jy as hierdie man meer geraamtes in sy kas wegsteek as wat jy hare op jou tande het? Dís Basie de Wet (Marcel van Heerden) se dilemma. Hy hou dan sy lyf speurder in Onder draai die duiwel rond (SABC3, 21:00). sabc2 06:00 Morning Live 08:00 Parliament: A View from the House 08:50 Magic Cellar 09:00 Thabang, Thabong 09:30 Care Bears 10:00 Takalani Sesame 10:30 Rivoningo 11:00 Akani 11:30 Take a Biscuit 12:00 Dr Phil 12:50 Days of Our Lives (OL13) 13:35 Judge Mathis (H) 14:20 As the World Turns 15:00 7de Laan (H) 15:30 Muvhango (H) 16:00 Hectic Nine 9 16:30 Wise Up (H) 17:00 Dragonball (H) 17:30 Nuus 18:00 Kwela Express (H) 18:27 7de Laan Diederik en Lukas stamp koppe oor die Frojo s repe tisie. Daar is spekulasie oor Christelle se tirade teenoor Oubaas. Tim is verward as Gita seker maak dat Chris telle van haar weet. 19:00 Nuus 19:30 SA s Got Talent 20:30 Nuus 21:00 Muvhango 21:30 SA s Got Talent Uitslae. 22:00 Legends, Icons and Super stars of the 20th Century 23:00 Quantum Leap 00:00 Matric Revision 01:00 Late Night with Kgomotso (H) 02:00 Xena 03:00 As the World Turns (H) beste voetjie voor sabc3 05:00 Pumpkin Patch 05:30 Expresso 07:30 AM Shopping 09:30 7de Laan (H) 10:00 Generations (H) 10:30 Isidingo (H) 11:00 The Best of the Tyra Banks Show 12:00 Knight Rider (H) 13:00 Nuus 13:30 Afrika nuus 14:00 Famous 14:30 The Emperor s New School 15:00 All My Children (OL) 15:50 3Talk 16:45 Days of Our Lives (OL13) 17:35 Oprah (OL) 18:30 Isidingo (OL) Baker twyfel oor Ben as vennoot. Calvin hoop steeds om sy pa se kame raman te wees en Lolly bring onverwagse nuus. 19:00 Nuus 19:30 Top Billing 20:30 Nuus in sestig sekondes 20:31 Die Manakwalanners 21:00 Onder draai die duiwel rond (16) Sien hou dop. 22:00 Nuus 22:15 Supernatural III (16) Sam en Dean maak hulle verskyning op Ghostfacers, n werklikheidsreeks op te levisie wat deur spookjag ters vervaardig is. 23:15 Flood (H) 00:15 Musiek 00:30 Warriors of Heaven and Earth (16G),,, Aksie avontuur. Met Wen Jiang en Wei Zhao. (2003) e.tv 06:00 Sunrise 09:00 Rhythm City (OL) (H) 09:30 Scandal! (OL) (H) 10:00 e Shibobo (H) 10:30 Sunset Beach (OL) 11:30 The Showbiz Report (H) 12:00 Style by Jury (H) 12:30 Backstage (OL) (H) 13:00 Nuus 13:30 WWE Raw (OL10G) (H) 14:30 Craz e 16:40 The Young and the Restless (OL) 17:30 Medical Detectives (13G) 18:00 Nuus 18:25 Easy Wave Style Squad 18:30 Rhythm City (OL) Daar is n grusame aanval op die Khuse huishouding. Gail moet haar vernederen de dag op die lug afsluit. 19:00 Nuus 19:30 Scandal! (OL) Alex draai n tou om Elijah se nek en dreig om hom op te hang. 20:00 My Boys 20:30 Because I Said So (13ST),,, Romantiese komedie. n Ma plaas n persoonlike adver tensie om n geskikte man vir haar jongste dogter te kry. Met Diane Keaton en Mandy Moore. (2007) 22:35 The Exorcism of Emily Ro se (16GT),,, Drama. Met Tom Wilkinson en Laura Linney. (2005) 01:00 Catherine the Great (OL),,,, Drama. Met Douglas Fair banks. (1934) m net 06:00 KTV 07:00 SuperSport 10:00 Binneland sub judice (H) 11:00 Scooby Doo and the Samurai Sword (A),,, Animasie. Met die stemme van Frank Welker en Casey Kasem. (2009) 12:30 Red Carpet Romance 14:00 KTV 16:00 Idols (H) 16:30 Modern Family (OL13) (H) 17:00 Tonight with Trevor Noah (OL) (H) 17:30 Cougar Town (PG13) (H) 18:00 Binneland sub judice 19:00 Carte Blanche: Consumer 19:30 Melrose Place (13SG) Violet probeer weer eens Auggie se aandag trek en Lauren vind van David se geheim uit. 20:30 Brothers and Sisters (OL) Sarah herontdek die liefde van haar lewe. 21:30 CSI: New York (13G) Die ondersoekspan moet n moordsaak van twee joer naliste wat dieselfde storie ondersoek het, oplos. 22:30 CSI: Miami (13G) (H) 23:30 NCIS: Los Angeles (13G) (H) 00:30 Friday The 13th Part 12 (18SGNT),,, Riller. Met Jared Padalecki en Danielle Panabaker. (2009) 02:40 The Hangover (16SGNT),,,, Komedie. Met Bradley Coo per en Ed Helms. (2009) skottel Discovery World kyknet 06:30 Landbousake 07:00 Projek Aardwolf (H) 07:30 Koowee kinderuur 08:30 Horison (H) 09:00 Villa Rosa (H) 09:30 La t wiel (H) 10:00 Geraldina die tweede (H) 11:00 Robinson regstreeks (H) 11:30 Rian (H) 12:00 Inkopie uur 13:00 Landbousake (H) 13:30 Villa Rosa (H) 14:00 Droomhuis (H) 14:30 Kwêla (H) 15:30 Roer! (H) 16:00 BVP (H) 16:30 Safari 4x4 (H) 17:00 Koowee kinderuur 17:30 Tuine en tossels 18:00 Binneland sub judice 19:00 Nuus 19:30 Villa Rosa Die jong manne kan nie genoeg doen vir die beeld skone nuwe gasvrou van die Villa nie. 20:00 Thysnywerheid Marina is ontsteld omdat Thys en die kinders Antoi nette se gebak so geniet, want hulle dink dis Marina wat dit gebak het. 20:30 Boer soek n vrou 21:30 Glitterati 22:30 Binneland sub judice (H) 23:30 Nuus (H) 00:00 Horison (H) * Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -inhoud was teen druktyd korrek. Die inligting word van die skakelafdelings en publisiteitspanne verkry en word in goeie trou gepubliseer. ** A: almal; G: geweld; H: herhaling; OL: ouerleiding; S: seks en T: gekruide taal