e-pukaner Alumni Nuus Top young scientist from NWU to meet Nobel Laureates Paralympic Games becomes a reality for Adri NWU plaas kollig op Outisme

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SIZA takes the sting out of auditing

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Dialoog en paragrawe *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Sterdansers by Vensters.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Rubriek vir skeppende werk

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Hoe om krag te spaar

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Tariewe

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

e-pukaner Alumni Nuus Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

G. J. du Preez

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

UKZN academic receives Herschel Medal Award for 2013 from the Royal Society of SA.

e-pukaner Alumni Nuus Nomineer uitstaande alumni Oud-SR hou reünie SJGD skenk R1.6 miljoen aan gemeenskap MAART 2015

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Kerssangdiens. SA Gemeente

KAMPUSNUUS. end. Junie Uitgawe 5. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Sport lok duisende na Pukkampus. is op die Ruimsig-stadion in Krugersdorp en die tweede byeenkoms op die Germiston-stadion aangebied.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Tonga die olifant - 01 *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Transcription:

Alumni Nuus MEI 2016 Top young scientist from NWU to meet Nobel Laureates Paralympic Games becomes a reality for Adri NWU plaas kollig op Outisme Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde

Inhoudsopgawe Inhoudsopgawe Kyk net hoe baie NWU-Pukke is ons hier! NWU signs MoU to pave way for a nuclear future Top young scientist from NWU to meet Nobel Laureates Navorser stel n padda-toep bekend Navorsingsending na St Brandon s Rock n paradys van n koraalrifringeiland in die Indiese Oseaan NWU plaas kollig op Outisme Solar Car continues to build on its exposure Verpleegkundestudente kry eerstehandse trauma-ervaring Grootste oud-studente saamtrekke nóg in die Kaap Gholf Klubkampioenskappe Alumni-toekennings 2016 erken uitstaande alumni Alumni Awards 2016 acknowledge outstanding alumni Great honour for emeritus professor in Theology Baccalaureus Pukkium Veritas se geliefde Grietjie Paralympic Games becomes a reality for Adri Kampioensreis Krieketreünie (70 s tot 80 s) Kontak ons Alumni Nuus

Kyk net hoe baie NWU-Pukke is ons hier! Dit is Saterdagoggend 7 Mei. n Koel briese kielie die Akker- en Wattelbome onder hul takke in die Potchefstroomkampus se Lover s Lane en, oud of te not, hul giggel hul blare af. Dit is n dag van ewige eerstes. Opedag. Vir die eerste keer in dié kampus se bestaan word die dag se verrigtinge digitaal die kuberruim ingestuur. Vir menige studente is dit hul kennismaking met n lewenslange vriend. Teen 07:45 is die Amfiteater volgepak met voornemende studente en hul ouers van ál nege provinsies sowel as sommige buurstate. Dit is n smorgasbord van kleurvolle dialekte, breë glimlagte en gróót oë. Wysvingers soek elke windrigting op: Kyk daar! Wat is daai doer daar? Met meer as 9 000 besoekers is die kampus n miernes van georganiseerde bedrywighede. Daar is self vierdegenerasie studente wat in oupa- en oumagrootjie se voetspore gaan loop. Soos die waarnemende rektor van die Potchefstroomkampus, prof Fika J van Rensburg, altyd sê: As jy deel van hierdie kampus word, word jy deel van n familie met diep wortels. Opedag was in twee identiese sessies aangebied. Verrigtinge het in die Amfiteater afgeskop waar dit ook na die Sanlam-ouditorium en die Sportsaal gebeeldsend was. Hierna was die onderskeie fakulteite besoek waarna die koshuise gevolg het. Oudergewoonte kon nie eens kasterolie n demper op Prof Fika se entoesiasme oor die toevoegings tot die NWU-Puk-familie plaas nie. Emmersvol van die aaklige goed, sal nie help nie. Dit is vir ons só groot voorreg om voornemende studente en hulle ouers van regoor die land te kan ontvang en dit is lekker om met ons pragtige kampus, met ons uitstekende fasiliteite en met personeel en studente wat hulleself n NWU-Pukke noem, te kan spog. Die NWU-Pukfamilie word elke jaar groter en met elke nuwe student, met elke nuwe ouer, word ons wortelnetwerk versterk, word ons glimlag breër en kan ons meer vir ons gemeenskap en vir ons land doen. Só kan ons ons roeping al beter vervul, en meewerk dat ons van die Suid-Afrika die land máák wat ons wil hê sy moet wees! het Prof Fika gesê. Dankie aan elkeen wat vandag ons Potchefstroomkampus besoek. Dit is vir ons n voorreg om jou hier te ontvang!

NWU signs MoU to pave way for a nuclear future The North-West University have signed a memorandum of cooperation with the Russian State Atomic Energy Corporation, Rosatom, for the development of professional and short-term education programmes. During Rosatom s Nuclear Education Day, held at the Sandton Library, students and professors of the largest South African universities had a unique opportunity to learn about international opportunities offered not only by Rosatom, but also by the new nuclear academia association San Nest. During the event, Yury Seleznev, Rector of Rosatom, and Prof Frikkie van Niekerk, Executive Director for Research and Innovation at the North-West University, signed this groundbreaking memorandum that not only paves the way for more nuclear experts in South Africa, but also gives stronger direction to the country s accumulating energy needs through its education programmes. The NWU s School of Nuclear Engineering specialises in reactor engineering and focuses on neutronics and thermal fluid systems. This is done through the implementation of systems, new techniques or new methods like creative design, modelling and experimentation, optimised materials selection and characterisation of non-radiated materials and creative design. The South African Department of Science and Technology, through the National Research Foundation, established and recently renewed the prestigious South African Research Chairs Initiative (SARChI) Chair in Nuclear Engineering at the North-West University for a third period, 2011 to 2015. The research focus of the Chair is on the modelling and simulation of reactors and thermal fluid systems applied to the nuclear power industry. This includes the development of detailed neutron transport, computational fluid dynamics and integrated plantwide simulation models of nuclear reactors and their associated components and systems for power plants and process heat applications. These models are applied in the analysis, design and optimisation of conventional pressurised water reactors such as Koeberg, as well as for advanced Generation IV reactor systems including high-temperature gas-cooled reactors and super-critical water reactors. Yury Seleznev of Rosatom (left) and Frikkie van Niekerk of the NWU signed the Memorandum of Cooperation.

The Chair at NWU is unique in South Africa in terms of nuclear engineering research and has established international research partnerships like the recently signed Memorandum of Cooperation with Rosatom. The School also has close relationships with groups in Europe, the USA and Korea as well as locally with Eskom and Necsa. The Chair provides several bursaries each year for postgraduate study and welcomes prospective students and partners who share its vision for a low-carbon energy future in South Africa. Rosatom employs 262 000 people and incorporates more than 400 enterprises and scientific institutions, including all Russian civil nuclear companies, research organisations and the world s only nuclear-propelled icebreaker fleet. Rosatom is the only company in the world able to offer the complete nuclear power cycle, which ranges from nuclear fuel supply to nuclear power plant construction and operation, and from nuclear medicine to reprocessing of spent fuel, as well as technologies for the safe storage of nuclear waste and finally the decommissioning of nuclear power plants. During the ceremony of signing the memorandum of cooperation, Seleznev emphasised that our cooperation with the NWU, in the sphere of research and supplementary education, is aimed at improving the professionalism and competence of nuclear industry employees in South Africa and Russia. Continuous improvement of staff will enable South Africa to ensure sustainable development and competitiveness on the global nuclear technology market. Prof Van Niekerk said the NWU is known as the South African nuclear university and have been bringing up future nuclear physicists and engineers over the past 40 years. I hope our cooperation will help several countries to strengthen scientific relations for generations ahead. Dean of the Faculty of Engineering, Prof. LJ Grobler, added that the signing of the memorandum affirmed the NWU s position as university leader in the nuclear space. The agreement will open more opportunities to develop necessarily human skills and resources that will be needed for the South African nuclear programme. Rosatom also launched their Nuclear essay competition for 2016. The national students competition Meeting the Needs for Energy and South African Nuclear Power Industry Development was first held in South Africa in 2015. It was organized by Rosatom Africa and the Faculty of Engineering of the North-West University. The competition took place from January to May 2015. The first prize winner was Ebhard Nilsen, a student from the North-West University. The jury also made a special mention to Joe-Nimique Cilliers, a PhD student in Nuclear Engineering of the NWU for outstanding work.

Top young scientist from NWU to meet Nobel Laureates space physicist from the North-West University (NWU) is one of five young scientists in South Africa to be A nominated by the Academy of Science of South Africa (ASSAf) to attend the 66th Lindau Nobel Laureate meeting in Germany. Dr Eugene Engelbrecht from the School of Physical and Chemical Sciences on the Potchefstroom Campus will be given the opportunity together with approximately 400 other young scientists from 80 countries for an in-depth exchange with Nobel Laureates. The meeting will be held from 26 June to 1 July in Lindau, Germany. According to ASSAf, the successful participants are outstanding undergraduate, postgraduate and postdoctoral students younger than 35 whose research focuses on physics. They were chosen following an international selection process. The group of young scientists will follow a six-day programme with many lectures and panel discussions. Nobel Laureates who have already confirmed their participation include the likes of Takaaki Kajita of Japan and Arthur B McDonald of the USA. They were the joint recipients of the 2015 Nobel Prize for Physics. Engelbrecht is currently a senior lecturer in the School of Physical and Chemical Sciences. In 2013, he completed his PhD in Physics at the NWU, where he also obtained the degrees MSc (cum laude), BScHons and BSc in Physics, Mathematics and Applied Mathematics (cum laude). Dr Eugene Engelbrecht.

Navorser stel n padda-toep bekend Splinternuwe toepassing (toep) vir jou slimfoon of tablet oor die paddas van n Suidelike Afrika, is pas deur n professor in Dierkunde aan die Noordwes- Universiteit bekendgestel. Prof Louis du Preez, of die paddaman soos hy ook bekend staan, is al sinoniem met paddas en hulle welstand waaraan hy grotendeels sy akademiese loopbaan toewy. The Complete Guide to the Frogs of Southern Africa, is pas op die Apple App Store en Google Play, in samewerking met mede-ontwikkelaar, Vincent Carruthers, bekendgestel. Dit behoort veral gewild te wees by natuurliefhebbers, studente en wetenskaplikes. Die toepassing bevat al 160 bekende spesies van Suidelike Afrika, wat toegelig word met meer as 1 600 foto s, video s, klankgrepe van paddaroepe, besonderhede oor hulle habitat en waar elke spesie voorkom. Die toepassing is interaktief en stel die gebruiker in staat om n waarneming van die verskillende spesies op te laai, met GPS-koördinate van waar hulle opgemerk is, notas en kommentaar. Dit bevat ook n gebruikersvriendelike identifikasiesleutel wat die identifisering van n spesifieke paddaspesie maklik maak. n YouTube-video wat die gebruik en voordele van die toepassing kortliks verduidelik, is ook hier beskikbaar. Du Preez is n gevestigde navorser met n C1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting, outeur van 102 wetenskaplike artikels en sewe boeke het al uit sy pen gevloei. Hy is aan die stuur van die Afrika-Amfibieënavorsingsgroep en sy navorsing fokus op die welstand van amfibieë en in besonder die bewaring van bedreigde spesies, asook die sistematiek en ekologie van amfibieëparasietdiversiteit.

Navorsingsending na St Brandon s Rock n paradys van n koraalrif-ringeiland in die Indiese Oseaan Prof Henk Bouwman, n dierkundige van die Skool vir Biologiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit, het pas teruggekeer van St Brandon s Rock (450 km noord van Mauritius), waar n groep wetenskaplikes die haalbaarheid ondersoek het van volhoubare ontwikkeling van ekotoerisme en lae-impakhengel op hierdie eiland. Dit is sy ervaring in sy eie woorde... strandmeer moes geskied. Ons het ook die plek besoek waar n vissersboot onlangs gestrand het. St Brandon s is die plek waar die renjag van Team Vestas, Ek het teruggekeer vanaf n feitesending na St Brandon s Rock, wat 450 km noord van Mauritius geleë is. Hierdie wonderlike en onbewoonde (behalwe vir n paar roterende vissermanne en regeringsamptenare) koraalrifstelsel was die fokuspunt van navorsing oor die uitwerking van plastiekafval in die see. My span het in samewerking met die Universiteit van Mauritius gewerk. Dit was my derde besoek aan hierdie ekostelsel en twee referate het gevolg, met nog meer in die pyplyn. Die sending is deur n span van ses belanghebbers uitgevoer wat die haalbaarheid van ekotoerisme saam met lae-impak-hengel ondersoek het. Die span is gelei deur mnr Sybrand van die Spuy, HUB van die Raphael Fishing Co Ltd van Mauritius. Ander lede het wetenskaplikes van Mauritius, die VK, en die eienaars van die vismaatskappy ingesluit. Ons het in relatiewe weelde op die MV Gryphon gereis, met vier tweepersoon-kajuite, n eetsaal met n sjef, en lugversorging. Laasgenoemde was die beste deel van die hele vaart (behalwe dalk die yskas vol lekkertes...). Ons het 10 dae aan die reis en op die terrein bestee. Die ringeiland is ongeveer 56 km lank en 22 km breed, met 30+ prominente sandbanke en begroeide eilande in n asemrowende strandmeer. Van die eilande se name laat my aan Star Wars dink (Courson, Chaloupe, Avocaire, Sirene). Daar is geen vars water nie. Dit was somer en die temperature en son was nogal erg; sonbrandbestuur en rehidrering (met behulp van bogenoemde yskas) was n belangrike aktiwiteit wat die gesondheid in stand moes hou. Ons het 19 van die eilande op n knap skedule besoek. Ons het op die meeste n uur of so op n eiland deurgebring, aangesien die beweging tussen die eilande met klein bootjies in die vlak

wat aan die Volvo Ocean Race deelgeneem het, in Oktober 2014 gestrand het. Met ons vorige besoek het ons net twee weke voor hierdie voorval daarvandaan vertrek. Die ringeiland is baie laag en moeilik om met radar op te spoor, en dis baie klein in n groot oseaan. Ons was ook op die uitkyk vir oorblyfsels van vlug MH 370. Daar was n mate van opgewondheid toe ons oorblyfsels van n reddingsbootjie gekry het, maar dit was nie van n vliegtuig nie. Ons het uit ons vorige besoeke geweet dat die voëllewe fantasties is. Met meer as n miljoen voëls wat op vyf vierkante kilometer saamgepak is, is dit iets om te aanskou. Golftoestande tydens ons vorige besoeke het ons verhoed om op van die eilande te land (nie al die eilande is in die strandmeer geleë nie). Ons kon hierdie keer egter na en van twee van hulle swem. (As jy my eenkant vra, sal ek vir jou stories oor die swemmery kan vertel, verkieslik naby n yskas.) Noordeiland was n openbaring (ek kry hoendervleis as ek hieroor skryf). Een spesie van n seevoël (die keilstertpylstormvoël) is sedert die 1960 s nie op St Brandon s gesien of aangeteken dat hulle daar broei nie. Hulle laaste moontlike vesting was op Noordeiland. En ons het dit gekry! Ook dat hulle daar broei. Vir die heel eerste keer is die broeiery van die brilmalgas daar opgeteken. Ons het daarna Frégate-eiland besoek moes weer soontoe en terug swem (weer eens, vra my daaroor). Nadat ons n paar metings op die strand uitgevoer het (byvoorbeeld die temperature van uitgespoelde plastiek), het ek deur die randplante gebreek na die grasland in die middel, kenmerkend van die meeste van die eilande. Terwyl ek die woesteny trotseer het, het ek n pragtige rooi naaldekoker gesien. Ek het amper uit my plakkies gespring. Naaldekokers het vars water nodig! Nou die agtergrondstorie. Frégat-eiland het groot neerslae ghwano. Die meeste daarvan is talle dekades gelede verwyder om suikerriet op Mauritius te bemes. Die graafwerk was moeilik, en slegs klein onreëlmatige gate kon gegrawe en skraapwerk kon tussen die fossielkoraal wat die rotsbodem van die eiland vorm, gedoen word. Honderde van hierdie gate kom in die sentrale grasland voor. Ek het met groot verwagting tussen hierdie gate begin rondspring op soek na vars water wat deur die gereelde tropiese reëns agtergelaat word. En ek het dit gekry! n Toets vir vars water is maklik proe daaraan. Ek het uiteindelik twee, moontlik drie, spesies naaldekokers gekry en twee spesies waterjuffers. Al die gate verskil, en sommige vorm dammetjies. Ons het slegs n uur gehad, maar dit was vir my n wonderlike ervaring. Daar is n skynbaar stabiele varswater-ekologie op die eiland, wat nie meer as 500 meter in enige rigting strek nie 450 km vanaf die naaste ander vars water op Mauritius. Waar dit alles vandaan kom, weet ek nie. Ek-weetnie s van hierdie soort (en daar is baie meer raaisels as wat ek hier beskryf het) is n uitdaging wat ek baie graag wil ondersoek (met of sonder n yskas). Met ons terugkeer na Mauritius het ons n perskonferensie gehou waar ons oor ons bevindings verslag gelewer het. Benewens die ooglopende behoefte aan beplanning en konsultasie, het die span gesê dat hierdie stelsel bewaar moes bly, en dat lae-impak-ekotoerisme en hengel haalbaar is. Kwessies soos klimaatsverandering, seevlakstyging, en die versuring van die oseaan is bykomende kwessies wat met navorsing aangepak kan word. Ek sal nie hierdie reis vergeet nie!

NWU plaas kollig op Outisme Die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaas hul fokus die week van 4-8 April op die bewusmaking van Outisme, as deel van Wêreld Outisme Maand. Outisme spektrum versteuring (OSV) en outisme is albei algemene terme vir n groep van komplekse toestande van breinontwikkeling. OSV is n ontwikkelingsgestremdheid en mense met OSV kan moontlik op n wyse kommunikeer, optree en leer, wat van ander mense verskil. Die leer-, denke-, en probleemoplossingvermoëns van mense met OSV kan wissel van begaafd tot baie verswak. Sommige mense met OSV het baie ondersteuning (baie hulp en intensiewe intervensie) nodig, terwyl ander weer heelwat minder ondersteuning nodig het. Outisme spektrum versteuring is gekarakteriseer in mindere of meerdere mate, deur: probleme met sosiale interaksie, verskille in sensoriese persepsie verbale en nieverbale kommunikasie, en herhalende gedrag. Outisme Suid-Afrika koppel die kleur blou aan hul nasionale veldtog en die hoofgebou van die Potchefstroomkampus sal, as ondersteuning van die bewusmakingsveldtog, vir n paar aande blou verkleur word. Hou die NWU-Pukke se Facebookblad dop vir meer inligting oor die veldtog. Die Instituut vir Sielkunde en Welstand beplan n Outisme Simposium wat op 20 en 21 Mei op die Potchefstroomkampus aangebied sal word. Vir meer inligting hieroor kan Hanlie Degenaar gekontak word by 018 299 1739 of hanlie. degenaar@nwu.ac.za

Solar Car continues to build on its exposure The success of a group of engineering students from the North-West University at last year s Bridgestone World Solar Challenge with their Sirius X25 solar car, recently urged the television magazine program, Pasella, to learn more about their gruelling Australian race. Presenters visited the Potchefstroom campus and were amazed by the innovative technological- and design ideas that flowed from the engineering students, which led to the birth of a world-class solar-powered vehicle. The broadcast will take place on Pasella, SABC 2 on 29 April at 20:30. Follow the NWU-Pukke Facebook page for information closer to the time. The television magazine programme, Pasella, recently visited the NWU solar car to see what all the fuss is about.

Verpleegkundestudente kry eerstehandse trauma-ervaring Studente aan die NWU-Potchefstroomkampus se Skool vir Verpleegkunde het eerstehands ervaar wat dit beteken om traumapasiënte tot in die hospitaal te kry. 87 verpleegstudente moes onder leiding van paramedici van ER24 en die Tlokwe brandweer verskeie trauma-situasies hanteer. Die scenario s was dié van ernstige motorongelukke waar die pasiënte verskillende beserings opgedoen het. Die studente moes die beserings assesseer en besluit hoe om die pasiënte te behandel. Die pasiënte was almal studente van Potchefstroom Akademie. Hulle het mekaar gegrimeer om ernstige wonde na te maak. Mooirivier Beskerming het uitgehelp met die oefening deur as sekuriteit op die toneel op te tree. Die ER24 paramedici en brandweer het die studente leiding gegee waar dit nodig was. Dr. Ronel Pretorius wat die dag gereël het, het gesê dat hierdie tipe opleiding noodsaaklik is om ervaring op te doen wanneer so n situasie homself voordoen. Dr. Anita Groenewald het tydens die dag teoretiese lesings behartig waarna dr. Johann Horn n seminaar oor etiek in noodbehandeling aangebied het.

Grootste oudstudente saamtrekke nóg in die Kaap Op 6 April 2016 het die NWU-Potchefstroomkampus een van sy grootste oud-studente saamtrekke nóg in die Kaap gehou. Die kampusrektor, prof Fika Janse van Rensburg het sowat 220 oud-studente by Pampoenkraal function venue onthaal en terugvoer gegee oor doe dit met die Potchefstroomkampus gaan. Gaste het ook geleentheid gekry om vrae aan die rektor te rig, waarna n lekker saam-kuier gevolg het. Die saamtrek het groot impak gehad, dit was gesellig en was sowaar n regte NWU-Puk-kuier. Dankie aan almal wat die kuier n sukses gemaak het - ons sien julle binnekort weer!

Gholf Klubkampioenskappe Op 23 April 2016 het die Alumni gholfklub n Alumni gholfdag op Parys by die Parys gholfklub aangebied. Die manne en dames moes maar vroeg uit die vere want die eerstes het reeds om seweuur afgaslaan Dit was egter n lieflike gholfdag na vroeë reenbui net voor afslaantyd. Die wenners van die dag was in die eerste plek Hendrik Truter en Guillaume Strydom met 45 punte In die tweede plek was Francois Retief en Flippie Cloete met 43 punte en in die derde plek was dit Louw Geyser en Gerald Sutton met 40 punte NWU Career Centre Loopbaansentrum Research indicated that Alumni would like the NWU Career Centre to provide them with long-term employability and advancement opportunities. In light of the above, the NWU Career Centre would like to streamline our communication to you and make sure you hear from us in the most efficient way. The LinkendIn group and Facebook page was created to give Alumni a platform to search for jobs, advertise vacancies for professionals and to give information about important NWU career events. 018 299 2059 careercentre@nwu.ac.za Die volgende beplande wedstryd is 14 Mei teen Tukkies op Goldfields It all starts here

Alumni-toekennings 2016 erken uitstaande alumni Alumni Awards 2016 acknowledge outstanding alumni Indien jy n individu ken wat by die NWU of enige van sy voorgangers gestudeer het en nou uitblink in hul bepaalde veld, nomineer hul vir n NWU Alumni-toekenning. Sluitingsdatum vir nominasies is 7 Junie 2016. Vir meer inligting klik hier. If you know of an individual who used to study at the NWU or any of its predecessors and now excels in their field, please nominate them for an NWU Alumni Award. Closing date for nominations is 7 June 2016. For more information click here.

Great honour for emeritus professor in Theology An emeritus professor of the Faculty of Theology at the North-West University was recently honoured for his publications and study of the original languages of the Bible. Prof Koos Vorster received the Totius prize for theology and the study of the original languages of the Bible from the Akademie vir Wetenskap en Kuns. This prize is awarded every three years for an outstanding publication or a series of outstanding publications in Afrikaans about Christian theology and/or study of the original languages of the Bible. Vorster was honoured for his extended series of publications in Afrikaans, his research in the field of political theology and the role of the church in South Africa in a transition period. He also received recognition for his development of a socially involved ethic on a reformatory basis and his research about the church, a constitutional state and fundamental human rights. He was born in Johannesburg and completed his matric at the Helpmekaar Boys High School. He obtained the degrees BA, Hons BA, MA, ThB, DPhil and ThD at the former Potchefstroom University for Christian Higher Education. He has been rated as an established researcher in various research fields with the National Research Foundation since 2004. Vorster s career at the former PU for CHE started in 1969 when he became a lecturer in Cultural Philosophy and Cultural History. From 1975 to 1990 he took a break from the academic world and was a minister in the Reformed Prof Koos Vorster. Churches of Gobabis and Derdepoort in Pretoria. From 1990 he was again involved as extraordinary professor in the Faculty of Theology, as well as the Faculty of Arts of the PU for CHE. From 1990 onwards he was professor in Ecclesiology at the Hammanskraal Theological School and was the vice-rector of this school for two years (1992 to 1994). From 1995 he was a professor in Dogmatology and Ecclesiology in the Faculty of Theology of the of the PU for CHE, and in 1999 he became the director of the School of Ecclesiastical Studies. He was the vice-rector of the School for Theology from 2002 to 2004 and thereafter he became the rector of the school until 2007. In 2011 he retired and is currently a research fellow at the Faculty of Theology.

Baccalaureus Pukkium Dit is altyd dieselfde. Kyk maar, dit is. Eers is dit rustig, dan is dit luidrugtig. Die stilte skeur en word verformeer in n applous en n gejuig. Pukki is hier. Bene gespikkel met geel polkakolle, n hiert-jy kuif bo n snawel wat ewig glimlag en n stout-astrante stap: dis n onmiskenbare, geliefde gedierte, dié. By sportgeleenthede sweep hy die toeskouers op, by die Amfiteater groet hy nuwe studente en hul ouers. n Prysoorhandiging, hy s is daar. n Liefdadigheidsfunksie, pen sy naam neer. Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is sy nes en a la nekkie van die plekkie stap hy rond, gewapen met n drukkie en n vat-vyf vir almal wat oor sy pad kom. Nou die dag stap hy op die verhoog tydens n gradeplegtigheidseremonie. Sy voete, eintlik net sy voete, die res was Stefan van Dyk. Dié boorling van Ermelo het sy IT-graad by die Potchefstroomkampus ontvang en daarmee saam het hy sy rol as Pukki vaarwel geheet. Dit was n absolute eer. Maak nie saak van wat mense dink hoe warm dit soms was nie, dit was nooit vir my moeilik nie. Dit was nooit vir my werk nie, vertel hy. Dit moes ongemaklik in daai pak gewees het, of hoe? Nee wat, glad nie, dit het my van die begin af soos n handskoen gepas, spog hy. Dit was hy en dit was Pukki. G n dieselfde persoon nie. Ek gaan die geheimsinnigheid mis. Jy kan enige iemand groet en almal groet jou terug. Almal is mal oor jou. Ek dink dit is iets wat min mense ooit ervaar jy kom aangeloop en almal cheer vir jou. En, hy was deel van iets groters. n Gelukbringer vir die gelukbringers. Pukki is n helpende hand en hy is n ikoon Stefan saam met Prof Fika J van Rensburg, rektor van die Potchefstroomkampus. van omgee. As jy hom sien kry jy die gevoel van deel wees. Ons het vanjaar R2 miljoen aan liefdadigheid geskenk en Pukki was die gesig daarvan. Wanneer jy in daardie pak in klim, klim jy in n ander persoonlikheid in. Jy het n gesplete persoonlikheid. Ek kry sommer nou weer hoendervleis as ek dink aan n Maandag agtermiddag net voor die rugby begin. Hy s al goed gelak in daardie pak. Laaste keer was dit so gróót ou. Skuu s bra, sê hy vir Stefan wat winduit lê, Ek moes dit doen. Einaaaa. Na sulke oomblikke gaan hy nie verlang nie. Ander, ja daar is baie. Daai glimlag, waaroor is Pukki so gelukkig? Want maak nie saak waar hy op kampus rondloop nie, hy is in sy kamer. Vir sy opvolger het hy net een stukkie raad: Maak seker dat elke keer wanneer iemand n foto neem, dat jy ook binne die pak glimlag. Sien, dis hoekom hy wat Stefan is net die regte man vir Pukki was.

Veritas se geliefde Grietjie Sy is n vrou soos min ander, bes moontlik die inspirasie agter Chris de Burgh se The Lady in Red en vir die manne van Veritas, n sprokieheldin so geliefd soos Rooikappie. Ontmoet vir Grietjie. Dit was vir baie lank een van ons koshuistradisies om n klavier agter op n bakkie te laai en dan vir dameskoshuise n serenade te gaan lewer, vertel Burger Tereblanche. Veritas-inwoner. B.Com-student. Een-en-twintig-jarige van Oos- Londen. Nommer nege skoen, sê hy en voeg by: Eintlik is dit n nommer 11 skoen, net nou dink die mense ek het klein voete. Grietjie het n saamsnoer-taak gehad en dit het sy kwartaalliks met groot genot sedert 1982 vertolk. Tot... Ons het agtergekom dat n klavier nie daarvan hou om gereeld op n bakkie rondgeskuif te word nie. Dit is nie vir hulle lekker agterop n bakkie nie, deel hy die onwetendes wys mee. In 2013 besluit die manne van Veritas egter om hul slapende prinses n lewenssoen te gee. Vir die nuwe Grietjie het die studente n raamwerk uit hout aanmekaargeslaan wat nes n klavier lyk. Rooi verf met goud vir haar naam, n elektriese-klavierbord wat in die raamwerk geplaas word en siedaar: Grietjie was terug. Die ou tradisie het toe weer vlam gevat en van daar af probeer ons om dit ten minste een keer n kwartaal te doen. Ons doen verwerkings van bekende liedjies en die meer musikale ouens hanteer dit. Ons doen Lisa se Klavier, maar verander dit na Grietjie se Klavier en liedjies soos Piano Man asook Afrikaanse keurspelle. Soms is daar ander instrumente ook betrokke soos iemand met n kitaar of n ou op dromme wat perkussie hou, verduidelik hy. Soms n 100, soms n 150 of meer Veritasmanne kom die aand van die serenade by die ontspanningslokaal in die koshuis bymekaar. Bladsy met die liedjies se lirieke daarop gedruk word dan uitgedeel en sowat n uur se oefening volg. Hang af van waar die dameskoshuise geleë is, word tot drie vertonings n aand gelewer. Grietjie se gifappel was al die rondrits en gebroke is sy in Vertias se ontvangslokaal neergelê, waar sy steeds in al haar prag aanskou kan word. So gebeur dit dan ook dat dié tradisie doodloop. Uit een mond word daar dan gesing. Op die selfde noot? Alles behalwe. Daar word altyd vir die ouens gesê dat indien hulle nie mooi kan sing nie, hulle dan net ten minste hard moet sing, skerts Terblanche.

Paralympic Games becomes a reality for Adri Adri Visser, an honours student at the Potchefstroom Campus of the North- West University s School of Biokinetics, Recreation and Sport Science, is no stranger face on campus. As a result of a birth defect, Adri s two arms did not fully develop. She also has only one leg. Despite her shortcomings, she once again proved that anything is possible when there is enough perseverance, faith and motivation. Adri is an outstanding swimmer and reached many high achievements with her swimming. The biggest highlight was when she recently, during the 2016 South African National Aquatic Championships in Durban, qualified for the Paralympics which will take place in Rio, Brazil later this year. She will participate in the S5 category in the 50m butterfly. During her qualifying swim, Adri also swam a new African record in this style, with a time of 52.02 seconds. According to Professor Hans de Ridder, director of the School of Biokinetics, Recreation and Sport Science, Adri is an example of someone with lots and lots of perseverance and faith. She is a huge example for all of us we wish her all the best with her Paralympic Games experience.

Kampioensreis Dit is n raps voor 06:00 op Maandagoggend 25 Januarie. In die waglokaal by Lanseria-lughawe tel die horlosiearm gedwee die tyd af voor die Boeing 737 Kaapstad toe vertrek. Na die FNB-gebou toe. Na die bekendstelling van die 2016 Varsitybeker toe. Hy gaan sy vlug verpas. Feit. Dan lig die NWU-Puk se kaptein, Jeandre Rudolph, se wenkbroue herkennend op, hy wys met sy vinger en sê: Hier is hy. Baadjie oor sy skouer gedrapeer, Rastlokke netjies in n poniestert vasgebind. Doer kom Jonathan Mokuena aangestap. Nou kan hul reis saam begin. Sewe-en-sewentig-dae-en-dertien-ure later is dit die begin van n agt-en-tagtigminute-twee-en-dertig-sekondes einde van die reis. Die NWU-Puk maal saam op Maties se doellyn. Speeltyd is lankal reeds verstreke. Dis 6-0 vir Maties tot Marno Redelinghuys oor duik vir die wendrie. Die reis is verby, want: Ek het nie vir n oomblik gedink dat Rhyno (Smith) die doelskop sou mis nie, vertel Rudolph, wat vir die tweede agtereenvolgende week as Speler van die Wedstryd aangewys was. sjampanje! Nee kyk, die gees en die atmosfeer was ongelooflik. Soos dit is by n familiebyeenkoms. Ons is n klomp broers wat elke oomblik van elke wedstryd vir mekaar gespeel het. Die hele afrigtingspan was fantasties. Van coach Jonathan voor tot die laaste man; dit is n ongelooflike groep mense. Hulle is ouerfigure wat leiding gee. Ek wil ook net dankie sê vir almal wat ons so ondersteun het. Van almal wat Stellenbosch toe gekom het tot almal by die ondersteunersparke in Potchefstroom. Ons het gesien hoe baie van julle daar was, dit was mal! Ná nege jaar se probeer en drie hartverskeurende eindstryde. Heito hiers hy nou. Ek sê nogal nou-nou vir iemand dat ek dink dit gaan eers insink wanneer ons terug in Potch is. Dinsdagmiddag hier by 14:40 land Mango vlug JE712 vanaf Kaapstad op Lanseria. Die passasiers slaan hul eie koerse in. Stede toe, huise toe, families toe. Sommige van hulle klim op n bus en ry met die R512 af. Hulle vat die N14 en ry met hom tot hulle die Klerkskraaldam sien. By die Rysmierbult-bord draai hulle links en ry verby die beeste en PG du Plessis se plaas. Hulle draai regs op die Carletonville-pad. Elke wieldraai vorentoe sink dit meer in. Kaptein fantasties dink jy. Bog, sê hy: Dit was spesiaal om as Speler van die Wedstryd in die eindstryd aangewys te word. Maar, as dit van my afgehang het sou ek elke NWU-Puk die Speler van die Wedstryd gemaak het. Die ouens het as n span vir mekaar gespeel en dit het my werk baie makliker gemaak. Vir die laaste tien minute van die kragmeting het die NWU-Puk op Maties se doellyn geboer asof die Danie Craven-stadion se grond eindelose oeste gaan oplewer. Basta daarmee. Strafskop, strafskop, skrum, skrum ad infinitum. En al wat deur Rudolph se kop gaan is: n Strafdrie! grap hy. Ek het geweet as ons net aanhou kan ons dit doen. Ons het sterk geskrum en ek het besef as ons net die druk volhou kan ons die deurbraak maak. Vat vyf Marno. Ek was verlig en toe baie bly. B.A.I.E. Daar is toe net een ding te maak, bieg hy: n Paar lang biere en toe baie

Krieketreünie (70 s tot 80 s) Mens dink Sashin Tendulkar het n lang loopbaan gehad? Watwou! Saterdagoggend 12 Maart het NWU-Puk-krieketspanne van 1970 en 1980 hul beenskerms aangetrek, hul streepballe weer uit hul arsenaal getrek en op die Ibbies Ovaal gewys dat klas, inderdaad, vir ewig is. Dié reünie, die breinkind van Manie van Jaarsveldt en met die hulp van Chris Venter (Whitey) en Nick Louw, het opeens gewys dat die Potchefstroomkampus aan sy alumni kleef soos bal in Jonty Rhodes se hande op punt. Die resultaat? Almal het gewen. Na die afloop van die wedstryd het die manne verkas om die aand weer bymekaar te kom vir n gesellige geleentheid. Elke vier, hoor jy toe, was met meer finesse as die vorige geslaan, elke paaltjie meer indrukwekkend as die vorige een geneem. Opvallend genoeg was daar bra min oor die veldwerk gesê... Prof Fika J van Rensburg, waarnemende rektor van die Potchefstroomkampus, het ieder en elk by die NWU-Puk Krieketklubhuis vir hul teenwoordigheid bedank en gesê dit is juis oor alumni soos hulle dat die Potchefstroomkampus sterk staan. Die NWU-Puk is soos n diepgewortelde boom. Die storms laat die stam buig en beef, maar dit laat hom nie ontwortel nie, het Prof Fika gesê. Dit is danksy ouens soos julle en die ryke geskiedenis wat julle help skep het, dat ons dit kan sê. Hierna het die manne, met die hulp van n paar studente, mekaar vir n Twintig20-kragmeting aangedurf. Die kwinkslae het reeds in die klubhuis soos lopies van Graeme Pollock se kolf af begin vloei, maar dit was niks in vergelyking met wat op die veld gehoor was nie! Die manne het die fatsoene van hul helde van gister aangeneem. Daar was die Barry Richards en Peter Kirstens wat hul paaltjies soos hul koue verversings langs die veld beskerm het. Vir elke veelsydige Clive Rice was daar n ewe gemotiveerde Eddie Barlow, om nie te praat van die Mike Proctors en die Garth Le Rouxs wat die paaltjies laat tuimel het nie.

Kontak ons Vir enige voorstelle en kommentaar oor die nuusbrief, skryf asseblief aan Yolandi Haasbroek deur op die Kommentaar-skakel te kliek. Kommentaar Indien u verkies om nie die nuusbrief te ontvang nie, kliek op kanselleer-skakel, vul u voorletters, van en geboortedatum in en stuur die e-pos vir ons aan. Het die alumnikantoor jou nuutste kontakinligting of weet jy van ander oud-nwu-pukke wat graag die nuusbrief wil ontvang? Vir adresveranderings besoek www.nwualumni.mobi/ Kliek hier en gaan LIKE ons Facebook-blad Kanselleer