Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

Similar documents
Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

Vinkie. Laerskool Fairland

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Vinkie. Laerskool Fairland

BenguFarm Bestelvorm

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Vinkie. Laerskool Fairland

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

Vinkie. Laerskool Fairland

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Rut: n Liefdes Verhaal

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Tariewe

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Marketstraat 145, Fairland (011) /2 Jaargang 24 Nr November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR. Mnr.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Kos vir ons skoolkatte

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Die jaar se kaskar was

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

UIT DIE HOOF SE KANTOOR BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Finansies / Finances

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

SIZA takes the sting out of auditing

Hoe om krag te spaar

Kerssangdiens. SA Gemeente

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

INSKRYWINGSVORM

Die Hoërskool DF Malan

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!


REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

14/2016 Schalk Reynders HOOF

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Sterdansers by Vensters.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

WILGERLOOT TOKKIES KRY RAPPORTE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Transcription:

Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 nr 12 21 April 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Juf. Penny van den Berg gaan met kraamverlof vroeg volgende week. Ons wens jou baie sterkte toe met die nuweling wat oppad is. Aansoekproses Baie dankie aan Karén Reyneke vir al die voorbereiding, onderhoude met voornemende ouers en skakeling met die GDO. Baie dankie aan al die personeel wat haar met die registrasie-proses bygestaan het. Gr. 1-2017 ouers moet asb. nog steeds probeer aanlyn probeer registreer op GDO se webtuiste (www. gdeadmissions.gov.za) en indien u suksesvol was, moet u asb. bewys na karen@lsfairland.co.za stuur. 28 & 29 April 2016 Neem asb. kennis dat hierdie twee dae nie vakansiedae is nie. Dit is gewone skooldae en personeel gaan voort met die kurrikulum. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar: Karen Brits - 23 April Marzaan de Villiers - 24 April Ons glo en vertrou dat julle nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees. BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 20 Mei Senior- en Juniorkoor: L/s 26 30 Apr. Juniortennis: Truida Kestell Bethlehem 21 Apr. Gholfdag, Randpark Gholfklub Helderkruin Koorfees 22 Mei Seniorkoor: NG 7 Mei Rugby: TrinityHouse 21 Mei VVF-pretloop Kerk Aasvoëlkop Festival (al die spanne) 24 27 Jun. Hokkie-toer: Seuns & Dogters (o/13) Potchefstroom VAN DIE BEHEERLIGGAAM ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 7 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke (karen@lsfairland.co.za) REDAKSIE Dis nie net die kinders wat by óns nuwe dinge leer nie, ons leer ook op n byna-daaglikse basis by hulle! Dit is so mooi om te sien hoe ons leerders vir mekaar omgee. As n mens dink aan al die situasies by die skool waar ons n beroep op ons kinders doen om saam te werk om n omgee-milieu te skep, is dit werklik n inspirasie vir ander om te sien hoe entoesiasties hulle meedoen. Ons grootmense kan gerus meermale ons kinderskoene aantrek om verskeie redes. Kinders het geen vooroordele nie. Kinders sien nie kleur, taal of sosiale status raak nie. Al waaroor hulle omgee, is of iemand n nice persoon is of nie. As n kind van jou hou, is dit omdat jy gaaf is, of lekker speel 1

of hulle laat lag. Hulle hou van mense wat vir hulle tyd maak, wat vir hulle luister (regtig luister) en hulle raaksien. Kinders sien dwarsdeur valsheid, weet dadelik as jy vir hulle dinge wegsteek of jok. Hulle word gebore sonder haat, woede en dra geen wrok nie. Hulle floreer op positiewe invloede en is waagmoedig. Kinders vrees niks. Wat leer ons samelewing vir hulle wat veroorsaak dat hierdie eienskappe só radikaal verander namate hulle ouer word? Miskien is dit tyd dat ons die rolle omruil en vir n slag by hulle leer. Dink hoeveel stres ons uit ons lewens sal verwyder! Die volgende aanhaling kom uit die lied, Colours of the wind uit die Disney-film, Pocahontas. Iets om te bepeins: You think the only people who are people Are the people who look and think like you But if you walk the footsteps of a stranger You'll learn things you never knew you never knew Mag die wind jou perfekte hare hierdie week sommer so deurmekaar waai, sodat jy kan weet hoe vryheid voel...sonder enige voorbehoude. Lekker week! Erika KULTUUR Die inskrywings vir die Laerskool Fairland Kunswedstryd open op 1 Mei 2016 en sluit op 31 Mei 2016. Alle inligting in die verband sal op die School Communicator en ook op die skool se webtuiste beskikbaar wees. Die dokumentasie sluit alle inskrywingsvorms en ook die prospektusse van die verskillende afdelings van die kunswedstryd in. Deelname is gratis vir alle leerders. Die datums van die verskillende genres sal binnekort bekendgemaak word, maar die kompetisie vind plaas in middel Augustus. Die kompetisie word by die skool aangebied na normale skoolure. Die saal, lapa en verskeie klasse sal as lokale gebruik word. Die inskrywingsvorms kan van die webtuiste afgelaai word en dan by die kantoor ingehandig word vir prossesering. U kan ook die voltooide inskrywingsvorms per e-pos stuur aan info@lsfairland.co.za (duidelik gemerk: Kunswedstryd) waarna dit verder versprei sal word na die organiseerders van die verskillende afdelings.die verskillende afdelings waaraan deelgeneem kan word, sluit o.a. in: Drama; Redenaars; Dans (sluit revuegroepe in); Sang (sluit kore in); Instrumentale uitvoerings; Visuele kuns (rondte twee). Lees asb. die prospektusse deeglik deur om uself te vergewis van die reëls en regulasies van die kunswedstryd. Let ook op die Kultuurnorm (op webtuiste) se spesifikasies vir verdere inligting. Vir enige navrae in die verband kan die volgende koördineerders gekontak word: Drama Monique Louis Redenaars Corisa Niemand Dans Liza de Jager Sang Chrisné Ehlers Instrumentaal Melissa Breedt Revuegroepe Karen Nel Visuele Kuns Johanette Judels Algemeen Erika Joubert Norm Leanie Taljaard / Erika Joubert Ons sien daarna uit om al ons leerders by die kunswedstryd te sien! 2

BEOORDELAARS BENODIG!! Indien u van enigeen weet wat oor die nodige agtergrond beskik om as beoordelaar op te tree by ons kunswedstryd, laat ons asb. dringend weet. Beoordelaars wat belangstel om deel te neem aan die kompetisie in Augustus (vergoedingdetails beskikbaar by navraag), moet asb. aan ons die volgende inligting verskaf: CV met u agtergrond in een of meer van die volgende genres: kuns, dans, drama en musiek. Besonderhede oor u ervaring as beoordelaar. Alle belangstellendes kan hul CV s e-pos aan rtfacts1@gmail.com. of inhandig by die skoolkantoor. Geen persone met kinders in ons skool of wat van ons leerders afrig, kan aansoek doen nie, om objektiwiteit te verseker. DANS EN DRAMA Oefentye: DRAMA Ma. 14:30-15:30 gr.1 en gr. 2 15:30-16:30 gr. 3 16:30-17:30 gr. 4 en gr. 5 Wo. 15:30-16:30 Solo-afrigting 16:30-17:30 gr. 6 en gr. 7 DANS Di. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4 Do. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4 JUNIORKOOR Neem asb kennis van die volgende datums: * Daar is GEEN oefening op 12 Mei en 19 Mei as gevolg van Mini-netbal en Tau-rugby wedstryde. * Daar is wel 'n werkswinkel op Saterdag 14 Mei van 9:00-13:00 in voorbereiding vir ons 2 optredes in Mei. * Optredes: 20 Mei en 31 Mei. Verdere inligting sal later deurgegee word. SENIORKOOR Belangrike datums om reeds op kalenders te plaas vir optredes: 20 Mei - Laerskool Helderkruin Koorfees 22 Mei - NG Kerk Aasvoëlkop Kultuur-aanhaling van die week Art is the only way to run away without leaving home. - Twyla Tharp Erika Joubert SPORT Sporttoer na Uitenhage, Oos-Kaap (Tennis, Rugby en Netbal) Ons het n opname gemaak en bogenoemde sporttoer gaan plaasvind vanaf 20 24 Julie. Verdere inligting volg later. NETBAL Baie geluk aan Mathilda Steyn, Clarise van Dyk en Simone van Belkum wat Saterdag die JOMO-streekspan verteenwoordig het by Hoërskool Randburg. Mathilda en Simone is ook deur na die GSS-proewe wat op 6 Mei om 13:00 by Hoërskool Randburg plaasvind. Reëlings vir oefeninge week van 25 27 April: Maandag 25 April Geen oefening vir die o/9-spanne en die D-spanne a.g.v. ligawedstryde op ons bane Dinsdag 26 April o/9-toernooi Gewone oefening vir o/10- tot o/13-spanne Woensdag 27 April Geen oefeninge - vakansiedag 3

UITSLAE Fairland vs Vastrap 10A verloor 22-6 10B verloor 11-8 10C wen 6-4 10D wen 4-3 11A verloor 16-12 11B verloor 16-6 11C wen 8-7 11D wen 10-0 12A verloor 17-9 12B gelyk 5-5 12C wen 5-3 12D wen 17-2 13A verloor 21-16 13B verloor 14-11 13C wen 12-10 13D wen 14-1 *Fairland wen 8, verloor 7 en speel 1 gelykop Fairland vs Rustenburg 10A verloor 13-5 10B wen 10-2 10C wen 5-3 10D verloor 10-2 11A verloor 22-2 11B verloor 16-6 11C wen 6-3 11D wen 9-3 12A verloor 30-4 12B wen 9-5 12C wen 11-3 12D verloor 8-5 13A verloor 15-10 13B wen 16-4 13C wen 8-3 13D wen 19-0 *Fairland wen 9, verloor 7 Belangrike datums o/10 o/13-15 en 16 April (A- tot D-spanne) Konka Oefentye: 1ste Sessie: Maandag: 14:15-15:30 Dinsdag en Woensdag: 13:50-15:05 Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan o/13a&b o/10a&b o/10c&d o/9a&b o/9c&d o/9e&f 2de Sessie: Maandag: 15:30-16:45 Dinsdag en Woensdag: 15:05-16:20 Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan o/12a&b o/12c&d o/11a&b o/11c&d o/13c&d Geen D10-ligawedstryde 4 Mei - L/s Curro Aurora (weg) 11 Mei - Randpark Primary (weg) 18 Mei - L/s Unika (weg) 25 Mei - L/s Boskop (weg) JOMO-ligawedstryde 25 April - L/s Roodekrans (tuis) 09 Mei - L/s Kenmare (tuis) 19 Mei - L/s Helderkruin (weg) 24 Mei - Bryanston Parallel (tuis) 4

MINI-NETBAL Oefentye o/6-dogters Maandae, Dinsdae en Woensdae: 13:10 13.50 o/7- en o/8-dogters Maandae : 13:35-14:10 Dinsdae en Woensdae : 13:05-13:50 Mini-netbaltoernooi by Laerskool Unika 4 Mei 12 Mei 19 Mei RUGBY Vriendskaplike wedstryde: 26 April WEDSTRYDE DEUR L/S RUSTENBURG GEKANSELLEER 07 Mei vs TrinityHouse Randpark (weg) Voorlopige datums vir ligawedstryde 11 Mei vs L/s Randhart (weg) 18 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg) 25 Mei vs L/s Orion (tuis) Rugby-oefentye MAANDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10 A&B 3de, 4de o/11a&b 13:35-14:10 B-veld A-veld 14:10-15:10 B-veld A-veld 15:10-16:10 A/B-veld 16:10-17:10 A/B-veld DINSDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10 A&B 3de, 4de o/11a&b 13:10-13:40 B-veld A-veld 13:45-14:45 B-veld A-veld 14:45-15:45 A/B-veld 15:45-16:45 A/B-veld WOENSDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10 A&B 3de, 4de o/11a&b 13:10-13:40 B-veld A-veld 13:45-14:45 B-veld A-veld 14:45-15:45 A/B-veld 15:45-16:45 A/B-veld 1 e, 2de 1e, 2de 1e, 2de TAU-Rugbytoernooi by Laerskool Unika 4 Mei 12 Mei 19 Mei Vrienskaplike toernooi 07 Mei TrinityHouse Randpark (weg) 5

HOKKIE Belangrike datums Toer (o/13-seuns en dogters): Dogtershokkie Belangrike datums Proewe 22 April by Laerskool Fairland Seunshokkie Belangrike datums Proewe 21 April by Laerskool Fairland 24 27 Junie (Potchefstroom) TENNIS Oefentye vir kwartaal 2 Dinsdag 5 April Juniors (06:30 07:30) Maandag 11 April Juniors (07:00 08:00) Dinsdag 12 April Seniors (06:30 07:30) Maandag 18 April Seniors (07:00 08:00) Dinsdag 19 April Juniors (06:30 07:30) Maandag 25 April Juniors (07:00 08:00) Dinsdag 26 April Seniors (06:30 07:30) Maandag 2 Mei Vakansiedag Dinsdag 3 Mei Seniors (06:30 07:30) Maandag 9 Mei Seniors (07:00 08:00) Dinsdag 10 Mei Juniors (06:30 07:30) Maandag 16 Mei Juniors (07:00 08:00) Dinsdag 17 Mei Seniors (06:30 07:30) Maandag 23 Mei Seniors (07:00 08:00) Dinsdag 24 Mei Juniors (06:30 07:30) Maandag 30 Mei Juniors (07:00 08:00) Dinsdag 31 Mei Seniors (06:30 07:30) Daagwedstryde Die daagwedstryde vir seniordogters en -seuns is ook vanaf 21 April. Daagwedstryde sal einde Junie weer sluit. Seniorseuns: Juf Penny Seniordogters: Juf. Tineke SKAAK Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) TYE DONDERDAE Gr. 1(beginners) K.27 13:35-14:20 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 13:50-14:50 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 14:00-15:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 14:00-15:30 Skaak: Wagklas-oefentye Maandae en Donderdae 13:30-14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00-13:30 6

INLIGTINGSENTRUM ATKV-LEESPROJEK, GR. 6 & 7 Eksamendatum: Verskuif na Vrydag 5 Augustus ATKV-KINDERBOEKTOEKENNING, GR. 2 7 Sluitingsdatum: Woensdag 20 Julie SANTAM KINDERKUNSKOMPETISIE Gr. 1 7 (OPSIONEEL) Sluitingsdatum: 23 Junie 2016 (Inskrywingsvorms by juf. Leanie) WOW-SPELFEES 2016 Woorde word soos volg aangeleer: Gr.1: Woorde 1 100 skryf op Dinsdag 26 April Gr.2: Woorde 1 150 skryf op Dinsdag 26 April Gr.3: Woorde 1 200 skryf op Dinsdag 26 April Gr.4: Woorde 1 250 skryf op Donderdag 5 Mei Gr.5: Woorde 1 270 skryf op Donderdag 5 Mei Gr.6: Woorde 1 288 skryf op Donderdag 5 Mei Gr.7: Woorde 1 288 skryf op Donderdag 5 Mei Word weer vanjaar woordslim! Leanie Taljaard ALGEMEEN VERE-KAS Vere-kastye: MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit Ons sien daarna uit om al die ou en nuwe gesiggies by die Vere-kas te sien! Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 ANTI-ROMMELSTROOIPROJEK Op Maandag 1 Februarie het ons die skool se anti-rommelstrooiprojek aan die leerders bekend gestel. Ons moedig werklik ons leerders aan om al die papiere wat hul sien rondlê in die asblikke te gooi en om almal te help om ons pragtige terrein skoon en netjies te hou! Polla Pou is ook aan die leerders voorgestel en sy sê: "Gooi nou in! Gou!" Indien die leerders verlore goedere sien wat op die terrein rondlê, word hul versoek om dit in die houers vir VERLORE GOEDERE voor die Vere-kas te gaan plaas. VERLORE GOEDERE Daar word gereeld verlore beursies, horlosies, kledingstukke, ens. by die kantoor ingehandig. Ons doen n vriendelike beroep op ouers om asb. hul kinders se eiendom duidellik te merk. Dit maak dit soveel makliker om die eienaars te vind! GR. R: UITBLINKER VAN DIE WEEK Die maatjies in elke graad R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak. Gr. R/07 : Kara Janse van Rensburg Gr. R/08 : Arné van Nieuwenhuizen Gr. R/09 : Ruben Greeff Gr. R/10 : André Minnaar Gr. R/11 : Zani Jacobs 7 Gr. R/11A : Ruben van Dyk

STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Alex de Vlamingh Gr. 1/22 : Ruben Klopper Gr. 1/24 : Liam Stadtlander Gr. 1/25 : Kiarra Gey van Pittius Gr. 1/26 : Sybrand Stauss Gr. 1/27 : Steph Niemand Gr. 2/14 : Jaden Jordaan Gr. 215 : Jaco Martin Muller Gr. 2/16 : Elize O Reilly Gr. 2/17 : Mieke Jooste Gr. 2/21 : Rachelle Jardim Gr. 2/23 : Rojohe Schutte Gr. 3/12 : Cara de Wet Gr. 3/13 : Lené Labuschagne Gr. 3/28 : Stuart Tappan Gr. 3/29 : Luke van den Berg Gr. 3/45 : Luané Human Gr. 3/46 : Christo Ankersmit GOEIE GEDRAG Gr. 2/16 Lienka Jordaan Gr. 4/49 Luke Groeneveld en Inge Schoeman Gr. 4/50 Delaray Meyburgh Gr. 4/52 Seef Dannhauser en Nina Novella Gr. 7/06 Die hele klas vir volgehoue samewerking ALLERGIEë Ons doen n dringende beroep op ouers om asb. die kantoor in kennis te stel indien u kind n ernstige allergie het en stuur asb. die epipen of medikasie, duidelik gemerk met u kind se naam en nood-kontaknommer, ook kantoor toe indien nodig. SNOEPIE Die snoepie verskaf nie alleen heerlike eetgoed aan die kinders nie, maar lewer ook ʼn ander diens. Verskeie platters kan bestel word. Sien op die School Communicator onder Bronne/Algemeen die wye verskeidenheid van disse wat beskikbaar is. BEWYS VAN BETALING Neem asb kennis dat die skool nie langer van n faksmasjien gebruik maak nie. E-pos asb bewys van betaling aan Verna by debiteure@lsfairland.co.za of info@lsfairland.co.za EREKLEURE: WAPEN EN KOORD Die spesiale skoolwapen wat jy mag dra as jy erekleure verwerf het, is nou te koop by juf. Leanie in die in die inligtingsentrum. LAPELWAPENS Let asb. op die beleid in terme van die dra van lapelwapens op die skool se kleurbaadjies. SLEGS lapelwapens wat deur die skool toegeken word, bv. Toppresteerder, Medialeier, Voorsitter, ens. mag op die baadjie gedra word. Geen toekennings van eksterne organisasies word toegelaat nie. HAARSTYLBELEID Ons merk dat sommige dogters haartoebehore in die verkeerde kleure dra. Slegs bottelgroen (asb. nie lemmetjiegroen/appelgroen nie), wit of oranje word toegelaat. Indien die dogters se hare oor hulle krae hang, moet dit vasgemaak word. Haarbykomstighede moet eenvoudig en funksioneel wees. Geen ekstra versierings soos blomme, skoenlappers, blinkers, ens. word toegelaat nie. Ons doen n beroep op u om ons hierin te ondersteun. Ons is trots op ons skooldrag en wil dit graag so hou. BIDGROEPIE Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op n Woensdagoggend. (7:30-8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid. Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600. JG OOSTHUIZEN-FONDS (Beseerde Hoërskool Lindenseun) Vrywillige bydraes kan gemaak word aan: JG Oosthuizen 8

FNB Fluid Spaarrekening Rekeningnommer: 623 969 813 60 Tak: Hyde Park Takkode: 255 805 TOUCH RUGBY Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom. VRIENDE VAN FAIRLAND SPENS n Groot dankie vir elke leerling wat n pakkie van die huis af gebring het vir die OMGEE-WEEK!!! Ons spens se rakke is nie meer leeg nie!! Ons behoort vir so 3 maande geen aankope van sommige items hoef te doen nie. Baie dankie aan elke onderwyser/es wat hulle klasse so mooi aangemoedig het, dit help as Juffrou of Meneer die leerlinge motiveer en herinner. As enige iemand dalk vergeet het of nog iets wil skenk, is hulle baie welkom. Ons het min van die volgende items ontvang: 1. SOPPOEIER 2. CREMORA/MELKPOEIER 3. PROVITAS 4. GESIGSEEP 5. TOILETPAPIER Spensgroete Irene Aucamp AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND SPORT AKSIE-NETBAL 9

Stephané van der Merwe, Nadia van Niekerk, Zoë Franck en Emma Dirks is gekies vir die Wes-Gautengspan wat in die vakansie vanaf 28 Maart tot 31 Maart deelgeneem het aan die interprovinsiale toernooi waar hulle teen ander provinsies se streekspanne (Noord-Gauteng, Suid-Gauteng, Sentraal-Gauteng, Oos-Gauteng, Vaal, KwaZulu Natal Midlands, KwaZulu Natal en Westelike Provinsie) hulle staal gewys het. Dié span het uitstekend gevaar en n bronsmedalje verower. Tydens die vier dae word talle wedstryde gespeel en elke wedstryd bestaan uit vier kwarte van 10 minute elk. Stephané van der Merwe is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat aan die Junior Wêreld Aksienetbal-toernooi sal deelneem in Julie 2017. Baie geluk aan die vier dogters met hul pragtige prestasie! Baie geluk ook aan Stephané waar sy dan volgende jaar die SA-span vir Aksienetbal sal verteenwoordig. Ons is trots op jou! RUITERSPORT Kyla Booyens en Emma Dirks, gr. 7 het op Saterdag 9 April deelgeneem aan die SANESA ruiterskou vir skole. Kyla Booyens het in albei die 70cm skouspring-items asook in die 60cm rykuns skoon rondtes behaal. Kyla het geëindig met n 4de plek in 60cm rykuns. Emma se perd was eiewillig dié dag en sy het ongelukkig afgeval en haar sleutelbeen gebreek. Ons hoop jy herstel gou Emma! Baie geluk aan Kyla wat deurdring na die derde kwalifiserende ronde wat in Mei sal plaasvind. KULTUUR ATKV-REDENAARS Die ATKV het die volgende inligting aan ons deurgegee rakende die eerste rondte van die kompetisie. *Ons sprekers neem op Vrydag 29 April te Helpmekaar Kollege deel. Baie geluk aan Emma van der Waal wat in die plek van Maria Kotzé aan die eerste rondte van die ATKV-redenaars gaan deelneem. Ons is trots op jou! Donderdag: 11:00 15:00 Eben van Graan Vrydag: 11:00 15:00 Gr. 1 gr. 3 11:00 15:00 Gr. 4 en gr. 5 10:00 14:30 Gr. 6 en gr. 7 Die registrasie van die sprekers vind 30 minute voor die aanvang van die kompetisie plaas. Sprekers neem in volle skooldrag deel en is self verantwoordelik vir vervoer na en vanaf die skool. Baie sterkte aan al ons sprekers wat deurgedring het na hierdie rondte toe. AFDELING A Graad 1 3 Eben van Graan Luané Human Jessica Janse van Rensburg Josiah Ströh Nicola Bredenkamp Carla Janse van Rensburg AFDELING C Graad 6 7 Mathilda Steyn Michél Croucamp Charlie de Kock Lize-li Smit Adam Botha Dené Potgieter AFDELING B Graad 4 5 Mia Marais Emma van der Waal Juan van der Merwe Andries de Kock Ezaan Husselmann Inge Schoeman Ons glo en vertrou dat dit sommer baie goed sal gaan. Sterkte met die finale voorbereiding en afronding van jul toesprake. 10

WELTEVREDE VOORTREKKERS Die naweek van 15 tot 17 April was dit weer tyd vir hope pret en plesier by Weltevrede Voortrekkers se jaarlikse kamp te Hartbeesfontein. Gr. R- tot gr. 7-leerders het die kamp meegemaak: Van die Gr. R-leerders wat diep spore getrap het, asook die gr.7-leerders wat kaart- en kompaswerk prakties in die veld gaan toepas het, het almal ook iets saamgeneem huistoe wat leersaam en kreatief was. Die betrokke spanne het gewerk aan plantewaarneming, waterveiligheid, noodhulp en kampkook. Daar was egter nog baie tyd vir pret ook soos wat die kampvuurkonsert se temas getuig het. Ons het heerlik om n groot kampvuur gekuier en tot laat in die nag na n DVD gekyk terwyl die verkenners en volwassenes geleer het om Afrikatromme te slaan. Ons tema vanjaar by die Voortrekkers, is: Trap nuwe spore! Ons het voorwaar geleer om nuwe spore te trap, maar ook om in ander voorlopers se spore te trap. Tot ons volgende kamp! Leanie Taljaard ADVERTENSIES Betroubare huishulp soek werk Ek is op soek na werk vir n betroubare, inwonende huishulp. Sy praat Afrikaans en is baie goed met kinders. Ons verhuis in Mei. Skakel vir Liezel by 082 345 6943 RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Bespreek jou MUSIEKLES NOU vir 2016!! Resonanze Project Musiekskool bied lesse aan te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiek programmering. Kontak Anthea 081 351 7491 // info@ musicteach.co.za, Berario Ontspannings Sentrum. WEES MA MET JOU EIE INKOMSTE Ek help ma's om geld van die huis af te maak en kosbare tyd saam met hulle kinders te geniet. Vir meer inligting - skakel of sms Antoinette by 0826592240 JUSTINE VELSORGPRODUKTE Sy is kosbaar, sy is waardevol, n vrou na haar man se hart, sy is n Justine Vrou! Justine is een van Suid-Afrika se premier velsorgprodukte, en lewer meer as 40 jaar spesiale velsorg vir Suid-Afrikaners. Die velsorgprodukte is spesiaal ontwerp vir die Suid-Afrikaanse klimaat en het vele bewyse van tasbare voordele. Justine kompeteer met internasionale produkte. Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 of marlenebohmer@gmail.com vir Justine produkte soos Tissue-olie, "Anti-Aging" produkte en daardie spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 5 bestellings kry 5% afslag! 11

12

Pirates Hokkieklub nooi alle belangstellende kinders tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar uit om ons gratis afrigtingsessies by te woon op 23 April, 30 April en 14 Mei. Wat Ons Offer: 'n Beginners Kursus vir junior hokkie spelers wat belangstel om te leer speel of alreeds speel. 'n Geleentheid om basiese vaardighede te verbeter en in n span te speel in 'n positiewe, konstruktiewe en veilige omgewing. 'n Geleentheid om selfvertroue en beter vaardighede te bou. 'n Geleentheid om afgerig te word deur ons ervare instrukteurs wat gekwalifiseerde afrigters en rolmodelle is. Besonderhede: Datums: 23 April 2016; 30 April 2016; 14 Mei 2016 - Tyd: 9:00-10:30 Plek: Pirates Sportsklub, hokkie astro (25 Braeside str, Greenside) Ouerdomme: 6-13 jaar oud / Koste: Gratis vir HIERDIE drie weke Kontak Johan by: juniorhockey@piratesclub.co.za 13

14