UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Mandala Madness Deel 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Hoe om krag te spaar

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Dialoog en paragrawe *

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

G. J. du Preez

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Tonga die olifant - 01 *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Rubriek vir skeppende werk

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Tariewe

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

Stede en bedienswaardighede *

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Tariewe

Sterdansers by Vensters.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

SIZA takes the sting out of auditing

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Pasteur en Lister oorwin kieme *

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Transcription:

www.xtremepapers.com UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education *2338844390* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2009 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van n vraag gegee. For Examiner s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (SM) 18141/2 [Turn over

2 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor die nuwe sewe wonders van die wêreld wat deur meer as 100 miljoen mense wêreldwyd gekies is. Beantwoord daarna die vrae op die volgende bladsy. Nuwe wonders is gebou om te hou Die Groot Muur van China is op 6 400 km die grootste mensgemaakte struktuur wat ooit gebou is. Konstruksie het tussen 220 v.c. en 5 v.c. plaasgevind. Petra in Jordanië is tweeduisend jaar gelede in die woestyn gebou. Die stad bestaan uit ornamentele pilare, grafte, teaters en beeldhouwerke wat uit die pienkrooi rots gekerf is. Die Christus-beeld in Rio de Janeiro, Brasilië, is 38 meter lank en weeg meer as 700 ton. Dit het n asemrowende uitsig oor die stad. Die standbeeld is in 1931 opgerig en deur die Frans-Poolse beeldhouer Paul Landowski geskep. Machu Pichu in Peru is in die middel van die 15de eeu tydens die toppunt van die Inkas se beskawing gebou. Minder as n 100 jaar later het hulle dié stad verlaat toe die Spanjaarde Peru binnegeval het. Chichen Itza in Mexiko is deur die Maja-beskawing gebou. Die hoofaantrekking by dié ruïnes is die Tempel van Kukulcan. Dit is n trappiramide waar daar op die dag-ennag-ewening in die lente en herfs n skaduwee van n geveerde slang, die Maja-god Kukulcan, oor die noordelike stel trappe val. Die Colosseum is in Rome in Italië geleë en kon tydens die hoogtepunt van die Romeinse beskawing meer as 50 000 toeskouers hanteer. Dit is gebruik vir kompetisies en geleenthede wat dikwels baie wreed en bloeddorstig was. Die Taj Mahal in Indië is deur die keiser Shah Jahan as n graf vir sy gunstelingvrou laat bou. Jahan was blykbaar só beïndruk met die eindresultaat dat hy beveel het dat die argitek se regterduim afgekap word sodat hy nooit weer iets so mooi kon ontwerp nie.

3 1 Hoe verskil die Groot Muur van China van ander bouwerke? For Examiner s Use 2 Uit watter materiaal is Petra gebou? 3 Watter twee van die sewe wonders het iets te doen met godsdiens? 4 Wat het versoorsaak dat die Inkas uit Machu Pichu vertrek het? 5 Hoeveel keer per jaar kan n mens die skaduwee van die geveerde slang by die Tempel van Kukulcan sien? 6 Wie het een van die wonders in die twintigste eeu ontwerp? 7 Hoe weet n mens dat Shah Jahan meer as een vrou gehad het? [Totaal : 8] [Turn over

4 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. Die Onderwysdepartement wil inligting insamel oor hoe gereeld leerders in graad 8 tot 12 televisie kyk. Johan Jacobs is in graad 11 aan die Hoërskool Punt. Hy het pas sestien geword en is op 15 September 1993 gebore. Hy bly in Markstraat 33, Arcadia, 5201, en sy selfoonnommer is 076 067 0553 en sy e-posadres is johanjacobs@mweb.co.za. Johan se skool se adres is Skoolstraat 1, Arcadia, 5201, die telefoonnommer is 043 553 7688. Die skool se e-posadres is hspunt@schools.org.za. In die somer speel Johan drie middae n week tennis en in die winter speel hy twee middae n week en Saterdagoggende sokker. Hierdie jaar gee hy twee middae n week van halfvier tot halfses rekenaarklasse by n kinderhuis. Gedurende die week is hy selde voor sesuur by die huis. In sy vrye tyd bring Johan graag tyd voor sy rekenaar deur. Sy gesin se breëbandaansluiting maak dit moontlik dat hy nie bekommerd oor tyd op die internet hoef te wees nie. Johan kyk nie baie televisie nie en is selektief wanneer hy wel kyk. Daar is Dinsdagaande n interessante natuurprogram op TV waarna hy graag kyk en hy geniet dit om Saterdagmiddae sport te kyk. Elke Donderdagaand werk hy en sy goeie vriend Don saam aan hul rekenaarprojekte.

5 Verbeel jou jy is Johan en vul die vorm op hierdie bladsy in: Departement van Kuns en Kultuur Opname For Examiner s Use Afdeling A Johan Jacobs Naam: Geboortedatum:... Hoërskool Punt Naam van skool: Graad:... Skool se besonderhede: Posadres:... 043 553 7688 Telefoonnommer: E-posadres:... Afdeling B Maak n regmerkie by die gepaste opsie(s): Ek kyk TV: 1 tot 2 dae n week 5 tot 6 dae n week 3 tot 4 dae n week 7 dae n week Weeksdae kyk ek TV: Soggens Smiddae Saans Naweke kyk ek TV: Soggens Smiddae Saans Ek verkies die volgende soort TV-programme: Sepies Wetenskapsfiksie Geskiedenis Sport Rekenaar Musiek Films Wetenskap Kookkuns Nuus Natuur Reis [Totaal : 9] [Turn over

6 Oefening 3 Lees hierdie artikel oor uile en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Uile jagters van die nag Uile kom oral ter wêreld voor, behalwe in die Antarktiese gebied. Daar is twee families uile: tipiese uile (meer as 120 spesies) behoort tot die familie Strigidae en die res (omtrent twaalf spesies) tot die familie Tytonidae. Daar is verskille tussen die twee families, maar ook baie ooreenkomste. Die uile van die familie Tytonidae verskil van die tipiese uile deurdat hulle hartvormige eerder as ronde gesigte het. Hulle het ook langer pote en kleiner oë, wat donker is en nooit geel soos dié van die meeste tipiese uile nie. Uile is beslis die bekendste nagvoëls. Die vrees dat n uil op jou huis se dak kom sit, is tradisioneel onder sekere bevolkingsgroepe. Party mense glo mos die uil is die nare boodskapper van n sterfte. Die uil is egter n wonderlike voël wat uitstekend aangepas is vir die donkerte. Uile hoor en sien uitstekend. Die skedels van baie uile is asimmetries die ooropeninge sit op verskillende hoogtes. Dit stel die voël in staat om presies te bepaal waar die geluide vandaan kom wat n prooidier maak. n Uil se nek is baie beweeglik en kan tot 270 grade draai en die opvallendste ding omtrent hulle is daardie groot oë wat vorentoe wys, net soos ons mense s n. Die grootte en vorm stel hulle in staat om die maan- en sterrelig van die nag die heel beste te gebruik. Hulle het ooglede, en hul knipvliese (deurskynende velplooie wat oor die oog getrek kan word om n derde ooglid te vorm) is baie belangrik om die oë te beskerm. Die uil se goed ontwikkelde rigtingsin en gehoor werk saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat soos n prooi klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of n gepiep en die prooi is so goed as dood. As hulle vlieg, doen hulle dit geruisloos. Die vlerke is groot in verhouding tot die res van hul liggaam en hul vere is sag. Dis dié dat die voëls so geruisloos sonder n vlerkgeklap deur die naglug kan beweeg en kan luister waar daar prooidiere is sonder om hul eie teenwoordigheid te verraai. Terwyl die uil afdaal, swaai hy sy pote vorentoe, en dan gryp sy kloue die prooi. Soos ander voëls het hy drie tone voor en een agter aan elke klou. Dis vir hom belangrik om stewig te kan vasgryp, ook omdat hy sy oë wil beskerm en hy hulle gewoonlik toemaak wanneer n prooidier onder hom spartel. n Uil se kloue is skerp en ferm. Wanneer hy vreet, trap hy op die prooidier en skeur stukke vleis met sy skerp snawel af. Uile vreet slegs lewende diere van insekte tot slange, en soogdiere soos molle en muise tot selfs so groot soos hase. Hulle dra hul prooi weg om dit op te vreet nadat hulle dit gevang het en sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring. As n uil gesteur word, trek hy sy groot oë op skrefies. Die lyf kom regop, die vere word ingetrek en die veerkuifies op die kop staan orent. Met hierdie houding en die natuurlike kamoeflering van sy vere is die uil goed weggesteek tussen blare, rotse en skadu s. Maar wag as die nag kom, boeta, dan is die uil in sy element. Dan gaan dit hoe-hoe later, hoe-hoe kwater...

7 Jy gaan n kort praatjie oor uile in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. (a) Verskille tussen die twee uilfamilies: Tytonidae-uile het hartvormige gesigte, tipiese uile het ronde gesigte For Examiner s Use... [1]... [1] (b) Uile se aanpassings vir die donker:... [1]... [1]... [1] (c) Uile se eetgewoontes:... [1]... [1]... [1] [Totaal : 8] [Turn over

8 Oefening 4 Gebruik die teks oor uile en skryf n opsomming oor die uil as jagter. Jy kan sommige van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. For Examiner s Use Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. [Totaal : 5]

9 BLANK PAGE BLAAI OM VIR OEFENING 5 [Turn over

10 Oefening 5 Een van jou goeie maats het kaartjies vir n baie spesiale musiekkonsert, opvoering of sportwedstryd in die hande gekry en nooi jou uit om saam te gaan. Jy wil vreeslik graag gaan, maar jou ouers het reeds ander reëlings vir daardie aand getref. Jy is vasberade om jou ouers te oorreed om jou saam met jou maat te laat gaan. Skryf die gesprek tussen jou en jou ma of pa in dialoogvorm. Noem die volgende: Waarheen jy wil gaan Waarom jy so graag daarheen wil gaan Waarom jy dink jou ouers moet jou toelaat om eerder hierheen as na die ander geleentheid te gaan Jou dialoog moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou dialoog en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

11 For Examiner s Use [Totaal : 15] [Turn over

12 Oefening 6 Die volgende berig handel oor San-tekeninge in Botswana. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. San-tekeninge in Tsodilo-heuwels Die Tsodilo-heuwels lê diep weggesteek in Wes-Botswana en is uniek met 4 000 rotstekeninge wat daar voorkom. Tsodilo beteken klam aarde. Navorsers van oor die hele wêreld werk in hierdie Kulturele Wêrelderfenisgebied en doen navorsing oor die oeroue geskiedenis van die vroeë mense wat hier gewoon het. Om hierdie rede is dit is ook een van Afrika se belangrikste rotskunsgebiede. Die rotstekeninge beeld n lewendige en aktiewe interaksie van die vroeë bewoners met die natuur uit. Argeologiese bevindings dui daarop dat van die vroegste bewoners uit die Laat Middelsteentyd dateer. Werktuie van hout, been, klip, potskerwe, eenvoudige juweliersware en krale wat gevind is, toon n aktiewe handel onder die mense van die Laat Steentyd. Die vroeë mense het n ryk spirituele en kulturele lewenswyse gehad. Wilde diere en natuurverskynsels het n belangrike rol in hul daaglikse lewe gespeel. Wes van Tsodilo was daar mere en riviere waar die mense met beenharpoene visgevang het. Vis was n belangrike deel van hul dieet. Wanneer jy vandag die gebied besoek, kan jy dit skaars glo dat daar so baie binnelandse waters was. Deur die eeue was daar verskillende groepe mense wat daar gewoon het. Die!Kung en!hambukushu is die belangrikste hiervan. Hierdie twee San-groepe word vandag nog in die skadu s van die Tsodilo-heuwels aangetref. Vir hulle is dit n heilige plek. Hulle glo dat die gode hul voorouers vanuit die hemel daar neergelaat het en dat die heuwels aan hulle veiligheid en beskerming gegee het. Daar was genoeg kos en water in die omgewing sodat die vroeë mense hulle daar kon vestig. Dit was veral die spirituele aantrekkingskrag van rotswande en oorhange wat hulle daar laat bly het. Baie van die tekeninge daar lyk soos gravures, maar is met mensvingers geverf. n Duitse ontdekkingsreisiger, Siegfried Passarge, het in 1858 talle sketse van die rotstekeninge gemaak. Dit toon dat die tekeninge sedertdien nie verweer het nie. Afgesien van die kulturele nalatenskap is die natuurprag van die hele omgewing opvallend. Die ryk voëllewe, wild, plantegroei en uitsigte dwing n mens tot stilte. Kleurryke rotswande is treffend. Soos die son skuif, wissel die kleure teen die rots deur die dag van sagte pienk en ligte groen tot kopergeel teen sononder. n Goeie teerpad loop al langs die westelike oewer van die Okavangorivier en dan is daar n grondpad na Tsodilo. n Slingerpad loop sowat 40 kilometer deur n plat gebied en dan is daar skielik drie heuwels in die verte, n welkome gesig in die byna eentonige landskap. Die heuwels staan bekend as Man, Vrou en Kind. Van die hoogste pieke in Botswana kom hier voor. Daar is verskillende staproetes, maar van die mooiste en duidelikste tekeninge kom langs die Renosterroete van 10 km voor. Sierlike tekeninge van wilde diere, mensfigure en geometriese vorme pryk teen groot, hoë rotspanele. Die natuurlike eenvoud daarvan tref n mens as buitengewoon. Ja, in die Tsodilo-heuwels se boomryke klowe is dit werklik asof n mens deur n grot of antieke opelugtempel stap. Die daaglikse lewe van hierdie primitiewe mense word lewend en jy hoor hul stemme en bedrywigheid tussen die rotse en oorhange en sien beelde van dansende San-mense by hul vure in die voorjare.

13 1 Waarom is die rotskuns in die Tsodilo-heuwels so belangrik vir navorsers? For Examiner s Use 2 Noem twee dinge wat navorsers oor die lewe van die vroeë mense uitgevind het. 3 Gee die betekenis van die naam Tsolido en verduidelik hoe dit pas by hoe die omgewing eers was. 4 Verduidelik waarom die San-groepe die Tsolido-heuwels as n heilige én nuttige plek beskou.......[2] 5 Hoe is die rotstekeninge in die Tsodilo-heuwels gemaak? 6 Watter bewys gee die skrywer dat die rotskuns nie beskadig is nie? 7 Waarom sal die Tsodilo-heuwels n interessante vakansiebestemming wees vir mense wat in meer as een aktiwiteit belangstel?... [Totaal : 10] [Turn over

14 Oefening 7 Lees die volgende woorde van tieners: My kuns is soos terapie vir my! Sokker hou my weg van dwelms en van bendes. As ek hard oefen om n goeie atleet te wees, het ek nie tyd vir nonsens in my lewe nie. Die mense in my jeuggroep is soos familie vir my ek kan al my probleme met hulle bespreek. Skryf n berig vir die skoolkoerant oor waarom dit belangrik vir tieners is om betrokke by kulturele bedrywighede of sport te wees. Kies n goeie opskrif vir jou berig. Jou berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

15 For Examiner s Use [Totaal : 15]

16 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Question 1 Carla Lewis; 7 Nuwe wonders is gebou om te hou; p.6; Die Burger; Media 24. Questions 3 & 4 Uile - voëls van die nag; Huisgenoot, Ons wonderlike wêreld CD; Media 24; 2004. Question 6 San-tekeninge in Tsodilo-heuwels; p.2; Die Burger, Bylae; Media 24; 11/9/07. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.