SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Aug 2011

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

BenguFarm Bestelvorm

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Sept 2012

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Rut: n Liefdes Verhaal

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Direkte en indirekte rede *

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

SQUARED 2 UP. Landbou by UP groei ná 100 jaar steeds. September. Uitgawe 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Nov 2013

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE FACULTY OF SCIENCE JAARVERSLAG ANNUAL REPORT

SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 3 Des 2012

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Inleiding. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie ISSN: (Online) , (Print)

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

OOP, GEMENGDE EN BETROKKE LEER AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

deur HENDRIK PETRUS LODEWYK MATTHEUS voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak VERGELYKENDE OPVOEDKUNDE aan die

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

universiteit stellenbosch Verslag aan Skenkers verslag 2014

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Universiteit van Pretoria

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Transcription:

SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 2 Aug 2011 Fakulteit ernstig oor verbintenis tot Universiteit IRT s Die Universiteit van Pretoria (UP) het onlangs n projek van stapel om sy unieke navorsingskragte te identifiseer en die ontwikkeling van sterk, multidissiplinêre navorsingsgroepe wat rondom hierdie kragte gegroepeer is, te ondersteun. Hierdie groeperingsproses het twee reekse die eerste hiervan is institusionele navorsingstemas/institutional research themes (IRT), wat groot nuwe inisiatiewe behels, met n groep deelnemende fakulteite; die tweede reeks is die fakulteits-navorsingstemas/faculty research themes (FRT) met meer beperkte deelname van slegs n aantal fakulteite. Aaangesien die Fakulteit Natuuren Landbouwetenskappe ernstig verbind is daartoe om navorsingsuitsette van uitsonderlike hoë gehalte te lewer, is dit vanselfsprekend dat die Fakulteit betrokke is by vier van die ses IRT s. Hierdie vier IRT s is: Voedsel, Voeding en Welsyn Energie Biotegnologie en die Bestuur van Soönotiese Siektes Genoomstudies Die Voedsel, Voeding en Welsyn IRT wil die stygende gemeenskapsuitdagings wat met gebrekkige voedselsekuriteit, voedselgebrek en hongerte verband hou, veral in Afrika, aanspreek. Hierdie IRT is instrumenteel by die vestiging van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welsyn om sodoende die Universiteit se totale nagraadse opleidings- en navorsingsvermoë te verenig en n Sentrum van Uitnemendheid te word. Hierdie Instituut stel dit ook ten doel om die huidige beperkings in die bereiking van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte met betrekking tot Voedsel, Voeding en Welsyn in Sub-Sahara-Afrika op n omvattende en innoverende wyse teen die jaar 2020 aan te spreek. Die tweede IRT waarin die Fakulteit n kritiese rol speel is Energie, wat poog om die beste balans tussen die Universiteit se huidige navorsingsaktiwiteite en daardie energie-fokusgebiede soos vooropgestel deur die regering te voorsien, met n aanvanklike fokus op elektriese energie. Dit sal die Universiteit op die pad plaas na nasionale toepaslikheid in die ondersteuning van oplossings vir Suid-Afrika se energieprobleme. Die IRT Biotegnologie en die Bestuur van Soönotiese Siektes is ontwikkel in die konteks van die amper ongeëwenaarde toename in die belangrikheid van dieregesondheid tydens die afgelope eeu, en wat vandag onlosmaaklik verbind is aan ons plaaslike en internasionale ekonomie sowel as gemeenskapskwessies soos openbare gesondheid, voedsel en voedselsekuriteit. Ons ondervind tans die verskyning van dieresiektes oor die grense heen, en veral soönotiese siektes, as gevolg van meer intensiewe produksie van diere, handel en dierebeweging en nader wisselwerking tussen mense, huishoudelike diere en wild (weens inter alia stedelike indringing, bewaringsgebiede wat kleiner word, klimaatsveranderinge, ens). Hierdie soönotiese patogene verhoog die risiko van die oordrag van siektes van wild na lewende hawe en van huishoudelike en wilde diere na mense. Die vierde IRT fokus op Genoomnavorsing: vooruitgang in ontleding van mikrobiese-, plant- en diergenome (hoofsaaklik aangevuur deur die integrasie van ingenieurswese, biologie en rekenaarwetenskap) het n omwenteling op die gebied van genoomstudie en alle geassosieerde gebiede van die Lewenswetenskappe veroorsaak. Vrae wat voorheen as hardnekkig beskou is in die veld van wetenskaplike ondersoek kan nou op ongekende vlakke van detail en omvang aangespreek word. Dit is belangrik om daarop te let dat post-genoom -velde soos transcriptomics, proteomics, metabolomics en bevolkings-genoomstudie die biologiese funksies wat geënkodeer is in genome ontsluit het en tans die basis vorm vir innovering en toepassing van genoom-inligting in Landbou- en Gesondheidswetenskappe. www.up.ac.za

Boodskap van die Dekaan Leiers in Wetenskap Boodskap van die Dekaan Redaksie: Martie Meyer (redakteur) martie.meyer@up.ac.za 012 420 5498 (kantoor) 012 420 5895 (faks) Kamer 8-9, Landbouwetenskappegebou Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitleg: Rita Dave Creative Studios (Hatfield) Departement vir Onderwysinnovasie 012 420 3932 Taalversorging en vertaling: Matilda Botha en UP Taaldienste Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/ voorstelle vir artikels na martie.meyer@up.ac.za Redakteur Martie Meyer Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, as deel van n internasionaal erkende Suid- Afrikaanse opleidings- en navorsingsintensiewe universiteit, bou steeds voort op sy uitstekende reputasie as een van die voorste wetenskapfakulteite op die kontinent. Die Fakulteit ondersteun dus die Universiteit se pogings om sy unieke navorsingskragte te identifiseer en sterk, multidissiplinêre navorsingsgroepe te ontwikkel wat rondom hierdie kragte gegroepeer is. Hierdie proses van groepering sluit institusionele navorsingstemas/ institutional research themes (IRT) in, wat groot nuwe inisiatiewe behels, met n groep deelnemende fakulteite. Die Fakulteit is tans by vier van die ses IRT s betrokke (lees meer hieroor op bladsy 1). Daar word ook voortdurend deur die Fakulteit gesoek na internasionale vennote daar kan uit die betekenisvolle hoeveelheid amptelike samewerkingsinisiatiewe, aanstellings van buitengewone professors uit die buiteland en die getal internasionale post-doktorale studente gesien word dat die Fakulteit homself ten doel stel om met van die beste in die wêreld te kompeteer en saam te werk. Die $4 475 miljoen-skenking van die Bill en Melinda Gates Stigting aan UP se Departement Landbouekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling (LEVLO) is n bewys van nog so n suksesvolle internasionale samewerkingsooreenkoms. Lees meer hieroor op bladsy 5. Ons is ook trots op die prestasies van die personeel in ons Fakulteit. Prof Jolanda Roux is met die Statebond Bosbouvereniging se toekenning vir haar bydrae tot bosbou vereer (bladsy 3) en prof Rashid Hassan het onlangs die Kanselierstoekenning vir Navorsing ontvang (bladsy 3). Die bekleër van die tweede South African Research Chairs Initiative (SARChI) in die Fakulteit is onlangs aangestel. Prof Pavel Selyshchev se pligte as SARChI Leerstoel in Komplekse Sisteme by die Departement Fisika het in Julie n aanvang geneem, waar sy hooffokus op navorsing en toesighouding van nagraadse studente sal wees (lees meer op bladsy 6). SARChI is n menslike intervensie deur die Suid-Afrikaanse regering gelei deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting. Geen universiteit kan sonder sy studente bestaan nie ons Fakulteit wil dus spog met Puleng Tsie, n meestersgraadstudent in Omgewingsbestuur en die enigste Suid-Afrikaner wat gekies is om aan die Profession Culture Programme deel te neem: n twee-maande internskap by die Cité des sciences et de l industrie, Universcience in Parys, Frankryk (bladsy 17). Lees ook meer oor die Fakulteit se Toppresteerders op bladsy 17. Ons is werklik trots op die uitstaande prestasies van ons personeel, studente en geaffilieerdes. Hierdie nuusbrief beklemtoon van hierdie prestasies. Ons glo dat julle hierdie aanbieding van die nuutste gebeure in ons Fakulteit sal geniet en wil almal net die beste toewens vir die oorblywende gedeelte van die tweede semester. Prof Anton Ströh Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 2 SQUARED 2 UP

Prof Rashid Hassan Prof Hassan ontvang Kanselierstoekenning Prof Rashid Hassan, Direkteur van die Sentrum vir Omgewingsekonomie het is: die ontwikkeling van volhoubare indikators wat die meting en Beleid in Afrika (CEEPA) in die Departement Landbou-ekonomie, van ekonomiese prestasie en welvaart op die gebied van natuurlike Voorligting en Landelike Ontwikkeling het onlangs die Kanselierstoekenning inkomsterekeninge regstel, die studie van die bestuur van ekosisteme vir vir Navorsing ontvang. menslike welsyn en die komplekse dinamiek van die onderlinge verbande tussen sosiale en ekologiese sisteme, sowel as die studie van die impak van Die Kanselierstoekenning vir Navorsing word jaarliks aan n maksimum van en aanpassing by klimaatsverandering, veral waar dit landbou aangaan in twee personeellede met die professionele rang wat uitsonderlik presteer Suid-Afrika. het in terme van navorsingsuitsette en die internasionale stand van hul navorsing, oorhandig. Prof Hassan word beskou as die leier en kundige Die Universiteit vereer sy akademiese uitblinkers en navorsers om hul in omgewingsekonomie in Afrika en sy Nasionale Navorsingsraad (NRF) verbintenis tot kwaliteit-opleiding en navorsing te erken. Die toekennings B-gradering getuig van die internasionale erkenning wat hy verdien het met is aan meer as 60 navorsers in vier kategorieë toegeken, naamlik sy navorsing en opleiding in omgewingsekonomie oral oor die kontinent. Kanselierstoekenning in die kategorieë Navorsing, Uitnemende Akademiese Presteerders, Uitnemende Jong Navorsers en die NRF-gegradeerde Sommige van die sleutelgebiede waarop prof Hassan bydraes gelewer Navorsers. Prof Jolanda Roux ontvang Koninginstoekenning Achievements Prof Jolanda Roux is met die Statebond Bosbouvereniging se toekenning vir haar bydrae tot bosbou vereer. Die prys, wat erkenning verleen en die toekomstige werk van n uitstekende midloopbaan-bosbouer ondersteun, bestaan uit n sertifikaat, kontantprys en reistoelaag. Prof Roux is werksaam by die Universiteit van Pretoria se Forestry and Agricultural Biotechnology Institute (FABI). Sy het erkenning ontvang vir haar uitsonderlike bydraes tot bosbou en innoverende benadering tot haar werk. Sy is ook n ere-professor van die Chinese Academy of Forestry. Haar navorsingsbelangstelling fokus op fungi en bakterieë wat lei tot siekte en dood onder houtagtige gashere. Meeste van die navorsing is gefokus op die siektes van die kommersiële plantasiebosspesies in Suid-Afrika en ander Afrika-lande, naamlik Acacia mearnsii, Eucalyptus en Pinus. Prof Roux het, na haar aanstelling by die Departement Wetenskap en Tegnologie/ Nasionale Navorsingstigting se Sentrum vir Uitnemendheid in boomgesondheidbiotegnologie (CTHB), baie meer betrokke geraak by die ondersoek na die gesondheid van inheemse boomspesies in Suidelike Afrika. Sy is vandag veral betrokke by die diagnose van siekte en pesprobleme asook die identifikasie van die oorsaaklike agente deur van morfologiese en molekulêre tegnieke gebruik te maak. Boomgesondheidsbestuur is baie afhanklik van samewerking tussen lande en kennis van die peste en siektes wat in n spesifieke land voorkom. Deur samewerking met ander Afrikalande, probeer bosbouers om hul kapasiteit vir boomsiektebeheer op die Afrika-kontinent te verbeter. Hulle doen dit deur gereelde opnames te maak en navorsingsbesoeke aan ander lande te doen, opleiding van nagraadse studente van ander Afrika-lande en deur deelname aan die onlangs gestigte Forest Invasive Species Prof Jolanda Roux Network for Africa (FISNA). Prof Roux beskou die ontvangs van die Koninginstoekenning as n groot eer. Sy het die hoop uitgespreek dat die toekenning daartoe sal lei dat daar meer fokus op bosse en bosbou op die Afrika-kontinent geplaas word. SQUARED 2 UP 3

Nasionale erkenning vir Plantpatologieprofessor Prof Lise Korsten van die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie het onlangs n Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiesisteem (SANAS) Assessor sertifikaat van erkenning ontvang. Die toekenning is aan haar verleen as assessor wat voortdurend uitsonderlike toewyding ten opsigte van akkreditasie-aktiwiteite getoon het. Prestasies Die SANAS Assessor toekennings is by die SANAS Wêreld Akkreditasiedag-feesviering wat gedurende Junie 2011 by die Birchwood Hotel aangebied is, oorhandig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiesisteem word deur die Suid-Afrikaanse regering beskou as die enkele Nasionale Akkreditasieliggaam wat amptelike erkenning kan verleen aan n organisasie wat oor die nodige vaardigheid beskik om spesifieke take te verrig. Die seremonie is deur die Minister van Handel en Nywerheid (DTI), dr Rob Davies, bygewoon. Hy het ook die programrede gelewer. Verteenwoordigers van die DTI en ander kontrolerende liggame sowel as internasionale gaste het ook die geleentheid bygewoon. Prof Lise Korsten Prof Nigel Bennett UP-kundige n besoekende professor in Saoedi Arabië Prof Nigel Bennett is as besoekende Professor aan die Departement Dierkunde by die King Saud Universiteit in Riyadh, Saoedi Arabië, aangestel. Prof Bennett beklee die Austin Roberts-leerstoel vir Afrika-soogdierkunde en die SARChlleerstoel vir Soogdiergedragsekologie en -Fisiologie by die Universiteit van Pretoria. Die doel van die aanstelling is om samewerking tussen die King Saud Universiteit Soogdier-leerstoel en die Austin Roberts-leerstoel vir Afrikasoogdierkunde te fasiliteer en aan te moedig. Prof Bennet het die Universiteit in Oktober 2010 besoek en n aantal navorsingsprojekte waardeur die kronobiologie, termiese fisiologie en reproduktiewe biologie van n aantal klein soogdiere wat inheems tot die streek is ondersoek word, saam met sy eweknie, prof Abdulaziz Alagaili, in die lewe geroep. Prof Bennet het tydens sy besoek n goue vennootskapsmedalje van die Viserektor van Voorgraadse Studies en Navorsing by die Universiteit, prof Ali S Al-Ghamdi, ontvang. Prof Bennet en sy gasheer, prof Abdulaziz Alagaili, pak n aantal studies aan waardeur hulle die kennis van soogdierkunde in die Koninkryk van Saoedi Arabië wil verbreed. Prof Alagaili is die houer van n navorsings-leerstoel en prof Bennet beklee die Austin Roberts-leerstoel vir Afrika-soogdierkunde en die SARChlleerstoel vir Soogdiergedragsekologie en -Fisiologie. Die doel van die samewerking is om hulle leerstoele te kombineer om sodoende studente en personeel uit te ruil om projekte in Saoedi Arabië en Suid- Afrika aan te pak. n Aantal samewerkingsaksies is reeds tussen personeel, navorsingsvennootskappe en studente van prof Bennet se navorsingsgroep ingestel. Die Koninkryk van Saoedi Arabië het n soogdierfauna wat grootliks onbestudeer is en waaroor min bekend is. Hierdie ooreenkoms het ten doel om die kennis van die soogdierfauna in hierdie streek te vergroot. 4 SQUARED 2 UP

LEVLO ontvang $4 475 miljoen-skenking van Bill en Melinda Gates Stigting Met die ondersteuning van die Gates Stigting aan die landbou-ekonomieprogram van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria (UP) sal die Departement n effektiewe rol op die internasionale verhoog speel en sy kapasiteit sal versterk word, het prof Johann Kirsten, Departementshoof, gesê. n Nuwe skenking aan die Universiteit van Pretoria sal UP in staat stel om langtermynkundigheid in landbou-ekonomie saam met vennoot-universiteite in Afrika te bou. Die $4 475 miljoen skenking van die Bill en Melinda Gates Stigting aan UP se Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling (LEVLO) sal vir die periode Junie 2011 tot 30 Desember 2016 van krag wees. n Belangrike uitkoms van die skenking is om dit vir LEVLO en sy vennoot-universiteite in Afrika moontlik te maak om meer spesialiseringsvelde aan te bied, navorsingsfokuspunte te verdiep en om die kundigheid te bekom vir die ontwikkeling van soortgelyke kapasiteit in drie ander lande in die gebied. Hierdie vorm die basis van n Prof Johann Kirsten langtermyn en volhoubare doelwit om landboubeleid-ontledingseenhede by verskeie universiteite in Oostelike en Suidelike Afrika te versterk. Die kerndoel is om stapelvoedselmarkte in hierdie gebiede te monitor. Die spesifieke aktiwiteite wat deur die skenking ondersteun sal word sluit die stigting van drie nuwe akademiese poste in die landbou-ekonomie-program van UP in. Een van die poste se fokus sal op kwantitatiewe landboubeleid wees, die ander op omgewingsekonomie en klimaatsverandering en die derde pos sal op landboutegnologiebeleid en -ontleding wees met die fokus op die verskillende ekonomiese kwessies wat met die spesifieke aard van landbounavorsing verband hou. Dit sal verder ook geleenthede skep om vennoot-universiteite in Afrika se fakulteite te besoek vir periodes tussen een en twee jaar om as medewerkers in lesings op te tree, toesig te hou/te kontroleer en saam te werk op navorsingsprojekte. Die skenking sal ook die detasjering van UP personeel en besoekende fakulteit van UP aan vennoot-universiteite befonds om die kurrikulum en onderrigaanbiedinge te versterk, asook gesamentlike navorsing te doen en geleenthede te skep vir besoekende fakulteite (sabbatsverlof) van vennootuniversiteite in die gevorderde ekonomieë veral dié met spesifieke kundigheid in die fokusareas soos vroeër aangedui. Ander voordele van hierdie program sluit in die vestiging van beurse vir post-doktorale studiegenote vir twee jaar, n beursfonds vir PhD-studente (ten minste vyf nuwe beurse elke drie jaar) en die vestiging van n netwerk van goed-opgeleide, goed-toegeruste beleidsontleders in die Oostelike en Suidelike Afrika-gebied. Hierdie netwerk van ontleders kan in die toekoms by die projek inskakel, waarvan een van die sleutel-uitkomste die ontwikkeling van n meer gedetailleerde gebiedsgefokusde landbou-vooruitsig sal wees. Prof Kirsten het gesê dat die skenking die landbou-ekonomie-program by UP se impak op die landboubeleid-navorsingskapasiteit en -uitkomste in die gebied sal uitbrei en versterk. Die klem is dus op die uitbreiding van langtermynkapasiteit en die versterking van Afrika-instellings. Hy het beklemtoon dat UP nie slegs hul eie belange om hul akademiese onderneming te verbeter deur middel van hierdie skenking wil dien nie, maar ook (in samewerking met die vennoot-universiteite in Afrika) kapasiteit en akademiese programme by daardie universiteite wil ontwikkel. Die mikpunt is om uiteindelik nuwe nodes van kundigheid op die gebied van landboubeleidsnavorsing, -onderrig en -praktyk te skep. Prestasies SQUARED 2 UP 5

Prof Selyshchev aangestel in SARChI Leerstoel in Komplekse Stelsels Internasionale Samewerking Aanstellings Prof Pavel Selyshchev Prof Pavel Selyshchev is onlangs aangestel in die South African Research Chairs Initiative (SARChI) Leerstoel in Komplekse Sisteme by die Departement Fisika, waar sy hooffokus op navorsing en toesighouding oor nagraadse studente sal wees. SARChI is n menslike ingryping/intervensie deur die Suid-Afrikaanse regering gelei deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsingstigting. Dit is ontwerp om die wetenskaplike navorsingsbasis van die land sodanig uit te brei dat dit relevant is tot nasionale ontwikkeling en meehelp om Suid-Afrika n internasionaal kompeterende wêreldkundige-ekonomie te maak. Prof Selyshchev het sy PhD in Teoretiese Fisika aan die Kiev Instituut vir Kernnavorsing (Taras Shevchenko Kyiv Universiteit) voltooi. Die titel van sy tesis was: The nonlinear couplings and external fluctuations in self-organisation of radiation defect structures. Hy het in 1981 by die Fisika Departement as ingenieur aangesluit en in 2002 Professor geword. Prof Selyshchev het baie kursusse ontwikkel en aangebied. Hierdie kursusse sluit onder Argentynse afvaardiging besoek UP meer die volgende in: Self-organisation of non-equilibrium systems, Materials for nuclear reactors, Theory of solids under irradiation, Synergism of phenomena in materials under irradiation, Simulation of radiation damage en New problems in physics. Hy het meer as 200 wetenskaplike referate en verskeie monograwe gepubliseer. Prof Selyshchev was ook as teoretikus betrokke by die ontwikkeling van post- Chernobyl strategieë. Hy spesialiseer in teoretiese fisika, spesifieke komplekse nie-lineêre stelsels en hul evolusie, en fokus op kinetiese nie-lineêre prosesse in materiale onder irradiasie. Hy het n teoretiese benadering tot die verskynsel van self-organisering in materiale onder irradiasie ontwikkel. Van links: prof Javier Lottersberger (Dekaan van Biochemie en Biologiese Wetenskappe, Universiteit van Litoral), prof Mariano Garate (Sekretaris van Internasionale Aangeleenthede, Nasionale Universiteit van Rosario), prof Jose Echenique (Sekretaris van Internasionale Aangeleenthede, Nasionale Universiteit van Cordoba), mev Silvina Hevia (Departement van Internasionale Aangeleenthede by die Universiteit van Buenos Aires), prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Universiteit van Pretoria) en prof Humberto Cisale (Adjunkdekaan van Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Buenos Aires). n Afvaardiging van verskeie sleutel-universiteite in Argentinië het onlangs by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe besoek afgelê en die moontlikheid van netwerkvorming en bou van internasionale bande bespreek. Hulle het tydens hul besoek gemeenskaplike terrein gevestig en gesamentlike belange op die gebied van natuur- en landbouwetenskappe met UP gedeel. Hulle het tyd gemaak vir n besoek aan die nuwe Plantwetenskappe-gebou en n toer van die Instituut vir Bosbou- en Landbou Biotegnologie (FABI) op die Hatfield-kampus meegemaak en geniet. 6 SQUARED 2 UP

Soedanese regering wil bande met UP versterk Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), prof Cheryl de la Rey, het onlangs die Republiek van Soedan se Minister van Dierlike Hulpbronne en Vissery, Sy Eksellensie, dr Fisal Hassan Ibrahim en afgevaardigdes tydens hul besoek aan die Universiteit ontvang. Die doel van hul besoek was om geleenthede vir opleiding en wetenskaplike navorsing, samewerking en uitruilbesoeke van kundiges op die gebied van dier- en landboukunde te ontgin. Die Soedanese Ministerie het erkenning gegee aan die groot vooruitgang in die veeartsenykunde en ander verwante velde by die Universiteit van Pretoria. Van links: dr Ward Anseeuw (CIRAD Navorser: Nagraadse Skool vir Landbou en Landbou-ontwikkeling), prof Johann Engelbrecht (Adjunkdekaan: Onderrig, Leer en Gemeenskapsbetrokkenheid in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Olivier de Schutter (Verenigde Nasies Spesiale Rapporteur), prof Cheryl de la Rey (UP Visekanselier en Rektor) en prof Charles Machete (Hoof: Nagraadse Skool vir Landbou en Landbou-ontwikkeling). VN Spesiale Rapporteur vra vir versterking van plaaslike voedselsisteme Die pryse van voedselkommoditeite gaan in die toekoms meer wisselvallig en hoër wees, veral as gevolg van klimaatversteurings, toenemende kompetisie vir grond en water en die bespiegeling oor die fisiese sowel as finansiële markte. Hierdie standpunt is deur die Verenigde Nasies (VN) se Spesiale Rapporteur oor die reg tot voedsel, prof Olivier de Schutter, tydens sy besoek aan die Universiteit van Pretoria (UP) op 12 Julie gemaak. Van links: Sy Eksellensie dr Ali Yousif Ahmed Alsharif (Ambassadeur van die Republiek van Soedan), prof Cheryl de la Rey (UP Visekanselier en Rektor), dr Fisal Hassan Ebrahim (Soedanese Minister van van Dierlike Hulpbronne en Vissery), prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP) en prof Abdel Raheem Mohamed (Direkteur- Generaal van Dierenavorsingskommissie, Soedan). Die minister en sy afgevaardigdes het UP se Departement Veeen Wildkunde en die Fakulteit Veeartsenykunde besoek om die navorsingspogings waar te neem en dit dan op Soedan se eie dierlike hulpbronne en vissery sektor toe te pas. Minister Ibrahim het gesê dat die sektor in Soedan belangrik is aangesien dit bydra tot die lewensbestaan van meeste van die land se inwoners. Hy het ook gevra vir navorsingsamewerking met die Universiteit van Pretoria ten opsigte van die nuutgevestigde kameelnavorsingsentrums in Soedan. Hierdie nuwe navorsingsgebied fokus op die verhoging van bewustheid aangaande olieproduksie deur middel van kameelmeule sowel as die produksie van kameelmelk. Prof De la Rey het die geleentheid om die verhouding met die Soedanese Ministerie van Dierlike Hulpbronne en Vissery te versterk verwelkom aangesien dit in lyn is met die Universiteit van Pretoria se strategie om n toonaangewende internasionale universiteit te wees. Met ons internasionaliseringsplan wil ons meer op werk in die Afrikakonteks fokus, het sy gesê. Sy het bygevoeg dat die Universiteit baie het om te leer uit die ervarings van die Soedanese Ministerie van Dierlike Hulpbronne en Vissery. Prof De Schutter het tydens n amptelike besoek aan Suid-Afrika aan n vakkundige vergadering oor landbou deelgeneem. Hy het n referaat gelewer met die titel: The role of the right to food in guiding agricultural development. Dit het binne die raamwerk van die Brown Bag seminare wat deur die Nagraadse Skool vir Landbou en Landbou-ontwikkeling (Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe) en die Public Policy and Governance Platform georganiseer is, plaasgevind. Prof De Schutter het ook die volgende oor die prysskokke gesê: Die keuses wat deur regerings, en veral dié in ontwikkelende lande, gemaak word sal bepaal of hierdie skokke tot toenemende vlakke van honger en wanvoeding asook ongelykheid en armoede gaan lei. Alhoewel hy erken dat baie vordering gemaak is sedert die skok van die 2007-2008 voedselpryskrisis, moet daar nog baie hieraan gedoen word. Prof De Schutter het tydens sy toespraak gevra vir die versterking en herstrukturering van die plaaslike voedselsisteme en beleide, wat afgeskeep is, met n verhoogde fokus op kleinskaalse boere. Hy het ook n oproep gemaak tot beter bestuur van voedselkettings met n betekenisvolle klem op die mikrovlak, versterkte boere-organisasies en regulerende maatstawwe wat sal lei tot billiker voedselkettings. Hy het die noodsaaklikheid van die oorgang van inset-intensiewe industriële boerdery na agro-ekologiese boerderystelsels beklemtoon aangesien dit meer volhoubaar is op sosiale gebied asook in die omgewing. Die algemene doelwitte van die Spesiale Rapporteur se taak (ook in Suid- Afrika) sluit in die ondersoek van en rapporteer oor die genieting van die reg tot voedsel en ander verwante regte, met spesiale klem op gelykheid en nie-diskriminasie. Hy gaan ook in gesprek tree met regerings en siviele gemeenskappe oor hul pogings om die reg tot voedsel vir elkeen, en in besonder vir die armes, te verseker. Die doel is ook om praktiese oplossings en beste praktyke te identifiseer in die verwesenliking van die reg tot voedsel en ander regte. SQUARED 2 UP 7 Internasionale Samewerking

Iowa State University deel kennis met Departement Verbruikerswetenskap Funksies en Werkswinkels Van links: prof Wolfgang Christian, prof Johan Malherbe (Hoof van die UP Departement van Fisika) en prof Francisco Esquembre. Werkswinkel oor rekenaarmodellering by UP gehou Prof Wolfgang Christian (Davidson College, VSA) en prof Francisco Esquembre (Universiteit van Murcia, Spanje) het n werkswinkel oor rekenaarmodellering met Open Source Physics (OSP) en Easy Java Simulations (EJS) by die Departement Fisika van die Universiteit van Pretoria (UP) gedurende Julie 2011 gehou. Prof Christian en prof Esquembre is die oorspronklike outeurs en ontwikkelaars van die OSP en EJS. Die werkswinkel is deur die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika en die Departement van Fisika geborg. Meer as 20 deelnemers van universiteite en navorsingsinstellings oral oor Suid- Afrika het die werkswinkel bygewoon. OSP is n fasiliteit wat deur prof Christian gesteun word om rekenaarkode vir kurrikulumontwikkeling, berekeningsfisika en navorsing in Fisika-opleiding openlik te deel. n Doelwit van die projek is om n groot aantal Java Simulasies vir opleiding deur die gebruik van die GNU Open Source Model beskikbaar te stel. Easy Java Simulations, wat deur prof Esquembre ontwikkel is, maak dit moontlik om hierdie groeiende rekenaarhulpbron in n omgewing aan te wend waar dit nie te ingewikkeld is om Java te leer en te gebruik nie. n Persoon is in beginsel in staat om op die fisiese model te fokus, die model uit te werk en die oplossing binne n relatiewe kort tyd te vind deur gebruik te maak van die vaardighede wat by die werkswinkel aangeleer is. Op hierdie wyse kan n groot gemeenskap van berekeningsfisika-onderwysers en navorsers rekenaars in n opleidings- en navorsingsomgewing met gemak integreer. Daar is geweldige potensiaal vir hierdie metodes om algemeen gebruik te word in die fisika-opleiding en -navorsingsomgewing in Suid-Afrika en elke poging word aangewend om n gemeenskap van aktiewe werkers in hierdie veld in Suid-Afrika te bou met planne vir opvolg-werkswinkels en konferensies. Hierdie metodes kan maklik na ander kwantitatiewe dissiplines oorgedra word, veral in die opleidingsomgewing. Personeel en studente by UP wat belangstel om meer te wete te kom kan prof Nithaya Chetty by nithaya.chetty@up.ac.za kontak. Twee afgevaardigdes van die Iowa State University in die Verenigde State het die Departement Verbruikerswetenskap van 23 Mei tot 1 Junie besoek. Prof Bob Bosselman en prof Linda Niehm het verskeie werkswinkels tydens hulle besoek aangebied, waartydens personeel en studente die geleentheid gehad het om voordeel te trek uit hulle ondervinding in gasvryheidsbestuur, kleding, tekstiele, kleinhandel en entrepreneurskap. Die doel van die besoek was om n sterker verhouding te kweek in terme van die uitruil van studente en gesamentlike navorsing in die toekoms. Personeel het die geleentheid gehad om op n een tot een basis met hulle in gesprek te tree met die doel om gemeenskaplike belange te identifiseer wat die grondslag vir samewerking in die toekoms sal wees. Studente het hulle aanbiedings geniet en hul verwagtinge met betrekking tot empiriese opleiding en beroepsuitdagings in kleinhandel en kleinsake-ondernemings gedeel. Mev Bertha Jacobs het gesorg vir n stampvol program waarmee die besoekers besig gehou is, onder andere verskeie kulturele en historiese besoeke, asook n besoek aan die winkels ( retail therapy ) wat hulle terdeë geniet het. Hulle het glo die gasvryheid van die gastehuis waar hulle tuisgegaan het geweldig geniet. Prof Elmarie de Klerk, Hoof van die Departement Verbruikerswetenskap, het verder in gesprek met hulle getree oor die Verstandhoudingsooreenkoms wat n ruk gelede deur die twee instansies onderteken is. Die pad vorentoe met betrekking tot navorsingsamewerking en befondsing is ook tydens hierdie gesprekke aangeroer. 8 SQUARED 2 UP

Boek oor Chemiese Kosmologie bekendgestel Dit is paslik dat hierdie boek juis nou bekendgestel word aangesien 2011 die Internasionale Jaar van Chemie is. Chemie is ons lewe, ons toekoms. Hierdie is een van die aanmerkings wat deur prof Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), gemaak is tydens die bekendstelling van prof Jan Boeyens se boek, Chemical Cosmology gedurende Mei hierdie jaar. Prof De la Rey het ook gesê dat ons begrip van wetenskap aan ons persepsie van die wêreld gekoppel is. Prof Max Braun, Hoof van die Departement Wetenskap, Wiskunde en Tegnologie in die Fakulteit Opvoedkunde en prof Casper Schutte, Buitengewone Professor by die Departement Chemie, het hul insigte rakende prof Boeyens se akademiese stand gedeel. Prof Boeyens se boek is gerig op wetenskaplikes sowel as niewetenskaplikes elkeen met n wetenskaplike of filosofiese belangstelling in kosmologie en veral daardie kosmoloë en wiskundiges met die vermoë om die onafgeronde idees wat hier aangebied word in toepaslike wiskundige modelle te giet. Prof Jan Boeyens is tans n Buitengewone Professor in die Departement Chemie se Eenheid vir Gevorderde Studie by UP. Sy CV sluit in die posisies van Hoof van UP se Departement Chemie en Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Prof Boeyens se navorsing is gerig op kristallografie en teoretiese chemie. Wits het in 2000 sy laboratorium vir strukturele chemie na hom vernoem. Dit staan bekend as die Jan Boeyens Laboratorium vir Strukturele Chemie. Prof Boeyens is die outeur of mede-outeur van 254 wetenskaplike artikels, drie boeke en ses hoofstukke in boeke. Funksies en Werkswinkels Van links: prof Casper Schutte (Buitengewone Professor: Departement Chemie), prof Cheryl de la Rey (Visekanselier en Rektor), prof Jan Boeyens (Buitengewone Professor: Eenheid vir Gevorderde Studie, Departement Chemie), prof Robin Crewe (Viserektor) en prof Max Braun (Hoof: Departement Wetenskap, Wiskunde en Tegnologie, Fakulteit Opvoedkunde). SQUARED 2 UP 9

UP lei projek oor volhoubare lewende hawe en klimaatsverandering n Navorsingsgroep gelei deur dr Abubeker Hassen van die Departement Vee- en Wildkunde by die Universiteit van Pretoria (UP) het daarin geslaag om n konsortium van 25 openbare en privaat vennoot-instellings in te skryf vir die AnimalChange-projek wat deur INRA gekoördineer word en deur die Europese Unie onder die sewende FPRD-program befonds word. INRA word as die nommer een landbou-instituut in Europa en nommer twee in die wêreld beskou en doen opdrag-gedrewe navorsing vir hoë gehalte en gesonde voedsels, mededingende en volhoubare landbou, sowel as n bewaarde en stabiele omgewing. Die totale begroting vir die AnimalChange-projek is 12.8 miljoen euro s, waarvan 9 miljoen deur die Europese Kommissie voorsien word as deel van die 7de FPRD vir n 4-jaar periode (2011-2015). Die projek sal op opsies/keuses vir die Integrasie van Versagting en Aanpassing fokus vir die produksie van volhoubare lewende hawe onder klimaatsverandering (http://www.animalchange.eu/content/objectives.html). Die AnimalChange-projek is ontwerp om, vir die eerste keer, n toekomsgerigte en sistemiese visie oor die toekoms van die lewende hawe-sektor onder klimaatsverandering te voorsien. Dit sal klimaatbestande lewende-hawe-sisteme in Europa, Noord-Afrika, Sub-Sahara-Afrika en Latyns-Amerika voorstel. Die projek het sy eerste vergadering in Nice, Frankryk, in Maart 2011 gehad. n Multidissiplinêre navorsingspan van UP is by hierdie vergadering deur dr Abubeker Hassen (Departement Vee- en Wildkunde), dr Eyob Tesfamaria (Departement Plantproduksie en Grondkunde) en dr Legesse Debusho (Departement Statistiek) verteenwoordig. Mnr Joel Botai (Departement van Geografie en Geoinformatika) kon weens ander verpligtinge nie die vergadering bywoon nie. UP se bydrae sal die afskaling van klimaatsdata vir ons streek, lewenssiklus-ontleding en modellering van die kweekhuiseffek weens emissie van gas van grasvelde sowel as verskillende lewende hawe-sisteme in Sub-Sahara-Afrika insluit. Die versagting van kweekhuisgas-emissie van herkouers wat van subtropiese en tropiese weiding gebruik maak waar bymiddels en nuwe/ongewone plantmateriale gebruik word sal ook deel van UP se bydrae wees. Die AnimalChange-projek sal geleenthede bied vir tot 10 nagraadse-, MSc- en PhD-studente om hul navorsing wat by die projek geaffilieer is te onderneem, onder toesig van sleutelnavorsers van UP sowel as ander medewerkende vennoot-instellings van Europa wat aan die projek deelneem. Funksies en Werkswinkels Wêreld voedselprys wenner besoek UP Op die foto is professor Ejeta, wat besonder lank is, en tien nagraadse studente van die Departement Voedselwetenskappe, na afloop van sy besoek aan hulle oor hul navorsingswerk oor voedselsekuriteit. Hierdie nagraadse studente verteenwoordig nie minder nie as sewe Afrika-lande: Benin, Nigerië, Kenia, Uganda, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië en Zimbabwe. Prof Gebisa Ejeta van Purdue Universiteit in die VSA, die ontvanger van die 2009 Wêreld Voedselprys, en kollegas van die regering van die VSA, het die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe in Mei 2011 besoek. Prof Ejeta, wat oorspronklik van Ethiopië afkomstig is, het die Wêreld Voedselprys ontvang vir sy werk oor die ontwikkeling en kweking van sorghums wat weerstand bied teen striga, n vernietigende plantparasiet. Prof Ejeta het die Universiteit in sy kapasiteit as spesiale wetenskaplike raadgewer van die Verenigde State se Agency for International Development en raadslid van die VS Feed The Future -voedselsekuriteit inisiatief besoek. Prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, en kollegas het prof Ejeta en sy span ontmoet om hulle in te lig oor die rol wat UP in die bevordering van voedselsekuriteit in Sub-Sahara-Afrika deur middel van die nuwe Institute for Food, Nutrition and Well-being kan speel. 10 SQUARED 2 UP

Leierskapontwikkeling bou voedselsekuriteit vir Afrika Die ontwikkeling van landbou het n nuwe era betree een waarin die voorkeurbehandeling, beplanning en programmering van landbou deur deelnemende lande gedryf word. Dit vereis betekenisvolle leierskap deur n wye aantal rolspelers. Die wêreld voedsel-pryskrisis van 2008/9 het die noodsaaklikheid vir hernieude fokus op landbou beklemtoon. Leierskap en transformasie op verskeie vlakke met n verskeidenheid van rolspelers is noodsaaklik vir Afrika-regerings om hongersnood en armoede deur middel van landbou aan te spreek. Die Universiteit van Pretoria (UP) het onlangs die voorreg gehad om regstreeks tot leierskapontwikkeling vir Afrika se voedselsekuriteit by te dra. UP het, in vennootskap met Africa Lead en Voortgesette Onderrig by UP, die opleiding van 125 deelnemers vanuit die regering, privaatsektor, burgerlike gemeenskap, boere-organisasies en akademiese/navorsings-instansies behartig. Die nege SAOG lande wat deelgeneem het was Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland en Zambië. Die Scaling Up Food Security Champions for Change Programme, befonds deur die USAID, ondersteun die Afrika Eenheid/NEPAD se Comprehensive African Agricultural Development Programme (CAADP) en die Verenigde Van links: Prof André Louw, mev Susan Engelbrecht, mev Jenny Baker (Adjunkhoof van Party of the AFRICA LEAD Project, befonds deur USAID) en prof Sheryl Hendriks. State se Feed the Future Initiative. Die program is daarop gerig om die kapasiteit van lande om die leiding te neem met die hersiening van hedendaagse beleide en programme, te vergroot. Dit het ook die ontwerp en implementering van beleggingsprogramme vir nasionale landbou- en voedselsekuriteit ten doel. Prof Sheryl Hendriks (Voedselsekuriteit: Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, prof André Louw (Leerstoel: Agribesigheid, Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling en Susan Engelbrecht (Departement Bemarking- en Kommunikasiebestuur) het hul ondervinding en vaardigheid saamgevoeg om die vyf leermodules te fasiliteer. Dit was n aangename ondervinding en het n hoogs waardeerde en waardevolle geleentheid tot die belegging in nasionale rolspeler-kapasiteit gebied. Die UP kollegas het ook dieper insig verkry in die beleid- en programprosesse binne hierdie lande en die beperkinge wat hulle in die gesig staar. Hulle het die geleentheid gehad om praktiese probleemoplossing te fasiliteer. Die span sien uit daarna om die netwerk wat gebou is te koester en verdere geleenthede te ontgin om nasionale prosesse te ondersoek. Funksies en Werkswinkels Suksesvolle 2011 SASPP-kongres Die 47ste jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie (SASPP) is vroeër hierdie jaar by die Berg-en-Dal Konferensiesentrum in die Kruger Nasionale Park gehou. Die kongres is deur die Universiteit van Pretoria, WNNR en Syngenta SA georganiseer. Prof Theresa Aveling (Departement Mikrobiologie en Plantpatologie, Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie) was die voorsitter en dr Quenton Kritzinger (Departement Plantkunde) die sekretaris van die organiserende komitee. Die kongres is deur 198 afgevaardigdes bygewoon. Prof Aveling het die kongres geopen en die opening is gevolg deur die Dr JE van der Plankgedenklesing. Vyf van die internasionale afgevaardigdes wat die kongres bygewoon het, het programredes gelewer. Hulle was dr Guro Brodal (Noorweë), prof Burt Bluhm (VSA), dr Kevin Hyde (Verenigde Koninkryk), prof Wojciech Janisiewicz (VSA) en dr Paul Birch (Verenigde Koninkryk). Dr Marieka Gryzenhout het die Ethel Mary Doidge Gedenktoespraak gelewer. Daar was altesaam 59 mondelinge aanbiedings waarvan 32 deur nagraadse studente aangebied is, en 66 plakkaat-aanbiedings. Sosiale geleenthede sluit in n verwelkomingsfunksie, die tradisionele John Mildenhall Stakes en n kongres- bosbanket. SQUARED 2 UP 11

Gevallestudies oor moontlikheid van aardbewings in Suid-Afrika Funksies en Werkswinkels Enige plek op die planeet staan die gevaar om deur n natuurramp getref te word hetsy môre of oor tien duisend jaar. Dit is om hierdie rede dat die Aon Benfield Natuurlike Ramp Sentrum in Afrika by die Universiteit van Pretoria so n belangrike rol speel by die bepaling van een van die grootste risiko s wat die mense, regering en versekeringsgemeenskap van Suid-Afrika in die gesig staar aardbewings. Met Suid-Afrika in die kollig tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker het die Sentrum drie van die mees verteenwoordigende geklassifiseerde geboutipes in stedelike gebiede sowel as die Groenpunt stadion in Kaapstad as gevallestudies gebruik om die potensiële skade/risiko weens die voorkoms van aardbewings te illustreer. Histories gesproke het die gedugste aardbewing met omvang van 6.3 op 29 September 1969 in Ceres plaasgevind, ongeveer 100km noord-oos van Kaapstad. Die aardbewing het 12 lewensverliese tot gevolg gehad en verskeie geboue is in die dorp Tulbagh beskadig. n Aardbewing geraam op 6.3 het op 4 September 1809 by die Milnerton Verskuiwing plaasgevind, skaars 10km van die sentrale besigheidsgebied van Kaapstad en die ligging van die Groenpunt Stadion. Aangesien die Milnerton Verskuiwing die grootste impak op Kaapstad sal hê, het die Sentrum die waarskynlike maksimum verlies / probable maximum loss (PML) wat deur n soortgelyke aardbewing in die toekoms veroorsaak kan word, ondersoek. Aardbewings tussen 1620 en 2006 en binne n radius van 300km van Milnerton in Suid-Afrika (soos aangeteken in n katalogus van aardbewings) is gebruik. Die bevindinge van die risiko-analise in terme van die gemiddelde terugkeerperiodes is bereken vir die bestek van n verwagte omvang van 3.0 tot 3.6. Figuur 1 dui daarop dat n aardbewing van omvang 6.0 en groter een keer elke drie honderd jaar kan voorkom in die uitgesoekte gebied wat Kaapstad omring, met n voorspelde toppunt aardbewing-omvang van 6.87 vir die gebied. Indien die ergste sou gebeur en n aardbewing met omvang 6.87 by die Milnerton Verskuiwing plaasvind, sal die voorspelde Mercalli Magnitude Intensity (MMI) in die sentrale besigheidsgebied van Kaapstad en die Kaapstad Stadion ongeveer IX, of noodlottig, wees. Die tabel hieronder dui verwagte skade van n MMI IX aardbewing en hul veranderlikes vir drie tipes geboue, wat ongeveer 70% van alle Suid- Afrikaanse stedelike strukture verteenwoordig, aan. Tipe gebou Ongewapende klipmesselwerk met dramuur, lae gebou Gewapende beton skuifmuur sonder weerstandsraam, medium gebou Gewapende beton skuifmuur sonder weerstandsraam, hoë gebou Verwagte skade Veranderlike 45 % [30, - 61]% 20% [12,-29]% 27% [16, - 37]% Groenpunt stadion (gewapende beton skuifmuur met weerstandsraam, hoë gebou). 18% [11,-25]% Gebaseer op die boukoste van R4.4 biljoen en verwagte skade van 18% vir die Groenpunt stadion, sal die verlies aan rand geskat word tot binne n bestek van R484 miljoen tot R1.1 biljoen, met n gemiddelde van R792 miljoen. Figuur 1: Die gemiddelde terugkeerperiodes van aardbewings met omvang 3.0 tot 6,87 eenhede vir uitgesoekte gebied van suid-westelike Kaap. 12 SQUARED 2 UP

Suksesvolle besigtiging van maansverduistering by Sci-Enza Die Department Fisika het, in samewerking met die Suidelike Afrika Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap (S2A3) en Sci-Enza, n baie suksesvolle besigtiging van die maansverduistering op die aand van 15 Junie 2011 gehad. Dit is deur ongeveer 150 mense bygewoon. Die aand se verrigtinge het met n kort openbare lesing deur Ruhann Steyn, n UP tweedejaarstudent met n passie vir Astronomie, afgeskop. Tydens die lesing is vrae soos wat n maansverduistering is, hoekom die maan rooi word en watter teleskope gebruik is om die beste maansverduistering te besigtig, beantwoord. n Paar privaat-teleskope, sowel as die department se eie Celestron 8SE 8 Schmidt-Cassegrain-teleskoop, is in die parkeerterrein voor Sci-Enza opgestel. Gaste het tydens die geleentheid gewissel tussen die teleskope wat opgestel is in die parkeerterrein en verskeie uitstallings deur Sci-Enza wat modelle, legkaarte en die mirror maze ingesluit het. Die Departement Verbruikerswetenskappe het heerlike warm sop met vars broodrolle bedien terwyl die spysenierspan van S2A3 koffie, warm sjokolade en glühwein aan die gaste voorsien het. Van links: prof Samuel Lombard, prof Amanda Minnaar, prof John Taylor en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe). Departement Voedselwetenskap vier lang diens n Kykie na die maansverduistering. Kollegas, studente en vriende het op 28 Julie 2011 bymekaargekom om prof Amanda Minnaar se tiende jaar as Departementshoof van die Departement Voedselwetenskap en 25 jaar in diens van die Universiteit te vier. Dit was toevallig ook haar verjaarsdag. Die twee vorige hoofde van die Departement, prof John Taylor en prof Samuel (Sampie) Lombard het ook die feestelike geleentheid bygewoon. Funksies en Werkswinkels UP se eerste uitstalling by NAMPO Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het gedurende Mei hierdie jaar vir die eerste keer by die bekende NAMPO Landbou-Handelskou naby Bothaville uitgestal. Die stalletjie is deur lede van verskillende departemente van die Fakulteit beman. Meer as 35 000 boere, waarvan die meerderheid van somer-graangebiede afkomstig is, woon die skou jaarliks by. Die Skou trek egter boere van oral oor Suid-Afrika, en sluit die Wesen Ooskaap, Namibië, Mpumalanga, Zambië, Zimbabwe, Angola, Botswana, Swaziland en Lesotho in. Die Handelskou word deur Graan Suid-Afrika georganiseer en is n unieke geleentheid vir alle vervaardigers en verspreiders van landboutoerusting, -produkte en -dienste om hul wye reeks van produkte aan hul teikengroep die boere van Suid-Afrika uit te stal en te demonstreer. Boere besoek die UP-uitstalling by NAMPO UP se eerste uitstalling by NAMPO SQUARED 2 UP 13

Funksies en Werkswinkels Leerders moet blootgestel word aan verskeie moontlike toekomstige studieen loopbaanmoontlikhede sodat hulle ingeligte besluite kan neem wanneer hulle n keuse uitoefen met betrekking tot vakke vir graad 10. Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is baie bewus van hierdie werklikheid en het daarom hul tweede Graad 9 Opedag op 29 Julie hierdie jaar aangebied. Meer as 200 leerders van twaalf skole (skole van Mamelodi, Hoërskool Waterkloof en Cornwall College ingesluit) het hierdie leersame dag bygewoon. Die aktiwiteite het afgeskop met n verwelkomingsboodskap aan die leerders en onderwysers deur die Dekaan van die Fakulteit, prof Anton Ströh. Hy het die noodsaaklikheid van goeie vakkeuses vir n bevredigende loopbaan benadruk. Hy het ook die hoop uitgespreek dat al die leerders teenwoordig in die toekoms Tukkies sou word. Graad 9-leerders kry die geleenteheid om deur die uitstallings te loop en meer in-diepte kennis oor die verskillende departemente van die Fakulteit te bekom. Graad 9 Opedag leersaam en vol pret Mev Marianne van der Laarse van die Produce Marketing Association Foundation het die leerders met haar entoesiastiese aanbieding aangemoedig om n loopbaan in die landbousektor te oorweeg en die groot hoeveelheid skaars vaardighede in hierdie sektor uitgelig. Die onderskeie departemente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het uitstallings gehad en leerders het die geleentheid gehad om na die uitstallings te kyk en meer in-diepte kennis oor die verskillende departemente te bekom. Die hoogtepunt van die dag was die wetenskapvertoning deur mnr Eddie Jansen, n afgetrede Wetenskap vakadviseur, wat gewys het dat wetenskap prettig kan wees. Hy het die leerders betower met al sy interessante eksperimente. Die dag se aktiwiteite is afgesluit met n gratis ete wat deur die student van die Departement Verbruikerswetenskap voorberei is en die Fakulteit geborg is. Mnr Petrus Lombard van die JuniorTukkie-program het n DVD aan die leerders gewys, verduidelik hoe die program werk en die voordele van deelname aan die JuniorTukkie-program bespreek. Me Samantha Pretorius, n dosent in die Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap, het n oorsig van die verskillende studieprogramme en die toelatingsvereistes vir die onderskeie grade in die Fakulteit gegee. Me Marié Venter, Senior Skakelpraktisyn van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en organiseerder van die Graad 9 Opedag, het gesê dat hierdie tweede Graad 9 Opedag selfs meer suksesvol as die eerste een was en dat dit deur die positiewe terugvoer van beide leerders en onderwysers bevestig is. Mnr Eddie Jansen, n afgetrede Wetenskap vakadviseur het gewys dat wetenskap prettig kan wees. Hy het die leerders met al sy interessante eksperimente betower. 14 SQUARED 2 UP

UP se Boublokke van Wetenskap by Scifest Elementêre Kaartspel geborg deur BASF Baie interessante feite oor elemente op die kaarte Scifest Africa, Suid-Afrika se Nasionale Wetenskapfees wat jaarliks in Grahamstad gehou word, was n reuse-sukses. Hierdie jaar se fees het in Mei plaasgevind en 65 000 besoekers het dit bygewoon, met die Universiteit van Pretoria (UP) wat weereens deelgeneem het. Die tema van die 2011 wetenskapfees was Science across Cultures. Die fees het die bydrae van verskillende kulture tot wetenskap en wetenskapopleiding sowel as wetenskap wat dwarsoor die kulture toegepas word, beklemtoon. Die Universiteit het n verskeidenheid aktiwiteite aangebied om die belangstelling van n wye spektrum van besoekers, van laerskoolleerders tot voornemende studente, ouers en die publiek te prikkel. BASF die Chemiese Maatskappy het ook verskeie aktiwiteite en spesiale produkte geborg, wat bygedra het tot die sukses van die Universiteit se Scifest-programme. Die kombinasie van n verskeidenheid van programme soos lesings, werkswinkels, uitstallings en ander interaktiewe aktiwiteite, wat die maak van verf, mikro-vuurpyle, organiese groente, die wiskunde van Zoeloe-ontwerpe, opwindende wetenskap-vertonings, kombuischemie en natuurlik die Universiteit van Pretoria se poppekas het daarvan n unieke Suid- Afrikaanse gebeurtenis gemaak. Die tema van die Universiteit se stalletjie was Chemie die BOUBLOKKE van wetenskap. Die verskillende wetenskapdissiplines is as die kulture voorgestel. n Verskeidenheid eenvoudige maar baie innoverende uitstallings is deur Sci-Enza personeel ontwikkel, byvoorbeeld die kubus-periodieke tabelle (wat van die dak af gehang is), die touch boxes, n houtblokperiodieke tabel legkaart, pentomino en soma kubuslegkaarte, snaakse woordkubusse, origami-kubusse, kos-etiket legkaart, vlieg-uitdie-boks en bou n brug met blokke. Al die praktiese aktiwiteite is aan n wetenskap- of ingenieursdepartement gekoppel waar die eenvoud van die idees onderwysers geiinspireer het om dit in hul klaskamers te dupliseer. Benewens die aktiwiteite wat by die stalletjie aangebied is, het Sci-Enza het ook die Chemie Partytjie aangebied met n poppekas en werkswinkels vir die grondslagfase. Hierdie unieke wyse waarop die periodieke tabel aan grondslagfase-leerders aangebied is, was geweldig populêr en vermaaklik. Die leerders het na afloop van die poppespel in n Kom ons maak Chemie lekker -aktiwiteit deelgeneem, waar hulle malvalekkers en jelly tots gebruik het om molekules te maak. Die doel van hierdie kort werkswinkel was om die konsep van atome en molekules wat deur die poppekas aangebied is, te versterk. Gemeenskapsbetrokkenheid Kom ons maak Chemie lekker -aktiwiteit waar malvalekkers en jelly tots gebruik is om molekules te maak. SQUARED 2 UP 15

Gemeenskapsbetrokkenheid Geologie bevorder wetenskap by skole Die Departement Geologie is verbind daartoe om die jeug van Suid-Afrika van n lewensveranderende geleentheid te voorsien deur wetenskap by hoërskool- en selfs laerskoolleerders te bevorder lank voordat hulle met tersiêre opleiding begin. Die Departement streef gedurig daarna om die geleenthede vir hoërskoolleerders om studies in wetenskappe by tersiêre instellings voort te sit, te vermeerder. Hierdie doelwit is op 26 Mei 2011 versterk toe n span van die Departement Geologie aan die Science Unlimited Xpress-toer deelgeneem het wat by Hoërskool Pietersburg in Polokwane plaasgevind het. Die aanbieding was gerig daarop om wetenskap na die laerskool- en hoërskoolleerders te bring en die span van die Departement Geologie het in die proses na 500 leerders van nege skole in en om Polokwane uitgereik. Ouers en onderwysers het ook die aanbieding bygewoon. Suid-Afrika het n nuwe generasie van innoverende breinkrag en kundigheid in wetenskap nodig om n beter internasionale posisie te beklee. Die Departement se doelwit is dus om gekwalifiseerde individue op te lewer wat hul vaardighede gebruik om Suid-Afrika in staat te stel om op internasionale gebied te kompeteer. Die Departement Geologie wil verder die wetenskap van geologie ontwikkel en op so n wyse aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap oordra dat hulle kan sien hoe dit in die daaglikse lewe teenwoordig is. Geologie speel n betekenisvolle rol op baie gebiede van wetenskap insluitend omgewingsake, ruimtereise, ontginning van minerale, mynbou, siviele ingenieurswese en lewensevolusie, om maar n paar aspekte te noem wat dui op die opwindende sy van geologie. Die Departement Geologie verseker dat hulle onderrig nie alleenlik tot die voordeel van tersiêre studente strek nie, maar terselfdertyd hoërskoolonderwys aanmoedig om leerders voor te berei vir naskoolse opleiding. Die Departement het ook verseker dat hulle aanbiedings tydens die Science Unlimited-program in lyn was met die bestek van Africa s Window on Science and Technology. Die fokus is daarop om passie en belangstelling vir wiskunde, wetenskap, ingenieurswese en tegnologie te skep, sowel as die inskerping van vaardigheid by leerders en opvoeders op n innoverende en genotvolle wyse sodat leerders aangemoedig word om wiskunde-, wetenskap- en tegnologievakke te kies. Tuinbou/Landbou Loopbaan- en Beursedag Tema: Volhoubare Voedsel vir Lewe 22 September 2011 Aangebied deur die Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe van die Universiteit van Pretoria en die Produce Marketing Association (PMA) UP Konferensiesentrum Me V Mathada (museumkurator) praat met die leerders by Hoërskool Pietersburg in Polokwane. Kontak mvanderlaarse@pma.com of marie.venter@up.ac.za 16 SQUARED 2 UP

Puleng vind haar wetenskap Sy het gevorder van n leerder wat gesukkel het met wetenskap tot n Omgewingswetenskap of Omgewingskommunikasie te doen. wetenskap-kommunikeerder en die enigste Suid-Afrikaner wat gekies is om aan die Profession Culture Programme deel te neem: n tweemaande internskap by die Cité des sciences et de l industrie, Universcience Puleng se raad vir leerders wat belangstel in wetenskap is: Probeer sover as moontlik uitvind wat dit is wat jy vir die res van jou lewe wil doen in Parys, Frankryk. Hierdie is die suksesverhaal van Puleng Tsie (31), studeer iets waarin jy werklik belangstel. Praat met mense wat in soortgelyke n meestersgraadstudent in Omgewingsbestuur van beroepe staan. Wees ook voorbereid daarop om van plan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die te verander in die proses ontgin alle moontlikhede Universiteit van Pretoria (UP). totdat jy jou wetenskap vind. Puleng verduidelik: Wetenskap het my nog altyd Die doel van die Cultural Professionals -program geïnteresseer maar ek was nooit goed daarmee nie. Die is om die ontwikkeling van samewerkingsprojekte wetenskapkeuses op skoolvlak was ook baie beperk. Ek en implementering van langtermyn-uitruilnetwerke het na matriek by die destydse Vista Universiteit (wat kort tussen openbare instellings, onder die leiding van daarna by UP ingelyf is) ingeskryf vir n algemene BSc. die Ministerie van Kultuur en Kommunikasie en hul Nadat ek oorgegaan het na die Hatfieldkampus, het ek buitelandse eweknieë aan te moedig. Die program Puleng Tsie my rigting na BSc Biologiese Wetenskappe verander en is gerig op buitelandse professionele persone wat in my wetenskap gevind. Ek het besef dat, alhoewel wetenskap n moeilike kulturele instellings werk en bestuursposisies beklee binne hul plaaslike veld was, die belangrikste vir my was om te bepaal van watter aspek van instellings. Hierdie professionele persone moet, in samewerking met die wetenskap ek hou en verstaan. Ek glo dat dit een van die grootste redes is gasheer-instelling in Frankryk, n konkrete projek voorstel wat gegrond is waarom so baie leerders nie wetenskap wil neem nie. Ek beskou dit as my op die uitruil van kennis en vaardigheid om sodoende die bande tussen die plig as wetenskap-kommunikeerder om die idee dat wetenskap moeilik is by plaaslike- en gasheer-instellings te versterk. Puleng sal voordeel trek uit die leerders te verdryf. Wetenskap is harde werk, maar dis nie moeilik wanneer Universcience se ondervinding rakende die voorbereiding en organisering jy jou wetenskap (passie) gevind het nie. van die Wetenskapfees wat elke jaar by die Cité des sciences et de l industrie georganiseer word. Sy sal tydens haar twee-maande internskap Sy het geweier om haar te laat intimideer en verwar deur wetenskap. deel wees van die organisatoriese span en terselfdertyd metodologie vir die Afgesien daarvan dat sy onvermoeid studeer aan haar meestersgraad, werk organisasie van wetenskaplike gebeure bekom. sy as wetenskap-kommunikeerder by Sci-Enza en beplan sy om n PhD in Toppresteerders vereer vir akademiese toewyding Toppresteerder van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Studente Prof Johan Malherbe (Hoof: Departement Fisika) en Gwendolyn Barnes. Die boonste vyf persent van die Universiteit se breinkrag is vanaand in hierdie vertrek verteenwoordig. Dit was die woorde van prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, by die jaarlikse Funksie vir Toppresteerders in die Fakulteit. Hierdie woorde is versterk toe een van die topstudente van die Fakulteit, Gwendolyn Barnes, nie net drie pryse ontvang het nie maar ook weggestap het met die Toekenning van die Visekanselier en Rektor as Algehele Gwendolyn het die Departement Fisika se Prys vir die beste derdejaarstudent in Fisika en die Pierre du Plessis Prys vir die beste derdejaarstudent in Fisika met onderskeiding ontvang. Sy het ook die Dewald Hattingh Boekprys ontvang vir die beste derdejaarstudent in Wiskunde. Sy het in November 2010 haar graad met lof ontvang. Haar gemiddelde prestasie oor die drie jaar-studietydperk is 94.63%. Meer as veertig pryse en trofees is tydens hierdie toonaangewende gebeurtenis aan topstudente van die Fakulteit toegeken. Die Fakulteit is trots daarop om soveel uitstaande akademiese presteerders te hê en dankbaar teenoor al die borge van die pryse en trofees. Prof Jan Boeyens, n Buitengewone Professor in die Eenheid vir Gevorderde Studie van die Departement Chemie by UP, wat sy boek, Chemical Cosmology n paar weke vroeër bekendgestel het, het n programrede by die geleentheid gelewer. Die uitstaande akademiese presteerders van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe met die borge en die Dekaan van die Fakulteit, prof Anton Ströh. SQUARED 2 UP 17

Plantpatologiestudent ontvang toekenning Die Bayer CropScience Toekenning vir die beste finalejaar-student in Plantpatologie is onlangs aan Pieter Louw oorhandig. Hy het die prys in April 2011 by n seremonie in die binnehof van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI), ontvang. Mnr Dirk Uys, Bemarkingsbestuurder van Bayer, het die gehoor kortliks toegespreek en daarna n sertifikaat en prys ter waarde van R4 000 aan die wenner oorhandig. Pieter Louw en prof Lise Korsten, Departement Mikrobiologie en Plantpatologie. Studente n Voorbeeld van n wetenskaplike eksperiment tydens die jaarlikse Opedag. Suksesvolle 2011 Opedag Duisende leerders het die hekke van die Universiteit van Pretoria binnegestroom op 21 Mei 2011 tydens die Universiteit se jaarlikse Opedag om meer uit te vind oor die verskillende loopbane en studiegeleenthede in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Belangstellendes vind meer uit oor die studiemoontlikhede in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe tydens die jaarlikse Opedag. Universiteit van Pretoria University of Pretoria Yunibesithi ya Pretoria Privaatsak/Private Bag X20 Hatfield 0028 Suid-Afrika/South Africa/Afrika Borwa Tel: +27 12 420 4111 Faks/Fax: +27 12 420 4555 www.up.ac.za