I N H O U D S O P G A W E ERKENNINGS... 9 1. SEUNS EN HULLE WONDERWÊRELD... 11 2. LANK LEWE DIE VERSKIL... 19 3. WAT IS DIE VERSKIL DAN EINTLIK?... 31 4. N GEWONDE GEES... 46 5. DIE ONMISBARE PA... 69 6. PA S EN SEUNS... 85 7. MA S EN SEUNS... 103 8. DIE RUSPE-VERSKYNSEL... 121 9. DIE OORSPRONGE VAN HOMOSEKSUALITEIT... 136 10. ENKELOUERS EN GROOTOUERS... 155 11. KOM ONS SPRING DAARVOOR!... 173 12. MANS IS ONNOSEL GOED... 188 13. SEUNS OP SKOOL... 211 14. INVLOEDE VAN BUITE... 231 15. BLY NABY MEKAAR... 250 16. HOE DISSIPLINEER MENS SEUNS?... 263 17. DIE FUNDAMENTELE PRIORITEIT... 284 EINDNOTE... 299 7
SEUNS EN HULLE WONDERWÊRELD H O O F S T U K 1 EK GROET AL DIE MANS EN VROUE wat so geseënd is om ouers genoem te word. Die grootste voorreg in hierdie lewe is om n piepklein wesentjie in die wêreld te bring. En vir die volgende agtien jaar probeer jy dan om hom ordentlik groot te maak. Om daardie taak te vervul vereis al die intelligensie, wysheid en vasberadenheid wat jy van dag tot dag kan bymekaarskraap. En vir ouers in wie se gesin een of meer seuns is, kan die grootste uitdaging daarin lê om hulle lewend te hou gedurende hulle kinder- en adolessentejare. Ons het n vierjarige in ons familie wat plesier aan almal verskaf. Jeffrey, dis sy naam, is pure seun. Verlede week sit ek by hom, sy ouers en grootouers in die gesinskamer en gesels. Skielik besef hulle dat hulle die afgelope paar minute nie vir Jeffrey gesien het nie. Haastig deursoek hulle kamer vir kamer, maar hy is nêrens te vind nie. Vier volwassenes skarrel oral in die buurt rond. Oral weerklink dit: Jeffrey? Jeffrey! Geen antwoord nie. Die kind het eenvoudig verdwyn. Paniek pak die familie beet terwyl vreeslike moontlikhede voor hulle kom spook. Is hy ontvoer? Het hy weggedwaal? Is hy in lewensgevaar? Elkeen het n gebedjie geprewel terwyl hulle van plek tot plek hardloop. Ná ongeveer vyftien minute van loutere angs stel iemand voor dat hulle 911 moet bel. Toe hulle teruggaan huis toe en binnetoe stap, spring die seuntjie te voorskyn en roep kliphard: Haai! vir sy oupa. Klein Jeffrey, die liewe kind, het onder die bed weggekruip terwyl 11
Om seuns groot te maak chaos rondom hom geheers het. Dit was sy idee van n grappie. Hy het eerlik gedink al die ander mense om hom sal ook dink dis snaaks. Hy was geskok toe hy agterkom dat vier grootmense baie kwaad was vir hom. Jeffrey is glad nie n slegte of opstandige kind nie. Hy is maar net n seun. En ingeval jy dit nie agtergekom het nie, seuns is anders as meisies. Reeds generasies vóór ons s n het niemand hierdie feit in twyfel getrek nie. Hulle het intuïtief geweet dat elke geslag n soort op sy eie is en dat dit tipies is dat seuns die onvoorspelbaarste is van die twee geslagte. Jy het seker al jou ouers en grootouers glimlaggend hoor sê: Meisies is pure suiker en heuningstroop, ja, alles waarvoor jy kan hoop, maar seuns is die ene slange en slakke en paddas in sakke. Dit was wel tong-in-die-kies gesê, maar mense van elke ouderdom het gedink dit berus op feite. Seuns bly maar seuns, het hulle veelbetekenend gesê. En hulle was reg. Seuns is gewoonlik (maar nie altyd nie) moeiliker om groot te maak as hulle susters. Meisies kan ook moeilik wees om te hanteer, maar daar is iets omtrent seuns wat vir mens n besondere uitdaging bied. Hoewel individuele temperamente verskil, is seuns geskape met n sterker selfgeldingsdrang, hulle is waaghalsiger en word vinniger geprikkel as meisies. Die sielkundige John Rosemond noem hulle klein aggressiewe masjientjies. 1 Een pa het na sy seun verwys as n straalmotor sonder enige stuur. Dis sommige van die redes hoekom Maurice Chevalier nooit gesing het Thank Heaven for Little Boys nie. Hulle inspireer eenvoudig nie besondere sentimentaliteit nie. In n artikel met die titel What Are Boys Made Of? haal die verslaggewer Paula Gray Hunker n ma aan. Dié ma, Meg MacKenzie, het gesê die grootmaak van haar twee seuns is soos om saam met n tornado te lewe. Van die oomblik dat hulle terug is van die skool hardloop hulle om die huis, klim hulle buite boom en maak hulle binnekant lawaai asof n trop olifante hulle intrek geneem het op die boonste verdieping. Ek probeer hulle kalmeer, maar dan sê my man maar net: Dis maar wat seuns doen. Raak gewoond daaraan. Hunker vervolg: Mevrou MacKenzie, die enigste vrou in n huishouding vol mans, sê hierdie neiging (van seuns) om sommer te begin en agterna te luister maak haar gek. Ek kan nie net vir my seuns sê hulle moet opruim nie. As ek dit doen, sit hulle byvoorbeeld een of twee speelgoedjies weg en aanvaar dat die taak afgehandel is. Ek het geleer dat ek baie, baie spesifiek moet wees. Sy het ontdek dat seuns nie op subtiele wenke reageer nie. Versoeke moet duidelik uitgespel word. Ek sit byvoorbeeld n mandjie skoon wasgoed op die 12
SEUNS EN HULLE WONDERWÊRELD trap neer, en die seuns sal twintig keer daar verbystap, maar nie een keer sal die gedagte by hulle opkom om dit boontoe te dra nie. 2 Klink dit dalk bekend? As jy n partytjie vir vyfjariges reël, sal die seuns waarskynlik baie anders optree as die meisies. Een of meer van hulle sal vermoedelik koek rondgooi, sy hande in die bak met vrugtepons druk of die speletjies vir die meisies ontwrig. Hoekom is hulle so? Party mense sal sê dis hulle onnutsige aard wat hulle van die kultuur geleer het. Regtig? Nou hoekom is seuns in elke gemeenskap dwarsoor die aardbol aggressiewer as meisies? En hoekom het die Griekse filosoof Plato meer as 2300 jaar gelede geskryf: Van al die diere is die seun die onbeteuelbaarste? 3 Een van my geliefkoosde klein boekies, Up to No Good: The Rascally Things Boys Do onder redaksie van Kitty Harmon, is n versameling verhale wat vertel is deur 100 persent ordentlike volwasse mans wat hulle kinderjare in herinnering roep. Hier is n hele paar voorbeelde waaroor ek moes glimlag 4 : In graad sewe het die biologie-onderwyser ons varkfetusse laat dissekteer. Ek en my vriende het die snoet van die vark vasgelê en dit bo-op die spuitfontein gaan vassit sodat die water reguit by die vark se neusgate uitgespuit het. Eers as iemand gebukkend bo-oor gestaan het, gereed om te drink, sou hy dit agterkom. Die probleem is dat ons in die omgewing wou bly om te sien wat gebeur, maar toe het ons so hard begin lag dat ons uitgevang is. Daarvoor het ons toe n pak slae gekry. ~ MARK, OHIO, GEB. 1960 ~ Ek en n vriend het n koffiekan vol petrol in die garage ontdek. Ons besluit toe om n bietjie daarvan by n inspeksiegat in te gooi, dit aan die brand te steek en te kyk wat gebeur. Ons het die inspeksiegat oopgemaak, van die petrol ingegooi en die deksel teruggesit sodat dit op n skrefie oopgestaan het. Ons het aanhou vuurhoutjies afgooi, maar toe niks gebeur nie, het ons al die petrol ingegooi. Uiteindelik was daar n lawaai nes n straler se enjin wat aangeskakel word. Toe hoor ons net n geweldige boem! Die inspeksiegat se deksel het afgevlieg en n vlam het omtrent vyf meter hoog die lug ingeskiet. Die aarde het gedreun soos met n aardbewing. Die inspeksiegat se deksel het omtrent vier meter verder in die buurman se oprit neergestort. Wat gebeur het, was dat die petrol vir n blok of so al met die rioolpype afgeloop het. Dit het verdamp en met al die metaangas daarbinne het dit al ons bure se toilette opgeblaas. Ek is nou n loodgieter, en dis hoe ek presies weet wat gebeur het. ~ DAVE, WASHINGTON, GEB. 1952 ~ 13
Om seuns groot te maak Ek is blind en toe ek n kind was, het ek soms met ander blinde kinders gespeel. Ons het altyd net so baie of meer maniere gevind om in die moeilikheid te kom as seuns wat wel kan sien. Soos die keer toe ek by n blinde vriend se huis was. Hy het my garage toe geneem om my sy ouer broer se motorfiets te wys. Ons het besluit om n entjie te gaan ry. Hoekom nie? Ons het voel-voel al langs die randsteen straataf gery. By elke kruising het ons gestop, die enjin afgeskakel, geluister en dan die straat oorgesteek. Ons het al die pad na die hoërskool se atletiekbaan gery. Daar kon ons regtig laat waai. Ons het eers op elke draai n hopie met grond gemaak. Elke keer wanneer ons dan daaroor gery het, het ons geweet dat ons nog op die regte pad is. Toe het ons met volle vaart weggetrek. Wat ons nie geweet het nie, was dat mense intussen opgedaag het om op die baan te hardloop. Hulle het met hulle hande gewaai om ons te probeer wegjaag. Bokant die geraas van die motorfietsenjin kon ons hulle nie hoor nie en ons het hulle byna onderstebo gery. Hulle het die polisie laat kom. Dié het opgedaag en ons ook probeer wegjaag. Ons het egter net aanhou ry. Op die ou end het hulle hul sirenes en megafone aangesit. Toe het ons stilgehou. Hulle was briesend en wou ons nie glo toe ons verduidelik dat ons hulle nie gesien het nie. Ons het bewys dat ons blind is deur vir hulle ons Braille-horlosies te wys. Hulle het ons daarna huis toe begelei. ~ MIKE, KALIFORNIË, GEB. 1953 ~ Soos hierdie verhale illustreer, is een van die ontstellendste aspekte van die grootmaak van seuns hulle neiging om sommer net lyf en lewe te waag. Dit begin reeds vroeg. As hy as peuter op iets kan klim, sal hy daarvan afspring. Totaal buite beheer jaag hy na tafels, baddens, poeletjies, trappies, bome en strate. Hy sal enigiets eet behalwe kos en hy speel dolgraag in die toilet. Van komkommers of tandeborsels maak hy gewere en hy hou daarvan om rond te grawe in laaie, pillebotteltjies en Mamma se beursie. En jy kan maar net hoop sy morsige klein handjies kry nie enige lipstiffie beet nie. n Seun terg knorrige honde en tel katjies aan hulle ore op. Sy ma moet hom elke oomblik dophou om te keer dat hy sy eie dood veroorsaak. Hy is mal daaroor om klippe te gooi, met vuur te speel en glas te breek. Hy skep ook baie behae daarin om sy broers en susters, sy ma, sy onderwysers en ander kinders te irriteer. Namate hy ouer word, word hy aangetrek deur enigiets wat gevaarlik is: skaatsplanke, rotsklim, hangsweef, motorfietse en bergfietse. Ongeveer op sestien begin hy en sy tjommies in die dorp rondry soos kamikaze-vlieëniers op n sending. Dis n wonder dat selfs n enkele een van hulle oorleef. Vanselfsprekend is nie alle seuns so nie, maar die meerderheid van hulle is wel. 14
SEUNS EN HULLE WONDERWÊRELD Die Kanadese sielkundige Barbara Morrongiello het n studie gemaak van die verskille tussen seuns en meisies se opvatting omtrent waaghalsige gedrag. Vroue is geneig om ernstig daaroor na te dink of hulle dalk sal kan seerkry of nie, en hulle sal minder waarskynlik halsoorkop voortgaan as daar n moontlikheid bestaan dat hulle kan seerkry. Seuns sal egter n kans waag as hulle dink die gevaar is die risiko werd. Om hulle vriende (en uiteindelik meisies) te beïndruk word gewoonlik as die moeite werd beskou. Morrongiello het n verhaal vertel van n ma wie se seun op die garage se dak geklim het om n bal in die hande te kry. Toe hy gevra is of hy besef dat hy dalk kan val, was sy antwoord: Wel, dalk gaan ek nie. 5 n Verwante studie deur Licette Peterson het bevestig dat meisies banger is as seuns. Hulle rem byvoorbeeld baie gouer wanneer hulle fietsry, hulle reageer baie negatiewer op pyn en hulle probeer om nie twee keer dieselfde fout te maak nie. Seuns, aan die ander kant, leer stadiger uit rampe. Hulle is geneig om te dink hulle beserings was die gevolg van teëspoed. 6 Dalk is hulle volgende keer gelukkiger. Buitendien, littekens is cool. Ons seun, Ryan, het as seun in die een gevaarlike situasie ná die ander beland. Teen die tyd dat hy ses was, was hy al goed bekend met die personeel en dokters van die plaaslike ongevalle-afdeling. En hoekom nie? Hy was herhaaldelik n pasiënt daar. Toe hy omtrent vier was, het hy toe-oë deur die agterplaas gehardloop en toe beland hy in n dekoratiewe metaal- plant. Een van die staalstawe het sy regterwenkbrou oopgesteek sodat die been sigbaar was. Steier-steier, die ene bloed, het hy by die agterdeur ingestrompel. Shirley kry nou nog nagmerries as sy net daaraan dink. Weg is hulle traumasentrum toe weer n keer. Natuurlik kon dit baie erger gewees het. As Ryan se val met soveel as twee en n half millimeter verskil het, sou die staaf hom reg in die oog getref en in sy brein gesteek het. Ons het God baiekeer gedank vir Ryan se noue ontkomings. Ek was ook een van daardie kinders wat op die rant van rampspoed gelewe het. Toe ek ongeveer tien was, was ek baie beïndruk met die manier waarop Tarzan van tak na tak deur die bome kon swaai. Niemand het ooit vir my gesê: Moet dit nie by die huis probeer nie. Ek het gevolglik op n dag hoog in die peerboom geklim. Ek het n tou aan een klein takkie vasgebind. Toe het ek my geposisioneer vir n rit na die volgende boom. Ongelukkig het ek n effense, maar uiters belangrike, verkeerde berekening gemaak. Die tou was langer as die afstand wat die tak van die grond af was. Al die pad ondertoe het ek aanhou dink dat iets nie reg lyk nie. Ek het nog die tou vasgehou toe 15
Om seuns groot te maak ek sowat vier meter ondertoe die grond tref sodat my wind skoon uit was. Vir wat vir my soos n uur gevoel het, kon ek nie asemhaal nie (dit moes egter maar sekondes gewees het). Ek was seker ek is besig om te sterf. Ek het twee tande gebreek en n harde geluid soos dié van n ghong het in my kop weerklink. Later daardie middag was ek egter weer op en aan die gang. Niks besonders nie. Die jaar daarna het ek vir Kersfees n skeikundestel present gekry. Dit het geen plofstowwe of giftige stof bevat nie, maar in my hande kon enigiets gevaarlik wees. Ek het n hoeveelheid helder blou chemikalieë in n proefbuis gemeng en dit styf toegeprop. Toe het ek die substans met n bunsenbrander verhit. Baie gou het die hele ding ontplof. My ouers het pas my kamer se plafon spierwit geverf. Binne n paar sekondes was die plafon versier met die allermooiste blou goed. Die spatsels het jare lank daar gebly. Dis hoe die lewe in die Dobson-huishouding verloop het. Dit moet n soort genetiese trek wees. Daar word vir my vertel dat my pa in sy tyd ook n verskrikking was. Toe hy n klein seuntjie was, het n vriend hom uitgedaag om die lengte van n straatblok deur n afvoerpyp te kruip. Hy kon net n ligstippeltjie aan die ander punt sien, maar hy het sy pad duim vir duim in die donkerte begin voel. Ek veronderstel dit was onvermydelik dat hy êrens in die middel bly vassteek het. Engtevrees het gedreig om hom te oorweldig terwyl hy tevergeefs probeer beweeg het. Daar was hy, geheel en al alleen en gestrand in die pikdonker pyp. Selfs al het volwassenes van sy verknorsing geweet, sou hulle hom nie kon bereik nie. Reddingswerkers sou die hele pyp moes opgrawe om hom uit te kry. Die seun wat my pa sou word, het dit uiteindelik tot by die ander punt gemaak. Ek is dankbaar dat hy oorleef het en sy lewe kon voortsit. Nog twee illustrasies: my pa en al vier sy broers was hoërisikokinders. Die oudste twee was n tweeling. Toe hulle net drie jaar oud was, was my ouma besig om vir aandete boontjies uit te dop. Op pad werk toe sê my oupa binne hoorafstand van die kinders: Moenie dat die kinders die boontjies in hulle neus opdruk nie. Slegte raad! Net toe hulle ma haar rug draai, stop hulle hul neuskanale vol bone. Dit was onmoontlik vir my ouma om dit uit te kry; daarom het sy dit net daar gelos. n Paar dae later het die boontjies begin uitloop. Klein groen spruite het sowaar by hulle neusgate uitgegroei. n Huisdokter het vlytig te werk gegaan om die piepklein plantjies een vir een uit te grawe. Jare later het die vyf seuns na n indrukwekkende kerktoring staan en kyk. Een van hulle het die ander uitgedaag om aan die buitekant 16
SEUNS EN HULLE WONDERWÊRELD op te klim en te kyk of hulle die hoogste punt kon raak. Al vier van hulle het soos bobbejane by die struktuur opgeklim. My pa het my vertel dat dit net die genade van God was wat verhoed het dat hulle daar afgetuimel het. Dit was maar net n normale dag in die lewe van vyf weerbarstige klein seuntjies. Wat laat jong manlike persone op hierdie manier reageer? Watter innerlike krag dryf hulle om dit tot op die rant van rampspoed te waag? Wat is dit omtrent die manlike temperament wat seuns aanspoor om die wette van swaartekrag uit te daag en die sagte stem van gesonde verstand te ignoreer; daardie stemmetjie wat sê: Moenie dit doen nie, seun? Seuns is so as gevolg van die manier waarop hulle neurologies bedraad is. Daarby veroorsaak hormone dat bepaalde aggressiewe gedrag gestimuleer word. In die volgende hoofstuk gaan ons daardie komplekse en kragtige manlike eienskappe ondersoek. Mens kan geen man verstaan sonder om iets te weet van die kragte wat binne-in hom aan die werk is nie. Dit geld alle mans van alle ouderdomme, en dit sluit jou in, of die een met wie jy dalk getroud is. Ons wil ouers graag help om in hierdie postmoderne era goeie seuns groot te maak. Die kultuur voer n stryd met die gesin, veral met hulle jongste en kwesbaarste lede. Hulle ontvang skadelike en aanloklike boodskappe vanuit alle oorde. Dit kom via flieks, TV en die rockmusiekbedryf. Boodskappe word luid verkondig deur die kampvegters van die sogenaamde veilige seks -ideologie, deur homoseksuele aktiviste en deur middel van die vrylik beskikbare obseniteite op die internet. Die vraag waarmee ouers gekonfronteer word, is: Hoe kan ons ons seuns én meisies by die baie negatiewe invloede verbystuur wat hulle om elke hoek en draai konfronteer? Dit is n kwessie met ewigheidsimplikasies. Ons doel in hierdie opsig is om ma s en pa s by te staan terwyl hulle verdediging speel namens hulle seuns. Dit wil sê onderwyl hulle hul seuns beskerm teen immorele en gevaarlike verleidings. Dis egter nie genoeg nie. Ouers moet ook aanvallend optree. Hulle moet munt slaan uit die ontvanklike jare van die kind deur in hulle seuns die voorlopers van karakter in te prent. Hulle opdrag gedurende twee kort dekades sal wees om hulle seuns te omskep van onvolwasse en loskop jongelinge tot eerlike, sorgsame mans. Hierdie mans moet vroue respekteer, lojaal en getrou wees in die huwelik, by hulle verbintenisse hou, sterk en besliste leiers, goeie werkers en standvastig in hulle manlikheid wees. En natuurlik is die finale doel van gelowiges die volgende: hulle moet vir elke kind n begrip van die Skrif bybring 17
Om seuns groot te maak en n lewenslange passie vir Jesus Christus in hulle vestig. Dit, glo ek, is dié allerbelangrikste verantwoordelikheid vir diegene van ons aan wie die versorging en opvoeding van kinders toevertrou is. n Eeu gelede het ouers n baie beter posisie gehad wat betref hierdie langtermyndoelwitte en hoe hulle bereik kan word. Sommige van die idees werk vandag nog en ek sal dit binnekort met julle deel. Ek sal ook n oorsig gee oor die jongste navorsing oor kinderontwikkeling en ouer-kind-verhoudings. My gebed is dat dit, gekombineer met my eie professionele ervaring wat meer as 30 jaar dek, aanmoediging en praktiese raad sal bied aan diegene wat die pad moet loop. Gespe dus julle sitplekgordels vas. Ons het baie interessante grondgebied om te dek. Eers is daar egter n klein gediggie om ons aan die gang te kry. Dis geneem uit die liriek van n lied waaroor ek baie erg is en wat my vriend Robert Wolgemuth vir my gestuur het. Toe Robert n jongeling was, het sy ma, Grace Wolgemuth, vir hom en sy broers en susters That Little Boy of Mine gesing. Ek het dit die eerste keer gehoor toe Robert en sy vrou, Bobbie, dit in 1983 vir my ma gesing het. n Kopieregsoektog kon geen inligting oplewer omtrent die eienaarskap van die liriek en melodie nie. Na die beste van hulle wete glo Grace Wolgemuth se kinders dat sy die lied vir hulle geskep het. Ek gebruik dit dus met hulle toestemming. Two eyes that shine so bright, two lips that kiss goodnight, two arms that hold me tight, that little boy of mine. That Little Boy of Mine No one could ever know how much your coming has meant. Because I love so, you re something heaven has sent. You re all the world to me. You climb upon my knee. To me you ll always be, that little boy of mine. 7 18