Uit die Voorsitter se stoel

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Direkte en indirekte rede *

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Tariewe

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

Dialoog en paragrawe *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Hoe om krag te spaar

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Mosselbaai Munisipaliteit

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Geagte Lid, KENNISGEWING VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE (NWM)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Kerssangdiens. SA Gemeente

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

G. J. du Preez

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

die ArtKat Jaar program

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Transcription:

1

Uit die Voorsitter se stoel n Mens besef elke oggend opnuut watter wonderlike voorreg dit is om in Kranspoort wakker te word, die geluide van die natuur te hoor, vars lug in te asem en God se teenwoordigheid te ervaar. Ons is voorwaar geseënd. n Onbekende wyse persoon het gesê dat al sekerheid in die wêreld die feit is dat daar verandering sal wees. Indien ek Kranspoort in oënskou neem moet ek daarmee saamstem. Direksielede het die afgelope jaar teen n ongekende tempo verander asook n paar personeellede. Nogtans beleef ek n gees van vooruitgang. Hier dink ek aan ons wildbestuursplan, oplewing in die eiendomsmark, pad - instandhoudingsplan wat u eersdaags sal beleef, beplande vervanging van uitgediende toerusting en moontlike uitbreiding van kantoorpersoneel. A few challenges are waiting like the compound and negotiations regarding the possible acquisition of plot 76 that is high on our strategic priority list. The water purifying and distribution also needs mentioning. At the time of preparing this message the annual grant from STLM was not paid to us yet. I can assure you that everything possible is done to ensure this payment is made before 30 June 2015. The outstanding report from the City s Chief Engineer regarding our appointment as service providers to maintain the roads and water plant ourselves, was tabled successfully at the STLM Committees Forum at the beginning of May 2015. The Town Council had to make the final decision regarding this pay-out at the end of May 2015. We are awaiting feedback upon which we shall react as required. Ons is tans besig om die begroting vir 2015/2016 voor te berei. Prysstygings soos byvoorbeeld elektrisiteit, brandstof, flokkulant en vergoe- ding kan nie langer geïgnoreer word nie, terwyl die moontlike bekom van erf 76 ook n uitdaging sal bied. Wees egter verseker van ons nougesette fokus op, en inagneming van, die plaaslike en nasionale ekonomie. Die nooduitgang is verskuif na n posisie nader aan die laagwaterbrug oor die inloop na Loskopdam vanuit Kranspoort. Dit is gedoen omrede: 1) SANRAL se versoek dat die nooduitgang verskuif word aangesien dit op n gevaarlike posisie was. 2) Die manipulering van die veiligheidsreling wanneer die nooduitgang gebruik word, nie wenslik is nie. Dankie vir u ondersteuning aan die direksie, kantoorpersoneel, tegniese personeel en operateurskorps. U positiewe insette is vir ons almal n bron van energie en inspirasie. Tog wil ek net weer n beroep doen op die inwoners en eienaars om die Inligtingsessies by te woon, waartydens gereelde terugvoer gegee word oor die sake van Kranspoort wat u raak. Die volgende Inligtingsessie word beplan vir Saterdag, 27 Junie om 09:00 in die Kranspoort werkwinkel. Hoop ons sien u daar. Tot ons weer gesels. Gerrit vd Westhuyzen Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 2 3

Kranspoort Direksie Gerrit vd Westhuyzen Voorsitter / Chairman 072 317 9134 gerrit@izaziminng.co.za Jannie le Roux Omgewingsake en Wildbestuur Environmental Affairs and Wildlife Management 076 142 9569 E-pos: jannielr@flowcentric.com PORTEFEULJE VERSPREIDING Johan Botha Onder voorsitter Gemeenskapsveiligheid & Sekuriteit Community Safety & Security 082 551 5299 jbotha.snr@vodamail.co.za Hennie Pieterse Bouplanne en Projekte Building and Projects 083 629 1142 henniepieterse@ctecg.co.za Lood Lowies Batebestuur (Meganies en Elektriese Instandhouding) 082 777 2083 loodkrans@gmail.co.za Henriette Pieterse Bemarking en Openbare Betrekkinge Marketing and Public Affairs 082 565 5159 hpieterse3@gmail.com Martin Bartle Besigheidsbestuur Business Management 082 923 3741 martin.bartle@jsgroup.co.za Louis Jochimsen Paaie / Roads 079 507 8079 louis@focusminings.com Kibboets Ontwikkelings BK Posbus 1116 Groblersdal, 0470 E-pos: chris@kibboets.co.za hendrik@kibboets.co.za Chris du Plessis 083-610-1647 Hendri du Plessis 083-654-2189 Boukontrakteur vir nuwe huise en geboue. Aanbouings & verbeterings, lapas & klipwerk. Ons het reeds ongeveer 20 huise in Kranspoort Vakansiedorp gebou, bo en behalwe al die aanbouings en verbeterings wat ons gedoen het. Erf 322, Lekkerbreeksingel Die huis van Fonnie van Vuuren Erf 5, Krokodilstraat, Gholfbaan. Die huis van Gerhard von Wielligh Die agterkant met die lieflike dek. Beoordeel ons op ons werk gelewer. Skakel ons vir verwysings na huise wat ons reeds gebou het en gaan kyk gerus na die gehalte van ons werk. Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 4 5

Gemeenskapsveiligheid en Sekuriteit Die afgelope kwartaal is as deel van n geintegreerde bestuursplan aandag gegee aan en goeie vordering gemaak met die volgende aspekte: Verbeterde kantoor- en personeel veiligheid; Veiliger batebestuur; Versterking van n gedeelte van die westelike grensheining; Verbeterde beweging- en toegangsbeheer; Verbeterde registrasie, kontrole en bestuur van kampong besetting; Toepassing van Bestuursreëls. KEK word ook amptelik verteenwoordig op die plaaslike polisiesektor se Gemeenskapspolisieforum (GPF). Die forum fokus op die voorkoming van misdaad en veiligheid van die groter Loskopvallei, brandbestryding, netwerk kommunikasie en padveiligheid. n Gesonde verhouding is ook gevestig met die padboukontrakteurs en tydige kommunikasie oor padtoestande en skietwerke word deurlopend deurgegee. Inwoners en besoekers word bedank vir hul volgehoue samewerking en ondersteuning. Johan Botha - Direkteur Gemeenskapsveiligheid en sekuriteit Posbus 777, Kranspoort, 1080 Tel: 082-564-6696 Faks: 086-502-2618 013-282-7404 E-Pos: kranspoort-hanlie@lantic.net Kranspoort Paaie Louis het ingestem om as gekoopteerde direkteur die paaie onder sy vlerk te neem, en ons glo dat daar binne die volgende paar weke n verbetering in die toestand van die paaie gesien sal kan word. Louis het sy padbou kennis opgedoen toe hy in 1975 aangesê is om die pad te bou deur die Maluti berge na n De Beersmyn op Letseng Diamantmyn, oor n twee jaar tydperk. Daarna was hy bedrywig in mynbou aktiwiteite en was hy baie betrokke by die bou van paaie en instandhouding van paaie op oopgroefmyne. Die plaveisel is byna voltooi en vorder goed, die kontrakteurs is ongeveer n maand voor skedule en die pad behoort dus in gebruik te wees teen die tyd dat hierdie nuusbrief versprei word. Louis Jochimsen - Gekoopteerde direkteur: Paaie Business and Financial Management The financial affairs of Kranspoort is stable amidst all the economical challenges that are facing us at present. The increases in electricity, diesel, minimum wages and other commodities has being substantial over the past 12 months and has put strain on the current F14/15 budget. However, through sound financial management practices by the KOC and previous financial directors, the higher, unplanned increases could be absorbed and managed. It is budget time at present and the respective portfolio directors are busy preparing their budgets. It is going to be a challenging F15/16 Budget. Martin Bartle Co-opted director: Finance Sedert 1996 by Kranspoort Vakansiedorp betrokke Wil u n erf laat skoonsny? Teen slegs R750 per erf wat voorheen gesny is deur ons. Erf wat vir die eerste keer gesny word R1500 vooruit betaalbaar. Ons help graag om die brandgevaar op Kranspoort te beperk. Tuindienste Laat ons u tuin versorg, sodat u kan kom ontspan en Kranspoort geniet (Kranspoorteienaar) Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 6 7

Winterspele Kom vier die BVCO se 21ste bestaan met rugby en netbal uit die boonste rakke by Gromar! Die bestes kom hier teen mekaar te staan. Dit belowe om kookwater vermaak te wees. Donderdag die 24/6/2015 begin dit met n groot spitbraai die aand, absoluut verniet vir diegene wat vooraf bespreek het. Vrydag 25/6/2015 Tree gaskunstenaar Bobby v Jaarsveld op asook ons plaaslike musiekgroep Coffeesnobs gaan ons vermaak na n dag van opwindende netbal en rugby. Toegangsfooi deur die dag is R20 pp en die aand se vertoning van Bobby is R150 vir volw in die voorste rye en R120 vir middel en agter sitplekke. Kaartjies sal by Gromar beskikbaar wees vanaf Donderdag 28/05/2015. Kontak nommer van Gromar is 0132625419 / 0794963913. Saterdag 26/6/2015 Die wenners word gekies. Bespreek vroegtydig n losie @ R4000 vir 10 persone. Daarmee saam kry u n ete genoeg vir n groot man en ook n ietsie te drinke daarby! Kom en ondersteun die lieflikste kinders met u aanmoediging langs die bane van n mooi skool. Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 8 9 Di 31 Julie - 1 Augustus 2015 fees Vrydag, 31 Julie Die VLU bied n verskeidenheid werksessies aan. Die aand kom Vaughn Gardiner vir die Valleiers sing. Saterdag, 1 Augustus Fietsrywedren op Ruby, een van die mooiste roetes van die Forever groep se bestemmings. Die eerste drie pryse is vakansies vir die gesin. Saterdagaand tree die legende Theuns Jordaan op. Andriette Norman sing tydens die voorprogram Daar gaan gebraai en geëet word soveel dat julle maar sal moet oorslaap. En dit kan gereël word in die mooi gastehuise wat Groblersdal kan bied! Daar gaan talle uitstallers wees en baie vermaak vir die kinders asook helikopter-ritte bedags. Toegangsfooi deur die dag is R20 pp en die aand se vertoning is R150 vir volwassenes in die voorste rye en R120 vir middel en agter sitplekke. Kontak Gromar 013-262-5419 Sel: 079 496 3913.

Bou-aangeleenthede en Projekte Daar is verskeie bou-aktiwiteite huidiglik aan die gang op Kranspoort. Sien hieronder die statistieke van die afgelope vyf jaar m.b.t. die bou van wonings en aanbouings: Jaartal Aantal Aantal Jaartal Aantal Aantal nuwe wonings aanbouings nuwe wonings aanbouings 2011 14 11 2014 14 21 2012 16 14 2015 tot op 13/5 10 9 2013 8 14 Wanneer mens dus die bogenoemde statistiek in ag neem, en in besonder 2015 se syfers tot nou, blyk dit dat Kranspoort n baie gewilde ekotuiste bied. Die eiendomsmark was ook baie aktief gedurende 2014 en 2015 tot dusver, wat hierdie stelling verder bevestig. Vergewis uself asb van die prosedure m.b.t. Boureëls op Kranspoort tydens die beplanning van u bouprojek of dit n nuwe woning of n aanbouing is. Goedgekeurde planne deur beide die K.E.K. en STLM word vereis voordat die bouwerk n aanvang neem. Maak asb seker indien u n eiendom aangekoop het dat die planne wel deur beide die bg partye goedgekeur is, aangesien dit sekere implikasies op u versekering kan hê wanneer n eis ontstaan. Verkry asb n kopie van die Bestuursreëls van die kantoor dis ook op digitale formaat beskikbaar. Skriftelike aansoeke moet gedoen word vir die oprigting van Wendy huise, omheinings ensovoorts wat eers goedgekeur moet word deur die K.E.K. voor oprigting daarvan. Konsolidasie van erwe: STLM keur die konsolidsie van aangrensende erwe in Kranspoort goed. Inligting hieroor is beskikbaar, en uitgestuur. Toekomstige projekte: n Tydelike opgradering van die Kampong. Planne vir die bou van n MUUR VAN HERINNERING is reeds opgetrek en goedgekeur en sal binne die volgende ses maande voltooi wees. n Perseel is geidentifiseer links van die parkeerarea van die piekniekterrein waar die diere se voerplek normaalweg is. Belangstellendes kan met my hieroor gesels. Graag wil ek almal bedank wat hul plekke so netjies onderhou en die bestuursreëls nakom, en daardeur van Kranspoort n lushof maak. Daar bestaan egter n paar probleemareas en onooglike strukture, waaroor daar met die eienaars in gesprek getree is / binnekort sal word. Hennie Pieterse - Gekoöpteer: Bou-aangeleenthede en Projekte Openbare Betrekkinge Die grootste uitdaging vir die Kranspoort eienaars en besoekers is beslis die N11 padwerke wat oor n tydperk van twee jaar sal strek. Die kontrakteur, KPMM, probeer hul bes om die padgebruikers tegemoet te kom en hul veiligheid eerste te stel. Tog is daar voortdurend motoriste wat alle padtekens en regulasies verontagsaam en ekstra bestuursvernuf en geduld van elkeen van ons eis. Daar word voortdurend kommunikasie vanaf KPMM rakende die volgende skietsessie en sluiting van die pad deurgestuur na die Kranspoorters vanaf die kantoor. VIR AL JOU BUITELEWE- EN KAMPEERBEHOEFTES ONDER EEN DAK! Kampering Hengel Gasprodukte Tente Gazebos Vuurwapens Ammunisie Boogskiettoerusting Staptoerusting Verkykers Messe Buitelugklere en -skoene Rugsakke Slaapsakke GPS e Braaie Geisers Bootbenodigdhede Easigas-agente 9 kg / 19 kg / 48 kg gas ONS LEWER GRATIS AF IN KRANSPOORT Outdoor Gas & Equipment cc t/a The Outdoorsman Witbank Rod & Reel Bailie-sentrum, John Bailiestraat, emalahleni Tel: 013-692-5659/4031 Fax: 086-540-9061 E-mail: outdoorsman@web4us.co.za Na bl. 38 Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 10 11

Kranspoort PUB & GRILL Restaurant: 071 686 7597 Sam: 082 676 7027 Ivy: 071 685 3658 Danie: 083 230 3100 Besoek ons op Facebook of e-pos ons gerus op wsorielly@gmail.com GROOT DINGE GEBEUR HIERDIE JUNIE! Woensdae 3, 10, 17, 24 Vrydae 5 & 19 Saterdae 6, 13, 20 Sondae 7, 14, 21 HAPPY HOUR: Een gratis bier saam met enige ete van u keuse tussen 6-7pm Rib eye +/-700g met skyfies vir slegs R140-00 KARAOKE: Kom sing saam die aand in en dans lekker(en lag) tot laat. Groot aanbiedings Vrydagaand is Prawnaand, kom geniet 500g Black Tiger prawn saam 3 souse en u keuse van rys of skyfies! RUGBY SPECIAL : BIG screen TV Kom braai saam met ons, braaipakke, pap, sous en slaai beskikbaar en ons maak die groot vuur. FAMILIE CARVERY : Nuwe spyskaart elke week met 3 vleis soorte 3 groentes, rys, aartappels, sous en nagereg met vla of roomys vir slegs R110-00 p/p. Gaskunstenaar elke Sondag vir u plesier. Winter Musiekfees 26, 27, & 28 Junie GASKUNSTENAARS: Andre G, Natasha, Monique Hunter, Nico Booijse, Ria Le Roux en nog meer Vele uitstallers Groot verhoog ~ Pannekoek ~ Worsrolle ~ Biertuin ~ Vetkoek Paintball ~ Kettieskiet ~ Braaivleisvure ~ Potjiekoskompetisie Hamburgers ~ Ala carte ~ Groot skerm TV ~ Springkasteel en nog vele meer, skakel asb vir meer inligting Vir algemene bouwerk: Bou van huise Aanbouings Lapas TLB te huur Kontak / Contact LIEB VAN JAARSVELD 082-577-1244 KOM ONTMOET DIE NUWE BESTUUR EN GENIET `n DAG SAAM MET ONS, BRING DIE JONG KLOMP EN LAAT HULLE BALJAAR OP ONS NUWE SPEELAREA REG LANGS DIE DEK VIR U GERIEF. (Kranspoort Eienaar) Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 12 13

Kranspoort Gholfklubnuus Gedurende die algemene jaarvergadering van die Kranspoort Gholfklub in Maart is n nuwe gholfkomitee deur die lede verkies. Die komitee word in die diep kant ingegooi gedurende April toe hulle op kort kennisgewing alle reëlings vir die jaarlikse Bushveld Challenge moes oorneem. Die geleentheid was bo verwagting n groot sukses en almal is dit eens dat dit volgende jaar nog baie gaan groei. Tans is almal betrokke baie tevrede met die Kranspoort Gholfklub se positiewe groei. Ons ware ledetal staan op 154 lede. Die weeklikse kompetisies is in volle swang en ons is gelukkig om op n gereelde basis gholfdae en-of groot groepe te onthaal. Finansieel is die klub ook dan huidiglik in n redelike stewige posisie en funksioneer al n geruime tyd totaal onafhanklik. Die verbouings aan die pad en die Kranspoortpas gaan en het al egter begin om van ons voete te eis, waar mense kanselleer aangesien hulle nie kans sien om tans die pad te ry nie. Gelukkig begin die winter nou, wat die kanse vergroot dat spelers van Middelburg eerder meer moete sal doen om na n warmer baan in die bosveld te ry as om in die koue op die Hoëveld te speel. In die nabye toekoms is die volgende dae alreeds bespreek: 13 Junie - Kranspoort Dames Ope; 20 Junie - Privaat dag bespreek Skakel gerus die Gholfklub by 082 715 6029 vir meer inligting, besprekings en spesiale tariewe vir groepe. Besoek ook www. kranspoortdorp.co.za vir meer inligting oor die Gholfbaan. Alle Kranspoort inwoners word vriendelik uitgenooi om die Gholfklub se fasiliteite te kom gebruik, ietsie te drink of eet of net rustig op ons dek te kom ontspan. Vriendelike Gholfgroete Kobus Coetser Klubkaptein: Mans 2015 Kranspoort Gholfklubkomitee Voor: Kobus Coetser - Mans Klubkaptein, Hanlie Coetser - Dames klubkapteine, Chrisjan Basson - Voorsitter, Sonja van Niekerk - Lid Middel: Frans Luck - Finansies, Alwyn van Antwerpen - Sekretaris, Theo van Niekerk - Onder kaptein, Aubrey Potgieter - Lid, Dries Dreyer - Lid Agter: Phil Hibbert - President. Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 14 15

Kranspoort Jukskeilaer Die Kranspoort Jukskeilaer het die afgelope tyd n hele paar nuwe lede bygekry. Dit is ook die eerste jaar wat Kranspoort saam met Middelburg aan die liga byeenkomste deelgeneem het. Daar is 11 spelers wat aan die Senior Burger Jukskeitoernooi te Kroonstad deelgeneem het wat vanaf 26 tot 30 April 2015 gehou is. Die persone wat gaan deelneem het was Klaas en Rina Marais, Johan en Rentia Botha, Frans en Christine Krige, Frans Kruger en Mari Potgieter, Hester Fourie, Riana Schoeman en Neels Rautenbach. (Ongelukkig was Riana en Neels nie teenwoordig toe die foto geneem is nie). Tydens die toernooi het Kranspoort glad nie sleg gevaar waar hulle onder die Mpumalanga vaandel gespeel het nie. Die mans en dames het net-net die medaljes gemis. Klaas was gekeur vir 70 plus kampioenskappe en het goed gevaar. Volgende jaar gaan ons beslis as n Kranspoortspan deelneem. Kom speel saam - almal is welkom. Kranspoort Anglers Our club has grown immensely starting with 12 members in March 2014 up to 39 members at the moment. Members vary from energetic teenagers to wise grey gentleman, all thoroughly enjoying their hobby, angling. Most of our members just enjoy fishing and being outside with their children and grandchildren but we also have serious anglers in the club. Our club doesn t allow general public. You will need a Kranspoort angling club permit obtainable from me directly and an Mpumalanga angling licence for the current year obtainable from Loskop dam nature reserve - to be able to join and to enjoy what our dam has to offer. In order to get a Kranspoort angling permit you need to be a home owner in Kranspoort or officially renting from a home owner. Annual club fees are R150 payable with me directly. Please bring with you ID and Mpumalanga valid angling licence. PANDA PROPERTIES / EIENDOMME pandaproperties@nashuaisp.co.za Fax 086 743 1805 Oorweeg u om te koop/verkoop? Kontak my gerus vir professionele bystand met bemarking van u eiendom. Hannetjie - 083 298 7370 BEKENDSTELLING Ek is sedert 2007 reeds n Kranspoort eienaar en is vanaf einde verlede jaar permanent n KRANSPOORTER en wil graag my passie hier uitleef. My goal, as qualified NQF 5 Real Estate Agent, is to serve my clients and trust that my knowledge of the Industry and high level of integrity reflects with every transaction. Bemarking van u eiendom vind gratis plaas op Property24 onder die naam van PANDA PROPERTIES! To page 34 Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 16 17

Voëlkyk op Kranspoort Onder leiding van Abel Venter is daar tans reeds 169 voëlspesies op Kranspoort geidentifiseer. Hul mikpunt is 200 en alle belangstellendes word genooi om die volgende sosiale voelkykdag op 20 Junie 2015 te kom meemaak. Inwoners wat ook net wil saamloop is welkom. Sorg dat u voor 07:00 by die piekniekterrein is op 20 Junie, gestewel en gespoor met u verkyker en indien moontlik voëlboek. Om 11:00 word daar n specie call verslag gedoen by Glen en Irene waarna n bring en braai sal volg. Belangstellendes kan Abel Venter kontak by 082 892 3117. Download this list from www.kranspoortdorp.co.za - Environmental Affairs/Omgewingsake Resepteboek-toekenning Die Kranspoort Resepteboek het n Goud vir uitleg en n Silwer vir volkleur druk verwerf tydens die jaarlikse nasionale drukkerskompetisie. Soos met die meeste toekennings die geval is - is daar gewoonlik n hele klomp mense wat n aandeel het in die sukses van n produk. Daarom wil ek drie dames uitsonder nl. Hester en Henriette met hul positiewe aanmoediging en motivering en dan n besondere dankie aan Marinda Pieterse wat voorstelle en raad gegee het en selfs n hele dag spandeer het om van die resepteboek die pronkstuk te maak wat hy is! BAIE DANKIE! ~ Martie Nel Game capturing We are proud to announce that for the greater part, the game capture exercise was a great success. We managed to capture most of the game planned for, except for about 110 male Impala which managed to evade the capture due to being much more habituated to human activity as was once thought, meaning they were not alarmed enough by the presence of the helicopter to be chased to the capture boma. We will however follow plan B to capture these male Impala by means of a passive capture method within the surroundings of the residential area. The Zebra which is planned for introduction into Kranspoort should arrive within the next month or two. The Zebra we ll be introducing, has already been habituated to humans, and therefore we opted not to capture them with a helicopter, but rather using a passive capture method as well. This method reduces the stress derivative of the relocation dramatically. The owner of the 18 odd Zebra is busy constructing the passive capture boma. We will move the Zebra from a game farm located on the Avontuur road from Middelburg to Kranspoort with the assistance of the Mpumalanga Parks Board by the end of June 2015. The game count with the assistance of a helicopter will then follow in July as planned. The planned ECC (Ecological Carrying Capacity study) will also commence as planned in November/December 2015. Financial implications The game capture has resulted in an income of just over R300 000,00 with all the capture costs being carried by the game capturer. Additionally, the introduction of Nyala will only commence as soon as the 110 male Impala is captured. We will use some of the funds raised by the game capture to build a mobile captive boma in order to remove these Impala. We thank all Kranspoorters for their support thus far. Hiermee die foto wat geneem is van die oorhandiging van die ruiker ter gelukwense van Kranspoort aan Martie Nel en Dries Venter by O H Frewin Drukkers. Hester het die oorhandiging gedoen. Kranspoortgemeenskapskerk Lees artikel op bl 36 Jannie le Roux - Director: Environmental Affairs and Wildlife Management Ds Anton Kemp Lara en Rudi Louw doop hul kindjie Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 18 19

Kranspoort Waterpunt Loskop Marathon 2015 KOM SPEEL BUITE HIERDIE WINTER Daar is amptelik aan- en uitgetree by die Kranspoort Waterpunt tydens die Loskop Marathon - Hark en al! Die Kranspoort Waterpunt het weer gesorg vir opwinding en samewerking van die gemeenskap. Daar is maande voor die tyd reeds vergaderings gehou en beplanning gedoen om van hierdie geleentheid n sukses te maak. Die wildtema het hierdie jaar n spesiale atmosfeer geskep en daar is voorwaar van 04:00 die Saterdagoggend af saamgespan met die oprigting van die Waterpunt. Met geesdrif en toewyding is die oprigting en die waterpunt hanteer, en die uitslag dat ons n tweede plek behaal het met slegs o,25 punte agter Mr Clean, was n teleurstelling. Daar is egter altyd ruimte vir verbetering en met die 30ste Loskop Marathon wat in 2016 gehou gaan word, sal ons opnuut weer die stryd aansê. Cedric en Babs Welman (foto onder) is van die eerste Loskop af, 29 jaar gelede, reeds daarby betrokke. Ons opregte dank aan almal wat saamgewerk het om van hierdie Kranspoort Waterpunt n sukses te maak! Discovery 3-in-1 Baadjie Mans & Dames Wingman ZA465 Kollig Braaitang Noordlantern Biltongkerwer trappers.co.za Trappers Groblersdal 013 262 3306 groblersdal@trappers.co.za Game Centre, Barlow & Grobler Laan Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 20 21 Terwyl voorraad hou. Produkte kn verskil van die getoon. Bepalings en voorwaardes geld.

LOSKOP SOLAR Sonkrag Installasies Alarm Installasies / Herstelwerk Elektriese Heining Alarms / Herstelwerk Kamera Installasies / Herstelwerk 24.7 Monitering Alarmstelsels word gemonitor deur Radio Sender, GPRS en Telefoonlyn om sein na beheerkamer te verseker. Kliënte kry gratis SMS van Alarm op versoek 24.7 Tegniese Bystanddiens. Vir meer as 20-jaar bedien ons Loskop Vallei SAIDSA Goedgekeurde - Alarm Monitering SAIDSA Goedgekeurde - Alarm Installasies SAIDSA Goedgekeurde - Gewapende Reaksie ONS DOEN DIE VOLGENDE: Off-Grid alleenstaande sonkrag stasies met battery-bystand, as krag af is dan werk stelsel. Grid sonkrag stasie wat net krag opwek en terugvoer in Eskom in, as krag af is dan is sonstelsel dood. Solar Backup sonkrag wat net 12v ligte dryf en ook TV. UPS Backup battery-bystand stelsel wat krag bied as Eskom af is. Solar Geysers Elke stelsel is uniek en moet volgens kliënt se versoek opgebou word. Volledige Alarmstelsel vir slegs R3499 1xParadox SP65 9-32 Zone Paneel 1xParadox K636 10Zone LED Sleutelbord 1xTransformator 50VA met Filter 2xVaste Paniek Skakelaars 2xDeur Kontakte 4xParadox 476 PIR Sensors 2xFSK 6 Knoppie Afstand beheer Gratis Koppeling met SAIDSA Goedgekeurde Beheerkamer Terme en Voorwaardes Geld 4 Kanaal HD Kamerastelsel vir slegs R4999 4xQihan 2MP HD-SDI 2.8mm - 12mm Pyp Kamera, 20m Infra Rooi 1xQihan 4 Kanaal HD-SDI DVR, 1 x Kragbron Voeg net HDD en Monitor by. 013 262 2171 26 Krugerstraat, Groblersdal Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 22 23

Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 24 25

Nie lus of het nie tyd vir kook nie? R100 vir 2 borde gekookte kos bestaande uit Kerrie skaap kookvleis of beeskookvleis met beesstert Rys OF stampmielies Gekookte groenboontjies met aartappel en uie Pampoen 3-Boneslaai Pakkies gevries vir enige tyd se benutting ontvries en verwarm net Tel op by Stinkhoutsingel 263 of skakel 079 5177 939 (Gewoonlik tuis saans 18:00 tot 19:00) Werda s Rekenaar Ondersteuning/Computer Assistance Waarmee kan ek van hulp wees? Vir ʼn geringe fooi van R50.00/uur bied ek die volgende rekenaar ondersteuning en hulp. Windows Microsoft Word en Excel Internet toegang E-pos bestuur (ontvang en stuur) Algemeen What assistance do you require? For a small fee of R50.00/hour I offer the following computer services: Windows Microsoft Word and Excel Internet excess E-mail management (receiving and sending) General Kontakbesonderhede / Contact details: Werda Cromhout Tel: 082 458 2219 E-pos / Mail: werdave@gmail.com Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 26 27

Gemeenskapsake Gemeenskapsake Klaas en Rina Marais Japie en Cecile Pieterse AUTO ELECTRO Klaas en Rina Marais het onlangs hul 50ste huweliksherdenking gevier. Hulle het die knoop 50 jaar gelede op Warmbad deurgehaak, en is geseënd met 2 seuns en n dogter wat van die egpaar die trotste grootouers van 4 kleinkinders gemaak het. Ons dank die Hemelse Vader vir n baie geseënde huwelik en van al die plekke waar ons gebly het, is Kranspoort die beste! is hulle kommentaar. Robert en Melinda Smit Robert en Melinda Smit het n kleindogter ryker geword, en hulle het haar in Dubai gaan ontmoet. Baie geluk, mag sy net vreugde en seën vir julle bring. Hierdie twee vriende het soos die gebruik is al jare gelede hulle aftreehuis beplan en gebou. Kranspoort was die regte plek. Nou gaan hulle ongelukkig trek na n ander area en ons is baie jammer daaroor. Ons wil hulle hier vasmaak. Cecile, sy het n groot siel, n omgee-hart. Nie dat sy nie ook saam met jou gaan kerm nie, nee, sy gaan ook iets aan die saak doen. Sy gaan jou laat beter voel. Cecile is baie kreatief, haar hart is kreatief. As jy saam met haar gesit en iets gemaak het soos mosaiek, klere, koekies of scrapbook en nog meer, gaan jy uiteindelik geinspireer voel. Dan het sy nog groen vingers wat haar liefde vir plante en tuinmaak laat blom. Ag, ons gaan haar kosbare siel mis. Maar in die nuwe dorp gaan sy ook blom. Ons is jaloers oor die nuwe vriende wat sy daar gaan maak. Ons gaan haar baie mis. Elna, Japie se buurvrou ken hulle van huisboudae af al. Hy was vir hulle n groot vriend en goeie buurman. Toe Kobus deur n slang gepik is het Japie niks ontsien nie. Hy het Kobus in sy kar gelaai en byna gewheely om hom by ongevalle in Middelburg te kry. Hulle kon ure sit en gesels, filosofeer, stry en redeneer oor baie dinge. Japie is n terggees van formaat, gee hom net n kans. Donderdag-oggende kon jy weet Japie gaan gholf speel as hy die gholfkarretjie oplaai. Hy is baie lief vir gholf en Kranspoort was ideaal daarvoor. Ons gaan hom net so mis - n ware vriend. Geniet julle nuwe plek en baaaie vriende. TECH Auto Electrical Spares and Repairs Rupert 083 287 2213 Kanaallaan 3D Groblersdal Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 28 29

Gemeenskapsake Die tyd wag nie meer vir ons nie Kranspoort is vir ons Waar n mens nog vry kan asemhaal en in God kan glo Waar jou medemens nog met inherente goedheid nog liefde en omgee kan bewys. Waar die bome, hemel, wolke, gras en dier bymekaarkom in die natuur... Waar jy stilstaan by spore in die sand en n boom wat blom jou fassineer. Vir 14 geseënde jare was Kranspoort die holte vir ons voet, ons rusplek, ons plek van vreugde en vrede, maar ook in 2002 vir ons n hartseerplek. Dankie dat ek en Dirk vir soveel jare kon deel wees van hierdie besondere gemeenskap en omgewing. Ons onthou die saam beplan, kuier en werk... konserte, opvoerings, tonele, begrafnissangers, bostrotsfeeste, jukskei, biblioteek begin en inwy, bergfietsrenne en Dirk en Bokkie Badenhorst het oor baie jare diep spore getrap in die gemeenskap van beide Middelburg en Kranspoort, om nie eens te praat van haar betrokkenheid by die VLU oor al die jare nie. Dirk en Bokkie Badenhorst padlope, VLU en uitstappies, Kanesta, Vonkel vroue en die begin en vestiging van ons kerk. Manneontbyte, Valentynskonsert en die spesiale Valentynsontbyte vir ons manne... waar het ons die tyd gekry? Maar juis, die tyd wag nie meer vir ons nie. Nou het die tyd aangebreek om totsiens te sê. Dankie vir die jare se saamwees, kuiers, braaie, vriendskappe en geleenthede. Dankie dat ons kon deel wees van so n unieke gemeenskap. Ons gaan Pretoria toe met unieke herinneringe vir ons oudag.. Ons groet en ons gebed is dat die Here se seën en genade steeds oor Kranspoort en sy gemeenskap sal reën. Ons huis in Pretoria staan altyd oop vir n lekker kuier en n koppie koffie. Wees gegroet, Dirk en Bokkie Badenhorst Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 30 31

Gemeenskapsake Huwelike Twee sussies trou... Tel: 013-262-2201 / Faks 086-273-4531 E-mail: rudiebez@yahoo.com Posbus 873, Groblersdal 0470 Van Riebeeckstraat 15A BTW Nr. 4030256418 Dirk en Cherise ~ Martie Nel se dogter is ook verlede jaar in die huwelik bevestig. Abel Venter en Rina Fourie kleinsus van Mari trou op die walle van die Vaalrivier by Lochvaal in die Vaaldriehoek-distrik op 13 Desember 2014. Bewerking en verpakking ingesluit. Geen vakuumverpakking Danie en Marina Scholtz met Darius hul kleinseun. Ons lewer Vrydae om 17:00 af by die hoofhek van Kranspoortdorp. Frans Kruger en Mari Potgieter is Bestellings moet geplaas word voor 15:00 Donderdae. getroud op 16 Mei 2015, in die Kranspoort Ons is gesluit op vakansiedae en Sondae. Gemeenskapskerkie. Die middagete is by Waterfall Safari Lodge gehou. Indien u verlang om die vleis by u huis te ontvang, kan dit gereël word. Fonnie en Pieta van Vuuren verken nuwe Baie geluk en alle seën word die twee sussies Vir enige navrae skakel ons gerus by 013-262-2201 horisonne in Shanghai! en hul eggenote toegewens. Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 32 33

Gemeenskapsake n Laaste vlytige vinger... n Era het verbygegaan. Net EEN vlytige vinger met tien vlytige vingers aan haar hande bly nog voortbestaan. IRENE PIEK ons drink n koppie tee op jou! Vlytige vingers het rondom 2005 begin met n groepie Kranspoortvroue wat elke tweede Woensdag bymekaargekom het om saam te WERK aan handwerk, te kuier en tee te drink. Van die groepie is dit nog net Irene wat altyd n handwerkie in die hand het én daarmee besig is! Ons ander het VONKELVROUE geword wat vonkel en klets en ons hande meestal gebruik om saam te praat. Terloops, die groepie het gegroei tot meer as veertig! Irene se lewensstyl getuig daarvan dat sy n veelsydige kunstenaar in eie reg is. Haar en Johan se sonnige çountry huis straal n kunssinnige gees uit. Deurhandvatsels en lampkappe is onder andere van dryfhout gemaak deur haarself. Tekens van Irene se verlede as pottebakker is oral te sien in die keramiek wasbak, bekers, borde en bakke, in die teels op die vloer, werksblad en mure. Irene se kruietuin het alles en nog wat in die interessantste houers. Op n ou rottangstoel of in n geroeste gieter geur basiliekruid, origanum, pietersiele En dit word gebruik in organiesese disse wat ook van haar n kreatiewe kok maak. Op die gebied van BREI is Irene se talent wyd uitgebrei en is sy nie suinig om haar kennis te deel nie. n Kinderboek uit Irene se pen het ook die lig gesien en n tweede is in wording.. Stories oor diere waar sy die diere laat ontpop in karakters wat met haar pittige sêgoed selfs grootmense laat lag. Hierin sien ons ook hoe Irene haar liefde vir die natuur op n oorspronklike manier verwoord. IRENE, ons waardeer jou vir jou kreatiewe gees, vir jou positiewe gesindheid al maak jou gesondheids omstandighede dit vir jou moeilik. Ons bid vir jou met jou huidige lewensuitdaging. Mag jy altyd n vlytige vinger bly! Jou mede vlytige Vonkelvroue Vonkelvrou vonkel agter n spinwiel Wat die meeste van ons van n spinwiel af weet, kom uit die stories van Doringrosie en Repelsteeltjie en daarmee saam kom die idee dat die modern evrou nie die tyd en vaardigheid het om met so n antieke instrument oor die weg te kom nie. En toe kom maak Lientjies Steenekamp ons oë oop vir die wonder van werk met n spinwiel. Sy straal as sy op haar rustige manier wys hoe n klos skaapwol onder haar behendige vingers verander in gesponne draad. Ons leer van die verskillende teksture en diktes van drade gespin van plantaardige katoen, skaapwol, bokhaar en Angora sybokhaar selfs ook konynwol, waarvan Lientjies die allersagste serpie gebrei het. So kosbaar! Ons hoor hoe die stringe wol gespin, gewas en gekleur word, baie versigtig! En sien dan ook eindprodukte soos n roomwit katoenbaadjie en matte en lopers en dekens geweef in ryk turkoois en aardse kleure. Ja, Lientjies besit ook n yslike, regte egte weefstoel waarmee sy haar kunswerke skep. Dankie Lientjies dat jy jou talent en liefde met ons gedeel het. DAMES KOM KUIER SAAM MET ONS. Elke tweede Woensdag by die Kranspoort Gholfklub kuier die Vonkevroue heerlik saam. Kom deel gerus saam in die vreugde. Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 34 35

Kranspoort Mark Dou-voor-dag, as die fisanthaan kraai, is dit tyd om by die Kranspoort Mark te draai... Verlede jaar het die gedagte van n mark vir Kranspoort ontstaan. Voorstelle en gesprekke daaroor het n paar punte duidelik uitgelig, daar was wel n behoefte vir n mark en die gewildste dag vir die mark was natuurlik op n Saterdag. Die groot gevoel was dat die mark vroegoggend moet begin en teen die middag sluit. So gesê so gedaan... n Baie belangrike doel van die mark is om die Kranspoort inwoners te prikkel om al daardie verborge en vergete talente weer afstof en blink te poets... om weer soos vroeër té bak, té brou en té bottel... en om dit in n heerlike ontspannings oggend saam met familie en vriende te omskep. Die Mark funksioneer op die vryemarkstelsel, die produkte moet verkieslik tuisgemaak, vars en handgemaak wees. n Groot verskeidenheid van kossoorte is by die mark te koop. Vars brood, tuis gemaakte pasteie, koeke, terte kleinkoekies, konfyte, piekels en avokado olie word verkoop. Die lekkerste koffie en beskuit. Ontbyt, pap en sous, pannekoek en bazaar poeding soos ouma dit gemaak het, is ook te koop. Daar is ook borduurwerk en ons eie goudsmid met unieke ontwerpe juweliersware. Kranspoort Mark word elke eerste Saterdag van die maand by die kantoor onder die bome gehou. Uitstallers is al reeds van ses uur in die oggend besig om hul stalletjies op te stel en is teen 7 uur en gereed vir hul eerste kliënte... Inwoners van die Kranspoort word aangemoedig om hulle eie produkte by die mark te kom verkoop. n Algemene tafel is beskikbaar vir inwoners wat enkele produkte soos koek, melkterte en ander artikels wil verkoop Uitstalruimte is beskikbaar teen R50.00 Kontak gerus die Kantoor en of Renette by 0829246848 From pg 14 Kranspoort Anglers You may bring a friend or family member but they have to be accompanied by the Kranspoort valid angling permit holder. The visitor pays R20 per day. In December 2014, KOC, granted us more access to the dam and surrounding areas and adapted a few rules, which I urge anglers to adhere to. Please be extra alert for snakes, leopard, crocs, hippos and flooding in this area. Special parking is available for the anglers. No fishing is allowed in the coffer dams on the golf course or any other section of the river or bridges. Children under the age of 12 do not need a permit but may not fish without an adult. You may now fish from sunrise to sunset. You may contact me at any time to make an arrangement to obtain the necessary permit and to discuss rules regarding angling in the Kranspoort dam. Hanli Stockton - Chairperson Kranspoort angling club Cell: 076 514 4635. Address: 170 Arend Avenue as a permanent resident Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 36 37

Loskopkamp Die eerste kamp vir 2015 is gehou te Forever Loskopdam. Daar was n groot hoeveelheid kampers wat deelgeneem het aan hierdie kamp (op ons voorstoep), en daar was verskeie inwoners wat kom inloer het tydens die kamp. Die program het verskeie aksies, bv n hengelkompetisie, bootry, kaartspel en vele kuiers om die kampvuur ingesluit. Die tweede kamp word beplan gedurende Oktober. Die beplande datums en plek sal nog bepaal word. Enigiemand wat belangstel om saam te kom kamp kan gerus met Johan en Rentia Botha kontak maak. Kranspoortgemeenskapskerk Met groot waardering het ons die afgelope tyd net vir ds. Jaco as as herder gehad. Op 7 Desember 2014 het ds. Anton en sy vroutjie Hester Kemp by ons aangesluit. Dankie aan ds. Jaco wat so getrou alles op homself geneem het, maar met groot dankbaarheid is sy werk nou met die helfte verlig deur ons nuwe leraar ds. Anton. Ons dienste begin steeds 07:45, tensy anders aangekondig. So tussen al die bejaarde mense het ons ook soms n oplewing in ons midde, deur die doop van n kleine babatjie. Baie baie geluk aan Lara en Rudi Louw met die doop van hul seuntjie, en dan ook ons gelukwensinge aan oupa en ouma Annie Venter van ons gemeenskap. Ons dames van Kranspoortkerk wil ook net ons waardering uitspreek teenoor die manne wat ook nou en dan n teebeurt het by die kerk en die skottelgoed was deur sommige manne. Hopelik sal daar nog manne wees om in hulle spore te volg? Die koekies soggens saam met die tee is n bonus. Ons vra asseblief n bydrae tot die koekie-voorsiening deur n geldjie in die spaarbussie op die toonbank t egooi en dan ook dames wat bereid is om te help bak! Indien daar enige lief en leed is, sal ons dit waardeer indien u dit aan Elna Smit tel: 071 241 3344 of Kokkie Geyer tel: 082 413 0059 sal rapporteer. Kanaallaan no 3 Groblersdal Tel : 013 262 5665 Fax : 013 262 3539 Handelaar van Landini trekkers Mc Cormick trekkers Gallignani Balers Fella Disc Mowers Staalmeester Implemente Agrimaster Mistblowers Morra mowers Baldwin Filters vir alle trekkers en vele meer Vervangings onderdele vir Massey Ferguson Ford Fiat John Deere Skakel ons gerus vir meer inligting oor ons fantastiese reeks trekkers van 15 Kw tot 143 Kw Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 38 39

Van bl. 8 Openbare Betrekkinge Ook kan u registreer deur n epos te stuur na: rene@hho.co.za vir direkte kommunikasie van hulle af. Hou egter die borde dop vir onvoorsiene veranderings aan geskeduleerde datums en tye. * Besoek gerus die Kranspoort webwerf: www.kranspoortdorp.co.za vir alle inligting oor Kranspoort. Die Nuusbrief word ook in pdf formaat daarop gelaai, sodat u dit kan aflaai of aan stuur vir moontlike belangstellendes. Die voëllys plakkaat en pamflet met al die diere wat op Kranspoort voorkom is ook daarop beskikbaar. * Voortdurende kommunikasie word d.m.v. die kantoor na eienaars en inwoners gestuur. Maak asb seker dat ons u korrekte epos en selnommer by die kantoor het. Stuur gerus enige spesiale foto s wat op Kranspoort geneem is, of interessante gebeure, deur na hpieterse3@gmail.com of skakel my by 082 5655 159. Henriette Pieterse - Openbare Betrekkinge Cement Stocks, Maxi bricks, Block bricks Mede Kranspoorters, lees asb hierdie rakende mense se houding besluit self watter kategorie jy in val,veral tydens Inligtingsessies en Jaarvergaderings kyk gerus om jou heen tydens hierdie vergaderings watter kategorie die ander mense wat dit bywoon, in val!! Stof tot nadenke of hoe? Marius Serfontein Clay Stocks Semi-Face Bricks Face Bricks Paving Bricks 013-262 2121 / 3388 / 3944 / 2134 VATIKAKI VERVOER ~ Sand & Stone ~ Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 40 41

TE KOOP TUISGEMAAKTE SKILFERKORS PASTEIE Bief & Uie, Bief & Niertjie, Pepper Steak... R60 00 (familie grootte) Hoender en Maalvleis (Cornish)... R55 00 (familie grootte) Bief & Niertjie, Hoender en Maalvleis (Cornish)... R13 00 (gewone grootte) Worsrolletjies... R13 00 elk Cocktail Rolletjies... R45 00 per dosyn Alle pasteie is tuisgemaak van skilferkorsdeeg tot vulsel en word rou of gevries voorsien. (Vulsel is reeds gaar) Sharon Botes 074 019 4315 (193 Alwyn Singel) E-pos: elecnixs@gmail.com SENTRALE KANTOOR CENTRAL OFFICE Algemene Inligting General Information KANTOORURE : Maandag tot Vrydag : 07:30 16:00 OFFICE HOURS : Monday to Friday : 07:30 16:00 Naweke en Openbare Vakansiedae : Gesluit Week-ends and Public Holidays : Closed ADRES : Posbus/P.O. Box 855 ADDRESS : Kranspoort 1080 Kranspoort verwelkom twee nuwe personeellede TEL. Nr./No. : 013-262-8127/079-886-4260 BYSTANDDIENS : 071-255-3774 FAKS/FAX : 013-262-8144/086-271-5847 E-POS/E-MAIL : kranspoort@ctecg.co.zaza WEB : www.kranspoortdorp.co.za Noodnommers Emergency Numbers Polisie / Police ~ 10111/013-249-1111 Langamed Intensicare ~ 013-282-0911 ER 24 ~ 084 124; 071-884-2642 Johan van Schalkwyk Tegniese Beampte Meganies Eddie van Rooyen Tegniese Beampte Siviel Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 42 43

Kranspoort Nuusbrief Junie 2015 44