MURRAYSBURGER. Toorfontein se ganse. The secret is out!

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dialoog en paragrawe *

Hoe om krag te spaar

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Tariewe

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

MURRAYSBURGER. Môrestond. 'n Voorspoedige 2013 word aan al ons lesers toegewens. The secret is out!

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Edgehog

Sterdansers by Vensters.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Rubriek vir skeppende werk

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Kerssangdiens. SA Gemeente

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

G. J. du Preez

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Pasteur en Lister oorwin kieme *

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN.

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Mosselbaai Munisipaliteit

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Transcription:

MURRAYSBURGER The secret is out! Go to www.murraysburg.co.za The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at April 2011 Kweperlaan Coffee Shop on request. Price: R1.00 Contact details on page 2 Aug. 2013 No 29 Toorfontein se ganse Op Toorfontein ontmoet mens die merkwaardige Dorese Pienaar. Sy het vir baie lank alleen die plaas behartig en soos die jare aanstap, boer sy nou al nader aan die opstal en een van die mooiste tonele is wanneer sy haar klomp ganse kos gee. Die 80jarige ouma Dora dink ook niks daarvan om op haar fiets, waarvan nog net een rat oor is, te spring om dinge op die plaas te gaan ondersoek nie. Klein ongelukkies soos 'n voorwiel wat skielik in 'n erdvarkgat verdwyn,.

BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120 EPOS: renetheron@mweb.co.za / jennyballantyne@telkomsa.net POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995 Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand. Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address. The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month. VAN DIE REDAKSIE... Goeie nuus i.v.m. die Rooidamme op bladsy 8 en welkom terug aan die Safari-gangers na hulle avontuurryke ondervinding in ons buurlande. Lees alles oor hulle ondervinding op bladsy 3 & 4 en word groen van jaloesie! Ons vetrou dat benewens al die lekker kampvure, braaivleise en besigtigingstoere daar darem ook n paar verlore siele gered is langs die pad! Alta en Piet(Landdros) du Plessis verruil Murraysburg vir die Rosestad. Na 23 jaar se arbeid en verblyf alhier, het hulle besluit Bloemfontein is die plek vir hulle. Op Dinsdagaand 30 Julie het die gemeenskap van Murraysburg, onder aansporing van Linda van den Berg, by hulle huis saamgetrek om afskeid te neem van die twee om hulle n voorspoedige reis en gelukkige lewe by hulle nuwe tuiste toe te wens. Terwyl hulle nog besig was om met die inpakkery het dié spontane gebaar van die inwoners die du Plessis effens onkant gevang want hulle het gedink hulle kan sommer net so stilletjies verdwyn maar het nie rekening gehou met die waaksaamheid en meelewendheid van Murrysburg se mense nie. As afskeidgeskenk is n kapstok/sleutelhanger aan hulle oorhandig. Die geskenk is so inheems soos kan kom met die inskripsie gedoen op geelhout en die kapstok-basis van oregon denne, alles van Murraysburg. Die hake dateer ook uit vervloë se dae en die skroewe wat dien as sleutelhangers, kom uit die dakkappe van een van Murraysburg se oudste huise en is seker om-en-by 150 jaar oud. Die du Plessis s was nou weliswaar nie só lank op Murraysburg nie, maar die bydrae wat beide van hulle gelewer het om die werkinge van die gemeenskap bymekaar te hou, was net so belangrik as die dakskroewe wat die ou huis se sinkplate vir soveel jare getrou vasgehou het. En soos die ou dakskroewe uiteindelik hulle doel gedien het en uitgetrek is, het die tyd gekom dat Piet en Alta ook hulle wortels hier uittrek. Maar net soos die uitgediende dakskroewe n nuwe doel in die lewe gekry het, is ons oortuig dat Piet en Alta ook n nuwe doel in hulle lewe sal kry waar hulle nou gaan en ook Alta, Linda van den Berg en Piet daar n nuwe werk gaan kry. Ons almal wens hulle net die beste toe vir die toekoms en moenie van ons vergeet nie!

Saamtoer verhoog onderlinge omgee n Opgewonde groep van 27 NG-gemeentelede in 10 voertuie het gedurende die skoolvakansie onder die bekwame en kundige leiding van die predikantspaar, André en Elsabé Louwrens, Botswana en Zimbabwe verken. Hulle het mekaar op 22 Junie by die Weesgerus kampterrein ontmoet en die volgende dag die grens na Botswana by Stokpoort oorgesteek. Om Zimbabwe deur die grenspos Plumtree binne te gaan, het heelwat meer tyd geverg, maar die eindbestemming, die Mana-poele in die Noorde van Zimbabwe, langs die Zambesi, het gewink. Die pad sonder skouers na Kadoma, waar oornag is, was baie besig met swaar vragmotors en busse wat gejaag het. Boonop het n bees voor John Swanepoel se voertuig ingehardloop en groot skade veroorsaak. Gelukkig is niemand beseer nie en het Izak van der Merwe en Jaco Pienaar die Swanepoels se voertuig en sleepwa tot in Kadoma, waar n besonder hulpvaardige ds. Johan Haasbroek die Izak (Badsfontein) van der Merwe groep ingewag het, gesleep. By die Clandam, 20 km vanaf Kadoma, is kamp opgeslaan, vuur gemaak en gesellig saamverkeer ten spyte van n spanningsvolle eerste dag op die Zimpaaie. Rikus Theron en Jacques Pienaar is saam met John Swanepoel en ds. Haasbroek terug na Kadoma, waar hulle danksy groot kreatiwiteit daarin geslaag het om John se voertuig weer padwaardig te maak. Onderweg deur Karoi is by die Chinhoyi-grotte met hul amper onnatuurlike blou water aangegaan en is die aand by die Twin Palms, net buite Chinoy gekampeer. Die volgende dag is die laaste skof na die Mana-poele aangepak en is daar besef dat die teerpad tot daar vergeleke met wat gewag het eintlik baie goed was. Op die 77 km grondpad na die poele was die maksimum spoed 30 km per uur en het die insittendes van die voertuie so geskommel en geskud dat die skroewe van n wiel van een van die sleepwaentjies uitgeval het. Gelukkig is die skroewe in die diep sand opgespoor en kon die "werktuigkundiges" die probleem binne minute oplos. Vier dae van heerlik ontspan, kuier en veral verlustig aan die magtige rivier en asemrowende omgewing het gevolg. Daar is geen heinings by die Mana-poele nie en sommer kort na die groep se aankoms het n olifant rustig deur die kamp gestap, terwyl die seekoeie in die rivier en die apies oral rond te lekker baljaar het. Die hiënas het na donker die besoekers verwelkom en skaars dertig meter van die kampvuur om hulle en deur hulle kampplek gehardloop. Sommiges het die geel oë, wat in die lig van flitse terugflits, nogal grillerig gevind.

In die daarop volgende dae is die heerlike somerweer geniet, wasgoed gewas, motors versien, boute en moere vasgedraai, gekook en onderling gekuier. Van die manne het selfs in die Zambesi geswem! Die veld is daar baie uitgetrap en min diere is gesien. Die aanvanklik vermaaklike apies het aggressiewer geword en een het selfs vir Dorees Pienaar aan haar kuit gebyt. Gelukkig het dit nie ontsteek nie en het die wond vinnig genees. Op 29 Junie is daar met die grondpad na die Karibameer gery en heerlik op die goedversorgde groen grasperke van die NAU-kampeerterrein gekamp. Die volgende dag het elkeen op sy eie Kariba rustig verken en die indrukwekkende damwal besoek. Ten spyte van die spoggerige Mediterreense Hotel en luukse huisbote kan die armoede rondom nie misgekyk word nie. die gehalte van die paaie, met natuurlik uitsonderings, dat eintlik alles in die winkels bekombaar is en die besondere vriendelikheid van die inwoners. Ongelukkig is daar ook groot armoede en kan die klein bestaansboerderye op vroeër baie produktiewe spogplase nie eens die bevolking voed nie. Vanaf Chizarira is die Victoria-valle en Kasane, waar Op 1 Julie is die grootste gedeelte van die groep binne 90 minute per boot oor die Karibameer terwyl vier voertuie die 240 km na Matusadona per pad aangedurf het. Al was die pad baie uitdagend en het dit 12 uur 12 minute geverg om die kampplek te bereik, het die mooi en interessante omgewing daarvoor vergoed. In elke klein gemeenskappie was daar n skool, soms wel net onder die bome, met kinders nejies in skooldrag, riethuisies met rietdakke en sonpanele, vrouens wat met emmers na die gemeenskaplike waterpompe stap en nuwe brûe oor die groot riviere. Matusadona is aan die Kariba-meer geleë en soos elders in Zimbabwe laat die sonsopkoms en ondergange jou sprakeloos, maar die gebrek aan wild is ontstellend. Die volgende bestemming was die Chizarira Nasionale Park met die kampplek bo-op die berg met n asemrowende mooi uitsig. Die groep is op vele gebiede deur Zimbabwe verbaas. Hulle is verras deur die skole op selfs die kleinste dorpies met netjies geklede opvoeders en leerders, op die Choberivier gevaar is en daar letterlik honderde olifante by die kampplek was, besoek, asook Kubueiland, die wit panne en die Khama Rhino-kamp in Botswana. Op 13 Julie het die groep die laaste skof na Murraysburg aangepak. Afgesien van al die mooi en interssante dinge gesien en beleef, is die grootste wins van die toer die wonderlike eensgesindheid en omgee wat in die groep ontwikkel het. Van die kleinste tot die grootste probleem is deur gesamentlike probleemoplossings opgelos. Daar was oorgenoeg werkbare planne en n duidelike besef van die Hoër Hand, wat in beheer was. André en Elsabé Louwrens kan nie genoeg bedank word vir die heerlike toer met sy afwisseling, uitdagings, gemak en verskeidenheid nie. Al het dit baie van veral ds. André geverg, het elkeen onder hulle leiding veilig en geborge gevoel en in alle opsigte verryk teruggekeer. Daar word geglo dat hierdie kerngroep se onderlinge omgee ook in die groter gemeente sal deursuur. Dit was beslis vir almal betrokke n besondere ervaring. Elsabe en André Lourens

Dinamiese Adrie Conradie n Finalis Adrie Conradie, eggenote van Flippie Conradie, wat haar man help om die boerdery op Kareebosch te behartig, is een van drie finaliste van die 2013- kompetisie om die VLVK-Boerderyvennoot van die jaar aan te wys. Sy is deur die plaaslike VLV-tak ingeskryf en moes aan heelwat vereistes voldoen om te kwalifiseer. Aangesien Adrie alle administrasie en boekhouding van die plaas, jagbesigheid en slaghuis hanteer, is sy intens by alles op die plaas betrokke. Sy het n suksesvolle jagbesigheid en slaghuis, waar die wild bewerk word, opgebou en betrek daarby nie net n hele aantal van die plaasmense nie, maar ook n span, wat van die dorp af kom. Hierdie helpers is intensief deur haar opgelei en kan al redelik selfstandig funksioneer. Verder help sy haar man baie deur plaasbesigheid op die dorp te doen, werkers en hulle skoolgaande kinders te vervoer en sorg dat die werkers, wanneer nodig by die hospitaal op Beaufort-Wes en selfs George kom. Op ekonomiese gebied vul sy die plaasverdienste nie net deur die huisves van jagters en haar vleisverwerking aan nie, maar doen ook met die hulp haar plaasvroue spyseniering vir troues, verjaarsdae, ens. Adrie se waardevolste bydrae tot die boerdery is egter die bemagtiging van die plaasvroue. Sy leer hulle nie net bak en kook nie, maar ook om maaltye te beplan, aankope te doen, tafels te versier en n huishouding te bestuur. Haar regterhand, Margaret Booyse, is danksy Adrie se opleiding heeltemal rekenaargeletterd en kan nou met die besprekings en ander administrasie help. Sy doen die plaas se kosaankope en kan die huishouding eiehandig bestuur. As VLV-lid lewer Margaret waardevolle bydraes by die tak se werksaamhede. Adrie en Flippie Conradie lei nie net hulle personeel deeglik op nie, maar gee werklik vir hulle om en sien toe dat hulle wanneer nodig die beste mediese behandeling kry. Hulle ondersteun die skoolgaande kinders om hulle te help om bo hulle omstandighede uit te styg. Aldus die kompetisievereistes moet die Boerderyvennoot en haar eggenoot ook in die gemeenskap n verskil maak. Flippie het oor baie jare op die skool se koshuiskomitee, beheerraad en die kerkraad diens gelewer, terwyl Adrie veral by die VLV en in die NG-gemeente leiding gee. Almal in die gemeenskap druk op haar nommer wanneer hulp, veral met spyseniering, benodig word en niks is ooit vir haar te veel nie. Sy is vir almal om haar n voorbeeld in empatie vir dié wat swaarkry en n rots in deursettingsvermoë om omstandighede om haar te verbeter. Adrie Conradie is n waardige finalis en alle Murraysburgers hoop dat sy op 20 Augustus by die gala-aand van die VLVK se kongres as wenneer aangewys sal word. RETIEFS VAN MURRAYSBURG DOEN DIT WEER Louw en Frans Retief van die plaas Driehoeksfontein het met vanjaar se Sybokhaarkongres, tydens n skemerkelkfunksie, die Miyuki prys vir die Reserwe Grootkampioen Skeersel, 2012, ontvang. Hierdie prys sluit die somer-

en winterskeersel in. Hulle was sedert 2000, slegs een keer, nie onder die top 6 skeersels in die land nie. Hierdie is die 2de keer die laaste 3 jaar, wat hulle die Reserwe Grootkampioen Skeersel lewer. Hulle het al by verskeie kere die Kampioen Somer- of Winterskeersel gehad. Op die tweede laaste bokhaarveiling het die Retief s ook die hoogste gemiddelde prys,vir hul skeersel ontvang. Dit het gesorg dat Murraysburg dit 3 in n ry kon maak. Op die 4de veiling, het eers Bennie Conradie van die plaas Loskop en daarna op die 5de veiling, Phlippie Retief van Boksfontein, ook die hoogste gemiddeld, gekry. Phlippie Retief hou tans die rekord nl. R 206-92/kg vir die hoogste gemiddelde prys, vir n skeersel. Sensoriese intelligensie belangrik Die plaaslike VLV se Julie-vergadering, aangebied deur Lina van den Berg, het weer eens daarin geslaag om die lede, oud en jonk, te prikkel, in te lig en te bewegings van die kop geaktiveer word en die proprioseptiewe stelsel, wat die gebruik van die spiere en gewrigte behels. Kennis van die sensoriese stelsel bevorder begrip van n mens se eie, en die mense om jou, se reaksies en optredes. So verkies jou eggenoot dalk rustigheid en stilte terwyl jy te midde van baie mense om jou floreer. Aanraking is ook n goeie voorbeeld. Selfs sommige klein kinders hou nie van baie fisiese kontak nie terwyl dit ander geborge en veilig laat voel. By volwassenes verskil die grootte van die persoonlike ruimte baie. Daar is mense wat juis te midde van agtergrondmusiek of geluide produktief is terwyl ander stilte benodig om goed te kan funksioneer. Selfs by kinders kan opgemerk word dat sommiges nie daarvan hou om in modder te speel of vuil te word nie, terwyl ander nie genoeg daarvan kan kry nie. Dit is die eiesoortigheid van elkeen se sensoriese stelsel wat daartoe lei dat sommige mense van verandering hou, terwyl ander voorspelbaarheid, en indirek daardeur ook beheer, verkies. Indien ons genoeg ruimte vir ander se eiesoortige sensoriese stelsels laat, kan ons verhoudings baie sinvoller met veel minder konflik wees. Dit is nie net insiggewend om die redes vir ons en ander se voor- en afkeure te ontdek nie, maar kennis van die brein se verwerking van sensoriese prikkels vestig weer ons aandag op die grootsheid van ons Skepper. Sarie Reynolds Sarie Reynolds se praatjie oor sensoriese intelligensie was nie net interessant nie, maar ook insiggewend veral vir diegene, wat nog nie werklik oor die rol van ons sensoriese stelsels nagedink het nie. Ons sensoriese stelsel speel n groot rol in ons daaglikse interaksie met die wêreld om ons. Elkeen word gebore met n bepaalde genetiese neiging om te oorof onder-reageer op sensasies uit die omgewing. Op sommiges reageer ons passief terwyl ander aktiewe reaksie uitlok. Afgesien van Linda van den Berg se demonstrasie van die vou van n spesiale tipe serp, gemaak deur Johanna van der Merwe, het die lede ook inligting oor verantwoordelike burgerskap, verbruikersake en kosneigings vir 2013 ontvang. Aanbieders Sarie Reynolds, Linda en Lina van den Berg Afgesien van die reuk-, tas-, smaak-, ouditiewe - en visuele sintuie speel beweging ook n groot rol. By beweging moet onderskei word tussen die vestibulêre stelsel, wat in jou binne-oor gesetel is en deur

Huis Spitskop groet Alta du Plessis afskeid te neem nie, maar die lewe gaan voort. Sy neem goeie herinneringe met haar saam. Die aand van 30 Julie het die plaaslike gemeenskap van Alta en Pieter du Plessis afskeid geneem en die vertroue uitgespreek dat hulle verblyf in Bloemfontein geseënd sal wees. Met groot spyt moes die inwoners en personeel op 26 Julie van Alta du Plessis, wat na Bloemfontein verhuis, afskeid neem. Sy het die afgelope agtien jaar as ass. verpleegster by Huis Spitskop meer as haar kant gebring. Die eerste jare het sy afwisselend dag- en nagdiens gedoen, maar die laaste aantal jare slegs nagdiens. Alle inwoners, ook dié van die siekeboeg, wat enigsins kon, sowel as die personeel en Maretta Theron, voorsitter van die beheerraad, het die geleentheid in die eetsaal bygewoon. Die inrigtingshoof, Ettienne Terblanche, het na aanleiding van haar oorspronklike aansoekvorm een en ander van haar lewensreis vertel en haar vir haar lojale en goeie diens bedank. Sy kom oorspronklik vanaf Humansdorp, maar sy en haar landdrosman, Pieter, het ook op Vryburg en Jan Kempdorp gewoon en gewerk voordat Murraysburg hulle tuiste geword het. n Mooi horlosie is aan Alta du Plessis as blyk van waardering oorhandig. Nadat die personeel vir haar twee liedere gesing het, het Maretta Theron haar namens die beheerraad bedank en sterkte vir die nuwe lewensfase toegewens. Du Plessis het werklik vir elke inwoner omgegee en het diep in hulle harte gekruip. Van die inwoners het opgemerk dat hulle besonder rustig slaap wanneer Alta aan diens is. Die woorde van elke personeellid, wat saam met haar gewerk het, het getuig van hulle waardering vir haar as mens en as verpleegkundige. Daar het n hegte verhouding tussen Alta en veral die verpleegpersoneel ontstaan en baie van hulle het in die lang ure van die nag by haar leer hekel en brei. Vir Du Plessis was dit nie maklik om Een van Murraysburg se seuns presteer Een van ons lesers stuur klokslag elke maand vir ons 'n boodskap om dankie te sê vir die Murraysburger en ek wou graag meer weet omtrent wie hy is en wat hy doen aangesien sy waardering baie waardeer word. Hy het my toe van homself vertel en ek neem die vrymoedigheid om dit hier te publiseer aangesien dit iets is om op trots te wees. Hier in Japie se eie woorde, oor sy toekenning: Ek was besonder bevoorreg om aan die einde van 2012 die toekenning as Fakulteit Dosent van die Jaar van die universiteitsbestuur van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) te ontvang. Ek is mos na Matriek weg -7-

vanaf Murraysburg na die eertydse Universiteit van Port Elizabeth (UPE) om my as wetenskaponderwyser te gaan bekwaam, na inspirasie deur meneer Piet Wiese, wat destyds vir ons Wiskunde en Natuurwetenskap aangebied het. Na drie jaar van swoeg en sweet het ek besluit daar moet n beter uitkoms wees, en dus besluit om met n honneursgraad aan te gaan. En vandaar na die MSc. Op daardie stadium is een van die dosente weg uit die Fisikadepartement, en so het ek dan dosent geword aan die UPE in 1971. Nou weliswaar nie onderwyser nie, maar ek het tog op die ou end ook my kennis kon deel (hoop ek!) met jongmense van oral oor die land. En dalk was dit ook maar n bestiering dat ek nie onderwyser geword het nie, want ek het nie die geduld wat bv. meneer Wiese en al die ander onderwysers van ons tyd daar op Murraysburg gehad het nie. En met die menseregte en kinderregte van vandag, sou ek beslis n moord gepleeg het, want ek glo mens kom net iewers in die lewe deur (self)disipline. Ek het dan ook in die paar woorde wat ons toegelaat is om te spreek, my dank aan my onderwysers van Murraysburg opgedra, want hulle was die mense wat die finale fondament van my skoolopleiding vasgelê het. Van CJ Langenhoven wyshede uit sy Ons Weg deur die Wêreld Van ons almal baie geluk Japie! Goeie nuus ivm die Rooidamme Toe...... En Nou Wel, nog nie heeltemal nie maar amper daar. Chris Barr rapporteer dat die einde insig is met sy gevegte met die burokrasie en met die uitsondering van een finale vergadering op die 15de Augustus tussen homself en die Wes Kaapse departement van Landbou, die departement van Waterwese, departement van Omgewingsake en die Munisipaliliteit van Beaufort-Wes, al die eendjies nou in 'n ry staan vir die projek om voort te gaan. Ons innige dank aan Chris vir sy visie en deursettingsvermoë.

Kleinood ontdek in Murraysburg En so amper gooi Izak van der Merwe die boek weg tydens 'n kantoor-skoonmaak net omdat hy sonder rugkant was. Gelukkig kyk hy na die voorblad en moes ontdek dis 'n 1918 uitgawe van CJ Langenhoven se Ons Weg deur die Wêreld. Wat die fonds meer merkaardig maak, is die feit dat die boek oorspronklik behoort het aan JJ Oosthuizen van Douglas, my geboorte- en grootword-dorp. Of hy daar skolier of onderwyser was, kon ek nog nie vasstel nie. Daarna het die boek in Izak se pa, Johnny, se besit gekom. Hy het Oosthuizen se naam doodgekrap en sy naam ingeskryf. Dit was seker 'n voorgeskrewe boek want oom Johnnie se aantekeninge in sy handskrif en verskyn oral deur die boek. Die boek is 'n lus om te lees, veral omdat dit nog in ou Afrikaans geskryf is en waarin Langenhoven self gekla oor al die nuwe spelreëls wat op hom afgedwing word! As enige van ons lesers enigiets meer weet van JJ Oosthuizen, sal ek graag van julle hoor. - René - ns. Ek het intussen uitgevind dat JJ Oosthuizen skoolhoof was op Douglas van Julie 1919 to Junie 1921. - 9 -

Die lekkerste bymekaarkomplek in Murraysburg. By die nuwe Kweperlaan is daar baie gerieflike sitplek en kuierplek binne en ook buite onder die koel druiwe-prieel. Ideaal vir funksies, kinderpartytjies of selfs meer formele byeenkomste. Indien julle lus is vir n ontbyt of middagete, reël net vooraf met Jenny by 082 509 3120. Miskien weet mense nie wie of wat is doenit.net in die hoek hier links bo nie. Dis die hart van hierdie einste Murraysburger die hart wat stilweg op die agtergrond klop sonder dat jy weet daarvan. Maar nes ons harte het hy ook suurstof nodig. Die suurstof wat julle kan verskaf. Adri benodig nuwe lewe en goed soos staaltjies, vertellings, interessante gebeure, foto s, ens wat eie is aan die gemeenskap en omgewing en sal help om die Murraysburg webblad lewendig te hou en iets waarna mens elke dag na uitsien om oop te maak en te sien wat gaan nou weer aan. Selfs as iemand eiendom of huise besit wat hulle uit die hand wil verkoop, of interessanthede wil aanbied soos toere op die plaas, plaas-aktiwiteite soos bv skaapskeer of enige ander karoo-verwante lekkertes, laat weet vir Adri by haar epos-adres hierbo en neem sdeel aan die opwinding om die Murraysburg webblad kloppend en gesond te hou. Sy wag vir julle! Lavender Breeze Health & Beauty August Specials: Free Eyebrow Tint and Shape with any Facial treatment (Save R60) Free Paraffin Wax dip & Collagen cream Treatment with any Manicure or Pedicure (Save R60)