Nuwe minimum loon bedryg die gans wat die goue eiers lê

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

SIZA takes the sting out of auditing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Tariewe

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Mosselbaai Munisipaliteit

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

PULA IMVULA. As jy lief is om iets te vier en op soek. Met harde werk is daar geen perke nie. Lees binne: Januarie 2018

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Direkte en indirekte rede *

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

rr (r ~,~ VOORLOPIGE ONDERSOEK NA INFORMELE VESTIGING IN STELLENBOSCH

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

N O V E M B E R

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Transcription:

Nuwe minimum loon bedryg die gans wat die goue eiers lê Dr. Daan Louw, Departement Landbou Ekonomie, Universiteit van Stellenbosch en Dirtekteur van Optimal Agricultural Business Systems (OABS) Hoekom is produsente op hulle agtervoete? Onlangse navorsing het onteenseglik bewys dat die nuutste minimum loon (R105 per dag 51% verhoging) soos wat dit vanaf 1 Maart 2013 ingestel sal word, landbou in veral die Wes-Kaap ontsettend baie skade gaan aanrig. Navorsing het al bewys dat die landbou in die Wes-Kaap en baie van die ander provinsies die gans in die ekonomie is wat die goue eiers lê. Nie net is die landbou sektor die grootste werkskepper per miljoen Rand kapitaal belegging nie, maar die geld wat gegenereer word binne landbou word baie meer egalig versprei as in enige ander bedryf. Enige addisionele koste, soos byvoorbeeld n toename in minimum lone (30 tot 40% van die totale produksiekoste op 'n sagtevrugte - en wynplase is arbeidkoste) maak landbou en veral die sagtevrugte - en wynindustrie dus al hoe minder en minder aanloklik vir voornemende beleggers. Die vraag is: Kan ons dit bekostig? Die provinsiale en nasionale regering spandeer miljoene Rande om nuwe beleggings na die land te lok. Die vraag is: Is dit nie net so belangrik om ons bestaande beleggings te koester as wat dit is om nuwe beleggings die land in te lok nie? Om terug te kom na die bedreiging van die gans wat die goue eiers lê. Die landbou in die algemeen, maar spesifiek in die Wes-Kaap, dele van die Noord-Kaap en die Oos- Kaap word bedreig deur arbeidswetgewing op 'n ongekende skaal. Anders as in die meeste ander bedrywe is die sagtevrugte - en tafeldruiwebedrywe uitsonderlik afhanklik van handearbeid om 'n oes van uitvoergehalte te produseer. Die nuwe voorgstelde minimum loon wat binne die volgende maand afgedwing gaan word het geen wetenskaplike gronde nie. Die vraag aan die regering is: Hoe moet boere hierdie situasie bestuur sonder 'n geweldige versuring van arbeidverhoudinge. Op die ou einde het boere net een uitweg en dit is om die hoër loon te betaal ter wille van die vrede en om mense af te dank ten einde hulle totale loon rekening ten minste op so vlak te hou dat hulle kan oorleef. Dit is egter nie hierdie minimum loon per se wat boere die joos in maak nie maar die manier waarop die regering dit instel. Die meeste van die sagtevrugte boere in die Wes-Kaap betaal hulle permanente arbeiders lankal reeds meer as die minimum loon in die onderskeie gebiede (onlangse navrosing het gewys dat dit gemiddeld R84 is teenoor die bestaande R69 per dag minimum loon). Feit van die saak is egter dat alle arbeiders, seisoen en permanent, jonk en oud, geen en baie ondervinding, goed of sleg, hardwerkend of lui, geregtig is op hierdie lone. Op hierdie wyse is daar 'n totale ondermyning van enige beginsel van produkitiwiteit wat in lone ingebou kan word. Verder druis dit lynreg in teen enige beginsel van die vrye mark waaraan die landbou blootgestel is sedert die Suid Afrikaanse regering een van die mees liberaalste internasionale handelsbeleide in die wêreld aanvaar het (daar is niks hiermee fout nie maar dan moet dit regdeur vir almal op alle vlakke geld). Verder word goeie arbeidverhoudinge wat tot dusvêr bestaan het ondermyn deur die nuwe minimum loon. Die meeste van die produsente het tot dusvêr, benewens die kontant loon wat arbeiders ontvang, baie van die dienste wat arbeiders op plase het

gesubsidieer. So byvoorbeeld, kry die meeste arbeiders gesubsidieerde behuising. Hierdie huise is miskien nie die grootste en die beste wat daar is nie maar is steeds in die meeste gevalle, veral in die Wes-Kaap, van 'n hoër standaard as die HOP huise wat die staat bou. Boere wat in die verlede uit hulle pad uitgegaan het om goeie gehalte behuising aan hulle arbeiders te voorsien kry nou pak sedert die minimum loon etlike jare terug ingestel is deurdat hierdie beleid hulle nou penaliseer. So byvoorbeeld mag boere nou nie meer as 10% van 'n arbeider se totale loon in ag neem as vergoeding in terme van behuising nie. Verder is elke plaas 'n klein Munisipaliteit op sy eie in terme van elektrisiteit en watervoorsiening, riool, vullisverwydering en in baie gevalle ook ontspanning, vervoer en toegang tot mediese dienste. Wat die meeste stedelinge ook nie besef is dat boere in baie gevalle die arbeiders as deel van hulle huishoudings sien en derhalwe ook 'n maatskaplike diens lewer in terme van advies en ondersteuning ten tyde van dood in die familie, ens. In baie gevalle bestaan 'n plaasarbeider se totale vergoeding, benewens die voordele hierbo genoem, ook uit rantsoene. Op veeplase kry arbeiders byvoorbeeld 'n halwe slagskaap per maand. Die waarde hiervan kan geskat word op minstens R500. Die nuwe wetgewing sê egter dat nie meer as 10% van die vergoeding in voordele gemeet mag word nie. In baie gevalle, nie omdat boere dit wil doen nie, maar omdat hulle dit sal moet doen vir oorlewing, sal hulle nou verplig word om slegs die minimum loon te betaal sonder enige ander byvoordele. Die sneeubal effek? Vir die doel van hierdie artikel is slegs plaasarbeid in ag geneem. Die industrie strek egter baie verder as net die plaas. Dit is nie nodig om ruimtetegnologie in te span om uit te werk hoekom die landbousektor so n groot sneubal effek op streeksekonomië het nie. Die aanbodketting, van die produsent tot op die verbruiker se vurk, is lank. So byvoorbeeld bestaan die aanbodketting in die sagtevrugtebedryf uit verskeie subsektore. Die produksieproses begin by die primêre produsent (die boer), van hier gaan dit na die pakhuis waar die vrugte in verskillende soorte verpakkings verpak word vir die uitvoer, plaaslike mark of verwerking. Op die plaas, by die pakhuise en in die koelstore word verskeie werksgeleenthede geskep. Gedurende die plukproses en binne in die pakstoor word 'n gedeelte van die vrugte afgekeur en dan vir prossering (sap, inmaakvrugte en droëvrugte) aangewend. Binne die prosesserings gedeelte van die bedryf word daar weereens baie werksgeleenthede geskep en waarde toegevoeg wat in die meeste gevalle enorme buitelandse kapitaal verdien. Dit is egter nie waar die proses stop nie! Nadat die vrugte verpak en verkoel is word dit vervoer deur vervoermaatskappye na hetsy die hawens vir uitvoer of die plaaslike mark. Op die plaaslike mark word daar geweldig baie werksgeleenthede geskep nie net vir vrugte smouse wat hulle brood en botter uit vrugtehandel verdien nie maar ook in die formele markte wat bestaan uit die varsproduktemarkte en die kleinhandel. Met die vrugte wat na die uitvoerhawens vervoer word stop die proses ook nie by die vervoerkontrakteur nie. Vrugte wat uitgevoer word moet deur sekere prosesse gaan om aan die kwaliteitstandaarde van die internasionale markte te voldoen. In die meeste gevalle speel uitvoeragente 'n kardinale rol om te verseker dat die internasionale verbruikers kry wat hulle wil hê. In hierdie proses word daar verskeie werksgeleenthede geskep vir mense wat werk vir die uitvoerders, die Nasionale Hawe Beheer (National Port Authorities), dokwerkers, verskepingagente, skeepsrederye en bemarkingsagente. By die primêre produksie kant (die boer) is daar natuurlik ook 'n verskeidenheid van diensverskaffers waar daar ook geweldig baie werksgeleenthede geskep word. So byvoorbeeld is daar saad-, plantjie- en

boom- of stokkwekerye, die chemiese peste en plae bedryf, die kunsmisbedryf, brandstof, draad en pale vir opleistelsels, besproeiingstelsels insetverskaffers, konsultante, en 'n verskeidenheid van ander diensaverskaffers wat direk 'n bestaan uit die landbou voer. Die oorspoel effekte is so wyd dat die plattelandse dokter, tandarts, motorhandelaar, werktuigkundiges, kleinhandelaars, skole, kerke, Munisipale werkers en nog vele meer totaal afhanklik is van die welvaart van die landbou! Dit is derhalwe nie vreemd nie dat menige ekonoom en veral landbou-ekonome verbaas staan wanneer daar gekyk word na die landbouwetgewings wat hierdie sektor bedreig. Hierdie bedreiging staan op verskeie fronte. Nie net word die finansiële oorlewing van menige individuele boere bedreig nie maar ook die voortbestaan van die platteland. Die insentiewe om te belê in die landbousektor word stelselmatig geirodeer deur die landbou-onvriendelike omgewing wat geskep word deur die regering. Wat sê die syfers? Dinamiese lineëre programmering (DLP) is n baie handige tegniek om die waarde (skaduprys) van enige skaars hulbron te bereken. Dit is n tegniek waar n verteenwoordigende plaas deur wiskundige modellering nageboots word. Die berekening van skadypryse vir arbeid op verskillende tipes boerdery kan baie insiggewend wees by die bepaling van wat die maksimum is wat boere kan betaal vir arbeid. As arbeid n beperkende hulbron is, en net beskikbaar is vir 40 uur per week, dan sal die skaduprys van arbeid n aanduiding gee van wat die maksimum is wat n boer kan betaal vir n addisionele eenheid arbeid. As die skaduprys byvoorbeeld R10 per uur is dan beteken dit dat die boer maksimum (let wel maksimum) R10 per uur kan betaal om dieselfde winsgewendheidsvlak te handhaaf. Dit is met ander woorde die gelykbreek prys van arbeid. Indien hy meer betaal, sal sy winsgewendheid afneem aangesien daar dan geen finansiële hefboom is om meer arbeid in diens te neem nie. Indien bestaande arbeid meer as hierdie bedrag betaal word sal boerderywinsgewendheid ersnstig benadeel word. Wanneer arbeiders minder as hierdie bedrag betaal word, word dit lonend vir produsente om meer arbeid in diens te neem aangesien daar n finansiële hefboom effek is tot net onder die R10 per uur. Vir die doel van die navorsing is vier gebeide in die Wes-Kaap gekies. Hierdie gebeide is redelik verteenwoordigend van die vernaamste bedrywe in die Wes-Kaap en maak die grootste bydrae tot die Bruto Geografiese Produk (BGP). Die gebiede is: Olifantsrivier Wyndruiwe Moorreesburg Koring en lewendehawe Hexrivier Tafeldruiwe Ceres Gemengde vrugte en groente boere DLP modelle is gebruik om die skaduprys van arbeid te bereken. Hierdie modelle is almal bestaande modelle wat vir hoë profiel navorsingsprojekte vir onder meer die Waternavorsingskommisie (WNK) en die International Development Research Centre (IDRC) gebruik is. Die kern resultate van die navorsing word in die tabel hieronder aangedui. Dit is duidelik dat die skaduprys van arbeid in die meeste gevalle (met die uitsondering van die Hexrivier) onder die aangekondigte minimum loon van R105 per dag is. Verder moet die leser daarop let dat dit vir gemiddelde plase is en dus nie in ag neem dat

daar baie klein en middelslag produsente is vir wie die skaduprys van arbeid nog laer is. Die ontledings dui daarop dat met n minimum loon van R105 per dag daar groot afleggings in die meeste gebiede verwag kan word. Produsente kan dit eenvoudig nie bekostig nie, en soos vroeër genoem, is dit die enigste manier waarop hulle, hulle totale loon rekening sal kan bestuur sonder om bankrot te gaan. Skaduprys van arbeid (Rand/dag) Relatiewe verskil vanaf huidige minimum loon van R69 (%) Skaduprys van Streek arbeid (R/uur) Olifantsrivier - hoofsaaklik wyn R 10.34 93.06 32.9% Moorreesburg - Kleingraan en vee R 8.31 74.79 6.8% Hexrivier - hoofsaaklik tafeldruiwe R 11.41 102.69 46.7% Ceres - gemengde vrugte en groente boerdery R 11.91 107.19 53.1% Gemiddeld R 10.49 94.43 34.9% Die vraag na landbou arbeid is n afgeleide van die vraag en winsgewendheid van landbouvertakkings (gewas en vee). Dit is duidelik dat die skaduprys vir die laer waarde gewasse aansienlik laer as die vir hoër waarde gewasse is. So byvoorbeeld is die skaduprys van arbeid in die Moorreesburg gebied slegs R74.79 teenoor R107.19 in die Hexrivier gebied. Die gemiddelde skaduprys oor al die gebiede is R94.43 wat ongeveer 34.9% hoër is as die minimum loon. Dit beteken dat die maksimum speling tussen die huidige minimum loon en die gemiddelde skaduprys wat die ontledings aandui is n 35% verhoging. Die leser moet daarop let dat dit die absolute maksimum is wat landbou gemiddeld kan bekostig. Ten einde meer arbeid indiens te neem sou landbou minder as n 35% verhoging in die minimum loon moes kry anders is dit eenvouding nie winsgewend nie. Die syfers is wetenskaplik korrek en met landbou-ekonomies aanvaarbare praktyke bereken. Dit dui daarop dat daar geen wetenskaplik gefundeerde gronde is vir die aangekondigde minimum loon van R105 nie. Hierdie besluit gaan die regering nog duur te staan kom om hulle werskeppingsteiken te behaal. Nog erger, dit hou n bedreiging in vir nasionale sosiale en poltieke stabliteit aangesien die werkers wat afgedank gaan word bloot eenvoudig gaan oorspoel na die stede en of n bestaan sal moet maak uit misdaad op die platteland. In teenstelling met hoe landbou vroeër jare as 'n lewenswyse bedryf is, is landbou vandag 'n besigheid. Die landbouer moet vandag nie net met sy mede boer kan kompeteer nie maar ook met die boer in ander lande wat dieselfde produk produseer. Nog erger, die Suid-Afrikaanse boer moet met ander regerings meeding wat groot subsidies aan hulle boere betaal net om in produksie te bly sodat hulle streeksekonomië deur die sneubaleffekte van landbou instand gehou kan word (nogal ironies dat die VSA en die meeste Europese lande dit raaksien maar dit word geignoreer in Suid-Afrika). Dit is absoluut krities dat alle vlakke van regering in Suid- Afrika verstaan dat enige addisionele kostes op landbou ons internasionale kompeterendheid verlaag. Indien produksiekostes te hoog gedryf word sal ons later, veral in die landbou uitvoerindustrië, glad nie meer kan meeding nie. Die feit van die saak is dat enige landboubeleid wat 'n eksterne koste op die boer afdwing vandag deur die boer self gedra moet word en dus lynreg sy

winsgewendheid en opbrengs op kapitaalbelegging beinvloed. Vanaf deregulering van landbou in Suid-Afrika in 1997, en 'n totale blootstelling aan die vrye mark sisteem, is boere prysnemers. Dit beteken dat die prys van landbouprodukte nie meer in Suid-Afrika bepaal word nie, maar op die internasionale markte. Die boer kan dus nie meer soos vroeër jare sy stygings in produksiekoste so maklik verplaas na die verbruiker nie. In die landbou-ekonomiese taal word dit die koste-prys knyptang genoem. Die navorsing wys verder ook daarop dat strukturele veranderings op plase, ten einde kontantvloei te verbeter, die produksiepatrone so kan verander dat dit regstreeks teenstrydig sal wees met die Waterwet. Die Waterwet moedig die produksie van hoëwaarde gewasse aan. Dit is juis arbeidintensiewe gewasse wat hoëwaarde produkte lewer. Indien die addisionele arbeidskostes nou aan boere opgedwing word, het die navorsing gewys, sal hulle gedwing word om of te meganiseer om om laerwaarde gewasse met 'n vinniger kontantvloei te produseer. In die meeste gevalle is hierdie gewasse nie uitvoerprodukte nie en bring dus nie waardevolle buitelandse valuta die land in nie. Verder, het hierdie gewasse ook nie so lang aandbodketting (met gepaardgaande sneeubal effekte op die res van die ekonomie) nie as byvoorbeeld die Sagtevrugtebedryf. In die ergste geval kan dit ook daartoe aanleiding gee dat Suid-Afrika n ernstige tekort aan voedselsoorte, soos byvoorbeeld groente, wat arbeidintensief is mag ondervind. Wat is die lesse wat ons hieruit kan leer? Die bogenoemde navorsing het duidelik uitgewys dat die situasie so kritiek is dat dit geregverdig kan word om 'n monatorium op die instel van die nuwe minimum loon te plaas tot tyd en wyle die saak beter deurdink is en oplossings gevind is vir die praktiese probleme wat hierbo uitgewys is. Verder moet die regering ook kennis neem daarvan dat dit hoogs onverantwoordelik is om verskillende beleid aspekte in isolasie van mekaar te oorweeg. In die afgelope jaar is landbou byvoorbeeld in die Nasionale Ontwikkelingsplan van die regering uitgesonder as n sektor wat n addisionele 1 miljoen werksgeleenthede kan skep maar met absoluut teenstrydige arbeidswetgewing word hierdie indeaal net wensdenkery. Wanneer gaan die regering besef dat baie van sy landbou beleid en wetgewings, in hulle bestaande vorm, die Suid Afrikaanse boer se grootste bedreiging en rissiko faktor geword het. Die boer kan verseker teen hael, droogte en vloede en in baie gevalle teen peste en plae. Hy kan homself egter nie verseker teen 'n regering wat wetgewing op hom afdwing wat homself, sy werkers, sy streek, sy provinsie en sy land se voortbestaan bedreig nie. Die landbou gans is meer as bereid om sy kant te bring vir ekonomiese vooruitgang en ontwikkeling. Die gans is ook nie gekant teen billike wetgewing om landbouwerkers se omstandighede te verbeter nie. Die gans kan egter nie goue eiers lê as die regering n omgewing skep waarbinne dit vir hom onmoontlik is.