D E A F A G R I Blindness seperate people from things, but deafness seperate people from people. Hellen Keller MOTIVERINGSPLAN GEBARE-BOERE (CC number: 2010/015618/07) DEAF AGRI As Landbou nie toeganklik is vir Dowes, dan werk dit nie. Erik de Waal Die werkstuk/motiverings konsep mag deur geen ander persoon/instansie gebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Uitvoerende Hoof van Gebare Boere nie, die konsep sluit in, maar is nie alleen saamgevat as nie, die versklillende vlakke van opleiding aan Dowe individue in die veld van basiese opleiding tot tersieëre opleiding deur die medium van aangepaste dowe kommunikasie mediums.. 1 B l a d s y
1. INLEIDING Gehoorgestremdes as 'n reël ding mee op 'n ongelyke kommunikasie vlak met horende persone. Daar mag wel gehoorgestremde persone wees met die nodige ondersteunigsbasis, wat wel mededingend in die werksmag is. Hellen Keller was so 'n uitsonderlike persoon wat bo haar omstandighede kon uitstyg. Die meeste gehoorgestremdes beskik nie oor so 'n ondersteuningsbasis nie, en alhoewel daar gepoog word om gehoorgestremdes voor te berei om inklusief deel van die samelewing te wees, is dit 'n opdraende stryd vir die persone. Doofheid is die gestremdheid wat onsigbaar is en as gevolg daarvan ly die persone in stilte want niemand sien hulle probleem raak nie. 1.1. Omvang van doof gestremdheid in Suid Afrika Volgens die 2005 Sensus is daar 313 585 gehoorgestremdes in Suid Afrika. (Bylaag A). Die gestremdheid is 'n probleem vir oud en jonk, swart, wit en bruin, manlik en vroulik. Die volgende probleem vir gehoorgestremdes is dat ± 84 % van hulle nie ekonomies aktief is nie en die wat wel werk vind in die ekonomie, meestal laag besoldigde werk verrig. (Bylaag B). In die Grabouw, Villiersdorp, Franschoek, Caledon, in die Overberg Streek is daar volgens die Sensus opname, 750 gehoor-gestremdes. Sowat 99% van hierdie gehoorgestremdes is werkloos as gevolg van gebrekkige kommunikasie (geen gebaretaal) met Werkgewers. Gevolglik is hierdie gehoorgestremdes agtergeblewe en minderbevoorreg. Daar is geen Gemeenskapleiers of bewusmaking vir gehoorgestremdes as 'n groep nie, en ten spyte van die feit dat hulle n waardevolle bydrae tot die land se ekonomie kan lewer het die mense geen geleenthede om dit te doen nie. Suid Afrika se totale gehoorgestremde gemeenskap behoort dus ook as agtergeblewe en minderbevoorreg beskou te word. 1.2. Probleme wat gehoorgestremdes ondervind 1.2.1. Nie eie taal Suid Afrika het elf amptelike landstale, maar vir die gehoorgestremde word sy taal, gebaretaal, nie amptelik erken nie, dit beperk die gehoorgestremde want die persone word uitgesluit van ekonomiese aktiwiteite en dit verhoed hulle om tot hulle volle potensiaal, te presteer. Die probleem is verder dat al sou gebaretaal as n amptelike taal erken word, het gehoorgestremdes n beperkte taal uitdrukking wat nie deur die horende gemeenskappe verstaan word nie, aangesien weinig horendes die moeite doen om gebaretaal aan te leer. 1.2.2. Onderrig struikelblokke. Gehoorgestremdes is afhanklik van spraaklees (Liplees). Wanneer gehoorgestremdes dus saam met horendes moet funksioneer is hulle konstant in 'n verswakte posisie in terme van kommunikasie. Gebaretaal is anders en uniek en horende persone verstaan as 'n reël weinig daarvan. Die taal dilemma skep spanning en lei tot misverstande. Om die saak te vererger is daar ook nie volledige homogeniteit in gehoorgestremdes se gebaretaal nie en dit maak die uitdaging nog groter. 2 B l a d s y
Abstrakte denke is ook baie moeilik vir gehoorgestremdes en visuele taal uitdrukking is dus meer aanvaarbaar in die gehoorgestremde kultuur. Die feit dat gehoor gestremdes makliker leer deur middel van visuele leermateriaal beteken dat die persone in die normale horende hoofstroom akademiese instellings sukkel, aangesien die leermateriaal nie in 'n formaat is wat maklik deur die gehoorgestremde persoon verwerk of verstaan kan word nie. Verder verskaf die material nie die nodige gebaretaal aan die gestremde om wel te probeer om in en aan te pas by die samelewing om die omgewing waarin onderrig plaasvind. Tersiëre instellings in Suid Afrika was dus nog nooit ten volle toeganklik vir gehoorgestremdes in terme van onderrig nie. Faktore wat 'n rol speel dat tersiëre instellings nie 'n erns van die saak maak nie, is onder andere die koste implikasies wat tolke meebring en ander versteekte kostes soos veranderde leerplanne en onbegrip vir die gehoorgestremde-kultuur om 'n paar te noem. Tog is opleiding die eerste tree wat dié mens toegang tot die ekonomie gee. 1.2.3. Verwerping Die sisteem hou gehoorgestremdes op die kantlyn. Die hoofstroom van horendes toon n onbegrip en akkomodeer nie gehoorgestremdes nie, en gevolglik ervaar hulle uitsluitting. As gevolg van leemtes in hulle opvoeding en terughoudende sosiale praktyke kan gehoorgestremdes nie funksioneer volgens die hoofstroom se verwagting nie. Dit bring mee dat daar vele terreine is waar gehoorgestremdes uitgesluit word en beleef hulle 'n gevoel van verwerping wat 'n enorme negatiewe impak op die persone het. 1.2.4. Demografie: Gehoorgestremdes kom in alle tale en kulture voor waar hulle binne horende gemeenskappe moet leer om te funksioneer en wat konflik kan veroorsaak. Die feit dat die persone deur die samelewing versprei is beteken ook dat die persone nie rêrig kan netwerk en hulle bedingingsmag vergroot nie. Hierdie lae bedingingsmag beteken weer dat die persone minder toegang tot ontwikkelingshulpbronne het. 1.2.5. Armoede kwessie As gevolg van demografie verspreiding, taaldiskriminasie, beperkte toegang tot menslike hulpbronne, het veral die plattelandse gehoorgestremde se lewensomstandighede, in die huidige millenium voortdurend verswak. 1.2.6. Staatstoelae Gehoorgestremdes beskik oor die vermoëns en die gewilligheid, maar indien hulle nie die geleendtheid gebied word nie sal hulle nooit tot hulle reg kom nie. Gehoorgestremdes het ook n eie trots en wil ook graag werk en selfversorgend wees en nie van staatstoelaes afhanklik wees nie. Daarom is dit nodig dat die staat vir gehoorgestremdes die geleentheid sal skep in die breë ekonomie sodat hul 'n bestaan kan maak soos enige ander burger van die land. 3 B l a d s y
1.2.7. n Gehoor gestremde se verhaal: Verskeie gehoorgestremdes het al hierdie woorde herhaal en hul mismoeë uitgebring van n onderwys- en tersiëre-stelsel wat nie werk nie en gehoorgestremde-diskriminasie bevat. n Manlike Gehoorgestremde vertel (let op die gehoorgestremde -taal uitdrukking) : In skool ek anders,ek kom plaas, nou moet ek houtskaaf, onderwyser ken nie plaaswerk. Ek lui, hout nie my lekker, ek ken skaap, trekker, knip ja. Op plaas ek werk hard, vir hout ek lui, gatvol. Hierdie gehoorgestremde is duidelik in die verkeerde arbeidsveld. Hy sal waarskynlik nooit sy beste gee nie, emosioneel ly hy diep, die traumatiese spanning laai op binne hom/haar, en dit kan moontlik lei tot ander sosiale disfunksionering. Uit die voorafgaande betoog is dit duidelik dat gehoorgestremdes unieke hindernisse het wat hulle verhoed om tot hul reg te kom in die hoofstroom ekonomie. Dit is ook duidelik dat daar die behoefte by gehoorgestremdes bestaan om soos enige ander burger van Suid Afrika aan enige ekonomiese aktiwiteit deel te kan neem. Die doel van hierdie dokument is om voorstelle te maak hoe om die Lanbou toeganklik vir gehoorgestremde persone te maak. 2. DIE DROOM Ons passie is om gehoorgestremdes tot hul reg te laat kom en omdat ons voel dat daar geen of min gehoorgestremdes werksaam is in die landbou sektor, dit ons 'n geleentheid bied om dit vir hierdie persone moontlik te maak om 'n loopbaan en 'n bestaan te kan maak in die landbousektor. Ander sektore van Natuurbewaring en dalk ook Bosbou is nie uitgesluit daarvan nie. Die enigste manier om die droom te verwesenlik is as gehoorgestremdes hulle ook kan beroep op die voordele van die grondhervormingsproses, hulle die geleentheid gegun word om teoretiese opleiding te kan doen en indien praktiese werksgeleenthede in die landbou vir hulle geskep word. Uiteindelik gaan dit oor die oplossing van die armoede kwessie binne die gehoorgestremde gemeenskappe en die opheffing van die persone. Gehoorgestremdes mag miskien gestremd wees ten opsigte van een sintuig, maar dit beteken nie dat hulle menswaardigheid miskien mag word nie. 2.1. Erik de Waal (Uitvoerende Hoof van Gebare Boere) Erik het groot geword op n wyn-, saai-, skaapplaas te Lutzville in die Matzikama Streek en het self vir n paar jaar voltyds geboer. Daarna het hy in Mynbou gaan studeer en sewe jaar in die mynbedryf gewerk. Tydens die tydperk het hy met groot spanne mense gewerk en ook goeie kennis van die kultuur en taal van swartmense aangeleer. Dit is ook hierdie ondervinding wat met vrug aangewend kan word in die pionierswerk om die landbou vir Dowes toeganklik te maak. 4 B l a d s y
Erik is self 95 % gehoor gestremd is en het n deeglike begrip van die gehoorgestremde-kultuur. Hy het in die jaar 2000 verder gaan studeer (BA) in Amerika by n Universiteit vir Gehoor- gestremdes in Minnesota. Met sy terugkeer na Suid-Afrika ontdek hy dat daar n groot leemte is in gehoorgestremde bemagtiging in Suid-Afrika is en gevolglik verwerf hy n Meestersgraad (MTh) om die behoefte in die stelsel nog meer aan te spreek. Hieruit het twee geregistreerde projekte, Deaf Christian Mission Africa (DCMA) asook Deaf Dream Devolpment (D³) ontstaan, waarvan een n geregistreerde vakrigting vir gehoorgestremdes is. Erik het ook besef dat daar n behoefte is aan n praktiese selfversorgende model waarin gehoorgestremdes bemagtig kan word, landbou opleiding en praktiese boerdery projekte is die uitkoms tot die sosio-ekonomiese bemagtiging vir gehoorgestremdes. 2.2 Behaling van droom Geen gehoorgestremde persoon op sy eie, sal in staat wees om die droom te verwesenlik nie en dit kan slegs slaag in n spanverband. Dit is ook onvermydelik dat gehoorgestremdes nie totaal onafhanklik van horendes kan funksioneer in die hoofstroom ekonomie nie. Dit word dus voorsien dat horendes tydens die opleiding en praktiese implementering van gehoorgestremdes ge-integreer sal word. Dit beteken dat die kwalifiserings kriteria vir onder andere die LRAD (Land Redistribution for Agricultural Development) en CASP (Commission on Restitution on Land Rights) programme ook voorsiening moet maak vir horendes in samewerking met gehoorgestremdes en andersom, om die program te laat slaag. 3. VOORGESTELDE OPLOSSINGS Gedurende 1999 het Erik na sewe jaar van voltydse betrokkenheid met gehoorgestremdes in die Wes-Kaap (veral in die Matzikama Streek en Namakwaland), tot die besef gekom, dat Suid Afrika se tersiëre en naskoolse indiensneming nie gehoorgestremdes in die sosio-ekonomiese landboustelsel opneem en bemagtig nie. Matzikama en Overberg gehoorgestremdes, van wie hy meer kennis het, beskik oor beperkte ervaring in landbou en het nog nooit die geleentheid gehad om formele opleiding in 'n landbou rigting te volg nie. Toeganklikheid tot grond om te kan boer bestaan ook nie en die probleem word vergroot deurdat die persone nie oor finansies beskik of in staat is om finansiering te bekom om te kan boer nie. Die gehoorgestremdes het dus beperkte tot geen toegang in die landbousektor nie. Dit is egter die sektor van die ekonomie wat meer toeganklik vir die gehoorgestremde behoort te wees, aangesien die oorgrote meerderheid in landelike omgewings woon. Deur die toeganklikheid na opleiding en die geleentheid om te kan boer, asook Natuurbewaring, by die dowe agtergeblewende gemeenskap in die Overberg Streek te skep, sal die spesifieke gemeenskap die voordeel uit die aksies kan gebruik om hulself te bemagtig om verdere loopbane of drome te kan uitleef. 5 B l a d s y
Met diie suksesvolle voltooing van die opleidings fases, sal die dowe individue die geleentheid hê om aansoek te doen op enige plaas as Werker of hoër vlakke wat die werkskeppings aksie, wat n obstruksie is, te oorbrug. Deur die uitvoering van die aksie word agtergeblewenes in die veld van enige ras geakomodeer en bevorder of bemagtig. Die gemagtigdes uit die veld sal dan die geleentheid hê in hoër vlakke van bestuur te beweeg. Met verdere kwalifikasies kan nog verdere vlakke bereik word. Die volgende is stappe wat gevolg kan word tot bereiking van die konsep. 3.1. Verander persepsies Die enigste manier om negatiewe persepsie ten opsigte van gehoorgestremdes te verwyder is om daaraan te werk. Deur bewusmaking van die gehoorgestremde se behoeftes is dit moontlik dat die res van die bevolking die situasie van die gehoorgestremde in konteks beter sal verstaan en wat hopenlik sal lei tot meer positiewe persepsies aangaande gehoorgestremdes. Die logiese volgende stap is om gehoorgestremdes toegang tot opleiding te bied. 3.2. Opleiding Daar is geen landbou opleidingsmateriaal wat aan die gehoorgestremdes se visuele vereistes voldoen nie. Verder is daar geen landbou opleiding in gebaretaal nie. GB en D3 wil aan gehoorgestremdes die geleentheid bied om landbou opleiding in 'n gehoorgestremd-vriendelike omgewing te kan geniet, sodat hulle ook die geleentheid kan kry, om vaardighede wat noodsaaklik is om produktief te kan boer, te leer. Die kursusinhoud wat vir so 'n kursus benodig word is al reeds deur instellings soos Elsenburg Landbou kollege vir die horende gedeelte van die bevolking vervolmaak. Dit is dus logies om die tersiëre onderrig vir gehoorgestremdes in samewerking /vennootskap met instellings soos Elsenburg Landbou kollege aan te bied. Die moontlikheid is al reeds met Elsenburg Landbou kollege en Elgin Learning Foundation bespreek en die terugvoering was sover gunstig. Die moontlikheid is nie uitgesluit dat die unieke onderrig selfs internasionale studente kan lok nie. In terme van gehoorgestremdes gaan visuele teoretiese opleiding gepaard met praktiese ervaring om effektief te wees en daarvoor benodig ons grond. 6 B l a d s y
3.3. Geleentheid om te boer Die derde fase waarop die bemagtigingsplan vir gehoorgestremdes steun is die beskibaarheid van grond en fondse om die grond te ontwikkel. 3.3.1 Kwalifiseringkriteria vir ondersteuningsprogramme van die staat Die Departement van Grondsake fokus streng op die oogmerk om swartmense te bemagtig. Daar is ook ander kriteria soos byvoorbeeld om plattelandse mense te help om hulle lewenstandaard te verbeter en om toe te sien dat landbougrond beter aangewend word. Die vraag is indien slegs streng op die vereiste van swart bemagtiging gefokus word beteken dit dat al die ander vereistes en ook minderbevoorregte groepe soos gehoorgestremdes, nou geïgnoreer word. Indien die mindere vereistes vir die kwalifikaserings kriteria wel n rol speel, sal ons graag versoek dat die kwalifiserings kriteria vir onder andere die LRAD, CASP, Agri-Seta programme ook voorsiening moet maak vir horendes in samewerking met gehoor- gestremdes om die program te laat slaag, want gehoorgestremdes wil ook graag die geleentheid gegun word om opkomende boere te word. 3.3.2 Grond wat moontlik aan die vereistes van die projek kan voldoen Die volgende instansies kan moontlik grond beskikbaar stel vir die projek: - ELF (Elgin Learning Foundation) - DOW (Departement van Openbare Werke). Die beskikbare grond by ELF is n oppervlakte voorlopig een hektaar en vorm deel van die bestaande area wat deur ELF gebruik word vir opleidingsdoeleindes. Verskeie areas van staatsgrond is geïdentifiseer oor n tydperk en die teiken area is tans Jakkalsrivier (plaasnommer 283), geleë op die ou Lebanon staatsplantasie in die distrik Caledon. Die minimum vereistes van grond vir opleiding is: water toeganklikheid elektrisiteit infrastruktuur geskikte grond vir landbou doeleindes toeganklikheid Wanneer die grond bekom word, sal die grond vir veeldoelige boerdery ontwikkel word tot op n vlak waar die meeste algemene boerderye in omgewing hanteer word en met opleiding aangevul word. Die boerdery kan ook insluit die behoud van natuurlike hulpbronne en die grond sal sodanig benut word dat die sensitiewe natuurlike dele behou en selfs ontwikkel word. 7 B l a d s y
4. ROLSPELERS Daar is alreeds met die volgende rolspelers verskeie vergaderings gehad om die opleiding- en- grondhervormings en Landbou droom vir dowes in die Grabouw Overberg streek 'n werklikheid te maak : Department of the Premier Handré Oosthuizen (Organisation Development Practioner). Agri South Africa Dr. Theo de Jager (Vise President Agriculture) Department of Agriculture Joyene Izaacks (Hoof van Landbou) Marius Paulse (Chief Director Training) Casidra Kobus Oosthuizen (Hoof Bedryfsbeampte) Elsenburg Dr. Johann Booysen (Institute Head Resource Utilisation) Water and Environment Management Willie Enright CapeNature - Natuurbewaring Elbie Cloete Farmers Support and Devolpment Marius du Randt (Landbou Voorligter) Departement van Openbare Werke N.J. Poto (Direkteur van Nasionale Openbare Werke) LRAD Adele Groenewald (Hoof Grondsake) Ministerie Minister Gerhard van Rensburg (Wes-Kaap Landbou) 8 B l a d s y
5. GEVOLGTREKKING EN VERSOEK VIR FINANSIëLE ONDERSTEUNING Gehoorgestremdes word slegs in die Suid Afrika erken as 'n spesiale soort gestremdheid wat nie in aanmerking kom as voorheen benadeelde persone nie. Wat nie besef word nie, is dat gehoorgestremde persone n groot probleem het om komplekse dokumente soos kontrakte te verstaan. Om hulle by te staan, moet hulle van gebare-taal konsultante en tolke gebruik maak en dit vereis addisionele fondse. Swartmense wat wel gehoorgestremd is kan wel aansoek doen vir die LRAD en en die CASP program op grond van hul velkleur maar wit gehoorgestremdes is uitgesluit van die proses Deur hierdie benadering te volg word 'n streep deur die drome en aspirasies van ± 33 000 wit mense in Suid Afrika getrek en word die boodskap oorgedra dat jy eerstens maar self moet sukkel en klaarkom en tweedens dat jy gedoem is tot 'n tweede klas burgerskap. Die soort van redenasie is nie aanvaarbaar nie. Om die projek te laat slaag word versoek dat van regerings kant 'n drastiese poging aangewend word om: Erkenning aan die projek te gee met alle rasse binne dowe gemeenskap. Die projek te registreer, wat Gebare-Boere die kans sal gun om te bewys dat landbou opheffings projek vir gehoorgestremdes lewensvatbaar is. Die grond wat onder punt 3.3.2 vermeld is (uitgesluit die gronde van ELF) onder moratorium te plaas sodat geen verdere eise teen die grond aanvaar sal word alvorens hierdie aansoek verwerk is nie. Verder word versoek dat alternatiewe ondersoek sal word waarvolgens die grond wel gratis vir die projek beskikbaar gestel kan word. Die projek as 'n landbou navorsings projek geregistreer word sodat fondse beskibaar gestel kan word om uitgawes te dek soos: uitgawes alreeds aangegaan, salarisse, vervoer, navorsing, kantooruitgawes, reiskoste (binneland asook buitelands) asook tegnologie. (rekenaars, visuele apparate vir die verbesondering van leerplanne vir gehoorgestremdes) 6. VOORLOPIGE STANDPLAAS: JAKALSRIVIER 238 Dowe opleiding is uniek en meer gefokus op direkte opleiding wat onmiddellik tot die praktyk gememoriseer en aangewend kan word. Om die opleiding suksesvol te kan toepas, word grond met geboue en toegang vir studente benodig. Dit kan net uitgevoer word met die regte hulpbronne in plek, soos die bekomming van grond deur dit volhoubaar en verantwoordelike te bestuur in samewerking met ander rolspelers of vennote. n Rolspeler het al reeds van sy waterbron aangebied om te gebruik as deel van die projek. Die opleiding moet afgesonder van normale horende studente plaasvind as gevolg van die uniekheid van die gebaretaal kommunikasie wat gebruik word. As gevolg van die feit is Jakalsrivier, is sy afsondering, ideaal om die opleiding aan te bied. Verder deur die aksie van afgesonderde opleiding, word daar aan die dowe studente eienaarskap van hul bemagtiging gegee. 9 B l a d s y
7. OPKOMENDE DOWE GRONDEIENAARS Sodra die opleidingsfases aan dowes van Gebare Boere voltooi is, kan die sosio-ekonomiese doelwit in werking tree. Die toegeruste dowe werker sal verskeie vlakke van landbou vaardighede kan toepas waar hy/sy ookal in die landbou sektor gaan funksioneer. Sommige dowes sal uitgeplaas kan word in werksomstandighede by ander gevestigde boerderye, terwyl sommige ander dowes die potensiaal het om n opkomende dowe boer te wees. Wanneer die geskikte kandidaat as opkomende dowe boer gereed is, is die hoof gedagte om hom/haar eienaarskap te gee in die grondhervormingsproses. Hiervoor sal verdere onderhandelings met Departement Openbare Werke nodig wees, sodat opkomende agtergeblewe en minderbevoorregte dowes tot hulle reg kan kom in die landbou sektor van Suid-Afrika. As Landbou nie toeganklik is vir Dowes, dan werk dit nie. Erik de Waal n Laaste gedagte deur nie gehoorgestremdes van Suid Afrika die bystand te gee wat hulle verdien nie, mis ons dalk die geleentheid om die Hellen Kellers van ons samelewing te help. Vir die wat nie weet wie sy was nie, sy is die Nelson Mandela figuur vir Gestremdes. 10 B l a d s y
Bylaag A OCCUPATIONAL CATEGORY TOTAL % TOTAL Legislators, senior officials, managers and owners managers 1 935 0.62% Professionals 2 435 0.78% Technicians and associated professionals 3 237 1.03% Clerks 3 549 1.13% Service workers, shop and market sales workers 3 758 1.20% Agricultural and fishery workers 2 283 0.73% Craft and related trade workers 7 274 2.32% Plant and machine operators and assemblers 4 937 0.16% Labourers and related workers 15 833 5.04% Not applicable (not economically active) 268 338 83.97% TOTAL 313585 11 B l a d s y
Bylaag B GEOGRAFIESE VERSPREIDING VAN DOWES IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA National Province Population % of Population Eastern Cape 51499 16.42% Free State 26270 8.38% Gauteng 39318 12.54% KwaZulu-Natal 67004 21.37% Limpopo 44542 14.20% Mpumalanga 27927 8.90% Northern Cape 5357 1.71% North West 25174 8.03% Western Cape 26492 8.45% TOTAL NUMBER OF EMPLOYEES 313 585 100% 12 B l a d s y