KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Dialoog en paragrawe *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Tariewe

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Hoe om krag te spaar

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

Rubriek vir skeppende werk

G. J. du Preez

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Tonga die olifant - 01 *

Edgehog

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Sterdansers by Vensters.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

'n publikasie van onsdorp.com Nommer September 2009

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

SIZA takes the sting out of auditing

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n 380 Publikasie van onsdorp.com ANDERKANT DUSKANTLAND. Déjà vu teen die Drakensberge uit

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

100 DIE GETATOEEERDE K"

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Transcription:

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer 407 404 19 395 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September April 2015 2015 Nr. 412 418 Nr. 378 2015 'n 409 41515 15 16 Februarie Augustus November 16 Mei 2015 2016 2016 'n Publikasie 414 van 12 Onsdorp.com April van van Onsdorp.com 2016 2015 9 Julie 2014 'n 'n Publikasie Nommer van Onsdorp.com Onsdorp.com van 'n 380 Onsdorp.com Publikasie 413 van 144 Maart Augustus Onsdorp.com 2016 Nr 'n 2014 'n Publikasie 416 Publikasie van 13 van Junie onsdorp.com Onsdorp.com 2016 Nr. 418 15 Augustus 2016 'n Publikasie 'n Publikasie 'n Publikasie van van onsdorp.com van Onsdorp.com 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com 'n Publikasie van Onsdorp.com TOULEIER Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika Hoofstuk 3 Deel 11 E n so neem ons toe vir eers afskeid van die Verre-Ooste en ons reispendulum swaai al die pad oor na Suid-Amerika toe. So ver soos wat die Ooste verwyder is van die Weste, so ver het die roepstem van die reisgogga ons gelok. Ons kom vir oulaas in ons gunstelingkroeg die Roo (soos in kangaroe) in Hongkong se Tsim Sha Tsui-distrik in Kowloon bymekaar. Enige rede vir ons ekspatmaters vir 'n lekker opskop. Die gebruiklike vaarwelsegging sluit in die sing van Bye Bye, Miss American Pie wat luidkeels uit n dosyn of meer goed geoliede keelgate basuin word terwyl die Germaanse bruisdrankies vryelik vloei met die wete dat iemand anders mos verantwoordelik gaan wees vir die Wet van Transvaal. Gelukkig kon ons darem 'n week of so in Suid-Afrika vertoef en uitvars. Dit onberbreking het letterlik die afstand tussen ons begin en eindpunte in die helfte gesny. Die vlug vanaf Hongkong na Johannesburg was amper elf en 'n half uur. Die tyd van Suid-Afrika na Buenos Aires was die beste deel van twaalf uur. Verbeel jou mens moet al die pad en met een slag Santiago toe vlieg van Hongkong. As iemand jou ooit vra om dit te doen, sê maar beleef dankie, maar nee dankie. Al betaal hulle jou ook, dis dodelik op die sisteem, veral as jy nog die tye ook byreken wat jy moet oorstap en oorlê op lughawens. Ter voorbereiding op n nuwe projek en nuwe bestemming, koop ons altyd 'n Lonely Planet boekie van die betrokke land aan. In die geval van Chili het ons verneem die klomp daar praat net Spaans en amper geen Engels nie. Ons skaf toe maar elkeen 'n bandopnemertjie en kasette met Spaanse lesse aan en begin verwoed leer aan ons buenos dias, como esta en mucho gusto. Ons land laat die middag in Buenos Aires en spandeer sowat vyf uur op die lughawe terwyl ons wag vir ons konneksie na Santiago. Amper mis ons daardie vlug want glo my, dis nie net die Chilene wat nie Engels kan praat nie, die meeste Argentyne kan ook nie. Wat gewoonlik 'n eenvoudige oefening behoort te wees van om bloot uit te vind hoe laat en watter hek jou volgende vlug is, word dit skielik 'n taaltammeletjie en n nagmerrie en as mens nie kophou soos 'n dors donkie in die Kalahari nie, bly sit jy net daar in niemandsland. In daardie dae het jy nog saam met jou bagasie afgeklim en oorgestap. Dit maak oorstap tien keer moeliker. Met vingers wat verwoed wys na sleutelfrases in. ons Spaanse woordeboekie en met bietjie rowwe Afrikaans en vele handgebare ingemeng, beland ons tog betyds en saam met ons bagasie op die Lan-Chile vlug waarop ons bespreek was. Hoewel ons baie moeg was, bly ons wakker vir ons eerste sig van die Andesgebergtes vanuit die lug. Dit was 'n wolklose nag en dit voel of jy amper aan die sneeubedekte pieke kan raak. So ver as wat die oog kan sien, is die skakering van wit sneeu en swart ruwe, skurwe gebergtes duidelik sigbaar in die volmaan. Mens kon selfs die inkswartpaadjies teen die berghange sien uitkronkel waar die mens die reuseberge probeer uitkom en oorwin. Tweeuur die oggend land ons buite Santiago. Anders as wanneer mens van Wes na Oos vlieg, tref vlugvoosheid mens tien keer erger wanneer jy van Oos na Wes vlieg. Iemand van die werk wat effe Engels magtig is, kry ons gelukkig en neem ons hotel toe. Suid-Amerika, die twee slaapwandelaars is hier! Hennie Greeff UITGEWER Onrusrivier pos@onsdorp.com

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 2 Om die kampvuur Ons heel eerste motor Die eerste "horseless carriage" of motor het in 1896 in SA aangekom - 'n Benz Velo. Die "wonderwerk" is so geadverteer: "The ox wagon will be propelled by this machinery in time, and then farewell to Rinderpest... horse sickness, expensive forage, broken harness, lazy grooms and runaway horses!" Kostelik, nè? Maar dis nie al nie: "It can stand in the street unattended and the bumptious ZARP (polisie) dare not interfere..." Dis mos beter in Afrikaans! Volgens oorlewering het Toon van den Heever vir 'n Engelse juris wat getwyfel het aan die vermoë van Afrikaans om die gravitas van die wet te hanteer, gesê enigiets wat in Engels aangebied word, ook in Afrikaans gesê of geskryf kan word. Die Engelsman het toe genoem dat hy twyfel of iets soos die volgende in Afrikaans vertaal kan word: There was a young lady from Cod who thought the child came from God but it wasn't the Almighty who lifted her nighty but Roger, the lodger, the sod! Toon het die volgende daarvan gemaak: Daar was 'n nooi genaamd Nel wat dag die kind kom van Opperbevel maar dit was nie die Almag wat haar laat verwag maar Van Tonder, die donder, die hel! Vir almal wat so graag beweer "Engels sê dit beter" en "'n Mens kan dit nie so goed in Afrikaans sê nie": Pfffff! VARSGEBEK in Afrikaans "Hey, moenie jou kuite vir my kom styf trek nie, mannetjie! waarsku Lila Botha. Krista Mare, daar uit die verre Namakwaland, sal sê Lila kook nie sag nie, wat beteken sy is moeilik, 'n regte ou korrelkop. Krista en Lila wen elk 'n splinternuwe Samsung-tablet ter waarde van R4 500 vir hulle inskrywings vir die Varsgebekkompetisie. Dis die nuwe inisiatief waar o.m. die Taalkommissie ons idiome en ander sêgoed wat nog nie in woorde-boeke opgeteken is nie, insamel. Dié twee is maar net twee van die meer as 700 inskrywings wat ons reeds ontvang het. Hier is nog 'n paar goues: Ses voet lank en elke duim 'n koningin : Gesê van 'n bogemiddelde lang vrou met 'n mooi liggaamshouding. Hy s só toe, 'n mens kan hom nie eens met 'n gebed open nie : Hy is nie baie vlug van begrip nie. Om plotsop te bou : wanneer almal in dieselfde badwater moet bad tydens beurtwater. Sannie is jou tannie : Afrikaans vir Bob s your uncle. Die oudste selfoon vang ook sein : Nuwerwetse idioom vir agteros kom ook in die kraal. Te klein vir 'n tafeldoek en te groot vir n servet : Gesê van jong seuns of meisies wat te oud is om met die kleintjies maats te wees en te jonk is vir die volwassenes se geselskap. Man-in-'n-pan : Ontbytgereg bestaande uit wors en eiers. Die Varsgebekkompetisie loop tot einde November. Daar is elke maand twee wenners, en aan die einde van die jaar loop die algehele wenners met nog groter pryse weg. Haas jou na http://varsgebek.org en wys ons hoe jy gebek is! "Die kat slaap reeds lank op die stoof." By 'n Khoisanvrou gehoor. (Daar is lankal nie meer kos in die huis nie.)

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 3 Duskantlander in Anderkantland Maak die glas net weer vol! Daniël Bezuidenhout, 'n vrou van Namibië, skryf uit Ghana. A lmal is dit eens dat die Dik Boek baie wyshede openbaar. Of jy nou daarin glo of nie, twee goete is voor die hand liggend. Eerstens is verandering n konstante gebeurtenis en die tweede feit is dat mense heeltyd n tweede kans kry. So bekyk ek die mede-expats hier in Akkra daar is dié wat reken hulle dien hulle tyd hier uit soos n straf, en ander wat reken dis n nuwe begin met n legio geleenthede. Hierdie jaar het ek besluit om my nuwejaarsvoornemens neer te skryf en opgeplak waar ek dit kan raaklees op die yskas. My stiefpa is een van daai stil wyse manne by wie ek so blaaitjie of twee geleen het. Hy staan daagliks vroeg op en gaan stap met die brakkie op die strand. Nou reken ek met my vroeg opstanery het ek ten minste sewe ure langer leeftyd per week ingekry as voorheen. In die jaar se 237 ekstra wakker ure het ek reeds amper tien dae ekstra geleef. Die stil uurtjie of twee wat ek nou vroeër opstaan kom sit ek op die stoep en doen stiefpa se ander ding. Stiefpa lees elke dag sy twee koerante deur, en met potlood in die hand draf hy woerts-warts deur die blokkiesraaisels. Nou kliek ek so deur die dag se hoofopskrifte met my skootrekenaar en lees so hier en daar iets wat my oog tref. Stiefpa stel belang in die wêreld se gebeure om hom, hy lees wyd, en so leer hy sommer terloops van nuwe goete. Groot opgeskrywe op my lysie is minder TV-tyd. Ek verstom my aan mense wat ure lank rondlê en TV kyk. Natuurlik is die Olimpiese spele fenomenaal, en ek geniet my gunstelingsepies en vir spesifieke sportuitsendings maak ek tyd. Om ure lank te sit en wissel tussen kanale is tydrowend en vervelig. Almal sit met glaserige oë en staar na niks, niemand gesels met iemand nie en niemand het n opinie oor niks nie. Grootmense wat naweke deurbring op matrasse en TV-speletjies of realistiese rekenaarspeletjies speel klassifiseer ek in n absurd-klas van sy eie. Teen vieruur stap my stiefpa na die klub vir n biertjie en daar vind van die ander jongmanne sy kalmte effe intimiderend. Dié wat wel geselsies aanknoop, besef hy ken sy rugbyspanne, praat saam oor golf, bespreek Amerika se politieke verandering en die geldmarkte se opwaartse swaai met gesag. Op 74 is my stiefpa, oud afgetrede soldaat, fikser as die deurslag 25-jarige mannetjie. Met sy twee vervangde knieë speel hy ten minste vyf rondtes golf per week. Ek is seker hy gaan ons almal nog oorleef. Hoog op ons lys voornemens is om fikser te word. Vyf dae van die week maak ons tyd daarvoor. Manlief is hierdie jaar topfiks want hy spandeer baie tyd op sy roeimasjien en ek probeer bybly op die hardloopmasjien. My stiefpa is vriendelik en groet almal bedagsaam, maar sy vriende kan hy op een hand tel. Hy verdra nie n geskinder nie mompel sommer so in die middel van die geselsie iets van sy dowe oor wat nie goed hoor nie, en stap weg. Vroeg in die jaar was een van my voornemens om negatiewe mense te vermy soos beesmis in n voetpad. Hierdie jaar gee ek myself n tweede kans om elke dag iets nuuts te leer, my dae in Akkra te geniet en my met oulike mense te omring. Die daadwerklike besluit om te verander waarvan ek nie hou nie, en te verander wat ek kan maak reeds n groot verskil. Gids, dis al reeds Augustusmaand, waar is die jaar heen? Daar is nog soveel wat ek wil gedoen kry, plekke om te sien, mense met wie ek wil saamkuier n Glas word gemaak sodat ons dit heeltyd kan hervul, en dan is daar dié wat stry of die glas halfvol of halfleeg is. Skink net weer die ding vol! sê ek!

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 4 Giggels As jy 'n giggel wil deel, vonk dit aan pos@onsdorp.com OOR EN UIT Die wêreld word glo deur die ILLUMINATI regeer Ongelukkig vir ons word die RSA deur die ILLITERATI regeer HEILIGE WATER Die onskuldige ou tante dra 'n groot bottel toe sy deur die Ierse doeane gaan. "Wat het jy daar?" vra die doeanebeampte suspisieus. "Dis water van Lourdes wat ek huis toe bring." Hy proe aan die bottel en proes. "Dis g'n Lourdes-water nie! Dis eersteklas Franse brandewyn!" "Wil jy glo!" sê die ou tante. "Nog 'n wonderwerk!" FILEMON SE BAKKIE Filemon ry 'n 1200 Datsun-bakkie. Voor by hom sit ses ander mense. Agterop sit net een klein mannetjie. Die spietkop stop hom en sê: "Ek verstaan nou nie mooi nie. Daar sit ses mense saam met jou voor in die bakkie en net een agterop?" Filemon kyk hom ongelowig aan en sê: "Hau, Morena. Jy kan mos sien daar is nie plek vir daai mannetjie hier voor nie!" DOKTER SE RAAD "Sal ek my liefdeslewe kan hervat?" vra die pasiënt ná sy operasie. Dokter: "Sodra jy fiks genoeg is om twee stelle trappe te klim, kan jy doen wat jy wil." Pasiënt: "Wat daarvan as ek vir my 'n meisie op die grondvloer kry?" GOEIE REDE Die kantoorbestuurder het altyd sy weeklikse personeelvergaderings op 'n Vrydag om 16:30 gehou. Toe 'n personeellid vra hoekom hy nie 'n meer gerieflike tyd kies nie, het hy sy skouers opgehaal en gesê: "Ek weet nie wat die ding met Vrydae 16:30 is nie, maar dis die enigste tyd in die week wanneer niemand met my wil stry nie." LELIKE EEN V: Wat noem 'n mens 'n vrou met losse sedes? A: 'n Winkeltrollie almal stoot haar, maar niemand neem haar huis toe. Die lekkerste dinge in die lewe maak jou dik, dronk of swanger FOONOPROEPE "Hallo. Dis die Aartappelraad. Met watter moer wil jy praat?" "Hallo. Dis die Sagtevrugteraad. Het jy vanoggend jou guava gewas?" Dis so koud! Toe ek my klerekas oopmaak, het my trui 'n baadjie aan. DIE TOWENAAR VAN ID deur Parker en Hart ` ` Was asseblief vir my die skottelgoed WAT?! Ek is die meester van drake Die skepper van towerkuns Die groot slaper op rusbanke Goed, Skat

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 5 Uit die Wakis Stories vir die vaak Wanneer perde horings kry Die minister van landbou besoek 'n plaas en maak of sy baie belang stel in die boerdery. "Why does that cow have no horns?" vra sy. "Daar is verskeie redes waarom beeste nie horings het nie," antwoord die boer geduldig. "Horings kan ander beeste beseer, daarom onthoring boere beeste chemies of met 'n onthoringsbout wat met hitte werk, of met 'n horingknipperof saag. Sommige rasse word ook totaal sonder horings gebore. Maar hierdie besondere bees het nie horings nie omdat dit 'n perd is." YSLIKE MISVERSTAND n Jong man kom een aand tuis en sy vrou omhels hom en sê: Liefie, ek het goeie nuus. Ek is n maand laat. Ek dink ons gaan n baba kry! Die dokter het my vandag getoets, maar totdat ons sekerheid kry, mag ons vir niemand sê nie. Die volgende dag lui n man van die elektrisieteitsmaatskappy die deurklokkie omdat die paartjie nog nie hul rekening vereffen het nie: Is u mev. Smit? U is n maand laat, weet u? Hoe weet u dit? stotter die vroutjie. Wel mevrou, dis in ons lêer. sê die man van die elektrisiteitsmaatskappy. In julle lêer? Ja, mevrou! Wel, ek sal eers vanaand met my man praat. Die aand vertel sy vir haar man van die besoek. Mal van woede storm hy vroeg die volgende oggend na die kantoor van die elektrisiteitsmaatskappy. Wat gaan hier aan?! Dis in jul lêer dat my vrou n maand laat is! Hoe weet julle dit? skreeu hy. Bly net kalm. sê die klerk, dis niks ernstigs nie. Al wat jy moet doen is om ons te betaal. Betaal? En as ek weier? Wel, meneer, dan is afsny die enigste opsie. En wat van my vrou? Ek weet nie. Sy sal seker maar n kers moet gebruik. Eendag op 'n vliegtuig Ek is op my vlug bedien deur 'n vlugkelner wat baie duidelik gay was en almal in 'n goeie bui wou kry terwyl hy kos en drankies bedien. Toe die vliegtuig vir die landing begin gereed maak, het hy in die gangetjie afgewals en aangekondig: "Kaptein Marvey het gevra ek moet vir julle mensies sê dat hy hierdie groot en skrikaanjaende masjien gaan land. So, julle lieflike mense, slaan asseblief jul skinkbordjies terug en jul sitplekkies in die regop posisie." Op pad terug merk hy op dat 'n goedgeklede vrou wat Arabies gelyk het nie geluister het nie. "Miskien het jy my nie oor daai brutale enjins gehoor nie, maar ek het gevra jy moet jou bordjie-bordjie opslaan sodat die man ons op die grond kan neersit." Sy het kalmpies geantwoord: "In my land is ek 'n prinses en ek vat van niemand bevele nie." Die vlugkelner was vinnig by met sy reaksie: "Wel, liefie, in my land is ek 'n queen, so ek het 'n hoër rang as jy. Slaan jou skinkbord op, jou teef!" Om jou vingers op iemand se lippe te sit en "Sjjjt! Nie 'n woord meer nie" te sê is dalk baie romanties, maar spietkops hou glad nie daarvan nie. Dokter vra aan Sannie: "En hoe gaan dit nou met die pyn in jou nek?" Sannie: "Hy kuier op die oomblik by sy ma."

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 6 MAKERIEPAS! Stories uit die Grensoorlog Veertig ton vol prostitute Deur Corinus du Toit "Aanvanklik is die geluid nogal verwarrend, want dit klink kompleet nes 'n skare by 'n rugbyveld, maar net op 'n ietwat hoër toonhoogte." Januarie 1976 begin die groot uittog uit Angola. Waar ek by Veggroep Orange as 'n artillerie Voorste Observasie Offisier (VOO) diens doen, is dit heel prettig. Soos wat UNITA terugtrek, stel hulle padversperrings op. Gewoonlik is dit twee 44 gelling konkas in die middel van die pad met 'n wag en 'n horde "soldate" rondom almal geklee in 'n verskeidenheid kledingstukke, waarvan sommige selfs vaagweg met 'n bietjie verbeelding sou kon deurgaan as uniform. Sodra die RSA-troepe verby is, word die padversperring opgebreek en met 'n verskeidenheid voertuie - van BMW's tot die regte Portugese groentelorries - by ons verbygejaag sodat daar asseblief net nie niks tussen hulle en wie ookal in aantog is, moet wees nie. Die terugtog duur tot by die laaste padblokkade verby, en so hasie-oor hulle met 'n paar kilometer tussen padblokkades soms tot vyf binne 'n paar kilometer van mekaar. So besluit een voortvarende padversperringbevelvoerder om 'n troep kanonne te daag. Vir die doel laat hy 'n arme UNITA troep bo-op elke konka stelling inneem en toe die konvooi aankom, waai hulle vervaard. Van stilhou is daar natuurlik nie sprake nie. Die troepbevelvoerder se Landrover pas mooi tussen die twee konkas deur. So ook die eerste Magirus-kanontrekker, maar net-net. 'n 140 mm kanon se wiele is egter bietjie breër as sy sleepvoertuig. Teen 80 km per uur neem die kanon beide konkas onder die wagte uit. Die arme drommels maak so 'n lui bolmakiesie en tref die grond dat die stof so staan. Ek weet nie of daar radioverbindings tussen die padversperrings was nie, maar toe ons die volgende een nader, is hulle naarstiglik besig om die konkas verder uitmekaar te skuif. 'n Klomp pantserkarre dek die agterhoede, want geen terugtrekkende mag laat sy agterstewe oop vir iemand om hom daar te byt nie. So sit ek as VOO saam met die pantserkarre goed 40 km agter die terugtrekkende troepe. Die voertuie is mooi tussen die bosse ingetrek en gekamoefleer. Dis so stil dat jou ore behoorlik suis. Dan, in die verte, raak iets hoorbaar. Aanvanklik is die geluid nogal verwarrend, want dit klink kompleet nes 'n skare by 'n rugbyveld, maar net op 'n ietwat hoër toonhoogte. Ná goed 'n kwartier kom 'n reuse wipbakvragmotor in sig 'n veertigtonner en dis gepak met vrouens wat lawaai en baklei en tekere gaan sodat die gedreun van die enjin totaal daardeur verswelg word. Hulle staan so styf ingepak dat 'n sardyntjie in sy blikkie skoon verdwaal sal voel in al die spasie wat hy beskikbaar het. Amper verby die pantserkarre, toe sien die drywer ons raak, hou net daar stil en kom oorgestap. In Fanagalo, met hier en daar 'n Portugese woord ingegooi, wil hy terstonds besigheid gesels. Uit die gebare en op- en aanmerkings van die volgepakte vragmotor af is dit duidelik dat die vrouens sy poging met belangstelling volg. Spoedig raak dit duidelik. Die vragmotor se inhoud is die gewese inwoners van die vorige dorp se bordeel wat as deel van UNITA se logistieke stert na veiliger hawens afgevoer word en hulle lyk heel gretig om net daar vir die Boertjies van diens te wees. Veertig ton jillende gillende bakleiende prostitute bymekaar was genoeg om my my lewe lank daarna op die smal en reguit paadjie te hou!

Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 7 Stamboom ONSDORP se afdeling vir familiesoekers Mocke riaanlegrange5127@gmail.com Marthinus johannes van tonder gebore1977/09/17 aan geneem 1978 pietermarizburg ma was mocke weet nie wat ma se naam is nie ons bid elke dag sodat ons haar kan opspoor kontaknr. 074 104 2398 VENTER sjventergrace1@gmail.com My naam is Susan Steyn (VENTER). ek is opsoek na enige inligting van my Venter familie van NYLSTROOM. My pa was Johannes Petrus Venter gebore 28.06.1917. Sy pa was Daniel Stephanus Rossouw VENTER en sy pa was Johannes Petrus Venter gebore om en by 1873. Hul het van Vryburg verhuis na Loubad en toe na Nylstroom. Oupagrootjie het die damwal van Donkerpoortdam by Nylstroom gebou en ook die treinspoor/ treinbrug tussen Nylstroom en Naboomspruit. Hy was blykbaar twee keer getroud. Ander vanne wat ook die maand ingestuur en reeds gelys is op ons STAMBOOM webwerf is: Swart Jansen, Jacobs, Liebenberg, Voges, Swartz, Van der Westhuizen, Hoffman, Van Zyl, Hendrikz, Palmer, Forster en Greeff. Kliek op www.onsdorp.com/stamboom om self te gaan kyk of jou van daar is. MANS Hoekom is daar vroue wat nie trou nie? Hulle dink nie dis werd om die hele vark te koop net om 'n worsie te kry nie. Mans is soos: 1. Purgeermiddels - hulle irriteer die dinges uit jou. 2. Piesangs - hoe ouer, hoe minder ferm is hulle. 3. Die weer - jy kan dit nie verander nie. 4. Versappers - jy het een nodig, maar jy weet nie hoekom nie. 5. Sjokolade - soet en glad, en hulle haas hulle gewoonlik reguit na jou heupe toe. 6. Advertensies - jy kan geen woord glo wat hulle sê nie. 7. Maskara - hulle loop gewoonlik met die eerste tekens van emosie. 8. Springmielies - hulle bevredig jou, maar nie vir lank nie. 9. Parkeerplekke - al die bestes is nie beskikbaar nie. Baie kosbaar TWEE mans sit stil en bier drink terwyl hulle vis vang. "Jy weet," sê die een, "my vrou praat nou al twee maande lank nie met my nie. Ek begin daaraan dink om van haar te skei." Sy maat het nog 'n paar slukke van sy bier geneem en so effens versit terwyl hy die gedagte in sy kop rondrol. "Man," sê hy, "ek weet darem nie. Miskien moet jy weer hieroor dink - so 'n vrou skop 'n mens nie agter elke bos uit nie." Kort gesegdes 'n Optimis dink hierdie wêreld is die beste plek denkbaar. 'n Pessimis vrees dit is waar. Die dood en belasting sal altyd met ons wees. Die verskil is die dood raak nie elke jaar erger nie. 'n Dag sonder sonskyn is soos die nag. Dis frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken, maar niemand doen die moeite om die vrae te vra nie. Die kuns van gesels is nie net om die regte ding op die regte tyd te sê nie, maar ook om die verkeerde dinge op die regte oomblik te verswyg. Breinselle kom en gaan, maar vetselle leef vir ewig. Die ouderdom bring nie altyd wysheid nie - soms kom hy alleen. Ons wou 'n grappie oor boomstompe plaas, maar dit is al afgesaag.

1 Kammanuus 15 AUGUSTUS 2016 Bladsy 8 AGTEROS Net voor uitspantyd Die Koop jou Blinde eie Sambok gat Lyk my jy gaan sien jou gat, neem dan jou gat aan deur hom te koop, en met daai geld maak hulle dan jou gat vir jou reg. Deur BLOUWILLEM D ie mooi storie van die afgelope week kom daar van Kroonstad en Bothaville in die Vrystaat se wêreld waar daar so voor die verkiesing skielik paaie geverf word. En dan ook nie net die pad self nie, maar sommer n spierwitte streep dwarsdeur die slaggate. Dit het vir my nuwe betekenis gegee aan n pamfletjie getiteld Slaggate van verfwerk wat ek eenkeer as n toegiffie bygekry het toe ek gaan verf koop het. Miskien moet ons tog maar die voorbeeld volg van Flensburg in Duitsland wat ontslae raak van hul slaggate deur hulle te verkoop. Wat n rein gedagte! Lyk my jy gaan sien jou gat, neem dan jou gat aan deur hom te koop, en met daai geld maak hulle dan jou gat vir jou reg. En dan sit jy n koperplaatjie op jou gat en dan kan jy hom soveel keer as wat jy wil gaan sien en selfs met hom gesels as jy die soort ou is wat graag met jou gat gesels. Oom Johnny reken dit is n briljante idee en hy is seker dit kan hier in ons ou landjie nog beter werk, want as iemand so n gat koop, word dit daai persoon se eiendom en as die gat aan iemand behoort, is die kans omtrent honderd persent dat iemand anders die regmatige eienaar se gat sal steel. Wat natuurlik ons slaggatprobleem feitlik oornag kan oplos! Antie Merkel se mense bly darem vir jou vrek skerp, nè! Ja nee man, dis glad nie so n vrot idee nie, reken Dik Daan. Dink net so daaraan: Dis een van die enigste goed waarin jy in ons land kan belê waaroor jy doodseker kan wees dat jou belegging oor n paar jaar tienvoudig gaan groei. En met watter apparaat gaan hulle jou gat se grootte en prys vir jou vasstel? Met n gatsometer, natuurlik! Dit lyk my dit is nou weer ons jaarlikse stakingtyd, waarin elke gatgrawer en slaggatverwer n minimum loon van R20 000 eis, of anders gooi hulle die gate weer toe of verf hulle mis. Aangesien ek later vandag daar by Olifantskamp in die Wille Krugertuin moet aanmeld (wat n spanningsvolle gedagte!), het ek met belangstelling kennis geneem van die restaurantwerkers se staking daar. Nou wonder ek of dit sowaar kan beteken dat ek dalk elke aand sal moet braai? Ek wat die reuk van n hardekool -of mopanievuur en die smaak van n dik biefstuk of vet skaaprib nie kan verdra nie. Ek wat eerder binne-in my rondawel n blikkie vis sal wil oopsny as om buite te sit en luister na simpel brullende leeus, keffende jakkalse of laggende hiënas. Of erger nog, sterre moet kyk pleks van Those Were the Days of Our Life op die restaurant se TV. En o wee, sal dit beteken ek moet soggens by n watergat met n fles koffie en groot, wit beskuite tevrede wees eerder as n ontbyt in n tiendollar-restaurant? Te aaklig vir woorde, maar ons sal seker maar vasbyt en deurdruk. KAMMANUUS EINDIG NIE HIER NIE! As jy 'n PENSIOENARIS of 'n INTEKENAAR is, kan jy op hierdie skakel klik www.onsdorp.com/ekstra.html vir KAMMANUUS EKSTRA