KOSHUISPLASINGSBELEID 1 VIR STELLENBOSCH- KAMPUS: HERSIENING VAN BELEID DEUR N TAAKSPAN MAART 2012

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Tariewe

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Tariewe

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Mosselbaai Munisipaliteit

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Rut: n Liefdes Verhaal

Fakulteit Opvoedkunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

INSKRYWINGSVORM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

BELEID OOR DELEGERING EN SKEDULE VAN MAGTIGINGSVLAKKE

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Posbus 282 Ou Stellenboschweg Somerset-Wes 7129 Tel: (021) E-pos: TOELATINGSBELEID

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

SIZA takes the sting out of auditing

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Beleid oor Botsing van Belange

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Beurse en Lenings. Finansiële ondersteuning vir voorgraadse en nagraadse studente JAARBOEK DEEL 2

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

Transcription:

KOSHUISPLASINGSBELEID 1 VIR STELLENBOSCH- KAMPUS: HERSIENING VAN BELEID DEUR N TAAKSPAN MAART 2012 Let wel: Hierdie verslag bevat meer as net die beleid wat deur die Taakspan hersien moes word. Die dokument is meer in verslagformaat, maar nadat die dokument deur die voorgeskrewe prosesse gegaan het, sal dit relatief maklik wees om die beleid en ander kernsake uit te haal vir plasing in die Jaarboek en ander dokumentasie wat die koshuisplasingsbeleid moet bevat. 1 Inleidende opmerkings: 1.1 Taakspanbesonderhede, tydperk en uitgangspunte wat hul werksaamhede gerig het: 1.1.1 Taakspanlede: Ludolph Botha (sameroeper), Reggie Barry, Lloyd Blake, André Müller, Elmarie de Vos, Werner de Wit, Mary Hendrikse, Pieter Kloppers, Nico Koopman, Daleen Kuipers, Gugu Moyo, Ilse Reuter en Marquard Timmey 1.1.2 Uitgangspunte wat werksaamhede van Taakspan gerig het: a) Die werksaamhede en aanbevelings van die Taakspan moet aansluiting vind by die Universiteit se Visie en Missie, die Rektor se Oorkoepelende Strategiese Plan (OSP), asook die Institusionele Plan en doelwitte vir 2012 tot 2016 veral ook mbt die mikpunte wat vir diversiteitsbevordering gestel is. b) Die Taakspan fokus op die bevordering van die Kluster- /ResEd-inisiatief en beskou studentehuisvesting as n integrale deel van die opvoeding wat studente ontvang. Verblyf in universiteitshuisvesting is dus veel meer as net n plek om te bly en te gebruik om te studeer. Dit is ook n plek waar studente ko-kurrikulêr gevorm word in hul denke en waar hul, in pas met die profiel van die afgestudeerde US-student, ook afgerond word vir die beroepswêreld. c) n Sistemies-holistiese benadering tot studente-ontwikkeling moet deurlopend nagestreef word en die optimering van álle studente se potensiaal is die einddoel. 1 Wanneer daar na koshuis(e) in hierdie beleid verwys word, sluit dit by implikasie en in die meeste gevalle alle universiteitsverblyf soos universiteitswoonstelle en -huise in. 1

d) Eweneens moet n sistemies-holistiese benadering tot die ontwikkeling van die Universiteit se verskillende funksies deurlopend nagestreef word. e) Beste praktyke (best practices) nasionaal en internasionaal moet voorgehou en benut word. f) n Navorsingsbenadering moet so ver moontlik die werksaamhede en aanbevelings ten grondslag lê, asook ons eie ervaring, statistiek en gegewens. g) Daar moet daarna gestreef word om bestaande goeie praktyke voort te sit en selfs waar moontlik daarop te verbeter. h) Die stelsel moet maklik verstaanbaar wees vir diegene wat aansoek doen. i) Die stelsel moet sover moontlike regverdig, betroubaar en prakties uitvoerbaar wees ook vir die amptenare. j) Die koshuisplasingsbeleid moet sodanig wees dat dit nie die vakkeuses van leerders op skool negatief beïnvloed nie. Maw, dit moet nie die kies van sogenaamde makliker vakke in die hand werk om sodoende beter punte te verwerf wat weer hul kanse op plasing in n koshuis verbeter nie. k) Die Universiteit het nie n monopolie op huisvesting vir studente nie. l) Ons werk in n omgewing waar ons onseker is oor die effek wat verandering sal hê. m) Waardes van die taakspan: ons moet mekaar kan vertrou (vertroulikheid handhaaf), kreatiwiteit, waagmoedigheid, spanwerk (mekaar se hande vat), omgee/deernis en verdraagsaamheid. n) Hierdie uitdagings vra nie simplistiese oplossings nie. Ons moet met die spanning van kompleksiteit kan werk. 1.1.3 Tydperk: Die Taakspan se werksaamhede het op 27 Julie 2011 begin en daar is in die vooruitsig gestel dat die werksaamhede in Maart 2012 afgehandel sal wees. 1.2 In die loop van die werksaamhede van die Taakspan is besef dat dit onvolledig sou wees om slegs n aangepaste koshuisplasingsbeleid as eindproduk aan die bestuur van die Universiteit voor te lê. Dit het gou geblyk dat daar n metadoel is wat in berekening gebring moet word, naamlik die optimering van die leef- 2

en leerwêreld van die student (inbegrepe koshuisplasing en alles wat daarmee saamgaan), en dat daardie leefwêreld belyn moet wees met die Universiteit se oorkoepelende visie, missie en strategiese doelwitte. Maw, die totale leefwêreld van die student dra by tot uiteindelike sukses en nie net die streng formele akademiese sy daarvan nie. Met dit as agtergrond word die hersiening van die koshuisplasingsbeleid dus in die volgende raamwerk gegiet: a) n Strategie vir die optimering van die leefwêreld van die student buite die formele kurrikulum ter bevordering van studentesukses b) Beleid vir koshuisplasing, plasing in Luister-, Leer- en Leefhuise (LLL-huise) en indeling in PSO-wyke met inagneming van die samestelling van klusters c) Prosedures, riglyne en aksies om op so n wyse uitvoering aan bg te gee dat dit die Universiteit, personeel en studente op die beste moontlike wyse tot voordeel sal strek 2 n Strategie vir die optimering van die leefwêreld van die student: 2.1 In die literatuur oor die optimering van studentesukses (inbegrepe studenteontwikkeling) (kyk Kuh, Kinzie, Schuh, Whitt and Associates, 2010) is dit duidelik dat die student se totale belewing van die universiteitservaring bydra, of n uitwerking het, op uiteindelike sukses, al dan nie. Nietemin word die buite-klas-ervaring soms verkeerdelik as nie werklik deel van die akademiese vorming en ontwikkeling van studente beskou nie en word daardie aspekte aan informele en dikwels ongestruktureerde invloede (en self toeval) oorgelaat. Goeie universiteite (Kuh, et al. 2010) besef egter die belang van die ko-kurrikulum, of die buite-klas-ervaring, gee ook noukeurige aandag aan die strukturering van daardie kant van die studente se ontwikkeling en laat geen aspek daarvan aan die toeval oor nie. Uit hoofde daarvan het residensiële onderwys (residential education: ResEd) ontwikkel wat nie net aansluiting vind by die formele akademiese kurrikulum nie, maar in sekere opsigte dit ondersteun, aanvul en voortsit in die buite-klas-konteks aan die hand van, onder andere, mentor- en tutorprogramme, programme gerig op akademiese, studie- en lewensvaardighede, ens. 2.2 In samehang met punt 2.1 moet die optimering van die buite-klas-leefwêreld van die studente ook aansluiting vind by die Universiteit se visie, missie en strategiese doelwitte. In hierdie verband is die sogenaamde eienskappe/profiel van die afgestudeerde Stellenbosse student (graduate attributes) ook van besondere belang. Mbt visie, missie en waardes is hierdie strategie vir die optimering van die leefwêreld van die student direk belyn met die Universiteit se Strategiese Raamwerk vir die Eeuwisseling en daarná (2000). Verder word ook rekening gehou met Hoop as rigtinggewende motief, asook die Institusionele Plan vir 2012-2016 waar die vier fokusareas spesifiek 3

beklemtoon word, naamlik kundigheidsbasis, studentesukses, diversiteit en sistemiese volhoubaarheid. 2.3 n Strategie vir die optimering van die buite-klas-leefwêreld van die studente beteken dus in die praktyk dat daar n raamwerk geskep word waarbinne gepoog word om alles wat op die studente se optimale ontwikkeling en uiteindelike sukses impakteer só te belyn dat dit positief bydra tot die sukses en nie negatief daarop inwerk nie. Die strategie is dus in die breë: 2.3.1 Om uitnemendheid na te streef en op die voorpunt te bly, ook mbt die ko-kurrikulum, en om sodoende by te dra tot die lewering van afgestudeerdes wat gesog is op grond van hulle afgerondheid en hul kreatiewe, kritiese denke (Strategiese Raamwerk, 2000). Verder sou die volgende eienskappe van afgestudeerdes (graduate attributes) ook daarby aansluiting kon vind, om by studente n ondersoekende gees te ontwikkel, toe te rus om aktiewe lede van die samelewing te wees, voorbereid vir die beroepswêreld van hulle keuse te wees en n gebalanseerde uitkyk op die lewe te hê (konsepdokument: Strategie vir Onderrig en Leer: 2012 2016). Hierdie eienskappe onderstreep die feit dat dit nie net die kurrikulum is wat n sleutelrol speel nie, maar dat die ko-kurrikulum eweneens n uiters belangrike rol speel om uiteindelik uitmuntend voorbereide en afgeronde afgestudeerdes die wêreld in te stuur. 2.3.2 Verder moet baie goed gekyk word na die verskillende leefwêrelde waarin ál ons studente hul bevind, en dan moet gevra word hoe daardie leefwêrelde gestruktureer, aangepas en selfs hervorm kan word om optimaal by te dra tot die beste moontlike universiteitservaring vir ál ons studente sodat die ideale eienskappe van ons afgestudeerdes wel daardeur waar gemaak kan word. In hierdie verband is reeds ver gevorder met n klusterstrategie (asook n vorige Taakspan se werk wat gefokus het op die integrasie van die PSO-studente met die koshuisstudente). Die onderliggende rasionaal met hierdie strukturering is om die ongeveer 28 000 studente aan die Universiteit in kleiner, organisatories meer hanteerbare groepe te verdeel om gemeenskappe te vorm wat eers op sosiale vlak mekaar beter leer ken en ondersteun, en dan ook later oorgaan in die vorming van leergemeenskappe om mekaar ook mbt hul akademiese uitdagings te ondersteun. Dit het meegebring dat die koshuise en PSO-wyke in klusters ingedeel is waar bestuur, geriewe, organisasie, samewerking en inligtingdisseminasie in sewe kleiner eenhede (klusters) kan plaasvind. Die grootste enkele voordeel is die feit dat studente in kleiner groepe verdeel word wat dit makliker maak om mekaar te leer ken, akademiese hulp aan mekaar te verleen en mekaar op ander terreine ook beter te ondersteun. Verder word die LLL-huise ook 4

hiermee saam ingedink as n verdere ontwikkelingsmodel vir die buiteklas-ervaring. 2.3.3 Aangesien alles hierbo genoem sistemies met mekaar verband hou, is dit belangrik dat koshuisplasing, plasing in LLL-huise en indeling by PSO-wyke ook as n geïntegreerde proses beskou word waar die een nie sonder inagneming van die ander gewysig of aangepas kan word nie. Daarom dus die Taakspan se besluit om al drie hierdie fasette van die strukturering en bestuur van die buite-klas-konteks (twee plasingsbeleide en een indeling) in hul opdrag in te dink. 2.3.4 Dit veronderstel dat studente op so n wyse geplaas en ingedeel word dat dit optimaal sal bydra tot die vorming van gesonde en diverse gemeenskappe wat weer sal bydra tot optimale vorming en ontwikkeling in die buite-klas-konteks en uiteindelike sukses (akademies en andersins). In hierdie verband is die volgende uitgangspunte van groot belang: 3 Kriteria vir plasing in koshuise 2 : a) die optimale strukturering van die buite-klas-konteks in klusters (inbegrepe plasing in koshuise en LLL-huise, asook indeling in PSO-wyke) word as n strategiese aangeleentheid bestuur om n sistemies-holistiese benadering tot studente-ontwikkeling moontlik te maak en sodoende studentesukses te bevorder b) dit veronderstel die vorming van gesonde gemeenskappe (inbegrepe diverse groepe) wat weer lei tot die handhawing van n positiewe leerkultuur in die klusters c) dit bly n strewe om studente wie se kanse op suksesvolle studie betekenisvol deur koshuisinwoning verbeter kan word (veral studente kwesbaar vir akademiese mislukking soos nuwelingeerstejaars of VGP-studente), voorkeur te gee by die toekenning van koshuisplekke d) uitnemendheid en diversiteit (in al sy vorme) is belangrike faktore wat verreken word in die koshuis- en LLLhuisplasingsbeleid, asook PSO-indeling e) regverdigheid, konsekwentheid en praktiese uitvoerbaarheid is verdere waardes wat in die beleid as uitgangspunte verreken is 3.1 Inleidende opmerkings: 2 In die koshuisreëls word uitgespel wie verantwoordelik is vir die toewysing van kamers in n koshuis. 5

3.1.1 In die lig van bogenoemde strategie en uitgangspunte, en veral ook die strewe na die vorming van gesonde gemeenskappe, word uitnemendheid versterk deur diversiteit as rigtinggewend beskou wat deurentyd saam met al die ander kriteria verreken moet word (kyk punt 2.3.4 van die uitgangspunte wat die plasings- en indelingsbeleid onderlê). Die Universiteit beskou diversiteit as n baie belangrike faktor in die ontwikkeling van uitnemendheid by studente. Om die rede wil die Universiteit in sy studentegemeenskappe (wat koshuise insluit) omgewings skep wat ryk is aan diversiteit. Daar word sodoende dan ook erkenning gegee aan die feit dat studente in talle opsigte divers is (nie net wat ras betref nie) en daardie diversiteit moet ook in die samestelling van die studentegemeenskappe weerspieël word ook in die koshuise. Die diversiteitsprofiel waarna in ons koshuise gestreef word, is ook in pas met die rasdiversiteitsdoelwitte wat die Universiteit vir 2016 gestel het (die gestelde mikpunt is 34%, maar in die koshuiskonteks word na 40%) gestreef. Die volgende diversiteitsprofiel mbt die eerstejaars wat in koshuise geplaas word, word nagestreef (dit beteken nie dat elke mikpunt volledig bereik sal word nie, maar daar word daarna gestreef om so na moontlik daaraan te kom): Tabel 1: Meetbare 3 Eerstegenerasie 4 diversiteitskategorieë: Nasionaliteit, Ras, Huistaal en Diversiteitskategorie Vrouekoshuise Manskoshuise Gemengde koshuise Internasionale studente 10% 10% 10% Bruin 27% 27% 35% Swart 10% 10% 20% Wit 60% 60% 40% Indiër 3% 3% 5% Afrikaans (huistaal) 45% 45% 45% Engels (huistaal) 40% 40% 40% Ander (huistaal) 15% 15% 15% 1ste-generasie Maties 50% 50% 50% Nie-1ste-generasie Maties 65%-50% 65%-50% 65%-50% 3 Onmeetbare diversiteitskategorieë (soos bv geloofsoortuiging, seksuele oriëntasie, geografiese herkoms, ens) word nie as kriteria ingesluit nie. 4 Elke kategorie tel op tot 100%, maar nie elke kolom nie. 6

3.1.2 Vervolgens is n belangrike onderliggende beginsel (ook vervat in punt 2.3 (d) by die uitgangspunte) dat daar ook daarna gestreef word om die kwesbaarste studente so ver moontlik in koshuise te plaas. Hier word in die eerste instansie aan nuweling-eerstejaars gedink, maar ook bv Verlengde Graadprogram- (VGP-) studente. Gestremde studente wat deur fakulteite in oorleg met die Kantoor vir Studente met Spesiale Leerbehoeftes (gestremdhede) (KSSL) toegelaat word op grond van akademiese meriete en waar koshuisinwoning noodsaaklik is en deur die KSSL aanbeveel word, kan aanvaar dat sodanige studente wel n plek sal ontvang op voorwaarde dat die aansoek betyds ingedien is en die gestremdheid verklaar word. In die konteks van kwesbaarheid impliseer dit verder dat senior studente (selfs al is hulle nog voorgraads) makliker die mas in n PSO-wyk sal opkom as n nuweling en daarom moet daar n meganisme geskep word om op n natuurlike wyse die senior studente te laat aanbeweeg uit die koshuise uit om sodoende weer ruimte vir die nuwelinge te skep. 3.2 Voorgestelde hersiene prosedure en spesifieke kriteria mbt die plasing in koshuise: 3.2.1 Plaas 60% van die beskikbare plekke volgens die rangorde van akademiese uitnemendheid van die aansoekers. Met hierdie plasings sal daar ook natuurlikerwys n verspreiding van die onderskeie diversiteitskategorieë wees alhoewel sekere kategorieë onderverteenwoordig kan wees. 3.2.2 Spesiale plasings (hulle word ingereken by die 60% vir akademiese uitnemendheid en 40% volgens die diversiteitskategorieë en moet ook aan hierdie twee belangrike rigtinggewende kriteria voldoen): Dus word in hierdie groepering steeds na n goeie verspreiding van die diversiteitskategorieë gestreef en word die aansoekers steeds volgens die rangorde van akademiese uitnemendheid geplaas. Verder word 60% gemiddeld in graad 12 as afsnypunt geneem (maw, aansoekers met minder as 60% in graad 12, sal slegs in uitsonderlike gevalle en met goeie motiverings soos dat dit n VGP-aansoeker is in n koshuis geplaas word). Die volgende groeperinge en maksimum getal studente word voorgestel: a) Bloemhoftrust-plasings soos ooreengekom met die Universiteit (40 vroue en 5 mans; totaal: 45). Die Bloemhoftrust moet die name van voornemende studente wat hulle in koshuise wil plaas op die laatste teen 1 September by die koshuisplasingsbeamptes indien en die Trust kan nie self koshuiskeuses 7

uitoefen nie. Daar word versoek dat die Bloemhoftrust met hul 45 plekke daarna streef om 40% van daardie plekke aan BSIstudente toe te ken. b) Verlengde Graadprogramplasings (VGP-plasings) hoofsaaklik vir BSI-studente. (60 vroue en 40 mans; totaal: 100). Aangesien hierdie studente dikwels op n laat stadium (so laat as aan die begin van die nuwe akademiese jaar) eers as VGP-studente aanvaar en dan geregistreer word, is dit 100 plekke wat tot op daardie laat stadium gereserveer moet word. Koshuise moet egter so gou moontlik in kennis gestel word wie hul VGPstudente is om hulle optimaal te kan inskakel en sodat die beste mentors aan hulle toegewys kan word. (Trouens, daar moet oorweging daaraan geskenk word om die mentors van VGPstudente addisionele en andersoortige opleiding te gee sodat hulle hierdie kwesbare groep studente optimaal saam met ander steundienste-omgewings kan ondersteun). c) Donateursplasings, maar slegs persone wat R500 000 en meer in n periode van drie jaar aan die Universiteit geskenk het, kom in aanmerking vir n koshuisplek (20 vroue en 20 mans; totaal: 40). Dit hoef nie die kind van die donateur te wees nie, want somtyds wil so n donateur juis n behoeftige kind in daardie plek plaas. Plasing in n spesifieke koshuis kan nie gewaarborg word nie, maar daar sal tog so ver moontlik gepoog word om die student in die koshuis van keuse te plaas. n Donateur is slegs geregtig om n student te nomineer indien die skenkingsdrempel in die drie jaar wat die nominasie voorafgaan, bereik is. d) Sport (35 vroue en 35 mans; totaal: 70). Behalwe uitnemendheid in sport en akademie, moet Maties Sport ook die teiken van 40% BSI-kandidate nastreef. e) Finaliste in Matrikulant van die Jaar Kompetisie (10 vroue en 10 mans; totaal: 20). Indien die finaliste op grond van een van die ander kategorieë kwalifiseer, maak hul deel uit van die 10 mans of 10 vroue. f) Kinders van inwoners van die Stellenbosch-area (word volgens poskodes bepaal) mag tot n maksimum van twee jaar in n universiteitskoshuis woon waar eerstejaars ingeneem word, (tensy die student na die twee-jaartydperk n leiersposisie in die koshuis vul, soos primarius(-ia), HK-lid of mentor). BSIkandidate wat in Stellenbosch woon, word by hierdie bepaling 8

uitgesluit. Twee uiteenlopende standpunte geld egter hier en daar is n poging om albei te akkommodeer: Aan die een kant is die universiteitsbelewing van koshuisstudente iets besonders in terme van veral die ko-kurrikulêre vorming (wat ook sake soos om weg van die ouers af selfstandigheid te ontwikkel, leierskapsontwikkeling, sport en sosialisering insluit). Aan die ander kant het hierdie studente in die meeste gevalle reeds blyplek op Stellenbosch en hulle verskraal aansoekers van ver se kanse op koshuisinwoning en daarom word hierdie studente uit die Stellenbosch-area vir minstens twee jaar toegelaat om in n koshuis soos bo beskryf te woon. (getalle wissel, maar dit is jaarliks nie n groot groep nie). 3.2.3 Plaas die volgende 40% van die beskikbare plekke volgens die onderskeie kategorieë van diversiteit en volgens die rangorde van akademiese uitnemendheid van die aansoekers, met inagneming van werwingsbeurskandidate. Die vier kategorieë wat spesifiek van toepassing is, is (a) ras; (b) nasionaal of internasionaal; (c) taal; en (d) eerstegenerasie Matie of nie. Met plasings volgens hierdie vier diversiteitskategorieë en akademiese uitnemendheid, word die hele tyd gestreef na n goeie verspreiding van diversiteit in elke koshuis en oor die koshuise as geheel. In hierdie kategorie van plasing moet daar noue samewerking tussen Koshuisplasing in die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), die Kantoor vir Beurse en Lenings en die Sentrum vir Voornemende Studente wees aangesien van die Beurse (veral Fakulteitsbeurse) vir BSI-studente met plek in n koshuis gepaardgaan. 3.2.4 Oorkoepelend gesien word daarna gestreef om in elke koshuis ongeveer 40% van die getal plekke deur eerstejaarstudente te vul en nie meer as 10% van die plekke nie deur vierdejaars of verder (inbegrepe die studenteleiers wat vierdejaar of verder is). In uitsonderlike gevalle kan Inwonende Hoofde met die Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG) onderhandel om addisionele plekke vir vierdejaars en verder te beding wat nie deel van die leierskapskomponent is nie. Slegs die Inwonende Hoof kan die onderhandelinge namens die koshuis doen en die belangrikste kriterium is dat die betrokke persoon uitsonderlike waarde in die koshuis toevoeg (bv n vierdejaarstudent wat groot waarde toevoeg mbt kultuuraangeleenthede in die koshuis) en dat daar genoegsame plek vir eerstejaarstudente in die koshuis beskikbaar is. 3.2.5 Mbt senior studente en senior koshuise geld dieselfde beleidsbepalings dat n student n maksimum van drie jaar in die koshuis mag inwoon 9

(vanaf eerste inwoningsgeleentheid), en slegs langer mag aanbly indien die persoon in n studenteleiersposisie in die koshuis is. 3.2.6 n Persoon wat ouer as 23 jaar is, mag nie in n voorgraadse koshuis geplaas word (inkom) nie en moet in n senior koshuis (kyk punt 5.2 vir name van senior koshuise) geplaas word. 3.2.7 Die maksimum ouderdom vir studente in senior koshuise is 28 jaar oud. Ouer studente (ouer as 28 jaar) kan in uitsonderlike gevalle in ander tipe huisvesting van die Universiteit gehuisves word (verkieslik slegs Lobelia en Bothmashoogte). Sodanige persone sou n eggenoot en selfs kinders kon hê, maar indien dit wel n gesin is, moet met die Nagraadse en Internasionale Kantoor, Kommersiële Dienste en SSG onderhandel word om seker te maak of die universiteitsakkomodasie aan alle nodige behoeftes voldoen. 3.2.8 Studente wat voltyds werk en n vaste jaarlikse inkomste verdien, mag nie in n universiteitskoshuis geplaas word nie. Hier moet ook seker gemaak word dat persone nie toegelaat word wat slegs een of twee vakke doen, en dan iewers voltyds werk nie (hulle beskou dan die universiteitshuisvesting as n goedkoop opsie). 3.2.9 Manlike en vroulike Weermagstudente wat op die Stellenboschkampus studeer, word in n geskikte universiteitshuis geakkommodeer aangesien daar sekere militêre praktyke is wat dit moeilik maak indien hierdie studente in n gewone universiteitskoshuis is. 3.2.10 Die kriteria vir die plasing van studente soos hierbo verduidelik, word gevolg totdat die plasingsproses aan die einde van Oktober van die voorafgaande jaar voltooi is (of n datum so na moontlik daaraan soos deur die SSG bepaal). Ná daardie datum kan voornemende studente wat in n koshuis geplaas wil word indien daar kansellasies is hul name op n waglys plaas. Plasing vanaf die waglys geskied op grond van akademiese meriete en met inagneming van die strewe dat teen 2015, 40% van die eerstejaarsplasings BSI-studente moet wees. Aangesien die proses daarna te gekompliseerd is om al die diversiteitskategorieë soos hierbo genoem in aanmerking te neem, geniet akademiese prestasie voorrang om te sorg dat al die koshuisplekke opgeneem word. 3.2.11 Indien aansoeke om toelating tot koshuisplekke afneem, kan die Universiteit enige van bogenoemde maatreëls na goeddunke aanpas. 10

3.3 Prosedures en prosesse: 3.3.1 n Aansoekvorm, verkrygbaar by Toelating en Losies, moet deur die student, of, in die geval van n minderjarige student, deur sy/haar ouers ingevul word. 3.3.2 Die finale sluitingsdatum vir aansoeke om inwoning in n universiteitskoshuis is 30 Junie van die jaar wat die losiesjaar voorafgaan. Laat aansoeke word egter volgens meriete oorweeg indien daar vakatures is. 3.3.3 Aansoek om toekenning van n plek in n universiteitskoshuis sal slegs oorweeg word nadat die Universiteit die aansoeker voorwaardelik tot n program toegelaat het. 3.3.4 Plasing van aansoekers in universiteitskoshuise word gedoen met inagneming van Maatreëls en spesifieke kriteria mbt die plasing in koshuise soos uiteengesit in punt 3 van die beleidsdokument. 3.3.5 Voorkeur word gegee aan studente wat volle graad- of diplomaprogramme volg. Spesiale studente is nie geregtig op n plek in n koshuis nie. 3.3.6 By ontvangs van n skriftelike kennisgewing van die Universiteit dat n plek in n universiteitskoshuis aan n student toegeken is, moet hy/sy dit onmiddellik aanvaar deur die aanvaardingsbedrag soos voorgeskryf voor die keerdatum te betaal en die bewys van betaling aan Studentegelde lewer. 3.3.7 n Verwelkomingsprogram vir nuwelingstudente word aan die begin van die akademiese jaar aangebied en maak onder andere voorsiening vir die inskakeling en aanpassing by koshuise, PSO-wyke, klusters, fakulteite en ander aktiwiteite van die Universiteit. 3.3.8 Nuwelingstudente wat in universiteitskoshuise tuisgaan, staan onder toesig van Inwonende Hoofde, wat op hulle beurt bygestaan word deur studenteleiers uit die geledere van die senior studente (inbegrepe n groep wat as mentors vir die nuwelinge optree). 3.4 Huidige studente: Let wel: Hertoelatingsvereistes vir koshuise is slegs n voorlopige aanduiding en kan van jaar tot jaar opwaarts aangepas word om te kan voldoen aan die gestelde teikens. 3.4.1 Studente wat reeds in n universiteitskoshuis of privaat inwoon, moet voor die einde van Julie elke jaar elektronies aansoek doen om weer, of vir die eerste keer, in n universiteitskoshuis opgeneem te word. 11

3.4.2 Sodanige aansoeke sal slegs oorweeg word as die betrokke studente na die oordeel van die Universiteit akademies bevredigend presteer het; daar voldoende vakatures is en alle toelatings bly onderworpe aan die vereistes van hierdie koshuisplasingsbeleid. Die Universiteit is ook geregtig om studente wat heraansoek doen om toelating tot n koshuis te assesseer/beoordeel tov kennis van die Universiteit se doelwitte met studentegemeenskappe. n Student moet duidelik kan aantoon dat hy/sy verstaan wat die Universiteit se doelwitte behels alvorens n heraansoek suksesvol sal wees. 3.4.3 Studente wat vir die eerste keer in n universiteitskoshuis opgeneem word, moet ook die voorgeskrewe aanvaardingsbedrag betaal (kyk punt 3.3.6). 3.4.4 Hertoelatingsvereistes vir koshuisopname: a) Uitbegeleiding van senior studente uit koshuise na privaatverblyf: Ten einde studente voor te berei op n volwasse, selfstandige beroepslewe, word hulle aangemoedig om tydens hulle voorgraadse studies vanaf koshuise, wat ook eerstejaars inneem, oor te beweeg na alternatiewe verblyf in universiteitshuise of -koshuise vir senior studente, of privaatakkommodasie. Vir koshuisverblyf in die vierde jaar en verder (uitgesluit diegene in leierskapsposisies) moet studente: (i) formeel heraansoek doen om koshuisplek (inbegrepe n motiveringsbrief) (ii) aan die minimum HEMIS-vereistes voldoen (kyk 3.5). b) Alle senior-koshuisinwoners wat aansoek doen om vir n betrokke jaar in n koshuis heropgeneem te word, se opname word bepaal volgens die akademiese prestasies wat in die Junie-, November-, en Desember-eksamens van die voorafgaande jaar behaal is. Op grond van die Junieeksamenuitslae en studierekords van die voorafgaande jaar of jare word die reg voorbehou om verblyf voorwaardelik aan heraansoekers toe te ken of te weier. Indien studente se akademiese prestasies sodanig is dat hulle nie aan die vereistes vir akademiese hertoelating voldoen nie, word daar nie n koshuisplek aan hulle toegeken nie. Huidige koshuisinwoners moet daarvan kennis neem dat, ten einde die doelwitte van die koshuisplasingsbeleid te bereik, hulle nie sonder meer weer in n volgende jaar in koshuise geplaas sal word nie, al voldoen hulle aan die minimum kredietvereistes vir koshuisherplasing. Die minimum kredietvereistes vir koshuisherplasing stem nie noodwendig ooreen met die minimum kredietvereistes vir 12

hertoelating tot die Universiteit nie en kan van jaar tot jaar wissel, na gelang van die behoefte aan plekke vir die nuwelingeerstejaars. Huidige koshuisinwoners moet dus seker maak dat hulle akademiese prestasie van so n aard is dat hulle nie onderaan die akademiese rangordelys val nie. 3.5 Vir (her-)opname in n koshuis geld die volgende akademiese vereistes: 3.5.1 Elke jaar moet minstens een-derde (0,33) van die betrokke jaar se modules suksesvol afgelê word (let wel, baie fakulteite se hertoelatingsvereistes is hoër as 0,33 en koshuishertoelating is onderhewig aan toelating tot n betrokke akademiese program). 3.5.2 Indien n student vir akademiese hertoelating tot die Universiteit kwalifiseer, voldoen hy/sy nie noodwendig aan die akademiese vereistes vir hertoelating/eerste toelating tot n koshuis nie. 3.5.3 Die volgende glyskale is hier van toepassing vir hertoelating tot koshuise die volgende jaar van studie: Let wel: Hertoelatingsvereistes vir koshuise is slegs n voorlopige aanduiding en kan van jaar tot jaar opwaarts aangepas word om te kan voldoen aan die gestelde teikens. Glyskaal A1 in terme van HEMIS-krediete Historiese jare 1 2 3 4 5 6 HEMIS-krediete 0,45 1,45 2,45 3,00 4,00 5,00 Glyskaal B1 in terme van HEMIS-krediete van toepassing op goedgekeurde verlengde graadprogramme Historiese jare 1 2 3 4 5 6 HEMIS-krediete 0,45 1,00 1,45 2,00 3,00 4,00 Let wel: Die numeriese faktor word tot die tweede desimale syfer bereken en telkens opwaarts aangepas indien die breuk meer as twee desimale syfers bevat. Let ook daarop dat by Glyskaal B akademiese hertoelating voorkeur geniet. Dit impliseer dat studente wat hertoelating tot hul fakulteite kry, ook hertoelating tot die koshuis kry, behalwe as die fakulteit se hertoelatingsperk laer is as die perke gestel in Glyskaal B. 3.5.4 Opmerkings: a) Vir die normale duur van n student se kurrikulum word verwerfde krediete volgens die HEMIS-kredietstelsel vir akademiese hertoelating tot die Universiteit bereken. 13

b) Een HEMIS-krediet is gelykstaande aan die totale getal modulekrediete wat vir n bepaalde jaargang van n bepaalde program voorgeskryf word. Byvoorbeeld, een HEMIS-krediet is gelyk aan 126 modulekrediete in die geval van BA (eerste jaar), aan 133 modulekrediete in die geval van BSc (nie-finale jaar), en aan 144 modulekrediete in die geval van die gewone BComm (nie-finale jaar). c) Besonderhede van die berekenings wat aan die hand van die HEMIS-skaal gedoen word, word verstrek in Hertoelating na onsuksesvolle studie (par. 9 van die vorige hoofstuk). d) Na die Junie-eksamen word koshuisheropname vir die eerste keer volgens prestasie-, klas- sowel as eksamenpunte beoordeel. Indien die Junie-vorderingspunt 48% of hoër is, word slegs die helfte van die betrokke module se krediete in berekening gebring. e) In die geval van tweedesemester- en jaarmodules waarvoor n prestasiepunt aan die einde van die jaar nie beskikbaar is nie, of waar n prestasiepunt van 48 behaal is en die tweede eksamen nog nie geskryf is nie, word n prestasiepunt P = 48 of n klassyfer K = 50 as voldoende aanvaar vir doeleindes van koshuistoelating in die daaropvolgende jaar. f) Die akademiese prestasie van n student ná bogenoemde beoordeling sal bepaal of: * losies voorwaardelik toegeken word; of * losies nie op daardie tydstip toegeken word nie. g) Die volgende tabel dui die HEMIS-krediete aan waaraan voldoen moet word om tydens die Junie-eksamen weer voorlopig vir plek in n koshuis vir die volgende jaar te kwalifiseer: Let wel: Hertoelatingsvereistes vir koshuise is slegs n voorlopige aanduiding en kan van jaar tot jaar opwaarts aangepas word om te kan voldoen aan die teikens gestel. Gebaseer op Junie-eksamenresultate om voorlopig plek vir volgende jaar in koshuis te verkry: Glyskaal A2 in terme van HEMIS-krediete Historiese jare 0,5 1,5 2,5 3,5 4,5 5,5 HEMIS-krediete 0,3375 1,16 2,0825 2,7 3,6 4,00 14

Glyskaal B2 in terme van HEMIS-krediete van toepassing op goedgekeurde verlengde graadprogramme Historiese jare 0,5 1,5 2,5 3,5 4,5 5,5 HEMIS-krediete * 0,8 1,232 1,8 2,7 3,6 * By Glyskaal B word VGP-studente nie in jaar een onderwerp aan voorlopige koshuishertoelatingskriteria nie. Die VGPstudente moet egter steeds aan die einde van jaar een voldoen aan die hertoelatingsvereistes van die betrokke fakulteit. Van jaar twee en verder geld bogenoemde vereistes vir koshuishertoelating soos uiteengesit in Glyskaal B2 en dan B1. Indien n VGP-student om hertoelating tot n fakulteit moet aansoek doen, verloor sodanige student sy/haar koshuisplek. Let Wel: (i) (ii) Indien n student nie die Junie-eksamengeleentheid benut nie, word die klaspunt in berekening gebring en moet dit 48% of hoër wees om enige kredietgewig te dra. In geval van n jaarmodule moet die vorderingspunt 48% of hoër wees en dan word die helfte van die module se krediete tot die student se voordeel gereken. Daar word 0,20 HEMIS-krediete tov elke betrokke eerste semester vereis afgesien van die vereistes in bostaande tabel. h) Spesiale studente is nie geregtig op plek in n koshuis nie, behalwe in gevalle waar daar niemand meer op die waglys is nie en dit van strategiese belang vir die Universiteit is. n Student wat aandui dat hy/sy bv vir n nagraadse program gaan registreer en dan as spesiale student registreer, sal versoek word om die koshuis onmiddellik te verlaat met volle finansiële aanspreeklikheid indien n geskikte plaasvervanger nie gevind kan word nie. 3.5.5 Plasing/oorplasing van studente: a) Alle losies in n universiteitskoshuis of -huis word vir n volle akademiese jaar toegeken onderhewig aan die bepalings van die beleid oor ontruiming van koshuiskamers/universiteitshuise gedurende vakansies en tweede eksamengeleenthede. b) Studente sal slegs by wyse van uitsondering en met die goedkeuring van die Direkteur: SSG van een koshuis na n ander oorgeplaas word. 15

c) Die Universiteit behou haar die reg voor om n student van een universiteitskoshuis/-huis na n ander oor te plaas indien dit nodig mag wees. d) Weens die groot aanvraag na die beperkte getal koshuisplekke, sal n student nie noodwendig in die spesifieke koshuis waarom aansoek gedoen is, geplaas kan word nie. 3.5.6 Die Universiteit behou haar die reg voor om - a) te weier om n student in n universiteitskoshuis op te neem; b) die losies van n koshuisinwoner met kennisgewing van een week op te sê; c) n student voortgesette verblyf in universiteitsverblyf te ontsê waar n student se optrede die vorming van gesonde studentegemeenskappe in die gedrang bring; Die volgende reëlings sal, indien nodig, (a), (b) en (c) hierbo voorafgaan: (i) 3.6 Staking van studie: n komitee, spesiaal vir die doel saamgeroep deur die Direkteur: SSG sal, eerstens, bepaal of n inwoner se gedrag wel in so n mate gesonde gemeenskapsvorming ondermyn (het) dat dit die ontsê van n koshuisplek regverdig; of tweedens, bepaal of ander reëlings getref kan word wat die situasie sal kan oplos (sodanige komitee sal uit minstens vier persone bestaan, naamlik die Direkteur: SSG (sameroeper), n personeellid uit die Sentrum vir Studentesake, n studenteverteenwoordiger aangewys deur die SR en minstens een personeellid uit die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling). 3.6.1 Die Universiteitskantoor moet skriftelik in kennis gestel word van die staking van studie. Sonder sodanige kennisgewing sal studente nie vir enige moontlike afslag (ook van losiesgeld) in aanmerking geneem word nie. As daar geen datum van staking of kansellering vermeld word nie, sal die datum van ontvangs van die skriftelike kennisgewing vir die berekening van die verskuldigde geld gebruik word. 3.6.2 Indien staking ná die laaste dag geskied waarop modules/vakke gewysig mag word, sal die student verantwoordelik gehou word vir die semester se onderriggeld. (Kyk punt 3.7 Kansellering van inwoning vir verpligtinge ivm losiesgeld.) 3.6.3 n Geregistreerde student wat vir die eerste keer in sy studieloopbaan voor of op 31 Julie van n gegewe jaar sy studie uit eie keuse staak, of op grond van akademiese oorwegings nie toegelaat word om vir die tweede semester voort te gaan nie, of van Universiteitsweë afgeraai word om voort te gaan, sal nie met sodanige akademiese jaar gedebiteer word tov die hertoelatingsreëls nie, met dien verstande dat n tweede of verdere staking voor of op 31 Julie in enige 16

daaropvolgende jaar deur dieselfde student outomaties in berekening geneem sal word vir hertoelatingdoeleindes. 3.7 Kansellering van inwoning: 3.7.1 Die SSG, met kontakbesonderhede info@sun.ac.za of 021 808 9111, moet skriftelik in kennis gestel word van die staking van studie of kansellering van inwoning en die skrywe moet in die geval van minderjariges deur die ouer/voog onderteken word. Sonder sodanige kennisgewing sal studente nie vir enige moontlike afslag van losiesgeld in aanmerking geneem word nie. As daar geen datum van staking of kansellering vermeld word nie, sal die datum van ontvangs van die skriftelike kennisgewing vir die berekening van die verskuldigde geld gebruik word. 3.7.2 Toegekende inwoning vir n betrokke jaar kan deur voornemende studente tot 5 Januarie van die betrokke jaar gekanselleer word sonder enige verpligting tov inwoningsgeld. Huidige studente kan tot 30 September van die voorafgaande jaar kanselleer sonder aanspreeklikheid vir losiesgeld. Kansellering ná 30 September is onderhewig aan n administrasiefooi soos van tyd tot tyd bepaal (kyk Studentegelde in Jaarboek 3, par. 43). 3.7.3 Indien kansellering ná bogenoemde datum plaasvind, en geen goedgekeurde plaasvervanger verkry kan word nie, kan die Universiteit n kansellasiefooi hef. 3.7.4 Die balans van die inwoningsgeld is soos volg betaalbaar: 15 Mei 75%, die balans op 31 Augustus. 3.7.5 Uitsonderings op bogenoemde reëls kan op grond van siekte gemaak word. 3.8 Aanvaardingsbedrag: 3.8.1 Wanneer n nuwe student die skriftelike kennisgewing van die Universiteit ontvang dat plek in n universiteitskoshuis aan hom/haar toegeken is, moet hy/sy dit onmiddellik aanvaar deur die aanvaardingsbedrag soos voorgeskryf vóór die keerdatum te betaal en die bewys van betaling aan Studentegelde lewer. 3.8.2 Voornemende studente wat versuim om die aanvaardingsbedrag te betaal vóór of óp die keerdatum wat in die inwoningstoekenningsbrief (reserveringsbrief) vermeld word, se toekenning van inwoning sal onmiddellik gekanselleer word. 3.8.3 As n voornemende student die inwoning wat vir n betrokke jaar aan hom toegeken is, kanselleer voor 31 Oktober van die jaar wat die betrokke losiesjaar voorafgaan, word die volle aanvaardingsbedrag terugbetaal. 3.8.4 Voornemende studente wat nie toelating tot hulle voorgenome program kry nie of deur omstandighede buite hul beheer verhinder word om van n aanvaarde plek van inwoning in n koshuis gebruik te maak, se aanvaardingsbedrag kan na goeddunke op n ad hoc-basis terugbetaal word. 17

3.9 Algemene bepalings tov Universiteitskoshuise Let wel: 3.9.1 Die koshuisreëls (van toepassing op alle huisvesting wat aan die Universiteit behoort en aan studente beskikbaar gestel word vir inwoning en sluit, behalwe koshuise, ook woonstelle en universiteitshuise in) word in Hoofstuk 3 van die Studentereglement uiteengesit. Daar word van studente verwag om hulself daarmee vertroud te maak. (Kyk ook www.sun.ac.za/ssg.) 3.9.2 Alle inligting ivm inwoningsgeld is in Deel 3 van die Jaarboek vervat. 3.10 Inwoningsgeld Algemeen: 3.10.1 Die jaarlikse inwoningsgeld dek in n bepaalde jaar die tydperk van ongeveer 18 Januarie tot 10 Desember (uitgesluit die universiteitsvakansies). Studente moet hulle jaarliks vergewis van die betrokke aanvangsdatums vir huiskomitees (HK s), eerstejaars en senior studente. Verblyf gedurende die periode word ook nie gewaarborg in die vorm van n toegewysde bed nie en die Universiteit behou haar die reg voor om studente na die afloop van die betrokke eerste eksamengeleenthede na ander verblyf te verskuif na gelang van behoefte en beskikbaarheid. 3.10.2 Inwoners wie se inwoningsgeld vir een semester agterstallig is, word slegs met die toestemming van die Studentehuisvestingskomitee toegelaat om langer in n koshuis te bly. 3.10.3 Die Universiteitsraad behou hom die reg voor om inwoningsgeld wat aan die Universiteit betaalbaar is (kyk Deel 3 van hierdie Jaarboek) sonder kennisgewing te wysig. 3.10.4 Inwoners is aanspreeklik vir alle skade wat hulle in n koshuis (of ander universiteitshuisvesting soos n woonstel of huis) aanrig en alle gelde betaalbaar vir herstelwerk as gevolg van die skade word teen hul studenterekening gedebiteer. 3.11 Handhawing van reëls: 3.11.1 Die handhawing van die reglement (inbegrepe die koshuisreëls) berus in die eerste instansie by die betrokke Inwonende of Besoekende Hoof van n koshuis, die primarius(-ia) en die HK en daar word van studente verwag om hulle in verband met die uitvoering van die reglement behulpsaam te wees. 3.11.2 Die Inwonende/Besoekende Hoofde moet die huisreëls (interne koshuisreëls wat ook op ander tipes huisvesting, soos woonstelle en huise van toepassing is) en enige veranderinge daaraan aan die Direkteur: SSG voorlê. Kandidate vir ampsposisies moet voordat hul verkiesbaar is eers deur die SSG goedgekeur word. By die goedkeuring van die ampsdraers sal die Direkteur: SSG en die betrokke Inwonende/Besoekende Hoof die akademiese prestasie sowel as die gedrag van die genomineerdes in aanmerking neem en het hulle die reg om sekere studente se name van die lys van kandidate te verwyder. 18

3.11.3 Die lede van die HK is verantwoordelik vir die handhawing van die reglemente van die Universiteit, koshuisreëls en die reëls van die betrokke koshuis. 3.12 Verblyfaanbod: a) Verblyf in n universiteitskoshuis sluit in: i) Bewoning van die toegewysde kamer, soos van tyd tot tyd deur die Universiteit bepaal gedurende jaar, met die uitsluiting van alle vakansies. ii) Waar van toepassing, toegang tot voedselvoorsiening tydens die akademiese kwartale, op voorwaardes soos van tyd tot tyd deur die Universiteit bepaal. b) Die Universiteit behou haar die reg voor om die kamers gedurende alle vakansietye vir huisvesting van ander persone te gebruik. c) Vreemdelinge (dit is persone wat nie studente is wat in die betrokke jaar in die betrokke koshuis geplaas is nie) mag nie tydens die akademiese jaar in koshuise oorslaap sonder toestemming van die Inwonende Hoof nie. d) Inwoners word finansieel aanspreeklik gehou vir alle skade wat hulle in die gebou aanrig. Hulle dra die verantwoordelikheid vir die toestand van die kamers wat hulle bewoon, asook die meubels en toerusting daarin, en is aanspreeklik vir enige skade wat deur hulle of deur andere, of deur apparaat wat deur hulle of deur andere gebruik word, veroorsaak is. e) Strukturele veranderings aan meubels of universiteitseiendom word onder geen omstandighede toegelaat nie. f) Verandering aan en omruil van deurslotte is streng verbode. Alle kamers moet toeganklik wees en gemagtigde koshuispersoneel moet te alle tye in besit wees van duplikaatsleutels vir elke vertrek. g) n Inwoner se kamer word afgegee aan die student waar hy/sy n inventaris afteken dat hy/sy saamstem met die toestand van die kamer. Ná ontruiming word die kamer weer deur die Koshuisdienstekoördineerder inspekteer en as dit nie volgens die inventarisvorm is nie, sal skades teen die student se rekening vereffen word. h) Geen voedsel mag in kamers of op -stoepe en -balkonne voorberei word nie. i) Slegs enkelkragproppe of multisokverdelers met SABS-gemerkte uitskopskakelaars word in 15 amp-muurproppe toegelaat. Alle ander vorms van kragverdeling, byvoorbeeld dubbelsokke, tydelike bedrading, ens is streng verbode. Slegs een apparaat met n behoorlike driedraadkoord word per kragprop in n multisokverdeler, wat by die Universiteit te koop is, toegelaat. j) Daar mag nie met skakelborde, uitskopskakelaars of permanente elektriese bedrading gepeuter word nie. 19

k) Geen verwarmers met oop elemente, strykysters, dompelkokers, voedselvoorbereidingstoerusting, elektriese komberse of mikrogolfoonde word in kamers toegelaat nie. l) Slegs een yskas (nie groter as 150 liter nie) word per kamer toegelaat. m) Enige items soos padtekens, naamborde, winkelwaentjies, blombakke en vuilgoeddromme wat nie die koshuis en dus universiteitseiendom is nie, is streng verbode op enige plek in die koshuis of op die betrokke perseel, hetsy dit gebruik, gekoop, geruil, of geskenk is. n) Geen meubels of toerusting mag sonder toestemming van die Inwonende Hoof en die Koshuisdienstekoördineerders uit die kamer(s) of enige ander lokaal verwyder word nie. o) Die Universiteit is nie vir die verlies of beskadiging van eiendom van inwoners aanspreeklik nie en die nodige versekeringsdekking moet deur die inwoner self gereël word. p) Brandblussers moet te alle tye op voorafbepaalde plekke in koshuise geplaas wees en mag slegs verwyder word in geval van n brand. q) Onder geen omstandighede mag noodapparaat soos brandblussers, brandslange en die inhoud van noodplankaste misbruik of mee gepeuter word nie. Sodanige oortreding is strafbaar met summiere uitsetting. r) Enige vorm van versperring, bv deur middel van fietse, bromponies, ens in gange en deurlope, is streng verbode. s) Die ongemagtigde opstapeling van afvalpapier, kartonne of enige vlambare materiale in enige lokaal in die koshuis is verbode (daar is toegewysde plekke vir opstapeling van hierdie tipe materiale vir herwinningsdoeleindes). t) Om veiligheidsredes, moet inwoners van koshuise aan die einde van die jaar of enige ander vakansie wanneer die Universiteit die kamer benodig, voor hulle vertrek al hul besittings uit hulle kamers verwyder en die klerekaste oop laat. Die Inwonende Hoof van elke koshuis sal, waar dit prakties moontlik is (uitgesluit die Desember- tot Januarievakansie), in oorleg met die huiskomitee n geskikte vertrek aanwys vir die opberging van die besittings van studente. Voorsiening vir berging sal slegs gemaak word vir besittings wat behoorlik verpak en geïdentifiseer is. Enige bergingsruimte in die fasiliteit sal onder die toesig en beheer van die HK wees. 3.13 Inwoning tydens vakansies: Mans- en vrouekoshuisinwoners wat gedurende vakansies op Stellenbosch bly, en wat hulle koshuise ingevolge die prosedure oor die ontruiming van koshuiskamers moet ontruim, kan aansoek doen om akkommodasie in n koshuis(e) wat vir dié doel deur die Universiteit beskikbaar gestel word teen die betaling van die toepaslike heffing en op voorwaardes soos van tyd tot tyd mag geld. 20

3.14 Was- en beddegoed: 3.15 Etes: 3.14.1 Inwoners moet hulle eie lakens, slope, komberse en handdoeke verskaf. 3.14.2 Wasmasjiene en tuimeldroërs word in sekere koshuise beskikbaar gestel vir studente wat hulle eie klere teen betaling wil was. 3.15.1 Gaste van enige personeellid of inwoner sal slegs met kennisgewing toegelaat word om etes teen betaling te nuttig. Die nodige beheer sal deur die Inwonende Hoof uitgeoefen word. 3.15.2 Etes kan slegs met behulp van n student se studentekaart aan hom voorsien word. In alle gevalle moet etes minstens twee dae vooraf rekenaarmatig bespreek word. Indien n student nie bespreek het nie, kan hy/sy na afloop van die etenstyd teen dubbeltarief eet indien daar kos beskikbaar is. 3.15.3 By registrasie aan die begin van die jaar moet elke inwoner n etekwota volgens sy/haar eie keuse kies. Nie-inwoners kan, onder voorwaardes soos van tyd tot tyd deur die Universiteit bepaal, ook registreer om by n eetsaal te eet. 3.15.4 Partytjies en besondere funksies (kyk koshuisreëls ook op ander tipe blyplekke van toepassing) is slegs op koste van die betrokke persone toelaatbaar. Beheer sal deur die Inwonende Hoof uitgeoefen word. 3.15.5 Alkoholiese drank word slegs ooreenkomstig die bepalinge in die koshuisreëls in koshuise toegelaat. 3.15.6 Die tyd van maaltye word deur die betrokke Inwonende Hoof in oorleg met die Behuisingsdienstebestuurder gereël. 3.15.7 Aangesien voedsel in universiteitskoshuise in groot maat voorberei word, kan inwoners nie op n spesiale dieet aanspraak maak nie. 3.16 Privaatlosies (Privaatstudente-organisasie PSO-studente): 3.16.1 Kragtens n besluit van die Raad is alle privaatstudente verplig om lid van die Privaatstudente-organisasie (PSO) te word. Die organisasie bestaan uit 11 wyke, nl. Oude Molen, Pieke, Vesta, Libertas (almal manswyke), Equité, Silene, Venustia, Aristea (almal vrouewyke) Aurora, Olympus en Osler (op Tygerberg) (almal mans- en vrouewyke). Studente word ewekansig by PSO-wyke ingedeel en word dus sodoende ook by een van die sewe klusters ingedeel. (Kyk verder punt 4 hieronder). Ingevolge n Raadsbesluit betaal alle privaatstudente PSO-lidmaatskapgeld. 3.16.2 Alle privaatstudente is onderworpe aan die reglement van die Universiteit en die privaatwyke waarvan hulle lid is. 3.16.3 Studente wat in Academia of enige ander soortgelyke gekontrakteerde inwoningsfasiliteit woon, word as n studentegemeenskap soos ander koshuise en PSO-wyke bestuur en vorm deel van n toegewysde kluster. In die geval van Academia sal die studente deel 21

3.17 Gedrag: vorm van die Validus-kluster. Gelde wat hiervolgens gehef word, word dienooreenkomstig in die betrokke fasiliteit se huiskas inbetaal. 3.17.1 Daar word van studente verwag dat hulle gedrag te alle tye in ooreenstemming met die dissiplinêre kode vir studente van die Universiteit Stellenbosch (kyk Jaarboek 1) moet wees. Verder moet alle optrede wat aanstoot mag gee, vermy word. Die koshuisreëls moet deurlopend eerbiedig word. 3.17.2 In die lig van die strewe om alle kamers te vul en in pas met werklikhede (soos bv ekonomiese oorwegings, en werklike inskrywingsgetalle) behou die Universiteit haar die reg voor om te enige tyd enige bepalings te wysig of te skrap, of om ander by te voeg. (Kyk ook Hoofstukke 1 en 2 van die Studentereglement.) 4 Kriteria vir indeling by Klusters: 4.1 n Kluster is n groep koshuise wat hoofsaaklik geografies gegroepeer is en waarby n PSO-wyk (in die geval van n mans- en vrouewyk) of twee PSOwyke in die geval van afsonderlike mans- en vrouewyke) ingedeel word om n eie studentegemeenskap te vorm (ongeveer 2 500 3 000 studente). Die kluster waarvan die koshuise en PSO-wyke deel is, word ook deur n studenteleierskapstruktuur en n ResEd-bestuurder bestuur. Die kluster is n kleiner studentegemeenskap wat daarop ingestel is om die universiteitsbelewenis van alle studente te verhoog en in besonder die integrasie van PSO-studente in die kampuslewe te verbeter. 4.2 Daar word gestreef daarna om die verskillende klusters so te bestuur dat die diversiteitskategorieë ook hier so ver moontlik verreken word; daarom word PSO-studente ewekansig in wyke ingedeel. Ewekansige indeling veroorsaak n eweredige verspreiding van diversiteit. 4.3 Nuweling nagraadse- en internasionale studente word op dieselfde wyse as nuweling-eerstejaarstudente ingedeel en hul integrasie in die res van die studentegemeenskap word nagestreef. 4.4 Studente wat vanaf koshuise na privaatwyke oorbeweeg: 4.4.1 Studente word outomaties ingeskakel by die (mans-/vroue-) privaatwyk(e) wat in die kluster ressorteer wanneer hulle ʼn koshuis verlaat. 4.4.2 Studente wat ʼn koshuis verlaat kan, met die uitdruklike toestemming van die betrokke Inwonende Hoof, steeds inskakel by die koshuis en gebruik maak van die betrokke geriewe, met die uitsluiting van enige akkommodasiegeriewe. Vir dié voorreg van inskakeling kan daar n administratiewe fooi gehef word. 22

4.5 Studente wat vanaf privaatverblyf na n koshuis oorbeweeg wat in n ander kluster gesetel is as die PSO-wyk waarin die student voorheen was, moet die betrokke student geherregistreer word by die nuwe kluster waarin hy/sy dan sal wees. 5 Kriteria vir plasing in senior koshuise: 5.1 Plasing in senior koshuise geskied, behalwe volgens akademiese prestasie, volgens die diversiteitsprofiel wat vir elke bepaalde senior koshuis nagestreef word. Diversiteitsprofiel sluit die volgende kategorieë in: geslag, ras, taal en nasionale of internasionale student. 5.2 Die senior koshuise is koshuise waarin studente woon wat reeds in ander voorgraadse koshuise gewoon het of studente wat reeds ouer (23 jaar en ouer) is wanneer hul die eerste keer by die Universiteit kom studeer. Op die oomblik is die koshuise ter sprake Huis De Villiers (Huis Div), die beplande nuwe koshuis (tussen Eendrag en Irene), Lobelia, Concordia, Huis MacDonald en Botmashoogte. 5.3 Senior studente word oorweeg in kategorieë na aanleiding van die jare wat reeds verloop het sedert hul matriek voltooi het. In die verband word daar gewerk met die kategorieë van matriek + 4 tot 6 jaar; matriek + 6 tot 8 jaar en matriek + 8 en meer jaar vir ongetroude studente. Die kategorie waarin n student val, bepaal ook vir watter tipe koshuisakkommodasie n student oorweeg sal word. 5.4 Studente mag n maksimum van drie jaar in die koshuise bly. (Die tydperk akkumuleer ongeag of die student van koshuis verander.) 5.5 Matriek + 4 tot + 6 jaar: 5.5.1 Koshuise waarin studente in die kategorie geplaas word: Huis Div en die beplande nuwe koshuis. 5.5.2 Voorgraadse studente in die kategorie wat die eerste keer op Stellenbosch kom studeer: Daar word 10% van die koshuis se kapasiteit gereserveer vir voorgraadse studente in die kategorie (en die kategorie matriek + 6 tot 8 jaar gesamentlik) wat die eerste maal op Stellenbosch kom studeer. Studente word in ag geneem op grond van hul matriekprestasie en die studente met n beter matriekprestasie kry voorkeur bo studente met n laer matriekprestasie. 5.5.3 Nagraadse studente en studente wat reeds voorgraads aan die Universiteit studeer het: Studente word teen mekaar opgeweeg op grond van hul geweegde gemiddelde per krediet en die met n hoër geweegde gemiddelde per krediet kry voorkeur bo studente met n laer 23

geweegde gemiddelde per krediet. Die geweegde gemiddelde per krediet word bereken op voorgraadse prestasie. 5.5.4 Studente wat aan leierskapstrukture (SR, Kluster-sameroepers, Huiskomitees en mentors) deelgeneem het se geweegde gemiddelde per krediet word met 5% verhoog. n Maksimum van 30 studente versprei oor al drie kategorieë kan voordeel trek uit so n verhoging van geweegde gemiddelde per krediet. 5.6 Matriek + 6 tot 8 jaar: 5.6.1 Koshuise waarin studente in die kategorie geplaas word: Huis Div, beplande nuwe koshuis, Lobelia, Concordia, Huis MacDonald en Botmashoogte. 5.6.2 Voorgraadse studente in die kategorie wat die eerste keer op Stellenbosch kom studeer: Daar word 10% van Huis Div en die beplande nuwe koshuis se kapasiteit gereserveer vir voorgraadse studente in die kategorie (en die kategorie matriek + 4 tot 6 jaar gesamentlik) wat die eerste maal op Stellenbosch kom studeer. Daar word 10% van Lobelia, Concordia, Huis MacDonald en Botmashoogte se kapasiteit gereserveer vir voorgraadse studente in die kategorie (en die kategorie matriek + 8 jaar gesamentlik) wat die eerste maal op Stellenbosch kom studeer. Studente word in ag geneem op grond van hul matriekprestasie en die studente met n beter matriekprestasie kry voorkeur bo studente met n laer matriekprestasie. 5.6.3 Nagraadse studente en studente wat reeds voorgraads aan die Universiteit studeer het: Studente word teen mekaar opgeweeg op grond van hul geweegde gemiddelde per krediet en die met n hoër geweegde gemiddelde per krediet kry voorkeur bo studente met n laer geweegde gemiddelde per krediet. Die geweegde gemiddelde per krediet word bereken op voorgraadse prestasie. 5.6.4 Studente wat aan leierskapstrukture (SR, Kluster-sameroepers, Huiskomitees en mentors) deelgeneem het se geweegde gemiddelde per krediet word met 5% verhoog. n Maksimum van 30 studente versprei oor al drie kategorieë kan voordeel trek uit so n verhoging van geweegde gemiddelde per krediet. 5.7 Matriek + 8 jaar: 5.7.1 Koshuise waarin studente in die kategorie geplaas word: Lobelia, Concordia, Huis MacDonald en Botmashoogte. 5.7.2 Voorgraadse studente in die kategorie wat die eerste keer op Stellenbosch kom studeer: Daar word 10% van Lobelia, Concordia, 24

Huis MacDonald en Botmashoogte se kapasiteit gereserveer vir voorgraadse studente in die kategorie (en die kategorie matriek + 6 tot 8 jaar gesamentlik) wat die eerste maal op Stellenbosch kom studeer. Studente word in ag geneem op grond van hul matriekprestasie en die studente met n beter matriekprestasie kry voorkeur bo studente met n laer matriekprestasie. 5.7.3 Nagraadse studente en studente wat reeds voorgraads aan die Universiteit studeer het: Studente word teen mekaar opgeweeg op grond van hul geweegde gemiddelde per krediet en die met n hoër geweegde gemiddelde per krediet kry voorkeur bo studente met n laer geweegde gemiddelde per krediet. Die geweegde gemiddelde per krediet word bereken op voorgraadse prestasie. 5.7.4 Studente wat aan leierskapstrukture (SR, Kluster-sameroepers, Huiskomitees en mentors) deelgeneem het se geweegde gemiddelde per krediet word met 5% verhoog. n Maksimum van 30 studente versprei oor al drie kategorieë kan voordeel trek uit so n verhoging van geweegde gemiddelde per krediet. 5.8 Plasing in LLL-huise: 5.8.1 Plasing in LLL-huise geskied hoofsaaklik volgens die diversiteitsprofiel wat vir elke LLL-huis nagestreef word. Die diversiteitsprofiel sluit die volgende kategorieë in: geslag, ras, taal, fakulteit en nasionale of internasionale student. 5.8.2 Studente doen aansoek om plasing in LLL-huise en die aansoeke vir LLL-huise word deur panele oorweeg wat deur die SSG aangewys word. Aansoekers word volgens die diversiteitsbehoeftes van elke bepaalde LLL-huis geplaas. In uitsonderlike gevalle waar die paneel dit moeilik vind om tussen aansoekers te onderskei, kan die paneel met van die aansoekers onderhoude voer. (Die besonderhede oor die inhoud van aansoeke en so meer, kan by die SSG aangevra word, of op die web gekry word.) 6 Slotopmerkings: In Kuh, et al. se boek, Student Success in College, word die volgende ses faktore uitgelig wat aan universiteite studentebetrokkenheid (engagement) en hul vasbytvermoë (persistence) positief beïnvloed: (i) n lewende missie en n geleefde opvoedkundige filosofie; (ii) n onwrikbare fokus op studenteleer; (iii) omgewings aangepas vir opvoedkundige verryking; (iv) duidelike roetes (rigtingwysers) vir studente wat aanwys hoe om sukses te behaal; (v) n verbeteringsgeoriënteerde etos (of ingesteldheid) en gedeelde verantwoordelikheid vir opvoedkundige gehalte en studentesukses (2010, bl 24). In aansluiting hierby, en veral by punt (iii), word die nuwe strategie, beleid en prosedures, riglyne en aksies, soos vervat in hierdie dokument, aanbeveel vir implementering in 2013. 25

Addendum A: Praktyke by ander universiteite, nasionaal en internasionaal Universiteite vergelyk Suid-Afrika: UCT, UWK, CPUT, NWU, Potch, UJ, UP, UV Brittanje: Oxford, Cambridge, Edinburgh, Aberdeen Amerika: Stanford, e.a. Australië: Sydney, e.a. 26

Werkgroep B eerste omgewingsverkenning van literatuur oor universiteite se koshuisplasingsbeleide: STREEKSUNIVERSITEITE PLASINGSBELEID VERGELYKENDE STUDIE UNIVERSITEIT UWC www.uwc.ac.za UCT www.uct.ac.za CPUT www.cput.ac.za KONTAKBESONDERHEDE: NELISWA MAJOLA [PLASINGSBEAMPTE] JOHNNIE BASSON LOKI MANISE TEL: 021 954 2568 KAAPSTAD: 021 4604 274 nmajola@uwc.ac.za BELLVILLE: 021 9596 126 1.VISIE, MISSIE & WAARDE 2. SLEUTELASPEKTE VAN PLASINGSBELEID Ongeveer ¼ van die studente bly in UWK-koshuise = 3500 Verblyf vir studente met hoë akademiese kwaliteit buite die groter Kaapstad-area; spreek rassediskriminasie en ongelykhede aan; bou n diverse studenteprofiel wat die demografie van SA weerspieël; dra by tot akademiese sukses en retensie daarvan; bevorder en fasiliteer die leef- en leerervaring binne n diverse studentekoshuisgemeenskap. 2552 Beddens Bellville 2732 Beddens Kaapstad 540 Beddens Wellington 30% vir Eerstejaars 27