IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

RAND WATER RAAD. Eiser

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

RAADSLEDE / COUNCILLORS

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

[1] Die applikante vra dat die huurkontrak ingevolge waarvan

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

METAMIN INVESTMENT CORPORATION BPK TWEEDE PETISIONARIS CHASE CONSULTING (EDMS) BPK VYFDE PETISIONARIS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Tariewe

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

MEESTER VAN DIE VRYSTAATSE HOë HOF

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

SELL Emigration 4 Day Massive Disposal Auction Earthmoving & Agricultural Equipment, Loose Assets & more.

Transcription:

Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer aan Streeklandroste Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY Saakno: / Case number: 235 / 2009 Datum verhoor: / Date heard: 28 / 02 / 2012 Datum gelewer: / Date delivered: 02 / 03 / 2012 In die saak tussen: BEREND ALBERTUS ISAKS JOHANNES JACOBUS CLOETE HARRY BOWERS HENDRIK MARTHINUS VAN WYK ALLEN JAMES FORTUIN CHRISTOFFEL GARETH VAN WYK JOHANNES JACOBUS CLOETE GARETH CLOETE Eerste Applikant Tweede Applikant Derde Applikant Vierde Applikant Vyfde Applikant Sesde Applikant Sewende Applikant Agste Applikant en DIE VERENIGDE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA : GEMEENTE SPRINGBOK Eerste Respondent DIE KERKRAAD VAN DIE VERENIGDE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA: GEMEENTE SPRINGBOK Tweede Respondent DS PIETER JOHANNES BURGER Derde Respondent MIETJIE MICHAELS Vierde Respondent NICO STANDER Vyfde Respondent Coram: Lacock, R UITSPRAAK Lacock, R

2 1] Die applikante, synde lidmate van die eerste respondent het op 13 Februarie 2009 aansoek ex parte gedoen vir n Anton Piller bevel, en is sodanige bevel nisi op 5 Junie 2009 deur Williams, R toegestaan. Die bevel is gegiet in die gebruiklike Anton Piller formaat, en die onderwerp daarvan en waaarop die balju gemagtig en gelas was om beslag te lê, het behels n reeks finansiële boeke en state en rekenaardata van die eerste respondent. 2] In hul funderende stukke het die applikante die doel met die aansoek as volg verduidelik, om eerstens die finansiële rekords en dokumente van die eerste respondent te beveilig ten einde te verhoed dat daaraan gewysig word of daarmee gepeuter word hangende die uitslag van die tweede gedeelte van die aansoek. Die versoek aan hierdie Agbare Hof is om die balju te magtig en te gelas om beslag te lê op al die finansiële boeke, rekenkundige boeke en rekords van die eerste respondent en om dit onder beslaglegging te hou tot nadat die applikante se aanspraak daarop om insae in die gemelde dokumente en rekords te bekom, bereg is. (oorkonde p. 28, par. 14.1), en verdermeer beweer dat Die afgelope tyd sedert ongeveer Desember 2007 het die applikante ernstige vrae en vraagtekens begin ontwikkel rondom die hantering van die finansies van die eerste respondent. Ek sal mettertyd handel met die probleme wat ons ondervind het maar ons het ernstige suspisie begin ontwikkel dat die finansiële aangeleenthede van die eerste respondent nie reëlmatig verloop nie en dat daar selfs aanduidings was dat geld van die kerk nie in die kerk se finansiële dokumente verreken word en in die kerk se bankrekenings ontvang word nie. (oorkonde p. 30, par. 17)

3 3] Na betekening van die bevel nisi en nadat op die tersaaklike dokumentasie beslag gelê is, het die eerste drie respondente verdediging teen die aangevraagde regshulp aangeteken en opponerende stukke geliasseer. Hierop is gerepliseer en op 27 November 2009 is die volgende bevel by ooreenkoms tussen die partye deur Olivier, R uitgereik: 1. DAT die Applikante se prokureur asook n geoktrooïeerde rekenmeester deur die Applikante aangestel, en wie se besonderhede vooraf aan die Balju van hierdie Hof vir die distrik van Springbok asook die Respondent se prokureur voorsien sal word, word gemagtig om vir n tydperk van een maand vanaf 1 Januarie 2010, of totdat die Applikante se prokureur gesertifiseer het soos hieronder uiteengesit, insae te neem in alle dokumente en boeke van die eerste Respondent tans in die bewaring van die voormelde Balju en soos uiteengesit in die inventaris aangeheg by die eedsverklaring van Mnr APJ Huisamen, gedateer 6 Augustus 2009. 2. DAT sodanige insae in dokumente sal geskied onder toesig van en ten kantore van die gemelde Balju en sal die Respondent se prokureur te Springbok, mnr Arno van Zyl, vooraf in kennis gestel word van die datum en tyd waarop insae aldus geneem sal word en sal hy of iemand van sy firma geregtig wees om teenwoordig te wees wanneer insae aldus geneem word. 3. DAT die Applikante se gemelde verteenwoordigers sal ook geregtig wees om op die Applikante se uitsluitlike onkoste, afskrifte te maak van enige sodanige dokumente, onderhewig daaraan dat: 3.1 Dit alleen sal geskied nadat Respondent se prokureur vooraf kennis gegee is van die Applikante se voorneme om afskrifte te maak en hy, of iemand deur hom genomineer, geregtig sal wees om teenwoordig te wees tydens die maak daarvan; 3.2 n Volledige lys opgestel sal word deur die Balju van alle dokumente waarvan aldus afskrifte gemaak word; en 3.3 Die Applikante se prokureur en rekenmeester nie geregtig

4 sal wees om gemelde afskrifte, of afskrifte daarvan, aan enige ander persoon te oorhandig nie anders as vir doeleindes van litigasie. 4. DAT nadat die Applikant se prokureur aan die Balju skriftelik gesertifiseer het dat geen verdere afskrifte van dokumente of enige insae daarin benodig word nie, of indien die tydperk van een maand soos voormeld, verloop het, welke ookal eerste mag plaasvind, sal die Balju verplig wees om alle boeke en dokumente deur hom gehou aan die eerste Repsondent se prokureur te oorhandig. 5. DAT die geoktrooïeerde rekenmeester aangestel te word deur die Applikant sal binne ses weke na verstryking van die datum vermeld in paragraaf 4 hiervan, n skriftelike verslag aangaande sy ondersoek en bevindings aan die partye se regsverteenwoordigers voorlê wat, indien hulle so sou verkies, dit aan die Hof mag voorlê. 6. DAT indien die een of die ander party die gemelde verslag aldus aan die Hof voorlê, dan sal die ander party geregtig wees om binne 14 dae daarna n eedsverklaring te liasseer wat streng beperk is tot die inhoud van gemelde verslag en sal die party wat die verslag geliasseer het, hierna die reg hê om binne 10 dae n verdere eedsverklaring in die geaardheid van n repliserende eedsverklaring af te lewer. 7. DAT die bevel nisi verleen op 5 Junie 2009 word opgehef en die aansoek word sine die uitgestel vir beregting van die vraag na die koste van die aansoek, indien geen ooreenkoms daaraangaande bereik kan word nie. Die boeke en dokumente waarop die balju beslag gelê het sal egter in besit en onder beslaglegging van die balju bly totdat dit in terme van paragraaf 4 teruggehandig word. (oorkonde p. 375 tot 376) Geen verdere regsproses het hierop gevolg nie, behalwe dat n verdere eedsverklaring deur die derde respondent geliasseer is waaruit dit blyk dat die applikante slegs n voorlopige ouditverslag laat doen het, en geen finale verslag

5 gedoen is nie. Uit korrespondensie aangeheg by hierdie eedsverklaring blyk dit dat die applikante beweer dat n finale oudit nie gedoen kon word nie omdat die ouditeurs nie insae kon neem in die finansiële rekords van n sogenaamde Diakonale Dienste nie. Die antwoord van die respondente hierop was dat hulle geensins beheer of besit oor hierdie rekords uitoefen nie daar hierdie n onafhanklike entiteit is wat nie onder die jurisdiksie van die respondente resorteer nie. Die applikante het dan ook geen verdere stappe geneem om insae in hierdie rekords te bekom nie, en dui alles daarop dat die applikante besluit het om nie die saak teen die respondente verder te voer, of om enige verdere regstappe teen die respondente in te stel nie. 4] Vervolgens is die saak op aandrang van die respondente ter rolle geplaas ter beslegting van die enkele onafgehandelde aspek, naamlik die geskilpunt rondom koste. 5] Namens die respondente het Adv van Niekerk SC aangevoer dat die applikante van meet af nie geregtig was op die verlening van n Anton Piller bevel nie, primêr omdat die applikante nie daarin geslaag het om aan te toon dat daar is a real and well-founded apprehension that this evidence may be hidden or destroyed or in some manner be spirited away by the time the case comes to trial or to the stage of discovery. (Shoba v OC, Temporary Police Camp, Wagendrift

6 Dam, 1995 (4) SA 1 (AD) te 15 I). 5.1 Die enigste bewering vervat in die funderende eedsverklaring ten aansien van hierdie vereiste, lees as volg: Applikante is egter bevrees dat indien hierdie aansoek aan die respondente beteken word, en hulle adviseer word dat applikante geregtig is op insae, dat die dokumente onder die risiko verkeer dat daaraan verander kan word. Dokumente kan verwyder of vernietig word en selfs inskrywings kan verander word. (oorkonde p. 54, par. 52). Geen verdere toeligting word verskaf of stawing voorgelê waarop hierdie sogenaamde vrees gegrond is nie of selfs wie dan kon poog om die dokumente te verander, te verwyder of te vernietig nie. Vergelyk hieraangaande: Frangos v Corpcapital Ltd & Others, 2004 (2) SA 643 (TPD) te 646 F tot H, en Hall & Another v Heyns & Others, 1991 (1) SA 381 (C) te 390 D. 5.2 Adv Mphaga SC het aanvanklik betoog dat die aanvanklike weiering deur die respondente om aan die applikante insae in die boekhouding van die eerste respondent te gee, die afleiding regverdig dat die vrees vir die verdoeseling van die boeke, gegrond is. Hierdie

7 argument hou geen water nie. Die respondente is n geruime tyd voordat die aansoek geloods is, reeds met regstappe gedreig indien hulle daarin sou volhard om nie aan die applikante insae in die boeke te gee nie. Hulle kon dus, indien hulle so verkies het, lank voor die loods van die aansoek die boeke verdoesel het. Daar is niks wat daarop dui dat die respondente enigsins gepoog of selfs gedreig het om aldus te handel nie. 6] Mnr Mphaga het dan ook later toegegee dat die applikante nie daarin geslaag het om hierdie vereiste te bewys nie, en dat hulle verkeerdelik geadviseer was om die Anton Piller roete te volg vir die verlangde regshulp. Dit volg dus dat die applikante nie geregtig is op n bevel waarkragtens die respondente gelas word om die koste van die aansoek te betaal nie. 7] Uit die voormelde volg dit egter nie noodwendig dat die respondente geregtig is daarop dat die applikante gelas word om hulle koste te betaal nie. Na my mening sal dit reg en billik wees, soos deur mnr Mphaga aangevoer, dat die partye gelas word om hul eie regskostes self te betaal. My redes hiervoor is die volgende: 7.1 Dit is gemeensaak dat die applikante qua lidmate van die eerste respondent, te alle tersaaklike tye geregtig daarop was om insae te neem in die finansiële

8 boekhouding van die eerste respondent. 7.2 Ten spyte van herhaalde versoeke van die applikante en selfs deur hul prokureurs om insae in die boeke te verkry, het die respondente botweg geweier om aan hierdie versoek van die applikante te voldoen. Hierdie onredelike en onregmatige standpunt van die respondente blyk onteenseglik uit die stukke, en behoef geen verdere toeligting nie. 7.3 Eers nadat die aansoekstukke op die respondente beteken is, en hulle ooglopend van kundige regsadvies bedien is, het hulle in hul antwoordende stukke vir die eerste keer n 180 o ommekeer gedoen en toe ewe vroom aangebied dat die applikante insae in die boeke kon neem. 7.4 Die respondente het duidelik n keuse gehad om op die keerdatum te argumenteer vir die opheffing van die bevel nisi op die gronde vermeld in paragraaf 5 hierbo. Wat hulle egter gedoen het, was om by ooreenkoms in te stem tot die verlening van die bevel deur Olivier, R (supra). Dit is minstens aanduidend daarvan dat hulle geadviseer was dat die applikante geregtig is op insae in die boeke.

9 7.5 Hoewel die applikante verkeerdelik gebruik gemaak het van die Anton Piller remedie om insae in die boeke van die eerste respondent te bekom, was hulle nietemin geregtig op insae daarin, en was hulle minstens suksesvol tot die mate waartoe die respondente ingestem het tot die bevel deur Olivier, R verleen. 8] Uit hoofde van die voorgaande is ek oortuig daarvan dat selfs n Salomo van ouds waarskynlik die huidige geskil op n soortgelyke uitoefening van sy diskresie sou bylê. 9] Vervolgens word die volgende bevel verleen: DIT WORD GELAS DAT DIE ONDERSKEIE PARTYE AANSPREEKLIK IS VIR DIE BETALING VAN HUL EIE KOSTE VAN DIE GEDING. Lacock, R REGTER Namens Applikante: Namens Respondente: Adv. Mphaga SC i.o.v Mjila & Partners Attorneys Adv. van Niekerk SC i.o.v. Haarhoffs Ing.