NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2016 GESKIEDENIS: VRAESTEL I BRONMATERIAALBOEKIE VIR AFDELING B EN AFDELING C

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Direkte en indirekte rede *

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Vreedsame protes tot die 1950's *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Hoofstuk 7: Opposisielid

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

SIZA takes the sting out of auditing

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Sterdansers by Vensters.

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Mandala Madness Deel 2

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

TRADISIONELE LEIERS: ERKENNING EN DIE PAD VORENTOE ISSN VOLUME 1 No 1

Government Gazette Staatskoerant

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Almal verstaan Geskiedenis Graad 12 Leerderboek

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

G. J. du Preez

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Transcription:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 FEBRUARIE/MAART 2009 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.

Geskiedenis/V2 2 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 1: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJET-UNIE DIE BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED? BRON 1A Die uittreksel hieronder kom uit The State of Africa deur M Meredith. Onder Gorbatsjof se leierskap het die Sowjet-Unie hul voorneme om hulle los te maak van streekskonflikte soos dié in Angola duidelik laat blyk. Kuba, wat ook moeg was vir die eindelose konflik in Angola, het ook 'n geleentheid gesoek om te onttrek. Onderhandelinge met die oog op die geleidelike onttrekking van Kubaanse troepe uit Angola, in ruil vir Suid-Afrika se onttrekking uit Angola en die onafhanklikheid van Namibië, is in Desember 1988 aangeknoop. In 1989 het die MPLA-regering, wat na jare se ekonomiese mislukkings en voortdurende konflik met Unita-soldate uitgeput was, hul posisie as 'n Marxistiese-Leninistiese staat laat vaar en hulleself ten gunste van 'n veelparty demokratiese stelsel verklaar. Binne die bestek van 'n paar maande het die spook van 'totale aanslag' wat deur die kommunistiese blok ingestel is en die Botha-regering se denke (optrede) oorheers het, begin afneem. Verder het die ineenstorting van sosialistiese regerings in Oos- Europa in 1989 die ANC van een van sy hoofbronne van finansiële, logistieke en militêre hulp ontneem. Die vrees dat die ANC as 'n 'Trojaanse perd' gebruik kon word om Sowjet-belange te bevorder, het nou weggeval BRON 1B Die volgende uittreksel uit Africa Since Independence: A Comparative History demonstreer die gees van verandering in Suid-Afrika onder die leierskap van De Klerk. Toe FW de Klerk, Botha se opvolger, in September 1989 aan bewind gekom het, het hy onmiddellik begin om Suid-Afrika se vooruitsigte te hersien. De Klerk het gou die belangrikheid van hierdie strategiese geleenthede begryp. Alhoewel hy 'n stoere voorstander van die apartheidstelsel en trots op die prestasies van 'afsonderlike ontwikkeling' was, was hy hoofsaaklik 'n pragmatis wat vasbeslote was om Afrikanerbelange te beskerm. Sy raadgewers het hom gewaarsku dat die moderne stelsel van apartheid wat hy wou volg, nie langer sou werk nie. Indien witmense die mag en voordele wat hulle so lank geniet het, wou beskerm, was fundamentele verandering noodsaaklik. Sonder hervorming sou die siklus van swart opposisie verdiep. Die lot van naburige Rhodesië (Zimbabwe) het 'n sterk boodskap uitgestuur. 'Toe daar 'n geleentheid vir konstruktiewe onderhandeling was, is dit nie aangegryp nie.' De Klerk het tot die slotsom gekom: 'Ons moet nie dieselfde fout begaan nie.' Die gemoedstemming van die meerderheid blankes was ten gunste van verandering. Besigheidslui het daarop gestaan dat 'n meer stabiele politieke stelsel nodig was om ekonomiese groei te bevorder en Suid-Afrika van die koste van sanksies sou verlos Verdere aanmoediging het van Westerse regerings gekom. Van een hoofstad na die ander was die advies wat De Klerk ontvang het, dieselfde: ontban die ANC, bevry Mandela en ander politieke gevangenes en begin met onderhandelinge

Geskiedenis/V2 3 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 1C Die bron hieronder bestaan uit twee dele wat handel oor die vrylating van politieke gevangenes in 1989. Geskrewe Bron: Die volgende is deel van 'n brief wat Nelson Mandela aan FW de Klerk geskryf het oor die vrylating van politieke gevangenes. Uit Long Walk to Freedom. Mnr. President Ek hoop dat ministers Kobie Coetsee en Gerrit Viljoen jou ingelig het dat ek baie dankbaar is dat jy sewe medegevangenes op 15 Oktober 1989 vrygelaat het en dat ek vooraf daarvan in kennis gestel is. Die vrylating was definitief 'n groot ontwikkeling en het, met reg, groot lof hier en oorsee uitgelok In jou inhuldigingstoespraak op 20 September 1989, het jy 'n belangrike stelling gemaak wat 'n groot impak binne en buite die land gehad het. Jy het gesê: 'Daar is slegs een pad na vrede en geregtigheid vir almal en dit is die pad van versoening, dat ons gesamentlik wedersyds aanvaarbare oplossings moet vind, samesprekings moet hou oor hoe die nuwe Suid-Afrika moet lyk, en grondwetlike onderhandelinge met die oog op 'n permanente verstandhouding moet aanknoop.' Visuele Bron: Hierdie foto wys politieke aktiviste tydens die 'Welkom Tuis' saamtrek wat in 1989 in Soweto vir vrygelate gevangenes van die ANC gehou is.

Geskiedenis/V2 4 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 2: HET DIE BEËINDIGING VAN DIE KOUE OORLOG TOT DIE HERVOORSTELLING VAN ZAÏRE (DEMOKRATIESE REPUBLIEK VAN DIE KONGO) AS 'N NASIE IN DIE 1990's BYGEDRA? BRON 2A Die uittreksel hieronder is aangepas uit In the Footsteps of Mr Kurtz: Living on the Brink of Disaster in the Congo. Die VSA het 'n groot rol gespeel om die nuut onafhanklike Kongo in 'n Koue Oorlogstrydveld te verander. Die VS-administrasie in die 1960's het die moord op Patrice Lumumba, die Eerste Minister, wat slegs 'n paar maande vantevore in die land se eerste demokratiese verkiesings ingestem is, gemagtig. Washington, wat 'n groot rol in die aanstelling van Mobutu Seso Seko gespeel het en ook bygedra dat hy vir meer as 30 jaar aan bewind gebly het, moet verantwoordelikheid dra vir die haglike ekonomiese toestande, grootskaalse korrupsie en onderdrukking van menseregte in die Kongo Die Verenigde State van Amerika het Mobutu as 'n waardevolle bate beskou en was vasberade om hom ten alle koste aan bewind te hou en om sodoende te verseker dat die Kongo, 'n pro-westerse baken teen Sowjet-ambisies in Afrika bly. Toe Mobutu die eerste keer Washington in Mei 1963 besoek het, het President Kennedy die volgende gesê: 'Generaal, as dit nie vir jou was nie, het die hele ding in duie gestort en die kommuniste sou oorgeneem het ' Daaropvolgende VSA-presidente het geglo dat Mobutu die enigste alternatief teen kommunisme was en voortgegaan om hom finansieel en militêr te ondersteun. Die VSA was vasberade om Mobutu aan boord te hou en het basisse in die Kongo gebruik om wapens aan Angola se rebellesoldate te verskaf. Dit terwyl hulle geweet het dat Mobutu 'n baie korrupte en ondoeltreffende leier was. Volgens Roger Morris, VSA-verteenwoordiger vir Afrika-aangeleenthede in die 1970's, was dit nie goedkoop om Mobutu aan die kant van die VSA te hou nie. Daar word gesê dat die CIA (Amerikaanse Intelligensiediens) Mobutu se termyn verleng het deur meer as $300 miljoen se wapens en 'n $100 miljoen aan militêre opleiding te spandeer

Geskiedenis/V2 5 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 2B Die volgende bestaan uit 'n geskrewe en visuele bron. 1. Geskrewe Bron: Die volgende kom uit World History, A New Perspective. Dit lê klem op Mikhail Gorbatsjof se hervormingsmaatreëls. Gorbatsjof, 'n hervormingsgesinde kommunis, het in Maart 1985 sekretaris-generaal van die Sowjet Kommunistiese Party geword. Hy het hervormings, genoem Perestroika en Glasnost, ingestel wat vir groter openhartigheid en vryheid van spraak voorsiening gemaak het. Toe Gorbatsjof in 1988 die Verenigde Nasies toegespreek het, het hy homself daartoe verbind om die Koue Oorlog met die Verenigde State van Amerika te beëindig. Hy het besluit om van die Brezhnev-leer afstand te doen, die Kommunistiese Party se klem op wêreldrewolusie wat uit 1917 dateer het, te verwerp en was van voorneme om die gebruik van kernwapens te verminder. Rusland se ekonomie was sukkelend en konserwatief, en Gorbatsjof was nie langer bereid om Sowjet-beheerde regerings in Europa en Afrika te ondersteun nie. Gorbatsjof het sodoende sy steun aan geharde kommunistiese regerings in Europa en Afrika onttrek en die leiers van hierdie lande aangemoedig om nuwe bronne van ondersteuning te soek. Gorbatsjof het sodoende die pad vir politieke en ekonomiese hervormings in Europa en Afrika gebaan. 2. Visuele bron: Die bron hieronder is 'n spotprent deur Doonesbury wat in The Guardian, 13 Junie 1988, verskyn het. 'n Epifanie: Kyk na die feite meneer. Die Sowjette is hard besig met Perestroika, die Chinese is besig om hul ekonomie te herstruktureer Van Pole tot Viëtnam word gediskrediteerde kommunistiese ekonomiese en politieke modelle uitgedaag terwyl kapitalistiese waardes omarm word! Wat sê jy Howard? Ek sê dat die Koue Oorlog verby is, meneer! Dis verby ons het gewen! Ons het gewen? Times Square het binne ure uitgebars Epifanie: 'n Skielike openbaring.

Geskiedenis/V2 6 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 2C Die volgende bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron. 1. Geskrewe bron: Die volgende uittreksel uit A History of Fifty Years of Independence lê klem op die impak wat Gorbatsjof se hervormings op Mobutu se regering gehad het. Mikhail Gorbatsjof se perestroika-beleid het die Sowjet-Unie hervorm en gevolglik het Koue Oorlog-prioriteite vervaag. Demokrasie het in Afrika ontwaak en Mobutu was nie meer 'n waardevolle bondgenoot vir Amerika nie, maar eerder 'n verleentheid. In die 1990's het die Wêreldbank kennis geneem dat die ekonomie van die Kongo teruggesak het tot die vlak van 1958 terwyl die bevolking verdriedubbel het. Die gemiddelde lewensverwagting was twee-envyftig jaar, ongeletterdheid was aan die toeneem, vigs was algemeen en siektes soos builepes en slaapsiekte het weer uitgebreek. Die bank het ook genoem dat teen die einde van die eeu een van Afrika se rykste state minder as die daaglikse opbrengs van een van Amerika se spogwinkels, Wal-Mart, verdien het. Westerse moondhede het in Mobutu belê om hulle eie belange te bevorder. Trouens Chester Crocker, Amerika se voormalige assistent-sekretaris vir Afrika-sake, het die volgende gesê: 'As ons die negentigs se regeringstandaarde toegepas het, sou dit tot Mobutu se val gelei het en as ons hom gevra het om die krane toe te draai, sou sy eie mense hom omvergewerp het. Ek is oortuig daarvan dat ons eintlik vir 'n staatsgreep sou gevra het.' Toe die Koue Oorlog tot 'n einde gekom het, het Amerika egter geleidelik opgehou om Mobutu te ondersteun. Op 29 April 1997 het Amerikaanse onderhandelaars Mobutu ontmoet. Hulle het 'n brief van president Clinton aan hom oorhandig waarin daar probeer is om hom te oorreed om met 'eer en waardigheid' te gaan met die hoop dat dit die hoofstad van plundering en vernietiging sou red 'n moontlike gevolg van sy val. Hy is in 1997 omvergewerp en het in ballingskap gaan leef. 'n Nuwe regering onder Laurent Kabila het oorgeneem en Zaïre se naam is verander na die Demokratiese Republiek van die Kongo... 2. Visuele Bron: Die volgende is 'n Kubaanse spotprent wat wys hoe Amerika Mobutu oor die krans stoot met die woorde 'die tyd vir verandering het aangebreek' en hoe hulle Laurent Kabila in sy plek sit. Kabila en Mobutu hou beide skedels as septers (simbool van 'n regeerder) vas. Die tyd vir verandering het aangebreek Sê hy moet my die hooftooisel gee baas, ek wil dit ook hê

Geskiedenis/V2 7 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 3: HOEKOM WORD SUID-AFRIKA SE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING AS 'N KEERPUNT IN DIE LAND SE GESKIEDENIS BESKOU? BRON 3A Die volgende artikel het op die voorblad van die Daily News van 27 April 1994 verskyn. Die opskrif was 'Uiteindelik Een Nasie'. Nelson Mandela het vandag naby Durban gestem en dit as 'n onvergeetlike dag bestempel. Hy het verklaar dat Suid-Afrika een nasie is en minderhede gerusgestel oor hullle vrese... Mnr. Mandela het by die Hoërskool Ohlange in die landelike gebied van Inanda gestem. Omring deur veiligheidswagte, het die glimlaggende ANC-leier kort voor 7 vm by die stemlokaal aangekom. Hy is begroet deur 'n magdom kameras soos lede van die internasionale pers probeer het om hierdie historiese foto te neem. 'Dit is 'n onvergeetlike oomblik,' het hy verklaar kort nadat hy die graf van die skool se stigter en ook eerste president van die ANC, dr. John L Dube, besoek het. 'Hierdie is 'n historiese dag. Dit is 'n dag waarvoor ons mense gestry het,' het hy gesê. Toe mnr. Mandela gevra is vir wie hy stem en of dit 'n geheim is, het hy skertsend geantwoord: 'Ek worstel self met daardie vraag. Wanneer ek besluit, sal dit 'n geheim wees...' Mnr. Mandela het gesê: 'Soos jy kan dink, is dit 'n onvergeetlike oomblik vir alle Suid- Afrikaners. Dit is die verwesenliking van al die verwagtinge en drome wat ons gekoester het. Dit is die begin van 'n nuwe era. Ons beweeg nou uit 'n era van weerstand, verdeeldheid, onderdrukking, onrus en konflik en begin 'n nuwe era van hoop, versoening en nasiebou...' 'Dit laat ons almal besef dat hierdie land ons land is. Ons is een nasie.' President FW de Klerk, wat in Arcadia in Pretoria gestem het, het die volgende gesê: 'Dit is 'n groot dag vir Suid-Afrika. Dit is die dag waarvoor ons vir meer as vyf jaar gewerk het Ek is bly daar is soveel entoesiasme. Dit hou veel goeds vir die toekoms in.' IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, het by die Koning Zwelithini Stadion in Umlazi gestem. Hy is ook deur 'n magdom joernaliste dopgehou. Hy het glimlaggend gesê dat dit vir hom, as 'n vredeliewende mens, goed gevoel het om vir die eerste keer te kon stem. Hy was van mening dat vandag die geboorte van 'n nuwe nasie was

Geskiedenis/V2 8 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 3B Die volgende bron bestaan uit twee foto's wat in die Mail & Guardian van 27 April 1994 verskyn het. Foto 1: Dit wys entoesiastiese Suid-Afrikaners van alle rasse wat ure lank gewag het om in Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing te stem. Foto 2: 'n Onbekende man in een van Suid-Afrika se landelike gebiede, wat met sy stembrief bygestaan word.

Geskiedenis/V2 9 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 3C Die tabel hieronder bevat die uitslae van die 1994-verkiesing. Die tabel gee inligting oor die party, stemme en aantal setels wat elkeen van die sewe gewildste politieke partye verower het. Statistieke geneem uit Onafhanklike Verkiesingskommissieverslag, 1994. PARTY STEMME NASIONALE PERSEN- TASIE SETELS (%) NASIONALE VERGADE- RING SETELS African National Congress (ANC) 12 237 655 62,65 252 Nasionale Party (NP) 3 983 690 20,39 82 Inkatha Vryheidsparty ('IFP') 2 058 294 10,54 43 Vryheidsfront ('FF'/'F) 424 555 2,17 9 Demokratiese Party (DP) 338 426 1,73 7 Pan Africanist Congress van Azania (PAC) 243 478 1,25 5 African Christian Democratic Party (ACDP) 88 104 0,45 2

Geskiedenis/V2 10 DoE/Febr. Maart 2009 VRAAG 4: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE WONDE VAN SUID-AFRIKA SE VERLEDE GENEES? AGTERGRONDINLIGTING Die Suid-Afrikaanse Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 deur die Regering van Nasionale Eenheid geskep om te help met die bitter era van apartheid wat gekenmerk is deur geweld en menseregteskendings. BRON 4A Die uittreksel hieronder uit The New South Africa, hou verband met die Waarheids-en- Versoeningskommissie. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 gestig om ondersoek in te stel na menseregteskendings vanaf 1960. Die WVK het die mag gehad om amnestie te verleen solank as wat die skuldiges ten volle skuld beken het. Die kommissie moes ook versoening en eenheid onder Suid-Afrikaners bewerkstellig. Die WVK se mandaat was om onpartydig op te tree maar die samestelling van die WVK was nie gebalanseerd nie. Die voorsitter, Aartsbiskop Desmond Tutu, was 'n beskermheer van die United Democratic Front, die ANC se interne front sedert die vroeë 1980's... Die kommissie het ongeveer 21 300 verklarings van slagoffers ontvang wat verwys het na ongeveer 38 000 gevalle van ernstige menseregteskendings. Meer as 'n 1 000 skuldiges het amnestie ontvang nadat hulle hul dade ten volle beken het. Die Kommissie het eerder op die skuldige of slagoffer gekonsentreer as op die konteks en gevolglik is daar min van die werklike daad bekend gemaak. Kruisverhoor van slagoffers is nie toegelaat nie, maar hoorsê-bewyse is wel aanvaar. Aan die positiewe kant het die WVK 'n baie belangrike terapeutiese (genesende) rol gespeel omdat dit slagoffers die geleentheid gebied het om hulle stories te vertel en erkenning van hulle lyding te kry. In sommige berugte gevalle het die waarheid geseëvier. Lede van die Vlakplaas-eenheid en plaaslike polisie het om amnestie gevra vir die moorde op Mathew Goniwe en drie vriende buite Port Elizabeth, die 'Pebco Drie', die 'Gugulethu sewe', en baie ander 'geteikende moorde'. Lede van die ANC het om amnestie gevra vir die Kerkstraatbomaanval in Pretoria waar agtien mense gedood is.

Geskiedenis/V2 11 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 4B Die volgende bron is 'n gedig deur Christopher van Wyk. Hy vertel van die vele mense wat in aanhouding in die berugte John Vorster Plein polisiestasie in Johannesburg dood is tydens hulle aanhouding. Die gedig wys op die belaglike 'redes' wat die polisie vir die sterftes gegee het. Hy het vanaf die neënde vloer geval Hy het homself opgehang Hy het op 'n stuk seep gegly terwyl hy gewas het Hy het homself opgehang Hy het op 'n stuk seep gegly terwyl hy gewas het Hy het vanaf die neënde vloer geval Hy het homself opgehang terwyl hy gewas het Hy het vanaf die neënde vloer gegly Hy het van die neënde vloer gehang Hy het van die neënde vloer afgegly terwyl hy gewas het Hy het van 'n stukkie seep afgeval terwyl hy gegly het Hy het vanaf die neënde vloer gehang Hy het op die neënde vloer gewas terwyl hy gegly het Hy het vanaf 'n stukkie seep gehang terwyl hy gewas het

Geskiedenis/V2 12 DoE/Febr. Maart 2009 BRON 4C Die spotprente hieronder kom uit die boek Truth & Reconciliation in South Africa: 10 years on. Die redakteur van die boek is Charles Villa-Vicencio. Die spotprente is Zapiro se siening van die WVK. Perspektief 1: Hierdie spotprent deur Zapiro wys Aartsbiskop Tutu saam met moontlik óf 'n skuldige, óf 'n slagoffer óf 'n oorlewende saam met die media. Hulle het die kaart gevolg maar het by 'n kloof tussen die waarheid en versoening uitgekom. Perspektief 2: In hierdie spotprent wys Zapiro dat die leier van die Nasionale Party ook voor die WVK verskyn het. Aartsbiskop Tutu het gevoel dat die Nasionale Party se voorlegging 'n bespotting was, baie vaag was en dat hulle nie aanspreeklikheid vir hulle dade aanvaar het nie.

Geskiedenis/V2 13 DoE/Febr. Maart 2009 ERKENNINGS Visuele beelde en ander geskiedkundige bewyse is uit die volgende boeke geneem: Bradley, C. 1996. Causes and Consequences of the End of Apartheid (Raintree Steck Vaughn) Bottaro, J et al. 2007. In Search of History - Grade 12 (Oxford University Press) Clark, JF. 2002. The African States of the Congo War (Palgrave Publishers) Christie, K. 2000. The South African Truth Commission (Palgrave Publishers) Culpin, C. 2000. South Africa since 1948 (John Murray Publishers) Dlamini, N et al. 2007. Shuters History Grade 12 (Shuter & Shooter Publishers) Dugmore, C et al. 2007. Viva History Grade 12 (Vivlia Publishers & Booksellers) Friedman, M et al. 2007. Focus on History Looking into Past Grade 12 (Maskew Miller Longman) Gevisser, M. 2007. The Dream Deferred: Thabo Mbeki (Johnathan Ball Publishers) Govender, SP et al. 2007. New Generation History Grade 12 (New Generation Publishing Enterprises) New Generation History Grade 12 Study Guide 2008 (New Generation Publishing Enterprises) Graves, F et al. 2007. Moments in History (Juta Gariep) Mandela, N. 1994. Long Walk to Freedom (Abacus) Meiring, P. 1999. Chronicle of the Truth Commission (Carpe Diem Books) Meredith, M. 2005. The State of Africa. A History of Fifty Years of Independence (Jonathan Ball) Mkondo,R. 1993. Reporting South Africa (Heinemann Publishers) Mohamed, S et al. 2004. Capital flight from South Africa 1980-2000 http://www.tips.org.za/events/forum2004/papers Morris, M. 2004. Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa (Cambridge) Nugent, P. 2004. Africa Since Independence: A Comparative History, Palgrave (Macmillan) Roberts, M. 2001. South Africa 1948 1994 (Longman) Saul, S. 1986. South Africa the Crisis Deepens (Juta) Sparks, A. 1994. Tomorrow is Another Country (Struik Publishers) Sowetan (1 December 1998) Sunday Times: How Hani Died (11 April 1993 edition) Woods, D. 2001. Nelson Mandela:The Illustrated Long Walk to Freedom (Little Brown)