Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

SIZA takes the sting out of auditing

Hoe om krag te spaar

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dialoog en paragrawe *

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Tariewe

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

G. J. du Preez

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Stede en bedienswaardighede *

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Sterdansers by Vensters.

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Rubriek vir skeppende werk

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Tariewe

Mosselbaai Munisipaliteit

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

University of Cape Town

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

Helderberg Fishers Community

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

ENIGE LOS GEDAGTES OOR BEROEPSOPLEIDING

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Transcription:

Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte ELKEEN van ons het n droom, n begeerte, iets wat ons in die lewe wil wees," sê Mark Shuttleworth, n jong Suid-Afrikaner op n mediakonferensie in Rusland. Sy blou oorpak is versier met die Suid-Afrikaanse vlag. Tuis wag Suid-Afrikaners op die lansering van n Sojoez-tuig wat hom die eerste mens uit Afrika in die ruimte sal maak. Ná maandelange, moeilike opleiding deur die Russe, is díe jong man uiteindelik gereed om te vertrek. "Ek het altyd gehoop en geglo dat ek in die ruimte sou kon vlieg," sê hy op die mediakonferensie, "maar ek het altyd geglo ek sou moes wag vir die dag dat ek as n passasier kon vlieg " Só was dit in April 2002 toe Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaanse Internet-miljoenêr en entrepreneur, op 28-jarige ouderdom die wêreld se tweede toeris in die ruimte geword het. Mark se groot passie vir die tegnologie het hom na Sterstad in Rusland gelei, waar hy opgelei is vir n vlug na die Internasionale Ruimtestasie. Daar is destyds berig dat Shuttleworth se ruimtereis van tien dae hom 20 miljoen Amerikaanse dollar uit die sak gejaag het dieselfde bedrag wat die wêreld se eerste ruimtetoeris, Amerika se Dennis Tito, vroeër vir hierdie voorreg opgedok het. Maar Shuttleworth kon die geld vir sy ruimtereis maklik betaal. Op 22-jarige ouderdom het hy n Internet-konsultasie besigheid, Thawte Consulting, in sy ouers se garage in die Kaap begin. Die klem het spoedig van Internet-konsultasie na Internet-sekuriteit geskuif. Mark het vier jaar later sy maatskappy aan die Amerikaanse maatskappy Verisign verkoop. Die geld wat hy uit die transaksie gemaak het, was genoeg om sy ruimtereis n werklikheid te maak. Aangepas uit http://www.mieliestronk.com/ruimte/mielstk/shuttleworth.html Woordeskat/Vocabulary ruimte space begeerte wish/desire mediakonferensie media conference oorpak overall versier decorated lansering launching opleiding training passasier passenger miljoenêr millionaire toeris tourist passie passion tegnologie technology opgelei trained ruimtereis space travel/expedition konsultasie consultation sekuriteit security maatskappy company transaksie transaction werklikheid reality 1 of 12

Afrikaans 1st Add Language Grade 6 Vraag 1: Onderstreep die korrekte antwoord: 1.1 Dit was nog altyd Mark Shuttleworth se droom om: A B C D n ruimtevaarder te word. n toeris in die ruimte te wees. die rykste man op aarde te wees. n ruimtetuig te bou. 1.2 Mark was jaar oud toe hy sy eie besigheid verkoop het. A B C D twintig agt-en-twintig twee-en-twintig ses-en-twintig 1.3 Mark was die toeris in die ruimte. A B C D eerste derde tweede vierde 1.4 Hoeveel het sy ruimtereis hom gekos? A B C D Vraag 2: twintig miljoen dollar twintig duisend dollar twintig miljoen rand twintig miljard rand Antwoord die volgende vrae volledig: 2.1 Met watter tipe ruimtetuig was Mark Shuttleworth op sy eerste ruimtereis? (1) 2.2 Waar is Mark opgelei vir sy ruimtereis? (2) 2.3 Hoe lank het sy ruimtereis geduur? (1) 2.4 Wie was die wêreld se eerste ruimte-toeris en van watter land het hy gekom? (2) 2 of 12

2.5 Wat was die naam van Mark Shuttleworth se maatskappy? (1) 2.6 Waarheen het Mark in die ruimte gereis? (1) 2.6 Verduidelik hoe Mark Shuttleworth genoeg geld gekry het om sy droom waar te maak. (2) 2.7 Watter besigheid het Mark Shuttleworth se maatskappy bedryf? (2) 2.8 Wat was Mark Shuttleworth se groot passie (passion) in die lewe? (1) 2.9 Gee die Afrikaanse woorde vir elk van die volgende Engelse woorde: oxygen mask planet orbit (verb) Marshian antennas spaceship moon crater 2.10 Skryf vyf kreatiewe sinne oor die prentjie hieronder: (5) 3 of 12

Afrikaans 1st Add Language Grade 6 Afdeling B: Taal Vraag 1: Skryf al die getalname van die volgende getalle neer: (10) 6 27 300 110 5 100 7 90 10 000 4 000 900 Vraag 2: Skryf die volgende sinne. Begin met die woorde soos gegee: (5) 2.1 Die Amerikaanse ruimte-organisasie het altesaam ses pendeltuie gebou. In die toekoms 2.2 Die pendeltuig is uit die ruimte onttrek. Volgende jaar 2.3 Die ruimtetuig gaan na die Internasionale Ruimtestasie. Môre-oggend 2.4 Die pendeltuig land soos n sweeftuig. Oor n paar minute 2.5 Vyf tot sewe bemanningslede is nodig om die werk op die pendeltuig te voltooi. n Week van nou af Vraag 3: Gee die meervoud en verkleining van die volgende woorde: (15) Enkelvoud Meervoud Verkleining ouma foto kamera berg toeris pendeltuig droom vlag 4 of 12

Afrikaans 1st Add Language Grade 6 Vraag4: Voltooi die meervoude en verkleining gevra: (15) Op Mars sal (meer as een ruimtepak) 4.1 die enigste ding wees tussen (meer as een mens) 4.2 en n skielike dood. n Ruimtepak sal suurstof en hitte gee en mens ook teen lae lugdruk beskerm. Hierdie pakke is nou soos (meer as een ballon) 4.3 wat mense se (meer as een lyf) 4.4 stoot om die drukking reg te stel. n (klein knop) 4.5 stuur n stroom deur die pak en die drukking pas dan vanself aan. Dit klink na n briljante idee! (Meer as een wetenskaplike) 4.6 probeer om beter kos vir (meer as een ruimtevaarder) 4.7 te ontwikkel. Hulle plant nou slaai in (meer as een klein kussing) 4.8 vol kunsmis. Die kussings word onder ligte gelos en gereeld met water bespuit. Mars is baie droog daarom moet alle water bespaar word. Spesiale (meer as een toilet) 4.9 word gemaak wat water herwin. Die spoelwater gaan reguit van die toiletbak na die wasbak wat langs die toilet staan. Die toiletwater word eers deur n (klein filter) 4.10 gepomp en dan is dit skoon genoeg om te drink. Op Mars is die naaste dokter agt (maand) 4.11 weg. Almal in die ruimtetuig dra n (klein toestel) 4.12 om hulle (meer as een nek) 4.13 en word op die manier gereeld gemonitor. Die ruimtevaarders sal (meer as een reis) 4.14 moet onderneem om Mars te verken. Een reis kan tot agt (week) 4.15 neem! 5 of 12

Vraag 5: Identifiseer die sinsgedeeltes soos gevra (Sv1TOMPv2I): (14) 5.1 Die eerste pendeltuig het nie in die ruimte ingegaan nie. S v1 P v2 5.2 NASA het ses pendeltuie gebou. S v1 O v2 5.3 Die bemanningslede moet gereeld oefeninge doen om fiks en gesond te bly. S v1 T O v2 I Vraag 6: Herrangskik die sinsgedeeltes in die korrekte woordorde (Sv1TOMPv2I): (12) 6.1 [het] [Mark Shuttleworth] [altyd] [geweet] [hy wil in die ruimte vlieg] 6.2 [baie geld] [Toeriste] [sal] [om in die ruimte te vlieg] [betaal] 6.3 [aartappels] [in die pendeltuig] [gekweek] [Ruimtevaarders] [het] [al] 6.4 [dieselfde kant van die maan] [sal] [sien] [ n Mens] [op Aarde] [altyd] 6.5 [ n vlieënde piering] [lyk] [nie] [nie] [Die ruimteskip] [soos] 6.6 [vir twee-en-veertig jaar] [geen son nie] [Uranus se noordpool] [kry] 6 of 12

Afrikaans 1st Add Language Grade 6 Vraag 7: Voltooi die volgende deur die korrekte voorsetsels in te vul. Gebruik die woordblok hieronder om jou te help. Skryf ook alle tye uit in woorde. om op aan bo uit in van af Veels geluk! Dis die jaar 2035 en jy is gekies 7.1 deel te neem 7.2 die eerste kursus vir ruimtevaarders. Jou sending is 7.3 na Mars te reis. Jy moet eers aansoek doen 7.4 aan die proses deel te neem deur die vorms 7.5 te vul. Môre-oggend 7.6 8:30 (skryf die tyd in woorde) 7.7, sal almal 7.8 die ouderdom 7.9 agttien aanmeld vir die keuringsproses. 7.10 hierdie rede, sal jy vroeg 7.11 die bed moet spring. Later die oggend, so rondom 10:45 (skryf die tyd in woorde) 7.12 is die keurders 7.13 plan 7.14 n intelligensie toets te doen met al die deelnemers. Die toets sal bestaan 7.15 verskillende afdelings om te toets of jy 7.16 jou voete kan dink! Ek hoop nie dit is 7.17 jou vuurmaakplek nie! n Bus sal 7.18 en by 13:15 (skryf die tyd in woorde) almal oplaai vir n toer 7.19 die terrein. As jy hierna nog steeds 7.20 plan is 7.21 na Mars te gaan, sal jy gevra word 7.22 n kontrak te teken. Dink mooi of jy Mars 7.23 die Aarde verkies, voor jy teken! 7 of 12

MEMO: Vraag 1: Onderstreep die korrekte antwoord: 1.1 Dit was nog altyd Mark Shuttleworth se droom om: A n ruimtevaarder te word. B n toeris in die ruimte te wees. C die rykste man op aarde te wees. D n ruimtetuig te bou. 1.2 Mark was jaar oud toe hy sy eie besigheid verkoop het. A twintig B agt-en-twintig C twee-en-twintig D ses-en-twintig 1.3 Mark was die toeris in die ruimte. A eerste B derde C tweede D vierde 1.4 Hoeveel het sy ruimtereis hom gekos? A twintig miljoen dollar B twintig duisend dollar C twintig miljoen rand D twintig miljard rand Vraag 2: Antwoord die volgende vrae volledig: 2.1 Met watter tipe ruimtetuig was Mark Shuttleworth op sy eerste ruimtereis? Mark Shuttleworth het met n Sojoez-tuig sy eerste ruimtereis voltooi. 2.2 Waar is Mark opgelei vir sy ruimtereis? (2) Mark is opgelei in Sterstad in Rusland. 2.3 Hoe lank het sy ruimtereis geduur? (1) Sy ruimtereis het tien dae geduur. (write the number out in words) 2.4 Wie was die wêreld se eerste ruimte-toeris en van watter land het hy gekom? (2) Dennis Tito van Amerika was die eerste ruimte-toeris in die wêreld. 2.5 Wat was die naam van Mark Shuttleworth se maatskappy? (1) Mark Shuttleworth se maatskappy was genoem Thawte Consulting. (remember quotation marks) 2.6 Waarheen het Mark in die ruimte gereis? (1) Mark het gereis na die Internasionale Ruimtestasie. 8 of 12

MEMO: 2.6 Verduidelik hoe Mark Shuttleworth genoeg geld gekry het om sy droom waar te maak. (2) Mark Shuttleworth het sy Internet maatskappy, Thawte Consulting, aan die Amerikaanse maatskappy Verisign verkoop en genoeg geld gemaak om sy ruimtereis te kon betaal. 2.7 Watter besigheid het Mark Shuttleworth se maatskappy bedryf? (2) Mark se maatskappy het eers gefokus op Internet-konsultasies en later geskuif na Internetsekuriteit. 2.8 Wat was Mark Shuttleworth se groot passie (passion) in die lewe? (1) Tegnologie was Mark Shuttleworth se groot passie in die lewe. 2.9 Gee die Afrikaanse woorde vir elk van die volgende Engelse woorde: oxygen mask suurstofmasker planet planeet orbit (verb) wentel (wentelbaan - noun) Marshian Marsmannetjie antennas voelers spaceship ruimtetuig/ruimteskip moon crater maankrater 2.10 Skryf vyf kreatiewe sinne oor die prentjie hieronder: (5) Own work - example given: Neil Armstrong en Buzz Aldrin was die eerste Amerikaners wat op die maan geland het. Hulle ruimtetuig is met n vuurpyl hoog in die lug opgeskiet en hulle avontuur in die ruimte het begin. Ek dink hulle was seker baie bang en benoud toe hulle so vinnig in die ruimte ingeskiet is. Nadat hulle ruimtetuig op die maan geland het, het hulle met hulle ruimtepakke uitgeklim en die maan verken. Die maan is vol groot gate, wat kraters genoem word. Hulle het die Amerikaanse vlag op die maan geplant, om te wys dat hulle die eerste Amerikaners op die maan was. Afdeling B: Taal Vraag 1: Skryf al die getalname van die volgende getalle neer: (10) 6 ses 27 300 sewe-en-twintig duisend, driehonderd 110 honderd-en-tien 5 vyf 100 honderd 7 sewe 90 negentig 10 000 tienduisend 4 000 vierduisend 900 negehonderd 9 of 12

Vraag 2: Skryf die volgende sinne. Begin met die woorde soos gegee: (5) 2.1 Die Amerikaanse ruimte-organisasie het altesaam ses pendeltuie gebou. In die toekoms sal die Amerikaanse ruimte-organisasie altesaam ses pendeltuie bou. 2.2 Die pendeltuig is uit die ruimte onttrek. Volgende jaar sal die pendeltuig uit die ruimte onttrek word. 2.3 Die ruimtetuig gaan na die Internasionale Ruimtestasie. Môre-oggend gaan die ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie. 2.4 Die pendeltuig land soos n sweeftuig. Oor n paar minute sal die pendeltuig soos n sweeftuig land. 2.5 Vyf tot sewe bemanningslede is nodig om die werk op die pendeltuig te voltooi. n Week van nou af sal vyf tot sewe bemanningslede nodig wees om die werk op die pendeltuig te voltooi. Vraag 3: Gee die meervoud en verkleining van die volgende woorde: (15) Enkelvoud Meervoud Verkleining ouma oumas oumatjie foto foto s foto tjie kamera kameras kameratjie berg berge bergie toeris toeriste pendeltuig pendeltuie pendeltuigie droom drome droompie vlag vlae vlaggie Vraag4: Voltooi die meervoude en verkleining soos gevra: (15) Op Mars sal (meer as een ruimtepak) 4.1 ruimtepakke die enigste ding wees tussen (meer as een mens) 4.2 mense en n skielike dood. n Ruimtepak sal suurstof en hitte gee en mens ook teen lae lugdruk beskerm. Hierdie pakke is nou soos (meer as een ballon) 4.3 ballonne wat mense se (meer as een lyf) 4.4 lywe stoot om die drukking reg te stel. n (klein knop) 4.5 knoppie stuur n stroom deur die pak en die drukking pas dan vanself aan. Dit klink na n briljante idee! (Meer as een wetenskaplike) 4.6 wetenskaplikes probeer om beter kos vir (meer as een ruimtevaarder) 4.7 ruimtevaarders te ontwikkel. Hulle plant nou slaai in (meer as een klein kussing) 4.8 kussinkies vol kunsmis. Die kussings word onder ligte gelos en gereeld met water bespuit. 10 of 12

MEMO: Mars is baie droog daarom moet alle water bespaar word. Spesiale (meer as een toilet) 4.9 toilette word gemaak wat water herwin. Die spoelwater gaan reguit van die toiletbak na die wasbak wat langs die toilet staan. Die toiletwater word eers deur n (klein filter) 4.10 filtertjie gepomp en dan is dit skoon genoeg om te drink. Op Mars is die naaste dokter agt (maand) 4.11 maande weg. Almal in die ruimtetuig sal n (klein toestel) 4.12 toestelletjie om hulle (meer as een nek) 4.13 nekke dra en op die manier gereeld gemonitor word. Die ruimtevaarders sal (meer as een reis) 4.14 reise moet onderneem om Mars te verken. Een reis kan tot agt (week) 4.15 weke neem! Vraag 5: Identifiseer die sinsgedeeltes soos gevra (Sv1TOMPv2I): (14) 5.1 Die eerste pendeltuig het nie in die ruimte ingegaan nie. S Die eerste pendeltuig v1 P v2 het in die ruimte ingegaan 5.2 NASA het ses pendeltuie gebou. S NASA v1 O v2 het ses pendeltuie gebou 5.3 Die bemanningslede moet gereeld oefeninge doen om fiks en gesond te bly. S Die bemanningslede v1 T O v2 I moet gereeld oefeninge doen om fiks en gesond te bly Vraag 6: Herrangskik die sinsgedeeltes in die korrekte woordorde (Sv1TOMPv2I): (12) 6.1 [het] [Mark Shuttleworth] [altyd] [geweet] [dat hy wil in die ruimte vlieg] v1 S T v2 I Mark Shuttleworth het altyd geweet dat hy wil in die ruimte vlieg. 6.2 [baie geld] [Toeriste] [sal] [om in die ruimte te vlieg] [betaal] O S v1 I v2 Toeriste sal baie geld betaal om in in die ruimte vlieg 6.3 [aartappels] [in die pendeltuig] [gekweek] [Ruimtevaarders] [het] [al] O P v2 S v1 T Ruimtevaarders het al aartappels in die pendeltuig gekweek. 11 of 12

MEMO: 6.4 [dieselfde kant van die maan] [sal] [sien] [ n Mens] [op Aarde] [altyd] P v1 v2 S O T n Mens sal altyd op Aarde dieselfde kant van die maan sien. 6.5 [ n vlieënde piering] [lyk] [nie] [nie] [Die ruimteskip] [soos] O v S Die ruimteskip lyk nie soos n vlieënde piering nie. 6.6 [vir twee-en-veertig jaar] [geen son nie] [Uranus se noordpool] [kry] T O S v Uranus se noordpool kry vir twee-en-veertig jaar geen son nie. Vraag 7: Voltooi die volgende deur die korrekte voorsetsels in te vul. Gebruik die woordblok hieronder om jou te help. Skryf ook alle tye uit in woorde. Veels geluk! Dis die jaar 2035 en jy is gekies 7.1 om deel te neem 7.2 aan die eerste kursus vir ruimtevaarders. Jou sending is 7.3 om na Mars te reis. Jy moet eers aansoek doen 7.4 om aan die proses deel te neem deur die vorms 7.5 in te vul. Môre-oggend 7.6 om 8:30 (skryf die tyd in woorde) 7.7 halfnege, sal almal 7.8 bo die ouderdom 7.9 van agttien aanmeld vir die keuringsproses. 7.10 Om hierdie rede, sal jy vroeg 7.11 uit die bed moet spring. Later die oggend, so rondom 10:45 (skryf die tyd in woorde) 7.12 kwart-voor-elf is die keurders 7.13 van plan 7.14 om n intelligensie toets te doen met al die deelnemers. Die toets sal bestaan 7.15 uit verskillende afdelings om te toets of jy 7.16 op jou voete kan dink! Ek hoop nie dit is 7.17 bo jou vuurmaakplek nie! n Bus sal 7.18 om en by 13:15 (skryf die tyd in woorde) kwart-oor-een almal oplaai vir n toer 7.19 van die terrein. As jy hierna nog steeds 7.20 van plan is 7.21 om na Mars te gaan, sal jy gevra word 7.22 om n kontrak te teken. Dink mooi of jy Mars 7.23 bo die Aarde verkies, voor jy teken! 12 of 12