Hoofstuk 2. Teoretiese agtergrond tot die benutting van yoga met adolessente dogters

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

DIADIESE GESTALTSPELTERAPIE TEN EINDE N I-THOU VERHOUDING TUSSEN DIE OUER EN ADOLESSENT TE BEVORDER. deur CATHARINA ELIZABETH RABBETS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Rut: n Liefdes Verhaal

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

BenguFarm Bestelvorm

MARIANNE VAN DER HOVEN

N GESTALTPERSPEKTIEF OP DIE BELEWING VAN WELSTAND BY LAERSKOOLONDERWYSERS: VERKENNENDE STUDIE. deur ILZE DU PLESSIS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

9 Holistiese model van n veranderingproses

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GESTALT-GROEPTERAPIE MET VROЁE ADOLESSENTE NA DIE DOOD VAN N OUER EN DIE BENUTTINGSWAARDE VAN SCRAPBOOKING AS HULPMIDDEL. deur TARIEN HAMMAN

BEWUSWORDING BY DIE ADOLESSENTE DWELMAFHANKLIKE TYDENS DIE TERAPEUTIESE PROSES: N GESTALTBENADERING

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

HOëRSKOOL PORTERVILLE

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

n GESTALTSPELTERAPIE PROGRAM VIR BEWUSTE MULTISENSORIESE WAARNEMING

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

DROOMONTLEDING: N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE HULPMIDDEL VIR INSIG IN DIE EMOSIONELE PROBLEME VAN ADOLESSENTE. deur ANITA CATHERINA JONES

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

STANDAARDISERING VAN N GESTRUKTUREERDE OBJEKTIEWE TEMATIESE APPERSEPSIE-TOETS. deur CORNELIA MAGRIETHA PEEK

INHOUDSOPGAWE VERKLARING...5 DANKBETUIGING...6 OPSOMMING...7 SUMMARY...8 HOOFSTUK INLEIDING EN AGTERGROND VAN MY VERHAAL...9

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

BENUTTING VAN SANDSPEL IN DIE EKSPLORERING VAN DIE LEEFWÊRELD VAN ADOLESSENTE VOLGENS DIE GESTALTBENADERING IN MAATSKAPLIKE WERK

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE NAVORSINGSPROSES. Epilepsie is een van die verskynsels wat oor die eeue saam met die mens

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Die vrou, swangerskap en die dier in die kortverhaal Katvoet deur Riana Scheepers: n fenomenologiese ondersoek

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

HOOFSTUK 2 DIE FENOMEEN LEERGESTREMDHEID

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

DIE SELFKONSEP VAN STUDENTE WAT HAKKEL: 'Ν VERKENNENDE ONDERSOEK

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

DIE FENOMENOLOGIESE BELEWENIS VAN DISSOSIATIEWE IDENTITEITSVERSTEURING. deur. Ester van Wyk VERHANDELING

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

investigating the dialogue between craft and design a centre for the crafts in the inner city of Pretoria

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

A CONSTRUCTIVIST DESCRIPTION OF CHANGING PERCEPTIONS AT A WELFARE SOCIETY SOPHIA ELIZABETH JACOBA COMMERFORD

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

DIE KO-KONSTRUKSIE VAN BETEKENISSISTEME DEUR VERTELLING IN TERAPIE. MICHELLE GRoNUM

Ingehandig by die F AKULTEIT TEOLQGIE. van. G "'-b DIE UNIVERSITEIT VAN DURB:::WESmLLE. die vereistes tot die voltooiing

Hoofstuk 5. n Vasgeloopte verhaal. 5.1 Die konteks. n Kortsluiting in verskillende perspektiewe

DIE INVLOED VAN TAALVAARDIGHEID OP DIE MEETKUNDEDENKEVAN GRAAD 8 EN 9 LEERDERS

'n KRITIESE ONDERSOEK NA DIE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Studentenommer: Ek verklaar hiermee dat:

DIE BYDRAE VAN PSIGODINAMIESE GROEPINTERVENSIES TOT ORGANISASIE- ONTWIKKELING. deur DIEDERIK JOACHIM GELDENHUYS. voorgelê luidens die vereistes

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Tariewe

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

COPING IN DIE SUID-AFRIKAANSE GEHEIME DIENS: 'N FORTIGENE-BENADERING

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Transcription:

Hoofstuk 2 Teoretiese agtergrond tot die benutting van yoga met adolessente dogters 2.1 Inleiding Die bevordering en die aanmoediging van bewustheid vorm die hoeksteen van Gestaltpraktyke. Daar kan egter verkeerdelik hierna verwys word as selfbewus te wees. Bewustheid in Gestalt vorm n integrale deel van die Gestaltbenadering. Yoga se strek-, krag- en meditasieoefeninge fokus op verskillende liggaamsdele. Hierdie fokus lei tot n bewuswording van die liggaam en die kognitiewe, wat moontlik n bydrae kan lewer tot die vorming van n geheelbeeld by die mens. Hierdie hoofstuk bied n teoretiese raamwerk waar die Gestaltbenadering, Gestaltterapie asook die bewuswording van die adolessent deur Yoga bespreek gaan word. n Deeglike agtergrond en begrip van die ontstaan en ontwikkeling van die Gestaltbenadering moet onderlê word om aansluiting by die Gestaltterapeutiese proses te vind. Die studie aangaande die bevordering van die bewustheid van die adolessente dogters deur middel van yoga, vorm die belangrikste komponent en inderdaad ook die fokuspunt. Om n onderbou te vorm vir die studie is dit noodsaaklik om die fundamentele beginsels van Gestalt te bespreek (2.2). In hierdie hoofstuk sal daar ook aandag gegee word aan die adolessent vanuit die Gestaltbenadering (2.3) en yoga en die Gestaltbenadering (2.4). 25

2.2 Gestalt Die basiese beginsels van Gestalt is die verkryging van bewustheid. Bewuswording vorm die hulpbron wat noodsaaklik is vir probleemoplossing en om die vorming van n eenheid, n wholeness. Vervolgens word die benadering van Gestalt bespreek (2.2.1), sowel as Gestaltterapie (2.2.2), bewustheid (2.2.3) en Perls se vyflaagmodel (2.2.4). 2.2.1 Die Gestaltbenadering Die Gestaltbenadering tot terapie is aanvanklik ontwikkel deur Frederick Perls, sy vrou Laura en kollega Paul Goodman (Sills et al., 1995:3). Corey (2000:304) beweer dat die Gestaltbenadering in 1940 ontstaan het. Mwamwenda (1995:227) verskil egter van Sills et al. en voer aan dat die teorie ontwikkel is deur drie Duitsers, naamlik Max Wertheimer, Wolfgang Kohler en Kurt Koffka. Hul benadering tot die sielkunde verskil van die tradisionele uitgangspunte met die gedagte oor wat is teenoor wat behoort te wees. Gestalt, wat vorm, figuur of organiseer beteken, benadruk die belangrikheid van die Gestalt van die patroon wat gevorm word, en nie die individuele aspekte nie (Mwamwenda, 1995:227). Hierdie stelling beklemtoon die waarde van persepsie, insig en bewustheid en is van belang vir die studie met yoga as bevorderaar van bewustheid in groepverband. Volgens die Gestaltbenadering besit elke mens n selfreguleringsmeganisme wat hom of haar kan help om probleme te hanteer, indien daar genoegsame bewustheid en omgewingsondersteuning is (Corey, 2000:304). Corey (1995:293) konstateer dat die individu volgens die Gestaltbenadering haar eie weg in die lewe moet vind en verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar. Volgens die Gestaltbenadering is n mens in wese verantwoordelik vir haar eie konflik, maar sy besit wel die vermoë om hierdie konflik te hanteer. Yssel (1999:81) beaam dat daar volgens die 26

Gestaltbenadering, op die menslike groei, bewustheid en verantwoordelikheid gefokus word. Die konsep wholeness, of georganiseerde eenheid, word algemeen aanvaar as Gestalt volgens Weiten (1994:93): There are wholes, the behavior of which is not determined by that of their individual elements. Soms word die eenheid verkeerdelik waargeneem en word kwaliteite beleef wat nie bestaan nie. Om die hele prentjie in oënskou te neem vorm n integrale deel van die Gestaltbenadering. Volgens Weiten (op cit.) vorm holisme een van die fundamentele beginsels van Gestaltterapie. Louw en Edwards (1997:397 stem hiermee saam en beweer dat die mens die vermoë besit om n situasie as n geheeleenheid te sien. In Gestalt bestaan daar sekere wette wat dié beginsel van georganiseerde persepsie beaam, naamlik: die wet van proximity of nabyheid; die wet van ooreenkomste; figuur/grond; kontinuïteit en die phi fenomeen. Al hierdie wette vorm deel van die Wet van Pragnanz, wat betekenisvolle of goeie vorm impliseer. Twining (1998:133) is van mening dat n eindproduk gevorm word met die geringste organisasie en die minste kognitiewe inspanning. Volgens die Gestaltbenadering word die klem op die geheel en geïntegreerde ondervindinge in groepe, voorwerpe of op individue geplaas. Die essensiële boodskap is dus dat die geheel meer is as die totaal van gedeeltes of fragmente. Die persoon word gesien met emosies, gedagtes, sensasies en persepsies. Yoga vind ooreenkomste met die Gestaltbenadering in die strewe na die konsep van wholeness of eenheid, balans en ekwilibrium. Die fokus op die geheel en geïntegreerde ondervindinge in groepe, voorwerpe of individue vorm n integrale deel van yoga. Weller (1995:3) beaam hierdie bevinding deur te beklemtoon dat yoga die mens nie fragmenteer nie, maar as n eenheid of geheel beskou. 27

Perls, wat betrokke was by die fenomenologie, benadruk dat bewuswording iets is wat nou gebeur en dus die waarheid is op die huidige oomblik. Dit lei tot die konsep van die hier-en-nou in Gestalt. Perls benadruk die belangrikheid van die huidige oomblik in die leerproses: gister is iets van die verlede en die toekoms moet nog plaasvind (vergelyk Sills et al., 1995:5; Corey 1995:294). Die Gestaltbeskouing is eksistensieel, eksperimenteel en fenomenologies, met die fokus op die hede. Fenomenologie bied die geleentheid om bewus te word en betekenis te gee aan gebeure. Die fenomenologiese benadering, wat die bevordering van die bewuste aanmoedig, kan inderdaad met yoga vergelyk word. Tydens die uitvoer van die yogabewegings met adolessente dogters val die klem op dit waarmee ek nou besig is. Hierdie stelling word bevestig deur Lark (2000:10) en beaam deur Weller (1995:3), wat beweer dat yoga poog om die liggaam, siel en emosies in n staat van balans of ekwilibrium te bring om so die persoon te bewus te maak van die hier-en-nou. Fritz en sy vrou Laura Perls was in Suid-Afrika woonagtig tot 1949, voordat die 53-jarige Fritz Perls en Laura Perls na New York verhuis het. In Amerika het hy verskeie kollegas ontmoet en met hulle saamgewerk. Dit sou inderdaad n groot invloed op hom hê. Die filosowe en skrywers Paul Goodman en Paul Weiss het Perls bekend gestel aan die Oosterse tradisies en filosofieë, wat Perls aangetrokke gemaak het tot die Zen Buddhisme, waar die klem op die bewuswordingsproses val (Sills et al., 1995). Sills et al. (1995:6) beklemtoon die belangrikheid van die bewustheid in die huidige oomblik as dit die eksistensialisme en die fenomenologie komplimenteer. Die Gestaltbenadering het ontwikkel van n sintese tot n verskeidenheid benaderings en filosofieë, wat die volgende insluit: tradisionele psigoanalise; Gestalt sielkunde; 28

fenomenologie; eksistensialisme; interpersoonlike psigoanalise; Reichian bodywork; holisme; veldteorie; Zen Buddhisme; Psigodrama; en die teater. Alhoewel al die elemente los van mekaar staan vorm hulle tog n geïntegreerde eenheid van Gestalt (Sills et al., 1995:8). Hierdie benadering vind aansluiting by yoga, waar elke beweging as n eksperiment beskou word en tot selfontdekking kan lei (Meaux, 2002:7). Daar word verwys na yoga as n... balanced regime of bodily and mental training... Terme soos open; lengthen; create space; release en surrender word as yogaterme gebruik om bewustheid van die liggaam teweeg te bring (vergelyk Lark, 2000:26; Weller, 1995:1). Hierdie terapeutiese benadering kan suksesvol op beide kinders en adolessente toegepas word, aangesien al die konsepte en beginsels verwant is aan gesonde kinderontwikkeling en kinderpsigopatologie (Yssel, 1999:81). Gestaltterapie vloei voort vanuit die Gestaltbenadering en word vervolgens bespreek. 2.2.2 Gestaltterapie Perls is in Berlyn gebore en het in Duitsland gewoon tot in 1933. Sy lewenservaring as n Jood in n nie-joodse gebied, sy anti-fascistiese sienswyse, rebelse persoonlikheid en die verskillende rigtings van sy studies het bygedra tot die benadering en vorm van terapie wat hy later ontwikkel het. Fritz Perls het in 29

die medisyne gekwalifiseer en opleiding begin as n Freudiaanse psigoanalis. Hy het sy studies in 1928 in Wene voltooi. Gedurende en selfs na hierdie tydperk het Perls verskeie analises ondergaan. Hierdie konsepte het n noemenswaardige rol in Perls se lewe gespeel en die fundamentele basis van Gestaltterapie gevorm. Dit sluit die volgende belangrike beginsels in: dat patologiese gedrag deur bewuswording betekenis dra; dat ervaringe gedurende kinderjare n invloed op die volwasse lewe het; dat die mens n strewe het na homeostase en ekwilibrium (Sills et al., 1995:4). Gestaltterapie as n terapeutiese benadering word deur Gouws et al. (1982:104) beskryf as n [v]orm van psigoterapie wat deur F. Perls ontwikkel is en wat toegespits is op dit wat onmiddellik teenwoordig is, met die doel om die kliënt te help om die gewaarwordinge van sy ervarings in hul totaliteit te verbeter. Halonen en Santrock (1996:622) beweer dat Perls en Freud dieselfde sentiment deel betreffende drome en dat die uitleg daarvan n belangrike deel van die terapeutiese proses vorm, asook dat sekere sielkundige probleme hul oorsprong in onvoltooidhede uit die verlede het. In ander opsigte is hulle egter totaal verskillend van mekaar. Volgens Halonen en Santrock (1996:622) is Perls van mening dat konflik opgelos kan word deur in die hier-en-nou met die individu se lewe te werk. Die Gestaltterapeut begelei die kliënt om n besluit te neem asof die verlede steeds n beduidende rol in haar lewe gaan speel en met die doel om n hier-en-nou besluit te neem om daadwerklik n verandering te maak. Perls benadruk die feit dat Gestalt n eksperimentele terapie is en dat dit nie n verbale of interpretering is van dit wat die kliënt moontlik voel of beleef nie (Corey, 1995:295). Yssel (1999:81) verwys na Gestaltterapie as n humanistiese prosesgeorïenteerde vorm van terapie wat betrekking het op al die aspekte van n persoon, naamlik die sintuie, die liggaam, emosies en die intellek. 30

In Gestaltterapie word daar gepoog om n besonderse verhouding, naamlik die ek-jyverhouding met die terapeut te vorm, wat fokus op die onmiddellike en wat ten doel het om die kliënt se gewaarwordinge en ervarings in totaliteit te verbeter deur die klem op die hede te plaas. Hierdie totaliteit omsluit die kognitiewe denke en emosionele belewenis van n persoon tydens n gebeurtenis of belewing. Een van die belangrikste bydraes van Gestaltterapie is volgens Corey dat die klem op die leerproses in die huidige oomblik geplaas word: dit bied die geleentheid vir ware groei en ontwikkeling om plaas te vind (vergelyk Yssel, 1999:81; Corey, 2000:309.) In aansluiting hierby is Yontef (1993:21) van mening dat Gestaltterapie vry, spontaan, lewendig en kreatief is. Vir die bevordering van die bewuswordingsproses deur middel van yoga kan daar inderdaad van n kreatiewe, spontane en n vrye proses gepraat word asook om met verantwoordelikheid op te tree. Daar word van die terapeut verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir dit waarmee sy besig is. Yontef (1993:150) voer aan dat: Gestalt therapy is freedom to do therapy with spontaneity, liveliness and creativity. But it also entails responsibility. Responsibility to know what you are doing. Responsibility to improve therapy. Die sentrale doel van Gestaltterapie is, die bevordering van die individu se huidige gesentreerde bewuste, soos beskryf deur Corey (2000:309). Daar word gepoog om die bewustheid te bevorder deur op die ervaring en belewing van die yogabewegings te fokus. Bewustheid sluit in die persoon of organisme se kennis van die omgewing, verantwoordelikheid vir keuses wat gemaak is, selfkennis, selfaanvaarding en die vermoë om kontak te kan maak met haarself en ander in die omgewing. Bewustheid is n toestand waarin die organisme sy aandag fokus op n spesifieke area van die omgewing of die organisme (vergelyk Meyer en Salmon, 1983:106). Gestaltterapie impliseer die bewuswording van die self 31

asook die ontwikkeling van insig deur n katarsis, wat reiniging of suiwering impliseer (Yontef, 1993:21). Hierdie bewustheid word vervolgens nader ondersoek. 2.2.3 Die Bewustheid Om bewus te wees is om in kontak te wees met n mens se bestaan en omgewing. Volgens Lark (2000:26) is bewusmaking van verskillende liggaamsdele n voortdurende uitdaging gedurende die beoefening van yogabewegings. Die gevolg is n kognitiewe sowel as liggaamlike wisselwerking wat plaasvind tydens die beoefening van die bewegings. Halonen en Santrock (1996:622) postuleer dat Gestaltterapeute vrae en uitdagings aan die kliënt stel om bewustheid van emosies en gevoelens te verhoog. Corey (2000:305) beklemtoon die feit die kliënt nie die gereedskap besit om persoonlike verandering teweeg te bring sonder bewustheid nie. Die kliënt se proses word geopenbaar deur te fokus op bewegings, postuur taalpatroon, stemgebruik, gebare en sosiale gedrag (Corey, 2000:309). Die bewusmakingsproses word bevorder in yogabewegings deur op oppervlakkige gedrag in groepverband te fokus, byvoorbeeld adolessente dogters se gegiggel, teruggetrokkenheid of spontane gedrag. Oaklander (1994:285) verwys na bewusmaking deur verskillende belewenisse tydens eksperimente wat deur die spelterapeut toegepas word as... experiencing the process - what I do and how I do it. Sills, Fish en Lapworth (1995:22) beaam die belangrikheid van bewusmaking in die ontdekking van die kliënt se proses in Gestaltterapie: Awareness is at the heart of both the theory and the practice of Gestalt counselling. In Gestalt therapy, the only goal is awareness. Volgens Schoeman (1996a:30) is elke kind se proses sy selfhandhawingsisteem. Daar kan na yogabewegings verwys word as n nuwe ondervinding wat die bevordering van bewustheid by die adolessente dogter ten doel het. 32

Schoeman (1996b:52) konstateer dat die bewustheidskontinuum die doel kan hê om bewustheid van n mens se liggaam en onderdrukte negatiewe emosies te erken en dan ontslae te raak daarvan. Bewustheid impliseer die mate waartoe n kliënt sy opdrag kan reguleer of beheer en bewus is daarvan. Volgens die ABCraamwerk van terapeutiese verhoudings is die taak van die terapeut gevolglik om die kliënt te lei tot bewustheid van sy emosies en ervarings. Samevloeiing, introjeksie, projeksie, retrofleksie en defleksie funksioneer as meganismes om die persoon gesond te hou, maar is nadelig indien dit funksioneer sonder bewustheid. Schoeman (1996a:30) stem hiermee saam en beklemtoon die belangrikheid van eksperimentele oefeninge met die kind of adolessent. Die Gestaltbenadering ondersteun die kliënt se ontdekking van wie sy is en hoe sy haar lewe in die wêreld handhaaf (Sills et al., 1995:75). Bewustheid verteenwoordig ondervinding, kontak, onafhanklikheid van die organisme en omgewing. Volgens Joyce en Sills (2002:33) is dit n eenvoudige maar kragtige voorstelling van die formasie, onderbrekings en voltooiing van figure wat te voorskyn kom. Hierdie siklus, soos voorgestel in Figuur 3.1, identifiseer verskillende vlakke vanaf die oomblik dat sensasie beleef word benoem en identifiseer word, tot waar volle sin van die kontaksituasie gemaak kan word. 33

Mobilisasie Beplanning Erkenning Waardering Aksie Eksperimentering Metafoor Kontak Voltooi I-Thou ontmoeting Satisfaksie Aanvaarding Bewustheid Stimuli/Sensasie Onttrekking Die vrugbare reis Ekwilibrium Figuur 3.1 Die siklus van n belewenis voorgestel deur Joyce en Sills (2002:34) Gestaltterapie word as n wiel met speke voorgestel, waarin elke speek n konsep verteenwoordig. Bewustheid vorm een van die speke en fokus op die hede eerder as die verlede. Die stimuli of sensasies wat beleef word, beïnvloed die bewuste (Sills et al., 1995:52). Hierdie stelling word deur Oaklander beaam wanneer sy daarop wys dat indien die terapeut die kliënt help om meer bewus te word van sekere voorkeure en afkeure, sy in staat sal wees om keuses in die lewe te maak (Oaklander, 2000:31). Bewustheid beteken kontak met n mens se eie bestaan, haar lewe, emosie en prosesse. n Mens word bewus van sekere sensasies, gevoelens en gedagtes in haarself (Yontef, 1993:145). Yoga bevorder bewustheid deur bewegings aan te moedig wat in harmonie is met die korrekte asemhalingstegnieke, om sodoende n gevoel van selfbeheersing te skep. Weller 34

(1995:3) merk in hierdie verband op dat... a sense of being in touch with yourself, at a deeper level, becomes apparent. Laeng-Gillistt (ongedateer) benadruk sensoriese bewustheid. Die individu ontwikkel in omstandighede binne n sekere leefwêreld. Laeng-Gillistt verduidelik voort deur te konstateer dat die mens n bewustheid van wie of wat hy is ontwikkel deur sensoriese ondervindings in die leefwêreld waarin hy homself bevind. Weller (1995:3) verskil egter van Laeng-Gillistt en beklemtoon die feit dat yogabewegings fokus op die persoon as geheel om liggaam en verstand bymekaar te bring en n sielkundige en fisiese harmonie te vorm. Beweging word geklassifiseer as deel van die mens se sensoriese modaliteite: Moving, or kinesthetic perception, is a kind of internalized touch sensation... (Le Roux, 2000:65). Hierdie sensoriese persepsies vind plaas wanneer n mens voel hoe haar spiere en gewrigte werk. Oaklander (1994:285) benadruk die feit dat daar op sensoriese vlak effektief kontak gemaak word deur verskeie bewegingsvorme. Die manier waarop die liggaam as n instrument gebruik word om die beweging uit te voer is n vorm van uitdrukking en kommunikasie. Oaklander (op cit.) beklemtoon dat beweging n bydrae kan lewer tot die persoonlike keuses wat n mens maak. Deur bewus te word van haar persoonlike behoeftes tydens bewegings, kan n mens op n persoonlike vlak besluite neem oor voorkeure en afkeure om behoeftes te bevredig (Oaklander, op cit.). Bewustheid gaan gepaard met n verskeidenheid sensoriese toevoere wat, volgens Zinker (1977:37-136) die boustene vir die eksperiment vorm. Yoga fokus op die bewustheid van die hier-en-nou tydens die uitvoer van die bewegings. Sensoriese afstomping gaan hand aan hand met n verlies aan die self, maar die individu kan weliswaar ontwaak met die erkenning en aanvaarding van sensasies, gevoelens en emosies tydens die herontdekking van die liggaam (Oaklander, 35

1994:284). Sodra die adolessent nie meer erkenning gee aan boodskappe wat sy van haar liggaam ontvang nie, verloor sy die vermoë om keuses te maak en werklik selfversorgend op te tree. Dit kan aanleiding gee tot n onvermoë om waar te neem, te ervaar en bewus te wees van haar eie belewenisse. In so n geval is dit noodsaaklik dat die adolessent weer moet leer om eienaarskap en verantwoordelikheid vir haar eie liggaam en sensasies te aanvaar (Schoeman, 1996b:53). Zinker (1977:125) is van mening dat die Gestaltbenadering die belangrikheid van ervaring beswaarlik kan oorbeklemtoon. Eerstehandse, persoonlike ervaring is die middel waardeur leer en bewussyn bewerkstellig word. Die Aha-belewenis, om te weet hoe mens is en voel en wat vir haar goed is, kan net verkry word deur deel te wees van n ervaring en deur aktiewe kontakproses waarbinne die mens as outonome wese op grond van haar eie belewenisse onderskei en besluit (Zinker, op cit.). Belangrike aannames rakende die adolessent se funksionering, kan deur sy liggaamshouding of gesigsuitdrukking n aanduidings wees van die huidige vlak van sensoriese integrasie en funksionering binne die omgewing (Oaklander, 2000:30-31). Kinders wat hiperkineties is, het volgens Oaklander (1988:129) nie gevoel of beheer oor hulle liggame nie, alhoewel hulle baie liggaamsbewegings uitvoer. Oefening in liggaamsbeheer is dus beide noodsaaklik en pret. Die moontlikhede is eindeloos in Gestaltterapie wat vry, kreatief en oorspronklik is, solank die terapeut bereid is om kreatief te dink. Liggaamlike uitdrukking gee uitdrukking aan die ware of oorspronklike self (Mohacsy, 1995:32-33). Yontef (1993:203) meld in hierdie verband ook dat: Awareness is a form of experiencing. It is the process of being in vigilant contact with the most important event in the individual environment field with sensori-motor, emotional, cognitive and 36

energetic support. Die bewustheid en bewustheidskontinuum bepaal in watter mate die adolessent kontak maak met die self en is dus noodsaaklik vir bespreking vir hierdie studie. In die afdeling hieronder word meer aandag daaraan gegee. 2.2.3.1 Kontak en Bewustheid binne Gestalt Volgens Freazao (1999:4) vind kontak plaas deur die kontakfunksies of sintuie, sig, reuk, smaak, gevoel en gehoor. Die kontakfunksie organiseer die mens se persepsies en gee betekenis aan emosies. Kontakgrense is die ontmoetingsplek tussen die bekende en onbekende. Dit is n plek waar energie gedeel word en n beweging tot nuwe bewustheid lei, aldus Hamilton (1997:56). Die beoefening van yogabewegings is vir die adolessente dogter n onbekende ervaring en dus n ontmoetingsplek tussen die bekende en onbekende. Kontak kan beskryf word as die wisselwerking tussen die individu en die omgewing wat in alle sisteme plaasvind en dit verbind die persone en omgewing met mekaar. Dit kan beskryf word as ervaring wat plaasvind... at the boundary between the organism and its environment... We speak of the organism contacting the environment, but it is the slimmest and first reality (From, 1994, soos deur Perls, Hefferline en Goodman aangehaal). Latner (1992) beskryf kontak as die kwaliteit van bewustheid wat die ontmoeting behels tussen dit wat verskil. Die voorwaarde van kontak is dat die ervaring n verskil moet maak. Volgens Yontef (1993:3) moet verandering by die kliënt selfgemotiveerd wees. Dit impliseer dat die kliënt bewus moet word van natuurlike, persoonlike kontak, asook verantwoordelikheid en spontaneïteit wat verandering teweeg kan bring (Yontef op cit.). Peter Cole (ongedateer) bevestig weereens dat die doel van Gestaltterapie is om die kliënt bewus te maak. Hy beklemtoon dit dat die kliënt 37

eers kan verander nadat bewuswording plaasgevind het. Freazao (1999:3) wys daarop dat kontak n voorvereiste is vir die bewuswordingsproses en groei en dat verandering slegs kan plaasvind nadat daar kontak gemaak is. Kontak is die punt van verandering en daarom is dit belangrik vir terapie, want terapie is verandering, aldus Hamilton (1997:141). Volgens Erikson se agt ontwikkelingsfases van die mens behels die vyfde fase (adolessensie) die ontwikkeling van identiteit versus rolverwarring. (Twining, 1998:359). Dit impliseer dat die adolessent vrae beantwoord wat die soeke na n eie identiteit beantwoord (Papalia & Olds, 1994:346). Selfontdekking van eie behoeftes en emosies vorm n belangrike hoeksteen van bewuswees. Buber (1993:141) bevraagteken die doel van die mens sonder kennis en benadruk dat kennis mag is en dat die uiteindelike doel van die mens vorm. Die volgende kernbegrippe met betrekking tot kontak en bewustheid word vervolgens bespreek. Kontakgrense Die kontakgrens is die ontmoetingsplek tussen die bekende en onbekende. Dit is n plek waar energie gedeel word en n beweging tot nuwe bewustheid ontstaan (Hamilton, 1997:56). Die kontakgrense is nodig om te voorkom dat die kind sy identiteit verloor. Yssel (1999:89) poneer dat die organisme toepaslike vloei van kontak en ontrekking moet kan reguleer ten einde Gestaltvoltooiing te kan bewerkstellig. Vir die Gestaltterapeut is weerstand tot kontakmaking betekenisvol. Vanuit n Gestaltperspektief beteken weerstand die weerhou van n ervaring in die teenwoordige, of in die hier-en-nou (Corey, 2000:310). Veldteorie Gestalt is fundamenteel veldteoreties, daarom moet die organisme in sy omgewing waargeneem word (Corey, 2000:306). Die term kontakmaking word deur Sills, Fish en Lapworth (1995:78) gebruik om veldteorie te beskryf. 38

Gestaltterapie verwys volgens Kepner (1987:165) verwys na kontakmaking wat plaasvind, indien die organisme se grense en veld ontmoet. Kepner (op cit.) beaam Corey se benadering om die mens in sy totaliteit te bestudeer. Hierdie totaal sluit die voortdurend veranderende omgewing in. Die omgewing verander volgens omstandighede en die organisme pas voortdurend daarby aan om die situasie gemaklik te maak. Oaklander (op cit.) gaan voort deur te beweer dat indien elke nuwe behoefte sonder weerstand bevredig word, die kind balans en homeostase sal beleef en dat groei en ontwikkeling sal plaasvind (Oaklander, 1994:238). Deur kontakmaking organiseer die persoon sy veld en vind daar assimilasie en groei plaas (Perls et al., 1996:261). Vir die adolessente dogter is die veld belangrik; dit bepaal haar populariteit en status. Murphy (1997:23) is van mening dat dit belangriker is om n gesonde selfkonsep te vorm en minder afhanklik van ander te wees. Voorgrond en agtergrond Die voorgrond is die fokus van belangstelling waarmee die kliënt na terapie kom. Grond verteenwoordig die situasie of konteks waarin hierdie probleem figureer (Hamilton, 1997:27). Die voorgrond word ten volle beleef en smelt dan in die agtergrond in, en laat die voorgrond vry vir die volgende relevante Gestalt. Die voorgrond is volgens Mwamwenda (1995:229) dominant en die middelpunt van belangstelling, terwyl waar die agtergrond homogeen is en die omgewing vir die figuur voorsien. Sills et al. (1995:44) voer eweneens dat Gestaltists use the concept of figure and ground to explain the process by which human beings organize their perceptions to form wholes in order to create meaning. Organismiese selfregulering Corey (2000:308) verduidelik dat die figuurformasieproses en die organismiese selfregulering n eenheid binne die organismiese vorm. Albei het ten doel om die 39

individu en die omgewing te beskryf. Die skrywer is voorts van mening dat die organisme telkens aan die mees dominante behoefte aandag gee om die ekwilibrium te herstel, terwyl organismiese selfregulering nie n versekering is vir goeie gesondheid nie. Die organisme moet eerder aanvaarbare oplossings vind vanuit beskikbare hulpbronne. Oaklander (1994:282) stem saam met bogenoemde outeurs en is van mening dat die organisme ongemak sal verduur totdat n aanvaarbare oplossing gevind word om die ekwilibrium te herstel. Met volle bewustheid ontwikkel n toestand van organismiese selfregulering of homeostase en die persoon neem beheer oor haar lewe (Yssel, 1999:84). Hierdie siening word deur die Dalai Lama ondersteun met die volgende stelling: In order to change conditions outside ourselves, we must first change within ourselves. Inner peace is the key. (Higgs en Smith, 2000:119). Hier-en-nou Yssel (1999:83) bevestig dat die hoofdoel van Gestaltterapie is om bewustheid van die kliënt te verhoog en te fokus op die hier-en-nou, terwyl ander behoeftes op die agtergrond geskuif word. Joyce en Sills (2002:28-29) is van mening dat ingryping in die kliënt se lewe slegs plaasvind om bewuswording te bevorder. Corey (2000:309) stem saam met bogenoemde outeurs en bevestig dat Gestaltterapie se belangrikste bydrae die klemverskuiwing na die hier-en-nou is. Ingryping vind nie plaas deur die wegneem van die eksperiment of ervaring nie, maar deur op die bewustheid te fokus in die hier-en-nou en om in die teenwoordige tyd te werk. Bewustheidskontinuum Bewustheid is n toestand waarin die organisme sy aandag fokus op n spesifieke area van die omgewing of organisme se kontakgrens, waar daar sekere noodsaaklike interaksie plaasvind, soos beskryf deur Stephenson (1975:14-15). 40

Bewustheid vind plaas binne die bewustheidskontinuum van die persoon wat impliseer dat die organisme tydens terapie fokus op sensoriese data, gevoelens, emosies en haar reaksie op ervarings. Nogtans is dit moeilik vir die organisme om vir n paar sekondes bewus te wees van sy of haar eie ervarings (Stephenson, 1975:36). Die bewustheidskontinuum is die stand van die kind se sensoriese modaliteit en emosionele vlak (Schoeman, 2001:6). Bernstein (1981:11) poneer dat In an adaptive, functioning individual, as in all life forms, there occurs a natural flow of energy. This flow can be altered by internal conflict and the lack of an integrated experience of wholeness. Die doel van Gestaltterapie is die bewustheidskontinuum, dit wil sê, die vrylike, aanhoudende Gestaltformasie wat vir die organisme, die verhouding, groep of gemeenskap die grootste bekommernis en belangstelling is (Mwamwenda, 1995:229). Die verbreking van die bewustheid kan op enige gegewe oomblik plaasvind. Die persoon kan byvoorbeeld fantaseer oor die toekoms, of aan iets anders dink. Volgens Stephenson (1975:36) moet die terapeut probeer vasstel wanneer die bewuste verbreek is. Laasgenoemde outeur wys daarop dat verbreking moontlik deur vrees of ongemak veroorsaak kan word, om sodoende uit die situasie te kan ontsnap. From (1994) beaam dit en benadruk dat daar in die Gestaltterapie in die hede gewerk word, ook ten opsigte van kontakversteurings. Daar moet gepoog word om deur die kontakversteuring te breek, sodat groei nie belemmer word nie. Vervolgens word kontakgrensversteurings bespreek. 2.2.3.2 Versteurings van die kontakgrense Die volgende kontakversteurings in die bewuste kan voorkom: 41

samevloeiing; retrofleksie; introjeksie; projeksie; defleksie. Samevloeiing (Egogrensvervaging) Yssel (1999:92) en Joyce en Sills (2002:120) benadruk dit dat onderskeid van en skeiding tussen die self en ander so onduidelik is dat die kontakgrens verlore gaan. Hierdie outeurs verwys na samevloeiing as die verval van die kontakgrense tussen die self en ander in die omgewing. Yontef (1993:142) en Joyce en Sills (2002:120) konstateer dat nabyheid en afstand die polariteit van samevloeiing is en dat die gesonde persoon gemaklik tussen die kontinuum van samevoeging en onttrekking kan beweeg. In hierdie verband verklaar Yssel (1999:91) dat mense te veel van hulself in andere inkorporeer, of dat hulle van die omgewing in hulself inkorporeer, sodat hulle kontak met hulself verloor. Kontak sonder die behoud van grense lei tot samevloeiing en dus die verlies van n individualistiese bestaan. Yssel (1999:92) beweer voorts dat samevloeiing die teenoorgestelde van apartheid is. Tydens samevloeiing weet die kind nie waar sy eindig en begin nie; sy het n probleem om grense tussen haar en die omgewing vas te stel. Die adolessent wil alleen gelaat word, maar terselfdertyd ook geselskap opsoek (Halonen en Santrock, 1996:335). Retrofleksie Selwyn (1994:73), Corey (2000:311) en Perls et al. (1996:146) definieer retrofleksie as om na binne te keer en om skerp teenoor iets te keer. Retrofleksie beteken dus dat die persoon alle energie op haarself rig en die skuld op haarself neem vir alles wat verkeerd loop (Yssel, 1999:92). Die impuls om op 42

te tree word onderdruk deur spraak, uitdrukking van gevoel of gedrag (Joyce en Sills 2002:110). Die onderdrukking van die energievloei kan lei tot ernstige reperkussies hê, en die liggaam kan byvoorbeeld op retroflektiewe gedrag reageer in die vorm van psigosomatiese siektes, soos byvoorbeeld maagpyn (Selwyn, 1994:81). Vir die adolessent kan retrofleksie onder andere die misbruik van dwelms of selfmoord impliseer, en [t]he sense of indestructibility may lead to drug use and suicide attempts (Halonen en Santrock, 1996:339). Introjeksie Introjeksie is die proses waardeur reëls, boodskappe en modelle geabsorbeer word buite die organisme, sonder om te diskrimineer of te assimileer (Sills et al., 1995:60). Joyce en Sills (2002:125) stel introjeksie as volg voor as a process whereby an opinion, an attitude or an instruction is unquestioningly taken in from the environment as if it were true. Negatiewe boodskappe kan n effek op die gesonde ontwikkeling van die kind hê, in die sin dat aanmerkings soos lui, dom of stout deur die kind geglo en aanvaar word as juis (Yssel, 1999:90). Introjekte waardes en gedrag word daarom op die self geforseer. Oaklander (1994:145) is van mening dat die kind nie oor die volwassenheid beskik om te diskrimineer nie en dat sy gevolglik glo wat van haar gesê word. Murphy (1997:23) beaam hierdie stelling deur te beweer dat die selfbeeld aangeleerde gedrag is en dat niemand gebore is met n spesifieke selfbeeld nie. Assimilasie word volgens Yssel (1999:90) as die teenpool van introjeksie gesien. Die individu verwerk dit wat hy uit die omgewing ontvang krities en aanvaar of verwerp dit wat negatief is. Tydens adolessensie beleef die adolessent heelwat introjekte. Sy bevraagteken waardes ten opsigte van die seksuele, godsdiens en eie selfbeeld. Assimilasie vind plaas wanneer die adolessent n eie intellektuele waardestelsel as rigtinggewer vir gedrag ontwikkel (Schoeman, 2001:31). 43

Projeksie Volgens Corey (2000:311) is projeksie die teenoorgestelde van introjeksie. Gedurende projeksie onteien die mens sekere aspekte van haarself deur dit aan die omgewing terug te gee. Projeksie vind plaas wanneer die individu iets in die omgewing ervaar of toeken wat eintlik eie aan die self is. (Kirchner, 2000:5; Sills et al., 1996:62). Projeksie kom dikwels in die ontkennende vorm van belangrike sensoriese inligting voor, terwyl ander se unieke bestaan n eie fantasie vorm (Hardy, 1991:13). Oaklander (1994:145) en Perls et al. (1996:211) verduidelik dat projeksie n wyse word waarop kinders hul eie ervarings ontken - so word onaanvaarbare gedrag en gevoelens op ander geprojekteer. n Projeksie is n eienskap, houding of gevoel wat eie is aan n mens se persoonlikheid, maar nie deur die organisme herken word nie. Joyce en Sills (2002:122) onderskei drie tipes projeksies naamlik: die kunstenaar wat sy gevoelens en gedagtes op n wit doek projekteer; die oordra van gevoelens deur die kliënt op die terapeut byvoorbeeld om teenoor die terapeut op te tree soos teenoor sy ma- of pa-figuur; wanneer n kliënt sukkel om n aspek van sy persoonlikheid of selfkonsep te aanvaar en dit dan projekteer op n ander persoon. Die teenpool van projeksie is volgens Yssel (1999:91) is toe-eiening en aanvaarding van geprojekteerde aspekte. Murphy (1997:25) sluit hierby aan en is van mening dat n nuwe uitgangspunt die selfbeeld kan verander. Defleksie Defleksie is n metode van vermyding of wegkaatsing van n probleem, of the avoidance of contact or of awareness by turning aside, as then one is polite instead of direct Yontef, 1993:145). Volgens Joyce en Sills (2002:116) kan 44

defleksie duidelik waargeneem word by kliënte wat voortdurend van onderwerp verander, of wat voorgee dat hulle die vraag, of die onderwerp nie verstaan nie. Skrywers is dit eens dat defleksie die weerkaatsing van energie weg van sy natuurlike pad na n alternatiewe roete beteken. Die adolessent wat swak presteer in n eksamen of klastoets en ontken dat sy nie goed genoeg voorbereid was nie, is n tipiese voorbeeld van deflektiewe gedrag. n Persoon se groeiproses tot doeltreffende kontakmaking geskied deur vyf verskillende fases (Yssel, 1999:93) en die vyf lae is n manier waarop die individu homself fragmenteer en beperkings plaas op gesonde groei en ontwikkeling. Dit is nodig om deur hierdie lae te werk - dit vorm deel van die terapeutiese proses waartydens daar na balans en n beter leefwyse gestreef word. Weller (1995:3) impliseer dat yogaoefeninge die organisme se natuurlike balans herstel en dat dit deur die holistiese uitgangspunt daarvan harmonie in alle fasette van die lewe bewerkstellig. 2.2.4 Perls se vyflaagmodel Vir n doeltreffende Gestaltlewe is dit noodsaaklik om deur Perls se vyflaagmodel te werk. Die volgende lae word onderskei: Die foniese laag In hierdie vlak voel mense vasgevang en gedwing om iets te wees wat hulle nie is nie. Phillippson (1996:5) beskou dit as die cliché-laag, waar die persoon oppervlakkig sosialiseer en dit wat betekenisvol is vermy. Negatiewe introjekte word op die mens afgedwing volgens dit wat as die norm binne die sisteem beskou word. Selfaanvaarding en selfhandhawing vorm n belangrike faktor in die vorming van n gesonde selfkonsep vir die adolessent. Murphy (1997:25) konstateer dat [d]aughters who perceive their mothers as being critical of their bodies have particularly poor body images. Hierdie vlak word gekenmerk deur 45

konflikte waarna daar in Gestalt verwys word unfinished business en deur konflikte wat nooit opgelos word nie. (Yssel, 1999:94.) Die fobiese laag Die individu raak bewus van haar speletjie asook van die vrese en angs om hierdie voorgeespel te onderhou. Wanneer daar n bewustheid ontstaan dat daar voorgegee word, begin die individu walgooi en leuens kan ook voorkom. Hierdie ervaring is dikwels ontstellend en lei tot ongemak (Schoeman, 2001:92). Die fobiese laag word gekenmerk deur n bewustheid dat sy nie langer kan voorgee wat sy nie is nie. Vrese vir moontlike verwerping ontstaan en die individu twyfel oor die vermoë van haar egokragte om dit te bemeester. Die impasse laag In hierdie vlak raak die persoon ontslae van die omgewingsondersteuning en die speletjies van die vorige vlakke en sy ervaar n onvermoë om haar vrese en afkeure te hanteer. Mense val vas in hierdie vlak en sien nie kans om verder te beweeg nie; hulle stagneer binne onsekerheid (Schoeman, 2001:92). Volgens Phillippson (1996:5) word hulpmiddels soos drank, dwelms en seks gebruik om die ongemak van die impasse hanteerbaar te maak. Weerstand kom in hierdie laag voor en die terapeut gebruik weerstand om bewustheid te bewerkstellig. Weerstand by die adolessent kom in verskillende vorme voor, byvoorbeeld drankmisbruik, dwelmmisbruik, swak akademiese prestasie en wangedrag. Halonen en Santrock (1996:347) beskryf jeugmisdaad as verbandhoudend met vroeë seksuele aktiwiteite, swangerskap op n jong ouderdom, substansmisbruik en vroeë skoolverlating. 46

Die implosiewe laag Mense raak bewus van die beperkinge wat hulleself stel en begin om te eksperimenteer met nuwe gedrag (Schoeman, 2001:92). Op hierdie vlak is weerstand oorbrug maar hoë vlakke van angs en lae vlakke van energie word ervaar. Bewustheid en insig lei tot eksperimentering met nuwe gedrag (Yssel, 1999:96). Implosiewe gedrag is tipies van n adolessent wat besluit om sy humeur te beteuel, of om iets te doen aan hoogtevrees. Dit is nou die taak van die individu om self die pad vorentoe te kies: die individu wil nie meer soos voorheen leef nie en het n behoefte om self aan die probleem te werk (Phillippson, 1996:6). Eksplosiewe laag Indien die nuwe gedrag suksesvol blyk te wees, kan die individu die eksplosiewe laag bereik, waar daar baie ongebruikte energie ontdek word (Yssel, 1999:96) en die persoon opnuut bewus word van energie wat verlore gegaan het in die vorige vlakke (Schoeman, 2001:92). Hierdie energie word vrygelaat deur aksies en emosies, wanneer die individu sy eie keuse maak (Phillippson, 1996:7). 2.3 Die Adolessent vanuit die Gestaltbenadering Die Gestaltbenadering word as n prosesgeorïenteerde benadering omskryf, met die fokus op die wat en die hoe van gedrag eerder as die waarom. Oaklander (2000:31) beklemtoon die feit dat die bewuswordingsproses n verskeidenheid aspekte van die mens se lewe omsluit, byvoorbeeld mens se: eie prosesse; emosies; behoeftes; 47

gedagtes; sensoriese aspekte en; gevoelens. Om die adolessent se wêreld, gedagtes en ervarings beter te begryp is dit belangrik om die fases in adolessensie te verstaan. Dit word vervolgens in 2.3.1 bespreek, terwyl daar in 2.3.2 aandag gegee word aan Gestaltterapie en die adolessent. 2.3.1 Fases in adolessensie Verskillende beskrywings word gegee vir adolessensie en die adolessent. Volgens HAT (1997:16) is adolessensie n toestand of proses van grootword. Die lewensperiode van puberteit tot mondigheid vir n seun is vanaf veertien tot een-en-twintig jaar en vir dogters van twaalf tot een-en-twintig jaar. Die adolessent word deur die HAT (1997:16) beskryf as n jeugdige of opgroeiende persoon. Skrywers is dit eens dat die ontwikkelingsfase tussen kindertyd en volwassenheid n belangrike fase van ontwikkeling vir die mens is (vergelyk Schoeman 2001:27 en Fieldman 1996:433). Van Heerden (1998:54) omskryf verskillende ontwikkelingsfases vanaf die voorpuberteitsfases tot die volwassefase. Die verskillende fases van ontwikkeling behoort ontgin te word om as riglyn te dien vir die adolessente dogters tussen die ouderdomme van sewentien en agtien jaar wat as respondente vir die studie gebruik is. Voorpuberteit Dit omsluit ongeveer die jare vanaf die sewende tot die elfde jaar by dogters en tot die dertiende jaar by seuns. Van Heerden (1998:54) wys daarop dat Freud 48

dit as n latente tydperk beskou, terwyl Erikson dit beskou as n periode van spanning tussen beheersing en minderwaardigheid. Puberteit Volgens Van Heerden (1998:54) word hierdie tydperk verteenwoordig deur geslagsryping. Dit behels die ontwaking van die seksualiteit en die ontwikkeling van die sekondêre geslagskenmerke. Adolessensie Adolessensie is die tydperk wat op hierdie studie van toepassing is. Adolessensie oorvleuel met puberteit en verteenwoordig die tydperk van fisieke en geestelike rypwording, wat n baie interessante fase verteenwoordig (Louw en Edwards, 1997:505). Hierdie fase kan tot en met een-en-twintig jarige ouderdom strek. Vir Freud is hierdie fase die voortsetting van die genitale fase. Erikson verwys na n soeke na intimiteit teenoor n stryd teen isolasie wat in die tydperk voorkom (Van Heerden, 1998:54). Gedurende die adolessentefase vind daar fisiese veranderings plaas in die vorm van gewigstoename en liggaamlike verandering. Daar vind op kognitiewe, sosiale en selfkonseptuele vlak veranderings plaas, terwyl hierdie tydperk gekenmerk word deur emosionele en rebelse uitbarstings (Louw en Edwards, 1997:505). Schoeman (2001:27) is van mening dat die kind tot volwassenheid groei gedurende adolessensie en dat daar gedurende hierdie fase ontwikkelingstake voorlê wat suksesvol deur die kind voltooi moet word, naamlik: aanvaarding van veranderende liggaamsvoorkoms; ontwikkeling van n geslagsidentiteit; aanknoop van heteroseksuele verhoudings; 49

ontwikkeling van n sterk emosionele band met n ander persoon; voorbereiding vir n huwelik en gesinsverantwoordelikhede; ontwikkeling van en onafhanklikheid van ouers; aanvaarding van die self, as persoon met n eie identiteit; ontwikkeling van sosiaal-verantwoordelike gedrag; die aanvaarding van en aanpassing by sekere groepe; die voorbereiding vir en keuse van n beroep; ekonomiese onafhanklikheid; n eie waardestelsel wat verband hou met die ontwikkeling van n realistiese en wetenskaplike wêreldbeskouing; die ontwikkeling van eie morele begrippe en waardes asook lewensfilosofie. Louw en Edwards (1997:505) en Schoeman (2001:28) verduidelik dat bogenoemde daarop dui dat adolessensie gekenmerk word deur skielike groei en verandering het. Hierdie groei gaan gepaard met emosionele en sosiale probleme, aangesien die adolessent hierdie veranderinge tot n identiteit ontwikkel en integreer. Daar vind op kognitiewe, sosiale en selfkonseptuele vlak verandering plaas, terwyl hierdie tydperk gekenmerk word deur emosionele en rebelse uitbarstings. Mwamwenda (1995:63) verklaar die verskynsel van adolessensie soos volg: Adolescence stands out as a fascinating, interesting and challenging period of human growth and development. It is a period of great physical, social, emotional, physional change. The adolescent is neither a child nor an adult, but is on the threshold of adulthood. Seuns en meisies ervaar hierdie fisiese groei verskillend. Vir hierdie studie word daar op die dogters gefokus. Die Encyclopedia of Social Work (1995:17) is van mening dat meisies hul vroeëre ontwikkeling negatief ervaar deur geïsoleerd, selfbewus en natuurlik minder populêr te voel. Volgens Gouws en Kruger (datum onbekend:497) vind die hoogste vlak van intellektuele ontwikkeling plaas gedurende die adolessente 50

tydperk plaas. Die kind pas aan by haar omgewing, en Gouws en Kruger (datum onbekend). Beskryf hierdie aanpassing as a daption is a process involving assimilation and accommodation that are balanced against each other by means of equilibration. Engelbrecht (1998:14) identifiseer die volgende moontlike probleme wat adolessente in die moderne samelewing kan ervaar: stryd om selfbevestiging; stryd om eie staanplek; stryd teen bepaalde instellings en strukture in die samelewing; stryd teen oudmodiese en uitgediende reël; stryd teen dubbele standaarde en valshede in die samelewing; soeke na sin en betekenis in hul bestaan; soeke na sin verandering; soeke na élan (lewenstyl en opwinding) in hul bestaan; soeke na egte godsdiensbelewing en om dit te beoordeel. Kaduson en Schaeffer (2000:353) en Perls et al. (1996:274) identifiseer die behoefte om te wees as n belangrike aspek van adolessensie. Perls et al. (1996:274) is van mening dat die dominante behoefte van die adolessent na die voorgrond sal tree sodat selfregulering kan plaasvind. Hierdie dominante behoefte word nie noodwendig effektief geëvalueer nie, maar vorm deel van n basiese hiërargie van behoeftes vir die adolessent. Jeug Engelbrecht (1998:141) beskryf die jeug as n bepaalde tydperk in n mens se lewe naamlik dié tussen kindwees en volwassenheid. Die woord jeug kan ook in n kollektiewe sin gebruik word om die jeugdige persone in die land te beskryf, 51

naamlik skoolgaande jeug of naskoolse jeug. Vir die doel van hierdie studie is skoolgaande adolessente dogters verteenwoordigend van die jeug. 2.3.2 Gestaltterapie en die Adolessent Oaklander (1988:291) beklemtoon die feit dat enige kind baat kan vind by terapie. Sy beleef die adolessent soos enige ander kind en noem dat die ouer kind meer lewenservaring as die jonger kind het en dat sy hierdie ervaring saambring terapie toe. Yontef (1993:331) bevestig dat Gestaltterapie fokus op n proses, met ander woorde, dit wat besig is om te gebeur, eerder as op die inhoud (dit wat bepreek word). Deur yogabewegings word die adolessent se fokus verskuif na dit wat besig is om met haar liggaam te gebeur, verskuif om bewuswording van die self te bevorder. Die self kan as n geheel of die som van al sy dele beskou word. Onder hierdie dele kan die kognitiewe, emosionele, fisieke (wat die liggaamlike asook die sintuiglike belewing insluit), geestelike en konatiewe (die kliënt se wil) sorteer (James, 1997:201). Dit is duidelik dat die proses n integrale deel van enige Gestaltterapeutiese situasie vorm en dit sluit dus die adolessente dogter in. Die begrip self verwys na die georganiseerde proses waardeur die individu met die omgewing kontak maak (Van Praag, 1987:43). Die self is die proses van die individu se reaksies tydens n situasie in die omgewing. Of die self gesond, neuroties of psigoties is, maak nie saak nie: dit bly n proses (Yontef, 1993:331). Hier word nuwe betekenis gegee aan die sinsnede jy is jy en ek is ek. Elke persoon is uniek, met eie unieke persoonlikheidseienskappe. Schoeman (2001:28) lê klem daarop dat die adolessent intens bewus is van haar liggaam en dat al die veranderinge geïntegreer moet word, sodat n eie identiteit gevorm en ontwikkel kan word. Schoeman (op cit.) voer aan dat die adolessent baie oor haarself nadink en haar denke en gevoelens as uniek ervaar. Die preokkupasie met haar eie denke kan gesien word as sentrering. 52

Baie adolessente is teensinnig om terapie te ontvang, terwyl ander terapie aanvra. Net soos die volwasse persoon, ervaar die adolessent introjekte en verkeerde boodskappe, wat weer die selfkonsep affekteer (Oaklander, 1988:298). Adolessente ondervind gedagtes oor gevoelens, emosies en fantasieë uit hulle verlede. Soms kan die werklike wêreld nie suksesvol beheer word nie en vorm fantasie n uitkoms of beskerming teen die werklikheid (Oaklander, 1978:11). Die adolessent word deur die realiteit van die werklike lewe beïnvloed, terwyl daar gesmag word na vryheid en die onafhanklike lewe van n volwassene: Many are confused and bewilderd by the mixed mesages they receive about themselves from their parents and society - messages that downgrade their abilities and wisdom Oaklander, 1988:298). Perls et al. (1996:274) beskryf dat spanning ontstaan sodra die bewuswording van n sekere behoefte ontstaan. Dit kan bewustelik of onbewustelik wees. Spanning by die adolessent moet bevredig word, sodat die balans herstel kan word, en daar weer n ekwilibrium ervaar kan word. Volgens Sills et al. (1995: 25) ervaar mense verskillende gevoelens en sensasies in sekere dele van hul liggaam. Bewuswording in yoga is n holistiese proses. Vervolgens word die agtergrondinligting aangaande yoga geskets. 2.4 Yoga en die Gestaltbenadering Deur die bewustheid van die organisme se gevoelens en emosies word die konsep verskerp dat die liggaam en kognitiewe denke saamwerk om n eenheid te vorm wat balans nastreef. Om hierdie verskynsel te illustreer, word daar in hierdie afdeling gefokus op Hatha Yoga (2.4.1) en die voordele daarvan (2.4.2). 53

2.4.1 Hatha Yoga Pattinson (2001:4), Weller (1995:3), Meaux (2002:7), Lark (2000:10) en Mehta (2004:15) interpreteer yoga as eenheid, integrasie, holisme en die bemeestering van die liggaam en siel. Yoga bestaan uit vyf bene, naamlik: Karma yoga: die weg van aksie; Gyana yoga: die weg van wysheid; Bahati yoga: die weg van toegeneentheid; Hatha yoga: die weg van fisiese beweging; en Raja yoga: die weg van meditasie (Meaux 2002:7). Vir die studie word daar op Hatha Yoga, gefokus. Yoga word wêreldwyd beoefen. Die naam Hatha Yoga, bestaan uit die dele Ha wat son beteken, en Tha, wat maan beteken. Hierdie vorm van yoga is gewild in die Weste en word algemeen beoefen: Yoga is a Sanskrit term meaning union. Behind the word is a complex set of philosophical systems and disciplines, deep rooted in Indian history. (Pattinson, 2001:4 en Lark, 2000:10). Die beoefening van yoga verg baie geduld, deursettingsvermoë en n bewustheid van die self. Deur die konstante beoefening van yogabewegings word die vermoë om te fokus op die hier-en-nou verskerp. Dit verg bewustelike liggaamlike en kognitiewe samewerking om te fokus en te konsentreer op bewegings. Dit staan bekend as Mindfulness. Hierdie Mindfulness, wat lei tot vryheid, geluk en vrede (Meaux, 2002:7). Volgens Joyce en Sills (2002:28) kan bewusmaking van die liggaam tydens Gestaltterapie bewerkstellig word deur te fokus op n spesifieke gedeelte of plekke op die liggaam. Die verstand of brein (manas, cittas) word in yoga as n instrument gesien wat reageer op ervaring. Volgens Mehta (2004:14) ontvang die brein kennis deur perseptuele ervaring, wat deur die brein verwerk word as n pynlike of aangename ervaring. Bogenoemde outeur is verder van mening dat 54