DIE GHOEMA AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Tariewe

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Mandala Madness Deel 2

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

Rut: n Liefdes Verhaal

Tariewe

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Mosselbaai Munisipaliteit

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

Direkte en indirekte rede *

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

RAADSLEDE / COUNCILLORS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

KONTEMPORÊRE WOORDKUNS AS TEATERGENRE:

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Transcription:

DIE GHOEMA AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS AMPTELIKE KRITERIA, REËLS & REGULASIES A. INLEIDING Die Ghoema Musiektoekennings (Ghoemas) is die amptelike onafhanklike toekenningsgeleentheid waar kunstenaars, musiekgroepe, musikante, vervaardigers en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf vereer word vir sekere prestasies oor n spesifieke periode. Die Ghoemas funksioneer sonder enige eksklusiewe naamregte en/of besluitneming deur die nasionale pers & media, of enige platemaatskappy. Platemaatskappye en die pers- & media staan in vennootskap om die musiektoekennings te bemark, uit te voer en blootselling te verleen binne n ooreenkomsraamwerk met elk. Die Ghoema- pryse word gemaak na afloop van n konsekwente en regverdige inskrywingsproses, nominasieproses, gevolg deur n stemproses. n Geakrediteerde ouditeursfirma sal verantwoordelik wees om alle stemdokumentasie van beide die gekose beoordelaars en die publiek te oudit in die belang van deursigtigheid. Die Ghoemas is die inisiatief en handelsmerk van Barry Pretorius, maar word bestuur deur die Ghoema Musiektrust wat bestaan uit sekere trustee s en met die toekenningsgeleentheid en wenners daarvan as begunstigdes. B. Die amptelike trustakte en doelstellings van die GHOEMA MUSIEKTRUST: Die dokument van die Trustakte van die Ghoema Musiektrust is publieke eiendom en mag deur enige persoon besigtig word. Die trustakte sal op aanvraag beskikbaar gestel word. Die Ghoema Musiektrust kan kortliks soos volg omskryf word: B2. DOELSTELLING VAN DIE TRUST B2.1 Die doelstellings van hierdie Trust is die daarstelling en vervaardiging van n alomvattende AFRIKAANSE MUSIEK EN KUNSTENAARTOEKENNINGS van watter aard ook al met die doel om Afrikaanse kunstenaars in SUID AFRIKA te vereer. Dit geskied volgens die amptelike reels en regulasie dokument wat jaarlikse deur die Trustees uitgereik en tydens n eenmalige vergadering deur hoofde van platemaatskappye aangepas word by wyse van demokratiese stemming. B2.2 Die saamstelling, skepping, ontwikkeling, vervaardiging en uitvoering van die doelstelling van die Trust, maar ook van enige ander projek wat verband hou met die bevordering, uitbouing en vereering van Musiek, Vermaak, Kuns en Kunstenaars. B2.3 Om enige skema, fasiliteit en of voordele te ondersoek, kwotasies te kry, te aanvaar en te implementeer wat die breë behoeftes van Musiek, Vermaak en Kunstenaars kan verryk, asook diegene wat direk of indirek in die bedryf van musiek of kunste betrokke mag wees.

B2.4 Om Musiek, Vermaak en Kuns op alle vlakke te bevorder, deelname daaraan, onderrig daarvan, hetsy as vervaardiger beoordelaar of as gehoor. Om hul te beywer om die talente van die deelnemers volgens die kriteria, soos van tyd tot tyd deur die Trustees bepaal, huidig en daarna die hartklop van die gemeenskap te maak. B2.5 Om n wêreldklas aanbieding en toekennings daar te stel wat standvastig en ambisieus gegrond is en selfs netwerke te vorm om gesamentlik met die Trust in sy bedoelings te slaag. B3 Trustees Daar moet ten alle tye gedurende die bestaan van die Trust minstens VYF en `n maksimum van SEWE Trustees van die Trust wees, welke trustees soos volg saamgestel sal word: 1. BARRY PRETORIUS (Uitvoerende Regisseur & Vervaardiger) 2. `n regsverteenwoordiger, waarvan FJ JORDAAN hiermee aangestel word; 3. Henico Schalekamp (Ouditeur: VGA) 4. Karen Meiring (Hoof van Afrikaanse Kanale: DSTV) 5. Heidi Edeling (Beoordelingskoordineerder) B4 Begunstigdes Indien die Trust eindig op die datum wat die Trustees goed ag, sal op welke datum die Trustees die balans van die netto Trustbates aan elke begunstigde wat al ooit vir `n GHOEMA MUSIEK TOEKENNING genomineer was gelykop verdeel, asook die Oprigter met dien verstande dat sodanige begunstigde steeds in lewe is op datum van beëindiging van die Trust. C Reëls & regulasies rakende inskrywings: Die kategorieë vir die GHOEMAS is as volg: Kat 1: Album van die jaar Kat 2: Manlike Kunstenaar van die jaar Kat 3: Vroulike Kunstenaar van die jaar Kat 4: Groep van die jaar Kat 5.1: Beste Liedjie van die jaar Kat 5.2: Gewildste Liedjie van die jaar Kat 6: Nuweling van die jaar Kat 7: Beste Pop- album deur n manlike kunstenaar Kat 8: Beste Pop- album deur n vroulike kunstenaar Kat 9: Beste Kontemporêre- album deur n manlike kunstenaar Kat 10: Beste Kontemporêre- album deur n vroulike kunstenaar Kat 11: Beste Album deur n Duo of groep (Pop / Kontemporêr) Kat 12: Beste Geestelike- album Kat 13: Beste Humor- album Kat 14: Beste Kinder- album of DVD Kat 15: Beste Alternatiewe- album Kat 16: Beste Rock- album Kat 17: Beste Tradisionele musiek- album Kat 18: Beste Boeremusiek- album

Kat 19: Beste Instrumentale- album Kat 20: Beste Ligte Klassieke Afrikaanse Album Kat 21: Beste Country- album Kat 22: Beste DVD- produksie Kat 23: Beste Musiekvideo Kat 24: Beste Liedjieskrywer Kat 25: Beste Vervaardiger Kat 26: Ere- toekenning: Lewenslange Bydrae Kat 27: Ere- toekenning: Beste Verkoper Kat 28: Ere- toekenning: Baanbreker D KRITERIA PER TOEKENNING / KATEGORIE Oorhoofse/algemene beoordeling van albums/werke word as volg beoordeel ( tensy anders vermeld in die kriteria wat volg): ALBUMS / CD s Artistieke vermoë Identiteit Produksiewaarde Vermaakwaarde Ontwerp DVD s & MUSIEKVIDEO s Inhoud / Liedjiekeuse Regie Opvoering (performance) Tegnies Vermaakwaarde D.1 Album van die jaar, Manlike Kunstenaar van die Jaar, Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Groep van die Jaar. Om kategorie 1-4 se uiteindelike benoemings te bepaal word slegs Ghoema inskrywings in ag geneem, d.w.s slegs kunstenaars/groepe wie se albums en/of DVD s vir kategorieë 7-21 ingeskryf is en reeds in die kompetisie deelneem. D1.1 Bepaling van Kategorie 1 : Album van die Jaar Om die kategorie Album van die Jaar te bepaal, word die wenners van elke kategorie op n kortlys geplaas. Kommersiele statistieke word dan in ag geneem en die 5 wenners met die hoogste waardes word dan uiteindelik benoemdes in hierdie afdeling, met uitsondering van volgende reel; Indien n kunstenaar en/of groep as wenner uit die stryd tree in beide hul album- kategorie (kategorie 7 tot 21) in die kompetisie, asook Beste Manlike / Vroulike Kunstenaar of groep van die Jaar (kategorie 2, 3 en 4), sal hierdie betrokke kandidaat se album outomaties kwalifiseer in die kategorie Album van die Jaar; Hierdie kategorie kan dus meer as 5 benoemdes hê; Kategorie 1 (Album van die jaar) word dan herbeoordeel deur die paneel om n wenner te bepaal en die publiek stem nie vir hierdie kategorie nie;

D 1.2 Bepaling van Kategorie 2, 3, 4: Manlike, Vroulike Kunstenaar en Groep van die Jaar Die 3 albums in elke afdeling met die 1ste, 2 e en 3 e hoogste punte soos bepaal deur die beoordelaars (in kategorieë 7-21) word op n kortlys geplaas, Die wenners van kategorieë 7-21 haal outomaties n plek in die afdelings Manlike, Vroulike, Groep of Album van die jaar; Om verdere benoemdes in Kategorie 2, 3 en 4 se Top 5 te bepaal, sal daar dan vanaf bogenoemde kortlys onderskeidelik 5 albums gekies word wat volgens die punte die hoogste waarde van uitnemendheid, kwaliteit, produksie, kreatiwiteit en kommersiele- waarde behaal het. Hier word kommersiele waarde en aspekte in ag geneem aangesien dit n rol sal speel wanneer die Manlike, Vroulike, Groep of Album van die jaar gekies word; Tydens beoordeling by Album van die jaar, Manlike Kunstenaar, Vroulike Kunstenaar en Groep van die jaar sal n motiveringsbrief aangevra word rakende die betrokke kandidaat se verkope, media/pers blootstelling, optrede- statistieke, asook Sosiale media statistieke (Facebook, Twitter). Geen inskrywings kan dus gemaak word vir Kategorie 1 tot 4 nie. D.2.1 Beste Liedjie van die Jaar (Kategorie 5.1) Alle musiekgenre s en style kwalifiseer in hierdie kategorie en die kriteria vir beoordeling is as volg: artistieke vermoë (skrywer/s); artistieke vermoë (kunstenaar/s); produksiewaarde; vermaakwaarde; identiteit (skrywer/s) Oorspronklike treffers wat op kompilasie- albums uitgereik is (indien daar nie n oorspronklike album uitgereik was deur die betrokke kunstenaar of groep nie), kwalifiseer ook in hierdie afdeling; Die paneel sal sonder voorbehoud die lied binne die raamwerk en konteks van sy genre beoordeel. Inskrywings in hierdie afdeling kan ook oorgedra word na Kategorie 5.2 en in moontlik in beide kategorie benoem word Die ontvanger van hierdie prys is beide die kunstenaar en die skrywer. D.2.2 Gewildste Liedjie van die Jaar (Kategorie 5.2) Hierdie kategorie handel oor die gewildheid en trefkrag van n spesifieke liedjie; Alle musiekgenre s en style kwalifiseer in hierdie kategorie. n Motiveringsbrief moet ingedien word met duidelik aangeduide statistieke oor die trefkrag wat hierdie lied in die breë media en onder die publiek geniet het (Sosiale netwerke, televisie, treffers- parades op radio stasies, gedrukte media). Oorspronklike treffers wat op kompilasie- albums uitgereik is (indien daar nie n oorspronklike album uitgereik was deur die betrokke kunstenaar of groep nie), kwalifiseer ook in hierdie afdeling. Hierdie kategorie word beoordeel deur die Raad van Trustees aan die hand van slegs die kommersiele statistieke wat deur die inskryweraar ingedien word en hierdie statisitieke is onderworpe aan verfikasie indien van toepassing. Die ontvanger van hierdie prys is beide die kunstenaar en die skrywer. D.3 Nuweling van die Jaar (Kategorie 6) Alle Kunstenaars en/of groepe wat inskryf vir die Nuweling- kategorie, se nasionale debuutalbuum moes in die kwalifiserende tydsperiode uitgereik gewees het. Geen heruitreikings word in aanmerking geneem nie;

Hierdie kandidaat sou voor die uitreiking van die kwalfiserende album nog nooit tantieme ontvang het nie (kompilasies en/of konsep- albums ingesluit) en is in alle opsigte n intree- kunstenaar; Die betrokke kunstenaar/groep sou nog nooit van te vore n album in die handel gehad het of op konsertoere/optredes teen vergoeding van die hand gesit het nie; Alle genre s van musiek kwalifiseer in hierdie kategorie. D.4 Beste Pop- album deur n Manlike / Vroulike kunstenaar) (Kategorie 7 & 8) Vir doeleindes van dié kategorie is die onderstaande slegs algemene riglyne eerder as spesifieke kriteria: Pop- musiek staan bekend as Moderne Populere Musiek met die klem op konsekwente ritme, verskeie harmoniee en sterk melodiee. Dit spreek algemeen tot n jonger gehoor eerder as n bepaalde nis- mark of ideologie en konsentreer op n hoofstroomse en/of sekulere en/of kommersiele mark; Tipiese eienskappe van Pop- musiek is die sogenaamde vers/koor/vers/koor/brug of die Twee- en- dertig- bar struktuur wat in die besonder deur n konsekwente ritme gedryf word. Die fokus lê gewoonlik in die spreekwoordelike catchy- hooks van die lied en die skryfstyl van pop- liedjies is gewoonlik elementer en eenvoudig, met die lirieke wat normaalweg fokus op eenvoudige onderwerpe soos die liefde en die lewe, alhoewel daar soms prominente uitsonderings in die onderwerp/tema van lirieke kan wees; Tipiese musiekstyle wat kwalifiseer is sokkie- en dansmusiek. Geen heruitreikings word in aanmerking geneem nie; D.5 Beste Kontemporêre- album deur n Manlike / Vroulike kunstenaar (Kategorie 9 & 10) Vir doeleindes van dié kategorie is die onderstaande slegs algemene riglyne eerder as spesifieke kriteria: Kontemporere musiek is n meer gevorderde vorm van Pop- musiek met die klem op ritme, harmonie en sterk melodie, met n soms welige aanslag en in meeste gevalle radio- vriendelike liedjies; Kontemporere musiek is groot- en- deels gemik op die generasie- gaping ( n Meer volwasse gehoor) tussen aanhangers van Pop- musiek en die meer harde klank van Rock- musiek en neem gewoonlik sekere eienskappe van beide hierdie musiek- genres; Die temas/onderwerpe wat in Kontemporere musiek aangespreek word, het gewoonlik (maar nie eksklusief) n meer volwasse en/of gevorderde aanslag op die lewe en die liefde, maar fokus soms ook op aktuele onderwerpe Net soos in die geval van Pop- musiek, sal hierdie album n byderwetse en moderne aanslag he met basiese dieselfde artistieke en konstruksie elemente as Pop, maar sal oorwegend gemik wees op n volwasse of ouer gehoor. Sogenaamde MOR (Middle of the Road) musiek of Easy Listening kan hierdie afdeling verder definieer; Geen heruitreikings word in aanmerking geneem nie; D.6 Beste Album deur n Groep of Duo (Pop / Kontemporêr) (Kategorie 11) Verwys na die omskrywings by Pop- album en Kontemporêre Album. In hierdie afdeling mag geen Rock- en/of Alternatiewe groepe se werk ingeskryf word nie en word gemik op groepe/duos wat spesialiseer in Pop of Kontemporêre musiek.

Geen heruitreikings word in aanmerking geneem nie; D.7 Beste Geestelike album (Kategorie 12) Hierdie album sal n geestelike en/of spirituele aanslag hê wat spreek to alle ouderdomme; Die album bevat gewoonlik musiek wat n boodskap uitdra ten opsigte van die Christelike- geloof hetsy persoonlik of gemeenskaplik; Alle musiek- genres kom in aanmerking maar hierdie album se liriek- inhoud sal ten alle tye nie- sekuler wees; D.8 Beste Humor- album (Kategorie 13) Hierdie album sal n humoristiese en komiese aanslag geniet en spreek tot alle ouderdomsgroepe; Die beoordelaars sal ook fokus op die kandidaat se handelsmerk (brand) en hoe hul algemene voorkoms bydra tot die humor van hul werk; Kwalifiserende albums en/of werke mag geen kru- taal of blatante of opsetlike suggestie bevat nie en moet ten alle tye tot n inklusiewe mark spreek; D.9 Beste Kinder- album of - DVD (Kategorie 14) Beide CD en DVD- uitreikings is geldig; Die Inhoud van hierdie albums/dvd sal minstens 70% musiek bevat; Hierdie album sal spesiaal opgeneem en verpak word vir kinders jonger as 12- jaar; D.10 Beste Alternatiewe- album (Kategorie 15) Hierdie genre word beskou as n musiekstyl wat verskil / nie in lyn is met hoofstroom- genre s soos Rock, Pop en Kontemporêre musiek nie en fokus altyd op n sekere sub- kultuur en nis- mark; Style wat kwalifiseer is onder andere Indy- style, Rap, Hip- Hop, Alternatiewe Punk, Electro, New Wave, Grunge, Post- punk ens. D.11 Beste Rock- album (Kategorie 16) Hierdie album se aanslag is Rock en het anders as Pop/Kontemporêre musiek, n harder en meer aggresiewe aanslag; Die temas/onderwerpe wat in die lirieke aangespreek word gaan soms gepaard met n sekere ideologie of sub- kultuur, maar daar is soms uistsonderings tot hierdie reel; Alle vorms en genres van Rock is inklusief in hierdie afdeling b.v Progressive Rock, Funk Rock, Punk Rock, Metal, Funk Metal, Death metal, Experimental Rock, ens. D.12 Beste Tradisionele musiek- album (Kategorie 17) Dit is informele musiek wat op 'n kenmerkende manier gespeel word en is hoofsaaklik gemik op uitheemse en inheemse klanke; Vermaaklikheidswaarde speel n rol in die beoordeling hiervan. Hierdie kategorie tel vir albums met en sonder sang;

D.13 Beste Boeremusiek- album (Kategorie 18) Hierdie album is gemik op Boeremusiek en Boeredans- musiek (Langarm- musiek) Dit is informele musiek wat op 'n kenmerkende manier gespeel word en is hoofsaaklik bedoel as begeleiding vir sosiale danse; Vermaaklikheidswaarde speel n rol in die beoordeling hiervan. Hierdie kategorie tel vir albums met en sonder sang; D.14 Beste Instrumentale- album (Kategorie 19) Instrumentale musiek kan enige genre/styl van musiek wees waar een of meer instrument/e bespeel word sonder enige vokale of stemme; Enige instrumentale album kwalifiseer, ongeag die genre maar sluit uit Tradisionele - / Boeremusiek- albums soos in punte D.12/13 uiteengesit; Omdat die inhoud van die album instrumentaal is, word daar geen verhouding tussen Afrikaans/Engelse herkoms en/of oorsprong van die inhoud geplaas nie en kwalifiseer enige Instrumentale album vir hierdie kategorie. D.15 Beste Ligte Klassieke Afrikaanse album (Kategorie 20) Ligte Klassieke musiek met Afrikaans as sangtaal, kwalifiseer; Geen Instrumentale- musiek mag hier ingeskryf word nie; D.16 Beste Country- album (Kategorie 21) Hierdie album se handelsmerk en styl- aanbieding moet getrou wees aan die breë omvattende Amerikaanse Countrymusiek- genre; Die verhouding tussen Afrikaans en Engels snitte op die album kan 50/50 wees. D.17 Beste DVD- produksie (Kategorie 22) Hierdie DVD geld vir n Afrikaanse vertoning wat lewendig voor n gehoor opgeneem is, ongeag watter genre die musiek mag wees; Slegs solo- kunstenaars, duo s en groepe kwalifiseer. Geen DVD s met n ensemble- rolverdeling of kompilasieprodukte kwalifiseer nie. By hierdie afdeling sal Tegniese Kwaliteit, Visuele tegnieke, Vermaaklikheidswaarde, Kreatiwiteit n rol speel; Die ontvanger van hierdie prys sal beide die Regisseur en Kunstenaar van die Lewendige DVD wees; D.18 Beste Musiekvideo (Kategorie 23) Hierdie musiekvideo geld vir enige Afrikaanse lied, ongeag watter genre die musiek mag wees en sluit ook instrumentale liedjies in. By hierdie afdeling sal Tegniese Kwaliteit, Visuele tegnieke, Vermaaklikheidswaarde, Kreatiwiteit n rol speel; Hierdie musiekvideo sou reeds uitgesaai gewees het in die kwalifiserende periode; Die ontvanger van hierdie prys sal beide die Regisseur en Kunstenaar van die musiekvideo wees;

D.19 Beste Liedjieskrywer (Kategorie 24) Die kwalifiserende kandidaat moet n minimum van 3 liedjies en mag n maksimum van 5 liedjies inskryf wat beoordeel sal word; Hierdie liedjies sal reeds opgeneem wees deur n kunstenaar/s en/of groep/e en op n album uitgereik gewees het; Die kwalifiserende liedjies se opnames moet op blanko- cd geplaas word en die lirieke sowel as die volledige lys van skrywers indien van toepassing van elke lied moet saam met hierdie blanko- cd en inskrywingsvorm ingedien word; Enige genre/veld van musiek kwalifiseer in hierdie afdeling; n Motiveringsbrief en sogenaamde track- record van die liedjieskrywer moet saam met die inskrywingsvorm ingedien word om die sukses en welvarendheid van die liedjieskrywer SLEGS deur die loop van die kwalifiserende periode te bepaal; In hierdie kategorie moet werke wat ingeskryf word (beide die komposisie en lirieke) oorspronklik wees. m.a.w., geen liedjieskrywer/s sal in aanmerking kom wat Afrikaanse woorde vir n bestaande melodie en/of komposisie geskryf het nie, ongeag taal of herkoms van die lied. Laasgenoemde sluit werke van die Eurovision Song Contest, Pop Idol, materiaal van MIDEM en OGEA in en musiek van hierdie instansies mag nie ingeskryf word nie. D.20 Beste Vervaardiger van die jaar (Kategorie 25) Hierdie toekenning word gemaak aan die vervaardiger/s van n album, ongeag die genre waarin die album vrygestel is; Die kriteria word veral gemik op musikale vaardigheid, die algemene uniekheid van die klank op die album, die wyse waarop die album afgemeng is, algehele orkestrasies en verwerkings; Hierdie kategorie is oop vir onafhanklike vervaardigers, musikante wat as vervaardigers optree en kunstenaars wat hul eie werk vervaardig; D.21 Ere- toekenning: Lewenslange Bydrae (Kategorie 26) Die gepaste kandidaat sou: Hul nasionale debuutalbum minstens 20 jaar voor betrokke jaar se Ghoemas uitgereik het. Minstens 2 Platinum of 4 Goue albums deurlopend in sy/haar/hul loopbaan ontvang het. Oor die jare heen deurlopende lewensvatbaarheid in hul werk en loopbaan geniet het. n Motiveringsbrief mag aangevra word ter stawing hiervan. Die ontvanger/s van hierdie kategorie word besluit deur die Raad van Trustees; D.22 Ere- toekenning: Beste Verkoper (Kategorie 27) Verkoopsyfers word vergelyk deur syfers wat deur platemaatskappye beskikbaar gestel word. Slegs werklike verkope van albums kom in aanmerking vir die Beste Verkoper toekenning. n Ouditverslag mag vanaf RISA aangevra word ter stawing hiervan. Die volgende mag nie in aanmerking geneem/gebring word nie: Gratis kopiee vir promosie en bemarkingsdoeleindes; Heruitreiking van albums Albums wat heruitgereik word as dubbel- verpakkings;

Albums wat voor die kwalifiserende tydperk uitgereik was en moontlik meer eenhede kon verkoop as n ander album binne die kwalifiserende tydperk; D.23 Ere- toekenning: Baanbreker (Kategorie 28) Die gepaste kandidaat: Is nie noodwendig n kunstenaar nie, maar kan enige ander rolspeler/persoon wees wat baanbrekerswerk/pionierswerk tot diens van die Afrikaanse musiekbedryf gelewer het; Persone wat kwalifiseer sluit in rolspelers in die media, uitsaaiwese, musikante, vervaardigers, regisseurs; Die gepaste kandidaat sou oor die jare heen deurlopende lewensvatbaarheid in hul werk en loopbaan geniet het; n Motiveringsbrief mag aangevra word ter stawing hiervan. Die ontvanger/s van hierdie kategorie word besluit deur die Raad van Trustees; Behalwe in die geval van Liedjie van die jaar, Album van die Jaar, Manlike en Vroulike Kunstenaar en Groep van die jaar sal posisies op enige trefferslyste en verkoopsyfers geensins in aanmerking geneem word by enige ander kategorie tydens paneel- beoordeling nie aangesien n betrokke album beoordeel word en nie die kunstenaar en/of groep op grond van gewildheid nie. Die beoordelaarspaneel se besluite t.o.v beoordeling is finaal en sal onder geen omstandighede enige samesprekings, gesprekke en/of korrespondensie hieroor voer nie. Soos vervat in die ALGEMENE- afdeling van hierdie dokument, kan ouditstate wel na afloop van die toekennings besigtig word. Wanneer die Top 5 in elke afdeling bekend gemaak is, sal die beoordelaars 92% en die publiek 8% stemreg geniet. Laasgenoemde geskied d.m.v. www.ghoema.co.za te stem. Die uitkoms van die publiek se stemming handel grootliks en oorwegend oor gewildheid, eerder as kwaliteit. Daarom is die stemratio om n wenner te bepaal, soos volg: Beoordelaars: Publiek: 92% van totale stemme 8% van totale stemme Wanneer platemaatskappye/individue/instansies inskrywings indien om in aanmerking te kom vir Die Ghoemas, is die volgende van belang: D.a D.b D.c D.d Alle CD/DVD- albums wat ingeskryf word, moet in totaal 70% Afrikaanse musiek bevat om in aanmerking te kom. Dit geld vir die alle kategorieë, behalwe vir waar andersins gemeld word bv Country- album en Instrumentale album. Verwys na die omskrywing per kategorie. Alle CD- albums wat ingeskryf word, moet n minimum van 10 snitte bevat om in aanmerking te kom, ongeag die kategorie waarvoor ingeskryf word. Alle DVD- albums wat ingeskryf word, moet n minimum speeltyd van 60 minute hê om in aanmerking te kom. Alle musiekvideo s wat ingeskryf word, moes lugtyd op een van die nasionale TV- uitsaaiers (kyknet Musiek, KykNET, SABC 3) en ook YouTube ontvang het.

D.e D.f Alle musiekgenre s en style kwalifiseer vir groepe wat ingeskryf word vir Groep van die Jaar. By beide Liedjie van die Jaar afdelings, kwalifiseer enige treffer wat 18- maande voor die toekennings op n CD uitgereik is (1 Augustus 2013), maar slegs as die die liedjie nog nie voorheen ingeskryf is nie. E. Inskrywings vir Die Ghoemas 2015: 1.1 Die Ghoemas funksioneer ter alle tye in n kalender- jaar. Om te kwalifiseer vir die Vierde amptelike Ghoemas (2015), moes: a) CD- albums uitgereik en vir die publiek in die kleinhandel beskikbaar gewees het van 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014. b) DVD- albums uitgereik en vir die publiek in die kleinhandel beskikbaar gewees het van 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014. c) Musiekvideo s vir die eerste keer uitgesaai gewees het op een van die nasionale TV- kanale (kyknet Musiek, kyknet, SABC 3) en ook YouTube van 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014. d) Inskrywings vir Liedjie van die jaar as sogenaamde kortspeler uitgereik gewees het tussen 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014 (al was dit op n album wat die vorige termyn uitgereik is); e) Liedjieskrywers se werk/e op n album uitgereik en vir die publiek in die kleinhandel beskikbaar gewees het van 1 Januarie 2014 tot 31 Desember 2014. f) n Eenmalige inskrywingsfooi van R500,00 (ex VAT) saam met die inskrywingsvorm ingedien gewees het. Hierdie inskrywingsfooi is per inskrywingsvorm, ongeag die aantal kategorieë waarvoor ingeskryf word. g) Die aantal CD s / DVD s wat benodig word vir beoordeling sal later bekend gemaak word; Sou dit gebeur dat bogenoemde reëls nie nagekom word nie, behou die vervaardigers, koordineerders en die bestuurskomitee (verwys na E.2 hieronder) van Die Ghoemas die reg voor om sonder enige kennisgewing daardie betrokke inskrywing en/of kunstenaar te diskwalifiseer. Proses van inskrywing tot die bepaling van n wenner: Die volgende algemene regulasies rakende die onderskeie nominasie- & stemproses, is van toepassing op alle inskrywings. E2. Bestuurskomitee en sy take: (Exco / Steering Commitee) Die bestuurskomitee bestaan uit hoofde/verteenwoordigers van platemaatskappye. Hul oorhoofse take sluit in: Die samestelling van gepaste reels & regulasies, asook kriteria wat deur middel van samsprekings en demokratiese stemming daargestel word en bestuur word deur n onafhanklike persoon in hierdie geval Heidi Edeling wat deur die komitee verkies is en ook as trustee van die Ghoema musiektrust optree; Om inskrywings na te gaan en die korrekte inhoud daarvan te verseker;

Om die materiaal/werke na te gaan en te verseker dat dit kwalifiseer vir die kategorie waarvoor dit ingeskryf is volgens die kriteria. Inskrywings kan oorgeplaas word na ander kategoriee indien hierdie bepaalde inskrywings volgens die diskresie van die bestuurskomitee beter sou vaar in n ander kategorie. Dit geskied binne die raamwerk van die kriteria en in oorleg met die kunstenaar. Om n gepaste en kundige beoordelingspaneel saam te stel vir die toekennings. E3. Van inskrywings tot benoemings: 1.1.1 Alle inskrywings word gemaak deur platemaatskappye of individue of instansies in ooreenstemming met die kwalifiserende tydsperiode; 1.1.2 Na afloop van ontvangs van alle inskrywingsvorms, sal die GHOEMA MUSIEK TRUST daarvolgens n faktuur aan elke platemaatksappy of individue of instansies uitreik vir die bedrag van die totale aantal inskrywings wat gemaak is; 1.1.3 Alle inskrywings word deur die bestuurskommitee nagegaan vir korrekte detail en informasie om te verseker dat elke inskrywing vir beoordeling kwalifiseer. 1.1.4 Alle inskrywings en toepaslike werke word tydens luistersessies beoordeel deur n onafhanklike beoordelingspaneel. 1.1.5 Die eerste rondte beoordeling is SLEGS om 5 benoemdes in elke kategorie te bepaal. Uiteraard sal dit dan bekend staan as die Top- 5 benoemdes in die onderskeie kategorieë. 1.1.6 Hierdie proses geskied nadat alle beoordelaars se puntelyste aan Ghoemas se ouditeursfirma ingehandig is. Die ouditeursfirma gaan volgens n ouditstelsel die beoordelaars se bepunting na om deursigtigheid te verseker; 1.1.7 Sou dit gebeur dat twee inskrywings in n spesifieke kategorie dieselfde punte behaal en n gelykop beslissing tot gevolg het, sal beide hierdie inskrywings as benoemdes bekend gemaak word. Dit sal beteken dat so n kategorie uit n Top- 6 bestaan, in plaas van n Top- 5. 1.1.8 Sou dit gebeur dat daar minder as 3 inskrywings in n spesifieke kategorie gemaak is, sal daardie betrokke kategorie nie aangebied word nie, maar n kategorie met slegs 3 of 4 inskrywings sal dié inskrywings outomaties kwalifiseer die die Top- 3 of Top- 4 benoemdes. 1.1.9 Die Benoemdes in elke kategorie word dan bekend gemaak tydens n bekendstellingsfunksie in Januarie 2013. E4. Van benoemings tot die aankondiging van wenners: 1.1.10 Nadat die Top- 5- benoemdes tydens die bekendstellingsfunksie aan die musiekbedryf en media bekend gemaak is, begin die tweede en finale rondte beoordeling. 1.1.11 www.ghoema.com, wat dien as Die Ghoemas se publieke stemplatform, stel benoemdes in die onderskeie kategorieë, asook die algemene reëls en regulasies aan die publiek bekend. Die nasionale stemveldtog vir die publiek se deelname sal op hierdie wyse geskied en dit sal die enigste manier wees hoe die publiek vir hul gunstelinge kan stem. Die webwerf sal vir n minmum van 4 weke lank ALLE kategorie (behalwe Album van die Jaar) en benoemdes vervat. Daar sal aan elke kategorie en benoemde n kode verskaf word wat die publiek kan sms na n spesifieke nommer. 1.1.12 Die webwerf sal deur middel van sekere mediavennote en sosiale netwerke soos Facebook en Twitter bemark word, maar daar sal deur GEEN media of pers gestem kan word nie. 1.1.13 In dieselfde tydperk wat die nasionale stemveldtog vir die publiek op www.ghoema.co.za plaasvind, sal die beoordelaars weereens bymekaar geroep word vir n laaste rondte beoordeling; 1.1.14 Uitsluitsel geskied nadat alle beoordelaars se finale puntelyste en die publiek se stemtotale aan die ouditeursfirma ingehandig is. Die ouditeursfirma bepaal dan volgens n ouditsisteem watter benoemde die hoogste punte behaal het en uit die aard van die saak as wenner aangekondig sal word.

1.1.15 Sou dit gebeur dat twee benoemdes in n spesifieke kategorie dieselfde punte behaal en n gelykop beslissing tot gevolg het, sal beide hierdie benoemdes as wenners bekend gemaak word. F Van finale oudit tot die aankondiging van n wenner; Die Ghoemas streef konsekwent en regverdig daarna om in alle opsigte kwaliteit, innoverendheid en uitsonderlike kreatiwiteit t.o.v. alle kunstenaars en musikante se werke CD s, DVD s en kuns te vereer. Dit is ook van kardinale belang dat deursigtigheid en onafhanklikheid ten alle tye aan die orde van die dag is. Daarom is die proses van die finale oudit tot aankondiging van n wenner as volg; Nadat die ouditeure d.m.v hul ouditsisteem die wenner van elke kategorie bepaal het; word die naam van die kategorie en die naam van die wenner deur die ouditeursfirma in koeverte geplaas; Hierdie koeverte word dan deur verteenwoordigers van die ouditeursfirma presies een- uur voor aanvang van die toekenningsgeleentheid na die venue gebring en deur hierdie verteenwoordigers op n tafel agter die verhoog geplaas. Die koeverte word dan in volgorde van die geleentheid/produksie se looporde uitgesit en hierdie plasing geskied onder toesig van n sekuriteitsmaatskappy; Die GHOEMA- trofees sal NIE DIE INSKRIPSIE VAN DIE WENNER SE NAAM OP HÊ NIE. Slegs die naam van die kategorie en die inskripsie GHOEMA 2015 sal op die trofee wees. Daar sal wel spasie gelaat word om na die tyd die naam van die wenner op te graveer; SLEGS die ontvangers van ere- toekennings sal aan die vervaardigers bekend wees aangesien kort video- insetsels van die wenners gemaak word om tydens die geleentheid te beeldsend; Geen trustee, werknemer, produksielid, beoordelaar, bestuurskomitee en/of ander personeellid sal tot en met die produksie/geleentheid weet wie die kategorie- wenners is nie, behalwe in die geval van die regisseur wat drie dae voor die geleentheid die wennerslys ontvang. Die Regisseur, die ontvangs van die wenlys en die plasing van benoemdes; Die vervaardiger (Barry Pretorius) ontvang drie dae voor die geleentheid n lys met die wenners. Die doel hiervan is om die regisseur van die televisie- uitsending se kamera- skote suksesvol te adviseer en dit moet uit die aard van die saak deeglik beplan word; Die aankondiging van benoemdes tydens die geleentheid op die grootskerm, sal die standaardvorm aanneem. Daar is egter nie n sogenaamde AV- clip van die wenner nie, maar eerder lewendigeskote soos elke wenner aangekondig word; Die regisseur sal ook volgens die wenlys verseker dat die klankbaan van die wenners volgens die wenlys gereed is om te speel wanneer elke wenner aangekondig word; Laasgenoemde punte is van kardinale belang aangesien die Ghoemas die kontinuiteit van Amerikaanse toekennings soos die Grammy s sal aanneem. Die uitdrukking van die wenners sal bydra tot die sukses van die televisie- uitsending; Die sitplekplasings in die venue, geskied volgens benoemdes en uit die aard van die saak word dit so geplaas dat die verhoog vir elke benoemde maklik toeganglik sal wees. G Die toekenningsgeleentheid & seremonie en die uitvoer daarvan Die toekenningsseremonie word tweeledig vir beide verhoog en televisie vervaardig as produksie en word gedoen in oorleg met die bepaalde hoofborg (wat van jaar tot jaar mag verskil), asook kyknet wat die amptelike uitsaaier van die toekennings is. Die volgende is van belang: Die vervaardiger en regisseur bepaal die artistieke- en kreatiewe inhoud van die produksie;

Platemaatskappye mag kunstenaars benoem om op te tree en dit sal deur die vervaardiger en regisseur oorweeg word vir deelname; Die produksie word beplan en uitgevoer vir die algehele Afrikaanse kykerspubliek, daarom word inhoud sorgvuldig beplan om tot voordeel te wees van reuse kykertalle; Alhoewel die produksie jaarliks minstens een nuweling/intree- kunstenaar/onbekende kunstenaar huisves, is die produksie geensins n platform vir enige kunstenaars om blootstelling te kry nie en word laasgenoemde nie eens oorweeg wanneer kreatiewe/artistieke ontwikkeling vir die projek gedoen word nie; G ALGEMEEN Die deelnemers vrywaar die borge, Ghoema musiektrust, sy trustees, lisensiehouers en elk van hul beamptes, direkteure, werknemers en agente teen alle eise, laste, oordele, verliese, skade, koste en uitgawes (insluitend regsuitgawes) direk of indirek as gevolg van die verbreking van enige van hierdie reëls deur die deelnemer. Dit is die verantwoodelikheid van beide die kunstenaar en kontakpersoon, soos aangedui op die inskrywingsvorm, om te verseker dat ALLE besonderhede korrek ingevul is. Die Ghoemas, sy trustees, vervaardigers, regisseurs en onderskeidelike borge, kan onder geen omstandighede aanspreeklik gehou word as verkeerde inligting op enige wyse gepubliseer word weens foutiewe inligting op die inskrywingvorms nie. Die Bestuurskomitee behou die reg voor om alle informasie en details na te gaan en op te volg vir deursigtigheid en korrektheid. Wanneer n inskrywing gemaak is, behou die GHOEMA MUSIEKTRUST die reg voor om daardie betrokke kunstenaar se album, biografie, foto en naam te gebruik vir enige media, publisiteit, en bemarkingsdoeleindes rakende die Ghoema Afrikaanse musiektoekennings sonder enige verdere kennisgewing aan die betrokke kunstenaar, indiwidu of die platemaatskappy wat die inskrywing gemaak het. Hierdie reel sluit dan ook die gebruik daarvan in tydens enige televisie- uitsending wat verband hou met die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings; Ouditverslae is die dag na die toekenningsaand beskikbaar vir enige persoon om te besigtig. Wanneer enige persoon aandring om die ouditverslae te besigtig, geskied dit by die kantore van die Ghoemas se regsverteenwoordiger en op onkoste van die besigtiger. Beide die prokureur/regsverteenwoordiger van Die Ghoemas en die van die besigtiger moet as getuies teenwoordig wees, asook die ouditeur in beheer van die ouditverslae. Alvorens ouditverslae beskikbaar gestel word, moet n Eed van Geheimhouding deur beide die besigtiger en die besigtiger se prokereur/regsverteenwoordiger geteken word om te verseker dat geen informasie aan n derde party bekend gemaak sal word nie. Alle navrae kan gerig word aan: Barry Pretorius by barry@ghoema.co.za of 082-850- 6576 Heidi Edeling by edelingh@iafrica.com of 083 263 3535 Alle materiaal wat ingeskryf word, kan versend word na: 31 Castle Hill, h/v May Str & Countesses Ave, Windsor- East, Randburg, 2194