Maand-Krant OKTOBER 2013

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Direkte en indirekte rede *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Kerssangdiens. SA Gemeente

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Hoe om krag te spaar

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Maand-Krant. RIGLYNE OOR BEGRAFNISSE IN WAPADRANT-GEMEENTE. (Begrawe of Verassing?)

SIZA takes the sting out of auditing

September Na God se hart...

Tariewe

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Maand-Krant JULIE te laat kom. EENHEID EN VERSKEIDEN- HEID IN ONS EREDIENSTE

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

19. Kerkargief en -museum

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Pasteur en Lister oorwin kieme *

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rubriek vir skeppende werk

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

G. J. du Preez

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

Maand-Krant OKTOBER 2013 VERSLAG NA STUDIEVERLOF WILHELM LEUSCHNER DISSIPELSKAP Beeld: Ek stuur my kinders elke week vir tennisles. Ek, as pa, betaal iemand om hulle te leer tennis speel. My verwagting is dat hulle self sal kan tennis speel. Indien hulle week na week gaan en daar gebeur niks nie, gaan ek ongelukkig wees. Indien die afrigter namens hulle speel, gaan ek ongelukkig wees. Indien hulle net die reëls ken, maar nie kan speel nie, gaan ek ongelukkig wees. Indien hulle net voorhand kan slaan of net kan dien, maar nie die ander nie, gaan ek ongelukkig wees. Die Here stuur as Pa sy kinders vir ons om van hulle dissipels te maak. Hy gee vir ons (baie!) geld om dit te doen. Kry ons dit reg? 1. HOEKOM MOET ONS DISSIPELS MAAK? Dit is Jesus se opdrag aan ons! Matteus 28:19, 20: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. 2. WAT IS N DISSIPEL? In Matteus 4:19 hoor ons Jesus sê: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. Hierdie beskrywing van dissipels bestaan uit 3 dele: 1. Volg My 2. Ek sal julle maak 3. Vissers van mense Wat beteken elkeen? 1

VOLG MY EK SAL JULLE MAAK VISSERS VAN MENSE Ons moet besluit om Jesus te volg. Ons moet KIES vir Jesus KOP Jesus verander my binnekant, ek kan dit nie self doen nie. Ek DOEN dan iets. Dissipel wees is nie net VOLG en VERANDER nie, maar ook VANG. HART HAND KOP HART HAND Wanneer ek Jesus volg, verander Hy my deur: Hyself wat in my is Sy Gees wat in my is Die Woord in my lewe Die verandering vind in die proses van VOLG plaas. Ek verander nie eers en volg dan nie. Ek volg eers en verander dan. Die eerste beweging is van God na ons Hy ROEP my. Op hierdie roeping moet ek reageer: Gaan ek volg of nie? Om dit te doen, moet ek: Weet wie Jesus is Die koste weeg Die besluit neem Die eerste tree gee Ek is eers volwaardig dissipel as ek mense vang. Om mense te vang, moet ek: 1. gaan waar die vis (mense) is 2. aas gebruik waarvan hulle hou. Ek kan nie bloot verwag dat die mense na my toe gaan kom en gaan hou van hoe dinge gedoen wil hê nie. VOLG VERANDER VANG n Dissipel is dus n gelowige wat Jesus kies, Jesus volg en ander dissipels maak. 3. HOE MAAK ONS DISSIPELS? As ons by Jesus leer WAT ons moet doen (dissipels maak), kan ons seker ook by Jesus leer HOE om dit te doen. Wat sien ons wanneer ons kyk HOE Jesus dissipels maak? 1. Hy doen dit nie deur GROOT byeenkomste (eredienste?) nie. (Die groot byeenkomste van die skares is waar Jesus preek en wonderwerke doen, maar nie waar Hy sy dissipels toerus nie.) 2. Hy doen dit min deur medium grootte byeenkomste. Ons lees wel van die 72 wat Hy uitgestuur het en die gereelde volgelinge van Hom, soos die vroue. 3. Hy maak dissipels in klein groepe (12 en 3) en individuele mentorskap. Hulle DOEN die lewe saam. Jesus doen nie wonderwerke met sy dissipels nie. Hulle sien dit wel getuig. Ware tennisafrigting vind nie plaas waar een afrigter met n massa studente besig is nie, maar in klein groepies (<10) en individueel. Plaas ons nie te veel klem op ons grootgroep byeenkomste (eredienste) nie? Dis goed om die skare te lok, maar dis nie waar dissipelskap plaas vind nie. 4. INHOUD VAN DISSIPELS MAAK: Wat is die inhoud van dissipelmaak? Kom ons hoor weer vir Jesus: Matteus 28:19, 20: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. 2

Hierdie vers lyk bietjie anders in die oorspronklike Grieks. n Meer letterlike vertaling is: 1. Terwyl julle gaan (ganende) MAAK DISSIPELS VAN ALLE LE TIPES MENSE 2. Dopende hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees 3. Lerende hulle om alles te doen wat Ek julle beveel het. Daar is dus 3 elemente: 1. GANENDE: Ons maak dissipels terwyl ons gaan oral waar ons kom. By my werk, by my huis, by my skool, by my vriende, by die winkel, by die kerk. 2. DOPENDE: Die woord wat met doop vertaal is, is n deelwoord wat wys dat dit iets is wat aanhou. Dit is nie n eenmalige gebeurtenis nie, maar voortdurend. Hoe nou? Wel, doop was (en is!) die manier waarop iemand deel word van n gemeenskap. Om iemand die hele tyd te doop beteken om hulle die hele tyd deel van n gemeenskap te maak, hele tyd deel van n familie. 3. LERENDE: Die woord wat met leer vertaal is, is ook n deelwoord wat wys dat dit aanhou. Om dissipels te maak beteken dat ons mense aanhou leer. Wat moet ons hulle leer? Om te DOEN wat Jesus beveel het. Dis nie genoeg om hulle te leer om te WEET wat Jesus beveel het nie. Ons moet dit DOEN! n Dissipel maak dissipels deur: Oral waar hy/sy kom Mense deel te maak van Jesus se familie Hulle te leer om te DOEN wat Jesus beveel het. 5. FASES VAN DISSIPELSKAP: Dissipelskap is n reis en nie n aan/af posisie nie. Ek is nie eendag nie n dissipel nie en die volgende dag wel een nie. Daarom gaan dissipelskap deur fases. Hierdie fases kan as volg beskryf word: Dood Baba Kind Jong volwassene Ouer Glo glad nie Glo in Jesus Glo in Jesus Glo in Jesus Glo in Jesus Alles moet nog vir hulle gedoen word: Bybel, gebed Kan al self Bybel lees en bid, maar is baie selfsugtig: Kerk is daar vir my Alles moet vir my werk Skree vinnig as hulle nie van iets hou nie Hulle moet my dien, my besoek, my ondersteun, alles om my bou Besef dat hulle geroep is om dissipels te wees. Soek geleenthede om te dien. Spring bietjie rond om die regte plek te vind. Eksperimenteer met verskillende bedieninge. Is dissipels wat ander dissipels maak. Het n intensionele strategie om ander op te rig om dissipels te wees. Mentor individue en klein groepe. ONGELOOF ONKUNDE SELFSUGTIG DIENSBAAR REPRODUSEER Bedieningstrategie Deel die evangelie Bedieningstrategie Deel lewe, waarheid, gewoontes Bedieningstrategie Verbind aan God, kleingroep, doel Bedieningstrategie Rus toe om te dien en laat los! Bedieningstrategie Laat los om dissipels te maak. 3

6. SFERE VAN DISSIPELSKAP: Dissipels leef in 4 verskillende sfere en moet begelei word om daar effektief te funksioneer. Verhouding met: 1. Jesus 2. Gesin 3. Kerk 4. Wêreld n Kernvers vir die kerk is Gensis 12:2 en 3 waar God sy verbond met Abraham en sy nageslag vestig: Genesis 12:2, 3 (NLV): Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot n seën sal wees. 3 Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. DEUR JOU SAL AL DIE MENSE OP DIE AARDE GESEËN WORD. God seën sy kinders, sodat hulle n seën kan wees vir al die mense op aarde! Is ons gemeente n seën? Is elke lidmaat van ons gemeente n seën vir ander? Dit kan net gebeur as almal dissipels is! 4

KRITIESE VRAE VIR WAPADRANT: 1. Maak ons bedieninge dissipels wat weer dissipels maak? 2. Waar doen ons dissipelskap namens die gemeente? (Bv. ouers word geroep om dissipels te wees wat van hulle kinders dissipels maak. Doen ons dit namens hulle? Doen ons pastoraal / uitreik / liefdadigheid / gebed namens die lidmate?) 3. Moet ons nie elke bediening in ons gemeente evalueer aan die volgende vraag nie: Maak die bediening dissipels wat weer dissipels maak of doen die bediening dissipelskap namens die gemeente? 4. Verstaan ons die doel van ons eredienste reg of probeer ons daarvan die plek vir dissipelmaak te maak? Wat van die volgende: a. Ons eredienste is die voorportaal van die gemeente. Daar ontvang ons nuwe mense en bind ons mense aan mekaar. (Die DOPENDE ). Van hier af skuif ons hulle kleingroepe toe. b. Ons kleingroepe is die sitkamer van ons gemeente. Daar vind die grootste deel van die geestelike groei plaas. (Die LERENDE ) Van hier af skuif ons hulle diensgroepe toe. c. Ons diensgroepe is die kombuis van ons gemeente. Daar vind die bedieninge aan en deur die lidmate plaas. d. Ons leiers kom uit die diensgroepe uit, maw hulle dien reeds. e. Die leiers sien toe dat die bedieninge reg funksioneer en doen nie die bedieninge self nie. Dit sluit die predikante in! Wilhelm Leuschner Augustus 2013 VOORBEELD: DISSIPELSKAP PAD Liewe gas by Wapadrant! Dis vir ons wonderlik om jou by ons te verwelkom! Ons gemeente se visie verduidelik mooi wie ons is: Elkeen Saam op God se pad! Ons wil n gemeente wees waar: ELKEEN God beleef en dien in sy/haar unieke lewe Ons SAAM God, mekaar en ons wêreld dien as een familie Ons elkeen en gesamentlik OP GOD SE PAD loop en groei Ons hoop dat jy hier by ons n geestelike tuiste sal vind en jou pad ook hier kan loop. Hoe lyk die pad by Wapadrant? 1. FAMILIEFEESTE: Ons voorportaal is ons Familiefeeste (sommige gemeentes praat van eredienste of feesdienste). Hier kom ons bymekaar om ons verhoudings met God, mekaar en die wêreld te bou. Ons vier dat ons nuwe mense in Jesus is (die doop help ons hiermee) en dat ons nou deel van n nuwe familie is (die nagmaal help ons hiermee). Hier dien en help ons mekaar en laat ons gaste welkom voel. Ons doen dit op verskillende maniere wat almal vir ons belangrik is, of dit nou ons Klassieke, Kontemporêre, Engelse, Sizanani, Straatkafee of Adoramus eredienste is. Ons glo jy gaan God hier beleef en beleef wat dit beteken om deel van sy familie te wees! Na jy so ongeveer 1 jaar saam ons Familiefeeste bygewoon het, wil ons graag sien dat jy ook deel word van n Geloofsgesin in ons gemeente. 5

2 GELOOFSGESINNE: Ons geloofsfamilie bestaan uit verskillende Geloofsgesinne (sommige gemeentes praat van kleingroepe of selgroepe). Hier kom ons in groepe van 10-20 minstens 1x per maand bymekaar om regtig vir mekaar lief te wees en saam die lewe as gelowiges te leef. Hier leer en help ons mekaar in die dinge wat van Maandag tot Saterdag in ons gesinne, werke, lewe gebeur. Hier gee ons besonderlik vir mekaar om en loop saam die pad deur vreugdes en hartseer, deur die ops en afs van die lewe. Saam met die Geloofsgesinne in ons gemeente, wil ons graag jou help om te verstaan wat die beteken om n gelowige en n dissipel te wees. Daarom is dit ook vir ons belangrik dat jy sal inskakel by ons Groeigroepe, waar ons bietjie dieper delf in wie God en wie ons is. 3 GROEIGROEPE: Ons Groeigroepe is groepe wat bymekaar kom om toegerus te word vir die lewe van n dissipel vandag. Die Groeigroepe kom veral op Sondagaande van 17:00-18:30 by die kerk bymekaar. Daar is groepe vir ons hoërskooljongmense, maar ook groepe vir volwassenes, waar toerusting gegee word oor sake soos Bybelverstaan, gebed, ouerskap, gesonde huwelike, aktuele sake en geloofskwessies. Hier leer ons saam, sodat ons saam kan lewe. Uiteindelik wil ons graag sien dat jy, nadat jy ongeveer n jaar lank in n Geloofsgesin betrokke is, ook betrokke raak by n Dissipelgroep. 4. DISSIPELGROEPE: n Dissipelgroep is n groep van 3 of 4 wat weekliks of 2-weekliks bymekaar kom sommer vir ontbyt of koffie. Hier mentor ons mekaar om werklik as dissipels te leef elke dag van ons lewe. Moenie bekommerd wees nie! Dit klink dalk na baie, maar ons gaan jou lei en help in hierdie hele proses! Baie gou gaan Wapadrant ook vir jou n besonderse tuiste wees. So, 2 of 3 jaar van nou af wil ons graag sien dat jy tuis kom in ons Familiefeeste, in n Geloofsgesin en n Dissipelgroep waar jy werklik kan beleef hoe jy ook deel is van... Elkeen Saam op God se Pad! MOONTLIKE IMPLEMENTERINGSPLAN: 2014 FOKUSJAAR: VIERING 1. Januarie: Bespreek die dokument met die RvO en finaliseer ons gemeente se dissipelskapvisie en -strategie 2. Februarie: Begin met Dissipelskapgroepe van 4 onder die RvO. (Wilhelm om die materiaal te genereer). 3. Maart: Bespreek die RvO dokument met die HO en BDG ten einde inkoop te kry en enige verstellings nodig aan te bring. 4. April: Die RvO finaliseer die visie en strategie vir implementering 2015-2017. 6

2015 FOKUSJAAR: LPG 1. 1ste kwartaal: Die RvO Dissipelskapgroepe verdeel in 2-2. Elke groep betrek 2 HO/BDG lede in nuwe Dissipelskapgroepe vir 2015. 2. 1ste kwartaal: Vestig Dissipelskapbeginsels in die gemeente deur prediking en kleingroepe (So hoor ons die Here...) 3. 2de kwartaal: Bespreek struktuur met belangegroepe in die gemeente. 4. 2de kwartaal: Diensgroepe evalueer hulle bedieninge aan die hand van die Dissipelskapstrategie en beplan vir 2016. 5. 3de kwartaal: Finaliseer beplanning en begrotings vir 2016. 2016 FOKUSJAAR: OLV 1. 1 Januarie: Vestig nuwe name: Eredienste Familiefeeste; Kleingroepe Geloofsgesinne 2. Hele jaar: Fokus om Geloofsgesinne efektief te struktureer en vestig. 3. Januarie: Dissipelskapgroepe van RvO/HO/BDG verdeel 2-2 en vorm nuwe groepe vir 2016. 2017 FOKUSJAAR: DIENSWERK 1. Hele jaar: Vestig Groeigroepe (ou W.A.T.) 2. Brei Dissipelskapgroepe organies uit. 2018 FOKUSJAAR: GETUIG 1. Hele jaar: Vestig Dissipelskapgroepe in die gemeente 2. Einde 2018: Mikpunt: 80% lidmate is in Geloofsgesinne; 50% lidmate is in Dissipelskapgroepe *********** Ons wil graag ons gemeentelede se geheue verfris oor ons Leuse naamlik Elkeen saam op God se Pad: WELKOM OP ROETE 3.12 (Filippense 3: 12) Jou eerste vraag is waarskynlik Wat is Roete 3.12?. Om dit te beantwoord, moet ons teruggaan na die begin. By Wapadrant Gemeente (WPR) het ons n nuwe visie vir die kerk - een wat ons as lidmate sal noop om aktief deel te wees van die liggaam van Christus: Elkeen Saam op God se Pad Hierdie visie is ons rigtingaanwyser sodat alles wat ons hiervandaan af doen by WPR Gemeente in dieselfde rigting vloei. Sodoende verseker ons eenheid van aksie en hart, wat noodwendig groter sukses beloof in alles waartoe God ons roep. 2008 was die jaar wat toegewy is aan die bekendstelling van hierdie visie aan almal by WPR. Dit het verskeie aksies op alle vlakke van die gemeente behels, ten einde seker te maak dat ons almal sekerheid het oor wat die Visie van elkeen vra, en hoe dit ons lewe hier en weg van WPR gaan verryk. Die kommunikasie plan waarmee ons nuwe visie bekend gestel was, is Roete 3.12. Dit is gebaseer op Filippense 3:12 wat die pas hiervoor aangegee het. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Elke keer as jy die Roete 312 logo sien, dan weet jy WPR Gemeente is aktief besig om nader te beweeg aan dit wat God van ons vra. 7

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT GEMEENTE Totale Inkomste vir 2013: Gem. 93% van die Begroting Totale Uitgawes vir 2013: Gem. 97% van die Begroting ############ ADMINISTRATIEWE BURO VAN DIE GKSA Aan: Alle kerke en lidmate Van: Die Administratiewe Buro-bestuur (Admin Buro) Datum: 2 September 2013 Insake: Die geldsake van die GKSA Ons rig hierdie skrywe aan u rakende die geldsake van die GKSA ten einde inligting met u te deel en moontlike vrae te beantwoord. Ons sal reaksie op die skrywe verwelkom, te meer as u verdere inligting benodig. Ons bied die inligting aan in die formaat van vrae en antwoorde. Die tema van die skrywe is: Ons kerke se gesamentlike roeping en verantwoordelikheid vir werk in meerdere kerkverband. Vraag 1 Hoekom hierdie skrywe oor die GKSA se geldsake? Antwoord: Die kerke moet die middele (ook geld) wat God gee, gebruik om sy roeping te vervul. Die Admin Buro het die verantwoordelikheid om die gesamentlike geldsake van die GKSA te bestuur en moet rekenskap en inligting hieroor gee. Die Admin Buro het dus die gesamentlike prentjie van die GKSA se geldsake en moet dit interpreteer en kerke dienooreenkomstig inlig. So sien die Admin Buro by kerke finansiële nood om te oorleef, al meer wat van sustentasie afhanklik raak en kerke wat negatief is oor ramings. Gesamentlik is n aantal kerke nou sowat R11.2 miljoen agterstallig met ramings. Vraag 2 Raming en ramings!!! Hoekom ramings in die GKSA? Antwoord: Ja, kerke is selfstandig en is geroepe om kerk te wees in die plaaslike omgewing. Dit beteken werk na binne, in die gemeente, en ook na buite. Maar daar is werk wat gedoen moet word wat kerke op hul eie nie kan doen nie. Hierdie sake word bespreek en ooreengekom tydens Algemene Sinodes. n Basiese behoefte is byvoorbeeld ʼn sentrale punt waar predikante opgelei kan word. Die werk waarop die sinode besluit, vind neerslag in deputaatgroepe wat die werk doen en hiervoor is geld nodig; dit wissel van die uitgee van Psalmboeke tot skakeling met buitelandse 8

kerke waarmee ons bande het. So is daar ook deputate wat help om te verseker dat emeritus predikante en hul gades versorg is. Die kerke het lankal reeds besluit dat die beste manier om hierdie noodsaaklike gemeenskaplike verantwoordelikheid te finansier, by wyse van ʼn ooreengekome betaling per belydende lidmaat per jaar is, wat vanaf elke plaaslike kerk na die GKSA se kas oorbetaal word. Hierdie betalings het die benaming "ramings"gekry. Die bedrag beloop R270 per belydende lidmaat per jaar vir 2013/14. Dan moet daar bykom die raming vir die emeritaatsfonds wat op ʼn glyskaal per kerk bereken word. Die basiese syfer vir die emeritaatsversorgingsfonds beloop R260 per belydende lidmaat per jaar vir 2013/14. Die ramings (sonder emeritaatsversorgingsfonds) verhoog met 5.7% teenoor verlede jaar en dié vir emeritaatsversorgingsfonds met 8.3% gebaseer op verlede jaar. Vraag 3 Wat is die omvang van hierdie aktiwiteite van die GKSA die gesamentlike aksies waarvoor ooreengekom is by die Algemene Sinode? Antwoord: Die bedrag wat vanjaar benodig word is R44 miljoen. Dit word soos volg opgemaak: Die GKSA is verantwoordelik vir 50% van 10 beroepe professore en 4 administratiewe personeellede by die Teologiese skool se traktering/besoldiging. By die Admin Buro werk 12 amptenare en daar is 46 teologiese studente wat finansieel gehelp word. 42 Kerke word gehelp uit sustentasiefondse. Koste tov traktement en salarisse is ingesluit in Salarisse van R7.6m. Verder word 100 emeritusegpare, 67 emeritusweduwees en 10 emeriti versorg uit die EVT-fonds. Vraag 4 Waar kom die geld vandaan? Antwoord: Van ramings en verpligte kollektes. Alle ramings en verpligte kollektes wat kerke moet invorder en oorbetaal aan die GKSA-kas word ooreengekom by die Algemene Sinode. Die Admin Buro besluit nie na willekeur hieroor nie, maar voer slegs sinode opdrag uit. 9

Vraag 5 Waar staan ons nou met al die sake? Antwoord: Ons het baie om voor dankbaar te wees! Ongelukkig is daar R11.2 miljoen agterstallige ramings wat nie hierbo ingesluit is nie. Ons vertrou dat ons die eise sal kan aanspreek wat insluit die invordering van die R11.2 miljoen agterstallige ramings wat ʼn groot verskil kan maak. As kerke nie hulle agterstallige ramings vereffen nie, plaas dit net n al hoe groter druk op die kerke wat wel betaal. Syfers oor agterstallige ramings is gestuur na die betrokke kerke en klassisse om die nodige aandag daaraan te gee. Vraag 6. Hoe lyk die prentjie vorentoe? Antwoord: Die werk van die kerke in diens van die Here moet aangaan ook die gesamentlike werk wat in die kerkverband gedoen moet word. Ons kan nie ophou om studente op te lei om die Woord uit te dra, om die kuddes te help versorg nie. Ons kan nie ons emeriti en hul gades verwaarloos nie. Ons moet gesamentlik, tesame met elke lidmaat, elke kerkraad, elke gemeente, elke klassis en streeksinode hiermee erns maak. Die verspreiding van ramings in die 2013/14 boekjaar is soos volg. Waarvoor: Bedrag (R): Raming per elke R1 raming gehef: 1 Emeritaatsversorgingfonds (basisbedrag) 260.00 46 sent 2 Teologiese Skool Potchefstroom 97.00 17 sent 3 Emeritaatsversorging: Medies 85.00 15 sent 4 Administratiewe Buro 50.00 9 sent 5 Sinodale Kas 46.00 8 sent 6 Kerkargief 9.00 2 sent 7 Thuso Fonds (Emeritaatsversorging) 8.00 1 sent 8 Bybelvertaling 2.35 0 sent 9 NWU (PUK Kampus) 2.25 0 sent Totaal: 559.60 100 sent Uit die tabel is dit duidelik dat emeritaatsversorging (items 1 plus 3 plus 7) beloop 63 sent van elke een Rand raming gehef. 10

Vraag 7 Wat is die opsomming van die prentjie? Antwoord: Die kerk is die plaaslike gemeente maar die kerk is meer as net plaaslik. Ons as kerke het ooreengekom dat die gemeenskaplike werk gedoen moet word en dat geld daarvoor nodig is. Elke lidmaat en kerkraad het die opdrag om sy en haar gesindheid teenoor hierdie saak te ondersoek en te reageer volgens die lig wat die Here ons daarvoor gee in sy Woord. Kerke wat met hulle ramings agterstallig is, behoort ernstig daaroor te besin omdat dit n direkte invloed het op dit waartoe gesamentlik met mekaar ooreengekom is. Kontak asseblief vir Wymie du Plessis, met enige navrae in die verband. (018 297 3986 of wymiedup@gksa.co.za) Algemeen: Ons wil beklemtoon dat die Admin Buro nie n mandaat het om ramings van kerke af te skryf nie. Dit is wel binne sy opdrag om, waar kerke met die oorbetaling van ramings agterstallig raak, met daardie kerke te onderhandel en ooreen te kom rakende die terugbetaling daarvan sowel as rente daarop, ten einde kerke se finansiële verpligtinge meer draaglik te maak. Ons kan met dankbaarheid meld dat daar met n aantal kerke reeds sodanige reëlings in plek is sodat daar met die werk waartoe die Here ons gesamentlik geroep het, voortgegaan kan word. Ons nooi kerke opnuut uit om met die Admin. Buro te skakel in verband met reëlings rondom betalingsterme, en nie sonder enige reëlings die oorbetaling van ramings te staak nie. Dit is immers ons plig en opdrag om ook hierin op mekaar ag te gee! ʼn "Powerpoint"-aanbieding word binnekort ook na alle kerke gestuur wat gebruik kan word om die kerkraad en gemeente verder oor bogenoemde sake in te lig. By voorbaat ook ons dank aan kerkrade dat die inhoud hiervan aan lidmate deurgegee sal word. Ons vertrou, en dis ons bede, dat hierdie skrywe tot groter duidelikheid sal bydra wat tot gevolg mag hê dat ons ons ooreengekome gesamentlike verantwoordelikheid so ver moontlik sal nakom. Ds Eddie Tiemensma (Voorsitter: Bestuur Admin Buro) ^^^^^^^^^^^^ EVANGELICAL PRESBYTERIAN CHURCH (EPC) VAN MALAWI (TOPIA BESOEK JULIE TOT OKTOBER 2013: DEEL 1) Stap saam met TOPIA op n reis van verandering. Sien die impak van n bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Ons was 6 Julie weer terug in Malawi. By ons aankoms in Blantyre het die werktuigkundige ons ingelig dat hy nie ons trok klaar gediens het nie. Die hidroliese arms wat die kajuit van die enjin oplig, was foutief. Die uiteinde was dat ons eers tien dae later kon vertrek. In daardie tyd het ons by die YWAM-basis in Blantyre gestaan. Ons dank die Here vir die liefde en ondersteuning wat die YWAM-span aan ons betoon het. Toerusting en fasilitering Op n wonderlike wyse het die Here dit beskik dat Johannes die Sinode van die Evangelical Presbyterian Church van Malawi (EPC) in 2012 bygewoon het. Die vrug van daardie besoek was dat TOPIA vanaf 2013 op n gereëlde basis die kerkleiers van die EPC kan dien. Die EPC is n goeie voorbeeld van die geweldige tekort en nood aan toegeruste kerkleiers in Afrika. Hierdie kerkverband is geografies oor die suide van Malawi en gedeeltes van Noord-Mosambiek versprei. Die EPC het 80 gemeentes, maar slegs vyf predikante. Die predikante moet oor groot afstande, party met fietse en openbare vervoer, die gemeentes bedien. Die herderlike bediening van die gemeentes word dus prakties deur die ouderlinge en die diakens gedoen. TOPIA het in Julie die eerste geleentheid gehad om saam met die EPC te werk. Daar is by drie gemeentes in Malawi opleiding gedoen, naamlik Matoponi in die Phalombe-distrik, Katundu in die Thyolo-distrik en Safali in die Mulanje-distrik. Daar is ook opleiding by twee gemeentes, naamlik Paruwani en Milange in die Milange- 11

distrik van Mosambiek gedoen. By elkeen van die vyf gemeentes het die kerkleiers van die hele distrik bymekaargekom. Die kerkleiers is begelei om opnuut te ontdek wat hulle en die gemeente wat hulle dien se rol is in die lig van die groot opdrag, naamlik om dissipels van al die nasies te maak. Daar is gekyk na die Wie (dat God elke gelowige roep om Hom voltyds in alle terreine van sy lewe te dien), die Waar (dat die plaaslike kerk se sendingveld die gemeenskap is waarin hulle leef en werk) en die Hoe (dat verandering in jou gemeenskap by jouself begin). Volhoubare verandering soek na die wortel van gedrag. Indien n mens jou gedrag wil verander, moet jou denke vernuwe. Ons moet soos Christus dink en elke gedagte toets. Is dit wat ons dink die waarheid of is dit n leuen? Kerkleiers is dus begelei om in Christus gewortel te wees en vanuit Christus te groei. Begeleiding is ook gedoen om behalwe die waarheid, nog liefde en diensbaarheid ook te vestig as die identiteit van die gemeentes daar waar God hulle roep. Uitreksels uit Lizanne se What sapp-nuusbrokkies Hande in hare.. het nou al seker soveel uitgegee as wat n nuwe hidroliese arm sou kos! Die werktuigkundige het gebel en gesê hy het probleem uitgesorteer, maar dit het hy al n paar keer gesê. Staan met lorrie en kazebo langs kerkgebou in gemeenskap met hul modderhuisies en grasdakke. Laasnag dwarsdeur wilde, woeste, woeste wind geslaap. Vanoggend ons kazebo rondom die jong bloekombos langs lorrie gevind en gedink dis klaarpraat met kazebo. Die goed is mos maar flimsy en genadiglik is daar niks geskeur of gebuig nie behalwe tentpenne?! Opleiding hier nog vandag tot 17:00. Lang dae want na opleiding word kos gemaak. Vrouens woon opleiding eers by. Ete dus eers 19:00, daarna oordenkings. Johannes is elke aand eers na 21:00 in lorrie. Ons is hier tot Sondag na kerk, dan ry ons na die volgende opleiding wat weer Maandag begin. Ons kan al vier stort en skottelgoed was in minder as 50 liter water per dag! Ons het kompressie spuitkan saamgebring wat nogal goed werk vir stortaksie. So word water optimaal gebruik sonder dat n druppel verlore gaan! O ja, ons het n hele tros piesangs, so meter-lang tros, persent gekry en almal word nou gelyk ryp. Wat kan mens als met piesangs maak? Hier is dit ook koelerig en steeds reënerig. Die son het n bietjie uitgekom toe ons vanmiddag met ons 10- ton lorrie uit die gemeenskap se omgeploegde land, wat spesiaal vir ons voorberei was en vir twee dae lank natgereën het, moes kom! Intussen het die twee kinders hul gate uit geniet in die modder en modderpoele! Hul was so nat en vuil dat Johannes alleen met die lorrie gery het. Ek en die kinders het natuurlik via al die modderstroompies deur die dorp na die sendingstasie aan die anderkant van die dorp, gestap. Die modder-grondseil gewas, met die gepaardgaande pret en toe word daar lekker warm gestort. Ek is grasweduwee, Johannes is vanoggend 6:00 met n taxi oor die grens na Malawi om betaling by koerierdiens en reëlings rondom die lorrie se onderdele te gaan doen. Hy het gedink hy is weer voor 18:00 wanneer grens toemaak terug, maar toe hy vanoggend oor die grens gaan, sê hul hy mag eers weer môre terugkom. Hy het maar by n hotel ingeboek. Hy het niks by hom behalwe sy rekenaar nie. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk in Afrika Bid vir kerke en kerkleiers van die EPC van Malawi. Dank God vir tweede geslag fasiliteerders en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Bid die Here vir sy beskerming aan ons gesin tydens hierdie besoek aan Malawi, Mosambiek en Zambië. Voetspore van hoop-blog teken in vir nuus en fotos: (1) Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). (2) Klik op die blog-skakel. (3) Tik jou e-pos besonderhede in die Voetspore van Hoopblokkie in. (4) Klik op subscribe. Koninkryksbelegging Indien God jou roep om by TOPIA n koninkryksbelegging te maak: ABSA tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319 CHRISTUS HET OPGESTAAN IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM! Lizanne, Lourens, Arina en Johannes Aucamp 12

EK GLO 1 Ek glo dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Ek glo dat Hy met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal het en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos het. Ek glo dat Hy my op so n wyse bewaar dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie en dat alles tot my saligheid dien. Ek glo dat Hy my deur sy Heilige Gees van die ewige lewe verseker en dat Hy my van harte gewillig en bereid maak om voortaan vir Hom te lewe. Ek glo dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom n gemeente tot die ewige lewe uitverkies het en dat Hy hierdie gemeente deur sy Woord en Gees in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou. Ek glo dat ek daarvan n lewende lid is en ewig sal bly. Ek glo dat ek nóú reeds die begin van die ewige vreugde in my hart ervaar en dat ek ná hierdie lewe volkome saligheid sal besit n saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens opgekom het nie om God daarin ewig te prys. AMEN. 1 Heidelbergse Kategismus 1:1, 21:54, 22:58. Geloofsbelydenis saamgestel deur AvW na aanleiding van die 450-jarige herdenking van die Heidelbergse Kategismus. KERKLIED: CHRISTUS IS GODS LAASTE WOORD 2 Christus is Gods laaste woord, Hy s Gods groot geskenk aan ons. Hý bring hoop en lewe voort, Hy oorwin die sonde^en dood. Die Psalms is in Hom vervul, Elke woord is waar in Hom. Loof Hom, prys Hom, dank aan Hom. Gee aan God die heerlikheid. 1. 2 Hierdie lied is deur my op 7 Julie 2013 in Amsterdam gedig (AvW). Die bedoeling is om uitdrukking te gee aan die gedagte dat al 150 Psalms in Messiaanse (Christologiese) konteks gesien en gesing moet word (vgl. Luk. 24:44 en Heb 1:1-2). Die lied kan dus, soos nodig, bypassend ná elke Psalm gesing word. Ek sê baie dankie aan Leona Venter vir die ontdekking van n gepaste melodie. Die melodie wat gebruik kan word is, is dié van Ps. 111 (Grové); die reëls in vetdruk volg dan die melodie van die keervers in Ps. 111. 13

REEKS OOR BOME WAT DIE VOLGENDE PAAR MAANDE IN DIE MAANDKRANT GAAN VERSKYN. HIERDIE KEER GAAN DIT OOR VYEBOME Wie van ons ken nie vyebome nie? Vra vir Jan en alleman en hy sal bevestig dat daar twee soorte vyebome in ons land voorkom. Die bekendste hiervan is sekerlik makvye (Ficus carica) waarvan die vrugte meestal vars geëet word, maar wat ook in die vorm van vyekonfyt so gewild is. Hoewel talle makvy-kultivars vandag bekend is en in ons land gekweek word, is hulle almal uitheems - hulle is dus van elders ingevoer. Die tweede groep ken ons as wildevye wat onder natuurlike toestande op baie plekke in die veld voorkom. Hulle is almal inheems en is deel van ons natuurlike flora. Makvye is reeds van vroeg af bekend toe hulle baie lank gelede, soveel as 3000 jaar gelede, uit wildevye veredel en deur kwekers aangeplant is. Hierdie twee soorte vyebome was ook in Bybelse tyd bekend met die eerste verwysing na vyebome reeds so vroeg as in Genesis 3:7. Op ander plekke in die Bybel word vyebome in direkte historiese verband genoem waarby mense soos Sageus 'n rol speel, of kom voor in spreekwoorde en uitdrukkings soos in Lukas 7:44. Sommige verwysings is egter na wildevye en nie almal na makvye nie. Die vyeboom was dus, soos die olyfboom en wingerdstok, reeds vroeg deel van Palestina se geskiedenis. In Amos 7:14 lees ons 'n baie interessante opmerking waar Amos teenoor Amasia verklaar "Ek is maar net 'n skaapboer en ek kweek wildevyebome" (NLV). Lees mens hierdie vers in 'n ouer vertaling, staan daar "...ek boer met vee en kweek wildevye." In die Engelse vertaling van hierdie vers staan egter: "...but I am a herdsman and gatherer of sycomore fruit". Drie verskillende weergawes dus van dieselfde grondteks. Volgens prof Amots Dafni van die Universiteit van Haifa in Israel dui die versigtige bestudering van die oorspronklike Hebreeuse teks daarop dat Amos nie vye of vyebome gekweek het nie, maar die vye gekeepsny het. Die Engelse term vir keepsny is "gashing". Terwyl Amos sy vee opgepas het, het hy die tyd verwyl deur die vrugte van die sycomorus-vye te keepsny. Dit was baie waarskynlik vrugte van Ficus sycomorus wat ook in Suid-Afrika voorkom, tot 'n hoë boom kan groei, en hier as Gewone Trosvy bekend staan. Volgens ander navorsing kom die vyebome in Amos se tyd oorspronklik uit Etiopië en is via Egipte van steggies (lote) in Palestina gevestig. Later is ook vy-steggies vanuit Griekeland en Turkye na Israel ingevoer wat as Smirna-vye bekend gestaan het. Hoewel hierdie vysoorte in hulle lande van herkoms vrugte gedra het wat tot volwassenheid ontwikkel en ryp geword het, het dit nie so in hulle nuwe "tuislande" gebeur nie. Die aangeplante bome het goed gegroei, maar het hul vrugte reeds vroeg in die jong en onvolwasse stadium afgespeen sodat die bome geen ryp vrugte gedra het nie. Daar was egter 'n oplossing vir hierdie probleem. Wie dit ontdek het is onbekend, maar iewers het iemand ontdek dat die vrugte wel tot volwassenheid kon ontwikkel indien hulle "beseer" is. Dit was dus reeds in Amos se tyd algemene praktyk om die vyvrugte kunsmatig te "beseer" deur hulle te keepsny om volwasse te word. In die grafkelders van antieke Egiptenare is van hierdie messies met hulle tipiese krom lemme gevind wat vir die keepsny van vye gebruik is. Die vrugte wat op hierdie wyse "kunsmatig" gestimuleer word om volwasse en ryp te word staan as partenokarpiese vrugte bekend. Dit beteken vrugte wat sonder bevrugting gevorm word. Ons is ook bekend met ander vrugsoorte wat op partenokarpiese wyse ontstaan soos piesangs, pynappels en nawellemoene. Kenmerkend van partenokarpiese vrugte is dat hulle geen saad bevat nie. Die "wilde" piesangs waaruit "mak" piesangs veredel is, het wel saad. 'n Piesang met pitte klink nogal vreemd. Latere wetenskaplike ondersoeke het bevind dat etileengas geproduseer word wanneer 'n onvolwasse vrug van 'n sekere grootte beseer word. Die etileengas stimuleer dan die vrug om tot volwasse grootte te groei en ook ryp te word. Tans word etileengas aangewend om vrugte kunsmatig ryp te maak. So byvoorbeeld kan piesangs en ander vrugsoorte lank onder verkoelde toestande in die onryp (groen) toestand geberg word sonder dat hulle ryp word. Sodra etileengas by verhoogde temperatuur bygevoeg word, vergeel die piesangs vinnig en word dan ryp. Vrugte kan sodoende in 'n konstante en gereguleerde stroom aan die markte beskikbaar gestel word. Maar hoekom het die vyebome wat van steggies gekweek is, se vrugte nie spontaan ryp geword nie en moes hulle kunsmatig met keepsnye aangehelp word? Die antwoord is geleë in die afwesigheid van vywespe - 'n klein soort perdeby. Elke wildevysoort het hul eie en unieke tipe 14

wespe wat by die bestuiwing van die blommetjies betrokke is. Daarsonder vind geen bevrugting plaas nie en ontwikkel geen vrugte nie. Die vyebome in Amos se tyd asook vroeër in Egipte, is dus van steggies gekweek sonder om daardie bome se wespe saam te neem na hulle nuwe kweekplekke en tuistes. Daarsonder kon die vye nie op natuurlike wyse gestimuleer word om volwasse te word nie en moes die mens 'n hand bysit. Gelukkig het moderne tuinboukundiges daardie vysoorte verder veredel sodat ons vandag "mak" vysoorte kry wat spontaan partenokarpiese vrugte produseer sonder dat die mens daarmee moet help. Hierdie vysoorte is nou selfbestuiwend en produseer wel saadjies. Die meeste ander vrugsoorte benodig egter steeds die dienste van bye en ander insekte om stuifmeel oor te dra om bevrugting en vrugontwikkeling te bewerkstellig. Dis nog n aspek van die geskape biologiese wêreld se wonderlike en fyn balans waarvan ons met verwondering kennis kan neem en God se Hand daarin kan raaksien. Lou Coetzer ######### BOEMELAARSETE (GEMEENTE-ETE) OP 25 OKTOBER Ons gaan n boemelaarsete hou in die vorm van vis en chips. Bring asseblief jou eie drinkgoed en glase. Die ete is gratis en daar is NET plek vir 150 volwassenes. Bespreek dus onverwyld in die saal tussen die twee oggenddienste of Maandae tot Vrydae by die kerkkantoor. Hierdie ete is vir alle lidmate vanaf na matriek tot en met ons geliefde gryskoppe. As jy nie kan reël dat iemand jou kleingoed oppas nie (jy kan sekerlik!) sal Ilze Vlok hulle by die kerk besig hou. Daar word laser paintball beplan vir die ouer kinders. n Blikkie kos is die toegangsgeld en jy MOET soos n boemelaar aangetrek wees. Ete word gereël deur die diakonie. ************* GETUIENISTOERUSTINGSKURSUS OP 12 OKTOBER Wil jy geestelik groei en ander help om dissipels van Jesus te word? Wil jy leer hoe om vrymoedig oor Jesus te praat en mense geestelik te help? Ds Dirkie gaan ons leer hoe om te getuig by die werk, skool, sportveld, op n uitreik, enige tyd en enige plek. Tyd: 8:00 16:00. Waar: Raadsaal, NG Moreleta Gemeente. Koste: R50 wat tee/koffie en ligte ete insluit. Kontak: Almarie@moreleta.co.za of Nathan@moreleeta.co.za (012) 997-8006 ******* KOEKVERKOPING Baie dankie aan almal wat ons koekverkopings so getrou ondersteun (deur gebak te skenk en deur te koop). Ons het alweer ongeveer R11 000 ingesamel en die geld sal gebruik word om die inwoners van Paul Jungnickel Tehuis by te staan, op verskillende maniere. Die volgende koekverkoping vind plaas op 20 Oktober 2013, na die eerste oggenddiens. Vir meer inligting kontak vir Dalene Erasmus by 082 322 6458. Baie dankie. Kleingroep G028. 15

KONING NGSKIN KINDERS DERSKAMP KAMP: 6-13 DESEMBER 2013 Die jaar snel verby teen n ongekende spoed en ek wou graag die verslag/versoek tov die 2013 Koningskinderskamp in die Julie-uitgawe van die Maandkrant geplaas het. Dit is weer tyd vir reëlings tov die Koningskinderskamp. Die een kind kan nie wag nie en is opgewonde, die ander is onseker want dit is die eerste keer dat hy/sy op n kamp gaan, en dit sonder sy ouers. Die gesig van elke kind vertel n eiesoortige verhaal van afwagting. Die kamp geskied weer by Die Hoekie-terrein (Brits-omgewing) gedurende die Desembervakansie. Die voorlopige datum is 6-13 Desember 2013. Soos met elke kamp word die kinders ingewag deur n goed voorbereide en gemotiveerde span groepleiers, n bestuurspan en kombuispersoneel wat vir die innerlike sal sorg. Na die inburgering en verdeling in groepe word daar in alle erns aan die tema van die week aandag gegee. Die tema van vrede en vergifnis en die verlossing deur Jesus Christus word as sentrale tema op die mees praktiese wyse deur die groepleiers aan die kinders oorgedra. Die gebalanseerde samestelling van die daaglikse program, sal soos in die verlede, getuig van goeie voorbereiding. Die kinders se daaglikse aktiwiteite begin met bybelstudie, groepsbespreking van die tema van die dag, praktiese toepassing en die uitleef daarvan. Die deelname aan spanspeletjies soos krieket en sokker, asook n besoek aan De Wildt ens. sal deel uitmaak van die daaglikse roetine. Die nodige sorg (lief en leed) sal weer eens deur kampouers verskaf word, asook om al die skete en pyne te behandel en troos te verskaf as die verlange te groot word. Die dag sal afgesluit word met die sing van geestelike liedere en die vertoon van opvoedkundige en motiveringsvideo s en saamkuier na die tyd tot slaaptyd. Daar is n groot behoefte vanaf die bestuur vir hulp en bystand gedurende die kamp, soos bystand in die kombuis waar daar kos gemaak moet word. Bydraes van vleis en vars vrugte en groente is ook welkom, aangesien ons n gebalanseerde spyskaart vir die kinders opstel. Finansiële hulp word gevra vir die aankoop van hulpmiddele en betaling van aankope. Donasies/bydraes kan inbetaal word op die kerk se bankrekening. Die besonderhede is: Gereformeerde Kerk Wapadrant, Absa, tjekrek nr 3490 151957, takkode 632005. Die verwysing moet baie duidelik gemerk word, naamlik Koningskinders. Kontant kan in n koevert in die bydraesakkies geplaas word of in die bydraekassie in die voorportaal van die kerk, gemerk Koningskinders. Die beraamde koste beloop ongeveer R1 200 per kind vir die kamp. Dankie aan die kleingroepe wat reeds hard werk om die skoendose met badkamer-benodigdhede vir elke kind gereed te kry sodat elke kind so n skoendoos kan kry. Die jaarlikse gholfdag se reëlings wat deur n ander kleingroep getref word, is in plek en hulle doen n beroep op die gholfspelers in die gemeente om die dag te ondersteun. Daar word verder n versoek aan die kleingroepe gerig om te help met die kosvoorbereiding, veral met aandetes gedurende die week, bv om te braai ens. Klere, skoene, handdoeke in n goeie toestand en veral onderklere (nuut nuut) word ook benodig en sal opreg waardeer word. Die Koningskindersbestuur sal dit waardeer indien enige kleingroepe ook betrokke sal raak by die kamp self. Enige belangstellende kleingroepe kan vir Gert of Henriette Coetzer kontak by 072 073 1296 of 076 309 5855 of epos vir Henriëtte by info@moreletamontessori.co.za. Gert se eposadres is gert8591@hotmail.co.za. Voornemende groepleiers, enige persoon vanaf graad 11, maar verkieslik studente of jong werkendes wat belangstel om groepleiers te wees, kan vir Mari-Louise kontak by e-pos marilouise.coetzer@yahoo.com of by 082 592 4349. Dit is met opregte dank aan ons Hemelse Vader en deur Sy genade dat daar weer n geleentheid is om met Sy Koningskinders te werk, hulle te koester en die liefde wat daar in Jesus Christus is, by elkeen te vestig en dit te versterk. Mag die saad wat gesaai word, groei tot volwassenheid. Ons dank gaan ook uit aan elke lidmaat, kleingroep wat n bydrae maak, hetsy deur gebed, insameling van fondse, skenkings, klere, ens wat bydra om die kamp suksesvol te maak. Koningskindersbestuur 16

KERSETE AAN GESINNE IN DANVILLE Kleingroep G015 voorsien weer hierdie jaar bestanddele vir n volledige Kersete aan 120 gesinne in Danville. Graag vra ons skenkings van klein pakkies rys, pakkies jellie of 250g mayonaise. Enige kontant donasie sal natuurlik ook baie welkom wees. Kontak gerus vir Helene Tollig by 083 947 7835 vir enige navrae. Sit bestanddele neer by die roomkleurtoonbank in die saal duidelik gemerk Kersete Danville. ********** NOODKREET: LAPTOP / ANDER HULP VIR VERDIENSTELIKE JONG AFRIKA-TEOLOOG. Met vrymoedigheid bring ek die volgende noodkreet onder die aandag van almal wat omgee vir die toekoms van die Evangelie en in besonder ook vir die groei van n gesonde en betroubare Christelike teologie in Afrika. Br. Thabiso Moeketsi is n oud-student en oud-lektor van Mukhanyo Teologiese Kollege. Hy is in sy middel of laat-dertigs, getroud en met kinders. Met vrymoedigheid kan ek as lektor vir meer as 16 jaar te Mukhanyo, waarvan n lang tyd departementshoof was, verklaar dat hierdie broer in die Here, Thabiso, die heel beste student en een van die beste Afrika-dosente is wat uit Mukhanyo kom. Ook dr. Tjaart van der Walt het destyds die hoogste akademiese verwagtings van hom gehad! Br. Thabiso is op die oomblik sonder n vaste betrekking, in Roodepoort woonagtig. Hy het n noodkreet na my kant toe laat hoor, nadat hulle n inbraak by hulle huis gehad het. Hulle het o.a. sy skootrekenaar gesteel. Vir sy verdere studie het hy n laptop dringend nodig! Is daar nie miskien iemand wat vir hom een het nie? Is daar nie dalk ook iemand wat vir hom n donasie vir lewensonderhoud en verdere studie kan maak nie? Sy SELFOONNOMMER: 082 4318945 Sy BANKRWEKENINGNO: ABSA 406 2988 777 [Thabiso Moeketsi] My Selfoonno. 082 3318248 Baie Dankie by voorbaat! Dr. Paul Kruger ^^^^^^^ DEPUTATE VIR FEES HEIDELBERGSE KATEGISMUS In opdrag van Klassis Groter Johannesburg nooi ons u as gemeente hartlik uit om saam dankbaar te kom feesvier oor die voorreg wat ons as kerke na 450 jaar het om steeds die Heidelbergse Kategismus as ons belydenisskrif te hê. Kom ons dank saam die Here met sang, musiek, gebede, voorlesings uit die Skrif en die Kategismus, alles in verskillende tale. Kunstenaars sal optree met saksofoon, orrel, viool en trompet. Datum: Sondag, 3 November 11:30 (tot ongeveer 13:00) Plek: Kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Randburg Koste: n Kollekte sal opgeneem word om die koste te help dek Ligte verversings sal as middag-ete na die tyd bedien word. Namens die deputate Nico Botha 083 629 8740 / 011-678-5712/ nico@gkrandburg.org.za ********** JAKARANDA TEE DEUR ANDEON/BERGSIG OP SATERDAG 12 OKTOBER n Funksie by Andeon wat nou, dink ek, 22 jaar lank elke jaar aangebied word. Dit is n feestelike dag op Andeon se terrein wat die tyd van die jaar prentjie-mooi is. Ons kry elke jaar n gasspreker en n gaskunstenaar. Sprekers in die onlangse verlede was Mimi Coertze, Dirk Hermann, GP van Rheede van Oudtshoorn en vele ander. Gaskunstenaars die laaste paar jaar was Randall Wicomb, Manuel 17

Escorcio, Touch of Class, Arina de Witt, Fanie de Jager, Francois en Elizabeth. Hierdie jaar is ons gasspreker die bekende Natasha Joubert en die kunstenaars sy en haar man, Willie Joubert. Die toegang vir die dag is R80, wat die kunstenaars, gasspreker en uithaler verversings met silwer teestelle insluit. Ons nooi uiteraard al u lidmate uit om die dag met ons te deel, maar veral wil ons u graag die geleentheid gee om as gemeente u bejaardes by ons te kom trakteer met n verfrissende, opbouende oggend. Daarom: vir lidmate bo 65 van kerke wat n groepbespreking maak, is die tarief slegs R40, om die direkte koste vir die verversings te dek. Laat weet so spoedig moontlik. Cassie Aucamp (012 3720311) Attestate ontvang: Geref Nigel: Anna Catharina van Niekerk; Rennaisance Aftree Oord 81 Geref Parys: Anna Hermina van Rooy; Olive Crescent Aftree Oord 70 Geref Pretoria Annlin: Anna Dorothea de Bruyn; Hazeldean Meadows 122 Attestate na: Geref Secunda: Johannes & Marna Buys en dooplidmate Hannelé & Joanet Bewys van Lidmaatskap aan: Talita Swanepoel Bewys van Lidmaatskap ontvang: Marlene Koen; Olympusstraat 1039 Lourens en Riëtte van Zyl; Lancelot nr 1 Schalk Willem Jacobus & Izelle Visser; Barnstableweg 4 18

Chrisante KONTAKPERSOON: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 30 SEPTEMBER 6 OKTOBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 7-13 OKTOBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 14-20 OKTOBER Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 21-27 OKTOBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 28 OKTOBER 3 NOVEMBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 4-10 NOVEMBER Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S) Mariaan vd Walt: 083 2398 913 atte dae??? KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Ria Vorster: 012 997 1261 atte dae??? WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 30 SEPTEMBER 6 OKTOBER John Botes: 803-6139/082 495 2673 (So): Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632/082 468 3808 7-13 OKTOBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 14-20 OKTOBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 7878 / 082 923 5088n (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 21-27 OKTOBER John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So); Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 28 OKTOBER 3 NOVEMBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 4-10 NOVEMBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 7878 / 082 923 5088 (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 19

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: Keimpe de Groot: 807-7977; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MEULMED, LOUIS PASTEUR, MED FORUM, SUID AFRIKAANSE Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen EUGENE MARAIS Clara de Jonge: 083 609 9259 / 565-4485 MEULMED, HART & SUID-AFRIKAANSE-HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIES Aat & Thea v d Dussen: 343-0390 X 246 / 082 332 0855; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 013 932-1740 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Colette Nienaber: 991-2702 / 072 314 1416 (S); Meisie v Wyk: 807-3600, Elsabé Coetzee: 365-3470; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; Thea Heckroodt: 991-0803 SENIORS - TUISBESOEK: Rineke Derksen: 807-2324; Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; ^^^^^^^^^^^^ VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR OKTOBER 2013 By Verjaar word die maand eers gegee en dan die dag van die verjaardag. Noemnaam Van Verjaar Gerrie Alberts 10/01 Pieter Prinsloo 10/01 Elandri De Wet 10/02 Hennie Heystek 10/02 Fj Lessing 10/02 Cassie Roodt 10/02 Jannes Sik 10/02 Dirk Van Rooy 10/02 Annemijn Vink 10/02 André Knoetze 10/03 Tristan Kotzé 10/03 Mieke Lombard 10/03 Shane Moore 10/03 Neville Rabie 10/03 Goodson Mchenga 10/04 Kobus Mostert 10/04 Frans Stapelberg 10/04 20

Burger Venter 10/04 Eduard De Muelenaere 10/05 André Groenewald 10/05 Marentia Jordaan 10/05 Meykayla Kloppers 10/05 Adél Botha 10/06 Hélen Coetzee 10/06 Valerie Cornberg 10/06 Inge Erasmus 10/06 Cornél Esterhuizen 10/06 Zani Malan 10/06 Martha Mphou 10/06 Anjenel Van Der Walt 10/06 Suzanne Van der Walt 10/06 Renzo Derksen 10/07 Alida Jooste 10/07 Louise Smuts 10/07 Ida Van Tonder 10/07 Vincent Vlok 10/07 Anje Kruger 10/08 Johan Prinsloo 10/08 Ockie Scholtz 10/08 Johan Steyn 10/08 Lucas Weideman 10/08 Ria Booyens 10/09 Lou Coetzer 10/09 Ruard Swanepoel 10/09 Mariaan Blattes 10/10 Ravonne Janse Van Vuuren 10/10 Martin Rautenbach 10/10 Reinhard Schlenther 10/10 Fern Smook 10/10 Ewald Vorster 10/10 Suritha Aucamp 10/11 Jeff Brugmans 10/11 Fransie De Villiers 10/11 Roy Geyser 10/11 Judith Holding 10/11 Martina Lamprecht 10/11 Ester Oberholster 10/11 Lynette Kraamwinkel 10/12 Jaco Lursen 10/12 Kevin Markram 10/12 Karla Meyer 10/12 Ruben Muller 10/12 Leona Venter 10/12 Renctia Wessels 10/12 21

Alyssa Alberts 10/13 Anton Ferreira 10/13 Johan Hanekom 10/13 Wicus Olivier 10/13 Petro Van Wyk De Vries 10/13 Annelize Du Plessis 10/14 Andreas De Boer 10/15 Hendrik Kloppers 10/15 Rizanne Kok 10/15 Rudolf Steenkamp 10/15 Sorein Van Vollenhoven 10/15 Ammie Van Wyk 10/15 Frans Kruger 10/16 Saartjie Kuyper 10/16 Amelia Pretorius 10/16 Charné Ries 10/16 Cassie Schutte 10/16 Tom Vosloo 10/16 Johann Badenhorst 10/17 Rachelle Steenkamp 10/17 Tonnie Van der Laan 10/17 Yvonne Wybenga-Labuschagne 10/17 Barry Griesel 10/18 Martin Heystek 10/18 Estiaan Lubbe 10/18 Nina Van der Walt 10/18 Pieter Van Der Walt 10/18 Hettie Van Niekerk 10/18 Koos Van Rooy 10/18 Andries Van Wyk 10/18 Trudie Watkinson 10/18 Marietjie Badenhorst 10/19 Kobus Coetzer 10/19 Sophy Janse van Vuuren 10/19 Eric Jooste 10/19 Alwyn Kraamwinkel 10/19 Jaco Kruger 10/19 Nadia Labuschagne 10/19 Carien Louwrens 10/19 Nadia Van Rooyen 10/19 Elma Van Zyl 10/19 Niel Erasmus 10/20 Martin Kruger 10/20 Sibonsile Nkosi 10/20 Dirk Postma 10/20 Werner Roos 10/20 Sarie Aucamp 10/21 22

Nic Bester 10/21 Moreen Fourie 10/21 Annalize Olivier 10/21 Niehla Weideman 10/21 Therese Bron 10/22 Callie Coetzee 10/22 Maritza Coetzee 10/22 Valerie Howard 10/22 Elle McKenna 10/22 Aart Van Dijk 10/22 Theuns Van Heerden 10/22 Herman Erasmus 10/23 Pieter Goosen 10/23 Willie Kuperus 10/23 Sonja Roodt 10/23 Wikus Roos 10/23 Zandré Stapelberg 10/23 Johann Steenkamp 10/23 Andries Visser 10/23 Maryke Vos 10/23 Derrick Bartie 10/24 Frans Cloete 10/24 Danie Crous 10/24 Simoné Hauptfleisch 10/24 Rigter Jansen 10/24 Almi Lamey 10/24 Malwande Mdonga 10/24 Joy Van Der Schijff 10/24 Johan Badenhorst 10/25 Liezl De Beer 10/25 Hanlie Lombard 10/25 Handru Stapelberg 10/25 Pieter Van Der Merwe 10/25 Robert Whitehead 10/25 Sandri Yssel 10/25 Chantal Coetzer 10/26 Zandelee Esterhuizen 10/26 Stephan Labuschagne 10/26 Dlamaga Mahlangu 10/26 Reinart Moraal 10/26 Geertje Slump 10/26 Marlies Viljoen 10/26 Wynand Badenhorst 10/27 Gideo Basson 10/27 Anna-Marie Brummer 10/27 Richard Cornberg 10/27 Liandri De Klerk 10/27 23

Henk Fourie 10/27 Nanette Hennop 10/27 Anzelle Heystek 10/27 Crizaan Naudé 10/27 Sonja Snyman 10/27 Arné Strydom 10/27 Charl Van Der Walt 10/27 Marli Van der Zwaard 10/27 Pieter Alberts 10/28 Lourensa Botha 10/28 Lana De Kock 10/28 Nikki De Weerd 10/28 Basie Jansen 10/28 Marguerite Lamey 10/28 Ella-Marie Leuschner 10/28 Eugene Oakes 10/28 Lena Van Der Walt 10/28 Louis Van Heerden 10/28 Morné Van Tonder 10/28 Maritha Vorster 10/28 Tjaart Conradie 10/29 Jan De Beer 10/29 Saron Erasmus 10/29 Alri Oosthuizen 10/29 Fanie Du Plessis 10/30 Wessel Du Plessis 10/30 Anton Kooi 10/30 Lismari Van Der Walt 10/30 Sannie Van Wyk 10/30 Hester Veltkamp 10/30 Andries Visser 10/30 Hernus De Vries 10/31 Henrico Du Plessis 10/31 Judy Linnenkamp 10/31 Ida Smit 10/31 Gené Van Niekerk 10/31 Louis Van Wyk 10/31 ALMAL SE MANDJIE Verhurings: Soek jy n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel ons gerus vir meer inligting oor ons werkswyse en besoek ook ons webwerf: www.proprent.net. PROP RENT. Estelle 012 993 0033 of 072 785 3935. Aandeel in n wildplaas/vakansie-oord te koop. Die aandeel behels n 3-slaapkamerhuis en kumulatiewe verblyf van 9 maande per jaar. Die oord is noordwes van Warmbad (Bela-bela) ongeveer 10 km buite Warmbad en aan n groot dam geleë. Prys: R750 000 (onderhandelbaar). Kontak Lou Coetzer by 012 991 1241 of 082 332 5786. 24

Dringend op soek na werk: Ek is n ouer dame wat beskik oor basiese rekenaarvaardighede, kan goed organiseer, is hardwerkend en my menseverhoudinge is goed. Ek gee tans pottebakklasse by Tshwane South College, maar ongelukkig word my pos afgeskaf. Ek het n BA VA, Unisa. My kontaknr is 084 567 8296. Ouer dame beskikbaar om enige algemene kantoorwerk en admin te doen op n halfdagbasis. Is ook beskikbaar om mense te vervoer vir bv. inkopies wat hulle wil doen. Kontak Marguerite by 076 600 2089. Herstel van ou klokke: Het u n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719 of 082 551 6183. Valley View nr 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). Dringend op soek na werk as n stoorman en voorraadbeheerder. Kontak asb vir JJ Weideman by 0761358823. Heerlike 2kg, vierkantige, vrugtekoek te koop @ R155 elk. Bestel in Oktober tot begin November by Helene Tollig by 012 807-0891 of sel nr 083-9477 835. Aflewering enige tyd vanaf einde November. Ek bak ook heerlike gevulde hollandse spekulaas @ R90 vir 1.5 kg (dit is n oondpan vol) Dit kan goed gevries word. Vakansiehuis te huur by SanLameer, Natal Suidkus vanaf 13 27 Desember 2013 teen R3 000 per dag. Slaap agt mense, 2 hoofslaapkamers en 3 badkamers. Stapafstand vanaf strand. Kontak Pietrou 083 407 3020. 25

THATO PAYROLL SERVICE Meenthuis-spesialis sedert 1997 www.nelis.co.za Kontak my gerus vir n GRATIS waardasie van u meenthuis in Faerie Glen, Garsfontein, Wapadrand en Olympus. 012 991 7981 (kantoor) 082 455 9766 (Nelis) 076 023 3190 (Lacia) www.realnet.co.za Pastel Payrol-produk word gebruik om die volgende diens vir u professioneel en bekostigbaar te doen: Verwerking van weeklikse, tweeweeklikse en of maandelikse salarisse. Indien van LBS, UIF, SDL op n maandelikse basis. Navrae en opvolg van uitstaande navrae by SARS. Indiening en rekonsiliasie van u halfjaarlikse asook jaarlikse IRP5sertifikate. Kontak: Engela v d Walt, Sel 082 905 4654 Epos : kleintjievdwalt@gmail.com 26

Best Build (Pty) Ltd NHBRC geregistreer Oefenprogram vir vroue!\"hiit" staan vir "High Intensity Interval Training". Alhoewel klasse net 30 minute lank is (tydeffektief!), bewys navorsing dat hierdie tipe oefeninge die beste is vir vetverbranding, selfs tot 24 uur na die oefensessie!! Plek: Klaskamer 9 & 10 by Geref. Kerk Wapadrant Tyd: Dinsdae @ 17:10-17:40 Donderdae & Vrydae @ 7:45-8:15 Jy kan 1, 2 of 3 keer n week kom. Jy word elke 3 maande volledig geëvalueer (vet%, LMI, omtrekke, ens.) So kontak Jackie Raubenheimer nou as u wil deel raak van HIIT like a Girl! 082 578 4639 of info@jackiekinderkinetika.co.za Nuwe huise Motorhuise Grensmure Badkamers Waterdigting Verf Teëls Plafonne Aanbouings GRATIS KWOTASIES Adriaan Smit 083 457 4301 Andrè Vermeulen 082 878 1634 27

BALLITO SELFSORG OP DIE SEE Vakansiewoonstel vir ʼn lekker wegbreek na Ballito. Nuwe selfsorgwoonstel, 3 slaapkamers, 2 badkamers. Stapafstand vanaf strand en winkels. Uitstekend vir n familie-seevakansie. Mooi see-uitsig en geriewe. Veilige eenheid met swembad teen die kus. Kontak Pieter Vermaak by 076 673 5595 of pieter@academytraining.co.za Huur n Rok Trourokke Matriekafskeidrokke Aandrokke Kontak Elizabeth 079 405 1266 elizabeth@belibre.co.za www.belibre.co.za 28

VAKANSIEHUIS TE HUUR NATALSE SUIDKUS BY MUNSTER/GLENMORE Slaap 8 persone See-uitsig Rolstoel-vriendelik Goeie sekuriteit Skakel Japie Klooster by 083 533 6679 Virenige navrae Ruim 4 slaapkamer, 3 badkamer huis beskikbaar in Desember/Januarie in Kleinmond met berg en seeuitsig. Slaap 10. Buite patio met braai. Skakel Pieter by (telkom) 028 271 5359 of (sel) 084 581 6969 Luvivane Beauty Salon 377 Walter Bunton Street Garsfontein Carike Meyburgh 083 331 Make-up Facials Manicures & Pedicures Waxing Reflexology Massages: Hot Stones etc. Eyelash & Eyebrow tinting Eyelash Extensions Wraps 29

SunRise/SAPS Garsfontein Jobseekers Support Centre Garsfontein Police Station Phone (012) 770-7705 jobseekers@sunriseroad.org.za 277 Johnny Claassens Street Garsfontein Pretoria Grand Opening The Sunrise/SAPS Garsfontein Jobseekers Support Centre opened on Friday the 13th of September at 13:00 at Garsfontein Police Station Qualifying jobseekers will be issued with an official card that assures prospective employers that the jobseeker is registered at this centre, volunteered his/her finger prints, ID, proof of residence, has police clearance (in the case of SA citizens although non-citizens can also apply) and adheres to high quality, ethical work. Pretoria, September 13, 2013: Garsfontein Police Station and SunRise officially opened the SunRise/SAPS Garsfontein Jobseekers Support Centre and presenting cards to the first Jobseekers. The purpose of the initiative is to provide casual jobseekers with support in the form of the identification card, a printed CV and informal career guidance. The Sunrise/SAPS Garsfontein Jobseekers Support Centre is located at Garsfontein Police Station, 277 Johnny Claassens Street, Garsfontein. They are open Mondays to Thursday from 13:00-16:00 for new applications and Fridays 13:00-17:00 for collection of cards. Interested Jobseekers should bring their ID s and proof of residence when registering. If anyone would like to assist us realize this vision, provide a job, volunteering your time, resources or any other way, please do not hesitate to contacts us on: jobseekers@sunriseroad.org.za or (012) 770-7705. Your hand and time will be a great benefit towards the advancement of the kingdom of God. 30