Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Mandala Madness Deel 2

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kerssangdiens. SA Gemeente

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Tariewe

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Leraarspan: Freddie Schoeman ( ), Bianca van Graan ( ), Lodewyk Sutton ( )

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Hoe om krag te spaar

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rubriek vir skeppende werk

SIZA takes the sting out of auditing

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Sterdansers by Vensters.

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Webadres: Die Pastoor se pen:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Lydenstyd en Paasfees

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

G. J. du Preez

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 27 APRIL Tweede Sondag in Paastyd 09:00 Erediens: Lodewyk Sutton MAANDAG 28 APRIL Openbare Vakansiedag Geen vergaderings DINSDAG 29 APRIL Skoolvakansie 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 30 APRIL Skoolvakansie 17:00 Biduur DONDERDAG 1 MEI Werkersdag VRYDAG 2 MEI Skoolvakansie 06:30 Grace Manna SONDAG 4 MEI Derde Sondag in Paastyd 09:00 Erediens: Bianca van Graan MAANDAG 5 MEI 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 6 MEI 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 7 MEI 17:00 Biduur VRYDAG 9 MEI Skoolvakansie 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek SONDAG 11 MEI Vierde Sondag in Paastyd 09:00 Nagmaal: Freddie Schoeman (Samuel/Saul) 09:00 Kinderedienste / Snr Kategese 18:00 Aanddiens MAANDAG 12 MEI 19:00 Bedieningspanvergadering DINSDAG 13 MEI 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 14 MEI 17:00 Biduur VRYDAG 16 MEI 06:30 Grace Manna NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel. VOORBIDDING Helét en Michan van der Merwe (Smutslaan 288, 083 556 0532) met Helét se ma wat ernstig siek is. Hennie en Frieda Viljoen (Van Riebeeckln 35, 0832552322) wat herstel na ʼn operasie. Dries en Rina van der Merwe (Calaisstr 36, 0720246393) met Dries wat herstel na ʼn operasie. Elrinda Swiegelaar en haar kinders (Riebeeck w/s 10, 0720903150) met Elrinda wat herstel na ʼn operasie. Elma vd Westhuizen (Fitzpatrickweg 50, 0824683805) wat herstel na ʼn groot rugoperasie. Janneman en Nicholize Opperman (Erika w/s 3, 0846196549) met Nicholize wat herstel na ʼn operasie. Meyer Herbst wat ʼn ernstige sportbeserring opgedoen het. (Maryna en Eltjo Amsenga, 0825617004) Johan en Heleen Nel (Hans Strijdomlaan 51, 012 664 2276) met hulle seun Nelis wat ernstig siek is. Bid ook vir Marinda, sy vrou en dogter, Marizel. Anadra en Phillip Crafford (Van Riebeeckln 196) met Anadra wat steeds behandeling ondergaan. 1

Gholfdag Inligting Golf Day Information TEN BATE VAN NGK LYTTELTON-OOS GEMEENTEFONDS / BENEFIT OF LYTTELTON- OOS CONGREGATION FUND Ons is n klein gemeente met n groot hart wat betrokke is by liefdadigheidswerk binne ons gemeenskap asook uitreike na die wyer wêreld. Ons doel is om fondse in te samel vir ons liefdadigheids- en gemeenskapswerk en uitreikaksies om n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Ondersteun asseblief die goeie saak deur n 4balspan in te skryf óf as borg op te tree. Benut terselftertyd die geleentheid om u besigheid te bemark, te netwerk, vriende te maak, lekker te kuier en ontspan. Kom geniet die dag saam met ons en maak n verskil! / Come and enjoy the day with us and make a difference! We are a small congregation with a big heart. We are involved in charity work in our community and we also reach out to the wider world. Therefore, our aim is to raise funds for community charity projects and outreaches to make a positive difference in people s lives. Kindly support a good cause by entering a 4ball team or by providing sponsorship and simultaneously use the opportunity to market your business, network, make friends and to unwind in a social setting. PLEK / PLACE Pebble Rock Gholfklub / Golf Club Pebble Rock Golf Estate, Roodeplaat, Pretoria S25 36'819" E28 23'361 Tel. 012 808 0883, http://www.pebblerock.co.za/ PADAANWYSINGS / MAP https://maps.google.com/maps?ie=utf- 8&q=Pebble+Rock+Golf+Club DATUM / DATE 22 Mei / May 2014 TYD / TIME Registrasie / Registration @09:00AM Afslaantyd / Tee-off time @10:00AM Prysuitdeling / Prize giving @17:00PM KOMPETISIE FORMAAT / COMPETITION FORMAT 4 Ball Alliance. 2 Scores to Count PRYSE / PRIZES Naaste aan die pen / Nearest to the pin. Langste dryfhou / Longest drive. Langste dag / Longest day. Elke speler ontvang n prys / Every player receives a prize. INSKRYWING / ENTRY FOOIE / FEES R2500 per 4bal / 4ball FOOI SLUIT IN Baanfooi + 2 Gholfkarretjies + Goodie Bag + Halfweghuis + Aandete + Prysuitdeling + Veiling FEE INCLUDES Green fee + 2 Golf carts + Goodie Bag + Halfway House + Dinner + Prize giving + Auction Enkelspelers welkom / Single players welcome @R625 per speler / player Enkelspelers word gekombineer in 4balle / Single players combined into 4balls Kontantkroeg en fotos vir u eie rekening / Cash Bar and photos for your own account Geen joggies toegelaat / No caddies allowed BORGSKAP / SPONSORSHIP OPSIE A: Pryse en skenkings word waardeer / Prizes and donations appreciated. OPSIE B: Per putjie / Per hole @R1000 OPSIE C: Oefensetperk / Putting Green @R2000 OPSIE D: Halfweghuis / Halfway House @R2000 OPSIE E: Hoofborg / Main Sponsor @R8000 Ruim erkenning aan borge & skenkers tydens die dag Liberal recognition given to sponsors & donors during the day. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die deure. Nooi asseblief u kollegas en besighede uit om hierdie projek te ondersteun. Baie dankie Bedryfspan/Golfdagkomitee 2

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM Die volgende deel van die reeks Die Groot Verhaal begin weer op 11 Mei. Die datums, temas en skrifgedeeltes vir die tweede kwartaal word in die tabel hieronder gegee. Lees gerus 1 en 2 Samuel asook 1 en 2 Konings oor die volgende paar weke. Dit handel oor die geskiedenis van die volk Israel vanaf Dawid se koningskap (1000 v.c.) tot en met die wegvoering in ballingskap (586 v.c.). Dis beter as die nuutste Deon Meyer! Datum Tema Skrifgedeelte Sondag 11 Mei Samuel / Saul 1 Samuel Sondag 18 Mei Jong Dawid 1 Samuel Sondag 25 Mei Koning Dawid 2 Samuel Sondag 1 Junie Salomo / Rykskeuring 1 Konings Sondag 8 Junie Hiskia / Val van Noordryk 2 Konings Sondag 22 Junie Josia / Van van Suidryk 2 Konings RIGLYNE VIR GESINSBYEENKOMSTE Die huisgesin is die vrugbare bedding waarbinne die saad van geloof wat met ons doop in ons geplant is kan ontkiem en kan groei. Daarom is dit noodsaaklik dat 'n huisgesin of huishouding gereeld rondom die Woord sal vergader. Die Woord is ons primêre voedingsbron vir geloofsgroei. Maar hoe, in ons besige lewe, is dit moontlik vir 'n huisgesin om gereeld so bymekaar te kom? Daaglikse byeenkomste is bykans onmoontlik. Vir die meeste gesinne is dit egter tog gangbaar om ten minste een maal per week byeen te kom. Dit hoef nie gekompliseerd te wees nie. Begin met ʼn gebed (laat elkeen ʼn beurt kry) en lees ʼn gekose stukkie uit die Bybel of vertel die storie vir kleiner kinders. Die volgende vrae kan dan gevra word: Wat leer ons in hierdie verhaal oor God? Wat leer ons in hierdie verhaal oor mense? Wat leer ons in hierdie verhaal oor die verhouding tussen God en mense? MAKRO Gaan koppel jou kaart aan Lyttelton-Oos Gemeente se rekening by Macro. So verdien ons n paar rand van hulle af. Onthou asb om seker te maak dat dit op Lyttelton-OOS geplaas word. Anders kry 'n ander gemeente ons deel! 3

SOEK DRINGEND VERBLYF Mnr Ferdi Nel soek dringend blyplek in Lyttelton. n Kamer is reg. Het nie nodig om kos te voorsien nie. Hy werk by Saveway in Irene. Kan bekostig om te betaal. Hy kom oorspronklik van die Kaap af. Sy tel no is 0810119862 werk no 012 6672178. email: f.nel@saveway-sa.co.za Goeie More Gemeente van Lyttelton Oos Die van u wat my ken sal weet dat ek van die ouderdom van 17 medies wou studeer. Uiteindelik, na jare van wag en skoolgee is ek besig om my drome te bewaarheid. Ek is tans n mediese student aan die Caribbean Medical University op die Eiland van Curaçao, in die Nederlandse Antilles. My studies beloop 16 maande op die Eiland, waarna ek terug gaan na Suid Afrika om my rotasies daar te doen. Ek is nou halfpad met my tweede semester van vier, dus kom ek in Desember terug. My doel is om nadat ek studeer het die sending veld te betree. Ek wou nog altyd in Afrika werk en het n spesiale plek in my hart vir Mosambiek. Ek kry maandeliks bietjie geld van my ouers en verhuur ook my bakkie om geld te verdien. Die geld is egter net genoeg vir my maandelikse kruideniersware, nie genoeg om my huur te dek nie. Dit beloop $320/maand, so rofweg R3300 per maand in SA terme. Ek wil graag sponsors bymekaar roep wat my sal kan help om my huur te betaal. As ek 33 mense kan kry wat elk vir my R100 n maand kan skenk tot die einde van die jaar is ek reg en sal ek dit so waardeer. Sal u daaroor dink en bid om moontlik een van my ondersteuners te wees? My ma het 'n acess kaart oopgemaak net vir hierdie situasie so ukan van die opsisie gebruik maak. My ma sal die 1de van elke maand dit uittrek en dan in my kriedietkaart inbetaal. Hier is die besonderhede. Standard Bank Rekening is in my ma se naam C Mostert Rekening Access kaart Tjek rekening nr 014556820 Die bank se universal kode vir Standardbank is 051001 Ver wysing is jayhuur Vir meer details/vrae kan u my terug mail op hierdie address janita.mostert@gmail.com of my WhatsApp op my Suid Afrikaanse nommer (+27729123340) Baie dankie vir die ondersteuning. Janita Mostert BOOMSLOPING SNOEI VAN BOME EN STRUIKE ONS VERSKAF OOK KAGGELHOUT KONTAK : ERNST 083 656 4992 4

Wie doen wat in Lyttelton-Oos Voorsitter van die Kerkraad Leier van die Ouderlingraad Lourens Botha 0823396136 lourensbotha2000@gmail.com Johan Bauer 0833053768 bauer@triconet.co.za Leier van die Diakonie Pierre Blignaut 0824668990 pblignaut@mweb.co.za Bedieningspanleier Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Leier Inkomproses Tania Roos 0829589417 taniar@dinersclub.co.za Bedieningsleier: Tee Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Leier Versorgingsproses Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Orrelis Dolly Pienaar 0790383883 Bedieningsleier: Projeksiespan Bedieningsleier: Groeiproses Bedieningsleier: Groeigroepe Johan Freysen 0828055330 freysen@telkomsa.net Tian Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Faan Buys 0833040424 faanbu@gmail.com Bedieningsleier: Jeug Tian Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Leier Uitstuurproses Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Bedieningsleier Grace Manna Heinz Meissner 0828068530 heinzmeissner@vodamail.co.za Bedieningsleier Koffiehuis Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Bedryfspanleier Helét van der Merwe 0835560532 gardini@live.co.za Taakspanleier: Eiendomme Gerhard Steyn 0848699656 gjsteyn@telkomsa.net Koster Willem Scholtz 0828539588 wil.scholtz@gmail.com Taakspanleier: Administrasie Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Taakspanleier: Finansies Jannie Badenhorst 0824166674 jannie.badenhorst@udtrucks.co.za Taakspanleier: Kommunikasie Taakspanleier: Personeel Voorsitter: Klub Immergroen Tandi van Niekerk 0768783646 tandivn@gmail.com Faan Buys 0833040424 faanbu@gmail.com Rina van der Merwe 0832715608 Begrafnisbediening Ria Maree 0126643364 Redakteur Oosterblik Leonette Smit 0126644335 leonettesmit@hotmail.com 5

BELANGRIKE DATUMS VIR 2014 Die jaarprogram van die gemeente het weer eens net een groot doel voor oë: Om dissipels wat vrugte dra tot eer van die Vader te vorm. Daarom is die program so ontwerp en saamgestel om elke lidmaat die geleentheid te gee om geestelik te groei en sterk te word. Doen dus moeite om nou reeds die datums hieronder in jou dagboek aan te teken sodat jy nie dalk 'n belangrike groeigeleentheid misloop nie. Oggenddienste: Elke Sondag om 09:00 Aanddienste: Sommige Sondagaande om 18:00 (Sien Almanak) Bedieningspanvergaderings: Een maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Bedryfspanvergaderings: Twee maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Grace Manna: Vrydagoggende om 06:30 08:00 Koffiehuisbesoeke (Straatbediening): Twee maal per maand op Vrydagaande om 18:00 (Sien almanak) Junior Kategese (Kindereredienste): Elke Sondag in die kwartaal om 09:00 Senior Kategese: Elke Sondag in die kwartaal om 10:00 (net na oggenddiens) Jeugbash: Vrydae 27 Junie en 28 November 2014 om 18:00 (Skakel Tian Dry) Klub Immergroen: Uitstappie 21 Mei om 09:00 asook 17 September om 09:00 Die Groot Verhaal: Reeks het begin op Sondag 2 Februarie (sien almanak) Ontdek jou Potensiaal: 25 Mei en 31 Augustus om 11:00 18:00 (Skakel Carla Pretorius) Skolliekamp: 28 April 4 Mei (Skakel Freddie Schoeman) Emmaus Walk vir Manne: 14 17 Augustus 2014 Emmaus Walk vir Vroue: 21 24 Augustus 2014 Gholf-dag: 22 Mei 2014 by Pebble Rock. Skakel Pierre Blignaut (0824668990) Manne-oggend: Saterdag 24 Mei 2014 om 10:00 (met Johan Badenhorst van die TV-program Voetspore) Groot Lydensweek: Sondag 13 April tot Saterdag 19 April 2014 Paassondag: Sondag 20 April 2014 Pinksterbidure: Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie (10:00 en 19:00) Nataniël: Saterdag 26 Julie 2014 om 11:00 Gemeenskapsete (met Randall Wicomb): Vrydagaand 29 Augustus19:00 PARKNAVAL: Saterdag 30 Augustus vanaf 09:00 Gemeentekamp: 10-12 Oktober 2014 Oesfees: Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 12:00 Kersete: Klub Immergroen by Shelanti. Sondag 2 November 2014 om 11h30 Kerssangdiens: Sondag 30 November 2014 om 19:00 6

Preek Sondag 20 April 2014 Paassondag Skriflesing: Lukas 24:1-12 Verlede Sondag, Palmsondag, het ons gesien hoe twee prosessies Jerusalem binnegekom het, op dieselfde dag, heel moontlik op dieselfde tyd ook. Aan die een kant, die Romeinse militêre prosessie bedoel om die mag van Rome te demonstreer en enige moontlike opstand onder die Jode tydens Paasfees in die kiem te smoor. Aan die ander kant: Jesus, die Prins van vrede, wat op ʼn donkie Jerusalem binnegery kom die teenoorgestelde van militêre mag. Die skare verwelkom Hom met palmtakke en gooi hulle klere oop voor Hom. Terwyl die Romeinse militêre prosessie die liefde vir mag gedemonstreer het, het Jesus se vredesprosessie die mag van liefde gedemonstreer. Hierdie twee magte, die mag van liefde en die liefde vir mag het in die week gevolg het, gebots. Die vraag was: watter een sou wen as oorwinnaar uit die stryd tree? Teen die Vrydag was dit duidelik: die liefde vir mag, die mag van Rome was die oorwinnaar. Die Prins van vrede, Jesus, is gekruisig. Die kruis was die simbool van Rome se mag. Die Romeine wou daardeur sê: Dit is wat gebeur indien iemand die mag van Rome uitdaag soos Jesus dit inderdaad op Palmsondag gedoen het. Hoe ironies is dit dan nie dat dieselfde kruis, die simbool van Rome se mag, later die simbool van die mag van liefde sou word nie. Want, die Sondag na die Vrydag het daar iets gebeur: Die vrouens het na die graf van Jesus toe gegaan en dit leeg gevind. Waarom soek julle die lewende by die dooies?, het die engel vir hulle gevra. Jesus het uit die dood opgestaan en daardeur die mag van die dood oorwin en daarmee saam die liefde vir mag ʼn fatale, dodelike, noodlottige, nekslag toegedien. Daarom is dit nou ons, as Jesus se volgelinge, se taak om lewe te bring waar daar dood is. Ons doen dit deur elke dag die mag van liefde te demonstreer en vir die wêreld te wys dat dit sterker is as die liefde vir mag. Ons doen dit op twee maniere: deur opstandingslewens te leef, aan die een kant, en aan die ander kant deur opstandig te raak teen die magswellus van mense, wat besig is om die dood in mense se lewens in te bring. ---ooo---000---ooo--- Ons leef in n kultuur waar mense dink hulle kan met mag alles regkry. Amerika dink hulle kan met militêre mag alles regkry. Daarom is hulle nou al die afgelope tien jaar in verskeie oorloë betrokke. Hulle is besig om hulle weergawe van wat reg en verkeerd is op ander af te dwing met mag en geweld. Rusland dink dieselfde. Daarom is hulle betrokke in ʼn magspel op die grens van die Oekraïne. In Suid-Afrika is hierdie kultuur van mag is tydens die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe geskep en tydens die apartheidsjare in stand gehou. Die NP regering het gedink hulle kan met mag n inherent onregverdige struktuur in stand hou. Net so het die ANC gedink hulle kan dit met mag en geweld omverwerp. Vandag? Baie dinge het verander. Maar die liefde vir mag het gebly. Orals in Suid- Afrika sien ons dat mense dink dat jy jou sin kan kry deur mense te forseer, te dwing, te verplig om te doen wat jy wil hê. Op baie maniere kom dit na vore: Betogings teen die gebrek aan dienslewering. Geldige griewe Magspel tussen die werker en bestuurders van groot mynhuise 7

Geweld teen vrouens en kinders Xenofobie en homofobie Regering magstruktuur Alles word grotendeels gemotiveer deur selfsug en hebsug. Mense soek hulle eie voordeel en gerief. Die gevolg is dodelik. Die gevolg is Marikana, die gevolg is geweldsmisdaad, die gevolg is korrupsie en selfverryking ten koste van die armes en die kwesbares- diegene wat nie mag het nie. Die liefde vir mag is besig om ons land te vernietig. Ons, as volgelinge van Jesus, wat glo dat Jesus opgestaan het, moet hierteen in opstand kom. Ons moet opstandig raak teen alles wat die dood in ons land inbring. Ons moet die strukture van mag wat mense opbou, afbreek. Hoe moet ons dit doen? Lees Markus 10:42-45 Ons moet ʼn kontra-kultuur skep. Ons moet voorbeeldgemeenskap bou. Ons moet in ons optrede teenoor mekaar moet ons vir die wêreld wys hoe werk liefde. Ons moet God se liefde vir ons en alle mense teenoor mekaar demonstreer (ten toon stel) ʼn teken en voorbeeld vir ander. Hoe lyk God se liefde? Met die doop sien ons God se liefde in aksie. Met die doop maak God aan elkeen van ons ʼn belofte: Ek sal vir jou lief wees, maak nie saak wat gebeur nie. Hierdie liefde is nie afhanklik van ons reaksie nie. Dis onvoorwaardelik, onwegstootbaar, onweerstaanbaar. Dit is die soort liefde wat ons teenoor ander mense moet wys. Dan bring ons lewe, dan kan die opstandingskrag van God deur ons werk. Dit is wat Christene reg van die begin af gedoen het. In die vroeë jare van die kerk is hulle intensief vervolg maar tog het hulle deur hulle liefde vir mekaar en hulle liefde vir almal rondom hulle, mense laat regop sit en vrae vra. Wie is hierdie mense? Waar kry hulle die krag vandaan om staande te bly te midde van vervolging? Hoekom is julle so anders? Een van die mense wat vrae gevra het, was ʼn man met die naam van Diognetus. Iemand (ʼn onbekende Christen) het hom geantwoord in ʼn brief. Hierdie antwoord is veelseggend. Hoor wat sê die brief: Hulle bly in hulle eie vaderlande, maar asof hulle buitelanders is.... Hulle trou soos ander mense; hulle kry kinders, maar hulle raak nie van hulle kinders ontslae nie. Hulle deel hulle kos met mekaar, maar nie hulle huweliksmaats nie. Hulle leef tussen ander mense, maar hulle doen nie die slegte dinge wat mense gewoonlik doen nie. Hulle bly op die aarde maar hulle is eintlik burgers van die hemel. Hulle kom die wette na wat hier op aarde ingestel is maar in hulle eie lewens doen hulle selfs meer as wat die wette van hulle verwag. Hulle is lief vir almal, en tog vervolg almal hulle. Hulle word doodgemaak en tog kry hulle die lewe. Hulle is arm, en tog maak hulle baie mense ryk. Hulle kom alles kort, en tog het hulle ʼn oorvloed van dit wat regtig saak maak. Niemand eer hulle nie, en tog gee God aan hulle eer. Hulle word uitgeskel, en tog vra hulle vir God om goed te wees vir die mense wat hulle uitskel. Hulle word beledig, en tog het hulle eerbied vir die mense wat hulle beledig.... Om dit kort te stel, dit wat die siel vir die liggaam is, is die Christene vir die wêreld. Die liggaam en al die ledemate haat die siel, maar die siel het hulle lief. Die siel is binne in die liggaam toegesluit, maar die siel hou die liggaam aan die gang. 8

Dit is te verstane dat hierdie soort lewenswyse ʼn indruk sou maak op die mense van daardie tyd. Dis die soort liefde wat ondermynend en subversief is. Dit is die soort liefde wat magstrukture uitdaag. Dis die soort liefde wat die ander wang draai, die tweede myl loop, ook die onderkleed gee. Dis die soort liefde wat beskamend is vir rykes en magtiges. Dis die soort liefde wat vyande liefhet en wat bid vir vervolgers. Dis die soort liefde wat opstandig is teen magstrukture en dit afbreek. Dis die soort liefde wat lewe bring waar daar doodsheid is. Dis die soort liefde waardeur God se opstandingskrag kan werk. Dis die soort liefde wat Jesus self kom demonstreer het. Jesus kon die sy Vader se koninkryk met geweld gevestig het, sou Hy wou (Ek sou my Vader gevra en Hy sou meer as twaalf legioen engele gestuur het... Matt 26:53). Hy kies egter die weg van die kruis, die weg van nie-geweldadigheid, nie-weerstand. Liefde vir mag bring dood werk dood in die hand. Die mag van liefde, bring egter lewe, lewe in individue se lewens en lewe in die samelewing. ---ooo---000---ooo--- Jesus se lewe op aarde het geëindig soos dit begin het: Lukas 1:50-53 50 Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. 51 Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; 52 maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; 53 behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur. Liewe Gemeente en vriende, Baie dankie aan almal wat verlede Sondag saam met ons fees gevier het toe ons eerste kleinkind, Jacques du Toit, gedoop is. Ons weet daar het baie telefoonoproepe en SMSboodskappe heen en weer gegaan om te reël vir eetgoed, teeskinkers en mense om op te ruim. Dankie vir elkeen wat iewers 'n taak verrig het of 'n woordjie met ons kinders kom wissel het. Dit was vir Eben en Aldi 'n wonderlike ervaring en dit was vir ons so lekker om die hele gesin weer in die kerk bymekaar te hê. Kaapstad en Bethlehem is net so 'n bietjie te ver om sulke dinge gereeld te laat gebeur! Dankie vir almal se liefde. Ons is mos maar almal familie. 'n Lekker Familie! Liefde en seënwense vir julle almal Freddie en Alma KLANKOPNAMES VAN PREKE IS BESKIKBAAR BY http://www.lytteltonoos.co.za

Freddie Schoeman Voetspore - Manneoggend Voetspore op die Ewenaar. Voetspore-Manneoggend saam met Johan Badenhorst 24 Mei 2014 om 09h00 Plek: NG Lyttelton Oos Kaartjies: R150 p/p Kontakpersoon: Lodewyk 0721571190 of 0126644458 Kom en geniet n lekker ontbyt en gesels saam oor `n Voetspore 4x4 avontuur 10

KLUB IMMERGROEN BESOEK : LIG KINDERBEDIENING Klub Immergroen het die voorreg gehad om Woensdag, 16 April 2014 n besoek te ontvang van die bestuurder, Louise Rossouw en een van die spanlede, Gawie van Niekerk (Stokperdjiesentrum). n Mooi opkoms van Klub-lede en gemeentelede het met volle aandag geluister hoe hierdie bediening funksioneer. Louise het met haar sprankelende, entoesiastiese aanbieding die gehoor se volle aandag geniet. Daar straal soveel entoesiasme uit hierdie twee persone dat n mens nie anders kan as om waardering te hê vir wat hulle doen en die suksesse wat behaal word. Voorwaar n enorme taak wat hulle verrig. Gawie het op die skerm vertoon waarmee hulle die seuns in die Stokperdjiesentrum besig hou en waar die seuns geleentheid kry om met Jesusmanne skouer te skuur. Hulle is n goed georganiseerde bediening onder kinders en is geregistreer as n nie-winsgewende organisasie. Hulle fokus hoofsaaklik op Afrikaanssprekende kinders. Die werksarea is hoofsaaklik Danville, Elandspoort en Proklamasiekeuwel. Daar is nege weeklikse Bybelstudieklubs. Verder ook kampe; uitstappies; stokperdjiesentrums, leerder-ondersteuningsprogram en n gesinsfokus-bediening. Met die haglike situasies waaronder hierdie kinders bly, die gesin se samestelling, drank en dwelmprobleme, prostitusie en nog vele ander situasies waarin die gesin verval het, maak hierdie bediening des te meer kosbaar en noodsaaklik. Die volgende aksies bied geleentheid vir persone wat betrokke wil raak of hulp kan aanbied: Hart en Hand Stokperdjiesentrum: Dinsdae 14:30 16:00 NGK Wespoort Sonlig-Dienste: Elke Sondag van die maand 15:30 19:00 Vakansieprogramme, Naweekkampe en uitstappies: Kleingroepie-leiers, kosspanne. Gesinsfokus DVD-bediening: Saterdae: 08:00 10:00 Kleuterskool Bybelklubs: Donderdae 10:00 en 11:00 Beyers Bytjies Kleuterskool. Stokperdjiesentrum: Maandae 14:30 16:00 Timmer-Tjokkers Bybelklubs vir Tieners: Maandae: 8:00 LIG-TIC Proklamasieheuwel Woensdae: 16:00 LIG-TIC Danville Bybelklubs vir kinders: Maandae: 14:00 Generaal Beyers Laerskool 15:30 Proklamasieheuwel Juniorklub 16:30 Proklamasieheuwel Seniorklub Woensdae: 14:30 NGK Wespoort Donderdae: 14:00 Westerlig-skool Finansiële bydraes is baie welkom. Vir meer besonderhede skakel Louise (Selfoon: 082 863 6977) 11

KLUB IMMERGROEN LYTTELTON-OOS GEMEENTE Klub Immergroen is die Bedieningsaksie van NG Kerk Lyttelton-Oos Gemeente wat fokus op die behoeftes van ouerwordende lidmate. Tans is daar meer as 160 lidmate ouer as 60 jaar. Die Klub gaan uit van die standpunt dat hulle hul eie fondse genereer. Die fonds word hoofsaaklik aangewend om aktiwiteite te beplan waarby lede sosiaal kan baat sonder om te groot finansiële bydraes te maak. Klem word gelê op deelname waar fisies moontlik. Deurlopend word koeksisters elke maand gebak. By twee geleenthede word op groot skaal jaffels gebak. Die samewerking skep n gees van kameraadskap wat neerslag vind in omgee vir mekaar. Die Komiteelede hou rekord van die wel en weë van elke lidmaat wat aan hulle toegewys is. Kontak word gehou met lidmate wat te oud of te siek is om kerk by te woon. Besoeke word afgelê. Wanneer uitstappies gereël word, word moeite gedoen om sodanige lidmate te akkomodeer. Verjaarsdagkaartjies vir 80 jaar en ouer word per hand oorhandig. Die Gemeente word gereeld herinner aan ons bejaardes se behoeftes om te voorkom dat vereensaming plaasvind. Die Klub kry volle ondersteuning van die Kerkraad. Van die Klub se kant word moeite gedoen om sy aktiwiteite met die aktiwiteite van die res van die Gemeente te koördineer en selfs te ondersteun waar moontlik. Voorbeelde hiervan is die Parknaval en die Kerssangdiens, Rusoord en Helpende Hand. Brei van artikels vir Kinderhuise en Behoeftiges: Kontak Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. Skenkings van wol sal baie waardeer word. Belangrike datums vir 2014: 8 Mei: Smeer van brode vir Jaffels: In Gemeentesentrum om 09h00. Kontak Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. 9 Mei: Bak van Jaffels: In Gemeentesentrum om 08h00. Kontak Rina van der Merwe as u ons wil help. Tel: 012 9409417/0832715608. Bestellings moet vooraf geplaas word by enige Komiteelid. R15 per Jaffel. (Vul asseblief bestelvorm in en oorhandig aan enige Komiteelid) 21 Mei: Uitstappie na Smutshuis. Vertrek om 09h00 vanaf Gemeentesentrum. 28 Mei: Bak van Koeksisters: Bak in Gementesentrum se kombuis. Plaas bestellings by Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. RINA VAN DER MERWE: VOORSITTER KLUB IMMERGROEN "JOU NUTSMAN" Kontak JAAP by 083 469 4397 (of Anje by 082 878 1541) as u opsoek is na n vriendelike, doeltreffende en bekostigbare Nutsman. Ons werk is betroubaar en deeglik en ons kan jou met byna enigiets help. 12

MODERN KITCHENS & CUPBOARDS Installasies van nuwe kombuis en hangkaste. Beplanning en uitleg. Asook face-lifts van bestaande kaste. Kontak: Jacques by 0828976423 13

GRACE MANNA 2014 Kom bedien werksoekers in nood met die liefde van die Here en maak ʼn verskil in ons omgewing. Vrydagoggende van 06h30 tot 08h00. WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE OP "WHATSAPP" Skakel vir Tian Dry by 0823206477 As jy nie toegang tot WhatsApp het nie word dan deel van ons e-pos gebedsnetwerk deur 'n e-pos te stuur aan: gebed@lytteltonoos.org.za Ontdek jou Potensiaal Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg gelê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou gegee? Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig in hulleself te kry en so ook hulle lewensroeping en die soort dienswerk waarvoor die Here hulle geskep het, beter te verstaan. Daar is hierdie jaar nog twee geleenthede: 18 Mei en 10 Augustus. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na Carla Pretorius by 0723997648. 14

HERDENKINGS BELYDENIS VAN GELOOF Van Noemnaam Beleidenisaflegging Kortadres Landlyn Selfoon Crafford Dolf 01/05/1948 Hans Strijdomln 664 3093 27722382532 119 DOOPHERDENKINGS Van Doop Noemnaam Kortadres herdenkings Landlyn Selfoon Crafford Ryno 03/05/1987 Van Riebeeckln 082 965 8609 27827705884 196 Gordon Celesté 02/05/1982 Hans Strijdomln 084 627 1043 27846271043 82(b) Oelofse Caria 28/04/2002 Van Riebeeckln 664 8931 27833200175 17 Oelofse Tania 28/04/2002 Van Riebeeckln 664 8931 27833200175 17 Scholtz Derick 01/05/1988 Df Malanln 255 664 1172 27721887813 Theron Jani 28/04/1996 Fitzpatrickweg 23 082 852 4327 27827774363 Van Der Berg Petie 01/05/1992 6De Straat 5 664 6056 27768945142 HUWELIKSHERDENKINGS Van Noemnaam Huweliksherdenkings Botha Arlene 29/04/1989 Hans Strijdomln 193 Botha Pieter 29/04/1989 Hans Strijdomln 193 15 Kortadres Landlyn Selfoon 083 556 4862 083 556 4862 27832782366 27835564862 Coetzer Toi 01/05/2003 Krugerln 230 664 8485 Coetzer Willie 01/05/2003 Krugerln 230 664 8485 27837659475 Duvenage Tjaart 03/05/1986 Hofmeyerweg 664 0635 27825677763 52 Duvenage Stef 03/05/1986 Hofmeyerweg 52 664 0635 27722479498 Van Der Merwe Helét 01/05/2010 Smutsln 288 083 556 27835560532 0532 Van Der Merwe Michan 01/05/2010 Smutsln 288 083 556 0532 27836554900

VERJAARSDAE Van Noemnaam Verjaar Kortadres Landlyn Selfoon Carlson Izabella 04/28 Highveld 46 083 410 0226 27834100226 Potgieter Elmarie 04/28 Hans Strijdomln 60 082 928 5434 27827767302 Van Niekerk Deon 04/28 Blue Crane Complex no 38 27716738401 Lötter Konrad 04/29 Krugerln 73 664 2481 27832847317 Fourie Carla 04/30 Hans Strijdomln 644 0134 27837810354 215A Johnson Hanlie 04/30 Hans Strijdomln 78 664 2727 27823378893 Van Niekerk Hugo 04/30 Blue Crane Complex no 38 27768783646 Van Der Petie 05/01 6De Straat 5 664 6056 27768945142 Berg Wessels Henning 05/01 Krugerln 177 664 2303 27723865475 Botha Jackie 05/02 Hans Strijdomln 193 083 556 4862 27732285944 Crafford Rita 05/02 Hans Strijdomln 664 3093 27842073799 119 Scholtz Chrismie 05/02 Df Malanln 255 664 1172 27724378696 Botha Dirk 05/03 Krugerln 85. 082 957 8067 27829578067 Kritzinger Chris 05/03 Hans Strijdomln 664 3255 27824557044 146 Le Roux Antoinette 05/03 Hans Strijdomln 664 6384 27723869099 44 Nel Heleen 05/03 Hans Strijdomln 664 2276 27720715902 51 Neü Tania 05/03 Celliersln 249 664 2645 27824686210 16