Die Koste van Misdaad

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

God, Die Regering en die 10 Gebooies - Reformation Society

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Direkte en indirekte rede *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Tariewe

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SIZA takes the sting out of auditing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Hoe om krag te spaar

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Regstellende aksie: n etiese perspektief18

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ESRA VERSLAG. Die Misdaadseminaar Saterdag, 21 Julie 2007 AD

Helderberg Fishers Community

deur HENRIETTE FOWLER voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER LEGUM in die Departement Straf- en Strafprosesreg

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

Transcription:

Daar was n tyd in hierdie land toe baie min van ons deur misdaad geraak is. Dinge het egter begin verander en almal ken vandag iemand wat deur misdaad geraak is. Deesdae het ons elkeen ons eie stories oor hoe ons besteel of bedreig is deur misdaad, of erger nog, regstreeks daarmee gekonfronteer is. In n spesifieke vergadering het die ongeveer 80 teenwoordiges vertel van die misdade wat hulle persoonlik ervaar het. Dit het gewissel van huisbraak, motordiefstal, selfoondiefstal, bedrog, kaping, tot gewapende roof en moord - almal het dit persoonlik ervaar, óf hulle onmiddellike familie het daaronder gely. Die Koste van Misdaad Daar is by feitlik elke sosiale geleentheid Suid-Afrikaners wat stories uitruil - stories van hoe hulle die dood net-net ontkom het, hoe die lang tentakels van misdaad hulle beetgekry het, of hoe hul geliefdes getraumatiseer is weens een of ander misdaad-situasie. Misdaad is n werklikheid wat elkeen van ons raak. Die situasie in Suid-Afrika het so versleg dat daar selfs n moratorium op misdaad-statistiek geplaas is. Die polisie word verbied om misdaadstatistieke aan stemgeregtigde belastingbetalers beskikbaar te stel. Volgens navorsing deur die American Management Association, verloor Amerikaanse sake-ondernemings jaarliks meer as $10 miljard weens werknemersdiefstal, meer as $4 miljard weens geldverduistering, meer as $2,5 miljard weens inbraak, $2 miljard weens winkeldiefstal, meer as $1,3 miljard weens brandstigting en meer as n halfmiljoen dollar vir elke insident van rekenaarbedrog. 1 / 9

Volgens die VSA se Handels-departement kan n derde van alle sakeondernemings wat jaarliks in die VSA bankrot verklaar word, teruggevoer word na werknemersdiefstal. Daar word bereken dat feitlik 50% van alle werknemers skuldig is aan diefstal. Kleinhandelaars in Suid-Afrika verloor jaarliks miljarde rande weens winkeldiefstal of werknemersdiefstal. Wie Betaal? Natuurlik betaal iemand hiervoor! Ek en jy en al die ander kliënte deel hierdie las van miljarde rande weens diefstal. Boonop moet ons ook nog betaal vir die verhoogde versekeringspremies, meer sekuriteitspersoneel en toerusting, net omdat winkeldiefstal aan die orde van die dag is. En die verliese word natuurlik by die verkoopsprys gevoeg. Ons betaal natuurlik ook vir misdaad met ons belasting; op dié manier onderhou ons die polisiediens, die regstelsel en die gevangenisdienste, wat almal veronderstel is om ons teen die kriminele elemente daar buite in die gemeenskap te beskerm. Die ergste is egter die groot aantal Suid-Afrikaners wat direk deur die misdaad in ons land geraak word en daar onder ly. 2 / 9

Wat Veroorsaak Misdaad? Ek het al gehoor hoe universiteitsprofessore en ander kundiges getuig van die ingewikkeldheid van die ontleding van sosiale sowel as ekonomiese faktore wat tot misdaad aanleiding gee. En tog, as ons die Bybel raadpleeg, kry ons n baie direkte antwoord: "Omdat die oordeel oor n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen." Prediker 8:11 Dit is tog sekerlik n antwoord wat voor die hand liggend is. Misdaad neem toe in ons gemeenskap, omdat ons howe skynbaar meer begaan is oor die "regte" van die misdadiger as die regte van die slagoffer, of van die polisie. Moordenaars is al vrygelaat terwyl lede van die polisie vervolg word. Verkragters is al vrygelaat op grond van presidensiële kwytskelding, terwyl slagoffers tronk toe gestuur is omdat hulle hulself verdedig het. Reg het verkeerd geword en verkeerd word deesdae as reg beskou! Die Rol van die Regering Die Bybel sê baie duidelik dat God die regering daargestel het om "...die kwaaddoener aan die pen (te) laat ry" Romeine 13:4. Hulle is ook verantwoordelik om God se geregtigheid te laat geskied. Die hoof 3 / 9

pligte en verantwoordelikhede van enige regering is die beskerming van wetsgehoorsame burgers en die straf van kriminele wat die wet oortree. Psalm 101 herinner ons daaraan dat dit die plig van God-vererende regeerders is om die bose te vernietig en om die wat die wet gehoorsaam tot eer van God te beskerm: "Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys" 1 Petrus 2:13-14. Romeine 13:3-4 sê verder: "Mense wat reg optree, hoef nie vir die owerhede bang te wees nie - die kwaaddoeners wel... Die owerheid is immers n dienaar van God om jou beste belange te bevorder." Doodstraf Vir diegene wat die Woord van God as gesaghebbend aanvaar, is die doodstraf nie n keuse of die uitkoms van n meningspeiling, of selfs n hof of parlementêre besluit nie. Dit is God se baie duidelike opdrag: "Hy wat die bloed van n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak." Génesis 9:6 God het die doodstraf ingestel nog lank voor die verordening van die wette van Moses. Om die waarheid te sê, dit geld van die begin af vir alle geslagte. "Hy wat n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word. Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou n plek aanwys waarheen hy kan vlug. Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe. " Exodus 21:12-14 4 / 9

"En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word... Ek is die Here julle God" Levítikus 24:17-22. God se Wet bly selfs ná Golgota geldend - Handelinge 25:22. Jesus het ook geleer: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie." Matthéüs 5:17-18. Deur God se Wet te gehoorsaam en moordenaars die doodstraf op te lê, kan n volk hulle bevry van die bloed van onskuldiges deur die skuldiges aan die pen te laat ry. Die teendeel geld ook: n volk wat weier om die bloed van onskuldiges van die hand van moordenaars te eis, deel in die skuld van die moordenaar(s). Lees gerus Deuterenómium 21:1-9 in hierdie verband. Die teenstand wat die doodstraf van sekere "menseregte-groepe" kry, is baie selektief. Net moordenaars kry die doodstraf - dit is dus n goeie vraag waarom hierdie groepe so behep is met die regte van die moordenaars. Morele Reg Behoort n mens nie meelewing te betoon en geregtigheid te laat geskied teenoor die duisende slagoffers en families van slagoffers van geweldsmisdade nie? Sedert die Staat die doodstraf in 5 / 9

1989 in Suid-Afrika op eensydige wyse afgeskaf het, het kriminele meer as 500,000 onskuldige mense in Suid-Afrika die "doodstraf" opgelê. Wie veg vir hulle regte? Wat van die 300,000 wat moontlik in die komende paar jaar vermoor kan word? Enige beskaafde gemeenskap het tog sekerlik die morele reg en plig om hulself te beskerm teen diegene wat geen respek vir die lewe het nie? Om die moordenaar met die dood te straf, is dieselfde as om n siek ledemaat te amputeer ten einde die res van die liggaam te red. Alle moord is ernstig en vereis die doodstraf. Dit is noodsaaklik vir geregtigheid, die oppergesag van die reg en die beskerming van onskuldiges. Regstelling In die geval van diefstal, brandstigting of kwaadwillige saakbeskadiging eis die Bybel dat regstelling moet plaasvind. Regstelling is die herstel van iets tot sy oorspronklike plek of eienaar. Die Bybel vereis dat regstelling teenoor die slagoffer van die misdaad moet geskied. Dit word ook vir strafbare nalatigheid vereis. God se Wet is baie duidelik: die oortreder word aanspreeklik en verantwoordelik gehou vir die vereffening van skuld. Hy moet werk en geld verdien, sodat hy kan vergoed vir dít wat geroof, vernietig of beskadig is: 6 / 9

" n Dief moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word. As die gesteelde goed of dit n bees, n esel of n stuk kleinvee is nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee. As iemand n stuk veld of n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee. As n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee." Exodus 22:3-6 Slegs Oortreders Baat Nou Die straf moet by die oortreding pas. Hoe ernstiger die misdaad, hoe swaarder die straf (Deuterenómium 19:15-21). Onder God se Wet sal daar minder misdadigers, minder slagoffers en n baie kleiner las op die belastingbetaler wees. Onder die huidige humanistiese stelsel, het ons tronke instellings geword ter bevordering van onderrig onder misdadigers - hulle leer by mekaar, en werk netjies uit hoe om nie die volgende keer gevang te word nie. In plaas van regstelling of vergoeding vir die slagoffer en sy familie, is dit die oortreder wat baat vind by die huidige stelsel, omdat slagoffers gedwing word om kos, verblyf en vermaak aan die oortreders te verskaf - terwyl hulle eintlik n straf moet uitdien. Die enigste oplossing vir hierdie situasie is die terugkeer na die Bybelse regstellingsproses. Verseker dat dit nie Lonend is nie 7 / 9

Hier is n paar praktiese wenke, gegrond op gesonde verstand, wat kan help dat misdaad nie in Suid-Afrika lonend bly nie. Herhalende oortreders behoort gedwing te word om een vonnis uit te dien voordat die volgende vonnis n aanvang neem. Daar behoort nie vir misdadigers iets soos gelyklopende vonnisse te wees nie. Daar behoort nie borgtog aan herhalende oortreders toegestaan te word nie. Alle gewelddadige oortreders behoort die volle verantwoordelikheid vir hul dade te dra, of hulle nou geestelik daartoe in staat is, of onder die invloed van drank of dwelms was, of nie (Númeri 35:16-21). Straf vir jeugdiges behoort dieselfde te wees as dié vir volwassenes. Diegene wat "volwasse oortredings" begaan, soos byvoorbeeld verkragting of moord, behoort n "volwasse straf" uit te dien (Eségiël 18:10-13). Daar behoort n terugkeer na Bybelse beginsels te wees - teregstelling vir alle eerste-graad moorde, verkragting en ontvoering; regstelling vir alle diefstal of beskadiging van eiendom (Exodus 21 & 22). Dit is absoluut onmoontlik vir enige polisiemag om die veiligheid van elke landsburger te verseker. Daar behoort geen hindernis te wees indien wetsgehoorsame burgers vuurwapens vir selfverdediging wil bekom nie. Aangesien die grootste meerderheid geweldsmisdade deur kriminele met ongelisensieerde vuurwapens gepleeg word, is dit belaglik om te dink dat misdaad sal verminder deur die regte van landsburgers - om gelisensieerde vuurwapens te 8 / 9

besit en te dra - te beperk. Die ontwapening van potensiële slagoffers, dien slegs die oogmerke van misdadigers. Ons moet dus die Bybelse regte en verantwoordelikhede van landsburgers om vuurwapens te verkry, te besit, te dra en te gebruik vir persoonlike- of gesinsbeskerming, herbevestig (Exodus 22:2, Nehemía 4:14, 1 Timótheüs 5:8). Dit het tyd geword dat die owerhede n beginselvaste, sterk en besliste aksie loods teen misdadigers wat die wet verbreek en minag, om sodoende wetsgehoorsame burgers te beskerm: "Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge." Jeremia 21:12 9 / 9