LANDBOU EN AFRIKA : BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SIZA takes the sting out of auditing

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Uit Moerdijk se pen Man en Media

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Mandala Madness Deel 2

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Tariewe

Direkte en indirekte rede *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Landbou is oor die algemeen n. n Kort oorsig oor plaaslike mieliepryse. Lees Binne: FEBRUARIE Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

EXPLORE. Natuurwetenskappe Onderwysersgids Graad 7-B (CAPS) A World Without Boundaries. Natuurwetenskappe Graad 7-B.

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

September 2010 No. 45 CANOLA OESVERLIESE HOEVEEL, WAAR EN HOE KAN EK DIT BEPERK

PULA IMVULA. As jy lief is om iets te vier en op soek. Met harde werk is daar geen perke nie. Lees binne: Januarie 2018

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

RAADSLEDE / COUNCILLORS

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Tariewe

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Die Skotse skrywer Robert Louis

Transcription:

LANDBOU EN AFRIKA : BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT

LANDBOU EN AFRIKA: BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT Saamgestel deur Professor Doreen Stabinsky, Trudi Zundel and Graham Reeder Vir die Surplus People Project (SPP) Kaapstad Professor Doreen Stabinsky is dosent in Globale omgewingspolitiek by die College of the Atlantic, Bar Harbor, Maine. Sy is n aktivis wat werk doen vir sosiale bewegings en progressiewe organisasies rondom genetiese manipulasie en omgewingskwessies.. Trudi Zundel and Graham Reeder is studente by die College of the Atlantic, Bar Harbor, Maine. Quanig Bazier was verantwoordelik vir die foto illustrasies. Ricado Jacobs (Navorsing en Inligting Bestuurder) het die redigering van die inligtingsboek gedoen. Hierdie publikasie was voorberei deur die Surplus People Project in Kaapstad. Lesers word aangemoedig om hierdie materiaal te herproduseer en aan te haal vir opvoedkundige, nie-winsgewende doeleindes op voorwaarde dat die bronne erken word.. Surplus People Project - Oktober 2011 Posbus 468, Athlone, 7760, Suid Afrika Tel: +27 21 4485605 Faks: +27 21 4480105 E-pos: spp@spp.org.za Webwerf: www.spp.org.za ERKENNINGS Die Surplus People Project spreek ons waardering uit aan Action Aid South Africa en die Comité Contre la Faim et pour le Développement (CCFD Terre Solidaire) vir die befondsing van hierdie publikasie. Ons wil ook erkenning gee aan die personeel van SPP vir hul kommentaar tydens die finalisering van die inligtingsboek.

I. KLIMAATSVERANDERING: BASIESE BEGINSELS Wat is klimaatsverandering? Die planeet aarde is bewoonbaar as gevolg van die ongelooflike atmosferiese laag wat dit omring. Die atmosfeer bevat suurstof wat ons inasem - 'n gas wat mense inasem en wat noodsaaklik is vir menslike lewe - sowel as ' n aantal ander belangrike gasse. Die atmosfeer hou ook die planeet warm op 'n soortgelyke manier waarop n kweekhuis die plante in 'n koue klimaat verwarm. In 'n kweekhuis kom sonlig deur die glas, maar die energie word binne-in vasgevang is, sodat die temperatuur vir plante warmer gehou word. Die aarde se atmosfeer doen dieselfde - dit laat die son se energie in, maar vang daarvan vas, en help sodoende om ons planeet in stand te hou teen 'n temperatuur wat geskik is vir lewe op aarde. Sommige van die belangrike gasse wat hitte in die atmosfeer vasvang-ons noem dit kweekhuisgasse is waterdamp, koolstofdioksied, metaan, en distikstofoksied. Die konsentrasies van drie van hierdie gasse koolstofdioksied, metaan en distikstofoksied - is aan die toeneem as gevolg van menslike optrede. Wat gebeur wanneer hierdie kweekhuisgasse in die atmosfeer toeneem? Hulle doeltreffendheid om hitte vas te vang, word ook verhoog. As gevolg van die toename in kweekhuisgasse, word die planeet warmer. Hierdie proses staan bekend as aardverwarming. Soos die planeet warmer word, verander die klimaat. Die twee belangrikste komponente van die klimaat is die temperatuur en neerslag. Soos die gemiddelde temperatuur styg, kan reënvalpatrone ook verander. Die lug het meer vog as dit warmer is, en dit lei tot 'n verandering in die verspreiding van reënval.. DIE VERSKIL TUSSEN WEER EN KLIMAAT Weer is die temperatuur en die neerslag wat jy op 'n daaglikse basis ervaar wanneer jy buite loop - Reën of sneeu dit? Is dit warm of koud? Sonnig of bewolk? Klimaat is die gemiddelde weerstoestande. Iemand wat in Swede woon, besit heel waarskynlik spesiale aangepaste motorbande om in die sneeu-omstandighede te bestuur en besit waarskynlik 'n aantal dik winterkledingstukke. Iemand wat in Kenia woon, sien sneeu net wanneer hulle na die top van die berg Kilimanjaro kyk. Swede en Kenia het totaal verskillende klimate. Maar op presies dieselfde dag in Kenia en Swede kan dit dalk sonnig en 35 C wees- dit is Weer. 1

Sonstraling dryf die klimaatsisteem. n Gedeelte van die sonstraling word gereflekteer deur die Aarde en die atmosfeer. SON Die Kweekhuis Effek n Gedeelte van die infrarooi uitstraling gaan deur die atmosfeer maar die meeste word geabsorbeer en weer vrygestel in alle rigtings deur die kweekhuis gas molekules en wolke. Die effek van dit is om die aardoppervlak en die laer atmosfeer te verwarm. ATMOSFEER 2 Omtrent die helfte van die sonstraling word geabsorbeer deur die Aarde se oppervlak en verwarm dit. AARDE Infrarooi straling word vrygestel vanaf Aardoppervlak.

Die spesiale rol van koolstof Koolstofdioksied is die gas wat tans die meeste verantwoordelik is vir aardverwarming en dit as gevolg van menslike aksie. Koolstofdioksied word gevorm wanneer ons koolstof, soos olie, hout, steenkool en natuurlike gas gebruik om brandstowwe te maak.. Alle vorme van lewe word van koolstof gemaak-bome, groente, mense. Koolstof is die belangrikste bousteen van lewe en dit is 'n noodsaaklike bron van energie vir enigiets wat eet. Die voedselketting begin by plante. Plante neem koolstof uit die atmosfeer en gebruik dit in hul liggame. Wanneer ons plante eet (of diere wat plante eet), neem ons hul koolstof en gebruik dit vir energie. Sommige daarvan word in ons liggame gestoor en ander word uitgeskei. Wanneer ons diermis verbrand, brand ons dus ook koolstof.. Hierdie proses van plante wat koolstof gebruik, ons wat dit eet en uitskei, en daarna deur ontbinding die koolstof in die atmosfeer terugstoot, is 'n natuurlike, sikliese proses. In hierdie proses word die hoeveelheid koolstof in die atmosfeer (in die vorm van koolstofdioksied) min of meer in balans gehou. Die probleem van die ekstra koolstofdioksied in die atmosfeer kom voor wanneer versteende koolstof (koolstof wat vir miljoene jare ondergronds gestoor is) verbrand word. Daar is geen manier om die siklus van koolstoffiksasie en koolstofbevryding in balans te bring nie. As ons fossielbrandstowwe (versteende koolstof in die vorm van steenkool, olie en natuurlike gas) verbrand, is ons besig om biljoene tonne koolstofdioksied in die atmosfeer vry te laat wat die natuurlike siklus versteur. En wanneer ons bome verbrand en afkap teen 'n koers wat groter is as wat hulle aangeplant word, doen ons dieselfde ding ons laat meer koolstofdioksied in die atmosfeer vry as wat ons ooit in ons leeftyd uit die siklus kan kry. 3

4 Watter moontlike impakte van klimaatsverandering word voorspel? Daar sal baie negatiewe impakte van aardverwarming en klimaatsverandering wees. Om die moontlike impak van klimaatsverandering op landbou te verstaan, kan ons kyk na die twee belangrikste komponente van klimaat: neerslag en temperatuur. Neerslag: veranderende reënvalpatrone 'n Warmer atmosfeer kan meer vog hou. 'n Warmer, vogtiger atmosfeer kan dan meer vog op een slag vrystel. Gevalle van swaar neerslag kan waarskynlik meer algemeen in baie gebiede voorkom, en die proporsie reënval in hierdie gevalle mag ook toeneem. Die verspreiding (tydsberekening en hoeveelheid)- van reënval dwarsdeur die jaar sal in baie plekke verander. Reën mag vroeër kom, of later, of glad nie. Die hoeveelheid reënval per jaar mag min of meer dieselfde bly, maar die reënval kan baie anders versprei word dalk minder gereeld, maar byvoorbeeld swaarder reën.. Sommige gebiede kan 'n algehele toename in reënval ervaar. Vir ander streke, insluitend die grootste deel van die Afrikakontinent en in die besonder Suider-Afrika, word droër toestande voorspel. Temperatuur Die gemiddelde temperatuur op die planeet is geleidelik besig om te verhoog. In die 20ste eeu, het die planeet gemiddeld 0,8 C warmer geword. Sommige plekke op die planeet sal vinniger as ander verwarm. Byvoorbeeld, die verwagting is dat die vasteland van Afrika ongeveer 1,5 keer meer as die globale gemiddelde sal verwarm, as gevolg van die groot massa van die vasteland. Die Indiese Oseaan verwarm teen 'n koers van 2-3 keer meer as die Stille Oseaan. Die vinniger verwarming van die Indiese Oseaan is waarskynlik een van die faktore wat die huidige ernstige droogte in Oos-Afrika veroorsaak. Soos die see-oppervlak temperature verhoog, verwarm dit die lug boontoe. Die lug hou meer vog en daar is 'n toename in neerslag oor die water eerder as land, reën wat in die verlede sou val oor die Horing van Afrika. Natuurlik beteken 'n toename in die gemiddelde temperatuur, gemiddeld minder koue dae en nagte en meer warm dae en nagte. Daar sal 'n verhoogde frekwensie in bloedige warm dae asook meer hittegolwe wees.. Warmer gebiede sal eerste onder uiterste temperature ly. Sommige dele van die wêreld - Pakistan, die Sahel - ervaar dae met temperature bo 50 C - temperature wat nog nooit tevore ervaar was nie.

Die verband tussen temperatuur en die grondvog Daar is 'n belangrike verhouding tussen hitte en neerslag wat vir landbouproduksie baie belangrik is - die groeiseisoen- periode/ lengte. In gebiede afhanklik van reënval, word die lengte van die groeiseisoen beheer deur die hoeveelheid water in die grond. Die grond moet genoeg vog behou, of vog moet deur die seisoen aangevul word, vir die lengte van die tyd wat dit neem vir 'n gewas om volgroeid te wees. Soos temperature styg, verhoog grondverdamping. Selfs met presies dieselfde hoeveelheid reënval in n seisoen, kan grondvog vinniger in warmer omgewings verminder. Indien die reënvalpatrone van so 'n aard verander dat meer reën in minder gevalle val, mag grond minder water absorbeer, want hulle kan net n bepaalde hoeveelheid op een slag absorbeer, en die res vloei weg. Daar word verwag dat die groeiseisoen lengte sal verminder oor die grootste gedeelte van Afrika.. Een laaste punt om van kennis te neem met betrekking tot die interaksie van temperatuur en reënval: in droogtesituasies, sal die hitte waarskynlik die droogtetoestande vererger, aangesien die grondvog vinniger verdamp. Wetenskaplikes klassifiseer hierdie meer ernstige droogtes as "aardverwarming-tipe droogtes.". 5

Smeltende ys, gletsers, en seevlakstyging Een van die impakte waaroor baie gepraat word, is die probleem van seevlakstyging. Soos wêreldtemperature styg, smelt groot gletsers en ysappe. Soos die ys op land smelt, vloei dit na die oseane. Die volume van hierdie water is so groot dat seevlakke sal styg. Lande met laagliggende gebiede sal grond verloor: Bangladesj, Guyana, Nederland, en die staat van Florida in die Verenigde State van Amerika sal geraak word, so ook baie meer lande regoor die wêreld. Sommige lande sal heeltemal verdwyn, soos die klein eiland state soos Tuvalu, Samoa, en die Maldives. Die land van Tuvalu het reeds met Nieu-Seeland onderhandel om sy inwoners as klimaatsvlugtelinge te aanvaar indien hul land sou verdwyn.. Sommige lande, soos Bolivia en Indië, is vir hul drinkwater asook vir die besproeiing van gewasse afhanklik van die water wat afkomstig is van smeltende gletsers. Die meeste gletsers verdwyn vinnig, en binne dekades mag lewe-gewende waterbronne verlore wees. 6

Impakte op die landbou Iets wat minder gepubliseer en bespreek word, is die impak wat op die landbou gevoel sal word. Afrika, in die besonder, sal hard getref word. Soos vroeër genoem, sal baie van die vasteland van Afrika na verwagting droër wees, en daar word verwag dat die vasteland vinniger sal verwarm as die globale gemiddelde. Dwarsoor die planeet, sal plant- opbrengste na verwagting afneem met die toename in temperature. Plante, soos diere en mense, het bepaalde grense van temperature wat hulle kan weerstaan. Belangrike prosesse soos bestuiwing en korrelvul, is self meer sensitief vir hoë temperature bestuiwing wat voorkom tydens 'n uiterste hittegolf kan lei tot ernstige verlaging in opbrengs, selfs al is die temperatuur vir die res van die seisoen relatief matig. Ten slotte, die verkorting van die groeiseisoene in gebiede afhanklik van reënval, of die verandering in die reëntye wat aanplanting ontwrig, kan ook 'n impak op oesopbrengste het. Wetenskaplikes wat beide die klimaatsverandering wat vir Afrika te wagte is, sowel as gewasontwikkeling onder verskillende klimaatstoestande bestudeer het, skets 'n duidelike beeld van toekomstige opbrengstendense vir Afrika. Die resultate van een sodanige studie word in die tabel hieronder getoon dit lys die voorspelde gemiddelde verlies aan opbrengste regoor Afrika. In die mees uiterste gevalle, (wat egter moontlike uitkomste is), kan dit veel erger wees. Tabel 1: Gemiddelde produksie verliese in Afrika teen 2050 in geselekteerde stapel gewasse Gewas Mielies 22% Sorghum 17% Millet 17% Grondbone 18% Kassawe 8% Gemiddelde presentasie produksieverlies voorspel teen 2050 Bron: Schlenker, W en D.B. Lobell. 2010. Robust negative impacts of climate change on African agriculture. Environmental Research Letters, doi:10.1088/1748-9326/5/1/014010 Nog 'n wetenskaplike studie voorspel gemiddelde mielie-opbrengs afname van sowat 30% teen 2030. Ten spyte van die verskil in die gevolgtrekkings van die twee studies, is dit duidelik dat die impakte op mielie produksie in veral Afrika baie erg sal wees in meeste plekke. 7

Die mees onlangse wetenskaplike analise toon dat vir elke graaddag wat mielies bo 30 C spandeer, onder optimale reënval gebiedstoestande, sal die finale opbrengs met 1% verminder word. Onder droogtetoestande, sal die opbrengs met 1,7% verminder word.. Met 1 C gemiddelde verhitting op die vasteland van Afrika (die verwagte temperatuur styging teen 2020), onder droogtetoestande, sal 100% van die mielies onder verbouing se opbrengste verminder wat vererger sal word deur die styging in temperatuur. Impakte op Vroue As gevolg van sommige van hul algemene onderskeidelike rolle, sal vroue klimaatsverandering verskillend ervaar, en in meeste gevalle veel erger as mans. Hul toegang tot hout, kos en water, hul oppasser en groot maak van kinders vereistes, en hul rol in belangrikke besluitneming is alles faktore wat dit moeiliker maak vir vroue om aan te pas by die verandering in klimaat oor tyd en verwante weer voorvalle soos vloede en droogtes. Omdat die landbou sektore so kwesbaar is tot klimaatsverandering in Afrika, sit dit vroue in n onsekere posisie; vroue is grotendeels afhanklik van die landbou sektor vir hul lewensbestaan, aansienlik meer as mans. 8

Wie is verantwoordelik vir klimaatsverandering? Geïndustrialiseerde lande het vir die afgelope 150 jaar steenkool en olie verbrand. Die kumulatiewe effek van die verbranding van fossielbrandstowwe is die aardverwarming wat ons nou ervaar. Die verantwoordelikheid in die verlede vir die huidige konsentrasies van koolstofdioksied in die atmosfeer word historiese verantwoordelikheid genoem. Hierdie lande is nog steeds besig om roekeloos fossielbrandstowwe te verbrand, ten spyte van die gevaarlike situasie vir lewens en lewensbestaansmiddele geskep deur die verhoging van die globale temperatuur en die verandering van neerslagpatrone. Geïndustrialiseerde lande verbrand baie meer brandstof per persoon as ontwikkelende lande, en hulle is n klimaatskuld verskuldig aan die lande wat geraak word deur die gevolge van hul verlede, huidige en toekomstige vrystellings. Tabel 2: Koolstof voetspoor van geselekteerde lande in 2009 Land Vrystellings per persoon 2009 (metriek tonne, Koolstofdioksied ekwivalent) Verenigde State Australië Kanada Switserland Duitsland Noorweë Frankryk Suid Afrika Brasilië China Zambië Zimbabwe Indië Bangladesh Mosambiek 28.6 20.6 19.6 18.4 15.1 14.6 13.1 6.0 4.1 3.1 2.1 2.0 1.8 1.1 1.1 Bron: http://www.worldatlas.com/aatlas/populations/ctypopls.htm; http://www.globalcarbonproject.org/ Bevolking 2010 309,975,000 22,421,417 34,207,000 7,782,900 81,757,600 4,896,700 65,447,374 49,991,300 193,364,000 1,339,190,000 13,257,000 12,644,000 1,184,639,000 164,425,000 23,406,000 9

2. DIE GLOBALE POLITIEK VAN KLIMAATSVERANDERING 1992 het die begin van 'n proses om die klimaatsverandering aan te spreek, ingelui. 'n Internasionale verdrag is onderhandel, genaamd die VN se Raamwerk Konvensie op Klimaatsverandering (VNKKKV), waarin die internasionale samewerking wat nodig is om die gevaarlike klimaatsverandering te voorkom, gedetailleer is.. In 1997, het lande ooreengekom op verdere stappe. Die geïndustrialiseerde nasies het ooreengekom dat hulle die vrystelling van gasse gedurende die tydperk 2008-2012 met gemiddeld 5% onder die vlak van 1990 sal verminder. Die ooreenkoms is bekend as die Kyoto-protokol en die tydperk tussen 2008-2012 staan bekend as die eerste verbintenis periode.nadat daar op die Kyoto-protokol ooreengekom is, het die Verenigde State uit die ooreenkoms onttrek. Meer onlangs het drie bykomende lande - Rusland, Japan en Kanada - aangekondig dat hulle van die Kyoto-protokol sal onttrek en nie tot 'n tweede verbintenis periode sal onderteken nie.. 10 Om baie, baie duidelik te wees: die Kyoto-protokol is die enigste bestaande, bindende ooreenkoms wat vereis dat lande hul kweekhuisgasvrystellings verminder. Sonder 'n tweede tydperk van die Kyoto-protokol is al wat die wêreld dan het, slegs vrywillige beloftes van lande - mooi woorde deur ontwikkelde lande dat hulle eendag dalk iets aan aardverwarming mag doen..

Waarom wil ontwikkelde lande nie bindende ooreenkomste oor die verminderings in die vrystelling van gasse hê nie? Ontwikkelde lande voel sekerlik die uitwerking van klimaatsverandering - beide massiewe vloede en verwoestende droogtes het dele van beide die Verenigde State en Australië vanjaar geteister - maar die meerderheid van mense in daardie lande is nie geraak deur die plaaslike droogtes en vloede nie. Vergelyk dit met die huidige droogte in die Horing van Afrika, waar meer as tien miljoen mense bedreig word deur droogtetoestande wat raak aan hongersnood.. Ontwikkelde lande het die hulpbronne om die impak van klimaatsverandering te buffer- vir nou. En bindende vermindering van die vrystelling van gasse hou bedreigings in vir hul fossielbrandstof industrie, besigheid, en die ontwikkelde wêreld se energieintensiewe manier van lewe. Dit is een van die belangrikste redes vir die huidige politiek van klimaatsverandering in die ontwikkelde wêreld.daar is geen twyfel dat die vermindering van die vrystelling van gasse in die globale Noorde sal vereis n herontwerp van waar krag vandaan kom en hóéveel krag gebruik word om goedere te produseer en lewens te leef. Een persoon in die Verenigde State gebruik twee keer die hoeveelheid energie wat daagliks deur 'n individu in Suid-Afrika gebruik word, vyftien keer die hoeveelheid wat gebruik word deur 'n gemiddelde Indiese burger, en byna 200 keer wat gebruik word deur die gemiddelde persoon wat in Mosambiek woon. Om hierdie patrone van energieverbruik te verander, vereis n verbintenis tot globale klimaatsgeregtigheid en politieke wil.. Besigheidsbelange in die ontwikkelde wêreld is bekommerd oor hoe hierdie veranderinge hul winste kan beïnvloed. Baie van die grootste maatskappye, georganiseer binne die Internasionale Kamer van Koophandel, het baie miljoene dollars spandeer om regoor die wêreld ondersteuning te werf teen nasionale wetgewing en internasionale regulering van kweekhuisgas vrystellings.. Die mees-organiseerde, grootste werwer van ondersteuning tot dusver is die fossielbrandstof industrie. Olie-gas-ensteenkoolprodusente, asook eienaars van gas - en steenkoolaangedrewe kragplantasies het enorme belange in die bevordering van die status quo rondom fossielbrandstofproduksie, verbruik en energie - afhanklikheid. 11

Klimaatskuld en klimaatgeregtigheid Soos hierbo bespreek, het ontwikkelde lande koolstof vir baie langer en in veel groter hoeveelhede as ontwikkelende lande vrygestel, en klimaatgeregtigheid vereis van hulle om verantwoordelikheid te neem vir hulle gedeelte van die skade - hulle klimaatskuld, wat insluit n vrystelling skuld en n aanpassing skuld. Ontwikkelde lande het veel meer as hul deel van die atmosferiese ruimte opgeneem. Ontwikkelende lande se reg om in dieselfde manier te ontwikkel as ontwikkelde land is ontneem. Ontwikkelde lande vra nou dat ontwikkelende lande hul toekomstige vrystellings moet verminder. Ontwikkelde lande moet egter ontwikkelende lande vergoed vir die oormatige atmosfeer wat hulle alreeds op verbruik het. Hulle skuld ontwikkelende lande n vrystellingskuld.. 12 Ontwikkelde lande skuld ontwikkelende lande ook 'n aanpassingsskuld. Ontwikkelende lande ly nou onder die mees ernstige gevolge van die klimaatsverandering veroorsaak deur ontwikkelde lande se gasvrystellings. Daarbenewens is daar uitgebreide koste verwante aan aanpassing in die toekoms na nuwe, meer veranderlike climate. Daarom is ontwikkelde lande, (wat histories verantwoordelik is vir die atmosferiese skade), ook skuldig aan 'n aanpassingskuld aan die lande wat deur klimaats-verandering geraak word. 3. KLIMAAT OPLOSSINGS: WAAR EN VALS Agro-ekologie: Kleinskaalse boere verkoel die planeet Soos hierbo aangedui, word voorspel dat klimaatsverandering n baie ernstige impak op die landbou sal hê. Soos temperature styg, sal drempels verbygesteek word sodat plante dit moeiliker sal vind om te groei en voort te plant.

Die toenemende wisselvalligheid in reënval sal dit moeiliker maak om te weet wanneer en waar om gewasse te plant en watter gewasse die beste sal wees om te plant. Boere sal meer moeite moet doen met die keuse van gewasse en variëteite wat goed kan produseer onder wisselende omstandighede, asook om die veerkragtigheid van hul grond te verhoog... Landbou-metodes wat natuurlike prosesse as basis gebruik, en hierdie prosesse gebruik om 'n meer stabiele en veerkragtige plaas te skep agro-ekologie sal noodsaaklike praktyke word onder nuwe klimate. Hierdie praktyke is ook belangrik om voedselsoewereiniteit te verseker. Sommige van die mees belangrikste agro-ekologiese praktyke vir wisselvallige weer en veranderende klimate, en wat voedselsoewereiniteit sal verhoog, sluit in: Die aanplant van n verskeidenheid gewasse binne dieselfde ruimte en tyd. Om slegs een soort gewas op 'n stuk grond te verbou (' n monokultuur), vereis aansienlike insetkostes soos kunsmis en plaagdoders en vernietig die gesondheid van die grond. Daar is 'n paar maniere om die verskeidenheid van gewasse af te wissel: genome tussenry verbouing- boere kan meer as een soort gewas op ' n stuk grond op dieselfde tyd plant; hulle kan ook gewasse roteer oor seisoene op dieselfde grond. Die integrasie van bome, in die besonder bome wat stikstof kan voorsien. Bome verbeter nie net die gesondheid van die grond met hul wortels nie en stabiliseer nie net die grond teen erosie nie, maar sommige bome voorsien ook stikstof, 'n belangrike voedingstof. 'n Suksesvolle boom wat in dele van Afrika gebruik word, is Faidherbia, wat droogtebestand is as gevolg van sy diep wortelsisteem en die feit dat stikstof met die grond verbind. Tradisionele water oes praktyke. Daar is baie tradisionele praktyke in gebruik regoor Afrika, soos die zaï van sommige Sahel lande, wat gebruik word deur boere om skaars reënwater te oes en stoor. Sulke praktyke stel hul instaat on hul groei seisoen uit te brei of om gewasse aan te plant in areas wat onder normale omstandighede te droog is vir verbouing. Byvoeging van kompos en bemesting vir grondvrugbaarheid. Die byvoeging van mis, kompos en deklae in die grond help om voedingstowwe aan te vul sonder die gebruik van kunsmis, en die grond se waterhouvermoë kan so verhoog word. Vermindering van bewerking om grond te beskerm, die teelaarde te bedek en groen bemesting te gebruik. Bewerking of die ploeg van gronde ontbloot dit aan die son, wat veroorsaak dat vog verdamp. Deur n deklaag en groen bemesting soos kompos te gebruik, voeg dit vrugbaarheid by die grond en skep gronde wat maklik reën absorbeer. Deur die verhoging van die waterhouvermoë, is grond beter in staat om die langer en meer ernstige droë tye wat verwag word met klimaatsverandering, te weerstaan. 13

Boere sal leiding neem met aanpassings, maar hulle sal ook bystand nodig het. Die klimaat uitdaging is groot en wetenskaplikes sal moet deel wees van die pogings. Byvoorbeeld, boere het kennis nodig oor die impakte van klimaatsverandering op landbou, hoe die toekomstige klimaat mag lyk in die areas waar hulle boer en watter aanpassings opsies daar moontlik is vir sulke veranderde klimate. Hulle het inligting nodig rakende seisoenale reënval en weer voorspellings ten einde hulle te help met besluite oor watter gewasse om te plant. Die uitdagings van klimaatsverandering vir die landbou is alreeds groot en sal in die komende jare toeneem. Afrika landbou, en in die besonder die landbou in Suider-Afrika sal ernstig geraak word. Boere moet die veranderinge wat verwag word, kan verstaan en het nodig om betrokke te raak in die eis van 'n reaksie van ontwikkelde lande om hulle klimaatskuld te betaal - en hul eie regerings - moet ' n sterk posisie inneem in die komende klimaat onderhandelinge ter verdediging van mense en hul lewensbestaansmiddele, en nie dié van die fossielbrandstofindustrie nie.. Bemagtiging van Vroue Vroue bemagtigingsstrategieë hou groot potensiaal in vir die versterking van n gemeenskap se kapasiteit om klimaatsverandering te temper en aan te pas. Vroue in die meeste gevalle ken die strategieë wat hulle benodig, wat hulle ontbreek is die finansies en institusionele ondersteuning om die nodige veranderinge te maak vir aanpassing. Valse oplossings: GMOs en koolstofmarkte Soos jy jou self kan voorstel, die wat die status quo wil beskerm stel voor valse oplossings. Die oplossings is gebaseer op nuwe tegnologie soos genetiese manipulasie wat mag konsolideer in landbou transnasionale maatskappye soos Monsanto, of mark gebaseerde oplossings wat verder kommoditeits handelaars en spekulante verryk. GMOs kan nie klimaats uitdagings addresseer nie Genetiese gemodifiseerde organismes word op die tafel gesit as oplossings vir die klimaatskrisis. Sommige sê byvoorbeeld dat genetiese manipulasie nodig is om droogte weerstaanbare gewasse te ontwikkel. 14

Maar die tegnologie van genetiese manipulasie werk met enkele gene wat een gewas eienskap op n tyd verander. Die klimaatuitdagings wat deur boere ervaar word, vereis buigbaarheid een jaar sal die reën vroeër kom, dan later of glad nie. In n ander jaar sal oorstromings en vloede boerderye vernietig. Die enkelegeen benadering of genetiese manipulasie sal nie instaat wees om die buigbaarheid wat boere nodig het, te inkorporeer nie. Verder, genetiese tegnologieë is ontwerp vir hoë inset sisteme afhanklik van kunsmis, gifstowwe en besproeiing. Hierdie industriële sisteme sal eintlik meer kwesbaar wees tot klimaatsverandering. Agro-ekologiese tegnieke en sisteme is die ware oplossings wat benodig word. Koolstof markte: verandering van bome en grond koolstof in kommoditeite Ryk lande met n groot klimaatskuld om te betaal is op soek na innoverende maniere om hul verantwoordelikheid en verpligtinge vry te spring. Een van hulle skeppings is n koolstof mark waar die koolstof in bome en die grond verander kan word in n kommoditeit iets wat gekoop, verkoop en mee gespekuleer kan word. Nie net stel hulle voor om die koolstof in boere se grond te koop en verkoop nie, hulle stel ook voor dat befondsing vir aanpassing sal kom vanaf hierdie koop en verkoop van koolstof. Hulle wil nie betaal vir die vernietiging wat hulle veroorsaak het nie, so nou bied hulle aan om met koolstof te handel op die globale mark om fondse in te samel. Daar is baie probleme met die mark gebaseerde benadering. Bronne word weggeskuif van direkte bystand aan boere na n duur proses om koolstof te meet. En wanneer die koolstof van die grond omgeskakel is in n kommoditeit en verkoop word aan iemand anders, sal boere alles moontlik doen om die koolstof in die grond te hou. Hulle sal nie die eienaars van die koolstof in die grond wees nie, maar sal moet werk om dit te onderhou vir iemand anders. 4. DIE SITUASIE IN DURBAN Die Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering (VNRKKV) is in 1992 by die Aardeberaad goedgekeur, met sy doelwit om te verhoed dat kweekhuisgasvrystellings ekosisteme en voedselproduksie bedreig, en volhoubare ontwikkeling toelaat.. Elke jaar sedert 1995, ontmoet die lande wat deel is van die VNRKKV in 'n ander land om die jaar se vordering in die aanspreek van klimaatsverandering te bespreek. Hierdie vergaderings of konferensies van die partye word COPs genoem. Hierdie jaar se vergadering is die sewentiende (COP17) en word in Durban, Suid-Afrika gehou. 15

16 Die belangrikste item op die agenda in Durban is of daar 'n tweede verbintenis periode van die Kyoto-protokol sal wees. Aangesien die eerste verbintenis tydperk in 2012 eindig, moet 'n besluit hierdie jaar in Durban geneem word. Verskeie van die wêreld se grootste vrystellers- Kanada, Japan, Nieu-Seeland, en natuurlik die VSA, wat in die eerste plek nie deel van tot die Kyoto-protokol was nie-het reeds gesê dat hulle hul nie sal verbind tot 'n tweede tydperk nie. Mees onlangs het Australië en Noorweë 'n plan aangekondig om eers in Durban ' n nuwe verbintenistydperk van vier jaar van nou af te begin - te min, te laat vir Afrika. Ontwikkelende lande, veral Afrika-lande, sal die ergste gevolge van klimaatsverandering sien. Hulle verwag van globale vrystellers om nou aksie te neem, nie volgende jaar nie, nie vier jaar van nou af nie. Die klimaatskrisis is die mees dringende vir diegene wie se lewens en lewensbestaansmiddelle afhanklik van die landbou is. Afrika-lande moet by die Durban-onderhandelinge 'n sterk, verenigde standpunt inneem ter ondersteuning van die boere, veeboere en ander wie se lewensbestaan afhanklik is van reënval asook die hoeveelheid reën wat val. Dit is die boodskap wat aan Afrika-regerings in die maande voor Durban en in die strate in Durban gekommunikeer moet word. 5. VERDERE STUDIES OF OPLEES www.climate-debt.org n Webwerf wat onderhou word deur burgerlike organisasies aktief in die VNRKKV onderhandelinge. Bevat basiese inligting oor die konsep klimaatskuld, sowel as gedetaileerde informasie oor die inhoud van die klimaatsonderhandeling. www.carbonfootprintofnations.com n Webwerf wat onderhou word deur die Noorweegse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie met data wat die koolstof en ander vrystellings van lande vergelyk. Bevat goeie inligting oor die handelinhoud van vrystellings hoe ontwikkelde lande verantwoordelik is vir vrystellings in daardie dele van die wêreld wat die goedere produseer maar verbruik word in die Noorde. www.foodsecurity.stanford.edu/research/agriculture_and_ climate_change The Stanford Program op Voedselsekuriteit en die Omgewing het n belowende navorsings program oor die impak van klimaatsverandering op landbou, met n fokus op Afrika. Verskeie belangrike huidige wetenskaplike studies kan hier gevind word. GRAIN. n Klein internasionale nie winsgewende organisasie wat werk om kleinskaalse boere en sosiale bewegings te ondersteun in hul stryd vir gemeenskapsbeheer en bio diversiteit gebaseerde voedselsisteme. n Goeie artikel wat onlangs gepubliseer was op klimaat en voedsel kan hier gevind word: www.grain.org/article/entries/4357-food-and-climate-changethe-forgotten-link

Vir meer inligting kontak: Surplus People Project KAAPSTAD 2de Vloer, 266 Laer Hoof Straat Sout Rivier 7925 Posbus 468, Athlone 7760 Kaapstad, Suid Afrika epos: spp@spp.org.za Tel: +27 21 448 5605 Faks: +27 21 448 0105 www.spp.org.za NAMAKWALAND Eenheid B102, Hopley Sentrum Hv/ Van Riebeeck / Van der Stel Strate Springbok 8240 Tel: +27 277 181370 Faks: +27 277 181302 HANTAM KAROO 18 Stigling Straat Calvinia 8190 Tel: +27 273 411753 Faks: +27 273 412548 CITRUSDAL 89 Voortrekker Straat Citrusdal Tel: +27 22 921 2682 Faks: +27 22 921 2682 SURPLUS PEOPLE PROJECT