UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

BenguFarm Bestelvorm

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

METAMIN INVESTMENT CORPORATION BPK TWEEDE PETISIONARIS CHASE CONSULTING (EDMS) BPK VYFDE PETISIONARIS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

DIE BESKERMING VAN LEWENSPOLISSE TYDENS SEKWESTRASIE -IS DAAR 'N LEEMTE?

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

ARTIKEL 2(3) VAN DIE WET OP TESTAMENTE: PRAKTIESE PROBLEEM BY LITIGASIE *

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

BANK WINDHOEK BPK APPELANT S RAJIE EERSTE RESPONDENT M SADICK ADAMS TWEEDE RESPONDENT

DIE REGTE VAN KINDERS UIT HOOFDE VAN ARTIKELS 26 EN 28 VAN DIE GRONDWET

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Transcription:

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Datum Gelewer: 2003-03-07 Saakno: 1184/02 Datum Verhoor: 2003-02-28 In die saak van: Land- en Landboubankvan Suid-Afrika Eiser versus StephenJames GroenewaldtN.O. Marthinus ChristoffelBotha N.O. 1 ste Verweerder 2 de Verweerder Meestervan die Hooggeregshof 3 de Verweerder Coram: MAJIEDT R UITSPRAAK

Bladsy 2 MAJIEDT R: 1. Die verweerders teken eksepsie aan teen die eiser se dagvaarding dat dit geen eisoorsaak openbaar nie. 2. Die eiser nader in sy dagvaarding hierdie Hof vir n verklarende bevel :- a) dat dit uit hoofde van n spesiale notariële verband saamgelees met artikel 34 van die nou herroepe Landbankwet (Wet 13 van 1944, hierna verwys as die Landbankwet ), n preferente eis het en geregtig is op die totale oorskot van die boedel van die insolvent tot die geheel van die omvang van die eiser se eis teen die insolvent ten tyde van insolvensie; b) dat die kurators gelas word om die likwidasie en distribusierekening in die boedel van die insolvent

Bladsy 3 reg te stel sodat die regsposisie hierinvantevore uiteengesit in paragraaf (a) weergegee word. 3. Die agtergrondfeite wat die eiser se voormelde eis onderlê kan as volg opgesom word: 3.1 Die eiser het aan die insolvent, ene Victor Halman Kock (hierna verwys as die insolvent ), n voorskot verskaf ingevolge die bepalings vervat in art. 34 van die Landbankwet ten bedrae van R52787.70. 3.2 Op 16 Maart 1996 is n spesiale notariële verband kragtens die Wet op Sekerheidstelling deur middel van Roerende Goed van 1993 deur die Landbank geregistreer oor sekere roerende bates van die insolvent, te wete 400 merino hamels. Die voormelde spesiale notariële verband is geregistreer ter versekering van die voorskot vermeld in 3.1 hierbo. 3.3 Op 8 Desember 1999 is die insolvent gesekwestreer deur hierdie hof en is die eerste en tweede verweerders as gesamentlike kuratore aangestel om die insolvent se

Bladsy 4 boedel te beredder. 3.4 Ten tyde van die voormelde insolvensie van die insolvent was hy aan die eiser die bedrag van R81 513.21 tesame met rente daarop teen 17% per jaar maandeliks gekapitaliseer vanaf 31 Desember 2000 verskuldig. 3.5 Op 17 Januarie 2001 het die eiser die tweede verweerder skriftelik in kennis gestel van die voormelde eis teen die insolvente boedel sowel as van die bestaan van die spesiale notariële verband oor die 400 hamels. 3.6 Die eerste en tweede verweerders het n likwidasie en distribusierekening opgestel in die insolvente boedel, maar het nie daarin voorsiening gemaak daarvoor dat die eiser n preferente eis het oor die totale vrye oorskot van die boedel vir die totaal van eiser se eis teen die insolvent nie. 3.7 Dit is die eiser se saak dat hy uit hoofde van die spesiale notariële verband voormeld saamgelees met art. 34 van die Landbankwet n preferente eis het ten opsigte van die totale vrye oorskot van die boedel van die insolvent tot die volle bedrag deur die insolvent aan die eiser verskuldig ten tyde van die insolvensie. 3.8 Dit is gemeensaak hierin dat die kurators (eerste en tweede verweerders) slegs 178 van die merino hamels kon opspoor en dat die opbrengs daarvan, nadat n

Bladsy 5 verkoping gehou is, aan die eiser oorbetaal is. Dit is nie duidelik op die stukke wat die balans van die verskuldigde bedrag beloop nadat die voormelde oorbetaling aan die eiser gemaak is nie. 4. Wat dus primêr beregting hierin verg is die volgende aspekte: 4.1 Of die eiser enigsins geregtig is op verdere betalings van die eerste en tweede verweerders uit hoofde van die spesiale notariële verband, gegewe die feit dat slegs 178 merino hamels opgespoor is, die opbrengs waarvan alreeds oorbetaal is aan die eiser; en 4.2 Of die eiser uit hoofde van die bepalings van art 34 van die Landbankwet n preferente eis geniet in die insolvente boedel. 5. Dit is gerieflik om eers te handel met die eerste aspek ten aansien van die spesiale notariële verband. Meneer

Bladsy 6 Botha, wat namens die eiser verskyn, het in sy betoog uiteindelik toegegee dat aangesien die spesiale notariële verband pertinent van toepassing gemaak is op 400 merino hamels en daar slegs 178 daarvan opgespoor kon word deur die eerste en tweede verweerders, die opbrengs waarvan alreeds oorbetaal is aan die eiser, laasgenoemde geen verdere eis kan hê uit hoofde van die spesiale notariële verband nie. Ek meen dat hierdie n juiste toegewing is en is dit gevolglik nie nodig om enigsins verder daarmee te handel nie, behalwe om te bevind dat die verweerders se eksepsie tot dié beperkte mate meriete het. 6. Al wat oorbly vir beregting hierin is die kwessie van art. 34 van die Landbankwet. Dit is gemeensaak tussen die partye dat, op die stadium toe die tweede verweerder in kennis gestel is van die eiser se eis teen die boedel,

Bladsy 7 d.w.s. op 17 Januarie 2001, en ook op die stadium toe die likwidasie en distribusierekening opgestel is vir die insolvente boedel, die bepalings van onder andere art. 34 van die Landbankwet ongrondwetlik verklaar is deur die Grondwetlike Hof, maar die inwerkingtreding daarvan is opgeskort vir n tydperk van twee jaar vanaf 9 Junie 2000 tot 8 Junie 2002. 7. In First National Bank of South Africa Ltd v Land and Agricultural Bank of South Africa and others; Sheard v Land and Agricultural Bank of South Africa and another 2000(3) SA 626 (CC) het hierdie ongrondwetlikverklaring en opskorting plaasgevind. In die voormelde gewysde het Mokgoro R in navolging van haar beslissing in die aangeleentheid van Chief Lesapo v North West Agricultural Bank and another 2000(1) SA 409 (CC) bevind dat art. 34 van die Landbankwet

Bladsy 8 ongrondwetlik is, aangesien dit inbreuk maak op die grondwetlike reg van toegang tot n geregshof om n geskil te besleg (art. 34 van die Grondwet). Van belang in die First National Bank-uitspraak is die bevinding dat dit nie onredelik sal wees in die lig van die openbare belang nie dat die Landbank se bestaande statutêre sekuriteit uit hoofde van die bepalings van art. 34(5) saamgelees met art. 34(3)(b) behoue bly deur die bevel van ongeldigverklaring op te skort vir twee jaar sien paragraaf 11, bladsy 631 F 632 B van die uitspraak. 8. Die effek van die voormelde uitspraak is derhalwe dat vir die twee jaar van opskorting die Landbank se statutêre sekuriteit steeds van krag bly. Die rede daarvoor is, soos voorgehou deur Mokgoro R, om die Bank se belange te beskerm aangesien art. 34 primêr aangewend is om onkredietwaardige of minder kredietwaardige boere van

Bladsy 9 ongesekureerde lenings te voorsien. Deur nie dié statutêre sekuriteit te behou nie, sou die Bank noodwendig sy rentekoerse drasties moes verhoog of toekomstige aansoeke vir art. 34 voorskotte net eenvoudig voor die voet van die hand moes wys. Sien verder in hierdie verband: Jazbhay Sales in Execution Sans Recourse to Court, De Rebus September2000te 43.; C.G. van der Merwe& J.M. Pienaar Securityin terms of Land Bank Provisions, Annual Survey of South African Law, 2000,te 392. Janse van Rensburg N.O. v Land & Landboubank [2003]1 All SA 223(T) te 232 a-d. 9. Meneer Titus, wat namens die verweerders verskyn, het aangevoer dat die eiser hom nie op dié bepalings kan herroep nie omdat die betrokke art. 34 juis ongrondwetlik verklaar is deur die Grondwetlike Hof. Hierdie argument

Bladsy 10 verloor natuurlik buite die oog dat die ongeldigverklaring juis opgeskort is vir twee jaar ten einde die Landbank se statutêre sekuriteit in plek te hou. n Verdere aspek wat in ag geneem moet word, is dat art. 52 van die nuwe wet wat die Landbankwet herroep het, naamlik die Wet op die Land- en Landbou-ontwikkelingsbank, No. 15 van 2002, pertinent in art. 52(1) bepaal as volg: Enigiets wat wettiglik gedoen is ingevolge die Landbankwet, 1944 (Wet 13 van 1944), hou aan om geldig te wees en om volledig van krag te wees ten spyte van die herroeping van daardie Wet deur artikel 50 en enige regulasies uitgevaardig ingevolge daardie Wet bly van krag totdat dit ingevolge artikel 46 van hierdie Wet herroep word. (Ek moet hier uitwys dat die verwysing na artikel 50 verkeerd is dit moet artikel 53 wees. Die Engelse teks is deur die Staatspresident onderteken en bevat die korrekte bepaling). 10. Uit hoofde van die voorafgaande is ek dus tevrede dat daar geen meriete is in die eksepsie dat die eiser se dagvaarding nie n eisoorsaak openbaar nie. Wat egter

Bladsy 11 wel vasstaan en wat uiteindelik tot n mate aldus toegegee is deur mnr. Botha, is dat die dagvaarding se besonderhede van vordering beswaarlik n model van elegansie en van duidelikheid is. Ek meen dat die besonderhede van eiser se eis so onduidelik gepleit is dat dit tot n groot mate vaag en verwarrend voorkom. Soos blyk uit die voormelde bespreking is die eiser se eis eintlik op twee aparte en onafhanklike eisoorsake gebaseer (die vraag of daar meriete in albei steek word vir die oomblik buite rekening gelaat), naamlik eerstens n vordering ingevolge n spesiale notariële verband en tweedens n vordering uit hoofde van die statutêre sekuriteit geskep in art. 34 van die nou herroepe Landbankwet. Beide van hierdie eise, indien dit regtens gefundeerd is, kom natuurlik daarop neer dat die eiser n preferente eis sou hê teen die insolvent en sy boedel. Soos dit op die pleitstukke staan egter, pleit die eiser dit asof die twee

Bladsy 12 met mekaar saamhang (vergelyk paragraaf 12 van die dagvaarding sowel as smeekbede 1 daarvan). Verder meen ek dat die eiser duidelik moes pleit dat hy steun op art. 34 se bepalings wat van krag gebly het ten spyte van die ongeldigverklaring daarvan deur die Grondwetlike Hof. 11. Hierdie voormelde is aspekte wat ek meen reggestel behoort te word en is die eiser se dagvaarding na my mening vaag en verwarrend. Ek is van voorneme om die eiser geleentheid te bied om die pleitstuk se tekortkominge reg te stel. Ek meen dat dit behoort te geskied aangesien die verweerders potensieel benadeel kan word indien dit nie reggestel word nie. Sien in hierdie verband: Levitan v New Haven Holiday Enterprises CC 1991(2)SA 297(C) te 298 A. 12. Wat koste aanbetref is dit duidelik dat die verweerders onsuksesvol was in hul eksepsie. Daarmee saam egter

Bladsy 13 moet in ag geneem word dat die eiser se dagvaarding vaag en verwarrend gepleit is en meen ek dat om dié redes daar geen kostebevel uitgereik behoort te word nie. 13. Gevolglik reik ek die volgende bevel uit: a) Die verweerders se eksepsie dat die eiser se dagvaarding nie n eisoorsaak openbaar nie, word afgewys. b) Die eiser word verlof verleen om binne 15 (vyftien) dae vanaf datum van hierdie bevel sy besonderhede van vordering te wysig deur die eisoorsakebehoorlik te formuleer. SA MAJIEDT REGTER

Bladsy 14 ADVOKAAT NAMENS EISER : ADV CH BOTHA ADVOKAAT NAMENS VERWEERDER : MNR B TITUS PROKUREUR NAMENS EISER : ENGELSMAN, BENADE & VD WALT PROKUREUR NAMENS VERWEERDER : VAN WYK PROKUREURS DATUM VAN VERHOOR : 28 Februarie 2003 DATUM VAN UITSPRAAK : 7 Maart 2003