JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Rut: n Liefdes Verhaal

Tariewe

Mandala Madness Deel 2

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Geagte Ouers / Voogde en Florries

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Mosselbaai Munisipaliteit

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Hoe om krag te spaar

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

INSKRYWINGSVORM

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Sterdansers by Vensters.

Kerssangdiens. SA Gemeente

SIZA takes the sting out of auditing

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Edgehog

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

UNIVERSITY OF NATAL SOCIAL SCIENCE CONFERENCE: DURBAN: 12TH - 16TH JULY 1954.

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Transcription:

JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 36/2018 Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2018 en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u n geseënde en voorspoedige feesseisoen toe te wens. Reis veilig indien u iewers heen ry en kom uitgerus terug. Die skool heropen op 9 Januarie 2019. MOSIES Me Linda Loubser verjaar Saterdag, 10 November, en mnr Sias Botha verjaar Woensdag, 21 November. Baie geluk! Mevv. Natasha Kruger, Rochelle vd Merwe, Madga Neveling, Marike Geyser, Ilza v Rensburg, Helma van Rooyen en mnr. Martin Steyn en dr.daan Vorster verjaar almal gedurende die vakansie. Baie geluk! ONS NEEM AFSKEID Die volgende personeel het ons verlaat: Mev Willemien van der Walt en mnr Coenie van Niekerk. Mnr Vian Steynen verlaat ons aan die einde van die jaar. Ons wens julle alle voorspoed toe. RAPPORTE Die eksamen eindig 23 November en leerders hoef daarna nie weer skool toe te kom nie. Leerders ontvang op 12 Desember 2018 hul rapporte vanaf 8:00 tot 9:00. Indien u dit nie kan kom afhaal nie, kan u iemand anders kry om dit namens u af te haal op voorwaarde dat die persoon n brief van u af het wat dit versoek. SMARTIE PARTY GRAAD 8-2019 Die graad 8 s van 2019 se Smartie Party vind plaas op 8 Januarie om 13:00 vir die leerders. Die ouers sluit om 17:30 by ons aan vir n vergadering in die skoolsaal waarna ons n heerlike aktiwiteit en kuier om die braaivleisvure gaan geniet SKOOLVERLATERS GR 8 11-leerders wat die skool aan die einde van die jaar verlaat, moet die agter aangehegde vorm inhandig vóór 19 November sodat ons die oorplasingskaart gereed kan kry. 1

ROBOTICS Twee van ons Robotics-leerders, Anro Swartz en Garret Botha graad 10.1 het die volgende prestasies behaal: Hul verower 2de plek by die nasionale robotics kompetisie die 29ste September. Hulle het deelgeneem teen 4de jaar ingenieurstudente. Hul is genooi om deel te neem in die internasionale WRO kompetisie wat in November 2018 in Thailand aangebied word. OUER-BEGROTINGSVERGADERING Die ouerbegrotingsvergadering is uitgestel na 27 November, omdat ons nie n kworum was nie. JV-ONDERSTEUNERSHEMP Genuine JV-ondersteunershemde beskikbaar @ R100 elk by die klerebank Maandae tot Donderdae vanaf 7:00 14:15. Ondersteun ons asseblief en koop jou hemp! HULPFONDS Soos gewoonlik hierdie tyd van die jaar, hou ons daarvan om ons hulpfonds mensies te bederf met n ietsie ekstra. Ons benodig nog 10 van elk van die onderstaande items en sal dit vreeslik hoog op prys stel indien dit binne u vermoë is om te help, en hierdie items aan die hulpfonds kan skenk voor 22 November. Ons waardeer dit dat ons mag vra. mayonnaise bokse vla kookolie kondensmelk mieliemeel muffin mix AANMELDINGSVERSLAE Leerders het reeds hul finale aanmeldingsverslag vir die jaar ontvang. Indien u dit nie gekry het nie, doen navraag by u kind. SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS 1. n Leerder wat met n wettige rede afwesig was dien die stawende dokumente bv n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder n punt bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het 2

in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het. NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets. 2. Indien die leerder nie binne n week na die afwesigheid die dokumente indien nie sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry. 3. Bogenoemde rëelings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie. 4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir n bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan dissiplinêre aksies onderwerp word. Ons vertrou dat bogenoemde rëelings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om me. Dowd enige tyd by die skool te skakel. SKOOLGELD Baie dankie aan ons ouers wat gereeld hul skoolgeld betaal, daarsonder kan ons nie die skool effektief bedryf nie. Dit is egter vir ons n groot bekommernis dat daar soveel ouers is wat nie betaal of wat agterstallig is met hul skoolgeld. Ons besef dat dit die huidige ekonomiese omstandighede vir baie mense moeilik is, maar dit is ook vir ons n groot probleem indien ons nie die skoolgeld inkry nie. Ons poog elke jaar om die skoolgeld so laag as moontlik te hou terwyl ons nog steeds al die toerusting en boeke gratis voorsien. Dit raak egter n uitdaging indien ons nie die begrote skoolgeld ontvang nie. Ons doen n ernstige beroep op u om regtig ernstig na u skoolgeld situasie te kyk en u skoolgeld op datum te kry voor die einde van die jaar. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak! WERKSGELEENTHEID Pos beskikbaar in Kempton Park vir Elektriese kandidaat. JOB TITLE R & S Technician- Level 3 AREA Head office, 24 spartan, Kempton Park MINIMUM REQUIREMENTS - Technical Matric / N3 technical diploma - 0-2 years experience in electronics (hardware and software) or IT (hardware, networks and software) - Good computer skills (Microsoft package) 3

- Valid driver s license - Own Vehicle JOB PURPOSE Providing comprehensive Research and support (R&S - refers to the investigative activities a business conducts to improve existing products and procedures or to lead to the development of new products and procedures.) efficient and safe operation of electronic technology for health, safety and productivity in the mining sector. Responsibilities: Technical - Design and development projects for new products/process changes and enhancements including related lab and site testing. - Set up and tests units to meet specified requirements. - Creating new product technical manual or updating existing technical manual - Troubleshoot problems to determine root cause of issue and recommend a corrective action. - Creating new product/updating existing product documentation (Electrical drawings, mechanical drawings, QC documents, bill of material) - Building of sample product/proto type for lab and field testing. Drafting of ATP for lab and field testing. - Handover to manufacturing committee - New Projects/Proof of concepts (POC) action plan together with the POC team. - Operates hand tools, small power tools and engineering machinery and understand their use and function. - Housekeeping - Any other reasonable duties given to you by your direct supervisor / Manager. Support: - Liaise with other technical employees, and customers on the site to support in ensuring quality products and product requirements. - Keep technical team updated of all unresolved and/or potential problems that would negatively affect the customer or our company. - Feedback on a regular basis to Technical team. - Support engineers in lab and site testing. - Support engineers in industrialising a product for the field. - Support engineers with information upon product requires, that will assists in the quality and function of the product. Health and Safety - Adhere to all customer safety regulations at all times. - Adhere to specific risk assessment before commencing daily tasks. Skills & Attributes - Clear verbal and written communication skills in English and Afrikaans - Be able to work in a team - Diligent - Pro-active - Well groomed - Trustworthy - Numerical and analytical skills - Self discipline - Must be able to exercise judgment within defined procedures and practices to determine appropriate action - Strong troubleshooting skills - Strong problem solving skills - Medically fit Kontak Marnus Pretorius 4

Schauenburg Systems (Pty) Ltd/Stratosat Datacom (Pty) Ltd 26 Spartan Rd Kempton Park Gauteng South Africa T +27 (0)11 974-0006 Ext. 2088 F +27 (0)11 974-0078 C +27 (0)76 345 0148 marnus@schauenburg.co.za www.schauenburg.co.za VERVOER Saamrygeleentheid gesoek in die middag na Pretoria-Noord. Kontak Martie by 084 580 8574. Enige persoon wat kan help met n saamrygeleentheid in die middag na Moreletta park, kontak asb vir Natalie by 072 965 9689 of natalie.premiumcanvas@gmail.com Enige iemand wat kan help met n saamrygeleentheid in die middag van die skool na Nico Smit en 26ste laan, kontak Annemarie by 061 279 4082. Enige iemand wat kan help met n saamrygeleentheid vanaf Die Wilgers, kontak asb vir Letitia by 082 755 9626 of letitia@karisproperties.co.za. Cecile Scholtz (SkolierXpress) kan help met vervoer van en na die skool vanaf die Sinoville-omgewing. Kontak haar gerus by 0609626380. Dream Shuttle het n saamrygeleentheid beskikbaar in die oggend vanaf East Lynne. Kontak vir Maryna Nigrini by 072 280 5333. Kobus Horn kan help met vervoer in die Mootarea. Kontak hom gerus by 063 979 7910. GRAPJAS Koos kry werk by Telkom om telefoonpale te plant. Aan die einde van die eerste dag wil sy baas weet hoeveel pale hy geplant het. Vier. Antwoord Koos. Het jy die hele dag net vier pale geplant? skree hy. Die ander het elkeen twintig pale geplant! DIt mag so wees, antwoord Koos, glad nie beïndruk nie, maar kyk net hoe n groot gedeelte van die pale wat hulle geplant het, steek bokant die grond uit. GRATIS ADVERTENSIE GELEENTHEID JV s bied n gratis advertensiegeleentheid in 2019 aan besighede wat sou belangstel om vir die eerste keer langs die rugbyveld te adverteer. U betaal slegs vir die bord wat opgerig word. Kontak Angelo by 012 330 0440 / 082 494 5180 om te reël vir n bord. 5

STRESONTLAAIER 6

ADVERTENSIES 7

8 Vir verdere Inligting besoek www.subaru.co.za

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL John Vorster SKOOLVERLATERS GR 8-11 My/ons seun/dogter... in gr... sal beslis nie in 2019 HTS John Vorster besoek nie, omdat: (merk met n kruisie) hy/sy na n ander skool gaan. (Waar) :... hy/sy gaan werk. ID-nommer:... ander rede:... Indien u kind na n ander skool gaan, sal n oorplasingskaart op 12 Desember 2019, mits alle verpligtinge teenoor die skool afgehandel is, gereed wees. (handboeke, skoolgeld, ens.)......... Vader/Voog Datum Moeder/Voog Slegs vir kantoorgebruik: Toelatingsnommer:... Skoolgeld:... 9