Historiese Kritiek en die Ou Testament

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die wisselwerking tussen profeet en gehoor in die boek Esegiël

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

JEREM IA EN DIE WOORD IN N T YD VAN KRISIS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

n Verband tussen ontwikkelinge binne filosofiese hermeneutiek en ontwikkelinge in benaderings tot Bybelinterpretasie1

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Tariewe

Tendense in die studie van die kultuur van oraliteit: Implikasies vir die verstaan van die Matteusevangelie

G. J. du Preez

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Mandala Madness Deel 2

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Slaggate in ons eksegese as voorbereiding tot Skrifgebaseerde prediking 1. Prof. GDS Smit

SIZA takes the sting out of auditing

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

J.M. Vorster Noordwes-Universiteit

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

KLAG EN ANTW OORD. n Studie oor Probleme van Jes. 51: Vertaling en Bespreking van die Teks

Die one weier om te verdwyn

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

BOEKRESENSIES. W Vosloo, Mééras net 'n stone, NG Kerkboekhandel, Transvaal, Pretoria 1986, 270 pp. Prys R29,50.

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

AGTERGROND, PERSOONLIKHEID EN EKONOMIESE DENKE.

Waarop is sy voetstukke ingesink? - 'n Besinning oor die skepping en die big bang

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

MAKRO KONTEKS EN LITERATUUROORSIG OOR EKSEGESE

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

HOëRSKOOL PORTERVILLE

The Annals of the World, deur Larry and Marion Pierce

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

STRUKTUUR - UITLEG - BOODSKAP*

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

N EIE SUID-AFRIK A AN SE REG

Die relevansie van die boek Prediker

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

DIE BYBEL STEEDS IN DISKUSSIE: N DEKADE LATER

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Literere teorie en poesiekritiek in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Transcription:

Historiese Kritiek en die Ou Testament H. F. VAN ROOY Dept. Sem itiese Tale, P.U. vir C.H.O. A B STR A C T The issue surrounding the value o f the various historico-critical methods o f exegesis is dealt with in this article. The various m ethods (Form criticism, L iterary criticism, History o f transmission, Redaction history and Tradition history) are explicated and discussed Literary criticism deals with the written sources used fo r the compilation o f a work. Form criticism is coricemed with the form in which statem ents have been poured. History o f transmission (Uberleferungsgeschichte) looks a t the transmission o f a certain section, also within the conte x t o f the period in which it was written down. Tradition history looks at the developm ent and the run o f specific traditions, such as the exodus from Egypt. Redaction history is concerned with the redaction or editing o f a work, until it assumes its final shape. In E zekiel 29: 1-16 there is m ention o f a source, viz. the recording o f the judgm ents o f the prophet. The original judgement was in the well-known Qinaha metre, which was used especially fo r laments. Redaction history is o f special interest here, because various form s o f editing may be distinguished, through which the original prophetic judgm ent may be placed in a fram ework which changes the original prophetic judgm ent from judgm ent o f the Jews to a judgm ent over Egypt. The investigation thus points to the fact that these methods may be fruitfully applied when adapted to a more conservative view o f the Scriptures. In die beoefening van die Ou-Testamentiese wetenskap in Suid-Afrika is daar n sterk tendens om baie ernstig aandag te gee aan die teks in sy huidige vorm, ook in die eksegese. Daar word dan van teksimmanente eksegese gepraat (Deist 1973, p. 77), waarin die huidige vorm van die teks die ondersoekgebied is. Dit is n tendens wat sekerlik verwelkom moet word, ook om dat dit iets van n teenvoeter bied vir die versnippering w at gewoonlik uit die histories-kritiese metodes gevolg het. Hierdie teksimmanente benadering leun baie sterk op die Algemene Taal- en Literatuurwetenskap. Hierin word die Ou Testament as n stuk literatuur benader, m et die gepaardgaande gevaar dat die uniekheid van die Bybel daardeur in gedrang kan kom. Dit beteken egter nie dat die sogenaamde histories-kritiese benadering daarmee vaarwel toegeroep is nie. Dit speel nog n baie groot rol in die benadering van die Ou Testament van heelwat, veral jongere, Ou-Testamentici in Suid-Afrika. Koers, 46, (2) 1981 113

H. F. van R ooy Alhoewel die konserwatiewer Ou-Testamentici wcl soms sal toegee dat daar sekere pfoblem e is w at deur die historiese kritiek raakgesien en gehanteer word, is die meeste van hulle tog sterk afwysend daarteenoor. So sê V erhoef (1973, p. 48) oor die literêre kritiek dat hy nie oor die orgaan beskik om al die gewerskaf te waardeer nie. Hierdie kritiek teen die historiese m etodes hang baie nou saam m et die voorveronderstellings van hierdie metodes. Hierdie voorveronderstellings sluit die opvatting oor inspirasie in. Dit is opmerklik dat die historiese m etodes hulle ontstaan en ontwikkeling meesal in Lutherse kringe gehad het. Deist (1973, p. 78-80) onderskei effens simplisties maar tog funksioneel tussen die Lutherse en Calvinistiese Skrifbeskouings en -opvattings oor die inspirasie. Die Calviniste beskou die Bybel soos w at dit is, as die Woord van God, terwyl die Lutherane sê dat die Woord van God in die Bybel is dit m oet dus daaruit gefiltreer word. Die Calviniste maak inspirasie van toepassing op die oorspronklike openbaring en op die hele proses w at gelei het to t die finale vorm wat die Bybel het. Daarenteen maak die Lutherane die inspirasie net op die oorspronklike openbaring van toepassing. Omdat hulle besonderlik daarin belangstel, is die historiese m etodes ontwikkel om daardeur to t n rekonstruksie van die oorspronklike openbaring te kom. Die historiese kritiek sien die taak van eksegese as die rekonstruksie van daardie oorspronklike openbaring, terwyl eksegese in die Calvinistiese standpunt die taak het om die teks in sy finale vorm te verklaar. n Ander baie belangrike kritiek teen die historisme is dat die histories-kritiese metodes sonder n sogenaamde God-hipotese werk (Hasel 1972, p. 30). Die historiese m etodes soek na die krities bevestigde minimum (Von Rad 1975a, p. 108). Hierin word geskiedenis gesien as n afgeslote geheel, n reeks bestaande uit oorsake en gevolge waarin daar geen plek vir die transendente is nie (Hasel 1972, p. 84, 85; V on Rad 1975b, p. 418). Dit is miskien hieraan te w yte dat die historiese metodes onder die noem er hoër kritiek saamgevat is. Die Bybel word vanuit n kritiese hoek benader, sodat daar ook teen die inhoud van die Bybel kritiek uitgespreek word. Hierdie metodes m oet inderdaad beoordeel w ord teen die agtergrond van die filosofie w at gangbaar was toe die metodes ontw erp is. So kan die invloed van die Rasionalisme duidelik aangetoon word wanneer daar vir n ingrype van God in die geskiedenis geen ruim te gelaat word nie. Ook Hegel se filosofie met sy skema van tese-antitese-sintese het duidelik n invloed gehad. Ten opsigte van die Ou Testam ent het dit onder andere uitgeloop op die gedagte dat daar n ontwikkeling in die godsdiens van Israel moes gewees het van n meer primitiewe godsdiens to t by die monotei'sme. Op grond hiervan is die verbondsgedagte as een van die jonger ontwikkelings 114

Historiese Kritíek en die Ou Testament in die godsdiens van Israel beskou. Dat daar n verbond van God m et Abraham Daarom moes hierdie gedagtes n terugprojeksie van latere gebeure in die vroeë geskiedenis van Israel gewees het. Dit is dus ongetwyfeld so dat die ontstaan van hierdie metodes en die ontplooiing daarvan teen n bepaalde agtergrond geplaas m oet word en dat daar baie sterk beswaar daarteen aangeteken kan word deur teoloë w at aan die Bybel as die Woord van God vashou. Tog is dit ook waar dat hierdie metodes sekere wettige sake raakgesien het waarmee inderdaad rekening gehou m oet word. Dit behoort uit n kort uiteensetting van die verskillende historiese metodes duidelik te blyk. DIE LITERêRE KRITIEK Die logiese beginpunt is die literêre kritiek, w at veral by Julius Wellhausen sy beslag gekry het. Sedert Wellhausen was daar ook baie ontwikkelinge op hierdie gebied, sodat dit vandag nie meer baat om teen Wellhausen te velde te trek nie. Tog bied sy sieninge n goeie beginpunt, om dat van die latere eksponente so in besonderhede opgegaan het dat die Ou-Testamentiese dokum ente heeltemal versplinter geraak het. Ten opsigte van die eerste vyf boeke van die Ou Testam ent (Genesis to t Deuteronom ium ) het hy vier bronne onderskei. Dit is die tipiese van die literêre kritiek dat dit agter die huidige gestalte van n Ou-Testam entiese geskrif bronne soek. Hierdie bronne van die eerste vyf boeke word gewoonlik aangedui as J, E, D en P. J is die Jahwistiese bron, E die Elohistiese, D die Deuteronom iese en P die Priesterkodeks. Die onderskeid tussen die eerste twee bronne hang in n mate saam met die gebruik van die Godsname 'fahwe en Elohim. Die Deuteronomiese hou verband met Deuteronomium, en die Priesterkodeks omvat die voorskrifte in verband m et die tabernakel, die priesterdiens en verwante sake. Die J-bron is die oudste, en daam a volg E. Hulle w ord beide voor die ballingskap gedateer en so ook die derde bron, D. D word verbind m et die w etboek w at in die tyd van koning Josia in die tempel gevind is, dit wil sê in die tweede helfte van die sewende eeu v.c. P dateer egtet uit die tyd na die ballingskap, teen die vyfde eeu v.c. Daarin het die Ou-Testamentiese godsdiens die hoogtepunt van sy ontwikkeling bereik. Alhoewel daar wettige kritiek teen hierdie soort evolusionistiese benadering ingebring kan word, is die opvatting betreffende bronne nie te kritiseer nie. Wie aan n organiese inspirasie vashou, kan nie by die skrywer van n boek verbykyk nie. Selfs al het Moses die eerste vyf boeke geskryf, moes hy tog sy 115

H. F. van Rooy gegewens oor bv. Abraham van vyf, ses eeue voor hom êrens vandaan gekry het, om nie eers van die gegewens oor die skepping en vroeë figure soos Noag te praat nie. Hy sou dus van bronne gebruik moes maak, en om daarna te vra is sekerlik n wettige vraag w at op die terrein van die Besondere Kanoniek lê. VORM KRITIEK Die m etode w at histories besien na die literêre kritiek ontwikkel het, is die vorm kritiek (Formgeschichte). Hier was Hermann Gunkel die baanbreker. Hy w ou selfs by die bronne verbybeweeg na die oorspronklike gedeeltes w at van die bronne ten grondslag gelê het. Veral het hy gelet op die literêre vorme (genre, G attung) w aarin daardie oorspronklike gedeeltes gegiet is. In daardie oorspronklike gedeeltes was daar baie konsekwentheid ten opsigte van die verskillende vorme. So was daar spoedig vaste vorme vir n triom flied na n oorwinning, vir klaagliedere, vir koningsliedere, vir historiese verhale en so meer (Van Zyl 1972, p. 152). So was daar n verband tussen die literêre vorm en die ontstaansplek daarvan in die lewe van die volk. Dit word gewoonlik die Sitz im Leben genoem. Wie dus n sekere vorm kan herken, weet al baie oor die ontstaansituasie van die betrokke gedeelte. Deur hierdie m etode kan ook onderskei word w at tipies Israelities is en w at nie (Deist 1976, p. 72). Alhoewel oor hierdie m etode positiewer geoordeel word (Verhoef 1973, p. 51), is dit tog nie sonder gevare nie. Hierdeur kan die Bybel nog verder versnipper word, sodat n boek as n versameling los vorme gesien w ord en nie as n eenheid nie. Tog kan die belang van vorme nie ontken word nie, en dit kan inderdaad belangrike lig op gedeeltes van die Bybel, selfs hele boeke, werp w at vir die Eksegese baie vrugbaar kan wees. OORLEWINGS- EN TRADISIEGESKIEDENIS Twee verskillende metodes w at dikwels nie goed onderskei w ord nie, is die oorleweringsgeskiedenis (Uberlieferungsgeschichte) en tradisiegeskiedenis (Traditionsgeschichte). Oorleweringsgeskiedenis wil verder teruggaan as die vormkritieke, en daarin word gewoonlik baie klem op die mondelinge oorlewering gelê. Baie gedeeltes van die Ou Testam ent (soos bv. die profetiese uitsprake) is mondeling gelewer en deur mondelinge oorlewering bewaar to td at dit op die ou end op skrif gestel is. Die oorleweringsgeskiedenis wil hierdie mondelinge oorle- weringsfase van n verhaal of uitspraak ondersoek. Tradisiegeskiedenis kyk weer na die geskiedenis van n sekere tradisie, n sekere gedagte, deur die hele omvang 116

Historiese Kritiek en die Ou Testament van die literatuur, skriftelik en mondeling (Deist 1976, p. 144 n., 81). So n tradisie is byvoorbeeld die eksodusmotief of die verbondsluiting by Sinai. Hierdie gedagte word dan oor die hele spektrum van die Ou Testament ondersoek. Dit is die metode wat baie sterk by Von Rad leef. Veral die oorleweringsgeskiedenis is baie hipoteties en daarom vir misbruik vatbaar. Wie aan die gesag van die Woord in sy huidige vorm vashou, het inderdaad nie veel begeerte om horn hierin te begewe nie, en tog kan dit in sekere gevalle met groot nut gebruik word. REDAKSIEGESKIEDENIS In die bogenoemde metodes is die groot leemte dat die eenheid van die Bybclboeke heeltemal uit die oog verloor word. Daar word gekonsentreer op bronne, op literêre vorme, op die mondelinge en skriftelike oorlewering van kleiner eenhede en op die ontwikkeling en samehang van tradisies. Hierop is die redaksiegeskiedenis in n sekere mate n korrektief. Dit wil let op die verwerking van die stof tot n boek en die finale uitgewer van die boek. Die bydrae van die verwerkers, die skrywers eerder, kom so meer tot hulle reg. Die skrywers van die historiese bocke het nie maar alle feite wat hulle geken het, weergegee nie. Steeds wou hulle vanuit n sekere hoek die geskiedenis benader, en dit het ongetwyfeld in hulle keuse van die stof n rol gespeel. So moet ook die eie bydrae van elke skrywer raakgesien word. Alhoewel die wyse waarop hierdie metodes deur die kritiese teoloë gebruik is, om prinsipiële redes nie nagevolg kan word nie, is dit waar dat hulle sekere wettige terreine van ondersoek aangedui het. Dit mag nie verabsolutecr word, asof hierdie metodes objektiewe, wetenskaplike eksegese waarborg nie. So iets is daar nie. Skrifbeskouing speel n geweldige rol in sowel die keuse as die hantering van metodes en bepaal so ook die resultate. Tog kan die ondersoekterreine wat die historiese metodes blootgelê het, met vrug ten dienste van die eksegese gebruik word. TOEPASSING VAN DIE METODES OP ESEGIEL 29:1-16 Om dit prakties te illustrecr word Esegiël 29:1-16 aan die hand van die metodes benader. Wanneer die metodes toegepas word, word dit wel gedoen met n heel ander uitgangspunt as die wat vir die kritiese teoloe geld. Die gcsaghcbbcndc karakter van die Bybel as die geopenbaarde Woord van God word ten voile geeerbiedig, en die werk van God in die geskiedenis word ten voile erken. Hierdie 117

H. F. van Rooy uitgangspunt m oet by die toepassing van hierdie metodes sy invloed laat geld. Ten opsigte van Esegiël self en die totstandkom ing van sy boek is daar ook baie standpunte, en dit is nie m oontlik om hier volledig op alles w at daarmee verband hou, in te gaan nie. Daarvoor kan die werke van Taylor(1969, p. 13-51), Harrison (1970, p. 822-55) en uit n effens ander hoek Cooke (1970, p. xv i i- x iv i i) geraadpleeg word. Dit is wel duidelik dat die boek n sekere geskiedenis moes deurgemaak het voordat dit sy huidige vorm bereik het. Daar het volgens die datum s w at in die boek self gegee word, n periode van ongeveer 22 jaar verloop tussen die jongste en oudste profetiese uitsprake in die boek. Hoe die datum s presies gei'nterpreteer m oet word, is wel iets van n problem atiese saak. Smit (1965) h et die datum s rakende die val van Jerusalem goed bespreek en plaas die val van Jerusalem in 586 v.c. Taylor (1969) plaas dit weer in 587 v.c. In elk geval het Esegiël se profetiese werksaamheid het ses jaar voor die val van Jerusalem begin en aangehou to t sestien jaar daarna, dus n tydperk van twee en twintig jaar. Dt is logies dat die boek sy huidige vorm aangeneem het nadat die profeet sy laaste uitspraak gelewer het. Indien n mens sou aanvaar dat die profeet self vir die boek in sy huidige vorm verantwoordelik is, moes daar in elk geval nog steeds n periode van meer as twee en twintig jaar verloop het vanaf sy eerste optrede to td a t die boek saamgestel is. n Ander m oontlikheid is dat een van sy leerlinge die boek saamgestel het. Die periode kon dan n bietjie langer gewees het, maar daar is geen dringende noodsaaklikheid om die samestelling van die boek aan die begin van die volgende eeu te dateer, soos May (1956, p. 43) doen nie. In die periode van meer as twintig jaar kon die oorspronklike stof inderdaad aangepas o f uitgebrei gewees h et om by veranderde om standighede aan te pas o f om die betekenis duideliker na vore te bring. Dit is ook duidelik dat die inhoud van die boek logies en in n hoë m ate chronologies gerangskik is. Hierdie proses waardeur die stof gegaan het, open die m oontlikheid dat die historiese metodes belangrike resultate kan lewer. Die gesaghebbendheid van die stof bly natuurlik dwarsdeur die hele proses gehandhaaf. BRONNE Die literêre kritiek stel belang in m oontlike bronne w at aan die boek ten grondslag lê. Hier sou as bron kon geld die opgetekende uitsprake van Esegiël opgeteken deur hom self o f deur iemand w at nou aan hom verbonde was. Hierdie uitsprake kon voorlopig versamel en m et verloop van tyd aangevul gewees het deur latere uitsprake, en hierdie versameling het dan as grondslag gedien vir die 118

Historiese Kritiek en die Ou Testament finale samesteller van die boek of dit nou Esegiël self was of iemand w at aan hom verbonde was. Wat presies in die bron gestaan het, kan moeilik bepaal word, alhoewel dit ten opsigte van Esegiël 29 noukeuriger bepaal kan word, soos die verdere argumentasie sal aandui. Die vormkritiek soek na die oorspronklike vorme, in die geval van Esegiël 29:1-16 die vorm van die oorspronklike profetiese uitspraak van Esegiël gerig aan die ballinge op die twaalfde dag van die tiende maand van die tiende jaar van die ballingskap van Jojagin. Hier moet die teks self die aanduiding gee. So is dit duidelik dat in vers 1 to t aan die begin van vers 3 n inleidingsformule gegee word waarin die uitspraak gedateer word en die opdrag van die Here aan Esegiël gegee word. Die res van die gedeelte kan in sy huidige vorm in drie dele verdeel word (3-7; 8-12 en 13-16), wat aldrie met n vaste refrein so sê die Here Jahwe begin. Daar kan aanvaar word dat die vaste refrein met die finale verwerking deel van die geheel geword het. Alhoewel die geheel van vers 3 to t 16 as n gedig m et drie strofes beskou kan word (Van Rooy 1981) is dit duidelik dat die strofe 3=7 n taamlik konsekwente m etrum vertoon, terwyl die ander twee strofes dit nie vertoon nie. Vir die vorm kritiek is dit n belangrike aanduiding ten opsigte van die oorspronklike gedeelte. Verder word daar in die eerste strofe (3-7) twee uitdrukkings aangetref wat telkens elders in die boek voorkom. Dit is die uitspraak Kyk, Ek het dit teen jou.... in vers 3 en sodat al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek Jahwe is. May (1956, p. 50,51) onderskei meer as vyftig uitdrukkings wat telkens in die boek voorkom en wat sowel deur verspreiding as gebruik waarskynlik deel uitmaak van die stof w at met die finale samestelling deel van die boek geword het. Gevolglik kan die twee uitsprake en ook die res van vers 6 en vers 7, w at by die uitspraak aan die begin van 6 aansluit, nie deel van die oorspronklike uitspraak wees nie. Die metrum van die gedeelte is nie heeltemal konsekwent nie. Aan die begin vertoon die gedig n taamlik vaste patroon, maar algaande word daarvan afgewyk. n Hebreeuse vers bestaan normaalweg uit twee en soms uit drie bene, en om die metrum te bepaal word normaalweg slegs die aantal beklemtoonde lettergrepe in elke been bepaal. n Vers met n 4:4-m etrum bestaan dus uit twee bene w at elk vier beklemtoonde lettergrepe het. Benewens n 4:4-m etrum is ander gewilde patrone 2:2, 3:2, 3:3 en 4:3. Dikwels kom daar in n gedig nie n vaste skema voor nie, alhoewel daar gewoonlik n oorheersende een is. Die 3:2-metrum word dikwels in klaagliedere gebruik, soos byvoorbeeld in n groot deel van die boek Klaagliedere. Hierdie 1. Dit word voorgestel in n artikel wat in die 1981-uitgawe van die tydskrif Semitics gepubliseer sal word. 119

H. F. van Rooy 3:2-m etrum kom duidelik na vorc in veral die ecrste deel van hierdie gedig, en dit is inderdaad m oontlik om n (hipotetiese) oorspronklike uitspraak te rekonstrueer w at as geheel hierdie me trie se patroon vertoon. Dit sien in die Hebreeuse konsonantteks soos volg daaruit: htnm hgdwl hrbj Sr mr ly y ry n tty hhym bl iýyk whclytyk m tw k y ryk c l-pny hs'dh tpwl w ydcw kl-ysby msrym btwk y ryw; ny csytyw w hdbqty bqsq&tyk wntstyk hym dbrh 1 t sp wl tqbs ky ny yhwh Dit is n kort klaaglied bestaande uit ses verse m et n konsekwente metriese patroon. In Afrikaans vertaal, is die klaaglied soos volg: Die groot draak w at lê te midde van sy Nylstrome w at sê: My Nyl is my ne, ekself h et dit gemaak Ek sal hake in jou kake gee en Ek sal dit aan jou skubbe laat kleef. Ek sal jou uit jou Nylstrome laat uitkom en jou in die woestyn wegwerp. Op die veld sal jy val. Jy sal nie bymekaargemaak o f versamel w ord nie Daama sal al die inwoners van Egipte w eet dat Ek Jahwe is. Dit is dus n aankondiging van oordeel w at in die vorm van n klaaglied gegiet is. Wat natuurlik in gedagte gehou m oet word, is dat hierdie uitspraak nie to t die Egiptenare of die Egiptiese farao gerig was nie maar to t die ballinge in Babilonië. Hierdie ballinge was mense w at deur Nebukadnesar saam m et Jojagin uit Jerusalem weggevoer is. Met daardie eerste inname van Jerusalem deur Nebukadnesar is die stad self egter nie verwoes nie (II Kon. 24:8-17 kyk ook Smit 1965, p. 33-7). Esegiël was self een van die ballinge w at toe weggevoer is. Die vem aam ste begeerte van daardie ballinge was sekerlik om na hulle land terug te keer. In Jerusalem is Sedekia, Jojagin se oom, as koning aangestel. In Sedekia se negende jaar het hy blykbaar m et die farao van Egipte saamgesweer en teen Nebukadneser gerebelleer. In die tiende jaar van Sedekia het die farao na Jerusalem opgetrek om Sedekia te hulp te kom, en as gevolg daarvan is die beleg selfs tydelik opgehef. Dit was egter maar net tydelik, en daam a is die beleg voortgesit to td at die stad ingeneem en verwoes is. In die opstand teen Nebukadnesar is daar dus op Egipte vertrou. Volgens die datering van hierdie uitspraak van Esegiël is die woorde oor Egipte uitgespreek nadat die beleg 120

Historiese kritiek en die Ou Testament van Jerusalem begin het maar voordat die stad ingeneem en verwoes is (Smit 1965, p. 92-3). Die ballinge het sekerlik in die hoop op Egipte gedeel. Terwyl hulle dus op Egipte hoop om uit die ballingskap verlos te word, kom sing Esegiël n klaaglied oor Egipte. Die implikasies hiervan moes vir die oorspronklike hoorders so duidelik gewees het dat dit nie vir Esegiël nodig was om te sê waarom hy die klaaglied sing en wat die beeldspraak alles beteken nie. Die ballinge hoop op Egipte en Esegiël sing n klaaglied oor Egipte. Deur gebruikmaking van hierdie vorm is die valse hoop van die ballinge duidelik aangetoon. In hierdie gedeelte sal oorleweringsgeskiedenis nie veel resultate lewer nie, aangesien redelikerwys aanvaar kan word dat hierdie uitspraak spoedig opgeteken is. Die tradisiegeskiedenis is van meer belang, om dat die saak van valse vertroue op Egipte van die kant van Juda meermale voorgekom het. So was dit ook in die tyd van Hiskia, soos in Jesaja 36 gesien kan word. Vertroue op heidense nasies is meermale baie streng bestraf. Ook Sedekia, wat in Jerusalem op die troon was toe Esegiël in Babilonië opgetree het, het op Egiptiese hulp teen Nebukanesar gehoop. Jeremia, n ouer tydgenoot van Esegiël, het in Jerusalem geprofeteer dat hierdie hulp van geen nut sal wees nie (Jeremia 37:7,8). Die redaksiegeskiedenis van hierdie gedeelte bied ook belangrike gegewens. Dit is duidelik dat die oorspronklike kort orakel algaande uitgebrei is om op die ou end sy huidige vorm en plek in die boek van Esegiël te kry. In die redaksionele verwerking kan daar vier stadiums onderskei word, wat nie noodwendig op verskillende tye geplaas moet word nie. (Hier sal dit gerieflik wees om die oorspronklike orakel soos bo gegee voortdurend m et n vertaling van die gedeeltes te vergelyk.) Eerstens is die oorspronklike orakel self deur sekere byvoegings aangevul, veral in vers 4 en 5. Daardeur word die oordeel uitgebrei na die hofdienare en volgelinge van Farao, die vissies w at aan sy skubbe kleef en w at saam m et die groot krokodil in die woestyn weggewerp sal word. Tweedens is daar deur nog n m etafoor (in vers 6 en 7) n verduideliking gegee waarom die klaaglied oor Farao gesing is. Vir die oorspronklike hoorders was dit duidelik sonder die byvoeging dat Egipte vir Israel n rietstok is, dit wil sê n swak bron van hulp. Tradisie-histories kan hierdie byvoeging verbind word aan die uitspraak van die Assiriese offisier in Jesaja 37, waar Egipte n geknakte rietstok genoem word. 121

H. F. van Rooy Derdens is die gedeeltes van vers 8-12 en 13-16 bygevoegom die twee metafore oor die groot krokodil en die rietstok te verduidelik. Hierdeur word eksplisiet gesê w at implisiet deur die metafore uitgebeeld is. Vierdens kom die finale vasstelling van die gedeelte. Daarmee hang saam die datering van die uitspraak en die redaksionele gedeeltes in vers 1-3, 6, 8, 9, 13 en aan die einde van vers 16. Onmiddellik daarna word dan n ander uitspraak van Esegiel geplaas (vers 17-21) waarin uitgespel word dat hierdie oordeel oor Egipte dear Nebukadnesar voltrek sou word. Veral belangrik in die finale verwerking van die gedeelte is die uitspraak in vers 6, 9 en 16 dat die hele Egipte sal w eet dat God die HERE is. In die finale gedig word hierdie drie frases besonder beklem toon, en hulle vorm eintlik die kernpunt van die hele gedeelte. Daardeur kom daar egter iets van n verandering in die betekenis van die hele gedeelte. Aanvanklik is die oorspronklike uitspraak gemaak om die valse hoop van die ballinge in Babilonië uit te wys. Met die finale samestelling van die boek was dit nie meer nodig nie, want Jerusalem is klaar vernietig, en dit was vir almal duidelik dat die verwagting van die ballinge om na Jerusalem terug te keer voor die verwoesting vals was. Na die vernietiging van Jerusalem het Esegiël nie meer die oordeel verkondig nie soos in die eerste vier en twintig hoofstukke van sy boek opgeteken maar n boodskap van hoop gebring. Dit word gedra deur die oortuiging dat die Here Koning van die hele wêreld is. In die finale vorm van die gedig in Esegiël 29:1-16 spreek hierdie oortuiging duidelik. Tot selfs Egipte sou dit moes erken. Ook Egipte kom onder die oordeel, juis om dat Egipte vir Israel n bron van valse vertroue was. Uit hierdie bespreking is dit duidelik dat die sogenaamde historiese metodes tog m et vrug gebruik kan word om agtergrond te verskaf w aarteen n gedeelte beter bestudeer kan word om so die boodskap daarvan duidelik te laat spreek, ook vir vandag. BIBLIOGRAFIE COOKE, G.A. 1970. DEIST, F.E. 1973. HARRISON, R. K. 1970. HASEL, G. 1972. The Book of Ezekiel. Edenburgh: T. & T. Clark. Ou Testamentiese eksegese en Algemene Literatuurwetenskap. (In Nederduits Gereformeerde Teologiese T yd skrif 14 (1): 75-81). - 1976. Mosaiek van Moses. Kaapstad: Tafeiberg. Introduction to the Old Testament. London: Tyndale. Old Testament Theology: Basic issues in the current debate. Grand Rapids: Eerdmans. 122

Historiese kritiek en die Ou Testament MAY, H.G. 1956. SMIT, E. J. 1965. TAYLOR, J. B. 1969. VANROOY, H. F. 1981. VANZYL, A. H. 1972. VERHOEF, P. A. VON RAD, G. 1975 a. 1975 b. EzekieL (In The Interpreter s Bible 6. New York: Abingdon). Die ondergang van die ryk van Juda. Proefskrif, VU, Amsterdam. EzekieL London: Tyndale. Parallelism, metre and rhetoric in Ezekiel 29:1-16. Voordrag, Semitics-kongres, 1980 (Publikasie in Semitics 1981 afgewag.) Literere vorme en Eksegese. Nederduits-Gereform eerde teologiese ty d skrifni3(3)-. 149-59. Metodiek van die Eksegese. Kaapstad: NG Kerkuitgewers. Old Testament Theology 1. London: SCM. Old Testament Theology 2. London: SCM 123