Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Similar documents
Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

14 Loffienuus 19 Augustus 2015 LOFFIENUUS. Webblad:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Tariewe

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

SIZA takes the sting out of auditing

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant


Edgehog

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Tariewe

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Hoe om krag te spaar

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

INSKRYWINGSVORM

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

Geagte Ouers / Voogde en Florries

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Mosselbaai Munisipaliteit

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Sterdansers by Vensters.

make your dream a reality

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Transcription:

LOFFIENUUS Nuusbrief 3/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is gelofte@gelofte.co.za. Ons ondervinding is dat ouers dikwels n ander perspektief op n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 7 MAART WINTERSPORT AANDREEKS FINAAL 8 MAART SKAAKTOERNOOI 15 MAART NETBALDANS 24-28 MAART PRIMÊRE NETBALTOER 27 MAART KASKAR 28 MAART SUBSIDIEAANSOEKE SLUIT 28 MAART SKOOL SLUIT VIR APRILVAKANSIE OM 11:00 3. WYSIGINGS OP DIE KALENDER Weens bepaalde omstandighede is ons genoodsaak om die volgende wysigings aan te bring aan die kalender: Graad 6 kamp Primêre interskole atletiek Tru Life (Graad 8-12) Restaurantaand Verskuif van 4 Maart na 8 April Verskuif vanaf 6 September na 13 September Verskuif vanaf 29 Mei na 30 Mei Verskuif vanaf 19 Februarie na 20 Februarie (Koste: R80 per persoon) 4. ONTGROENING/ORIËNTERING Daar bestaan wyd uiteenlopende opinies oor die gebruik om graad 8 leerders asook nuwelinge in sportspanne te ontgroen of te oriënteer. Hierdie gebruik word ten sterkste deur die onderwysdepartement verbied en sou n kind in die proses iets oorkom kan wetlike stappe teen die betrokkenes geneem word. Ons glo in elk geval dat die praktyk in die verlede hoort en nie plek het in n moderne en beskaafde samelewing nie.

5. ALEXANDER FORBES Dit gebeur jaarliks dat leerders seerkry by die skool of tydens sportwedstryde en dat mediese hulp benodig word. Die skool se versekering dek nie hierdie uitgawes nie. Daar is egter baie goedkoop mediese dekking beskikking deur Alexander Forbes. Skakel die ontvangskantoor by die skool vir meer inligting. 6. TOERE EN UITSTAPPIES DEUR OUERS GEREËL Dit word soms onder ons aandag gebring dat ouers self inisiatief neem om uitstappies en/of toere vir sportspanne te reël. Ons wys u graag daarop dat die skool geen verantwoordelikheid kan aanvaar indien dinge sou skeefloop op sodanige uitstappies/toere nie. Die skool moet volgens departementele regulasie aansoek doen by die KZNDO vir toestemming om enige uitstappie/toer te onderneem. Ons het geen ander keuse as om te beklemtoon dat ons ons distansieer van enige uitstappie/toer wat nie deur die skool gereël is nie en waarvoor daar dus nie vooraf toestemming verkry is by die KZNDO nie. 7. VERKEERSVLOEI BY SKOOL EN PUNTDIENS Ons het begrip vir die frustrasie wat u ervaar ten opsigte van die stadige verkeersvloei wanneer u kinders op- of aflaai. U kan verseker wees dat ons oor jare al etlike pogings aangewend het om die probleem aan te spreek. Die feit dat die skool geleë is reg langs n baie besige hoofstraat maak dit egter moeilik. Ons skakel gereeld met die verkeersowerhede wanneer die robotte nie gesinchroniseer is nie. Let asseblief ook daarop dat die verkeersdepartement nie bereid is om n verkeersbeampte op puntdiens te plaas by die robot nie. Ons het al ouers sowel as van ons personeel gebruik om verkeer te reguleer. Hulle is egter so gevloek deur sommige ouers dat ons hulle weer onttrek het. 8. INTERNE REDENAARS Baie geluk aan die volgende Loffies wat aangewys is as wenners van die onderskeie afdelings in die graad 3-7 interne redenaarskompetisie: Graad 3 Wenner: Mia Zwanepoel Tweede plek: Esmalien van Dyk Derde plek: Ruben Potgieter Graad 4-5 Wenner: Charlize van Staden Tweede plek: Elsje Steenekamp Derde plek: Miné Nel Graad 6-7 Wenner: Lehanke Swarts Tweede plek: Christelle Koetsier Derde plek: Tian Nothnagel Dit was vir almal wat bygewoon het n vreugde om na sulke puik sprekers te luister. 9. VLR BESTUUR Baie geluk aan die volgende Loffies wat verkies is as bestuur van die VLR: President: Jeané Rieckert Vise-president: Ivan Bekker Sekretaresse: Bernelee Kok Tesourier: Felie Torlage Ons vertrou dat julle n sinvolle bydra sal lewer in jul onderskeie rolle en die Loffies effektief sal verteenwoordig.

10. SAAMRYGELEENTHEDE Ons is op soek na n saamrygeleentheid in die middae, vanaf die skool na Westville, vir n graad 2 dogter. Laat weet asseblief na gelofte@gelofte.co.za indien u kan help. Ons is dringend op soek na n saamrygeleentheid direk na skool vanaf die skool na die Pinelands tennisbane vir n graad 8 en 9 leerder. 11. KOM ONS BESIN OOR ONS PRIORITEITE Hoe kan jy kla omdat jy nie die iphone 5S het nie? Daar is miljoene mense in die wêreld met regte probleme. 12. PITKOS: DIENSBAARHEID GOEIE NUUS Nadat Roberto de Vincenzo n gholftoernooi gewen het, het n vrou hom voorgekeer. Sy het hom gelukgewens met sy oorwinning en sê toe vir hom haar kind is ernstig siek en lê op sterwe. Sy weet nie hoe sy die mediese onkoste gaan betaal nie. De Vincenzo het daar en dan sy wentjek vir haar gegee. Maak die lewe makliker vir jou baba, het hy gesê terwyl hy die tjek vir haar gee. Die volgende week het hy by n buiteklub geëet toe een van die beamptes na hom toe kom. Van die mense wat in die parkeerterrein diens doen, het verlede week gesien hoe n vrou met jou praat na jy die toernooi gewen het. De Vincenzo het geknik. Wel, sê die beampte, ek het nuus vir jou. Sy is n kansvatter. Sy het nie n siek baba nie. Sy is nie eers getroud nie. Sy het jou bedrieg. Jy bedoel daar is nie n sterwende baba nie? het De Vincenzo gevra. Dis reg. het die beampte gesê. Dis die beste nuus wat ek die hele week gehad het. Het De Vincenzo geantwoord.

13. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na http://www.school-communicator.com/download.php en volg die stappe. Sien ook die aangehegte dokument. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON. 14. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Caylin Padmore, Diné van der Merwe, Nikita Bunce, CJ Olivier, Makayla Wessels, Olga Hougaard, Kaylin Parsad, Jayden Seach, Nedine Saunders, Richard du Toit, Johan Kriek, Kaylee Smith, Denham Watkins, Zander van der Westhuizen, Danie van Huizen, Westley Meiring, Wonderboy Ndwandwe, Danielle van der Bank. 15. PRESTEERDERS Baie geluk aan Jan-Harm Botha wat tydens die onlangse Suid-Afrikaanse karatekampioenskappe n derde plek verower het in sy kategorie. Ons is trots op jou Jan-Harm. 16. WERKSGELEENTHEID Daar is n administratiewe pos vir n jong dame beskikbaar. Matriek is n vereiste. Kontak vir Anton by 082 8099 466. 17. SKOOLFONDS Ons herinner u graag daaraan dat die eerste R500 van 2014 se skoolgeld teen 31 Januarie betaal moes word. Ons herinner u ook weer daaraan dat leerders waarvan die volle skoolgeld vir 2014 teen 31 Maart 2014 betaal word, kwalifiseer vir 6,5% afslag op hul skoolgeld. Indien u meer as een kind in Gelofte het moet die ander kinders se skoolgeld op datum betaal wees indien u slegs een kind se skoolgeld ten volle betaal. Ons wys u laastens daarop dat alle leerders n minimum van R1 000 skoolgeld moet betaal al kwalifiseer hulle op welke wyse ookal vir afslag van een of ander vorm. 18. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat u die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig: Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance1@gelofte.co.za Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance2@gelofte.co.za Daleen Coetzee Administratiewe navrae gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Afwesigheid van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 19. E-POS Ons het reeds n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Hierdie kopie sal die laaste harde kopie wees wat u ontvang. Indien u nog nie n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys

plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe. 20. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569 Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. KOMMENTAAR: HANDTEKENING KONTAKNOMMER TERUGSTUURSTROKIE: HARDE KOPIE VAN LOFFIENUUS NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES SALON BEAUT E 74 MANORS RD, PINETOWN OPENING PROMOTION FEBRUARY 2014 AND MARCH 2014 15% DISCOUNT ON ALL FACIALS AND WAXING CONTACT PERSON: HILDA FOURIE TEL 082 330 5659 E-MAIL ADDRESS: Pinetown.lossman@saps.gov.za