MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

BenguFarm Bestelvorm

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SIZA takes the sting out of auditing

Mandala Madness Deel 2

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Tariewe

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

Finansieel Gesproke 1

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Rut: n Liefdes Verhaal

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Die toerismebedryf is hard hierdeur getref, selfs voordat die eerste fluitjie geblaas het.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

LANDBOU EN AFRIKA : BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Edgehog

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

PLAASGEWELD: EFFEK OP DIE LANDBOU-INDUSTRIE (Notas vir Kiewiet Ferreira tydens die Misdaadsimposium in Bloemfontein op 7 Maart 2007)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

Investigating the use of Automated Valuation Models (AVMs) in the South African commercial property market

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

Aanpassing in die uitgewersbedryf: Die geval van NB-Uitgewers rondom die millenniumwending 1

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

PRESENT APOLOGY MINUTES

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

LINK MERINO S & Louw Broers

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ONTDEK SANTAM Jaarverslag

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Transcription:

PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute advice. Although the utmost care has been taken in the research and preparation of this document, no responsibility can be taken for actions taken on information in this newsletter. Should you require further information, please consult an adviser for a personalised opinion.

Weeklikse oorsig 4 April 2014 JSE Dit was n moeilike week vir tegnologie aandele wat op n slegte noot geëindig het na hewige verkope aandeelpryse onder druk geplaas het. Facebook, Google en Naspers het veral deurgeloop. Internasionale markte het die week sterk begin, maar effens gemeng geëindig. Die JSE Indeks van Alle Aandele het met byna 1% gestyg met mynbouaandele wat uitgeblink en n styging van 2.5% getoon het. Die Goud Indeks het teruggeveg met n styging van 1%, terwyl Industriële aandele met 0.8% en Finansiële aandele met byna 1% gestyg het. Die Rand het sy 3-maande hoogtepunt gehandhaaf en verhandel teen R10.57 teen die Amerikaanse dollar, Goud het $10 verhoog in prys en verhandel teen $1303 per ons en Brent ru-olie verhandel effens laer teen $107 per vat. Die Dow Jones het goed gevaar en met 0.5% gestyg, maar die Nasdaq het die week met byna 1% laer afgesluit na die kwaai daling Vrydag in tegnologie aandele.. Die Nikkei in Japan het weereens met byna 3% gestyg, terwyl die Hang Seng in Hong Kong sy onlangse tendens voortgeset het en met 2% hoër gesluit het. Die Europese markte het goed presteer met die FTSE wat met 1.5% gestyg het en die Dax het die week afgesluit met n styging van 1%. Aandeel van die week: Combined Motor Holdings Ltd Combined Motor Holdings Ltd is n vooraanstaande Suid-Afrikaanse motorhandelaars groep. Die maatskappy is sedert 1987 op die JSE genoteer. CMH verteenwoordig n groot aantal van hoogs erkende handelsmerk handelaars regoor Suid-Afrika en poog om verbruikers by te staan met al hul motor- en marienevereistes. Die handelaars sluit die volgende in: -Volvo - Kia - Ford / Mazda - Peugeot - Toyota - Volkswagen - Jaguar - Honda Die maatskappy bestaan ook uit n paar goed gevestigde handelsmerke, naamlik: Carshop, First Car Rental, CMH Finance, CMH Green, Boatshop and Bikeshop, Bonerts, NWE suppliers, BRP and Investment Cars.

Maatskappystruktuur:

FINANSIËLE UITSLAE: Ses maande geëindig 31 Augustus 2013 Verdienste vir die eerste ses maande geëindig 31 Augustus 2013 is opgestoot met 42% na 79c per aandeel danksy n toename in die verkoop van nuwe en tweedehandse voertuie. Inkomste het met 17% gestyg na R5bn en die bedryfsmarge het toegeneem van 2.2% na n stewige 2.8%. Die maatskappy het hooflunverdienste van R86m getoon en n bruto tussentydse dividend verklaar van 28 sent. Die motorhandelaarsafdeling dra steeds die grootste gedeelte by tot die inkomste en het n 9% toename in die verkope van nuwe voertuie behaal. Die verkoop van tweedehandse voertuie het met 8% toegeneem en motorverhuring het ook n toename ervaar in die bedryfswinsmarge, grootliks danksy n verhoging in die gemiddelde daaglikse verhurings. Die mariene- en ontspanningsafdelings het die laaste kleinhandelswinkel verkoop in Junie en sal dus fokus op die groothandelbedryf. Aandeel prestasie

Aanbeveling CMH is n eersteklas motorhandelaarsgroep met n uitstekende kombinasie van handelaars en handelsmerke. Die onlangse verswakking in die Rand, sowel as die verandering in rentekoerse vooruitsigte, gaan n moontlike impak hê op toekomstige verkope. Stygende invoerkostes gaan die pryse van voertuie opstoot wat die getalle in verkope kan verminder en dit kan winsmarges laat afneem. CMH kan wel voordeel trek uit die tweedehandse sektor waar hul wel n toename in verkope kan ervaar soos die vraag vir tweedehandse voertuie toeneem. Die maatskappy het n goeie geskiedenis om aan te pas in moeilike tye en selfs in resessies, maar CMH is n tipiese sikliese aandeel wat onderpresteer wanneer die verbruiker onder druk geplaas word. Die hoeveelheid nuwe voertuie wat in Suid-Afrika verkoop is van Januarie tot Maart 2014 het reeds n afname getoon en daar is geen manier hoe CMH die tendens kan vryspring nie. PASSENGER SALES YEAR SALES Total Sales March 2014 36798 Total Sales March 2013 37612 Total Sales February 2014 34413 Total Sales February 2013 36430 Total Sales January-March 2014 109237 Total Sales January-March 2013 114960 Soos gesien kan word in die nuutste verkope van passasiervoertuie is die industrie onder druk. CMH verhandel op n lae PV van 6.6, n hoë dividendopbrengs van 5.5% en verdienste vir die jaar sal steeds sterk wees, maar dié volgende jaar kan moontlik n moeilike jaar wees. Dit is n goeie maatskappy, maar as gevolg van die huidige toestande in die ekonomie stel ons voor dat die aandeel VERMY word. PSG Menlyn Tel: +27 (12) 368 1778, Fax: +27 (12) 368 1770 PO Box 118, Newlands, Pretoria, 0049 Marius Cornelissen Portfolio manager mariusc@psg.co.za Magdeleen Cornelissen Financial planner magdeleen.cornelissen@psg.co.za Ben Fraser Financial advisor ben.fraser@psg.co.za Gerda Potgieter Administrative assistant gerda.potgieter@psg.co.za Mariska Blom PSG Menlyn Administrative assistant Client administration Mariska.blom@psg.co.za menlyn@psg.co.za