Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Direkte en indirekte rede *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Mandala Madness Deel 2

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Kerssangdiens. SA Gemeente

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig?

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Tjaart van der Walt: slaaf van Christus δοῦλος Χριστοῦ

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

24. TEOLOGIESE SKOOL EN OPLEIDING 24. THEOLOGICAL SCHOOL AND TRAINING

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Tariewe

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

1 VROUE AFWESIG IN DEBAT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Lydenstyd en Paasfees

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Sterdansers by Vensters.

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

J.M. Vorster Noordwes-Universiteit

19. Kerkargief en -museum

Dialoog en paragrawe *

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

Transcription:

Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder) Dit is vir ons weereens n voorreg om Ds. Pieter van der Walt hartlik in ons midde te verwelkom. Ds. Pieter lei beide die eredienste. Ons bid u die seën van die Here toe met die woordverkondiging. Oggenddiens Tema: God se geheim met sondaars Skriflesing: Efesiërs 1:1-14 Teks: Efesiërs 1:4.9.10(a) Aanddiens Tema: God se vaste fondament Skriflesing: 2 Tim 2:14-26 Teks: 2 Tim 2:19 DIENSBEURT Vandag: Wyke: 14e & 15 Oudle: Gerrit Broos en Piet Robbertse Diaken: James Slabbert Volgende Sondag:Wyke:16 & 17 Oudle.: Hannes de Beer en Tinus Erasmus Diaken: Elaine Slabbert 1

KOLLEKTE by die deure Vandag: Kerkkas Volgende Sondag: Emeritaatsversorging Doel: Om die emerituspredikante,-weduwees en wese van die Gereformeerde Kerke met lewensonderhoud en mediese bystand eervol te help versorg. TEESKINKBEURTE Baie dankie aan die susters van wyk 1 wat vanoggend o.l.v. Gene van Wyk tee bedien. Volgende Sondag is dit die beurt van wyke 2 & 3 o.l.v. Blyde Basson en Joey Erasmus. GEBEURE DIE WEEK Daar sal hierdie week geen Bybelstudie wees nie. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. Ps. 122:7 Vandag Br. Willem Wepener 082 412 3130 Sr. Karin Nel 082 417 3111 Vrydag 6 September Sr.Marissa van Rooyen 0824678507 Br. Roe Venter 012 460-9166 Saterdag 7 September Ockert Venter 012 664-6638 BEROEPE BEROEPE ONTVANG Ds JG Noëth van Kimberley na Totiusdal met spesiale opdrag Christelike Onderwys. BEROEPE AANVAAR 2

Proponent JFK Mulder na Amanzimtoti/Durban-kombinasie. BEROEPE BEDANK Ds P Cilliers van Daniëlskuil/ Delportshoop na Krugersdorp-Wes. MEELEWING Sr. Margaret Kleinhans wat onlangs gediagnoseer is met kanker, sterk tuis aan nadat sy haar eerste reeks behandeling gehad het. Dit gaan goed met haar onder omstandighede. Ons bid dat die Here die behandeling sal seën en en dat jy elke dag krag en genade sal ontvang. 012 346-8008 Br Eben Kruger is steeds in die Kloof Hospitaal met blindederm-ontsteking. Ons bid hom spoedige en volkome herstel toe. 0827709018 DIE VERLOOP VAN N EREDIENS (4) In die vierde aflewering van die reeks van 9 artikels oor die genoemde onderwerp gee ons aan die belydenis van ons geloof aandag. Daar is nie n groter wonder wat in n mens se lewe kan gebeur as dat jy die gawe van die geloof ontvang nie. En elke Sondag mag ons as gemeente saam van hierdie ontsaglike wonder getuig. Die geloofsbelydenis was oorspronklik die doopsbelydenis. Daardeur het kinders en mense wat uit die heidendom tot bekering gekom het, in die vroeë kerke toegang verkry tot die erediens van die gelowiges waar die nagmaal bedien is. Die geloofsbelydenis het dus in die liturgie as t ware gedien as die deur tussen die openbare erediens waar enigiemand welkom is, en die nagmaal waaraan slegs belydende gelowiges deel het. In ons erediens dien die geloofsbelydenis vir die saambinding van die gemeente, die volk wat hulle God ontmoet. Dit bind ons ook saam met die ware gelowiges wêreldwyd omdat dit beklemtoon dat kerkwees in die eenheid van die ware geloof bestaan. Die ideaal is dat die hele gemeente ons geloof saam hardop bely, as dit prakties moontlik was. Dit kan ook singend bely word, soos Maarten Luther dit verkies het. (Callie Coetzee) OPPIE SUSTERSWERF Goeiedag liewe Suster, 3

So word dit alweer lente! September is mos veronderstel om lente te wees, en dis mos vandag amptelik lentedag, nie waar nie? En in September het ons nog n laaste praatjie oor ons tema. Die 17de. Skryf solank die datum neer, want jy sien hoe vinnig vlieg die tyd; as jy weer sien, het jy die 17de gemis! Ons gaan dan praat oor ons verhouding met nie-geloofsgenote. Twietili sê sy weet almal hou nie van warm weer nie, maar sy is baie bly dis lente, want daar is n paar mansvoëltjies wat darem vir jou besig is om aantreklik te word vir die somer, hoor! En waarvan sy hou, is dat hulle nie weer vaal gaan word as dit nou weer skielik koud word nie. Daai geel en rooi vinke en wewers met die rooi koppe en koningweduweetjies en kweleas en flappe en so aan. Twietili sê sy het probeer google watter ander soorte vöels ook almal n broeikleed het, maar sy kon net van die pelikane en die reiers lees. Sy dink die mense wat oor vöels navorsing doen, is maar treurig. Sy sal maar weer haar eie navorsing doen wanneer sy tyd kry. Iemand het haar boeke waarin alles oor vöels is, geleen en nie weer terug gegee nie. Sy sal moet rondvlieg en gaan kyk in wie se nes haar boeke lê. Sy hoop maar net dis nie in n laksman se nes nie. Sy kan nou maar net nie met daai spesie vrede maak nie! Geniet die 1ste week van September, maar moet nog nie met die lenteskoonmaak begin nie, want dit het nog nie gereën nie. Twietels tot volgende week. Die GKSA EN DIE ICRC ICRC is die afkorting vir die naam International Conference of Reformed Churches. Dr Douw en ds Malan van Rhyn is deur die Deputate Ekumenisiteit afgevaardig om hierdie jaar se konferensie wat in Wallis plaasvind by te 4

woon. Hulle sal n gedeelte van die konferensie, wat op die 28ste Augustus begin het en duur tot komende Woensdag 4 September, bywoon. Vorige konferensies het in Skotland (1985), Kanada (1989), Nederland (1993), Korea (1997), die VSA (2001), Suid Afrika (2005) en New Zealand 92009) plaasgevind. Die doel van die konferensie (ons gee dit in Engels weer) is: 1. to express and promote the unity and faith that the member churches have in Christ 2. to encourage the fullest ecclesiastical fellowship among the member churches 3. to encourage cooperation among the member churches (GKSA ingesluit) in the fulfillment of the missionary and other mandates 4. to study the common problems and issues that confront the member churches and to aim for recommendations with respect to these matters 5. to represent a Reformed testimony to the world. Die tema vir hierdie jaar se konferensie is: Preach the Word (2 Tim. 4:2) en sal onder die volgende temas bespreek word : 1. The Necessity of Preaching 2. The Nature of Preaching 3. The Practise of Preaching (in todays non-literary cultures) Ons wens dr Douw en ds Malan God se seënwense toe in hierdie belangrike taak vir ons kerkverband. AANGEWESE VISE-REKTOR VAN DIE NOORDWES UNIVERSITEIT Die NWU se Vise-Rektor (Onderrig-leer) by die Potchefstroomkampus, prof. Mariëtte Lowes, tree einde 2014 af. Daarom het dit nodig geword dat die NWU n nuwe Vise-Rektor aanwys, en die pos is geadverteer. Dit is n belangrike sleutelpos, nie net vir die NWU nie maar ook vir die Teologiese Skool, juis vanweë die besondere verhouding tussen die Universiteit en die GKSA. Daarom was dit noodsaaklik dat n bekwame persoon vir die pos gevind word. Gevolglik is prof RS Letšosa, tans professor in Praktiese Teologie, Direkteur van die Skool vir Predikantsopleiding en Vise-Rektor (akademiese sake) van die TSP, genader om homself vir die aanstelling by die NWU beskikbaar te stel. Vir prof. Letšosa is sy roeping as Woordbedienaar egter van soveel belang dat hy nie die aanstelling sou oorweeg as hy nie, al is dit net in beperkte mate, daarmee saam steeds sy 5

huidige taak en roeping as bedienaar van die Woord (besonderlik teologiese professor) kan uitvoer nie. Op navraag van die Kuratore het die NWU laat blyk dat prof Letšosa steeds as teologiese professor by navorsing in die Teologie betrokke sal kan bly, en dat dit trouens ook so deur die NWU aangemoedig word. Daarom het die Dagbestuur van die Kuratore uiteindelik op 19 Augustus dit goedgekeur dat prof Letšosa die aanstelling as Vise-Rektor van die NWU kan aanvaar sonder om sy diens as teologiese professor by die TSP prys te gee. Hy sal van sy gewone doseerverpligtinge losgemaak word, maar steeds betrokke bly by navorsing in die Teologie. As motivering vir hierdie besluit het die volgende kerkregtelike advies gedien: Volgens artikel 18 KO is die primêre taak van ʼn teologiese professor om die Skrif uit te lê en die waarheid te verdedig in belang van al die kerke. Die kernopdrag hou dus verband met navorsing (Du Plooy). Daarom kan prof Letšosa in terme van art 18 KO as professor aan die TSP verbonde bly. Hy gaan immers steeds ʼn deel van sy tyd aan die kernopdrag volgens art 18 KO bestee. Benewens sy voorgesette betrokkenheid by teologiese navorsing, sal prof. Letšosa voortgaan om die Woord en sakramente op versoek in gemeentes te bedien, onder andere by die Gereformeerde Kerk Cachet, waar hy reeds verskeie jare betrokke is. Benewens al die gelukwense en woorde van sterkte wat aan prof. Rantoa uitgespreek word, het hy ook die kerke se voorbidding nodig vir die uitvoering van die opdrag. Van hierdie voorbidding kan hy verseker wees. DIE BYBEL IN AFRIKAANS 80 JAAR Ons het Dinsdag (27 Augustus) die vertaling van die Bybel in Afrikaans 80 jaar gelede herdenk. Intussen het die Bybelgenootskap reeds, in opdrag van die Kerke wat van die Afrikaanse Bybel gebruik maak, die wiele aan die rol gesit om n nuwe direkte vertaling die lig te laat sien. Ons het gaan naslaan wat o.a. op die webwerf www.bybeldirektevertaling.co.za daaroor gesê word en waarom daar weer n nuwe vertaling in Afrikaans gemaak word en gee vir u uittreksels uit hulle menings. 1. In Afrikaanssprekende kerke is daar n behoefte vir n Bybelvertaling wat sterker aansluit by die bronteks (dit wil sê, die Hebreeuse, Aramese en Griekse tekste) as die bestaande vertalings. 2. Vertaling het as n wetenskap geweldig ontwikkel sedert die publikasie van die 1983-vertaling in Afrikaans. Tot in die helfte van die vorige eeu het alle 6

vertalings n letterlike of woord-vir-woord benadering gevolg soos die 1933/53-vertaling. Die 1983-vertaling verteenwoordig die verdere ontwikkeling in taalkunde waarin die klem meer val op n gedagte-virgedagte of betekenis-georiënteerde vertaling. Alhoewel hierdie vertaling vir baie lesers die Bybel meer toeganklik maak, vergdit heelwat meer interpretasie van die kant van vertalers as in die geval van woord-virwoord vertalings. Onlangse ontwikkelinge in Bybelvertaalkunde het ook bevestig dat daar met reg by kerke en Bybellesers n behoefte mag wees aan vertalings wat verskillende funksies vervul. Daar is ook konsensus by gevestigde kerke dat daar n behoefte is aan n vertaling nie net so naby as moontlik aan die bronteks is nie, maar ook aan die vreemdheid en andersheid van die Bybel as antieke godsdienstige teks reg sal laat geskied. Hierdie vertaling fokus nie daarop om die Bybel vir lesers in hul eie leefwêreld lekker te laat lees nie. Dit neem eerder leerders na die Bybel in sy eie tyd en leefwêreld. Alhoewel dit altyd gangbare idiomatiese Afrikaans moet wees, word die letterkundige aard en struktuur van die bronteks, asook die gebruike nie gemoderniseer nie. 3. Ons kennis van die baie tale waarin die Bybel oorspronklik geskryf is, het in die afgelope aantal jare uitgebrei. Meer onlangse taalmodelle, asook die moontlikhede wat rekenaarprogramme bied, het ons kennis van Bybeltale laat toeneem. Korresponderende Kerkraad Klassis Potchefstroom Posbus 5079 E-pos: elvaas@gmail.com KOCKSPARK Sel: 082 788 9183 2523 20 Junie 2013 OPROEP TOT N DAG VAN VEROOTMOEDIGING OP SONDAG 15 SEPTEMBER 2013 Hiermee roep Klassis Potchefstroom kragtens Artikel 66 Kerkorde die Kerke wat in die Algemene Sinode Potchefstroom vergader op tot n dag van verootmoediging en gebed in die lig van die voortgaande dade van 7

opstand, moord, aanranding, korrupsie, bedrog en diefstal wat die openbare orde in gevaar stel. Hiermee word elke lidmaat opgeroep om hom of haarself voor God te verootmoedig en om vas te stel of daar nie in die eie lewe ongehoorsaamheid is waardeur wandade verswyg, aangemoedig of gepleeg word nie en indien wel om deur die Gees van God te smeek om n lewensommekeer. Dat die Owerheid verseker word van elke gelowige se voorbidding om deur die mag aan hulle verleen met krag op te tree teen enige wandaad wat mag verhoed dat die inwoners van ons Vaderland n rustige en n stil lewe mag lei. Dat elke lidmaat versoek word om in alle aspekte van die lewe hulle te beywer vir die voortgang en uitbreiding van God se Koninkryk deur voorbeeld, woord en daad volgens die Woord van God. Dat elke lidmaat hom of haarself sal verdiep in persoonlike gemeenskap met God deur Skrifstudie en gebed. U broeders in Christus w.g. SD de Kock Voorsitter w.g. FJ Venter Skriba SNIPPERS Van die redakteur van Kruispad: Jeugbediening in Suider-Afrika vanuit die GKSA In elke Kruispad is daar opvolgartikels wat jy net nie kan misloop nie. In Uitgawe 25 kan jy verder lees oor die Engele en Esmari Linde skryf n nuwe reeks oor die geskiedenis van die Jode spesifiek die wat jy nie in die Bybel kry nie. Jy kan ons kontak as jy nie Uitgawe 24 gekry het nie. Daarin was die eerste artikel oor die Engele. Ons stuur dit met graagte aan of jy kan dit op die Internet kry. Teken in op die elektroniese Kruispad. GEE IS BETER AS KRY 8

Tydens Aardklop 2013 gaan ons vanaf 24 tot 29 September die geleentheid aangryp om die liefde van ons Here Jesus Christus te DOEN. Hier gaan gegee word: liefde, iets te drinke, iets te ete, jouself! Ons HarT is om die mense wat tydens Aardklop fees hou op verskillende maniere te bedien met die liefde van ons Here. Wat jy kan doen: - Skryf in om saam te kom gee (R 200 p/p) - Skenk koffie, koekies, beskuit, suiker of 'n donasie. - Borg 'n kind om deel te wees van HarTklop (R 550 p/p ************* 9