September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Similar documents
Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Harry en Frank Zeiler

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Tariewe

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Mosselbaai Munisipaliteit

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Dialoog en paragrawe *

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Rubriek vir skeppende werk

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

G. J. du Preez

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SIZA takes the sting out of auditing

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Edgehog

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Hoe om krag te spaar

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Sterdansers by Vensters.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Transcription:

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek het n paar baie mooi foto s van die gebou van die Nationale Boeren Handelsvereeniging Beperkt, maar kon in geen gepubliseerde boek enige inligting daaroor kry nie. Dit het my laat besluit om te sien wat ek uit die ou koerante in my versameling kan opspoor. Ongelukkig is daar n hele paar jaar se koerante wat nog ontbreek. Eendag sal ek moontlik oor nog meer inligting beskik. Dan is ek ook nog op soek na my tafelmodel mikrofilmleser. Met die trekkery het dit iewers verlore gegaan, hoop dat ek dit gou kan opspoor. Die gebou het gestaan op Erf 385 [na 1874 bekend as Erf 414] op die suidwestelike hoek van Kerkplein en Banklaan. Hierdie erf het vanaf Kerkplein deurgeloop tot by Pretoriusstraat. Wat ons vandag ken as Banklaan het toe nog nie bestaan nie. Deel van die Standard Bank se gebou staan tans daarop. Dit is seker nie die korrekte manier van skryf nie maar vir my is dit meer logies om elke jaar n nuwe opskrif te maak. 1859 Ek sal maar begin by die begin. Op 5 Oktober 1859 het M.W. Pretorius die erf getransporteer op die naam van B.J. Pretorius (H.P. zn.) vir die bedrag van 176 ryksdaalders (riksdaalers) [Rex-03 p252]. 1864 B.J. Pretorius het die alleeneienaar daarvan gebly tot op 7 November 1864, toe die erf oorgemaak is aan B.J. Pretorius & Co. [Rex-03 p252]. 1867 B.J. en C. Pretorius verbreek hul venootskap en die erf is nou te koop. Daar is n woonhuis en n winkel met n ysterdak op die perseel. P.J. Marais was toe die bestuurder van die winkel [S 1867-01-02]. In daardie jare het meeste geboue in Pretoria nog riet- en grasdakke gehad en n ysterdak was baie gesog. Op van die ou skilderye is die ysterdakke blou geskilder so ek reken dit was seker wat ons vandag sinkdakke noem. n Paar maande later is daar n advertensie in die Staatskoerant dat die prokureursfirma Marais & Preller nou vanuit n kantoor op die erf sake doen [S 1867-07-31]. 1868 In November 1868 het B.J. Pretorius & Co. die erf op die naam van P.J. Marais oorgedra [Rex-03 p252]. 1873 Nou hoor ons die eerste keer van Richard Winstanley. Hy is n vrygesel van Engeland en wanneer hy in Pretoria aangekom het is nie bekend nie. In Maart word n lisensie vir n winkel en n bottelstoor aan hom toegeken [S 1873-03-25] en n paar maande later verskyn daar n advertensie vir sy besigheid in die koerant [V 1873-08-22]. In November en Desember van dieselfde jaar word n hele paar krieketwedstryde tussen die Mother Country Eleven en die South African Born in Pretoria gespeel. Winstanley was kaptein van die Engelse span. Voor een

van die wedstryde word die twee spanne onthaal met n tiffin [ontbyt] deur die Staatsprokureur. Later die dag breek daar n groot storm uit en die krieketspelers gaan skuil in die raadsaal [V 1873-11-28; V 1873-12-06; V 1873-12-13]. 1874 Richard Winstanley speel nog steeds krieket en word nou gekies as lid van die krieketklub se bestuur. Hy word ook verkies tot die nuwe bestuur van die Pretoria Klub en een van sy perde neem deel aan n reisies op Pretoria se reisiesbaan. Die Reisiesbaan was waar die Pretoriase skougronde vandag is. In April [V 1874-04-25] word berig dat hy nou tydelik vertrek uit Pretoria, maar n paar maande later verskyn n advertensie in die koerant dat hy nou ook juwele verkoop en in Desember word berig dat hy nou baie nuwe voorraad ontvang het [V 1874-12-01]. Preller en De Villiers adverteer dat hul weeklikse veiling nou voor Winstanley se winkel gehou gaan word. Nog n interessante advertensie is dié van Solomon & Cooper wat nou n portretsalon naby Winstanley se pakhuis het. In die Hollandse koerant word van n winkel as n pakhuis gepraat. Dit is nie bekend wanneer Winstanley die eiendom gekoop het nie. Op 5 November trou hy met Mathilda Caroline Winder. Hul eerste dogter word die volgende jaar gebore. Daar verskyn ook n advertensie dat sy kar en perde nou te koop is omdat hy dit nie meer nodig het nie [V 1874-11-21]. Suid-oostelike hoek van Kerkplein in die sewentigerjare Dun-01 p58; Eng-01 p112; Ter-01 p121; Loc-01 p37. Links op die foto is die Central Chambers [prokureurskantoor] en langs dit die Standard Bankgebou. Die lang wit gebou heel regs is die winkel van R. Winstanley. Op die foto het die winkel se stoep nie n dak nie. Hierdie is een van die fotograaf Gros se foto s. Ongelukkig is die afdruk nie duidelik genoeg om die name op die verskillende geboue te sien nie; op die oorspronklike foto sal dit wel leesbaar wees. 1875 Weereens n besige jaar. Winstanley is nou gekies as kaptein van die krieketspan en voorsitter van die klub. President Burgers se verjaarsdag is n vakansiedag en hy speel vir die Europeans se span krieket. n Paar maande later speel hy as nie n amptenaar teen die span van die staatsamptenare.

Die inwoners van Pretoria het besluit om n gemeenskapsaal te bou. Hy dien op die komitee om geld in te samel vir die projek. Hy word nou ook gekies as n beampte [ steward ] vir die perdereisies. 1876 Dit lyk amper asof hy van plan was om te verhuis. In Augustus word berig dat die huis wat hy tans in Proesstraat bewoon nou te huur is en ook dat al sy meubels te koop is omdat hy na Natal vertrek [V 76-08-05; V 76-08-19]. In Desember is hy egter nog steeds in Pretoria toe berig word dat sy winkel ook Woensdag om 2 uur sal sluit vir die halfweeklikse vakansiedag. J.W. Henshall adverteer dat n huis te huur is langs Winstanley se winkel. Daar is blykbaar twee huise op die erf en die een wat te huur is is op die noordelike deel. Heel moontlik is dit die twee huise op die agterste deel van die erf wat aan Pretoriusstraat grens. 1877 Tydens Winstanley se afwesigheid uit Pretoria in Meimaand gee hy aan Preller & De Villiers volmag om namens hom sake te doen. Later word genoem dat daar n inbraak by sy winkel was. Net n paar kleinighede is gesteel. In Oktober was daar n advertensie dat hy n groot uitverkoping hou om plek te maak vir nuwe voorraad [V 77-10-24]. 1878 Daar word n diens gehou vir die hoeksteenlegging van die nuwe St. Albanskatedraal. Winstanley se besigheid is een van die wat gesluit is vir die geleentheid [V 78-04-02]. 1880 Dit is die begin van die einde van Winstanley se besigheid. Hy verkoop sy winkel plus n deel van die erf op die suid-oostelike hoek van Kerkplein aan McHattie vir 2,675 [V 1880-07-28]. McHattie het n koetsdiens na o.a. Newcastle bedryf. Preller en De Villiers het as agente vir hom opgetree. Dit is nie bekend of hy dit vanuit die winkel bedryf het en of hy die winkel verhuur het nie. Nog n interessante stukkie geskiedenis is dat hy twee jaar later 60 myl ver op die Vaalrivier met sy nuwe stoomboot gevaar het [V 1882-03-22]. Die prospektus van die Nationale Boeren Handelsvereeniging word in Potchefstoom bekend gestel. Francois F. Zeiler is die notaris. In April was die winkel op Potch nie gesluit vir anneksasiedag nie en gedurende die nag is dit met klippe bestook. Een van die klerke, J. Kok junior, sal voortaan in die winkel slaap [V1880-04-27]. 1881 Winstanley adverteer dat hy n groot verskeidenheid Xmas Cards beskikbaar het. Dit is nie bekend of hy nog steeds in die ou winkel sake gedoen het nie.

1882 In Meimaand word berig dat die Nationale Boeren Handelsvereeniging binnekort in Pretoria n tak gaan begin. Drie maande later open hulle n winkel op Kerkplein in die gebou wat eers Winstanley se winkel was. Piet Badenhorst is die bestuurder en die hoof administrateur is C.J. Bodenstein [V 1882-07-23]. Kort daarna word berig dat hulle hul eerste besending Portugese wyne en Hollandse jenewer via Delagoabaai ontvang het. Suid-oostelike hoek van Kerkplein in die tagtigerjare Dun-01 p60; Eng-01 p112 Links op die foto is nou die produktewinkel van Field & Co., en die Natal Bank is nou regs van die Central Chambers. Die Nationale Boeren Handelsvereeniging het die ou winkel van Richard Winstanley betrek. Die gebou heel links op die foto is die nuwe gebou van die Standard Bank. 1883 Die hoofklerk van die Nat. Boeren Handelsvereeniging, G.A. Roth, is oorlede en n vergadering word belê om n opvolger aan te wys. Paul Kruger word op Kerkplein ingehuldig as Staatspresident. Die koerant wil weet hoekom die winkel nie op die dag soos al die ander besighede gesluit was nie. In November word R. Winstanley insolvent verklaar [V 1883-11-09]. 1884 Die Nat. Boeren Handelsvereeniging verklaar dat hulle nou oor n kapitaal van 50,000 beskik. Die hoofdirekteur is nou C.J. Bodenstein [V 1884-01-01]. n Veiling gaan gehou word van die vaste eiendom van Richard Winstanley. Die eiendom is geleë langs die Boeren Handelsvereeniging en bestaan uit n winkel, twee kantore, en n ysterstoor [120x40 vt] met n privaat ingang vir aflaai. Dan is daar ook n woonhuis aangrensend aan Pretoriusstraat met 6 kamers, n gang, blombeddings, en n tennisbaan [V 1884-01-18]. Later word berig dat die huis en pakhuis vir 2,040 aan die Standard Bank verkoop is.

1888 Die Nat. Boeren Handelsvereeniging adverteer dat hulle nou eikehoutmeubels, lampe en skilderye in hul magasyn het [V 1888-12-06]. 1889 Jan van Soelen is nou die bestuurder en P.J. Joubert is die voorsitter. Hulle adverteer nou ook klaviere, lampe en klerasie. 1892 Die Nationale Boeren Handelsvereeniging word gelikwideer en die Standard Bank koop die eiendom. [Vir meer oor die geskiedenis van die Standard Bank kyk na die briewe van Mei en Junie 2009]. ---------------------------------------------------------------- Die volgende is n insident waarin Winstanley n rol gespeel het en dit is sekerlik waar, maar ek dink daar is met die jare n paar stertjies aangelas. Besluit maar self? Ek haal aan uit Eng-04 p40. Before the Secucuni War was over there returned from Secucuniland (but not actually from the front) that prince of adventure, the self-styled Charles Grant Murray Somerset Stuart David Gunn of Gunn. Gunn returned to Pretoria, and became in turn a martyr, was extolled as a hero, was arrested and tried for sedition by the British, figured as correspondent in an unsavoury divorce suit and --- was a principal of a duel. There are two versions of that duel. In Kotze s Memoirs and Reminiscences the writer tells of how Gunn of Gunn was mercilessly flayed by Advocate Emile Hollard in the case quoted. Gunn of Gunn was so incensed that he challenged Hollard to a duel with pistols. Hollard, an ex-member of the German Legion, promptly accepted. The parties turned up at the place but, so says Kotze, Gunn of Gunn was the only absentee. Kotze says that Gunn of Gunn offered Hollard an apology. The other version comes from the pioneer R.T.N. James who claimed to have been a witness at the duel which, so he said, took place on the Race Course in Pretoria West. According to James, everyone in Pretoria knew about the impending duel. All were determined that it should take place, but there should be no bloodshed. A merchant by the name of R. Winstanley, a man of many parts, had the key to it all. He was an amateur actor above the average. He happened to have two so called property pistols, i.e. pistols used on the stage. Both of them were fitted with hammer and percussion caps. Both, on release of the trigger, made the noise requisite to a duel and released a spring. In collusion with a chemist, a pail containing a red fluid was prepared and one of the pistols was loaded with this harmless but, as was to transpire later, upsetting capsule. Both had percussion caps.

At the given signal the two contestants turned and fired. Gunn of Gunn was the first to shoot. To his horror Hollard stood his ground, aimed carefully and pulled the trigger. Hollard was horror-stricken. His aim was true and he stood looking at an everincreasing splash of scarlet on Gunn of Gunn s shirt front. He saw the gallows! He was himself dangling at the end of a rope! Transfixed, his eyes protruding, he stared at his adversary s shirt. Gunn of Gunn followed the flight of Hollard's eyes, glanced downwards, caught a glimpse of the spreading red --- and fainted. Bronne gebruik Dun-01 Lola Dunston. Young Pretoria 1889-1913. Pretoria. 1975. Eng-01 Engelbrecht, S.P. [Dr.] Eeufees-Album. Pretoria se eerste eeu in beeld. J.L. van Schaik Beperk. Pretoria. 1952. Eng-04 Engelbrecht, S.P. [Dr.] Pretoria 1855-1955. Wallachs P. & P. Ltd. Pretoria. LOC-01 Lochhead's Guide Handbook and Directory of Pretoria. Transvaal Reliable Agency. 1913. Rex-03 Rex, H.M. Geskiedenis van die Eerste Ou Goewermentsgebou en sy Voorlopers in Pretoria. 1956. MA Verhandeling. Universiteit van Pretoria. S Staatskoerant TER-01 Terry, Carolyn. Baanbrekerbank in 'n Baanbrekerland. W.J. Flesch & Partners. 1979. V De Volksstem Groete tot volgende maand, Rosa Swanepoel ---------------------------------------------------------- Die volgende van Jan Pretorius [Nou weet ek ook hoe dit werk, hoop net ek sal dit onthou Rosa] Rosa, na aanleiding van jou opmerking hieronder dat die betrokke persoon tydens die Boere-oorlog aan Engelse kant geveg het. 1882-02-04 Trooper Haybittle kan sy medalje gaan afhaal by die Britse Resident. [Hy het dus aan die kant van die Engelse geveg tydens die Boere-oorlog] Dit moet tog tydens die Engelse oorlog wees, nie waar nie? Die gebruik is tog dat n mens die vyand teen wie jy geveg het noem in die naam van die betrokke oorlog. Vandaar dat die Engelse praat van die Boer wars. My oupas en oumas het altyd van die Engelse oorloë gepraat. Dit is blykbaar net omdat ons so verengels het dat ons soms agter die Engelse aan praat. Om jou n goeie voorbeeld te gee: In die sewentiende eeu was daar n paar oorloë tussen Engeland en Nederland. Die Engelse praat dus van the Dutch wars terwyl die Nederlanders na dieselfde oorloë verwys as de Engelsche oorlogen. Wanneer buitestanders van dieselfde oorloë praat, dan gebruik hulle name wat na albei deelnemers verwys. Amerikaners sal dus byvoorbeeld na die Anglo-Boer War en die Anglo-Dutch wars verwys. Het ek nou n klip in die bos gegooi? Groete. Jan Pretorius