WOUWTJIENUUS. Bo: Ezra Labuschagne (links) en Henk van t Wout (4de van links)

Similar documents
Vrydag, 10 November Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Kos vir ons skoolkatte

Nuusbrief 38 Vrydag, 13 November Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Vrydag, 17 November Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Mei 2018

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nuusbrief 18 Vrydag, 26 Mei Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Augustus AvW Juniorkoor is tops!

PROJEKTE DATUMS 2018

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Vakature: Administratiewe Pos Anton van Wouw Pre-primêr

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 8 9 Maart 2018

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Tariewe

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Vinkie. Laerskool Fairland

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Vinkie. Laerskool Fairland

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Tariewe

Geagte Ouers / Voogde en Florries

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Geagte Ouers / Voogde en Florries

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Nuusbrief 7 Vrydag, 27 Februarie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

WILGERLOOT TOKKIES KRY RAPPORTE

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10


IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Uit Moerdijk se pen Man en Media

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

Sterdansers by Vensters.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

SIZA takes the sting out of auditing

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die Hoërskool DF Malan

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Vinkie. Laerskool Fairland

Mosselbaai Munisipaliteit

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Transcription:

WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 36 26 Oktober 2018 Robotics Robotics is the industry related to the engineering, construction and Twee Gr. 7-leerders, Ezra Labuschagne en Henk van t Wout, tesame met 3 operation of robots a broad and diverse field related to many spanmaats (waarvan 2 oud-wouwtjies is) het onlangs aan die First Lego League commercial industries and Robotics Challenge deelgeneem. Hulle eindig 3de in die Robot Games-afdeling en consumer uses. The field of robotics generally involves verower met trots die Research Award vir die dag. looking at how any physical constructed technology system can perform a task or play a role Hierdie span is uitgenooi om in November aan die Nasionale byeenkoms in in any interface or new technology. Johannesburg deel te neem. Hartlik geluk aan hierdie leerders... ure se -Wikipedia harde werk en deursettingsvermoë is beloon! Bo: Ezra Labuschagne (links) en Henk van t Wout (4de van links) OUD-WOUWTJIES IS TOPS! Ons is baie opgewonde oor die prestasies wat ons oud-wouwtjies behaal! Die volgende oud-wouwtjies is onlangs as hul onderskeie skole se Gr. 12 Dux-leerders aangewys: Eben Benadé (Die Hoërskool Menlopark) Lizé Lourens (Afrikaans Hoër Meisieskool) Reinhardt Güldenpfennig (Afrikaans Hoër Seunskool) Hartlik geluk aan hierdie leerders en hul ouers - ons is baie trots! 1

Eksamen SKOOLTYE: 14 NOVEMBER TOT 12 DESEMBER Die skool sal vanaf Wo. 14 November tot Di. 11 Desember om 12:00 vir alle leerders (Gr. 1 tot 7) sluit. Die Naskool is vanaf Wo. 14 November tot Di. 11 Desember oop vanaf 12:00 tot 17:30. Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met studie-reëlings tydens die eksamen. n Aparte wagklas sal vir nie-naskoolleerders in die Grondslag- en Intersenfase vir die tydperk 14 November tot 11 Desember vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband. Leerders kan op Woensdag, 12 Desember hul rapporte by die skool kom haal tussen 07:15 en 09:00. Die Naskool sluit op Dinsdag, 11 Desember om 17:30 vir die duur van die Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 7 Januarie 2019 om 07:15. Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is....skeurbriefie... Ek, ouer van Gr. / Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Wo. 14 Nov. tot Di. 11 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en tuis onder behoorlike toesig sal wees. Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 14 November tot 11 Desember. My kind(ers) woon die Naskool by. Ouerhandtekening Kontaknommer 2

Eksamen Alle Gr. 4-7 leerders het reeds hul vakafbakening ontvang. Vakafbakening is ook op die Skoolkommunikeerder en ons webwerf beskikbaar. Eksamentye: Wo. 14 Nov. tot Ma. 26 Nov. is soos volg: 07:25-07:40 Amfi 07:40-08:30 Leersessie 08:30-08:45 Pouse 08:45-11:00 Eksamensessie 11:00-11:20 Pouse 11:20-12:00 Leersessie NB! Handig alle boeke in! Bring ALLE handboeke en leesboeke saam op die dag van die eksamen. Dit word ingeneem en gekontroleer. Vanaf Dinsdag, 27 November, sal daar n spesiale rooster gevolg word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees. Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word. Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en 7-leerders tesame. Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of ipods word toegelaat nie! Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding. Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat hulle in die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei, en die laaste sessie vir die volgende dag se eksamen. n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié vroeër afgehaal kan word nie. EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2018 DATUM GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7 Maandag, 12 Nov. EBW Dinsdag, 13 Nov. Kuns praktiese sketse Woensdag, 14 Nov. Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg. Wetenskap Donderdag, 15 Nov. Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Vrydag, 16 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde Wiskunde Maandag, 19 Nov. Engels Engels Engels Engels Dinsdag, 20 Nov. Woensdag, 21 Nov. Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Donderdag, 22 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans Vrydag, 23 Nov. Tegnologie Maandag, 26 Nov. LV LV LV LV 3

VOORGESTELDE SKOOLGELD: 2019 Hiermee n uiteensetting van die voorgestelde skoolgeld vir 2019. Die voorgestelde Begroting is by die skool se Ontvangs beskikbaar ter insae. Die Begroting sal tydens die Algemene Jaarvergadering, op Wo. 7 November om 18:00 in die skoolsaal bespreek word. 2019 DAGBOEK Belangrike datums vir die 2019 Skooldagboek kan nou aan me. Yvonne Neethling gestuur word by: yneethling@wouwtjies.co.za Veiligheid: Hekke Die klein voetgangerhekkies in Langestraat, aan die onderkant van die rugbyveld, sal voortaan vanaf 14:00 gesluit word vir veiligheidsredes. Maak gerus van die hek by die krieketnette of die hoofhek in Deystraat gebruik. 4

Dit is lekker om n Wouwtjie te wees! 5

Hartlik geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuuruitslae: Naam Instansie Kategorie Simbool Emma Oosthuizen UNISA Klavier 90% Ererol Owen Kleinhans Arts @ sussex Klavier 80% Megan Nieman UNISA Klavier 77% Eervolle vermelding Ruan Nieman UNISA Klavier 72% Eervolle vernelding Dans in jou taal Akrobatiese danse Deelname Royal schools eksamen Ballet Meret Radikale redenaars Redenaars Radikale redenaars Redenaars Open Drama Duet comedy 88% Kategoriewenner SATCH Drama Duet 85% 7de Roné Josling SATCH Drama musical Duet 86% 3de SATCH Drama Open duet 85% 7de SATCH Contemporary Duet 90% Kategoriewenner (platinum) SATCH Drama 85% SATCH Comedy 85% SATCH Open 84% SATCH Cobtemp 86% 3de SATCH Commercial 84% SA Dance School Championships Jazz Groep Ultimate Gold Trofee & Spes. Toekenning SA Dance School Championships Balletgroep High Gold Medalje SA Dance School Championships Modern groep Gold Medal SA Dance School Championships Solo Jazz High Gold Medalje SABOT eksamen Gr 2 Distinction American Dance Awards Groep High Gold American Dance Awards Jazz solo High Gold RAD eksamen Gr.1 Merit Zoé Prinsloo Dance world cup Jazz groep 1st trofee Dance world cup Jazz solo 8tth medal Dance world cup Lyrical solo 7th medal World Lyrical Jazz solo 5th medal International dance Awards Jazz solo Gold International dance Awards Lyrical solo Gold International dance Awards Trio Gold International dance Awards Groep High gold Dance Star Lyrical solo 8th medal Dance Star Jazz solo 79% SATCH nationals Open solo A+ Gold Medal SATCH nationals Drama Solo A+ Gold Medal SATCH nationals Contemporary solo A+ Gold Medal SATCH nationals Comedy Solo A+ Gold Medal SATCH nationals Commercial solo A Silver medal SATCH nationals Drama Top 10 SATCH nationals Showcase Performance for solo Lisa Ferreira SATCH nationals Comedy Duet A+ Gold Medal SATCH nationals Drama Duet A+ Gold Medal SATCH nationals Musical Duet A+ Gold Medal SATCH nationals Open Duet A+ Gold Medal SATCH nationals Contemporary Duet A++ Platinum SATCH nationals Drama Top 10 SATCH nationals Showcase Duet Performance UNISA Teorie A++ Ererol 6

Envirouw & Herwinning Sluitingsdatum vir beloningstelsel Met die atletiek en eksamen op hande, is die sluitingsdatum vir inhandiging van goenmuntstukke Vrydag, 23 November. Daar sal dus groenmuntstukke uitgedeel word tot en met die oggend van 23 November. Leerders/ouers is steeds welkom om ná die datum herwinning af te laai, maar sonder die erkenning van groentmuntstukke. Ink-kassette: Baie dankie vir al die Wouwtjies wat so gereeld leë ink-kassette herwin. Ons aanvaar slegs ink-kassette, geen toner bottels nie. E-waste Dag: Laaste geleentheid vir die jaar - Vrydag, 2 November. Bakkievragte Neem asb. kennis dat u éérs vooraf met Juf. Ané Friedrich moet reël indien u bakkievragte wil herwin. Daar word nie groenmuntstukke gegee vir bakkievragte nie. Alle bakkievragte moet óók vooraf in herwinningsakke geplaas word. Géén los vragte mag bloot gestort word op ons herwinningsterrein nie. Glas: Baie dankie vir al die Wouwtjies wat so getrou glas herwin. Ons het weereens in September eerste geëindig met die meeste volume glasherwinning in The Glass Recycling Company se kompetisie. Feite: Daar word tans 4 017 groen glasbank-houers in Suid-Afrika gebruik. 41.1% glas word tans in Suid-Afrika herwin. 87% van ons glas word vanaf die landvulspasies herwin. Afvalglas: Uit afvalglas word n hele reeks goed gemaak, bv. glashouers, padboumateriaal, ens. Gebruikte glashouers word eers volgens kleur met die hand gesorteer. Staalvoorwerpe soos deksels word met n staalmagneet verwyder. Die glas word dan in n breekmasjien vergruis. Papieretikette kom gewoonlik los in die proses en word deur suiging verwyder. Die vergruisde glas word daarop in n smeltoond met sand, kalksteen en soda-as versmelt. Die gesmelte glas kan nou in vorms gegiet word vir nuwe houers. Juf. Ané Friedrich ane@wouwtjies.co.za KENNISGEWING Algemene Jaarvergadering: 2019 Begroting Datum: Woensdag, 7 November 2018 om 18:00 in die skoolsaal. Indien n kworum nie bereik word nie, sal daar n opvolgvergadering op 21 November gehou word. VAKAFBAKENING Vakafbakening is reeds aan die Gr. 4-7 leerders uitgedeel. Dit is ook op ons webwerf en die Skoolkommunikeerder beskikbaar. KULTUUR LW: Die laaste dag vir inhandiging van kultuurprestasies vir 2018 is Vrydag, 9 Nov. by Juf. Gerda Jacobs. Prestasies wat ná hierdie datum ingehandig word, sal oorstaan tot 2019. 7

JUDO HOKKIE SPORT (Binneshuise hokkie - buite skoolverband) Kay-Leigh Jooste is onlangs as beste doelwagter in die Pro-Series Indoor Hockey Gautengtoernooi (o.13) aangewys. Haar span eindig ook 2de uit 12 spanne in dié toernooi wat oor 4 weke gestrek het. Hartlik geluk aan die volgende leerders wat puik presteer het tydens hul deelname aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe: Jayden Keyser (1ste plek) Dylan Roux (2de plek) Christian Steenkamp (2de plek) Janica du Bruyn (2de plek) Jandré Boshoff (3de plek) Christian Gerber (4de plek) Ons is trots op hierdie Wouwtjies! GIMNASTIEK Een van ons leerders, Cai Focaraccio, het vanjaar Gauteng-Noord in gimnastiek verteenwoordig. Cai het ook die provinsiale span gehaal en sodoende Gauteng verteenwoordig. Uitstekende prestasie, Kay-Leigh! ATLETIEK Oefening: Maandae, Dinsdae en Donderdae Tyd: 14:00-15:00 LW: Maandae is UITERS BELANGRIK. Dan oefen elke atleet sy/haar prioriteit item. Datums: Do. 25 Oktober - Interhuis (Tuis) Do. 1 November - Atletiekbyeenkoms Die volgende uitmuntende prestasies is ook deur Cai behaal: Goue medalje tydens Noord Zone deelname (Gauteng). Cai is tans algeheel nr. 7 in die Noord Zone. Welgedaan! SKAAK Baie geluk aan Inge Jacobs wat Tshwane-skaakkleure verwerf het. Sy neem in Desember as lid van die o.8 span aan die Suid- Afrikaanse Junior-skaakkampioenskaappe deel. Altesaam 7 Wouwtjies het nou reeds provinsiale kleure in skaak verwerf. Ons is trots op ons skaakspelers! Juff. Anè Friedrich en Elrika Bierman ane@wouwtjies.co.za 8

Ons maak tyd vir jou kind at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: lisa@wouwtjies.co.za Ultimate Kitchens Kombuise Ingeboude kaste Studeerkamers Dry-walling en Plafonne Teëlwerk en Verfwerk 3D-program. GRATIS KWOTASIES Glen Lord: 0827882772 Ultimate Upholstery Meubels herstoffering Maak van kussings Ottomans/headboards Pelmits Gordyne en blindings Binnehuisversiering CHRISTA: 082 376 7605 Huiswerker Benodig Aupair Sarah soek werk. Baie deeglik en netjies. Ma, Di, Do. 15:00 tot 18:00 Tel: 060 304 5562 Verwer Eric soek werk. Handyman waterdigting, tuinwerk ens. Goeie verwysings. Tel: 082 067 9418 Kontak: mansirene@gmail.com Betroubare werker opsoek na werk en inwoning in buitekamer. Verwysing: Riana 076 309 1997 Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir verkoelingstrokke en ander geïsoleerde ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta. Tel (012) 541 1797/8 9

Kontak ons L/s Anton van Wouw Deystraat Nieuw Muckleneuk Pta. Tel: 012 460 6181/3024 Bemarking: Marica Botha bemarking@wouwtjies.co.za Wouwtjienuus: Navrae & Advertensies: Lisa Potgieter lisa@wouwtjies.co.za Verhuring van fasiliteite: Simone Wallace simone@wouwtjies.co.za Sport: sport@wouwtjies.co.za Volg ons op: WOUWTJIEGROETE MNR. CR HENNING HOOF Ons maak tyd vir jou kind