September Na God se hart...

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Hoe om krag te spaar

Tariewe

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Kerssangdiens. SA Gemeente

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

SIZA takes the sting out of auditing

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Maand-Krant OKTOBER 2013

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

G. J. du Preez

die ArtKat Jaar program

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Rubriek vir skeppende werk

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Maand-Krant JULIE te laat kom. EENHEID EN VERSKEIDEN- HEID IN ONS EREDIENSTE

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Dialoog en paragrawe *

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Edgehog

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

INSKRYWINGSVORM

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Transcription:

September 2017 Na God se hart... Wees n Ester, sterk en dapper genoeg om vir die waarheid op te staan. Wees n Rut, lojaal in al jou verhoudings, gee die ekstra tree en moenie moeg word wanneer dinge moeilik raak nie. Wees n Leah, maak jou huis en jou hande oop vir ander. Geluk is die lekkerste wanneer dit gedeel word. Wees n Hannah, bid altyd, dit sal nooit verniet wees nie. Wees n Maria, God gebruik gewone mense om Sy werk hier op aarde te doen. Wees n Dorkas, gebruik jou talente, hoe klein jy ookal dink dit is, Jy sal nooit weet hoeveel dit vir iemand anders kan beteken nie. Wees n Abigaijl en onthou hoe jou besluite jou lewe kan beïnvloed, Goed of sleg. Wees n Elizabet, moet nooit twyfel in wat God vir jou kan doen nie. Wees n Maria Magdalena, moet nooit dat jou ondervindinge met ander mense jou vreugde in Jesus steel nie. Wees n Rebekka, moet nooit vergeet dat ware skoonheid binne-in jou is nie. Wees n kind na God se hart.

Die Chrisante lewer n onontbeerlike liefdesdiens deur gemeentelede wat gehospitaliseer is, te besoek. By Wapadrant is onderlinge liefde en eenheid belangrik. Ten einde liefde te betoon, wil ons graag versoek dat u laat weet indien iemand in die Hospitaal opgeneem word asook in watter hospitaal. U kan enige van die volgende persone in kennis stel van hospitalisasie: Kerkkantoor (012 991 5623 of admin@gkwapadrant.co.za) Kleingroepleier Predikant (in meer ernstige gevalle) Chrisante van die spesifieke hospitaal. Véra Tollig by 082 6446 741 of 012 997 2678. Daar is ook n spesifieke persoon/e wat kinders besoek in hospitale. Wees gerus in die wete dat hospitale geen inligting rakende pasiënte aan die Chrisante mag deurgee nie. Ons as Chrisante wil graag die gemeente versoek om hulle kerkverband in te vul, sodat ons ons roeping en diens kan uitvoer. Chrisante lewer die volgende diens aan die gemeente: Chrisante besoek daagliks hospitale om mense te ondersteun. Daar is ook n diensgroep wat onder die Chrisante ressorteer wat bejaardes en swakkes bystaan, besoek en tydelik gedeeltelik versorg. By die volgende hospitale is daar daagliks mense wat diens doen: Pretoria-Oos, Wilgers, Kloof, Life Spinal & Orthopaedic hospitaal. By die volgende hospitale word mense besoek sodra ons bewus is van iemand wat opgeneem is: Eugene Marais, Jakaranda, Muelmed Louis Pasteur, Medforum, Zuid-Afrikaanse-hospitaal en Little Company of Mary. Op hierdie stadium doen Wapadrant-, Rietvallei- en Meyerspark-gemeentes gesamentlik diens in die hospitale in die direkte omgewing. Daar is op die oomblik 46 mense wat diens doen by die Chrisante, waarvan slegs 26 van Wapadrantgemeente is. Daar is nog n groot behoefte aan lede vir die Chrisante, aangesien daar veral in Wilgers en Pretoria- Oos nogal baie mense op n daaglikse basis besoek moet word. Die Chrisante se rooster verskyn op bladsy 13 en is ook op die kennisgewingbord in die saal. Indien jy geroepe voel om aan te sluit by die Chrisante, kan jy Véra Tollig kontak by 082 6446 741 of 012 997 2678 Ds N Pienaar (Nikolaas) van Pretoria-Wes na Oos-Londen. Van GK Ontdekkers: Michael Wilhelm Prinsloo en Jantina Adriana Prinsloo (Boot). Van GK Rietvallei: Johanna Christine Erasmus (Erasmus) Van NG Doornpoort: Anneke Cecilia Glas (Lotz) en dooplidmaat Waldo Emil Glas Na GK Pretoria-Alkantrant: Martinus Johannes Prinsloo en Frieda Elizabeth Prinsloo (Van Biljon) 2

deur Jaco Kruger Buite die venster van my studeerkamer, op die boonste koorsboom heen en weer. Tussen die formidabele dovolle swang. En - soos verlede jaar hierdie tyd is die vurige gekwetter van tientalle vinke al van voor sonop gelede het ek die geleentheid gehad om van agter my venster. So geabsorbeer is die vink in sy werk. So ernstig. En tog heeltyd aan die kwetter. Hy doen wat vinke doen... en hy gaan heeltemal op daarin. bewustheid en denke wat met menswees saamgaan, nog steeds ook só in jou daaglikse menswees te kon opgaan, net in die oomblik te wees, en jou eie liedjie te kwetter soos wat jý gebek is nie? Vir my verwoord die Engelse digter Gerard Manley-Hopkins (1844-1889) hierdie versugting weergaloos in die volgende verse: As Kingfishers Catch Fire As kingfishers catch fire, dragonflies draw flame; As tumbled over rim in roundy wells Stones ring; like each tucked string tells, each hung bell's Bow swung finds tongue to fling out broad its name; Each mortal thing does one thing and the same: Deals out that being indoors each one dwells; Selves goes itself; myself it speaks and spells, Crying Whát I dó is me: for that I came. I say móre: the just man justices; Keeps grace: thát keeps all his goings graces; Acts in God's eye what in God's eye he is Chríst for Christ plays in ten thousand places, Lovely in limbs, and lovely in eyes not his To the Father through the features of men's faces. ware mens en wees jouself in hierdie nuwe lenteseisoen. Jy kán, want Christus is in jou. Hy wil Hómself wees deur jou (Kolossense 1:27). WAPADRANT DATABASIS OPDATERING Jy kan jou gesin se besonderhede op die rekenaarstelsel nagaan en opdateer. Besoek die webblad by https://www.winkerkonline.co.za/ en registreer n gebruiker deur die gemeente, u eie eposadres, unieke wagwoord, noemnaam, van, geboortedatum en selfoonnommer in te sleutel. Sodra u versoek verwerk is, kan u aanteken en die nodige veranderinge aan u gesin se besonderhede aanbring. Kontak Ilda vd Merwe by 012 991 5623 of stuur n epos aan admin@gkwapadrant.co.za vir inligting. 3

n Opwindende nuwe hoofstuk vir TOPIA (Training of Pastors in Africa). Dit is die woorde waarmee ons ons onlangse besoek aan Malawi kan beskryf. TOPIA se opleiding word nie meer net deur Johannes Aucamp gedoen nie. Hy lei nou ook ander op om dit te gaan doen. Op hierdie manier kan TOPIA meer plekke meer gereeld in Afrika bereik. Met ons onlangse besoek aan Malawi het ons opleiding gaan doen om die EPC (Evangelical Presbyterian Church) daar by te staan. Hulle is n relatief jong kerkverband wat vinnig groei. Op hierdie oomblik het hulle nie baie opgeleide predikante nie. Die gevolg is dat heelwat van die Prayer Houses (die naam wat hul klein gemeentes het) deur plaaslike kerkleiers bedien word wat nie veel opleiding het nie. Dreyer en Gerhard het na die Machinga-streek gegaan om daar te help met opleiding en toerusting van kerkleiers. Daar was mense van 10 Prayer Houses teenwoordig. Die toerusting het sterk gefokus op basiese dissipelskap en om die mense n Bybelstudiemetode te leer wat hul met vrug kan gebruik om Bybelstudie saam met ander mense te doen. Die belangrike boodskap was dat ons elkeen geroep is om ons Here Jesus te volg en om ander mense van Hom te vertel. Die toerusting het oor 3 dae plaasgevind met die hulp van Samuel, n uiters bekwame tolk wat DV binnekort as predikant van die EPC bevestig word. Nie almal kon van die begin af daar wees nie, so daar moes gereeld herhaal word. Die toerusting is op n baie praktiese manier aangebied om seker te maak dat almal wat daar is kan verstaan. Die besoek daar is afgesluit met n erediens die Sondagoggend. Dit was so versterkend om te sien hoe mense wat in n heeltemal ander wêreld as ons lewe, dieselfde geloof as ons bely en ons Here Jesus in alles wil volg. Al het die mense nie baie nie, het hul ons toegevou met hul liefde en diensbaarheid. Ons was in alles heeltemal van hulle afhanklik (vir kos, vervoer, ens.) en sal hul diensbaarheid en liefde nie vinnig vergeet nie. Hoe kan jy betrokke wees met TOPIA? Bid vir die EPC in Malawi. Die gelowiges daar dien en volg die Here in moeilike omstandighede. Die Prayer House waar ons die opleiding gedoen het, is bv. n paar maande voordat ons daar was, deur Moslems aan die brand gesteek. Die gelowiges kon daarna weer die dak herstel sodat hulle n plek kan hê om bymekaar te kom. Oorweeg dit om die predikant wat by jul gemeente dien, beskikbaar te stel om 2 keer n jaar vir n week lank opleiding in Afrika te gaan doen. As dit vir jou of jou gemeente moontlik is, maak n finansiële bydrae aan TOPIA sodat die werk kan voortgaan. Kontak Johannes Aucamp as jy meer aktief betrokke wil wees. Selnommer: 072 815 7375 Epos: johannes@topia.org.za Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: icel@watu.co.za Ons is dankbaar teenoor die Here vir hierdie roeping en geleentheid om diensbaar aan ander gelowiges te wees. Ons gebed is dat dit nie net n verskil in hul lewens maak nie, maar ook in ons eie. Mag ons elkeen aanhou om ons Here van harte lief te hê en om Hom in alles te volg. Gerhard van Rhyn (GK Rietvallei) en Dreyer Potgieter (GK Meyerspark) 4

si etwe somseis ine rvi n enst et okop eni? ne gto lsa ine nee nav lulhe po edi drogn lva sdonre ied lwi nva lljue Vdaer ine. (Matt. 10:29) God sorg vir die mossies; God sorg vir die diere; God sorg vir die plante; En God sal sorg vir jou VERJAARSDAE SAL VOORTAAN OP DIE KENNISGEWINGBORD IN DIE SAAL WEES EN NIE MEER IN DIE MAAND-KRANT NIE. DIT KAN OOK OP DIE WEBWERF GESIEN WORD BY http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html 5

Die tema n Goed-voel oomblik by die Food and Wine Show (28 Julie 2017) het die bobaas-bakster, Matilda Visser, nie laat terugdeins nie. Sy het besluit om n Kinderpartytjie uit te beeld. En die uiteinde? Sy palm die eerste prys in! Knap gedaan, Mathilda! Die ou horlosie teen die muur Tik-tak-tok Ag sê my tog... dong-dong-krrr-klik (stilte...) Help! Ek het n spesialis nodig! Iemand wat tyd het...iemand wat sy slag ken... iemand wat gerat is en probleme kan uitwys. Verlig slaan ek my Maand-Krant oop en blaai naarstiglik na die Almal se mandjie-blad. My oë soek vinnig en rus op die naam van die grys-wys man wat by Wapadrant sinoniem geword het met horlosies - Cor Meindertsma. In n jap-trap word die probleem fyn bestudeer, herstel en noukeurig getoets. Flinke diens word vergesel met n ewe vriendelike geselsie en uitnodiging om kontak te maak sou dit nodig wees. Hiep-hiep-hoera vir Cor Meindertsma! My hart sing...my horlosie ook: Die ou horlosie teen die muur Tik-tak-tok Ag sê my tog hoe laat dit is Tik-tak-tok (Geen horlosie is geskaad in die skryf van hierdie brokkie nie) 6

Laat die klokke beier! Oor die eeue heen is proklamasies, as amptelike bekendmakings, bevestig met die lui van kerkklokke. Laat ons Dinsdag, 31 Oktober 2017 proklameer as Reformasiedag met die lui van kerkklokke, 07h00 die oggend, in elke dorp en stad in Suid-Afrika. Ons proklameer so die dag in die Naam van die Koning van die konings, ons Here, Jesus Christus. (Openb. 19:16 en 1 Tim. 1;17) H.v.d. Wateren nms. Calvinistiese Alliansie www.calvinistiesealliansie.co.za UIT DIEP VAN DONKER NAGTE 'n Reformasie 500 feesprogram 25-28 Oktober 2017 Aangebied deur die Gereformeerde Kerk Soos u weet is hierdie jaar die 500 jaar-herdenking van die Reformasie. In samewerking met die Tussenkerk-like-raad (TKR) word n produksie, Uit Diep van Donker Nagte, by die Gereformeerde Kerk Centurion, gedurende die laaste week van Oktober 2017, opgevoer. UIT DIEP VAN DONKER NAGTE laat die Reformasie na 500 jaar herlewe in n unieke multimedia, teaterin-die-rondte produksie wat jonk en oud diep sal tref. Wanneer: 25, 26, 27, 28 Oktober 2017 Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenlaan 226, Lyttelton, Pretoria Tyd: 19:00 vir 19:30 22:00 Kaartjieverkope: https://tickets.tixsa.co.za/event/udvdn FB-blad: @uitdiepvandonkernagte Navrae kan gerig word aan: Louisa van die Walt 082-576-0692 7

Tot en met einde Julie 2017 Opsomming: Die tekort op die bedryfsbegroting het intussen nog groter geword en staan nou, na die eerste 7 maande van die jaar, op R352 214. n Groep van die leierskap van die gemeente het op 20 Aug 2017 bymekaar gekom om die stand van sake te bespreek en het met kommer daarvan kennis geneem. Daar is ook gekyk na n paar kort- en langtermynoplossings. Dit sal ook weldra geimplementeer word, maar intussen wil ons n beroep doen op al die lidmate om weer hulle dankofferbydrae te oordink en moontlik aan te pas. Veral dalk die 456 potensiële bydraepunte, (huishoudings / gesinne), wat tans niks bydra tot die finansiële oorlewing van hierdie gemeente nie, om dit dalk weer te heroorweeg. Hierdie bydrae wat elkeen moet gee is nie n soort ledegeld nie, maar eerder ons dankbaarheid teenoor die Here vir Sy voorsienigheid en versorging aan ons in ons daaglikse behoeftes en dit wat Hy dus so weer aan ons toevertrou het as Sy rentmeesters, waarvan ons n deel so uit dankbaarheid wil teruggee (2 Kor 9:6-15). Ons is ook dankbaar teenoor die 99 lidmate of huishoudings wat tans met ruim harte uit dankbaarheid meer as R25 000 per jaar bydra en so deel is van n groep wat ook tans 52% van die gemeente se inkomste uit hierdie bron voorsien. Dankoffer-inligting Maand Aantal potensiële *bydraepunte Aantal punte wat geen beloofde bydrae gemaak het nie Aantal punte wat beloof het maar geen bydrae maak nie Aantal punte wat agterstallig is Getroue bydraers Mei 2017 *1 179 **(1 818) 422 35,79% 120 10,18% 98 8.31% 539 45,72% Junie 2017 *(1 184) **(1 826) 423 35,73% 114 9,63% 99 9,71% 548 44,93% Julie 2017 *1 179 ** (1 815) 411 34,86% 111 9,50% 112 9,50% 545 46,14% 8

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt Maniere van afdra van Dankoffer Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer per maand beloop en wat oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat n minimum van R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor hoef te subsidieer nie. Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van n anonieme inbetaling.) Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening. Debietorder: Reël met kerkkantoor by kantoor@gkwapadrant.co.za of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html Nog n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal: 1 OKTOBER 2017-25 MAART 2018 Kontemporêr 08:15 Klassiek 10:00 Straatkafee 18:30 9

Kom luister saam na Ben op 17 September om 17:30 in die saal Kom luister saam na Ben by WAPADRANT PRAAT SAAM op 17 September om 17:30 in die kerk Koekverkoping Ons het verneem dat Hantie Schutte se rolstoel nie meer aan haar behoeftes voldoen nie en dat n ander stoel, wat heelwat gaan kos, benodig word. Ons het dus besluit om al ons beskikbare fondse asook die volgende paar koekverkopings se winste, uitsluitlik vir hierdie doel aan te wend. Ons doen ook n beroep op die gemeente om geldelike donasies vir hierdie verdienstelike saak te maak. (Die bankbesonderhede is ABSA, rekeningnr. 932-141-1060, takkode 632005) Die volgende koekverkoping vind plaas op 17 September tussen die twee oggenddienste. Enige skenkings van gebak sal baie waardeer word. By voorbaat dankie, Kleingroep G28 Kontakpersoon Kobie de Ronde 0795105482 Die MAAND-KRANT is elektronies beskikbaar op die WEBWERF BY http://www.-wapadrant. co.za/maand-krant BEST BUILD (PTY) LTD NHBRC geregistreer Nuwe huise Motorhuise Grensmure Badkamers Waterdigting Verf Teëls Plafonne Aanbouings GRATIS KWOTASIES Adriaan Smit - 083 457 4301 10

Sonskynkinderkamp 3-5 Julie 2017 Die Sonskynkinders is n groep laerskoolkinders wat by Wapadrant Gemeente gehelp word by die Naskoolsentrum. Hierdie kinders is baie energiek en vol moed vir dit wat vir hulle in die lewe voorlê, ten spyte van hulle daaglikse omstandighede. Ons het besluit om vir hulle gedurende die Julieskoolvakansie op n kamp te neem. Op die kamp het ons die tema Jesus maak my nuut gevolg. Ons het gesels oor hoe die Here ons help om bo ons omstandighede uit te styg, al is daar uitdagings in ons lewens. Verder het ons ook verskeie buitelugaktiwiteite vir hulle aangebied soos lae toubane, muurklim, boeresport en dan ook die zipline. Al die opgewondenheid kon ek tasbaar ervaar tussen hulle vandat hulle uit die bussie geklim het tot aan die einde van die kamp. Voorwaar was dit n fantastiese geleentheid om met hulle te kon kuier en sien hoe hulle ook nuwe dinge ontdek en ervaar. Die grootste voorreg was dan ook om te kon sien hoe hulle die liefde, wat God vir hulle elkeen het, te ervaar in die saampraat en saamspeel. Ek kan ook met sekerheid sê dat ek ook net soveel by hulle ontdek het wat dit beteken om weer soos n kind op ons Hemelse Vader te vertrou. Hierdie was n regte sonkyngeleentheid om saam met hulle te deel, ek is baie opgewonde oor wat vir hierdie kinders voorlê. Daar mag nog geleenthede soos hierdie in die toekoms wees wat my baie opgewonde maak en n verwagting van hoop gee. Hierdie geleentheid is egter moontlik gemaak deur verskeie mense wat betrokke was deur middel van gebede, skenkings en donasies. Ons wil dan vir elkeen van hierdie individue ook opreg dankie sê vir hulle hulp en ondersteuning. Voorwaar was julle net so deel van die kamp en die ervaring wat hierdie kinders gehad het. Errol Mears Jeugwerker - Wapadrant Gemeente 11

Dis stil in dié klas. Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar ter wille van die dissipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind: "Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie die baadjie uittrek nie". Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer: "Kom Klaas, uit met die baadjie" en toe Klaas sien hy gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die verflenterde ou broek aan sy lyf. "Klaas waar is jou hemp?" vra mnr Buys. "Meneer, in ons huis is daar net een hemp en een baadjie en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer, ek het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was baie honger, en ek weet my boeties en sussie by die huis is ook so honger soos ek, toe dink ek hy sal nie eens agterkom dat die brood weg is nie. Hier is dit meneer, en hy plaas die oorblywende broodjies op die tafel. Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om sy emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan dat ek wel die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'n uitsondering kan maak nie", en Klaas kyk hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek verstaan". Hy buk, en net toe mnr Buys die rottang optel om die eerste hou te slaan, breek Jacobus se stem die stilte in die klas. "Wag Meneer, moenie hom slaan nie." Mnr Buys kyk na Jacobus en sê: "Nee, Jacobus, jy weet dat die straf toegepas moet word vir die oortreding van julle reëls". Ja meneer, maar moenie hom slaan nie. Hy was baie honger en het aan sy boeties en sussie gedink by die huis. Ek sal liewer in sy plek kom buk om sy straf wat hy moet kry te vat." En Jacobus staan op en stap vorentoe. Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het Iemand reeds voor die VADER gestaan en gesê, Asseblief VADER moenie hulle straf nie, EK sal in hulle plek die straf op MY neem. Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdie nuwe week, opnuut vir God dankie te sê vir die straf wat HY namens ons verduur het. 12

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of tollig@woodlandsnet.co.za PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 27 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 3-9 SEPTEMBER Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509 10-16 SEPTEMBER Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 17-23 SEPTEMBER 2017 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509 24-30 SEPTEMBER 2017 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 1-7 OKTOBER 2017 Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509 8-14 OKTOBER 2017 Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Izabel Pretorius: 991 2727 / 072 368 3630; KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869 Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 27 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry); Anmarie Steyn: 082 562 2839 3-9 SEPTEMBER Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Annemarie Bekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma); Anmarie Steyn: 082 562 2839 10-16 SEPTEMBER Nancy Snyman: 803 1561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650 539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 562 2839 17-23 SEPTEMBER 2017 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry); Anmarie Steyn: 082 562 2839 24-30 SEPTEMBER 2017 Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Annemarie Bekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma); Anmarie Steyn: 082 562 2839 1-7 OKTOBER 2017 Nancy Snyman: 8031561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650 539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 562 2839 8-14 OKTOBER 2017 Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry); Anmarie Steyn: 082 562 2839 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MED FORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKA- RANDA, UROLOGIES André Sandilands: 081 205 8669 MUELMED, HART-HOSPITAAL Aat & Thea v d Dussen: 082 3323 0855 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Vorster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Anet Hofmeyer: 072 5312 378 Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509 Matty Coetzee: 072 330 1545 Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jy hospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese prosedure by admin@gkwapadrant.co.za of (012) 991 5623 13

Spirituele begeleiding is n gespreksmetode wat deur die eeue in die Christelike kerk ontwikkel het. Dit was altyd meer bekend in die Rooms-Katolieke en Anglikaanse tradisie, maar in baie Protestantse kerke het dit die laaste jare n waardevolle rol begin speel. Die doel is die bevordering van jou eie geestelike reis. Gewoonlik is dit van groot waarde hiervoor. Dit gaan oor hoe jy jou verhouding met die Here ervaar en oor wat die Here aan die doen is in jou lewe en persoonlikheid. Dws die werkwyse is psigo-spiritueel in die sin dat jy en jou begeleier ook na jou persoonlike ontwikkeling kyk as deel van jou spirituele ontwikkeling. Hoofsaaklik loop die begeleier nie voor jou uit nie, maar agter jou aan om jou te help sien en ervaar. Wat gewoonlik goed werk, is om mekaar eers so viermaal vir ongeveer n uur te sien, min of meer twee weke uit mekaar, en dan evalueer die twee of hulle vir sowat n jaar wil aangaan op maandelikse basis. Daarna kan dit maandeliks of met n laer frekwensie voortgaan, of die proses kan vir eers afgesluit word. Sommige begeleiers vra n donasie en ander n fooi van ongeveer R330 per sessie. Die kursus word in 7 blokke van 3 dae aangebied oor n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening. Meestal by Stellastraatgemeente van die NG Kerk in Brooklyn, en gedeeltelik by retreatsentra naby Pretoria. Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel. Predikante kan 150 VBO-punte verdien. Daar is sewe aanbieders betrokke. Volgende jaar se kursus sal die negende een wees. Aansoeke sluit 30 September 2017 Kursus begin op 18 Februarie 2018. Volledige inligting te kry by wnicol@mweb.co.za of 083 966 7831. 14

Omkring die versteekte prentjies. Kan jy almal kry? 15

Sommige mense reken dat die Kleuterkerk van Wapadrant net die kleuters besig hou met speletjies. Dit is gewis nie die geval nie. Die tannies by die Kleuterkerk maak die Bybelverhale lewendig en prakties. Vanjaar word dit aan die hand van beroepe gedoen. Sommige verhale moet abstrakte konsepte op n 3- tot 4-jarige vlak tuisbring. Dit was die geval met die tema Ek sal bou aan God se koninkryk aan die hand van van Nehemia. Tannie Corlia het pragtig verduidelik dat daar rondom die stad Jerusalem n muur gebou is om almal te beskerm. Na die oorlog met Babelonië is hierdie muur vernietig en moes herbou word. Die kleuters kon prakties bouers wees en die muur herbou met tandestokkies, malvalekkers en jellietots. Hoe weet jy of die les suksesvol was? Wanneer n seuntjie na Kleuterkerk opgewonde vir sy mamma vertel: En toe hulle by hul plek kom, was die mure afgebrand en dìt was n groot probleem! Sr. Strydom Podiatriese Voetdiens Evaluasie, toonnaelversorging en opvolgbesoek in die gemak van jou eie woning. Vir navrae skakel my gerus by 083 709 9004 Sr. Ronel Strydom Geregistreerde Verpleegkundige Wiskunde Ekstraklas Gr 8-12 R200 per uur vir een-tot-een-klasse. Om te bespreek kontak Christelle Robbertse by 072 684 8078 Netjiese, veilige studentewoonstel in Malherbestraat, Potchefstroom te koop 80m van suidelike NWU-kampushek en naby Bult. 24h sekuriteit en onderdakparkering. R460 000. Skakel Edmund, 083 3911 065 Grondslagfaseonderwyseres met 35 jaar ondervinding bied Wiskundeklasse vir leerders van Gr.1 tot Gr.3 Kontak Louise Snyman in Wapadrand: 0834569724 9-stuk gegote wit ystertuinstel @ R7 000. Dit sluit n tafel, 6 stoele, ligstaander (met 7 ligte) asook blompotstaander in. Kontak Frikkie by 079 763 5734. Heerlike Hollandse stroopwafels te koop. Een pakkie het 12 wafels = R40.00 Kontak Helene Tollig 012-8070891 of 083 9477835 Vrylopende kapokkies te koop. Besigtig dié prag-kapokkies op die kerkterrein. Kontak Seni by 082 256 3901. 16

In die Bybel verteenwoordig die getal 15 rus, maar op 19 Augustus (en verseker die dae vooraf), is min gerus. Nee, daar is gewoel en gewerskaf om alles gereed te kry vir die VYFTIENDE Damesoggend ten bate van Paul Kruger Kinderhuis. Hierdie jaarlikse instelling word deur Kameeldrifgemeente se dames georganiseer. Die 64 gasvroue het fluks beplan, gebak en getooi om 768 gaste te onthaal by n onvergeetlike oggend saam met Drie van die bestes (Danie Niehaus, Kevin Leo en Mathys Roets) asook gasspreker Sheri Brynard. Verskeie dames van Wapadrant het hierdie uitsonderlike oggend bygewoon en ook as gasvroue opgetree. Hulle was Ineke du Prees, Helena Aucamp, Rianette Weideman, Suritha Aucamp, Lihana vd Walt, Elmarie Mosterd, Marie van der Merwe, Jowika Willemse en Lize Coetsee. Die tafels is met groot sorg gedek en getooi. Tydens die geleentheid is die pragtige bedrag van R165 000 is aan die Kinderhuis oorhandig. 17

D U I T S E R N I S E A B C D E F G H I J H M E L M N O P Q R S I P U U R V W E X Y Z A B C A P G S E F N G H B L O E D I G G J K A L M N O P S D Q I E R S K I U V W X W A Y E B Z A N B C D E P E S F S O G H I U T K L M R N O P R Q R R S T U H A E L V W E X Y P Z A B C D E F G H N U J S T E E K V L I E E E L O K L M N O P Q R S T S U V Tien Plae Kopkrapper As jy mooi kyk sal jy die tien plae van Egipte tussen al hierdie letters opspoor. 18

REFORMED CHURCH MAKOLOKWE Aangaande die nood by die Gereformeerde Kerk Makolokwe skryf ds. Jack Lekalakala: In verband met ons spesifieke nood, ons is besig met n fondsinsameling vir n bouprojek in een van ons wyke. Ons vergader elke Sondag in n sinkhuis. Dit is moeilik in die somer, veral wanneer dit begin reën en in die winter is dit maar koud. Ons het tot dusver geen elektrisiteit nie. Die grond behoort aan die kerk. Hierdie sinkhuis (foto regs) is maar een van ons preekpunte en het vyftien families met n potensiaal om te groei. Ons gebruik nog steeds die long drops en daar is geen munisipale water nie. Indien u betrokke wil raak, kan u kontak maak met: Ds. Jack Lekalakala 083 368 3025 of lekalakalamjds@gmail.com Donasies kan gemaak word aan Reformed Church Makolokwe, FNB, takkode 254005, rekeningnommer 62458730465 Dis Heerlike Lente! 19

Bybelse Beloftes wanneer jou finansies druk Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!... Selfs leeus ly gebrek en kry honger, Maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie. Psalm 34:10-11 Psalm 34:11 herinner n mens dat ons ons hemelse Vader se hulp kan vra vir enigiets, ook wanneer jy finansieel noustrop trek. Maar kom niks kort van al die goeie dinge nie kan ook slaan op meer as bestaansmiddele. Sê Deut. 8:3 dan nie dat n mens nie net van brood kan leef nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom? En in die Nuwe Testament voeg Jesus by: Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? (Matt. 6:25) Gee, en vir julle sal gegee word: n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. Lukas 6:38 Koos du Plessis Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my. Elke afdraaipaadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het U my iewers kom haal, maak dit Heer die laaste maal. Elke dag is 'n gedagte, elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, net 'n skadu teen die muur. Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Eintlik smag ek na U waters van rus. Lei my Heer vanaand daarheen. 100 Hoera s vir oom Ben! Op 15 Augustus is oom Ben Buys se 100ste verjaarsdag in Wapadrant se kerksaal met groot opgewondenheid gevier. Verslaggewer, Danielle Garrett, was teenwoordig om dié geleentheid te verewig in die Pretoria-Oos Rekord. Verskeie vriende en familielede het hierdie uitsonderlike geleentheid bygewoon. Lees gerus die volledige artikel by http://rekordeast.co.za/142400/plaaslikewiskunde-boffin-vier-100e-lewensjaar/ Agter van links: Valerie Buys (niggie van Ben Buys), Elsie du Buy (dogter van Ben Buys), Fransie Potgieter (niggie van Ben Buys), Schalk Potgieter, Frans du Buy (skoonseun van Ben Buys) en Jan Lubbe (swaer van Ben Buys.) Voor: Leonora van der Merwe (suster van Ben Buys), Ben Buys en Arina Lubbe (suster van Ben Buys). Foto: Danielle Garrett 20