make your dream a reality

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Mandala Madness Deel 2

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

INSKRYWINGSVORM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Direkte en indirekte rede *

Tariewe

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mosselbaai Munisipaliteit

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

DIE GHOEMA AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

LAERSKOOL BRACKENFELL POSSUMUS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Aansoek om Toelating

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

SIZA takes the sting out of auditing

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

Government Gazette Staatskoerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Annebelle Smit. Curriculum Vitae. ID Number: Cell number: +27 (0) address:

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

die ArtKat Jaar program

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

Transcription:

make your dream a reality

Wat bied LIVE ARTS LITTLE THEATRE my wat ander studios nie bied nie? Ons bied met ons klein klasse maksimale individuele aandag met topgehalte, gekwalifiseerde onderwysers. Ons is die enigste studio in die land wat sedert 2009 reeds 22 leerders na die ATKV LANDSWYE FINAAL vir redenaars gestuur het, en het ook al 9 NASIONALE WENNERS vir Radikale Redenaars opgelewer. Ons fokus op die individu se talent en ontwikkeling Die studio bied aan leerders die geleentheid om hul talente op n groter intreevlak tot die bedryf uit te leef, omdat ons op teater sowel as Televisie tegniek werk. Leerders volg die SA Drama Kollege se kurrikulum wat ontwikkel is om op die volgende aspekte te fokus: Kreatiwiteit en ontwikkeling van die kreatiewe individu, Selfbeeldvorming, Fokus en konsentrasie, Redenaars, Eisteddfod/Kunswedstryd, Karakterontwikkeling, Stemproduksie, Kritiekhantering, Mimiek & Bewegingsdrama, Improvisasie, Vertolkingstegnieke van prosa, poësie, monoloë en tekste, Kreatiewe skryfwerk en Poppeteaterer. Daar is kwartaalliks werkswinkels deur top kenners in die industrie. Twee maal per jaar bied die studio n STUDENT SHOWCASE aan waar leerders die geleentheid kry om voor n gehoor op te tree met agente en persone van die industrie wat kom insit in hierdie wonderlike vermaaksaande Leerders ontvang kwartaaliks evaluasiestate, asook vorderingsverslae wat by elke gedig geplaas word. Elke maand word daar produksies by die teater aangebied deur professionele kunstenaars. Bekendes wat al by ons opgetree het sluit in: Nianell, Rocco de Villiers, Nadia Beukes, Kobus Muller, David Louw, Jonathan Roxmouth (Phantom of the Opera), Jaco van Rensburg (High School Musical), Gera Phielix, Jan Blohm, Sheraaz, Anders, NRG en nog n hele rits bekendes wat die teater op gereelde basis besoek! Talle van ons leerders was ook al in advertensies, radio en televisie asook rolle in reekse soos KykNET se Sterrelopers, Bloedbroers en Films soos Spook van Uniondale en Van Agter die Deur.

Fooie 2017: Die afsnydatum vir die betaling van fooie is voor die 5de van elke maand. Dit is n verleentheid om vir fooie te vra en daarom moet voorsiening gemaak word indien jou eerste klas na die 5de van n maand geskied. Uitstaande geld sal deur die teater se boekhouer gekollekteer word. Fooie is betaalbaar 12 maande van die jaar. Lede se fooie word per maand, en nie per klas bereken nie en is vooruit betaalbaar. Agterstallige fooie sal tot gevolg hê dat studente klas geweier word en onttrek sal word van alle kompetisie deelname. OUERS WAT VOOR FEBRUARIE 2017 DIE JAARLIKSE FOOI BETAAL ONTVANG 10% KORTING. Basiese Spraak en Drama Klasse: Drama Klasse Graad RR-R: Eenmalige Registrasiefooi : R450 per maand (Tot Des.) R280 per maand (Tot Des.) R150 Ouers met meer as een kind ontvang R30 korting per kind. ATKV/Kompetisie Toesprake (VIR LALT STUDENTE): Graad 1-3 - R470 Graad 4-5 - R520 Graad 5-7 - R570 Graad 8-12 - R600 ATKV / Kompetisie Toesprake (VIR BUITESTAANDERS): Graad 1-3 - R550 Graad 4-5 - R580 Graad 6-7 - R600 Graad 8-12 - R650 Addisionele klasse: R150 per uur vir lede Privaat Klasse: R200 per uur vir nie lede Bankbesonderhede: National Arts Association FNB Business Cheque Account 62390784497 Verwysing Naam van kind ONTHOU DAT KONTRAKTE GELDIG IS TOT DIE EINDE VAN DIE JAAR WAARIN HUL GETEKEN IS, DUS IS JY VERANTWOORDELIK VIR BETALING TOT DESEMBER. INDIEN OPSEGGING VOOR DIE JAAR TYDPERK SOU GESKIED MAG DIT SLEGS SKRIFTELIK GEDOEN WORD, MET DIE VOLLEDIGE BETALING VAN 2 KENNISMAANDE.

Drama-reëls Klasgelde moet altyd op datum betaal word. Leerders se klasse begin stiptelik. Indien jy laat is verbeur jy jou eie tyd en mag jy nie inbraak maak op ander leerders se tyd nie. Ouers moet asseblief n afspraak maak indien hul iets wil kom vra of uitvind, aangesien dit klastyd steel indien ons administratiewe take in klastyd moet hanteer. Indien leerders klasse mis is dit NIE die teater se verantwoordelikheid om hierdie klasse in te haal nie, en sal n addisionele klas bespreek moet word indien leerders nie by n ander sessie in dieselfde week kan inval nie, of dus die les verbeur. Indien jy nie n klas gaan bywoon nie, MOET jy verskoning maak per SMS of verbaal. Goeie maniere en n positiewe gesindheid maak die lewe soeter Sê altyd asseblief en dankie en moet nooit iets van die wêreld verwag nie Dit wat jy insit kry jy uit en elke asemteug is genade van Bo. Leef dan ook asof elke oomblik op daardie stage genade is! Werk hard en sorg dat jy ALTYD voorbereid klas toe kom. Om een maal per week by klas te oefen is nie genoeg nie! Daar moet elke dag tuis ook geoefen word. Drama is daar vir afronding en bevordering van die talent NIE die leer van woorde nie. Onthou jou Drama boek dit is ons kommunikasiemiddel vir wanneer ek nie fisies daar is om te sê waaraan jy moet aandag gee nie. As jy ooit onseker is VRA! Lees gereeld jou SMS e en E-posse. Alle briewe sal ook op die kennisgewingbord aangebring word en dit is jou EIE verantwoordelikheid om ingelig te wees. Alle informasie, datums ens. sal altyd daar beskikbaar wees. Fone sal NIE tydens klastyd vir administratiewe doeleindes geantwoord word nie. Bel asseblief slegs as dit n noodgeval is. SMS gerus of stuur n E-pos indien dit nie ons dringende aandag verg nie, ons sal altyd terugvoer gee sodra ons kan. GEEN kougom word in die teater toegelaat nie. Dra altyd gemaklike klere wat geskik is vir beweging. Maak altyd jou eie verhoog skoon. Leerders moet ten alle tye in hul drama-uniform optree wanneer hul aan n kompetisie deelneem en die teater se naam ten alle tye hoog hou. Goeie maniere is van uiterste belang! Maak drama n prioriteit ons is ernstig oor ons werk en verwag dat jy ook ernstig sal wees oor jou God gegewe talente. BETAAL OP TYD Indien daar n probleem met betaling is, laat weet ons en ons kan n plan maak maar as geen reëlings getref word nie, sal daar ook GEEN KLAS wees nie.

Louw Breytenbach - Eienaar Received a scholarship to the New York School of Film and Television 2007 Feature role in 7de Laan 2008 2010 Talent America Competition Third place winner in New York. This was only the second time in 36 years that an acting piece has reached the final round. 2010 Acting Performer of the year Award Talent America New York World Acting Champion ages 16-24 (World Championships of performing arts Los Angeles 2005 & 2007), Over-all Acting Grand Champion (S.A. championships 2008) Boksburg Celebrity of the year award 2005 & 2007 Post Studies: 2012 - Pages of Note - Krekvars Arts Festival 2012 - Kabous die skelm Kersfeeskous - Knypiekat teater 2013 - Avonture van Tjoekie & Katrien - (Educational Theatre) 2013 - Vellies & Feathers - Cabaret 2013 - Die Onbepaalde - Kortfilm vir KykNET Silwerskermfees 2014 - Pages of Note - Grahamstown National Arts Festival 2014 - Derde Verdieping - Aardklop Nasionale Kunstefees 2014 - Midnight Pretoria - Kortfilm TUT Filmfees 2014 - Musiek-Musiek - E.TV 2014 - Kersvader & Skemer Skattejag - Stoute Posbus Produksies 2014 - KKNK Joernalis vir kknk.co.za - KKNK Tweesent 2015 - Aanbieder vir Fashion Mondays - DSTV AFRICA NEWS NETWORK 2015 - SupermodelsSA - S A Fashion week reporter 2015 - Lek jou Lippe Af - Series for VIA DSTV 147 2016 - Van Aardes van Grootoor - Pieter Dirk Uys, Montecasino 2017 - KykNET ChatNOU! - Inhouds Koordineerder Qualifications: Diploma in Speech & Drama (Cum Laude) - Speech and Drama College of South Africa Member of the South African Drama Guild Certificate in Creative Writing and Journalism (Intec) Currently completing degree in Christian Based Education (Team Impact Christian University) Accredited ATKV Redenaars Adjudicator since 2008 Adjudicator for University of Johannesburg, TUKS and NWU. Adjudicator for Germiston Eisteddfod, Con Spirito Eisteddfod, Nelspruit Eisteddfod, Benoni Eisteddfod Completed an advance course in TV Acting, stage presence and drama through Brumilda van Rensburg. Completed an advance course in Acting for Screen through Jacques Bessinger Attended acting classes in New York presented by Ron Milky (I know what you did last Summer) Chief Adjudicator for Emnotweni Eisteddfod 2012 2016 Director of the National Arts Association of South Africa Editor for online site Die Reviewer (www.diereviewer.co.za) Journalist & Lifestyle Editor for SupermodelsSA & Supermodels - Africa Magazine Louw published his first book in 2007 under the title Volmaakte gebrokenheid Louw, since 2008, has adjudicated more than 500 talent competitions including Redenaars, Public speaking, modelling and drama competitions in South Africa, New York and Croatia.

Van: Noem Naam: Geboorte datum: Ouderdom 2017: Graad 2017: Huisadres: Aansoekvorm 2017 Beroep (ouer): Werksadres: Kontaknommer H: W: C: E-pos: Addisionele E-pos: I.D. Nommer (Ouer/voog): Student selfoon: Allergie: Hiermee onderneem ek, die ouer/voog van om aan die reels en betalingsvereistes van Live Arts Little Theatre te voldoen. Ek het die reels en betalingsvereistes deurgelees en verbind my tot die dramaskool vir die oorblywende tydperk van 2017. Indien ek opsegging van die kontrak sou aankondig onderneem ek om dit skriftelik te doen met die volle betaling van 2 kennismaande soos in ons ooreenkoms bepaal. Ek onderneem op BETYDS voor die 5de van elke maand klasgelde te betaal. Geteken op die dag van die maand van 2016 / 2017 Handtekening:

Kontrak Om beide partye te beskerm en te verseker dat duidelikheid oor die kontrak bestaan, word daar melding gemaak van die volgende aspekte waaraan verbintenis beken word deur die ondertekening van hierdie dokument. Derhalwe getuig hierdie ooreenkoms as volg: 1. Die kontrak tree inwerking vanaf die aansluitingsdatum van die leerder en is geldig tot die einde van 2017. 2. Die student verbind hom/haar uit vrye wil en met die toestemming van die ouer/ voog aan die studio. 3. Die klasgelde sal voor of op die bepaalde datum betaal word. 4. Indien gronde bestaan vir kontrakbreuk en/of opsegging deur enige van die betrokke partye plaasvind, moet daar so doende melding gemaak word met Twee Maande (60dae) SKRIFTELIKE kennisgewing asook die betaling van die volledige twee maande wat volg. 5. Indien opdrag gegee word vir die skryf van toesprake, en die latere opsegging van die betrokke taak plaasvind, sal die verantwoordelikheid van die vergoeding daarvoor steeds by die kliënt lê teen die tarief van die voltooide taak. 6. Tekste, boeke of kreatiewe-materiaal van die onderneming bly die eiendom van die onderneming weens redes soos kopiereg en algemene handeling van die onderneming en mag nie sonder toestemming gebruik, gepubliseer of opgevoer word nie. 7. Die student en ouer vrywaar die onderneming en afrigters van enige uitslae of beoordeling wat nie na verwagting is nie. Hiermee verbind ek, I.D nom., ouer/voog van myself aan Live Arts Little Theatre, soos ooreengekom. Geteken op die dag van die maand 2017 te Boksburg. Louw Breytenbach Ouer/Voog

Deelnameverslag 2017 Naam: Graad: Omkring asseblief die items waarvoor ek tekste moet voorsien. Neem kennis dat ek nie die leerders vir hierdie items inskryf sonder DIREKTE opdrag en BETALING voor elke kunswedstryd se sluitingsdatum nie. Hierdie lys is slegs om te verseker dat geeneen van ons kinders dieselfde item op n kunswedstryd lewer nie. Ouers moet asseblief sover moontlik die leerders self inskryf. Leerders moet ten alle tye hul drama uniform of lapelwapen tydens optrede dra wat tydens registrasie ontvang word. LW. Slegs VOORBEREIDE items word hier gelys: Afrikaans: Eie keuse Poësie Limeriek Gedramatiseerde Poësie Vertellende Prosa Gedramatiseerde Prosa Monoloog Bybelprosa Voorbereide Redenaars Voorbereide Mimiek Voorbereide Lees Samespraak Konsertvoordragprogram (slegs Hoërskole) English: Own choice Poetry Dramatised Poetry Narrative Prose Dramatised Prose Monologue Bible Prose Prepared Public Speaking Prepared Mime Prepared Reading Dialogue Limerick