KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

BenguFarm Bestelvorm

Uit Moerdijk se pen Man en Media

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Rut: n Liefdes Verhaal

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Direkte en indirekte rede *

SIZA takes the sting out of auditing

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Feesprogram / Festival Programme

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Mandala Madness Deel 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

Belangrike biodiversiteitsgebiede en die implikasies vir mynbou Mariette Liefferink

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

OMGEWINGSGESKIEDENIS EN DIE UITDAGINGS VAN

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Die rol van oraliteit en identiteit in die bevordering van gemeenskapseie woordkuns in Suid-Afrika

ʼn Ondersoek na entrepreneuriese oriëntering by geselekteerde openbare skole in Gauteng. J.H Malan

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

The doors of learning and culture shall be opened. Perspektiewe oor die verandering van institusionele kultuur.

Jaarverslag (tydperk: 1 Februarie Maart 2006)

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

CBI maandvergadering Sukses hang af van vennootskappe

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ʼn Kritiese ondersoek na die stand van Afrikaanse professionele Jeugteater in Suid-Afrika na 1994

Hoe om krag te spaar

Die invloed van diversiteit op die funksionering van skoolbeheerliggame in die Laingsburg Onderwysstreek

Direkteur van die NWU-PBS nou voorsitter van die AHi

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

Die uitdaging van biografie-skrywing: n lewe van Betty Pack

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

VISIE 2040 EN STRATEGIESE RAAMWERK

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

Visekanselier voorste in Afrika. Letterkunde bly dekaan se eerste liefde. Minister prys NWU-navorsing. Eish! is n wenner

Nasionale Werkswinkel 7-11 Junie 2015 Kaapstad, Suid Afrika

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

ledige begrip van die bele doel en struktuur van die Regering se skema vir die opvoeding van volwassenes. Die wese daarvan is dat die strewe en die

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE

FishersNet. Aanslag op vissers gaan voort. Hulle kon nie wettig hulle bote op die see uitneem of hulpbronne oes om n bestaan te maak nie.

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

'n Menswetenskap in onmenslike tye: Dreyer Kruger en die fenomenologiese sielkunde in Suid-Afrika,

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

NARRATIEWE PASTORALE TERAPIE MET BROODWINNERS TYDENS 'N RASIONALISERINGSPROSES. deur ELIZABETH GARDINER

universiteit stellenbosch Verslag aan Skenkers verslag 2014

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MOTIVERINGSPLAN GEBARE-BOERE

Terugvoer oor wetenskapsleer 2003 met spesiale verwysing na die BWI en IT studente

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

Transcription:

Vir uitreiking Maandag, 9 April 2018 KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA Die Vrystaat Kunstefees en die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika het n verslag bekendgestel wat uiteensit hoe die kunste en kultuur n meer omgewingsvolhoubare en -billike gemeenskap vorm. Towards a Regenerative Culture onthul n diverse verskeidenheid projekte in lyn met nasionale beleidsdoelwitte om oor te skakel na n lae koolstof- en regverdige ekonomie teen 2030, insluitend energiedoeltreffendheid en volhoubare infrastruktuur; volhoubare voedingstelsels, landgebruik, herbebossing en biodiverse bewaring; toenemende openbare bewustheid en klimaatsverandering en effektiewe politieke voorspraak; samewerking oor dissiplines heen; en holistiese besluitneming wat mense, die ekonomie en die omgewing ewe veel dien. Sleutelbevindings sluit in: n Diverse en deskundige gemeenskap van kunstenaars, skeppende praktisyns en kulturele organisasies dwarsoor die kulturele en skeppende bedrywe pak reeds sake verwant aan klimaatsgeregtigheid, verskaf leierskap op voetsoolvlak om die gaping tussen nasionale beleidsdoelwitte entoepassing kleiner te maak. Artistieke en kulturele projekte verwant aan klimaatsgeregtigheid lewer dikwels bydraes tot sosiale resultate, insluitende sosiale kohesie en ekonomiese bemagtiging. Fondse vir projekte is beperk, met baie kunstenaars wat self hul inisiatiewe befonds bo en behalwe amptelike steun van n verskeidenheid Suid-Afrikaans en internasionale skenkings. Die sektor se impak op klimaatsgeregtigheid kan versterk en verhoog word met strategiese koördinering en belegging. Die volle verslag is hier te kry: http://bit.ly/cultureclimatejusticesa Die verslag het lig gewerp op aktiewe en deskundige kunstenaars en kulturele leiers wat omgewingsuitdagings onder die aandag bring, verskaf nuwe perspektiewe en bied nuwe narratiewe oor ons verhouding met die natuurwêreld; werk met gemeenskappe om hul lewens rondom klimaatweerstand en ekonomiese volhoubaarheid te (her)ontwerp; skep nuwe prototipes van prosesse, materiale en tegnologie om eko-innovering te ondersteun; en geleenthede te fassiliteer vir beleidmakers, akademici en ander burgerlike deelhouers om meer skeppend te dink oor wat moontlik is. Die verslag gee ook aanbevelings wat hierdie praktyk kan verhoog om meer impak te hê en die kulturele sektor as n belangrike deelhouer in die oorgang na n klimaat-weerstandige en regverdige toekoms vir Suid-Afrika te posisioneer.

Dit is die gevolg van vennootskap en samewerking tussen die Vrystaat Kunstefees, die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrik en die Brits-gebaseerde organisasie, Julie s Bicycle n wêreldleier in kulturele aksie op klimaatsverandering. Dit is gelewer deur die navorser Sholeh Johnston as deel van n Clore-leierskapprogram werksplasing, ondersteun deur die Kunsteraad van Engeland. Professor Francis Peterson, rector en vise-kanselier, Universiteit van die Vrystaat, sê: Die Culture and Climate Justice: Towards a Regenerative Culture in South Africa-verslag is die resultaat van n besoek in 2016 deur die hoofuitvoerendebeampte van Julie s Bicycle, Alison Tickell, gesteun deur die Program vir Innovasie in Kunsteontwikkeling (PIKO), n inisiatief van die Universiteit van die Vrystaat en die Vrystaat Kunstefees, geborg deur die Andrew Mellon-stigting. Op die PIKO-forum oor die kunste en die omgewing in 2016 was me. Tickell die sleutelspreker, is n omvattende dokument voorgestel om die stand van die kunste en omgewingsaktivisme in Suid-Afrika te karteer. Sholeh Johnston het onderneem om die navorsing te doen en n aansienlike dokument met n breë siening van huidige praktyke in die land ontwikkel. Ek is besonder trots dat die Universiteit van die Vrystaat, deur PIKO, betrokke is by hierdie pioniersdokument n eerste vir Suid-Afrika. Ons het nou die eerste stap in n voortdurende proses voltooi danksy haar bydrae. Rosemary Mangope, hoofuitvoerendebeampte van die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika (NAC), sê: Suid-Afrika se oorgang na n omgewingsvolhoubare, weerstandig teen klimaatsverandering, laekoolstof ekonomie is tans die voorloper (2014-2019). Hierdie fase is n loods- en ondersoekfase wat fokus op die skep van n raamwerk vir die implementering van die oorgang na n omgewingsvolhoubare, lae-koolstof ekonomie. Dit sluit in die oopmaak van bepalende inperkings, dataversameling en die vestiging van grondlyninligting, en aanduidings wat sommige van hierdie konsepte en idees toets om te bepaal of hulle opgegradeer kan word. Die NAC is trots daarop dat hy die gasheer was vir die omgewingsvolhoubarespesialis, me Sholeh Johnston (Mei tot Junie 2017) om n studie te doen van dit wat reeds daar is wat opgegradeer kan word. Daar is n behoefte om kreatiewe interseksies tussen die kunste en die omgewing te identifiseer. Verandering hang van ons af. Ons moet individue word wat bereid is om op te staan en te sê dis tyd vir minder praat en meer doen. Dit is ons planeet en ons is sy plunderaars. Om die rol van kultuur in die uitdaging van omgewings- en sosiale uitdagings in Suid-Afrika sigbaar te maak, is n belangrike stap. Die kulturele sektor, sleutel- strategiese organiseerders en borge soos die NAC moet die pogings van die dapper, deskundige kunsgemeenskap, skeppende praktisyns en kulturele organisasies vanuit die kulturele en skeppende bedrywe steun wat reeds betrokke is by sake verwant aan klimaatsgeregtigheid en leierskap op voetsoolvlak verskaf om die gaping tussen nasionale bleidsdoelwitte en implementering te vernou. Annalize Dedekind, voorsitter van die Vrystaat Kunstefees, sê: Dat die kunste n groot rol speel in die skep van gemeenskappe, is nie voorbladnuus nie. Maar hierdie verslag beklemtoon die feit selfs meer, want dit is in ons teaters, met n palet en verfkwas in die hand, die skryf of lees van n boek, deur na musiek te luister of skeppende mense van uiteenlopende perspektiewe saam te bring dat ons vooropgesette idees kan verander. Uit die oogpunt van n kunstefees sien ons dit elke dag hoe die kunste help om mure af te breek en ons selfsin te verbeter.

Wat het ons beter as die kunste in al sy verskeidenheid vorms om verandering te bring oor belangrike sake soos die volhouding van die omgewing. Alison Tickell, hoofuitvoerendebeampte van Julie s Bicycle, sê: By Julie s Bicylce het ons keer op keer gesien dat om skeppende klimaatspraktisyns met hul eweknieë te verbind, en hul inspirerende werk sigbaar te maak, een van die magtigste katalisators is om verandering te verhoog. Hierdie verslag is n belangrike stap tot die verkryging van erkenning vir die kunste en kultuur as belangrike deelhouers in die globale klimaatsreaksie, en lê die impak en potensiaal bloot wat Suid-Afrikaanse kunstenaars en kulturele organisasies bied. Sholeh Johnston, navorsingshoof, sê: Suid-Afrika ervaar reeds erge gevolge van klimaatsverandering droogte, waterskaarste en mislukte oeste onder ander uitdagings. Die oorgang na klimaatsweerstand vereis massadeelname, verdeelde leierskap en skuiwe in bewustheid en gedrag: hierdie verslag demonstreer die belangrike rol van kultuur in daardie skuif. Dit is maklik om individuele kunstenaars en organisasies wat op plaaslike vlak vir verandering werk, mis te kyk, maar hul gekombineerde impak in hierdie grootprentnarratief is onmoontlik om te ignoreer. Dink net wat is moontlik as hul toegeweidheid, kreatiwiteit en kunde met strategiese steun aangevul word? Kontak Vir nuusnavrae kontak asseblief: Adri van Veijerin Ontwikkelingsbestuurderkonsultant adri.herbert@vodamail.co.za Spesifieke navrae oor die inhoud van die navorsing: sholeh.johnston@gmail.com Nota vir redakteurs Towards a Regenerative Culture is gelewer deur navorser Sholeh Johnston gedurende n intensiewe periode van navorsing in Suid-Afrika. Dit put uit onderhoude met 30 kunstenaars, kulturele organisasies, ontwerpers en kulturele beleidsmakers, asook lessenaarnavorsing. Dit bou op n voortdurende verhouding tussen Julie s Bicycle en die Vrystaat Kunstefees. Die behoefte vir n gekarteerde projek om die staat van die kunste en omgewingsaktivisme in Suid-Afrika te identifiseer is oorspronklik in 2016 voorgestel by die Forum oor Kunste en Omgewing van die Program vir die Innovering in Kunsontwikkeling (PIKO) ná n sleuteltoespraak deur die hoofuitvoerendebeampte van Julie s Bicycle, Alison Tickell. Die navorsing het plaasgevind gedurende n werksplasing wat gesteun is deur die Cloreleierskapprogram en die Kunsteraad van Engeland. Die verslag is te kry by: http://bit.ly/cultureclimatejusticesa

Re-Future project, Keith Armstrong, Mangaung, 2017 (Image courtesy of the Artist) Planet B, Well Worn Theatre, 2016 (Photo by Jonathan Jones)

Spider photo credit: Karoo Disclosure, 2015 Strijdom 4 credit: Strijdom van der Merwe, 2014