OKT 17 NR.3. R33 BUITE SA R28.95 excl VAT

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOëRSKOOL PORTERVILLE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

SIZA takes the sting out of auditing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Dialoog en paragrawe *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Hoe om krag te spaar

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Mosselbaai Munisipaliteit

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

G. J. du Preez

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Edgehog

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Rubriek vir skeppende werk

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Kerssangdiens. SA Gemeente

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Sterdansers by Vensters.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Transcription:

OKT 17 NR.3 R33 BUITE SA R28.95 excl VAT

GTB69898 Ons streef die uitsonderlike na. Soek na die verbasende, die ongewone, die onbekende. Hoekom? Omdat, maak nie saak hoeveel keer ons gesê word om te hou by wat van ons verwag word nie, ons altyd meer wil hê. Kry die sport-nutsvoertuig wat op onvoorspelbare terrein floreer, en reg is om op jou volgende buitengewone reis by jou aan te sluit. Kry n Ford EVEREST. FORD EVEREST

OKT 17 NR.3 OKTOBER INHOUD UITGAWE #3 [ OORDE ] ARTIKELS GROOTSTE 22 [OP DIE VOORBLAD] ONS VIND DIE LENTEBLOMME Richard van Ryneveld gaan saam met Jos and Elsabé Joubert van Abba Safari Campers om blomme te kyk langs die Weskus. Al was dit 'n droë winter, het ons gelukkig van die eerste lentebloeisels gewaar! Waar JY hul kan vind Velde vol BLOMME 32 [REIS] RONDOM LESOTHO Danie du Toit en sy vrou vat die pad op 'n maand lange avontuur wat hulle neem van Valsbaai in die Kaap, reg deur die Oos-Kaap, op teen die Suidkus van KZN, dan binnelands rondom Lesotho via die Vrystaat, en terug. 39 TEKEN IN, SPAAR & WEN! BUSH LAPA 1000 GUNSTELINGE R33 BUITE SA R28.95 excl VAT PLUS Jou briewe [ VOOR ] 3 Redakteursbrief 4 Briewe 8 Gons aanlyn 10 Toerusting 12 Kampnuus 16 Kalender [ AGTER ] 53 Kopkrappers 54 Lesersprojek 56 Werkswinkel 58 Resepte [ WINKEL & DIENSTE] 62 Spesiale tariewe 64 Topoorde in SA 76 Handelaars 84 Toerusting & Dienste 89 Digitale winskopies 90 Koop & verkoop 91 Tweedehands [ DATA ] 92 Voertuiggids 94 Sleepdata 46 [SLEEPTOETS] ISUZU X-RIDER Dis groot, dis rooi, en dit het spiere om te bult. Ons vat die Isuzu KB 250 X-Rider 4x2 Dubbelkajuit, haak 'n Bush Lapa, en neem dit vir 'n toets om te voel of hierdie bakkie sy sout werd is as 'n sleepvoertuig. 38 [OORDRESENSIE] SOMABULA NATUURRESERVAAT, GP 44 [OORDRESENSIE] LEEUPAN GUEST FARM, NK 50 [SOSIAAL] SKIPPER BYEENKOMS Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 1

PLUS Overland Adventure R50 Meer as 55000 kopieë verkoop in 2016 SA SE TOP-VERKOPER KARAVAANPARK & KAMPPEERTERREIN GIDS GROOT BUITELEWE R50 LESERS oord VAN DIE JAAR SOOS GESTEM DEUR JOU 2016 DIE 27 BESTE OORDE IN DIE LAND #1 SA SE 2017 GIDS LEKKERBLY GIDS DIE SPAN [ UITGEWER ] Godfrey Castle [ REDAKSIE ] REDAKTEUR Francois Huysamen SUBREDAKTEUR Marianne Peacock VERTALERS Marianne Peacock, Lesley Mackay, FNCreative BLADUITLEG Hayley Davis (hoof), Kyle Collison, Claire Barwick [ KONTAK DIE REDAKTEUR ] Skakel 021 702 4200 E-pos francois@caravansa.co.za 990 + KAMP- PLEKKE GELYS EKSKLUSIEWE REIS & TOER INHOUD VAT DIE PAD Verken vyf Kaapse roetes { SIT VOORT NOORD Namakwa, Tankwa, Augrabies, en meer Kaarte, GPS koördinate, Kontakbesonderhede, Webtuistes, Fasiliteite en Aktiwiteite, Ster-gradering NOU TE KOOP OOR DIE GRENS Ontdek die Namibwoestyn BEPLAN JOU VAKANSIE SAAM MET ONS! Die Groot Buitelewegids is Suid-Afrika se nommer 1 karavaanpark en kampeerterrein gids, en spog met van die beste bestemmings in die land. Ons 2017 uitgawe, wat nou op die rakke is, bevat kontakbesonderhede van oor die 990 oorde, gedetaileerde inligting oor 115 spog-oorde, en vereer die 27 beste oorde in Suid-Afrika soos gestem deur jou in ons Lesersoord van die Jaar kompetisie. Maar wag, daar is meer! Die Groot Buitelewegids 2017 is ook stampvol reis inhoud uit al ons provinsies, sowel as van buite ons land se grens. Stories sluit in: Kruger Park selfryroetes Ontdek die Namibwoestyn 8 groot passe in die Oos-Kaap Brits, Pilanesberg, Madikwe Toerisme-roetes van die Wes-Kaap Augrabies, Kgalagadi, Richtersveld... en meer! { SLEGS R50 [ ARTIKELS ] HOOFSKRYWER Richard van Ryneveld BYDRAES Nick Yell, Danie du Toit, NJ Mostert [ TEGNIESE VRAE ] Godfrey Castle godfrey@caravansa.co.za [ DIGITAAL ] HOOF: WEBBLAD Michael Slater DIGITALE INHOUD Cori Naidoo, David Kimberley SOSIALE MEDIA Francois Huysamen DIGITALE NAVRAE Paul Castle [ 079 475 1370 ] paul.castle@caravansa.co.za [ INTEKENARE ] 021 702 4200 subs@caravansa.co.za [ DIGITALE INTEKENINGE ] www.bit.ly/caravansubscribe www.mysubs.co.za/magazine/caravan-and-outdoor-life www.zinio.com/caravansa [ ADVERTENSIES ] BEMARKINGSHOOF Martin Coetzee [ 083 417 6230 ] martin@caravansa.co.za W KAAP, N KAAP, O KAAP Lyndi Burger [ 072 779 5832 ] lyndi@caravansa.co.za GAUTENG Toni de Lange [ 082 698 6051 ] toni@caravansa.co.za Paul Nelson [ 079 878 4546 ] Pauln@caravansa.co.za KZN, VRYSTAAT, N WES, Brian Jefferies [ 082 772 5555 ] MPUMALANGA, LIMPOPO brian@caravansa.co.za ADVERTENSIE NAVRAE Denise Reid-Daly sales.support@caravansa.co.za [ HOOFKANTOOR ] Tel 021 702 4200 Posbus 31062, Tokai 7966 47 Bell-singel, Westlake Business Park, Westlake, 7945 [ VIND ONS AANLYN ] www.caravansa.co.za [ 'LIKE' ONS OP FACEBOOK ] www.facebook.com/caravanoutdoorlife ISSN 2521-2494 B-BBEEE VLAK 6

REDAKTEURSBRIEF Water is lewe Ek het onlangs 'n ongelooflike dokumentêre reeks getiteld Africa gekyk. Die 2013 Britse TVreeks is gemaak deur die BBC Natural History Unit, en fokus op wilde diere en verskeie habitatte in Afrika. Die ses episodes van die BBC Earthreeks speel af in areas soos die Kalahari, Savanna, Kongo en die Kaap. Hoewel die episodes honderde tot duisende kilometers uit mekaar verfilm is, is daar steeds een element wat duidelik uitstaan in almal: water. Meer spesifiek, die ongelooflike impak wat water (of die tekort daaraan) het op die die natuur en oorlewing. Sonder water kan daar nie lewe wees nie. Die laaste episode van die Africareeks is getiteld "The Future", en fokus op omgewingskwessies wat Afrika se wilde diere affekteer, insluitend stroping, verlies van habitat, en klimaatsverandering. Dis daai laaste een wat my regtig bekommerd maak. Die watertema lê na aan my hart, veral met die huidige droogtekrisis die Wes-Kaap. Die kwessies van droogte en klimaatsverandering was ook in my gedagtes tydens September. Gewoonlik is hierdie die tyd van die jaar wat ons na die Weskus en op tot in Namakwaland reis om te gaan kyk na die pragtige blomme. Maar vanjaar het Augustus gekom en gegaan... geen blomme. Toe is September hier, en ons beplande toer met die Abba Campers kom al nader... steeds geen blomme. Ek het byna elke 30 minute na weervoorspellings gekyk, die windrigting dopgehou en gehoop vir wolke en reën. En daar kom dit! Op die dag waarop Richard die pad moet vat, is daar reën voorspel vir die Weskus, gevolg deur warm weer en sonskyn. Die perfekte weer vir die blomme om uit te kom. Ons het van die eerste blomme van die seisoen gevind. Blaai na bladsy 22 en kyk hoe pragtig lyk die veld. Net 'n paar uur na die reën is die gewoonlik groen-en-bruin landskap verander in 'n reënbog van kleur. Dít is die wonder van water. Indien jy in die Kaap is, maak seker jy gaan kyk blomme. Hulle is vanjaar 'n bietjie laat, so jy het nog tyd. En hopelik sal ons nog 'n bietjie reën kry, wat die blomme langer sal laat blom. Terwyl jy daar is (of net kyk na die foto's in die tydskrif) en die pragtige tonele geniet, onthou tog dat klimaatsverandering 'n werklikheid is, en dit dat van ons afhang om te verseker dat ons ons natuurlike skoonheid bewaar. Francois Huysamen Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 3

Kampvuur PRAATJIES STUUR JOU BRIEWE AAN EDITOR@CARAVANSA.CO.ZA Wenbrief SUIDKUS-NOSTALGIE Ek is al sedert ongeveer 1987 n ywerige leser van Caravan & Outdoor Life. Richard van Ryneveld se artikels geniet ek baie en ek kan nie wag vir elke volgende uitgawe om sy stories te lees nie. Ek het in Scottburgh en Park Rynie grootgeword en is baie lief vir die Suidkus. Nou woon ek in Durban en ek gaan gereeld met my karavaan in daardie omgewing kamp. In die jongste tydskrif oor die Hibiskuskus het julle by Fairhills-karavaanpark begin. Ek was nog nie daar nie, maar het elders daaroor gelees en ook terugvoering van vriende gehad. Omtrent dieselfde tyd toe Richard met die Skipper getoer het, was een van ons Trekkers-lede ook daar by die Skipper-groep. Hulle reël n paar keer per jaar n naweekwegbreek vir kliënte. Barbara en Les Prinsloo het n ruk gelede by ons "Uitspan" by Karridene aan my genoem dat hulle Richard daar gesien het, geesdriftig besig om foto s te neem. Toe ek en my huidige vrou in 1987 getroud is, het ek pas n nuwe Gypsey Caravette 6 gekoop en ons het ons wittebrood by Port O'Call deurgebring. Gelukkig kom Margaret uit n gesin wat kamp ken; dus was dit nie vir haar n probleem om só vakansie te hou nie. Ek het my loopbaan in die middel van die 1960 s in die bankwese begin en is toe verplaas na die eertydse Rhodesië. Na n wonderlike sewe jaar daar het ek teruggekeer na Suid-Afrika en was ek gelukkig om n pos in Scottburgh te kry waar ek die trotse eienaar van n Tour-away-kampwa geword het. Wat n wonderlike klein kampwa! Ek kon dit oral neem. Ongeveer 1978 het n jongerige man by die bank aangekom en n rekening geopen vir die ontwikkeling van n karavaanpark by Bazley. Ek kan nie sy naam onthou nie, maar hy het die park Hi-Lee genoem. Ek en my oorlede vrou moes seker een van die eerste besoekers by hierdie park gewees het en dit is nou die alombekende en wonderlike Mac Nicol s by Bazley Beach-karavaanpark. Dit was toe nog in die proses om ontwikkel te word. Ons was daardie eerste naweek die enigste mense in hierdie karavaanpark. In 1980 het ons na Kokstad verhuis vir n tydperk van agtien maande voordat ons in Durban beland het. Ek weet nie of julle al ooit by die Queensburgh Karavaanpark was nie. Dit is n juweel. Wanneer jy in dié park is, sal jy nie weet dat jy in n beboude gebied is nie. Dit is naby n kloof met die Umbilorivier wat daardeur loop. Daar is baie voëls. Hulle het eende en ganse wat oral rondloop en ook n paar konyne. Een van ons lede was verras om twee keer eiers wat op hul bed gelê is, te ontdek, want daar is n klompie henne in die omtrek. Ons Trekkers gaan twee of drie keer per jaar soontoe. Ons vier altyd ons eie Kersfees daar, met n Kersboom en Kersvader vir die kleinkinders die Saterdagoggend. In die aand het ons n tradisionele Kersete met kalkoen, gerookte ham en al die bykosse, voorberei deur of onder toesig van die uwe. Vanjaar sal ons Kersfees 1 tot 3 Desember wees. Beplan n reis hierheen en kom sluit by ons aan vir n dag en aand van pret. Dit sal lekker wees om mense van Kamp & Karavaan te sien en n bietjie te gesels. Hou aan met die goeie werk. Allan Shepherd 4 Kamp & Karavaan Oktober 2017

BRIEWE ENIGE STAANPLEK ONS SKUIF MAKLIK Dankie vir n wonderlike tydskrif. Met betrekking tot die bespreking van staanplekke in die Krugerwildtuin, voel ek die huidige stelsel werk die meeste van die tyd. Nou moet ek byvoeg dat ons n ryhuis het en ons beweeg eenvoudig net weg wanneer onaangename kampeerders met lawaaierige televisies of kinders, of antisosiale ligte naby ons kom kamp opslaan. As mens n staanplek toegeken word, kan jy egter soms n probleem hê wat nie opgelos kan word deur weg te beweeg nie. Dis juis om daardie rede dat ons Tsendze vermy. Ons het n gewoonlik n klein Uno op n A-raam met ons ryhuis gesleep en toe ons die Discoverer by die fabriek in Atlantis gekoop het en moes terugry Kenton toe, het ons die Uno teruggesleep. Ons het dit n paar keer op ander reise gebruik en die enigste probleem wat ons gehad het, was een keer met ons terugkeer vanaf die Krugerwildtuin deur Swaziland. Hulle het gesê ons mag nie sulke afgeleefde wrakke in hul land inbring nie. Ek het verduidelik dat my vrou ongesteld was anders sou sy dit bestuur het, maar ek moes tog nog die motor se enjin aanskakel om te bewys dat dit n werkende voertuig en nie n wrak is nie! Trevor Langley BLOK BLOKBESPREKINGS As jarelange besoeker aan die Krugerwildtuin (ek was sedert 1968 al meer as 140 keer daar), is ek regtig omgekrap oor die huidige situasie rakende besprekings vir kampeerders. Dit is buitensporig dat toeroperateurs byna die hele kamp met hul blokbesprekings kan beset. Daar is geen twyfel dat hulle dit namens oorsese besoekers bespreek nie, met die aanloklikheid van die dollar/ pond/euro as die motivering vir SANParke se besluit om sulke besprekings toe te laat. Ons Nasionale Parke is daar vir die genot van alle Suid- Afrikaners en ek glo dat druk op SANParke geplaas Skryf aan ons en WEN! Elke maand sal een gelukkige leser se brief vir haar/hom n prys van Campworld wen. Hierdie maand wen Allan Shepard n Coolaroo Sail. Die seil verskaf skadu en verligting van die fel Afrika-somerson. Dit is gemaak van materiaal wat n briesie sal deurlaat, nie sal verdof nie, en maklik is om skoon te maak. Beskikbaar by Campworld. Vir jou naaste Campworld winkel, gaan na www.campworld.co.za moet word om hul besprekingstelsel onmiddellik te hersien. Wat van n reël waarin gesê word dat daar nie meer as drie staanplekke vir dieselfde tydperk deur iemand bespreek mag word nie? Ek stel voor dat n aanlyn petisie begin word om hulle te oorreed om so n regulasie in te stel. Daar is ook, soos julle sekerlik weet, heelwat gewilde Krugerblaaie op Facebook. Die spreekwoord sê mos: Mag lê in getalle. As elke Suid- Afrikaner wat lief is vir die Krugerwildtuin haar of sy stem byvoeg, kan ons SANParke dalk oorreed om tot aksie oor te gaan. Baie dankie vir n puik tydskrif. Ek mis nooit n uitgawe nie! Mark Taylor Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 5

GEMENGDE GEVOELENS Dit was met gemengde gevoelens dat ek die brief van Peter Barclay in die Julie 2017-uitgawe van Caravan & Outdoor Life oor The Willows Karavaanpark gelees het. Veral die feit dat daar deesdae sekuriteitswagte is. Die rede hiervoor is dat ek letterlik by The Willows grootgeword het. Ons het byna elke vakansie met my ouers se karavaan daar gekamp. Ek onthou al die genotvolle dae, lank voordat daar n marina was, toe ek in my polistireenkano gesit en visvang het. Ek onthou hoe vol die park altyd was. Ek onthou hoe ek en die ander kinders wegkruipertjie gespeel het terwyl groot braaivleisvure die park verlig het. Ek onthou die reuk van warm Paasbolletjies wat soggens gerooster word. Al hierdie herinneringe is nog steeds duidelik in my gedagtes en baie na aan my hart. Ek het dus baie beswaard gevoel toe al hierdie herinneringe skielik een koue wintersoggend in Julie 2011 n ruk lank vervaag en onbeduidend geraak het. Ek het my gesin en vriende met vakansie na The Willows geneem vir n naweek van visvang en ontspanning. Ons het vinnig kamp opgeslaan, die boot in die water gesit en rivier op gevaar om te gaan visvang. Die aand het ons n lekker vuur gemaak en gesit en gesels terwyl ons braai. So baie herinneringe het by my opgekom van toe ek n kind was in dieselfde park maar hierdie keer was dit my kinders wat rondgebaljaar het. Die volgende dag het ons almal op die boot geklim en oor die rivier gevaar om middagete by die Spur te geniet. Ná middagete is ons almal weer terug op die boot en die vroue het by die hotel afgeklim vir n troetelsessie in die spa terwyl ons mans (en seuns) tot by die mond van die rivier gevaar het om n vis of twee te probeer vang. Net voor sonsondergang het ons die vroue gaan haal en teruggekeer na die karavaanpark. Ons het weereens n rustige aandjie om die vuur geniet terwyl ons gebraai het. Dit was baie koud en almal het vroeg in die bed geklim. Om 04:00 die volgende oggend is ons wakker gemaak deur n rower met n mes in die hand. Hy het al ons selfone, beursies, ipods, kameras, motorsleutels, geld en juweliersware gesteel en by drie ander karavane en tente voor ons s n ook ingebreek, maar nie een van daardie mense het wakker geword nie. As gevolg van die oproer wat ontstaan het, het die opsigter daar aangekom en aangekondig dat daar n vlaag van sulke voorvalle gedurende die vorige paar maande plaasgevind het. As gevolg van hierdie voorval wou niemand in die gesin weer gaan kamp nie. Die woord "kamp" was nou taboe. Dis eers in die laaste jaar of twee dat ons weer begin het om dit te doen. Lindley Bowles Red: Ai Lindley, dit is so jammer om te hoor van die angswekkende voorval. As iemand wat self al n slagoffer van misdadigers was, kan ek simpatiseer. Ongelukkig is veiligheid en sekuriteit n konstante kwessie in ons lewens in Suid- Afrika, of jy nou by die huis is of met vakansie. Dit is jammer dat jy en jou gesin soveel jare van kampgenot moes mis. Duidelik het die skollies jou beroof van meer as net aardse besittings. Maar ek is bly julle het jul vrese oorkom en dat julle weereens op buitelugavonture gaan. Soos Peter in sy brief noem het The Willows se bestuur die afgelpe paar jaar hard gewerk om die oord veilig te maak. Vra maar vir enige iemand wat onlangs daar gekamp het, en hulle sal vir jou vertel hoe lekker dit was. Dit is n pragtige oord, en die see is sommer net daar op jou stoep! Ek hoop julle hou aan met kamp, en dat julle toekomstige reise veilig sal wees. Picture: The Willows Holiday Resort Facebook 6 Kamp & Karavaan Oktober 2017

DIGITAAL Gons AANLYN VIND ONS AANLYN Webtuiste: www.caravansa.co.za Facebook: @caravanoutdoorlife Instagram @caravanoutdoorlife Twitter: @Caravan_SA KAMPPRAATJIES OP ONS WEBTUISTE EN SOSIALE MEDIA caravanoutdoorlife Picture credit: Messe Düsseldorf/ ctillmann wat ek in 'n karavaan wil hê gaan net nie pas in my begroting nie. En dan is daar so iets soos nice to have vs need. Ek het oorleef omdat ek so prakties is, tans is verwagte lewensjare teenoor beskikbare aftreegeld die norm van oorweging. Maar ek is bly vir ander wie nie sulke oorwegings het nie. Schalk Jacobsz Ons het baie hard gewerk en kon nie baie gaan kamp het nie a.g.v. werksverpligtinge. Ons het vir jare lank so vier keer per jaar in 'n OZ tent gekamp. Ek het 'n sewe-jaar-oue karavaan gekoop vir 'n begin, maar was nie tevrede nie. Ek het nou 'n Die karavaan bied alles wat ons wil hê en ek dink nie ek is MAL nie. Prys is 'n relatiewe begrip. SÓ LYK DIE TOEKOMS Die wêreld se grootste woonwaskou, Caravan Salon in Düsseldorf, het vanjaar weereens vir ons die voorste tendense in die bedryf gebring. Tegnologiese innovasies, liggewig-eenhede, geïntegreerde konnektiwiteit en futuristiese ontwerpe was om elke hoek en draai. Om die waarheid te sê, die waens by die skou het dit duidelik gemaak dat baie produkte in Suid-Afrika nog jare agter die internasionel standaard is. Ons wou weet wat JY wil hê ons plaaslike vervaardigers moet doen om by te kom? Comments Willie van Romburgh Ek kan maar net raai watse mal pryse daardie goed in Suid-Afrika sal kos! Net 'n mal mens sal betaal wat die huidige nuwe waens in hierdie land kos. Hou liewer by die ou goed en pas dit net ordentlik op. Jammer ouens, julle gaan my nie oortuig nie. In my boek bly R300 000 vir 'n karavaan belaglik. Vir my sal dit mal wees om sulke geld te spandeer. Alles James Swart Dit sal wonderlik wees om 'n paar nuwe ontwerpe en tegnologie te sien in plaaslike woonwaens, solank dit nie die prys opjaag nie. Suid-Afrika was reeds jare agter die res van die wêreld met ontslae raak van hout waens (ek kan nie glo daar is steeds van hulle wat gemaak word nie). Ten minste sien ons deesdae 'n paar innovasies soos die uitgly Mobi Lodge, en die gebruik van selfoon- en tabletrekenaar-beheer soos in die Halsema van Motorhome-World. Ek is seker daar is ander plaaslike woonwavervaardigers wat ook slim genoeg is om nuwe tegnologie in te bou. En ek sal graag meer kreatiewe ontwerpe wil sien. George Vd Westhuizen Ek gebruik nog my ou Caravet 4 en wonder baie watse salaris jy moet verdien om daai belaglike prys vir n karavaan te betaal. Hulle werk seker vir die government! Ettienne Edwin Marcus Wel, gaan nuwe dinge die karavane goedkoper maak? Dan ja, dit is 'n goeie ding. Marieta Fouche Sommige van hierdie ontwerpe lyk so oulik, soos pophuise. Ek sal dit love! Paulina Sciocatti van Zyl Dis snaaks hoe die nuwe karavane nou vir my lyk soos die modelle van die 60's. Jacques Pelser Sommige van daai ontwerpe is lyk alles behalwe modern! Vir nog foto s en inligting van Caravan Salon Düsseldorf, blaai na bladsy 18. 8 Kamp & Karavaan Oktober 2017

Kamp TOERUSTING GEREEDSKAP EN TOEBEHORE VIR LEWE IN DIE BUITELUG Wat 'n verligting The The Fiamma Bi-Pot is n sterk, draagbare varswaterspoeltoilet wat al die nodige toebehore insluit. Die skraapbestande tenk word gemaak in een stuk om dit ekstra sterk te maak. Vir deeglike skoonmaak, kan die eenheid heeltemal uitmekaar gehaal word (insluitend die klep). Dit het n stewige handvatsel vir maklike vervoer. Die Bi-Pot het geen afvoerpyp nie, en met die groot deksel is dit maklik om leeg te maak. Geen verstopping nie! Beskikbaar in drie groottes. Hou jou koel Die Maclaren HB9000 is n gespesialiseerde lugversorgingseenheid wat geïnstalleer kan word deur die vervaardiger of karavaaneienaar self. Die eenheid bevat alles wat nodig is; dus kan jy net die handleiding volg, inprop en aanskakel. Dit kom volledig met alle noodsaaklike dele, soos lugopeninge, 10 m geïsoleerde koord, aanraakbeheer, afstandbeheer, en alle monteertoebehore. Die lugversorger is die tipe wat n 220 volt-hittepomp het (warm/koel). Eenhede het n vaste spoed, maar ons bied nou ook n sagte aansitter sodat dit gebruik kan word op omsetters of kragopwekkers. Prys: R405.00 (BTW uitgesluit) Kontak Ralf Klomann van MACLAREN Air Conditioning op 082 710 2501 of 011 315 3113 of e-pos sales3@ust.co.za Prys: R1396.64 (30 cm) R1460.13 (34 cm) R1523.61 (39 cm) Beskikbaar by Motorhome-World-winkels landwyd. Gaan na www.motorhome-world.co.za vir meer inligting. So skoon soos nuut Riptech-seilskoonmaker van Hayford Traders is ontwerp vir die verwydering van vlekke wat moeilik is om uit te kry op Ripstop seil. Die skoonmaker beskadig nie die materiaal nie en verminder nie die gehalte of duursaamheid van die seil nie. Dit is 100% biodegradeerbaar, en nie vlambaar of toksies nie. Beskikbaar by Hayford Traders. Kontak hulle by 011 314 9727, e-pos info@hayfordtraders.co.za, of besoek hul webtuiste www.hayfordtraders.co.za 10 Kamp & Karavaan Oktober 2017

TOERUSTING Sit stewig Steeds een van die sterkste stoele op die mark. Die Director Chair van Tentco kan tot 150 kilogram dra danksy die staalraam en 400 g-ripstop-seil. Die funksionele, dog elegante en eenvoudige ontwerp maak hierdie stoel n wenner langs die tafel, of om die kampvuur. Prys: R560 Vir meer inligting, e-pos info@tentco.co.za of gaan na www.tentco.co.za In jou visier Die Swivel-Dead-On Rest is n moet-hê stuk toerusting vir enige jagter. Die maklike en gemaklike dooierusstut kan 360 grade in die rondte draai en gee die skut n 300 grade reikwydte. Dit kan maklik aan die rolstaaf van enige voertuig vasgeheg word. Prys: R750 Beskikbaar van Roadque Manufacturers (378 Derderpoorweg, Silverton, Pretoria). Vir meer inligting, gaan na www.roadque.co.za, e-pos info@roadque of skakel 012 804 1967. Hanteer die druk Bandmonitors gaan nie net oor oppomp en afblaas nie dit gaan ook oor veiligheid. As jy bestuur sonder om jou bande te monitor, is dit moontlik dat jy besig is om hulle te beskadig! Korrekte banddruk is belangrik, want dit beïnvloed die hantering van die voertuig en die bestuur daarvan. Dit affekteer ook remafstande, brandstofverbruik en die lewensduur van die bande. Die TYREDOGvierwielmonteringstelsel is maklik om te installeer en verseker konstante monitering van druk en temperatuur. Prys: R3 250 Beskikbaar van Tyre Alert. Kontak Abeda by 082 636 9979, of www.tyrealert.co.za. Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 11

Bly NUUS-KIERIG WAT JY MOET WEET IN DIE KARAVAAN-EN-KAMPBEDRYF BUSH LAPA 1000 Bush Lapa Offroad Caravans is n maatskappy wat vinnig groei hulle het die afgelope sewe jaar meer as n 1 000 woonwaens geproduseer. Die Bush Lapa-reeks bestaan uit sewe variëteite: Rooimier, Vlooi, Kewer, Boskriek, Miskruier, Ratel en Baobab. Dan is daar ook die Bosluis, n kampeereenheid vir enkelen dubbelkajuitbakkies. Die jongste mylpaal in die reeks is n Baobab, en om hierdie prestasie te vier, het Bush Lapa aan dié karavaan n unieke voorkoms gegee (soos met elke 100ste eenheid). Terwyl slegs die buitekant van vorige weergawes herontwerp is, is nommer 1 000 se binneruimte óók n spesiale voorkoms gegee. Die opvallende grysen-geel ontwerp aan die buitekant is deur die grafiese ontwerper Hannah Williams geskep op versoek van die wa se gelukkige eienaars. Bush Lapa wou oorspronklik die 1 000ste eenheid vir hulself hou, maar toe hulle sien hoe opgewonde die kopers is en die ekstra moeite wat hulle gedoen het om n baie spesiale ontwerp te bekom het hulle besluit om die spesiale wa te laat gaan. Om hierdie woonwa ekstra aantreklik te maak, het Bush Lapa die afwerkings binne by die grys buitekant laat pas van die matte tot die seil. Selfs die unieke Bush-Wingafdak is spesiaal grys gemaak in plaas van die standaard- Bush Lapa-kakiekleur. Om hierdie Baobab se stylvolle voorkoms af te rond, is dit toegerus met spoggerige silwer A-Lyn-allooiwiele. Die eienaars het n klomp ekstras bygevoeg, insluitende sonpanele, n Kexin-geiser, n Nasional Luna-yskas/ vrieskas, n unieke verwyderbare fietsrak, en meer. Veels geluk Bush Lapa, hier is op die volgende duisend! Vir meer inligting, besoek www.bushlapa.com 12 Kamp & Karavaan Oktober 2017

NUUS HET JY NUUS? As Suid-Afrika se enigste publikasie wat spesialiseer in woonwaens, kampering en ryhuise, streef ons om voor in die koor te wees in die bedryf. Ons wil ook ons lesers ingelig hou oor alles wat in die bedryf aan die gang is. Indien jou oord, maatskappy of organisasie nuus het om te deel met Kamp & Karavaan, kontak ons per e-pos: editor@caravansa.co.za Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 13

NUUS CONDOLENCES MEEGEVOEL It Ons is with het met sadness hartseer that van we hear die of the passing heengaan of van Ray Ray Walker. Walker verneem. Ray and Rose het bought sewe Marlon jaar gelede Marlon Caravan Karavaanpark Park seven years gekoop ago and en together saam het they hulle, made met a big groot difference to entoesiasme, this park with 'n their reuseverskil enthusiasm. gemaak. Die Rose park has was been die running afgelope the agt park maande very capably tydens for Ray the last se siekte eight in months die during bekwame the time hande that Ray van Rose. was ill. Sy She het has besluit decided om to voortaan continue die running park the met park behulp together van with die the parkbestuurder manager. te Ray, bedryf. you will be very greatly Ray, jy missed. sal baie gemis word. KAM BATI OPGRADERINGS Kam'Bati River Resort word net beter en beter. Dié oord wat as Lesersoord van die Jaar 2017 aangewys is, word voortdurend opgegradeer. Hulle het onlangs opknappingswerk aan die swembad gedoen (gereed vir die somerseisoen), en bou nuwe wandelpaaie rondom die oord. Dit kom enkele maande nadat hulle verlede jaar hul Glamping Africamps (luukse tente) geopen het. Hul jongste opknappingsprojek was die hutte. Jaco Badenhorst, die oord se eienaar, sê: "Opgraderings maak deel uit van 'n oord se bestuur en ons probeer ons standaarde so hoog moontlik hou." En dit is nie alles nie: Kam'Bati bied nou ook plaasakkommodasie aan. Die selfsorghuise het slaapplek vir 8 mense (4 slaapkamers). Gaste wat in die plaashuise bly, het gratis toegang tot die hele Kam'Bati-oord. Besoek www.kambati.co.za vir meer inligting. DIE LIGTE KANT VAN DIE LEWE Sherpa het oor die jare voortdurend hul Tiny-karavane ontwikkel en verbeter, en het onlangs hul Tiny Lite-model geloods. Met n tarra van 550 kg en BVM van 750 kg kan jy dit met n klein voertuig sleep en het jy nie n EB-lisensie nodig nie. Die Lite-model is gebaseer op die standaard Sherpa Tiny, maar het net n agterdeur (geen sydeur nie). Die dak het skarniere aan die voorkant en lig aan die agterkant op, waar daar ook n klein afdak is. Die voorste vensters is weggelaat en ekstra kaste is ingesit. Die beduitleg bestaan uit twee enkelbeddens en die eenheid is voorsien van n 220 V-kroegyskas. Soos met ander Sherpaprodukte, is daar verskeie opsionele ekstras, en aanpassings kan volgens jou spesifikasies gemaak word. Die klein, eenvoudige karavaan is in die prysklas van net meer as R100 000. 14 Kamp & Karavaan Oktober 2017

KALENDER Op die KALENDER SKOUE, GELEENTHEDE EN FEESTE VIR BUITELUGLIEFHEBBERS 31 Aug 2 September Williston Winter Festival Karoo, NK In die middel van die blommeseisoen in die Karoo, bring die dorpie Williston vir jou meer as 100 rieldansers, sowel as plaaslike talent soos Bianca en die Williston Stoftrappers. Ook op die verhoog te sien, is Jan Rhaap, Marisé, Lee Scott, en meer. Daar sal baie stalletjies wees, en jy kan lekker plaaslike Karookos proe. f: willistonwinterfees 1 Oktober White Mountain Festival Sentraal-Drakensberg, KZN Ontsnap uit die stad en ontspan in n pragtige omgewing terwyl jy akoestiese musiekuitvoerings geniet. Feesgangers by die jaarlikse White Mountain Festival kan uitsien na n groot verskeidenheid kos en drank, kuns en kunsvlyt, asook talle ontspanningsaktiwiteite vir die hele gesin. Dit sluit onder andere abseil, n 100 m-foefieslaaid, staanplankroei op die dam, visvang en voetslaan in. www.c-weed.com/wmf 5 7 Oktober OppiKoppi OppiKoppi-plaas, Northam, LP Duisende mense sal na dié bekende plaas stroom om in die veld te kamp en die optredes wat gelyktydig op sewe verhoë aangebied word, te geniet. By die 23ste OppiKoppi-fees gaan sowat 160 internasionale en Suid-Afrikaanse musiek- en vermaaklikheidsgroepe wat alle genres insluit, teenwoordig wees. Vanjaar se program sluit in: Van Pletzen, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Jerry en die Bandiete, en vele meer. www.oppikoppi.co.za 5 8 Oktober Rocking the Daisies Cloof Wynlandgoed, WK Suid-Afrika se grootste buitelugmusiek-en-leefstylfees. Kom geniet n naweek van die beste plaaslike en internasionale vermaak in musiek, komedie, kuns en films. Hoogtepunte sluit in: Die Heuwels Fantasties, Beatenberg, Two Door Cinema Club, Riky Rick en Fokofpolisiekar. www.rockingthedaisies.com 7 Oktober 4x4 Extreme Dirt Day 4x4 @ Lake Umuzi, GP Die dag se aksie sluit in Mx-motorfietsryers, 4x4's, ritte met 4x4 s om bestuursvernuf tot die uiterste te beproef en nog baie meer! Daar sal ook n biertent en kosstalletjies wees. Kinders kan op die springkasteel speel en hul gesigte laat verf. www.facebook.com/ events/1421845744559174 20 22 Oktober Kaapstad Internationale Bootskou V&A Waterfront, WK Dit is die "koning van bootskoue op die Afrika-vasteland". Suid-Afrika se voorste boot-en-watersportskou is n hoogtepunt vir almal wat in hierdie leefstyl belangstel. Besoekers kan verwag om eksotiese bote, bootverwante produkte en n verskeidenheid toebehore by die skou te sien. Daar sal ook demonstrasies, aktiwiteite en kompetisies wees waarin fantastiese pryse gewen kan word. www.boatshow.co.za 20 22 Oktober Robertson Wine on the River Goudmyn Riversid-plaas, WC Kom geniet die dag op die oewer van die Breederivier en proe meer as 300 wyne uit bykans 30 wynkelders. Daar kan ook kaas, olywe, koffie, sjokolade en nougat geproe word. Dit is n kindervriendelike fees en die kleinspan sal na hartelus in die sandput of op n klimraam, n trampolien en swaaie kan baljaar. Besoekers kan musiekoptredes, insluitend jazz, ballades en blues geniet, asook n riviervaart meemaak. www.wineonriver.com 27-29 Oktober Outdoor Expo & Family Festival Die Outdoor Eco Adventure en Travel Expo bied nog n geleentheid om n opwindende dag in die buitelug deur te bring, in die hartjie van Midrand. Die uitstallings is geskik vir die hele gesin, met n volledige reeks 4x4-voertuie, karavane, tente, buitelewe-bykomstighede en ander interessanthede. Geniet ook lewendige vermaak, lekker kos, boetiekbier, n jenewerkroeg, vonkelwyn en oesters, en meer. www.gauteng.outdoorexpo.co.za 27 29 Oktober Ghaap RiverXtreme Broadwater River Estate, NC n Driedaagse geleentheid vir avontuurlustiges en buitelugliefhebbers. Aktiwiteite oor die naweek sluit onder andere verskillende soorte waterski, snelbootdemonstrasies, swem oor die Vaalrivier en helikopterritte in. Besoekers kan ook die stalletjies en uitstallings besoek. www.broadwater.co.za/ghaapriverxtreme Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 15

Wat is in Europa? [ SPESIALE VERSLAG ] CARAVAN SALON, DÜSSELDORF, DUITSLAND Deur GODFREY CASTLE Foto's MESSE DÜSSELDORF/CTILLMANN 16 Kamp & Karavaan Oktober 2017

Die wêreld se grootste karavaanskou, die Caravan Salon, wat verlede maand in Düsseldorf gehou is, stel beslis sy reputasie gestand as die vooraanstaande geleentheid vir die bekendstelling van die jongste ontwikkelings in karavaanontwerp en -tegnologie. Hierdie jaarlikse skou is nou in sy 56ste jaar en dit word net groter. Vanjaar kon besoekers deur 13 sale wandel, almal stampvol met n reuse-verskeidenheid kampwaens en -toerusting. Meer as 130 verskillende modelle en ontwerpe van woonwaens en ryhuise is ten toon gestel. Verder was daar ook meer as 600 uitstallings van tegniese toerusting, bybehore, onderdele, afdakke, kampplekke en reisbestemmings. Oktober 2017 Soos gewoonlik het opwindende vernuwings vanjaar die grootste skares gelok. Dit lyk of die dominante tendens op "gerief" en "konnektiwiteit" fokus, met progressiewe netwerke wat digitale vlakaanwysers vir watertenks en so meer moontlik maak, asook mense in staat stel om verhitting, lugversorging en warmwatertoevoer sentraal te beheer selfs met 'n slimfoon. Natuurlik was daar ook talle sale met wonderlike ryhuise (soos Volkswagen se ikoniese Kombi), tente, woonwaens en bybehore. Daniel Onggowinarso, uitvoerende hoof van die Caravanning Industrie Verband e.v. (CIVD), het gesê: "Sleepvoertuig-ombouings en gedeeltelik geïntegreerde ryhuise is veral gewild as intreevlakmodelle, want hulle is ook geskik vir daaglikse gebruik." Hy voeg by dat al hoe meer mense verkies om met 'n ontspanningsvoertuig vakansie te hou, omdat optimale gerief en 'n ongekompliseerde vakansie-ervaring uiters belangrik is. "Vandag se ontspanningsvoertuie is toegerus met uiters nuttige elektroniese geriewe soos n trukamera en woonwaskuiwers wat baie fisiese inspanning bespaar en op n afstand beheer kan word. Kliënte is op soek na ontspanningsvoertuie wat beter as ooit tevore is, met topgehalte toerusting, en hulle is bereid om meer te betaal vir groter gerief en veiligheid." SLIMFONE Stel jou voor dat jy by n kampterrein aankom en kamp opslaan met feitlik niks meer as n slimfoon en jou duim nie! Nadat jy jou woonwa afgehaak het, kan jy dit met behulp van n skuiwer op die staanplek posisioneer, die vier hoekstutte insit, die dak opslaan (as dit n opwipdak is), die kantseil afslaan, die vensters verdonker, die binneste ligte verdof of helderder maak en die temperatuur stel dit alles terwyl jy jou nuwe bure ontmoet. VENSTERS Vensters wat verkleurmannetjie speel? Dis reg, vensters wat van deursigtig kapenkaravaan.co.za 17

na swart oorskakel, met n hele reeks skakerings tussenin. Alles met die druk van n knoppie! Geen gordyne om toe te trek of oop hoekies om te probeer bedek nie! Knaus Caravans het twee van hierdie panoramiese vensters wat gestel kan word om meer of minder lig deur te laat, uitgestal. Hierdie nuwe tendens was ook te sien by Lippert Components, een van Europa se grootste verskaffers van karavaankomponente. Die vensters kan deur middel van n sentrale beheerpaneel, of outomaties met geïntegreerde ligsensors, beheer word om donker te word wanneer die elektrisiteit afgeskakel word vir totale privaatheid. Die verdowwingstegnologie is in die glasering geïntegreer en laat toe dat die venster van helder na donker kan verander om daglig, skerp lig en hitte te reguleer, terwyl die uitsig behoue bly. Dit verbeter ook die visuele, termiese en akoestiese gemak binne en skep n atmosfeer van behaaglikheid, sê die vervaardigers, Vision Systems. Laastens is hulle geskik vir groot, plat of geboë oppervlaktes, glas of termoplasties, met verskillende sones wat onafhanklik gedemp kan word. LIG DIE DAK Lippert verskaf nou die meganisme om die opligmeganisme van jou woonwa se dak se te motoriseer! Sal dit nie wonderlik wees om jou woonwa se dak met die druk van n knoppie te laat lig nie? 18 Kamp & Karavaan Oktober 2017

OPWINDENDE ONTWERPE Vanjaar bewys Caravan Salon weereens dat die woonwabedryf in Europa baie lewenskragtig is en dat talle mense die kamplewe opwindend vind. Die kleurvolle, stylvolle, en verbeeldingryke produkte wat beskikbaar is, is dus besonder begeerlik! Vervelige, gewone wit kampeerwaens is uit. Die verskeidenheid wat op die internasionale mark beskikbaar is, is eenvoudig verbysterend. MASSIEWE PRODUKREEKS By die skou was daar letterlik iets om elke denkbare kampstyl te weerspieël: van opblaas-grondtente tot kleurvolle daktente, piepklein Volkswagen Caddyryhuise tot reuse-ryhuise met busgrootteonderstelle wat ingeboude parkeerplek vir sportmotors het. Daar is ook klein, "teardrop" ryhuise en die allermooiste, verstommend luukse woonwaens. Selfs die draagbare toilet het n gedaanteverwisseling ondergaan en is modern en stylvol met geronde rande. As dit jou soort leefstyl is, is daar een ding wat jy beslis moet doen: besoek volgende jaar in Augustus/September die Caravan Salon in Düsseldorf. Jy sal n week moet opsysit as jy beplan om al die vertoonsale te besoek. As n voetnota: In die eerste sewe maande van hierdie jaar is 48 384 nuwe ontspanningsvoertuie in Duitsland geregistreer, n sterk toename van 13,7% en die beste resultaat ooit vir die tydperk van die jaar. Sowat 200 000 mense het vanjaar die skou bygewoon! Oktober 2017 kapenkaravaan.co.za 19

Waar IS ONS? RAAI WAAR IS ONS HIERDIE MAAND EN WEN 'N LEKKER PRYS WEN! Was jy al hier? As jy weet waar hierdie foto geneem is, skryf NOU in vir on kompetisie! KAN JY RAAI waar ons HIERDIE foto geneem het? Ons plaas elke maand 'n foto van iets of iewers en as jy korrek kan is, kan jy 'n wonderlike prys van Suzuki wen. Skryf nou in vir die kompetisie en se Kamp & Karavaan kry waarin ons die wenner en die plek sal bekend maak, en vir jou baie interessante DURF DIE ONBEKENDE PAAIE AAN. FROM 1.3 MT R256 900 BTW ingesluit Terwyl voorraad hou. Verpligtige versekering is uitgesluit. Foto s word slegs vir visuele verwysing gebruik. Waarborg geldig vanaf 1 Julie tot 31 Desember 2017. 5 JAAR 200 000km WAARBORG Kleinhandelsprys sluit 4 jaar / 60 000km diensplan in. HOE OM IN TE SKRYF is. Sluit asseblief ook jou naam, kontaknommer en adres in. 20 Kamp & Karavaan Oktober 2017

KOMPETISIE Verlede maand se foto Afrikaanse Taalmonument. Paarl, WK Hier is ons WENNER... Die Afrikaanse Taalmonument, waarskynlik beter bekend as Die Taalmonument, is op die Paarlberg opgerig om die half-eeufees van Afrikaans as n amptelike taal en as onafhanklik van Nederlands, te herdenk. Die argitek, Jan van Wijk, het die Taalmonument ontwerp om erkenning te gee aan die uiteenlopende oorsprong van Afrikaans, waarvan die wortels teruggaan na drie vastelande: Europa, Asië en Afrika. Die oorspronklike ontwerp het slegs n aantal hoë obelisk-styl kolomme gehad, maar vandag is daar ook n konferensiefasiliteit, koffiewinkel, uitstallingsarea, boekwinkel en kantore. GESKIENDENIS Die gedagte om n monument vir Afrikaans op te rig, is op 14 Augustus 1942 aangekondig. Net meer as n maand later, op 26 September 1942, is die Afrikaanse Taalmonumentkomitee gestig. Die komitee se doel was om fondse vir die konstruksie van n "waardige taalmonument in die Paarl" te bekom en ook vir beurse vir "verdienstelike gevorderde studente wat hulself veral wou toewy aan n intensiewe studie van die Afrikaanse taal ". Die fondsinsameling was nie baie suksesvol nie en die konstruksie van die monument het 30 jaar later eers begin. In 1963 is n ander komitee geskep om n kompetisie vir die ontwerp van die monument te loods. Twaalf argitekte is genooi om n monument te ontwerp wat van ver af sigbaar moes wees en terselftertyd die kulturele en politieke opbloei van Afrikaans verteenwoordig. In 1968 het die Paarlse munisipaliteit 84 hektaar grond op die Paarlberg aan die staat toegeken en in 1972 het die bouwerk begin. Dit is in 1974 voltooi (teen n totale koste van R700 000) en in 1975 ingewy. INSPIRASIE Daar word gesê dat, buiten die riglyne van die kompetisie, die ontwerpe van argitek Jan van Wijk geïnspireer is deur die woorde van NP van Wyk Louw en CJ Langenhoven. Daar is n groot gedenkplaat by die ingang van die monument waarop aanhalings van hierdie twee bekende digters gedruk is: N.P. Van Wyk Louw: "Afrikaans is die taal wat Wes-Europa en Afrika verbind... Dit vorm n brug tussen die groot, glinsterende Weste en die magiese Afrika... En watter groot dinge uit hul verbintenis mag voortspruit - dit is dalk wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek. Maar wat ons nooit moet vergeet nie, is dat hierdie verandering van land- en landskap hierdie nuwe taal verskerp, geknie en gebrei het... En so kon Afrikaans uit hierdie nuwe land begin spreek. Ons taak lê in die gebruik daarvan en wat ons van hierdie blink voertuig maak gaan maak " CJ Langenhoven: "As ons n ry pale in hierdie saal plant, nou tien pale, om die laaste tien jaar te verteenwoordig, en op elke paal maak ons n merk op n hoogte vanaf die vloer wat ooreenstem met die relatiewe skriftelike gebruik van Afrikaans in die spesifieke jaar, en ons trek n streep, van die eerste een hier naby die vloer tot die laaste een daar teen die solder, dan sal die lyn n vinnig stygende boog beskryf, wat nie net vinnig opstyg nie, maar op n vinniger toenemende manier. Laat ons nou, in ons verbeelding, die boog vir die tien komende jare uitbrei. Sien julle, menere, waar die punt sal wees, buite in die blou lug hoog bokant Bloemfontein, in die jaar 1924." SIMBOLIEK Die drie suile en ander strukture van die Taalmonument simboliseer invloede van verskillende tale en kulture op Afrikaans, sowel as politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika, soos volg: Helder Wes - die Europese erfenis van die taal Magiese Afrika - die Afrika-invloede op die taal Brug - tussen Europa en Afrika Afrikaans - die taal self Republiek - 1961 verklaar Maleisiese taal en kultuur. Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 21

Die 'eerste' lenteblomme [ REIS ] Postberg, Verlorenvlei, Sandveld 22 Kamp & Karavaan Oktober 2017

Teks & foto's RICHARD VAN RYNEVELD Die woorde van die ikoniese Paul Seeger-lied het in my kop bly ronddraai: Where have all the flowers gone? Ek was op pad vanaf die Ou Skip-woonwapark in Melkbosstrand na die R27-Weskuspad. By my was Jos en Elsabé Joubert van Abba Safari Campers. Hulle het al die pad van Pretoria af gekom met twee ultramoderne kampeereenhede. Ek het gesit en sweet, want dit was n droë winter en van die blomme wat gewoonlik in Augustus/September te sien is, was daar byna geen teken nie. Gaan ons dan glad nie blomme sien nie? wonder ek terwyl ons noordwaarts ry. Ons het net n paar dae om hulle te vind... Oktober 2017 kampenkaravaan.co.za 23