Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Pasteur en Lister oorwin kieme *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

'n Idee vir 'n besigheid

Dialoog en paragrawe *

SIZA takes the sting out of auditing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Hoe om krag te spaar

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Tariewe

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Duikbote en loopgraaf-oorlogvoering in die Eerste Wereldoorlog *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Stede en bedienswaardighede *

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Geskiedenis Graad 8. By: Siyavula Uploaders

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Tonga die olifant - 01 *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Tariewe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Vreedsame protes tot die 1950's *

rr (r ~,~ VOORLOPIGE ONDERSOEK NA INFORMELE VESTIGING IN STELLENBOSCH

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Edgehog

N O V E M B E R

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Beste Produsent, Tendense in die kleinhandel

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Transcription:

OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD 5.1 D.Wat beteken vraag en aanbod? Voordat motors hul verskyning op die land se paaie gemaak het, het mense te perd gereis. Veronderstel mense besluit dat hulle eerder met motors as met perde wil ry. Wat gebeur nou in die praktyk? Besluit die regering dat daar fabrieke wat motors vervaardig, in Uitenhage gebou moet word en dat werkers soontoe moet trek om in die fabrieke te werk? Word die perdetelers aangesê om minder perde te teel? Besluit die regering dat daar nou eerder katoen gekweek moet word waarmee die sitplekke van die motors opgestop word, en dat daar minder hooi vir perdevoer gekweek moet word? Natuurlik het die regering niks van die aard gedoen nie. Die verbruikers het meer motors en minder perde gekoop. Wat gebeur nou? Met hoër winste in die motorbedryf, ontstaan daar meer fabrieke wat motors bou, en arbeiders op soek na werksgeleenthede, verhuis soontoe. Die prys van perde daal, en perdetelers wend hulle tot ander maniere om geld te maak. Minder hooi word vir perdevoer benodig, gevolglik daal die prys van hooi en ander gewasse moet aangeplant word. Terselfdertyd neem die aanvraag na grondstowwe soos staal, katoen en rubber toe vir die vervaardiging van motoronderdele. Die prys van hierdie kommoditeite styg en dit het tot gevolg dat meer ondernemings tot die vervaardigingsbedryf toetree. Uiteindelik het die aanvraag na perde in die vorige eeu met 90% afgeneem terwyl miljoene motors vervaardig is. * Version 1.1: Jun 6, 2009 5:25 am -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m24583 2 Wat het hierdie rewolusie teweeg gebring? Dit het plaasgevind namate `n verandering in smaak en tegnologie deur die kragte van vraag en aanbod plaasgevind het. Soortgelyke veranderings vind deurentyd op ekonomiese gebied plaas namate die smaak van mense verander en produksiemetodes ontwikkel. A. Vrye en Ekonomiese goedere 6 Vrye goedere Wanneer daar so baie van iets bestaan soos bv. seewater en lug, kan ons soveel daarvan gebruik as wat ons wil sonder om daarvoor te betaal. Met ander woorde dit is gratis beskikbaar aan almal. Ekonomiese goedere Wanneeriets skaars is en die aanvraag daarvoor groot is, moet ons daarvoor betaal. Sulke goed is nie altyd volop nie, en hoe minder daarvan beskikbaar is, hoe meer moet ons daarvoor betaal. As alles wat ons wil hê, volop is, en die pryse daarvan laag is, sal almal `n welvarende lewe lei, en sal niemand bekommerd wees oor die verspreiding van inkomste tussen mense nie. Almal sal kan hê soveel as wat hulle wil. In so `n samelewing van welvaart sal daar nie ekonomiese goedere wees nie. 6.1 Aktiwiteit 1: 6.2 Om onderskeid te tref tussen behoeftes en begeertes 6.3 [LU 1.1] Wat is die verskil tussen behoeftes en begeertes? Bespreek. Skryf die volgende items neer in die gepaste kolom: CD's, ets, ski-vakansie, swembad, ipod, mediese dienste, selfoon, broodmeel, skoon lug, suiwer water, steenkool, petrol, rekenaarspeletjies Behoeftes Begeertes

OpenStax-CNX module: m24583 3 Table 1 Veels te veel platskerm-televisies Skielik is daar `n oorskot aan supergevorderde platskerm lcd-televisies. Of liewer, daar is veel meer op die winkelrakke as wat verbruikers wil koop. Wêreldmarkleiers Samsung en LG Philips het die vraag na plat beeldskerms hewig oorskat toe hulle die afgelope paar jaar tientalle miljarde rande in nuwe fabrieke belê het. Die ooraanbod van lcd-televisies het die pryse met sowat 40% die afgelope jaar verminder. Daar word verwag dat pryse met `n verdere 20% in die huidige jaar gaan daal. Volgens kenners sal lcd-skerms met `n afmeting van 81 cm die komende Kersseisoen R11 000,00 kos in vergelyking met R20 000,00 die vorige jaar. Die oorskatting van die vraag na lcd-televisies is voordelig vir die verbruiker, maar rampspoedig vir die vervaardigers. Hulle moes toekyk hoe vet winste omskakel na vet verliese. Die ooraanbod van nuwerwetse plat televisies illustreer baie duidelik hoe riskant dit tans is om geld te maak uit verbruikerselektronika. Die tegnologie verander so snel dat produkte vinnig verouderd raak en pryse in die proses drasties daal. Persoonlike rekenaars van twee jaar gelede is vandag so te sê waardeloos, soos ook in die geval van digitale kameras. Die oorsaak hiervan is die gebruik van mikroskyes in elektronika: hierdie skyes word elke twee jaar dubbeld so vinnig. Chinese vervaardigers maak blitsvinnig alles na en verkoop kwaliteit namaaksels teen hiperlae pryse. Die winsgrens op hierdie produkte is baie klein. Samsung en LG Philips gaan desnieteenstaande voort om groot bedrae geld in nuwe fabrieke te belê. Laasgenoemde het die grootste lcd-fabriek in die wêreld vanjaar geopen teen `n koste van 40 miljard rand. Hierdie twee markleiers het verwag dat die vraag na lcd-televisies sodanig sal toeneem teen die einde van 2005, dat daar weer `n tekort sal ontstaan. As dit sou gebeur, dan skiet die winste die daaropvolgende jaar weer die hoogte in. Intussen moet hierdie vervaardigers ook rekening hou met nuwe maatskappye wat ook tot die mark toetree. Dan is daar ook nog nuwer en meer gevorderde tegnologieë waarmee daar rekening gehou moet word soos plasma-televisies wat ook plat skerms het. Nuwer, energiebesparende tegnologie soos oled-televisies sou in die toekoms wel lcd kan vervang.[oled is `n afkorting vir organic light emitting diode (organiese liggewende halfgeleiers).] Verwerk uit 'n artikel in Elsevier, 7 Mei 2005 Aktiwiteit 2: Om te bepaal hoekom sekere goedere duurder is as ander [LU 1.3] Jou ouers het besluit dat dit tyd geword het om `n nuwe televisiestel te koop. Julle gaan Saterdagoggend na die winkels toe wat televisiestelle verkoop. Daar vind julle dat daar `n groot verskeidenheid stelle beskikbaar is. Onmiddellik wys die verkoopspersoon vir julle die televisiestelle met `n plasmaskerm. Dit blyk egter dat hierdie stelle baie duurder is. Maar dan weer is die beeld soveel skerper en helderder. Bespreek die volgende: Hoekom is die stelle met die plasmaskerms (LCD = Liquid Crystal Display) duurder? Is dit nuwe of ou tegnologie? Hoe weet jy dit? Word die stelle plaaslik vervaardig of word hulle ingevoer? Is die aanvraag na hierdie televisiestelle groot?

OpenStax-CNX module: m24583 4 6.4 AKTIWITEIT 3: 6.5 Om aeidings uit `n graek te maak oor die vraag na nuwe tegnologie 6.6 [LU 1.3] Figure 1 Bespreek hierdie graek deur die volgende vrae te beantwoord: 1. Het die verkope van gewone tv-stelle net so vinnig afgeneem as wat die verkope van lcd-stelle toegeneem het? 2. Hoeveel gewone tv-stelle is minder verkoop in 2004 en 2005? a) Hoeveel lcd-stelle is in 2005 en 2006 verkoop? 7 Assessering 8

OpenStax-CNX module: m24583 5 Leeruitkomstes(LUs) LU 1 DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van die ekonomiese probleem te toon. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed; 1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor; 1.3 verduidelik die begrippe vrye en ekonomiese (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse. Table 2 9 Memorandum Deur middel van `n praktiese voorbeeld word die kwessie van vraag en aanvraag verduidelik. Die verskil tussen vrye en ekonomiese goedere word verduidelik. Die leerders word gelei om tussen behoeftes en begeertes te onderskei.