LAERSKOOL BRACKENFELL POSSUMUS

Similar documents
HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

BenguFarm Bestelvorm

INSKRYWINGSVORM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Aansoek om Toelating

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Posbus 282 Ou Stellenboschweg Somerset-Wes 7129 Tel: (021) E-pos: TOELATINGSBELEID

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Aansoek om Lidmaatskap

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

THE INFLUENCE OF THE SOUTH AFRICAN SCHOOLS ACT (1996) ON DISCIPLINE IN INTERMEDIATE SCHOOLS IN THE NAMAQUA DISTRICT OF THE NORTHERN CAPE PROVINCE

Mosselbaai Munisipaliteit

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Indien die aansoeker n BK is,

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Die Beheer en Bestuur van Skoolkoshuise 1. INLEIDING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Aansoekvorm. POTCHEFSTROOMKAMPUS. Dit begin alles hier

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

STUDENTENOMMER Let asseblief daarop dat die toekenning van n studentenommer nie noodwendig beteken dat u toelating ontvang het nie.

Direkte en indirekte rede *

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Aansoekvorm. POTCHEFSTROOMKAMPUS. Dit begin alles hier

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

AANSOEK OM TOELATING VIR 2019 LAERSKOOL BRACKENFELL POSSUMUS STREEF NA UITNEMENDHEID KANTOORGEBRUIK Hiermee erken ek,, ontvangs van die aansoekvorm van vir gr. Afrikaans. Ontvang op: Handtekening (Bewaar asb. hierdie bewys van inhandiging van u aansoekvorm en beleide).

INSKRYWINGS VIR 2019 1. Dankie vir u aansoek. 2. Inskrywings vir 2019 open 1 Februarie 2018 en aansoeke moet ons voor 24 Maart 2018 bereik. 3. Aansoeke wat na 24 Maart 2018 ontvang word, sal op n register geplaas word. 4. Alle aansoeke moet per hand afgegee word (slegs volledige aansoeke van ouers wat vanaf ander provinsies verhuis, sal per e-pos aanvaar word). 5. Alle afskrifte moet gesertifiseer wees. 6. In die geval van enkelouers, sal slegs n unabridged geboortesertifikaat aanvaar word. 7. Indien nie n Suid-Afrikaanse burger nie, moet n gesertifiseerde verblyfspermit/ studiepermit die aansoek vergesel. 8. Slegs gesertifiseerde munisipale rekeninge, getekende huurkontrakte of koopkontrakte van eiendomsagentskappe sal aanvaar word. Indien u by iemand woonagtig is, benodig ons hul gesertifiseerde bewys van adres, ID-dokumente en n beëdigde verklaring waarin hulle bevestig dat u by hulle woonagtig is. 9. Toegang tot die skool kan geweier word indien die dokumente vervals is en/of inligting verkeerdelik deurgegee of weerhou word. 10. Let asb. daarop dat dit die aansoeker se plig is om te verseker dat die aansoek volledig is en dat hy/sy alle beleide gelees en verstaan het. Geen korrespondensie sal oor onvolledige aansoeke gevoer word nie. Indien u aansoek suksesvol is, sal u voor of op 3 Mei 2018 skriftelik in kennis gestel word. BAIE BELANGRIK : Nasorg-aansoekvorms sal vanaf 1 Aug. 2018 by die NASORGKANTOOR beskikbaar wees vir ouers wie se kinders by Laerskool Brackenfell aanvaar is.

BELEID LEERDERS : TOELATING : GEDRAGSKODE : FINANSIES 1/8

BELEID: TOELATING EN ONDERRIG Die Laerskool Brackenfell onderskryf die toelatingsbeleid van die WKOD en die onderwyswet soos uiteengesit in Wet 84 van 1996. Die skool sal vir Afrikaans- en Engelstalige leerders voorsiening maak. Onderrig sal dus in Engels en Afrikaans plaasvind. n Leerder wat enige ander taal as moedertaal het, sal n keuse moet uitoefen nadat n vaardigheidstoets in Engels en Afrikaans afgelê is. Die WKOD het die volgende bedieningsgebied goedgekeur: Noord: Langeberg Ridge, Uitsig,Langeberg Heights Suid: Brackenfell Stasie en spoorlyn Oos: Okovangoweg Wes: R300 en omgewing Toelating tot die Laerskool Brackenfell kan slegs verkry word indien n leerder aansoek op die voorgeskrewe aansoekvorm doen en die ouers bereid is om n onderhoud met die toelatingskomitee toe te staan. Die hoof kan n leerder toelaat tot die skool indien hy homself van die volgende vergewis: * n Afskrif (gesertifiseerd) van die geboortesertifikaat beskikbaar is en ingehandig word. Leerders moet die ouderdom van 6a in graad R word en 7 in graad 1. * n Afskrif van die kliniekkaart (gesertifiseerd) ingegee word. * Die Laerskool Brackenfell fisies die naaste geskikte skool vir die leerder is (huurkontrak of eiendomsreg). * Die skool oor die ruimte, apparaat en banke beskik om die leerder te huisves. * Die aantal leerders in die klas nie die getal 36 oorskry nie. Indien dit wel oorskry moet word, moet die leerkrag se toestemming verkry word. * Leerders van buite die area kan toegelaat word op grond van geskiedkundige verbintenisse tot die skool en/of indien die leerder se ouer n leerkrag by die skool is. * Leerders met spesiale leerbehoeftes (Hulpbronklas) kan toegelaat word, indien daar plek beskikbaar is. Slegs 14 leerders word in die groep toegelaat. * Leerders wat toegelaat word se ouderdom sal nie met meer as twee jaar van die gemiddelde ouderdom van die graadgroep verskil nie. * Leerders moet, Gr. R en 1 uitgesonder, n oorplasingsvorm en n amptelike verslag van akademiese prestasie ingee. * Nuwe toetredes tot die skool se ouers kan versoek word om die eerste paaiement met toelating te betaal. Leerders word deur die skoolhoof in n groep geplaas. Geen ouer het dus die reg om te versoek waar en by wie n leerder geplaas moet word nie. Die skool hou homself die reg voor om n leerder aan n taalvaardigheidstoets te onderwerp indien daar twyfel bestaan oor die leerder se moedertaal en dan die leerder daarvolgens te plaas. 2/8

Algemeen : Die skool is n gevestigde Laerskool wat reeds voldoen aan die onderwyser:leerlingtal soos deur die WKOD bepaal. Bybelonderrig : n Hoë premie word op Bybelonderrig geplaas. Geen dogma word egter verkondig nie en godsdienstige norme, soos deur die ouers gestel, word eerbiedig. Taalmedium : Die skool is n verklaarde parallelmediumskool (Afrikaans/Engels). Akademie : Die sillabusse van die WKOD word as n basiese riglyn gebruik en word beskou as die minimum leerinhoud waaraan n leerling blootgestel moet word. Gedifferensieerde onderrig bly egter n basies essensiële faset van die onderrig en die onderrig word dienooreenkomstig aangepas om voorsiening te maak vir individuele leerlingbehoeftes. Laasgenoemde het tot gevolg spesiale onderrig vir leerders met leerhindernisse, sowel as onderrig vir meer begaafde leerlinge. Slaagvereistes : Die voorskrifte van die WKOD word toegepas. Standaard : Onderrigstandaard - uiters hoë gehalte word gehandhaaf. : Akademiese standaard Leerders word blootgestel aan dit wat deur die WKOD voorgeskryf word en geleenthede word vir leerders geskep om akademies bo andere uit te styg. GEDRAGSKODE Die gedragskode word saamgestel op grond van die voorskrif volgens Art. 21 (d) van Die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996. DOEL, FUNKSIE EN OPVOEDKUNDIGE BENADERING Die gedragskode word daargestel om uitvoering te gee aan die missie en visie van die skool, om geleenthede aan leerders te skep om maksimaal te ontwikkel om sodoende hul volwaardige plek in die gemeenskap in te neem en hul rol te speel. Die gedragskode dra by tot die skep van n stabiele, funksionele en produktiewe leeromgewing waar elke leerder n gelyke kans sal hê om onderrig van die hoogste standaard onbelemmerd te kan ervaar en ontvang. Alhoewel elke leerder as individu benader en hanteer sal word, moet die leerder toegelaat word om opvoeding in n geordende en gedissiplineerde omgewing en omstandighede te ontvang sonder enige negatiewe invloede van buite. Die gedragskode het dus ten doel: Die versekering van goeie dissipline volgens duidelike omskryfde reëls wat deurlopend billik en sonder aansiens des persoons konsekwent toegepas word. Om te verhoed at negatiewe karatereienskappe en optredes by leerders ontwikkel. Om te verseker dat die opvoedingsnorme en standaarde wat tuis en in die gemeenskap geldend is in die skool bevestig en verder uitgebou sal word. 3/8

Om leerders te identifiseer wat afwykende gedrag openbaar sodat regstellende stappe ingstel kan word tot heroriëntering, of om die leerders volgens die maatreëls en voorskrifte van die ordonnansie te skors om hul negatiewe invloed in die skoolgemeenskap te beperk en uit te skakel. Belangegroepe * Leerkragte : Die skeppers van die gedragskode en die hoofagente vir die toepassing van die kode en die verdere ontwikkeling daarvan. * Ouers/Voogde : Die verantwoordelike en volwasse persoon wat die gedragskode onderskryf en kondoneer, en aanspraak daarop maak dat die volle gedragskode uitgevoer en deurgevoer sal word ter versekering van n gedissiplineerde, konstruktiewe, positiewe en produktiewe leeromgewing. Bogemelde sluit die volgende in: Gereelde skoolbywoning deur leerders. Die nakom van skoolreëls t.o.v. kleredrag, sportdrag, persoonlike netheid, sindelikheid, ens.. Opvoedkundige steun en ondersteuning van die kode. Persoonlike aanvaarding van die kode deur elke leerder. * Leerders: * Nuwe leerders moet hulle vergewis van die gedragskode sodat hulle kan inval by die dissipline maatreëls en norme van Laerskool Brackenfell. Reëls: Reëls soos uitgevaardig in beleidsdokumente van die skoolhoof en Skoolbeheerliggaam (verwys ook na die Prospektus): Voorkoms Optredes en houdings Akademiese en klaskamer optrede Sportdeelname - Reëls daargestel deur klasonderwysers. - Reëls soos daargestel deur prefekte. Beloning, straf en ernstige wangedrag: Leerders wat daadwerklik opsigtelik daarna streef om die gedragskode te handhaaf, toe te pas en uit te bou moet beloon word op so n wyse dat dit tot eer van homself en die skool sal strek. Die belangrikste beloning lê egter in die selfverwesenliking en bewuswording van die individu se waarde en die uitleef en toepassing van dit waarin daar geglo word. 4/8

Kleiner oortredings: Die skoolhoof, Skoolbestuurspan (SBS) en/of leerkragte kan n inset lewer. Straf opgelê deur prefekte moet goedgekeur word deur n departementshoof met kennisname van die skoolhoof vir verdere goedkeuring en finalisering. Straf vir algemene oortredings sal deur skoolhoof gefinaliseer word. Straf sal te alle tye verantwoordbaar, opvoedkundig en regstellend van aard wees. Die tipe straf sal ooreenkomstig die tipe oortreding bepaal word. Ernstige wangedrag: Gemelde wangedrag sal stip volgens die bepalings van die wet en die ordonnansies hanteer word: Skuldigbevinding deur n hof aan n misdaad en of wetsoortreding. Gebruik of verspreiding van verdowende middels van enige aard. Skuldig aan aanranding, diefstal of immorele optrede; rassisme; boeliegedrag; vandalisme; disrepek van gesag. Herhaalde afwesigheid sonder verlof ( n mediese sertifikaat mag vereis word of ouers moet n verklaring gee van waar die leerders was of is). Gedrag van n leerder wat volgens die Skoolbeheerliggaam strydig is met die norme en standaarde van die skool en of gemeenskap en nie bevorderlik vir positiewe en progressiewe onderrig is nie. Die skool se beleid is verder ten opsigte van laasgenoemde as volg: Leerders wat ten spyte van herhaalde waarskuwing die gesag en of selfdissiplinêre maatreëls van die skool verontagsaam, sal beskou word as leerders met optredes strydig met die norme en standaarde van die skool. Leerders wat hul skuldig maak aan laasgenoemde mag gevra word om vir n tydperk van tot 5 dae agtereenvolgens tuis te bly met die oog op rehabilitering. Indien laasgenoemde nie die gewenste uitwerking het nie, sal ouers voor die Skoolbeheerliggaam gedaag kan word om te verduidelik waarom daar nie voortgegaan moet word met skorsing en of uitsettingsprosedure nie. Dwelmmiddels, alkohol en tabak: Leerders van n laerskool is gewoonlik onder die ouderdom van 16 jaar en baie vatbaar vir enige bedwelmende produk. Die statistiek in die verband is baie duidelik. Die Laerskool Brackenfell beskou die gebruik van hierdie middels as n wetsverbreking en uit pas met die norme en standaarde van die gemeenskap. Die koop, verkoop, verspreiding en of gebruik van enige dwelmmiddel, alkohol of tabak kan lei tot n ondersoek van die Skoolbeheerliggaam wat kan lei tot uitsetting en/of skorsing. 5/8

Rekenaarkamerreëls: Die rekenaarkamer verteenwoordig n enorme kapitale uitleg. Spesifieke reëls om die fasiliteit te beskerm is dus nodig: 1. Geen kos, koeldrank, lekkers ens. mag binne die lokaal geëet of gebring word nie. 2. Leerders neem hul plekke in en verlaat nie hul plekke sonder toestemming nie. 3. Geen spelery met apparatuur word toegelaat nie. 4. Eie diskette word nie sonder kontrole van die persoon in beheer gebruik nie. 5. Geen rondhardlopery sal toegelaat word nie. 6. Gebruik van apparatuur en programmatuur sal slegs onder die toesig van die persoon in beheer plaasvind. 7. Geen apparaat of gedeelte van apparaat mag uit die rekenaarlokaal verwyder word sonder die skriftelike toestemming van die persoon in beheer nie. NB: Indien n leerder n apparaat of n gedeelte van n apparaat beskadig, kan daar verwag word dat die apparaat herstel of vervang sal word. Dissiplinêre prosedure: Leerkrag: Straf volgens oortreding. Teken alle straf en/of waarskuwings aan. Verwys na departementshoof indien nodig. Teken klagtes ten opsigte van leerders vanaf ander leerkragte, prefekte of afrigters aan. Plaas leerder op detensie en vul detensievorm in. Verwys na skoolhoof vir verdere optrede. Skakel met ouers mondeling en/of skriftelik. Departementshoof: Vergewis homself van die tipe oortreding van leerder, bepaal n ernstiger straf of verwys na adjunkhoof. Skakel met skoolhoof en ouers indien nodig. Adjunkhoof/Skoolhoof Gaan oor tot skorsing/uitsetting prosedures Straf/detensie dienooreenkomstig die oortreding. Skoolhoof Straf volgens oortreding Na herhaalde ontwrigting en ongehoorsaamheid: versoek ouers om leerders in n ander skool van hul keuse te plaas. Skoolbeheerliggaam Spreek ouers Volg prosedures vir skorsing en uitsetting. 6/8

ONDERRIGGELD 2018 TUITION FEES 2018 GRAAD GRADE Gr 1-7 PREPRIMêR/ PRE- PRIMARY MAAND MONTH R1060.00X10 (FEB.-NOV.) R1080.00X10 (FEB.-NOV.) JAAR YEAR AFSLAG/ DISCOUNT 7.5% VOOR 28 FEB. 2018/BEFORE 28 FEB. 2018 R10600.00 R795.00 R9805.00 R10 800.00 R810.00 R9990.00 TOTAAL/TOTAL Maandelikse skoolfooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 7de van elke maand. 7,5 % afslag word toegestaan indien die jaarlikse bedrag ten volle betaal word voor of op 28 Februarie 2018. Neem kennis dat u 2 werksdae moet toelaat vir betalings wat per internet of kaartmasjien gedoen word, indien die betaling nie vanaf Absa gedoen word nie. Die volle bedrag moet voor of op 28 Februarie 2018 op die skool se bankrekening toon om te kwalifiseer vir die afslag. Monthly school fees is payable in advance on or before the 7 th of each month. 7,5 % discount is granted, provided the annual school fees are fully paid by 28 February 2018. Please note that 2 working days should be allowed for payments made via the internet or card machine, if the payment is not made from Absa. The full amount must reflect on the school s bank statement on or before 28 February 2018, to qualify for the discount. Bankbesonderhede/ Banking details: Laerskool Brackenfell/Brackenfell Primary School Absa Tjek rekening/absa cheque account Takkode/Branch code: 632005 Rek No./Account Number: 1450163569 GEBRUIK ASSEBLIEF DIE LEERDER SE TOELATINGSNOMMER AS VERWYSING. PLEASE USE THE LEARNER S ADMISSION NUMBER AS REFERENCE. 7/8

GRAAD GRADE JUNIOR NASORG/JUNIOR AFTERCARE (PP-GR3) SENIOR NASORG/SENIOR AFTERCARE (GR4-7) NASORGFOOIE 2018 AFTERCARE FEES 2018 MAAND MONTH JAAR YEAR AFSLAG/ DISCOUNT 7.5% VOOR 28 FEB. 2018/BEFORE 28 FEB. 2018 R940.00X10 R9400.00 R705.00 R8695.00 R730.00X10 R7300.00 R547.50 R6752.50 TOTAAL/TOTAL Maandelikse nasorgfooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 7de van elke maand. 7,5 % afslag word toegestaan indien die jaarlikse bedrag ten volle betaal word voor of op 28 Februarie 2018 Neem kennis dat u 2 werksdae moet toelaat vir betalings wat per internet of kaartmasjien gedoen word, indien die betaling nie vanaf Absa gedoen word nie. Die volle bedrag moet voor of op 28 Februarie 2018 op die trust se bankrekening toon om te kwalifiseer vir die afslag. Monthly aftercare fees is payable in advance on or before the 7 th of each month. 7,5 % discount is granted, provided the annual aftercare fees are fully paid by 28 February 2018. Please note that 2 working days should be allowed for payments made via the internet or card machine, if the payment is not made from Absa. The full amount must reflect on the trust s bank statement on or before 28 February 2018, to qualify for the discount. Bankbesonderhede vir nasorgfooie /Banking details for aftercare fees Absa Tjek rekening/absa cheque account Takkode/Branch code: 632005 Naam van rekening: De Bracken Trust Name of Account: De Bracken Trust Rek No./Account Number: 4079999129 GEBRUIK ASSEBLIEF DIE LEERDER SE TOELATINGSNOMMER AS VERWYSING. PLEASE USE THE LEARNER S ADMISSION NUMBER AS REFERENCE. 8/8

AANSOEKVORM: GR. R - 7 KANTOORGEBRUIK: Datum ontvang Graad Toelatingsnommer Cemis Aansoek aanvaar Aansoek onvolledig Aansoek afgekeur Rede vir afkeuring MOET VOLLEDIG DEUR OUER/S VOLTOOI WORD : AANSOEK OM TOELATING VIR 20 LEERDER SE VOLLE NAME EN VAN GR. R 1 2 3 4 5 6 7 1.Dui asb. aan indien u in die verlede ook aansoek gedoen het en nie aanvaar is nie. JA / NEE 20 / 20 2. Dui asb. aan of u enige geskiedkundige verbintenis met Laerskool Brackenfell het. Jaar : 3. Is daar tans ouer boeties/ sussies in Laerskool Brackenfell? Gr. Gr. Gesertifiseerde afskrifte van die volgende dokumente MOET die aansoek vergesel. 1. Gesertifiseerde ID / Geboortesertifikaat ( unabridged in die geval van n enkelouer). 2. Gesertifiseerde kliniekkaart. 3. Gesertifiseerde ID van biologiese VADER/ VOOG. 4. Gesertifiseerde ID van biologiese MOEDER / VOOG. 5. Gesertifiseerde bewys van woonadres ( munisipaal of huurkontrak). Verwys na punt 8 op bl. 2 indien die eiendom nie in u naam is nie. 6. Gesertifiseerde laaste rapport of verslag van die leerder se vorige skool. 7. Slegs vir asielaansoekers/vlugtelingstatus: gesertifiseerde, wettige opgedateerde permit. 1/8

LEERDER SE INLIGTING VAN: VOORLETTERS: VOLLE NAME: Noemnaam, indien verskillend van eerste naam hierbo. LEERDER SE ADRES Woonadres : Poskode IDENTITEITSNOMMER LEERDER SE PERSOONLIKE BESONDERHEDE Geboortedatum JAAR MAAND DAG Huistaal ENG AFR XHOSA OTHER Ras : Keuse van onderrig ENG AFR Manlik Vroulik Datum van aankoms in SA (indien van toepassing) SA-burgerskap JAAR MAAND DAG JA Slegs van toepassing op Gr. 1 aansoeke. In watter voorskool is die leerder tans? NEE Naam van skool : Kontaknommer: Indien u aansoek doen vir Gr. 2 7. In watter skool is die leerder tans? Naam van skool: Kontaknommer: Rede waarom skool verlaat word? BY WIE IS DIE LEERDER WOONAGTIG? Vader Moeder Voog Oupa/Ouma Borg Ander 2/8

LEERDER SE MEDIESE BESONDERHEDE Dokter se naam Praktyk se telefoonnommer LEERDER SE MEDIESE GESKIEDENIS Verstrek asseblief die toepaslike inligting hieronder. Versuiming mag tot die terugtrekking van u aansoek lei. Allergieë: Roetine medikasie: Onlangse beserings: Vorige operasies: Bestaande mediese probleme: Enige ander behandeling waarvan die skool moet kennis dra: MEDIESE FONDS BESONDERHEDE Naam van fonds Hooflid se naam Lidnommer 3/8

SLEGS BIOLOGIESE VADER SE BESONDERHEDE VAN TITEL VOORNAME IDENTITEITS- NOMMER E-POS ADRES Huistelefoonnommer Selno. Besigheidstelefoonnommer Faksno. Woonadres Posadres, indien dit van bogenoemde verskil Poskode Poskode Naam van werkgewer Beroep VAN SLEGS BIOLOGIESE MOEDER SE BESONDERHEDE TITEL VOORNAME IDENTITEITS- NOMMER E-POS ADRES Huistelefoonnommer Selno. Besigheidstelefoonnommer Faksno. Woonadres Posadres, indien dit van bogenoemde verskil Poskode Poskode Werkgewer Beroep 4/8

ONDERSTREEP ASB. VERWANTSKAP (STIEFPA, STIEFMA, WETTIGE VOOG) VAN TITEL VOORNAME IDENTITEITS- NOMMER E-POS ADRES Huistelefoonnommer Selno. Besigheidstelefoonnommer Faksno. Woonadres Posadres, indien dit van bogenoemde verskil Poskode Poskode Werkgewer Beroep Hiermee bevestig ek,, (vader) dat die inligting verskaf korrek en volledig is. Hiermee bevestig ek,, (moeder) dat die inligting verskaf korrek en volledig is. Hiermee bevestig ek,, (stiefpa, stiefma, wettige voog) dat die inligting verskaf korrek en volledig is. 1. Toelatingsbeleid 2. Gedragskode 3.Finansiële skrywe Ek bevestig ook hiermee dat ek die bogenoemde dokumente se inhoude as bindend aanvaar. Handtekening (vader) Datum Ek bevestig ook hiermee dat ek die bogenoemde dokumente se inhoude as bindend aanvaar. Handtekening (moeder) Datum 5/8

FINANSIëLE ONDERNEMING Ek,,(biologiese vader/voog) en, (biologiese moeder/voog) in ons kapasiteit as die wettige ouers/voogde van die leerder (name en van) onderneem die volgende ten gunste van die Laerskool Brackenfell: 1. Ons onderneem gesamentlik om die skoolfonds te betaal en verstaan dat: Die jaarlikse onderriggeld is n verpligte bedrag, soos deur die ouers op die jaarlikse begrotingsvergadering goedgekeur. Onderriggeld is op die eerste skooldag van die jaar vooruitbetaalbaar en wel deur middel van die volgende betalingswyses (omsirkel die letter van die opsie wat u kies): (a) Die volle bedrag word eenmalig aan die begin van die skooljaar betaal. (b) Die onderriggeld word in 10 maandelikse paaiemente op die volgende wyse betaal. Merk die opsie wat u kies. Betaling d.m.v. n maandelikse debietorder teen my bankrekening. Maandelikse paaiemente in kontant/tjek. Internetoorplasing. Die eerste paaiement is betaalbaar op die sewende dag van Februarie in die jaar waarin die leerder die skool bywoon en die fooie betaalbaar is, en daarna teen die 7e van elke opeenvolgende maand, met die laaste betaling wat op die 7e dag van November van daardie jaar betaalbaar is. Ingevolge die Familiewetgewing, word beide biologiese ouers gesamentlik vir die betaling van onderriggele aanspreeklik gehou, ongeag van hulle huwelikstatus. As die skoolgeld nie betaal word nie, sal beide biologiese ouers gedagvaar word, ongeag watter onderhoudsooreenkomste en hofbevele tussen die ouers bestaan. In terme van Afdelings 40 en 41 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, mag die skool die betaling van verpligte skoolfonds afdwing. As die skool verplig word om wetlike stappe in te stel, onderneem die biologiese ouers om alle regskostes te betaal, insluitende prokureurs-/kliëntfooie en die invorderingskuld wat deur die skool betaal moet word. Ouers wat nie hul skoolfooie kan betaal nie mag vir kwytskelding en/of gedeeltelike kwytskelding aansoek doen. Beide biologiese ouers moet die toepaslike dokumentasie invul. 6/8

Die skool mag enige persoonlike inligting i.v.m. die ouers se aanspreeklikheid t.o.v. die betaling van skoolfonds op die skool se rekenaarsisteem of op enige ander sisteem stoor en mag die inligting van beide ouers aan die skool se skuldinvorderaars bekendmaak, indien die ouers aan hulle oorhandig word. Stel asseblief die finansiële kantoor skriftelik in kennis indien u rekords en ons rekords verskillende bedrae aandui. Die Skoolbeheerliggaam is geregtig om bv. die afbetalingsterme te wysig, mits die persoon wat vir die betaling aanspreeklik is, skriftelik in kennis gestel word. Ooreenkomste is in Afrikaans en Engels beskikbaar. GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN. VOLLE NAME: VADER/VOOG HANDTEKENING: VADER VOLLE NAME: MOEDER/VOOG HANDTEKENING: MOEDER 7/8

LAERSKOOL BRACKENFELL : TOESTEMMING EN VRYWARING Hiermee gee ek, die ondergetekende, in my hoedanigheid as vader\moeder\voog toestemming dat... (kind se naam) vir sy/haar hele die toere/kampe/uitstappies wat deel van die skoollewe en opvoeding is, mag bywoon. Ek verstaan en aanvaar dat sulke reise, en/of uitstappies op die uitsluitlike risiko van my seun\dogter onderneem word en dat ek, my eksekuteure, my eggenote en voormelde kind, in my bogenoemde sowel as my persoonlike hoedanigheid, die Onderwysowerheid, Beheerliggaam, die Skoolhoof en sy personeel, hiermee vrywaar en kwytskeld van enige en alle eise van welke aard ook al, asook enige en alle verlies of skade aan eiendom sowel as liggaamlike beserings van my voormelde kind, wat mag ontstaan of voortspruit uit enige en alle bedrywighede gemeld. Ek neem kennis dat die Skoolhoof en sy personeel sulke voorsorg as redelik in die omstandighede blyk te wees, vir die veiligheid en welvaart van my kind sal tref. Ek verklaar verder dat, na die beste van my wete, genoemde kind nie aan enige aansteeklike siekte ly nie. In die geval van 'n ongeval of siekte verleen ek verder toestemming dat gemelde kind\kinders na 'n dokter of hospitaal geneem mag word vir behandeling indien die situasie dit noodsaak. Spesiale omstandighede (bv. gebreke, allergieë, nie-aansteeklike siektes of toestande, ens.) ten opsigte van bogenoemde kind waarvan die organiseerders na my mening kennis moet dra:...... OUER/VOOG SE NAAM:.. OUER/VOOG SE ID NO.:... KONTAKNOMMER: (S)..(H) MEDIESE VERENIGING:.. LIDMAATSKAPNOMMER: HANDTEKENING: DATUM:... 8/8