Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Tariewe

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Direkte en indirekte rede *

Rut: n Liefdes Verhaal

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Tariewe

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

INSKRYWINGSVORM

Geagte Ouers / Voogde en Florries

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)


GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

WILGERLOOT TOKKIES KRY RAPPORTE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Geagte Ouers / Voogde en Florries

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

LAERSKOOL BRACKENFELL POSSUMUS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

PRESENT APOLOGY MINUTES

Die Hoërskool DF Malan

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mosselbaai Munisipaliteit

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Edgehog

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Transcription:

W13.0002 2013.01.14 OUER-OMSENDBRIEF NO. 1 VAN 2013 Geagte Ouer / Voog VERWELKOMING 'n Besondere woord van verwelkoming aan die Gr 8's, asook ander nuwe leerlinge en hulle ouers in die Transvalia gemeenskap. Ons vertrou dat julle vinnig sal inskakel en gelukkig sal wees. Ouers word uitgenooi om betrokke te raak by aktiwiteite. U moet asb vrymoedigheid neem om enige probleme onder die skool se aandag te bring. PERSONALIA Ons innige meegevoel met Me Riana van Niekerk en Me Mizelle Herbst wat hul (pa en oupa) asook Me J Joubert wat haar ma gedurende die vakansie aan die dood afgestaan het. Mag u en u familie troos vind by ons Hemelse Vader. Op 'n vrolike noot kan ons die volgende personeel gelukwens met hul huweliksbevestiging die afgelope vakansie: Me M Oberholzer (voorheen Viljoen), Me M Herbst (voorheen van Niekerk) en Me A Jonker (voorheen Watson). Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het. Die volgende personeel het nuut by ons aangesluit: Mnr B Venter (Afrikaans, Me M McCallum (Engels), Me H Hagen (LO), Me A Jonker (Toerisme en EBW) asook Me W van Wieringen (Aflos vir Me A vd Merwe wat met kraamverlof is). Baie geluk met u aanstellings. Mag u nog 'n baie lang en gelukkige verbintenis met Transvalia hê. MATRIEKUITSLAE Baie geluk aan ons personeel en matrikulante van 2012 met die puik uitslae. Ons spog met 247 vakonderskeidings uit 191 leerlinge en 78% van ons leerlinge slaag met universiteitsvrystelling. Die volgende skool naaste aan Transvalia het 59% universiteitsvrystelling. Die slaagsyfer is 99,47% a.g.v. een druipeling. Transvalia is weer die nommer een skool in die Vaaldriehoek!

Die volgende leerlinge verdien vermelding met die volgende besondere prestasies: Agt leerlinge met 7 onderskeidings elk: Vinzent Blaschczok; Estefan Booysen; Mia Du Preez; Le Roux Malan; Izelle Neuhoff; Eleandri Oosthuizen; Adriaan Roux; Stephan Wicks. -2- Drie leerlinge met 6 onderskeidings elk: Burger Fouché; Riana Greeff; Tenique Supra. Twee leerlinge met 5 onderskeidings elk: André Louw; Ruan Steynberg. Ses leerlinge met 4 onderskeidings elk: Melandri Brenkman; Pieter Britz; Dian Coetzee; Stefan de Wit; Neil Grobbelaar; Mariné Kruger. Ses leerlinge met 3 onderskeidings elk: Elizabeth Bulter; Tiaan Grové; Dandri Jordaan; Anché Oosthuizen; Xander Riekert; Jaco van Rooyen. Dan was daar ook nog 22 leerlinge met elk 2 onderskeidings en 75 leerlinge met 1 onderskeiding elk. VERPLIGTE OUERINLIGTINGSVERGADERINGS VIR GR 9 12. Ouers, voogde en hul kinders word uitgenooi om 'n verpligte vergadering in die skoolsaal op die volgende datums te kom bywoon: Gr 12 - Woensdag 16 Januarie om 18:00 Gr 11 - Dinsdag 22 Januarie om 18:00 Gr 9 en 10 - Donderdag 24 Januarie om 18:00 Belangrike inligting en reëls sal dan aan u deurgegee word. Ons maak staat op u teenwoordigheid. BEGROTINGSVERGADERING EN GELDE BETAALBAAR VIR 2013 Die begroting vir 2013 is goedgekeur op die ouervergadering wat plaasgevind het op 15 Oktober 2012. Skoolgelde vir 2013 beloop in totaal R7500,00 per leerling vir die jaar. Ten einde kontantvloei te bevorder en ons in staat te stel om alle handboeke, skrifte, ens aan leerlinge te voorsien, is 'n eerste paaiement van R700 betaalbaar aan die begin van die skooljaar, wat dan beteken dat die balans van die skoolfonds R6 800,00 is, wat soos volg betaal kan word: 10 gelyke paaiemente van R680 per maand, (Januarie tot Oktober) Ten volle betaal teen einde Februarie met 10% korting. Leerlinge wat op akademiese-, sport-, kultuur- en leierskapsgebied presteer het in 2012, kan in aanmerking kom vir merietebeurse, wat korting op skoolgeld beteken en kan hiervoor aansoek doen in Januarie. Merietebeursvorms sal in Januarie beskikbaar gestel word.

-3- Neem asb ook kennis dat ouers wat finansiële probleme ondervind en wat volgens bruto inkomste kwalifiseer volgens Staatsregulasie 29311, kan aansoek doen vir subsidie deur die nodige aansoekvorms by die finansiële kantoor te kry wanneer die skool in Januarie heropen. Neem kennis dat die aansoeke vir subsidie einde Januarie 2013 sluit en dat die voorgeskrewe aansoekvorm en stawende dokumente dan deur die Beheerliggaam van die skool verwerk sal word. Riglyne volgens Staatsregulasie 29311 sal dan deur die Beheerliggaam gebruik word om subsidies toe te ken. Sentrumfondse is as volg: R300 I.T; RTT; Visuele Kuns; Drama R350 Verbruikerstudie en Meganiese Tegnologie R300 Leessentrum (Gr 8-leerlinge) R200 Ekstra vakke (elk) Roete bustariewe (Vaalpark en Sasolburg) Geleentheidskaartjies R30 Kwartaalkaartjies R700 Jaarkaartjies R2 000 Dorpsroete R15,00 per rit (uitgekontrakteer) Plotroete R20,00 per rit (uitgekontrakteer (Die Dorps- en Plotroete se gelde is direk betaalbaar by die kontrakteur se busbestuurder) Sportbustariewe Sportritte binne Vanderbijlpark R10 Sportritte binne die Vaaldriehoek R30 Sportritte buite die Vaaldriehoek tot Johannesburg R50 (Heidelberg, Frankfort, Parys) Sportritte verder as Johannesburg se pryse sal bepaal word per geleentheid. BANKBESONDERHEDE VIR INBETALINGS: ABSA Rekeningnommer 530 390 594 TAKKODE 632005 VERWYSING Skoolfondsrekeningnommer WETENSKAP WERKBOEKE; Gr 8 12 wetenskap werkboeke moet aangekoop word teen R110,00 elk. Gr 8 en 9 se werkboeke word in Wetenskap sowel as Biologie gebruik. By voorbaat dankie vir u ondersteuning met die aankoop van werkboeke vir u kinders. SPORTTOERE Neem asb kennis dat u nou reeds kan begroot, vir die A- en B-hokkiespanne asook A-rugby en netbalspanne se toere wat tydens die April skoolvakansie gaan plaasvind.

-4- PRYSUITDELING Alle ouers word hartlik uitgenooi na ons jaarlikse akademiese, asook krieket- en skaak-prysuitdeling vir Gr 9 12 wat op Woensdag 6 Februarie 2013 in die skoolsaal sal plaasvind. Die funksie begin om 18:00 en sal tot ongeveer 19:30 duur. Weens die feit dat dit 'n formele aandfunksie is, word leerlinge gevra om wintersdrag (das en baadjie) aan te trek. Al die name van leerlinge wat toekennings ontvang, sal vooraf by die skool opgeplak word vir kontrole. LEERLINGE MET MOTORS EN MOTORFIETSE Slegs leerlinge met 'n geldige bestuurslisensie sal toegelaat word om in die skoolterrein te parkeer. 'n Afskrif van die lisensie moet by Mnr T du Plessis ingehandig word. AFWESIGHEDE Ons herinner ons ouers / voogde aan die reëling om asb die skool te skakel wanneer u kind afwesig is. 'n Bewys van afsprake moet getoon word, om 'n leerling tydens skoolure te kan afteken. Afwesighede moet asb tot 'n minimum beperk word. Leerlinge mag ook nie op 'n Vrydag vroeër afgeteken word nie, aangesien die toetse eers later in die dag geskryf word. OP- EN AFLAAI VAN LEERLINGE Ouers / voogde moet asb daarop let dat u nie in die skoolhek of in die straat stilhou, om leerlinge op óf af te laai nie. U moet ook asb nie by die sporthek inry om leerlinge op die terrein af te laai nie. U moet asb op die sypaadjie stilhou óf u kan van die deurry in Schumannstraat langs die netbalbane, gebruik maak. Deur ons hiermee te help kan ons die verkeervloei en ophoop van motors en leerlinge voor ons ingange, ten goede verbeter. Baie dankie by voorbaat vir u samewerking. Belangrike datums vir u aandag is op die volgende bladsy opgesom. Sterkte vir die jaar 2013! Ons hoop en vertrou dat hierdie 'n suksesvolle en gelukkige jaar vir elkeen van ons leerlinge en hul ouers sal wees. Valia-groete. J R VENSKE HOOF

-6- BELANGRIKE DATUMS: (kort opsomming) (Volledige datums is in die huiswerkboekie aangedui). Atletiek: Vrydag 18 Januarie Hs Florida (weg) Vrydag 25 Januarie Menlopark, Brits en Noordheuwel (DP de Villiers stadion) Vrydag 1 Februarie Waterkloof (weg) Vrydag 8 Februarie Menlopark (weg) Woensdag 13 Februarie Top 5 byeenkoms (weg) Vrydag 15 Februarie UJ Goue Liga Vrydag 22 Februarie Interhoër Atletiekbyeenkoms (DP de Villiers Stadion Sasolburg) Donderdag 28 Februarie NWU Interskole (Super 16) Ander : 28 Januarie Groentjiekonsert 29 Januarie Groentjiekonsert 30 Januarie Groentjiekonsert 23 Februarie Rugby/Hokkie/Netbal vriendskaplik (Standerton) 2 Maart Rugby/Hokkie/Netbal vriendskaplik (Middelburg) 4 Maart Hokkie VUT aandreeks begin (VUT astro) 9 Maart TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal Nelspruit (tuis) 15 Maart VCSV " Movie by Candlelight" 16 Maart TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal Marais Viljoen (weg) 7 8 April TUKS/NUPOWER Gholf - Zebula 11 April TUKS/NUPOWER Skaak : TUKS 12 April TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal B-spanne : Tennis (LC de Villers), Skaak en Muurbal : TUKS : Landloop : Hs Eldoraigne 13 April TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal B-spanne :(Hs Florida, HTS Middelburg) Tennis (LC de Villiers) : Skaak en Muurbal : (TUKS) : Landloop (Hs Eldoraigne) 20 April TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal : Garsfontein (weg) 23 April Oueraand 26 April Semi-finale Netbal, Seunshokkie : Pretoria 27 April TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal semifinale : L C de Villiers 10 Mei Gholfdag 11 Mei TUKS/NUPOWER Rugby/Hokkie/Netbal finale : LC de Villiers. 6 Augustus Oueraand 7 Augustus Gr 9 vakkeuse oueraand 23 Augustus Hokkie afsluitingsfunksie / dinee 6 September Manne-aand 7 September Damestee 13,14,15 Sept. Gr 10-kamp 4 Oktober Matriekafskeid 14 18 Okt Kultuurweek 23 Oktober Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms