HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Rut: n Liefdes Verhaal

HANDLEIDING VIR DIE TOEPASSING VAN DIE VOORGESKREWE VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD VAN DIE FAKULTEIT REGTE (NWU, POTCHEFSTROOMKAMPUS)

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SIZA takes the sting out of auditing

Tariewe

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Dialoog en paragrawe *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

TYDSKRIF VIR REGSWETENSKAP REDIGEERINSTRUKSIES

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Direkte en indirekte rede *

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

POTCHEFSTROOMSE ELEKTRONIESE REGSTYDSKRIF. VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD 1. Voorgeskrewe verwysingstyl van PER/PELJ,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

A Beginner s Guide to Programming Logic, Introductory

NWU VERWYSINGSGIDS. NWU Harvard Verwysingstyl van die Fakulteit Regte APA. Biblioteekdienste, Potchefstroomkampus. Noordwes-Universiteit Potchefstroom

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Mosselbaai Munisipaliteit

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Hoe om krag te spaar

Gehaltebeheer op Web-inligting

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HANDLEIDING VIR NAGRAADSE STUDIE

Tariewe

Tendense in die studie van die kultuur van oraliteit: Implikasies vir die verstaan van die Matteusevangelie

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

GESTALT-GROEPTERAPIE MET VROЁE ADOLESSENTE NA DIE DOOD VAN N OUER EN DIE BENUTTINGSWAARDE VAN SCRAPBOOKING AS HULPMIDDEL. deur TARIEN HAMMAN

Transcription:

AFDELING A HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE Die oorhoofse tema van die werkopdrag is Tradisie. Hierdie onderwerp het al in die verlede en sal heel waarskynlik ook in die toekoms tot vele debatte aanleiding gee en ʼn aantal aanvegbare kwessies oproep. Die tradisie vs. moderniteit -vraagstuk is ʼn voorbeeld van een so ʼn kwessie. Stap 1 Stap 2 Stap 3 Stap 4 Stap 5 Stap 6 WERKOPDRAG-INSTRUKSIES Hierdie is ʼn individuele-werkopdrag. Druk die literatuur vir die werkopdrag uit wat jy op BlackBoard sal aantref. Lees die opskrifte van die onderskeie afdelings van die hoofstuk. Lees nou elke afdeling deur. Maak seker dat jy elke afdeling ten minste twee maal deurgelees het voordat jy na die volgende stap aangaan. Raadpleeg die Werkopdragrubriek (aan die einde van hierdie Handleiding vir Werkopdrag). Uit die rubriek sal jy aflei dat die assessering van hierdie werkopdrag in twee (2) afdelings verdeel word: tegse aspekte en inhoud. Kyk, wat die tegse aspekte betref, of jy die volgende op jou eie harde kopie kan identifiseer (met gebruik van ʼn kreatiewe/innoverende sleutel): Die inleidende inhoud en samevattende gedeeltes van die hoofstuk Die probleemstelling Die doelstelling(s) Verwysings binne die teks Onderskei in die verwysingslys tussen boeke wat in totaliteit gelys is, hoofstukke wat uit geredigeerde boeke geneem is en artikels uit joernale Waar die datum van die publikasie aangedui word Onderskei tussen die titel van die boek en die titel van die hoofstuk Werk stap vir stap deur Stap 4. Neem die tyd om elke tegse aspek waarna in die vorige stap verwys is met mede-student te bespreek. Moet aangaan na die volgende stap voordat jy self suksesvol die vereiste tegse aspekte op jou eie harde kopie van die hoofstuk kan aandui. Die hoofstuk bestaan uit ses afdelings. Dit is dan jou taak om elke afdeling van die hoofstuk oor te skryf. Daar word van jou verwag om elke paragraaf te parafraseer. Die idee is dat jy alternatiewe woorde (sinome) en/of frases sal opsoek en gebruik om woorde te vervang terwyl jy aan die parafrasering van elke afdeling werk. Jy behoort veral versigtig te wees om bloot die inhoud letterlik te interpreteer (of te vertaal), maar probeer om die betekenis of boodskap wat die skrywer probeer oordra tydens hierdie stap van die werkopdrag te kommunikeer. Elke afdeling/gedeelte moet volgens die ooreengekomde tutorialeprogram voltooi word. Kontrolelys 1

Stap 7 Stap 8 Stap 9 Stap 1 Stap 11 Stap 12 Lees weer en redigeer elke afdeling/gedeelte soos volgens die tutorialeprogram ooreengekom en indien nodig, moet korreksies aangebring of aanpassings aan die parafrasering gemaak word. Inkorporeer die afdelings by mekaar soos wat dit in die oorspronklike hoofstuk verskyn. Lees en redigeer weer die herskrewe hoofstuk. Die nuwe hoofstuk moet aandagtig deur gelees word. Berei voor om in n tutoriale sessie die volgende te bespreek: 1) Die boodskap wat die oorspronklike skrywers, volgens julle, in elke afdeling van die hoofstuk wou oordra. 2) Som dit wat die oorspronklike skrywers van die hoofstuk sê, m.a.w. die punt wat hulle probeer maak, in ʼn sin of twee op. 3) Hoe is jou begrip van die boodskap wat die oorspronklike skrywers kommunikeer beïnvloed/verander nadat jy die hele hoofstuk wat deur jou Leerspan geparafraseer is oorgelees het? 4) Bespreek die idee van tradisie krities. Pas dit wat jy omtrent die reïnterpretasie en rekreasie van tradisie geleer het toe en lig jou bespreking toe met die voorbeeld van president Zuma se baie vrouens. Jy moet nou jou geparafraseerde weergawe van die hoofstuk vir inhandiging voorberei. Bekyk weer die Werkopdragrubriek. Jy sal agterkom dat daar onder Tegse Aspekte ʼn tweede afdeling verwant aan jou weergawe van die werkopdrag is wat op BlackBoard ingedien gaan word. 1) Jou werkstuk moet ʼn titelbladsy hê. Maak seker dat: a. Jou werkstuk ʼn titel het b. Jou naam en studentenommer korrek en duidelik gelys is c. Sluit ʼn verklaring in waarin jy verklaar dat dit jou eie onafhanklike werk is; dat geen afdeling van hierdie werkopdrag vanaf die oorspronklike hoofstuk of ʼn huidige/vorige Leerspan/individu afgeskryf is. 2) Jou werkopdrag behoort ʼn Inhoudsopgawe te hê. Al die opskrifte, subopskrifte en nommering in die teks self behoort met dié in die Inhoudsopgawe ooreen te stem. 3) Die bladsynommers van die werkopdrag moet duidelik en konsekwent wees. Die bladsynommer in die teks behoort ooreen te stem met alles wat in die Inhoudsopgawe aangedui is. 4) Bronne waaruit inligting geneem is, moet op gepaste wyse (volgens die vereistes wat in hierdie handleiding gestel word) in die teks en die Verwysingslys erken word. 5) Maak seker dat die teks van die werkopdrag versigtig versorg word en dat onnodige spel, tik en/of ander foute uitgeskakel word. Wanneer jy tevrede is dat elkeen van die twaalf stappe suksesvol voltooi is, moet hierdie dokument tesame met die ingeskandeerde kopie van die hoofstuk, waarop al die ander Tegse Aspekte op ʼn duidelike en kreatiewe wyse aangedui is, op BlackBoard ingedien word. Die datum van inhandiging word op die rooster vir die module aangetref. GEEN LAAT INDIENING SAL AANVAAR WORD NIE. 2

Ander belangrike administratiewe en tegse vereistes is: dit is die taak van elke Leerspan om die dosent (en tutors) vóór die inhandigingsdatum ( die dag voor die tyd ) raadpleeg om te verseker dat daar aan die vereistes voldoen word en dat probleemareas aangespreek word; die werkopdrag moet deeglik en netjies geredigeer word om sodoende foute (i.t.v. sowel spelling as tikwerk) uit te skakel; en die belangrikste, die werkopdrag moet volgens die dosent se instruksies ingedien word. WENK: Wanneer jy die werkopdrag tik (of laat tik), is dit raadsaam om daardie weergawe op ʼn geheuestokkie te stoor. Daardeur is jy verseker dat veranderinge daaraan maklik in die toekoms gemaak kan word. AFDELING B 1. INHOUD EN STRUKTUUR 1.1 Struktuur Die werkstuk moet oor ʼn spesifieke struktuur beskik, wat uit die volgende dele bestaan: 1.1.1 Titelbladsy ʼn Titelbladsy moet as ʼn voorblad vir die werkopdrag gebruik word. 1.1.2 Aanbieding Die werkopdrag moet netjies getik (in een en ʼn half-spasiëring) op A4-grootte papier wees. Dit moet sorgvuldig geredigeer wees om spel-, tik- en ander foute uit te skakel. 1.1.3 Nommering Maak slegs van die desimale nommeringsisteem gebruik vir opskrifte en subopskrifte. Vermy liefs subopskrifte wat met meer as 4 desimale nommers (bv. 5.4.3.2.1.) aangedui moet word. 1.1.4 Opskrifte Alle opskrifte en subopskrifte moet logies wees en ʼn duidelike aanduiding gee omtrent die aard van die teksinhoud wat daarop volg. Vermy langdradige of betekenislose opskrifte. Opskrifte behoort in hoofletters getik te word terwyl subopskrifte in kleinletters verskyn. 1.1.5 Inhoudsopgawe Begin die werkopdrag met ʼn netjiese, akkurate Inhoudsopgawe, d.w.s. ʼn indeks van al die opskrifte en subopskrifte van al die verskillende afdelings/hoofstukke met ʼn aanduiding van die bladsynommer waarop elkeen voorkom. Dit is belangrik dat die bladsynommer wat in die Inhoudsopgawe voorkom, ooreenstem met die werklike bladsy waarop daardie opskrif/subopskrif in die teks voorkom. 3

Let op dat daar van punktuasie in die Inhoudsopgawe gebruik gemaak word behalwe vir die nommering. Sien die voorbeeld hieronder. VOORBEELD: INHOUDSOPGAWE Bladsy HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 Probleemstelling en doelstellings 1 1.2 Metode 1 1.3 Aanbieding van die feite 2 HOOFSTUK 2:... (opskrif) 2 2.1 Inleiding 3 2.2 3 2.3 4 2.3.1 5 2.3.2 5 2.4 Gevolgtrekking 6 HOOFSTUK 3: GEVOLGTREKKING 7 VERWYSINGSLYS 8 1.1.6 Hoofstuk 1 / Afdeling 1: Inleiding Die probleemstelling (sien die voorbeeld in die blok hierbo) dien as ʼn algemene oriëntasie of agtergrond ten opsigte van die onderwerp wat bestudeer word. Dit verduidelik die spesifieke probleem wat navorsing verg. Die doelstelling van die werkopdrag gee besonderhede omtrent die doel van die navorsing met ander woorde, die doel wat jy deur middel van die werkopdrag wil bereik, bv.: Die doel van hierdie studie is om..." In hierdie studie word ʼn bondige beskrywing gegee van Die navorsingsmetode is baie belangrik tydens die beoefening van die wetenskap. Is daar inderdaad enige ander mar waarop die betroubaarheid, akkuraatheid, ens. van die informasie geëvalueer kan word? Dit is daarom noodsaaklik om ʼn beskrywing van die metode waarmee die data ingesamel, geselekteer, geëvalueer en geprosesseer is te gee. Laastens word die mar waarop en volgorde waarin die informasie aangebied word (aanbieding van die feite) beskryf. 1.1.7 Hoofstuk 2 / Afdeling 2:... (so ook al die daaropvolgende hoofstukke wat oor die teks handel) Jy moet jou eie titels vir alle opskrifte en subopskrifte gebaseer op die literatuur formuleer. ʼn Metodologiese kwessie wat van groot belang is, is dat verwysings na alle/enige bronne wat geraadpleeg is dwarsdeur die teks gemaak moet word. Dit behels dat jy erkenning gee aan die bronne 4

wat jy gebruik het, self al haal jy dit verbatim (d.w.s. die direkte woorde van die skrywer) aan. Verbatim-aanhalings behoort sorgvuldig gebruik te word en slegs indien noodsaaklik om ʼn punt/punte wat gemaak is te ondersteun. Studente wat bloot transkripsies en aanhalings van ander skrywers aanmekaarlas, sal gepenaliseer word. Slegs die Harvard-metode van bronverwysing is aanvaarbaar ongeag die stelsels wat deur ander departemente gebruik word. Verwysing na ʼn bron as geheel: Gebruik slegs die skrywer se van en die jaar van die publikasie (ongeag of die publikasie ʼn boek, artikel of tesis/proefskrif is), bv.: Hierdie uitkyk word ondersteun deur Mfeje (1974) se navorsing oor die stedelike Xhosas. OF Kultuur kan daarom gesien word as ʼn aanpassingsmeganisme (Haviland 1993). Let asseblief daarop dat die punt ná die verwysing geplaas word en aan die einde van die sin. Verbatim-aanhalings: Plaas die direkte woorde van die skrywer in aanhalingstekens, gevolg deur die skrywer se van, die jaar van die publikasie, ʼn dubbelpunt, en die relevante bladsynommer(s), bv.: Kärdiner (1963:138) karakteriseer Boas se teoretiese bydrae soos volg: "He can be associated with almost all theories, but can be identified with none." OF Boas se teoretiese bydrae kan soos volg gekarakteriseer word: "He can be associated with almost all theories, but can be identified with none." (Kardiner 1963:138) Let op dat die presiese woorde van die skrywer net in aanhalingstekens geplaas word, maar ook in skuinsdruk geplaas word of onderstreep word. Vermy herhaling: Indien die skrywer se van alreeds in die sin genoem is, word dit weer aan die einde van die sin as verwysing herhaal, bv.: Hanekom (1975:56) beweer dat... Raadpleeg die Anthropology Southern Africa (dissiplinejoernaal). 1.1.8 Gevolgtrekking Die laaste afdeling/hoofstuk bestaan uit die volgende elemente: i) Stel wat tydens die studie gedoen is. ii) Som die bevindings van die studie op. iii) Maak gevolgtrekkings uit hierdie bevindings. iv) Doen voorstelle waar moontlik. Let daarop dat daar geen nuwe inligting of verwysings na bronne in die gevolgtrekking behoort te wees. 5

1.1.9 Verwysingslys Alle bronne waarna verwys word, moet in die alfabetiese lys van verwysings aan die einde van die werkopdrag ingesluit word. Let asseblief op dat slegs die bronne waarna daar in die teks verwys word in die lys van verwysings ingesluit mag word. Hierdie lys moet volgens die voorbeelde in Anthropology Southern Africa [vakjoernaal] saamgestel word, ongeag die stelsels wat deur ander departemente gebruik word. Gee aandag aan die leestekengebruik sowel as die volgorde waarin die besonderhede in die volgende voorbeelde gegee word: Benedict, R. 1952. Patterns of Culture. Londen: Routledge & Kegan Paul. Coertze, P.J. 1979. Sang onder die Swartmense. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Etnologie, 2(1):3-9. Let op na die volgende besonderhede in die bogenoemde voorbeeld van verwysing na ʼn joernaal: Die titel van die joernaal in plaas van díe van die artikel is in skuinsdruk/geonderstreep. 2(1) dui aan dat die artikel in volume 2, joernaalnommer 1 gepubliseer is Die bladsynommers van die spesifieke artikel verskyn aan die einde van die verwysing. 2. BELANGRIKE WENKE Vermy irriterende herhaling, soos om elke sin met Toe te begin. 3. EVALUASIE Gedurende die evaluering van die werkopdrag sal die volgende aspekte geëvalueer word: Werkopdragrubriek Kriteria Taak Kriteria bemeester Kriteria gedeeltelik bemeester Kriteria bo verwagting bemeester Punt toegewys TEGNIESE ASPEKTE Identifiseer die volgende op ʼn ingeskandeerde PDF-kopie van die hoofstuk: 1) Drie afdelings van enige gedeelte wetenskaplike skryfwerk.5-1 1.5-2 2.5-3 /3 2.1) Probleemstelling.5-2 2.5-4 4.5-6 /6 2.2) Doelstelling(s).5-1 1.5-2 2.5-3 /3 3.1) Alle verwysings binne.5-1.5 2-3.5 4-5 die teks /5 3.2) Al die boeke, gelys in die verwysingslys, waarna verwys word in hul totaliteit 3.3) Al die hoofstukke van geredigeerde boeke wat in die verwysingslys voorkom.5 1-1.5 2 /2.5 1-1.5 2 /2 6

3.4) Al die joernaalartikels wat in die.25.5.75-1 /1 verwysingslys voorkom 3.5) Die jaar van die.25.5.75-1 hoofstuk se uitgawe /1 3.6) Die titel van die boek.25.5.75-1 /1 3.7) Die titel van die.25.5.75-1 hoofstuk /1 SUBTOTAAL /25 Beskik die ingediente werkopdrag oor, en stem die volgende ooreen met die vereistes wat in die Handleiding vir werkopdragte uiteengesit is: 1.1) ʼn Titelbladsy.5-1.5 2-3.5 4-5 /5 1.2) ʼn Inhoudsopgawe.5-1.5 2-3.5 4 /4 1.3) Bladsynommers.5 1-1.5 2 /2 1.4) ʼn Verwysingslys.5 1-1.5 2 /2 1.5) ʼn Tegk vir verwysings binne die teks SUBTOTAAL.5 1-1.5 2 /2 INHOUD /15 Maak gebruik van jou eie woorde om die volgende gedeeltes van die werkopdrag literatuur te parafraseer: Inleiding Taak Anderkant kultuur: tradisie, beskawing, erfenis, inheemsheid Outentisiteit & skepping van tradisie Taak Taak.5-3.5 geneem is, word erken.5-3.5 geneem is, word erken.5-2 geneem is, word erken 4-7 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 4-7 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 2.5-3.5 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 7.5-1 Sinome & antome, Verwysingstegke is 7.5-1 Sinome & antome, Verwysingstegke is 4-5 Sinome & antome, Verwysingstegke is /5 7

Tradisie & konstruksie van sosiale identiteit Tradisie & wisselwerking van verhoudings tussen verskillende geslagte Gevolgtrekking: gebruik van tradisie in moderne kontekste SUBTOTAAL Samesprekings met dosent/tutor TOTAAL Taak Taak Taak.5-3.5 geneem is, word erken.5-3.5 geneem is, word erken.5-2 geneem is word erken 4-7 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 4-7 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 2.5-3.5 is duidelik Gebruik van sinome, antome & Verwysingstegke bronne konstant/ korrek erken 7.5-1 Sinome & antome, Verwysingstegke is 7.5-1 Sinome & antome, Verwysingstegke is 4-5 Sinome & antome, Verwysingstegke is /5 /5 8