WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Direkte en indirekte rede *

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

G. J. du Preez

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Hoe om krag te spaar

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOOFSTUK4 KOLONIALISME EN POSTKOLONIALISME

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Tariewe

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Rubriek vir skeppende werk

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

VAANDELDRAER DIE EU VERKRUMMEL AMERIKA SE TOULEIERTJIE DONALD TRUMP NIMROD ZUMA

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

UNIVERSITY OF NATAL SOCIAL SCIENCE CONFERENCE: DURBAN: 12TH - 16TH JULY 1954.

EKURHULENI NOORD DISTRIK. 9 NOVEMBER 2017 Graad 9 Memorandum. : Die vind van n verskeidenheid tipes inligting oor die verlede

407. Esegiël 38 & 39.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Chris Brink. Anatomie van n omvormer. Amanda Botha. Samesteller

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Vreedsame protes tot die 1950's *

Transcription:

Geskiedenis/V1 VRAAG 3: 8 DoE/Model 2008 WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN? BRON 3A Hierdie uittreksel kom uit die bekendste toespraak deur Martin Luther King, 'n Baptiste predikant, tydens die Washington opmars. Hy het belowe dat AfroAmerikaners vir hulle regte sou veg totdat hulle nie meer onderdruk is nie. Hy het ook oor sy breër visie vir die toekoms gepraat. Ek het 'n droom dat hierdie nasie eendag sal opstaan en die ware betekenis van sy geloof sal uitleef dat alle mense gelyk geskape is. Ek het 'n droom dat die seuns van voormalige slawe en die seuns van voormalige slawe-eienaars eendag op die rooi heuwels van Georgia saam aan die tafel van broederskap sal kan aansit. Ek het 'n droom dat my vier klein kindertjies eendag in 'n nasie sal leef waar hulle nie op grond van die kleur van hul vel geoordeel sal word nie, maar op grond van hul karakter [sodat, eendag] al God se kinders, swart en wit, Jood en nie-jood, Protestant en Katoliek, hande sal vashou en die Negerliedjie 'Uiteindelik vry! Uiteindelik vry! Dankie almagtige Here, ons is uiteindelik vry!' sal kan sing. Martin Luther King spreek meer as 200 000 mense by die Lincoln Memorial toe. Hier het hy sy bekende, 'Ek het 'n droom'toespraak gelewer'.

Geskiedenis/V1 9 DoE/Model 2008 BRON 3B Hierdie is 'n uittreksel uit The Enduring Vision: A History of the American People, deur P Boyer et al., wat die begrip Swart Mag verduidelik. Die 'Swart Mag'-leuse is deur Afro-Amerikaners van byna elke oortuiging aanvaar. Rewolusionêres het dit gebruik om guerrilla-oorlogvoering te verkondig; liberale om hervorming te eis; konserwatiewes om eiehulp te eis. Vir baie wat dit aanvaar het, het dit bloot eietrots beteken. James Brown, sanger van soulmusiek, het gesing: 'Sê dit hardop ek is swart en ek is trots', en 'n generasie Afro-Amerikaners het beaam: 'swart is pragtig'. Jong swartes het geweier om hulle velle te bleik, of hulle hare reguit te maak [om hulle meer soos blankes te laat lyk], en het dashikis (barette) gedra, Afrohaarstyle gedra, soulmusiek en soulkos geniet en swartstudieprogramme by kolleges gestig. Swart Mag was 'n daadwerklike poging van Afro-Amerikaners om hul eie kultuur te skep en hul eie lot te bepaal.

Geskiedenis/V1 10 DoE/Model 2008 BRON 3C Hierdie is uittreksels uit 'n toespraak deur Malcolm X in Detroit in 1964, 'n jaar voor sy sluipmoord (hy was 39), met die titel Die Stembrief of die Koeël ('The Ballot or the Bullet').... Hierdie land is 'n huigelaar. Hulle gee voor dat hulle jou vry laat deur jou 'n tweedeklasburger te noem. Nee, jy is niks anders nie as 'n 20ste-eeuse slaaf... So, waar gaan ons heen van hier af? Eerstens het ons vriende nodig. Ons het nuwe bondgenote nodig. Die hele burgerregtestryd het 'n nuwe, breër interpretasie nodig...... Wanneer die burgerregtestryd uitgebrei word tot op die vlak van menseregte, kan die saak van swartmense in hierdie land voor die nasies van die VN gelê word... Jy kan Oom Sam (VSA) voor 'n wêreldhof daag Burgerregte hou jou onder sy beperkinge en regsgebied Burgerregte beteken dat jy vra dat Oom Sam jou regverdig moet behandel Menseregte is jou Godgegewe regte. Brei die burgerregtestryd tot op die vlak van menseregte uit, neem dit na die Verenigde Nasies, waar ons Afrika-broers, ons Asiatiese broers en ons Latyns- Amerikaanse broers hulle by ons kan skaar... Die politieke filosofie van swart nasionalisme beteken dat die swart man die politiek en die politici in sy eie gemeenskap behoort te beheer; niks meer nie. Die swart man in die swart gemeenskap moet heropgevoed word oor die wetenskap van die politiek sodat hy sal weet wat die politiek weer aan hom kan bied Ons wil nou vryheid hê, maar ons sal dit nie verkry deur te sê 'Ons sal die oorwinning behaal!' nie. Ons sal moet veg totdat ons die oorwinning behaal. Hierdie is 'n foto van Malcolm X wat 'n buitelugbyeenkoms in New York toegespreek het.

Geskiedenis/V1 11 DoE/Model 2008 VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSTHEID IN DIE 1970's IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED? BRON 4A Hierdie bron is 'n gedeelte uit 'n onderhoud wat Steve Biko met 'n Europese joernalis in die eerste helfte van 1970 gehad het. Dit is 'n uittreksel uit I Write What I Like: A Selection of His Writings, deur Steve Biko. Toe ek êrens in 1966 universiteit toe gekom het [Durban Mediese Kollege, Universiteit van Natal], het ek en my vriende bewus geword van 'n anomalie (teenstrydigheid) in hierdie situasie, waar die blankes die hoofdeelnemers in ons onderdrukking was, en terselfdertyd die hoofdeelnemers in die opposisie teen daardie onderdrukking. Dit het dus beteken dat die swartes in hierdie land op geen stadium hulle gewig ingegooi het om die politieke mening te swaai nie. Die arena is geheel en al deur blankes beheer met dit wat ons in daardie tyd die 'totaliteit' van blanke mag genoem het. Ons het dus geredeneer dat enige veranderinge wat moet plaasvind, slegs kan plaasvind as gevolg van 'n program wat deur swartmense uitgewerk is en om swartmense in staat te stel om 'n program uit te werk, moes hulle eers die een hoofelement in politiek wat teen hulle gewerk het, naamlik 'n sielkundige gevoel van minderwaardigheid wat doelbewus deur die stelsel geskep is, oorwin. Net so moes ook die blankes die een probleem wat hulle gehad het, die probleem van 'meerderwaardigheid', oorwin, om hulle in staat te stel om na swartes te luister. Eerstens het ons as swart studente gesê dat ons nie deel kan hê aan veelrassige organisasies nie, wat eerder wit organisasies was as gevolg van die oorweldigende aantal wit studente aan universiteite in hierdie land. In 1968 het ons dus begin om wat nou SASO die Suid-Afrikaanse Studenteorganisasie genoem word, te vorm. Hierdie organisasie is gebaseer op Swart Bewustheid, waarvan die kern was dat die swart man sy eie posisie sal verhef deur positief op daardie waardesisteme, wat hom 'n eiesoortige man in die gemeenskap maak, te fokus.

Geskiedenis/V1 12 DoE/Model 2008 BRON 4B Hierdie is 'n uittreksel uit No. 46: Steve Biko, deur Hilda Bernstein, waarin Donald Woods hulde bring aan Steve Biko. My mees gewaardeerde vriend, Steve Biko, is in aanhouding dood. Ek hoef nie aan hom hulde te bring nie. Dit was nooit nodig nie. Hy was 'n spesiale en buitengewone mens wat reeds op die ouderdom van 30 'n hoë aansien onder duisende swart jeugdiges dwarsoor die lengte en breedte van Suid-Afrika gehad het. In die drie jaar wat ek hom leer ken het, was daar nooit by my die minste twyfel dat hierdie die belangrikste politieke leier in die hele land was nie Wysheid, humorsin, deernis, begrip, intellektuele briljantheid, onselfsugtigheid, nederigheid, dapperheid hy het al hierdie kwaliteite besit... Die regering het duidelik nooit verstaan tot watter mate Steve Biko slegs vrede wou gehad het nie. Hy het 'n militante houding ingeneem wanneer hy sy beginsels verdedig het, ja, maar sy vaste doelwit was 'n vreedsame versoening van alle Suid-Afrikaners, en ek weet toevallig dat hy hierin 'n kalmerede invloed gehad het.

Geskiedenis/V1 13 DoE/Model 2008 BRON 4C Hierdie is 'n uittreksel uit 'A resource to inform us of our present and future' ('n Hulpbron om ons oor ons hede en toekoms in te lig) deur Nadine Gordimer in Steve Biko 25 Years On. Êrens in een van my boeke wat gedurende die ergste jare van apartheidsregering geskryf is, sê 'n karakter: 'In 'n wêreld van soveel onheil en sameswering met onheil, is dit iets spesiaals om in 'n land te woon waar daar nog helde is.' Ons land was so 'n land. Toe apartheid se rassistiese wreedheid op sy ergste was, was daar nog sulke helde. Steve Biko was een van daardie helde wie se toegewydheid aan vryheid, aan geregtigheid, en wie se dapperheid, wie se ontsettende lyding sekerlik 'n toonbeeld (demonstrasie) van die beproewinge van wrede onderdukking en weerstand daarteen was. Dit is moeilik om nie met diepe spyt te spekuleer wat hy vandag in die verloop van die skepping van die nuwe Suid-Afrika sou beteken het nie; wat sy helder verstand en diepe kennis van die land en sy mense se ware behoeftes, tot ons ontwikkeling sou begedra het. Hierdie is 'n foto van Steve Biko, die stigter van die Swart Bewustheid.

Geskiedenis/V1 14 DoE/Model 2008 ERKENNINGS Visuale bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende boeke geneem: Baker, C 1990 Russia 1917-1945 (Heinemann Educational) Bartels, J et al. 2006 Shuters History (Shuter & Shooters Publishers) Bernstein, H 1976 No. 46 Steve Biko Bottaro, J et al. 2006 Oxford in Search of History Grade 11 (Oxford University Press) Brooman, J 1992 The Age of Excess (New York; Longman) Brooman, J 2005 The Cold War Superpower Relations 1945 1989 (Longman) Brazier, C Racism: Shouldering Our Responsibilities (New Internationalist Magazine, March 1985) Clark, JF 2002 The African States of the Congo War (Palgrave) Culpin, C 2000 South Africa since 1948 (John Murray Publishers) Downey, T et al. 2000 Russia and the USSR 1905 1995 (Oxford; Oxford University Pres) Fiehn,T 2005 Russia and the USSR 1905 1941 ( London; John Murray ) Govender, SP et al. 2006 New Generation History Grade 12 (New Generation Publishing Enterprises) Graves, F et al. 2006 Moments in History (Juta Gariep) Kelly, N 1996 Russia and USSR 1905 1956 (Oxford; Heinemann) Kelly, N et al. 1996 The Modern World (Oxford; Heinemann) Lane, P 1978 The USA in the Twentieth Century (London; Batsford) Leadership vol. 10 Meredith, M 2005 State of Africa: History of Fifty Years of Independence (London; J Ball) Nugent, P 2004 Africa Since Independence (Palgrave) O' Callaghan, DB 1974 From Roosevelt and the United States (London; Longman) Roberts, M 2001 South Africa 1948 1994 (China; Longman) Robertson, J 1986 Russia in Revolution (Oxford; Oxford University Press) Smith, N 2000 The USA 1917 1980(Oxford; Oxford University Press) Taylor, D 2002 The Cold War (Heinemann) Waugh, S 2001 Essential Modern World History (Canale) Woods, D 2001 Nelson Mandela The Illustrated Long Walk to Freedom (Little Brown) York, B 1983 The Soviet Union (Harrap)