DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

G. J. du Preez

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

407. Esegiël 38 & 39.

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

G. J. du Preez

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Tel: (012) Sel: Epos:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

The Annals of the World, deur Larry and Marion Pierce

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die Waarheid Oor KERSFEES

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

24 Kopiereg Exodus - Sheepfold Gleanings Inc. Alle Regte Voorbehou

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Hoe om krag te spaar

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Ellen White, die Adventiste Pioniers en die Lunar Sabbat

Rubriek vir skeppende werk

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Dialoog en paragrawe *

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Herkenning en erkenning van strafgerig oor die Geloftevolk

N#OPENBARENDE#STUDIE#VAN#DIE WORTELS#VAN#DIE#EENHEID#TUSSEN. AGAB en JESEBEL. DEUR Sandy Warner

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Transcription:

DIE EERSGEBORENE deur Ina van Niekerk inavniekerk@gmail.com Die besondere plek wat eersgeborenes in die Skrif inneem, is baie opsigtelik. As ons dit bestudeer sien ons dat die hele Verlossingsplan daaraan gekoppel is. Een van die kenmerke van die Orde van Melgisèdek is dat dit rondom eersgeborenes wentel en dit sal duideliker word verder in hierdie studie. Die Orde van Melgisèdek, Eersgeborenes en die Verlossingsplan, kan derhalwe in dieselfde asem gesê word. Inleiding Die Leviete moes die Eersgeborenes (MelekTzadek) vervang het nà die aanbidding van die Goue Kalf. Daar was meer Eersgeborenes as Leviete en die oorblyfsel is met silwer wat verganklik is, losgekoop. Hierdie transaksie is weer omgekeer met n gewigtiger transaksie nadat n prys met die onverganklike Bloed van JaHUsha betaal is, waartydens die Eersgeborenes (MelekTzadek) weer teruggekoop is. Dit het die Orde van Melgisèdek weer in plek geplaas, sodat gelowiges in Messias JaHUsha nou n Koninklike Priesterdom genoem word. Omdat die losprys met die onverganklike Bloed van JaHUsha betaal is, sal hierdie Priesterskap nie weer met n Levitiese of enige ander een vervang word nie. JaHUsha as Eersteling van die Skepping Met die intrapslag in die Woord word verduidelik dat JaHUsha die Eersteling van die Skepping is, hoewel ons dit regtig eers mooi begryp wanneer Johannes vir ons die lig daarop kom werp. Hy maak vir ons die konneksie deur spesifieke woorde wat hy gebruik, woorde wat die Torah bevestig, soos wat hy dit uit die Torah sou moes kon staaf dat JaHUsha die Messias is. Albei die verse in Gen. 1:1 en Joh. 1:1 neem n aanvang met die woorde: In die begin.... Gen. 1:1 In die begin het Elohim die hemel en die aarde geskape. Joh. 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by Elohim, en die Woord was Elohim. Ook vers 2 beklemtoon dit dat Hy (die Woord) in die begin by Elohim was. Joh. 1:2 Hy was in die begin by Elohim. 1

Hoe weet ons dat dit JaHUsha was? Sonder om te ver te soek, gee Joh. 1:14 die antwoord, terwyl hy ook bevestig dat Hy die Eniggeborene is vanaf die Vader. En diè Woord het vlees geword en onder ons gewoon en ons het Sy heerlikheid aanskou, n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid. Johannes getuig dan ook nog verder aangaande die Woord (JaHUsha), dat Hy aktief teenwoordig was tydens die Skepping. Joh. 1:3 4 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. Daardie begin was, soos ons reeds gesê het, voordat daar tyd was en voordat daar enige wêrelde was, soos ons dit sien uit beide hierdie verse in Genesis 1:1 en Johannes 1:1. In die Openbaring wat JaHUsha aan Johannes gegee het, getuig Hyself dat Hy die begin van die Skepping is. Open. 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amein, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van Elohim Ons kry n wonderlike beskrywing van JaHUsha as Eersteling en Skepper voor die grondlegging van die wêreld in Spreuke 8. Spr. 8:22 36 JaHUaH het My berei as eersteling van Sy weg, voor Sy werke, van ouds af. Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is Ek gebore; toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. Toe Hy die hemele berei het, was Ek daar; toe Hy n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters Sy bevel nie oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het toe was Ek n Kunstenaar naas Hom, en Ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor Sy aangesig altyd, en het gespeel op Sy wêreldrond, en My verlustiging was met die mensekinders. Luister dan nou na My, seuns; want gelukkig is hulle wat My weë bewaar. Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. Gelukkig is die mens wat na My luister, om dag vir dag te waak aan My deure, by die syposte van My poorte die wag te hou. Want hy wat My vind, het die Lewe gevind en verkry n welbehae van JaHUaH. Maar hy wat My mis, benadeel sy eie lewe; almal wat My haat, het die dood lief. 2

In sy brief aan die gemeente in Kolossense, bevestig Paulus dat JaHUsha die Eersgeborene van die hele skepping is. Kol. 1:15-17 Hy is die Beeld van die onsienlike Elohim, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Adam Nadat alles geskape is, word Adam geskape as die eerste mens. Hy is dus die eersteling van die hele mensdom, maar die sondeval het drastiese gevolge gehad. Hulle moes die Tuin, die Huis van JaHUaH verlaat, weg van Hom af, in n wêreld wat aan hulle toe onbekend was. Hulle is vanuit n geestelike bestel verban na n fisiese bestel, naamlik die wêreld soos ons dit ken. Hulle aanvanklike heerskappy oor die aarde (Gen. 1:26) is ook deur Satan gekaap omdat hulle aan die slang gehoorsaam was en ongehoorsaam was aan die opdrag van Elohim (Sy Torah), sodat Satan nou heerskappy oor die aarde gekry het. Die fisiese wêreld is nou onder Satan se heerskappy. JaHUsha noem hom die owerste van hierdie wêreld (Joh. 14:30. 2 Kor. 4:4). Hoewel eersgeborenes aan JaHUaH behoort (Ex. 13:2), is die fisiese wêreld waarvan Satan nou die owerste is, vòòrop, en behoort die Tweede geborene nou aan JaHUaH omdat die mens weergebore moet word om die geestelike realm waar JaHUaH is te kan binnegaan, nadat mens eerstens fisies gebore is (Joh. 3:3). Eersgeborenes is veronderstel om as leier onder die kinders te opereer deur die ander die regte weë te leer en om die pa te verteenwoordig wanneer hy afwesig is en later die plek van die pa vol te staan as diè te sterwe sou kom. Maar reg van die begin van die Woord af, m.a.w. vanaf die Sondeval, merk ons op dat die eersgeborenes rebelleer. Hulle beveg diè wat nà hulle gebore is. Dadelik is daar dus n probleem by Kain en Abel, die kinders van Adam en Eva. Kain, die rebel, se naam word eerste genoem en sy karakter is deurspek met duisternis. Hy maak die regverdige Abel dood. Matt. 23:35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria, die seun van Berègja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Regverdig is tzadik in Hebreeus. Abel was dus Tzadik en as hy lank genoeg sou kon lewe, sou hy uiteindelik koning (melek) van sy hele groot nageslag kon word omdat mense baie lank gelewe het in daardie tyd. Dink net hoe groot n nageslag kan wees as mense 900 jaar en ouer kon word. 3

Hy sou hierdie groot nageslag ook moes leer aangaande JaHUaH en aangaande n regverdige (tzadik) lewenswyse voor Hom, soos wat n priester doen. Hy sou dus n MelekTzadik wees, n koning-priester. Duisternis het dadelik n stokkie daarvoor gesteek deur Abel uit die weg te ruim via Kain. Maar JaHUaH laat Set toe gebore word in Abel se plek as MelekTzadik. Gen. 4:25 26 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, Elohim het my n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. En ook vir Set is n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van JaHUaH begin aanroep. Die woord Set hou verband met die werkwoord om neer te sit, soos om iets te vestig. Ancient Hebrew Lexicon van Jeff Benner nommer 1482 gee o.a. hierdie beskrywing: Foundation: As a level place of seating Set, as Tweede geborene, was dus in Abel se plek en het as Fondasie gedien vir n lyn van Eersgeborenes wat daarna as MelekTzadik sou funksioneer. Vanuit Abel as Tweede geborene, kon daar nou wel n lyn van Eersgeborenes vloei wat nie onderhewig sou wees aan die kontaminasie van fisiese eersgeborenes nie, omdat dit gebou is op die Fondasie van n Tweede geborene. In die Woord word daar genoem hoedat die een na die ander Set opgevolg het as eersgeborenes in Genesis 5 waar Adam se stamboom opgeskryf is. Van sy tyd af is die Naam van JaHUaH aangeroep. By die volgende skakel kan n tabel daarvan gesien word. https://vanderwolf.files.wordpress.com/2016/01/longevitychart.pdf Meer as die eerste 2 000 jaar van die geskiedenis word gedek deur byvoorbeeld drie mense se lewens wat oorvleuel, naamlik Adam, Metusalag en Sem. Mens sou baie kon leer in so n lang tyd en die familie sou baie groot kon gewees het, wat beteken dat daar n behoefte aan regerende leierskap ( n koning) sou wees, maar ook aan geestelike leierskap (priester) soos wat reeds aangedui is. Jakob en Esau Isak se vrou Rebekka, het n tweeling gehad, Esau en Jakob. Esau was eerste gebore en dus die eersgeborene, maar n baie belangrike ding het gebeur toe Esau sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop het. Dit was vooraf aan Rebekka geopenbaar. 4

Genesis 25:23: En JaHUaH het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. Hoewel Esau die oudste was, was hy n rebel wat heidense vroue getrou het en nie regtig baie gedink het van sy eersgeboortereg nie. Gen. 25:33 34 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. Ons ken die geskiedenis, die volk Israel het voortgekom uit Jakob, nadat Jakob se naam verander is na Israel (Gen. 28, Gen. 32:28). JaHUaH het n verbond met hom gesluit en sy 12 kinders het die 12 stamme van Israel geword. Die beginsel van die Tweede geborene bo die Eersgeborene, word baie mooi raakgesien by Tamar se tweeling, Peres en Serag. Peres en Serag Peres en Serag was die tweeling van Tamar wat sy gebaar het nadat sy vir Juda uitoorlê het (Gen. 38). Met die geboorte het die vroedvrou aan die eerste handjie wat sy gesien het, n rooi draad gebind. Dit was Serag se handjie, maar toe druk sy broertjie Peres hom terug en Peres word toe eerste gebore, instede van Serag. Serag moes eerste gebore word, maar toe kom Peres eerste te voorskyn. Die een wat moes eerste wees, is nou tweede! Die rooi draad verteenwoordig die Bloedverbond. Dis hier waar mens dit duidelik raaksien dat JaHUaH die Tweede geborene met Sy Bloedverbond assosieer. Serag sou eerste gewees het, maar hy is verhinder. 5

Genesis 38:27 30: En toe sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem. Peres het deurgebreek soos sy naam se betekenis aandui en dit dui op die sondeval wat op dieselfde blatante wyse dìt kom verbreek het wat aanvanklik eerste was, naamlik: Gees. Die sondeval het die fisiese nou eerste kom stel. Adam het eers vrylik met Elohim gewandel. Die geestelike realm was moeiteloos teenwoordig. Maar nà die sondeval het hulle sò van hulle fisiese liggame bewus geraak, dat hulle dààrop gefokus het, en vir JaHUaH weggekruip het. Hulle was naak omdat hulle hulle geestelike bekleding van Sy heerlikheid verloor het. Hulle vyeblare-klere was n menslike poging om weer respektabel te kon wees in die oë van hulle Skepper, maar dit het nie gedeug nie. Geen menslike werke kan weer daardie breuk herstel nie. Hulle is gelei om die velle van bokkies te gebruik as klere. Daar vloei toe die heel eerste bloed om die breuk te herstel. Daardie bloed wys heen na die bloed van JaHUsha wanneer Hy sou kom sterwe om die breuk permanent te kom herstel tussen die mens en Sy Skepper, sodat die geestelike weer kan heers oor die fisiese, soos n bedekking oor naaktheid. Die rooi koord aan Serag se handjie was n simbool dat Eersgeborenes losgekoop word deur Bloed, die Bloed van die Lam wat geslag is voor die grondlegging van die wêreld. Serag beteken uitspruit of om op te rys. Hy het eersgeborenes, naamlik die Melgisèdekorde, verteenwoordig wat later weer sou oprys of uitspruit, nadat hulle eers op die agtergrond geskuif is. Die Melgisèkorde is net soos Serag terug gedruk of tot stilstand gebring deur die instelling van die Levitiese stelsel nà die aanbidding van die Goue Kalf (Ex. 32). Hierdie voorbeeld van Serag en Peres verduidelik mooi hoedat daar in hierdie fisiese wêreld waar Satan heerskappy het, dit wat van Satan is, eerste tot stand kom. Maar net todat JaHUaH se Eersgeborene, Sy Melgisèdek, op die verhoog sou tree. n Rooi Draad of Tou as teken Serag het die rooi draad om sy hand gehad as teken, die teken van die eersgeborenes is die Bloed van JaHUsha. Net soos met Ragab in Josua 2 toe sy vir n teken gevra het dat sy en haar huisgesin behoue sal bly wanneer die stad aangeval sou word. Haar teken was die rooi tou, net soos by klein Serag toe hy gebore is (Jos. 2:12, 18 19, 21, Jos. 3:17). In Egipte was die bloed ook die teken in die nag waarin al die eersgeborenes in Egipte gesterf het, terwyl Israel se eersgeborenes gespaar is. 6

Ex. 12:13 Maar die bloed sal vir julle n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan Eersgeborenes in Egipte Jakob, wat nou die eersgeboortereg van Esau gekoop het, se naam is later deur JaHUaH na Israel verander (Gen. 32:28). JaHUaH noem Israel (wat uit die twaalf seuns van Jakob ontstaan het) toe daarvolgens Sy Eersgebore seun. Ex. 4:22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek JaHUaH: My eersgebore seun is Israel. Israel is JaHUaH se eersgebore seun en so word elke eersgeborene van die Israeliete gespaar wat die bloed aan die deurposte gesit het. Maar aan die ander kant, sterf al die eersgeborenes van die Egiptenare. Daar was nie vir hulle die bloed van n lam om aan hulle deurposte te smeer nie. Egipte verteenwoordig die fisiese wêreld waaroor Satan heerskappy gekry het. Israel verteenwoordig die geestelike, naamlik elkeen wat deur die Bloed van JaHUsha deel sal word van geestelike Israel. Ex. 11:4-7 Toe sê Moses: So het JaHUaH gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte; dan sal al die eergeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee. En daar sal n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie sal wees nie. Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat JaHUaH n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Die bloed van n lam (heenwysend na die Lam van Elohim, JaHUsha Messias) maak n verskil aan die kant van Israel. Ex. 12:13 Maar die bloed sal vir julle n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek verby gaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. Ex. 12:29 En middernag het JaHUaH al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborenes van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere. Aan die einde van die dae, sal hierdie toneel weer afspeel. Die plae van Egipte word weer opgemerk in die Openbaring wat JaHUsha aan Johannes gegee het. Wanneer Elohim sy oordele 7

oor hierdie wêreld gaan uitstort om dit as teenswoordige Egipte uit te roei wat sal ons as eersgeborens (Geestelike Israel) se behoud wees? Net die bloed van die Lam, JaHUsha Messias. Nà die uittog uit Egipte Onmiddellik nà die uittog uit Egipte kry Moses opdrag om al die eersgeborenes af te sonder. Ex. 13:1-2 Toe het JaHUaH met Moses gespreek en gesê: Sonder vir My al die eersgeborenes af. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, is Myne. Dan word verklaar dat daardie eersgeborenes losgekoop is en geestelik gemerk is, net soos wat Abram AbraHam en Sarai SaraH geword het in Gen. 17. Hulle was gemerk met Sy Naam, nadat daar in Gen. 15 n bloedverbond gesluit is tussen JaHUaH en Abram. Ex. 13:8-9 En jy moet jou seun op diè dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat JaHUaH aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het. En dit moet vir jou as n teken wees op jou hand en n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van JaHUaH in jou mond mag wees; want deur n sterke hand het JaHUaH jou uit Egipte uitgelei. Ex. 13:15 16 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het JaHUaH al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan JaHUaH alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los. En dit sal as n teken wees op jou hand en n voorhoofsband tussen jou oë; want JaHUaH het ons deur n sterke hand uit Egipte uitgelei. Deut. 6:8 9 Ook moet jy dit as n teken bind op jou hand, en dit moet as n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. JaHUaH se verbond, met ander woorde, die My-Verbond, is toe daarna met die hele Israel gesluit by Sinai in Ex. 19. Hulle is nou n afgesonderde nasie en n koninkryk van priesters. Ex. 19:5 6 As julle dan nou terdeë na my stem luister en My Verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En julle sal vir My n koninkryk van priesters (MelekTzadek) en n afgesonderde nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. Maar toe hou hulle nie Sy Verbond nie en aanbid die Goue Kalf terwyl Moses op die berg was (Ex. 32). Daar was egter van hulle wat vir JaHUaH was en nie saamgestem het met die aanbidding van die Goue Kalf nie. Dit was die Leviete. Dood volg wanneer JaHUaH se Verbond verbreek word en die Leviete word aangesê om die swaard op te neem. 8

Ex. 32:26 29 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vir JaHUaH is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. En hy het vir hulle gesê: So spreek JaHUaH, die Elohim van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op diè dag omtrent drie-duisend man geval. Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan JaHUaH want elkeen is teen sy seun en teen sy broer sodat Hy vandag n seën oor julle kan gee. Omdat die Verbond van JaHUaH (My-Verbond) van Ex. 19:5 6 verbreek is, sluit JaHUaH nou die n-verbond met die volk. Dit behels nou dat daar n Tabernakel en offers en priesters sal wees as n tussentydse reling totdat Silo (Shilo) sou kom (Gen. 49:10). Ex. 34:10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van JaHUaH kan sien. Want verskriklik is dit wat ek aan jou gaan doen. Ex. 34:27 Verder het JaHUaH vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek n verbond gesluit met jou en met Israel. Omdat die aanvanklike Verbond nou eers op ys gesit moet word, is daar nou n transaksie aangaande eersgeborenes wat gedoen moet word. Dit behels dat Eersgeborenes met Leviete omgeruil moet word. Eersgeborenes en Leviete Die Orde van MelekTzadik was van die begin af daar, naamlik die eersgeborenes as konings en priesters van hulle uitgebreide families. Nou word daardie stelsel onderbreek en moet daar n wettige transaksie geskied om vanaf die een stelsel oor te beweeg na die ander tussentydse stelsel, naamlik die Tabernakel met sy priesters, offerandes en die voorskrifte of Torah van Moses. Dit is n transaksie waar daar vanaf eersgeborens oorgeskakel moet word na priesters uit die stam van Levi, omdat die Leviete vir JaHUaH was tydens die voorval met die Goue Kalf en hulle het hulle nie saam met die volk geskaar in die afgodery nie. Num. 3:6 7 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien. En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms en vir die diens van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig. 9

Hierdie Leviete moes nou dien in die plek van Eersgeborenes soos wat dit was in die Orde van Melgisèdek, maar dit gaan gepaard met n fisiese Tabernakel en Wetboek wat nie in die Verbondsark geplaas is nie, maar langsaan (Deut. 31:26), anders as die Boek van die Verbond (Tien Woorde/Gebooie) wat binne-in die Verbondsark geplaas is (Ex. 40:20) en gegee is tydens die My-Verbond in Ex. 19:5 6. Num. 3:12 13 Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees. Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My afgesonder, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is JaHUaH. Nou moet die eersgeborenes uitgekoop word, sodat die Leviete nou in hulle plek daardie rol kan speel. Dit is n transaksie waartydens hulle met sikkels silwer losgekoop is. Diè wat nie gelykop uitgeruil kon word nie, is met silwer losgekoop. Num. 3:40 51 En die JaHUaH het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op. En jy moet vir My Ek is JaHUaH die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel. En Moses het, soos JaHUaH hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel. En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig. En JaHUaH het met Moses gespreek en gesê: Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is JaHUaH. Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel, moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die Afgesonderde Plek moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera. En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee. Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was; van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom. En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van JaHUaH, soos JaHUaH Moses beveel het. Omdat dit baie duidelik hier is dat die Leviete in die plek van Eersgeborenes in die Orde van Melgisèdek gekom het, is dit ook baie duidelik dat DIE TWEE PRIESTERORDES NIE GELYKTYDIG KAN OPEREER NIE. 10

Dis òf die een, òf die ander. Dis òf die Orde van Melgisèdek òf die Levitiese Orde. Die eersgeborenes in Egipte is met die bloed van n lam losgekoop, en nou moet die eersgeborenes wat meer is as die Leviete met silwer, die verskil uitbalanseer. Eers met bloed gekoop, daarna met silwer. Later sal ons sien hoedat hierdie transaksie weer gekanselleer word. Ons gaan eers kyk na die merk wat die eersgeborenes op die voorhoof en op die hand gekry het. Die teken op die Voorhoof en Hand Ons het gesien dat n rooi toutjie om Serag se handjie gedui het op bloed wat verlossing sou bring. Dat dit aan n hand is, beteken dat dit toegepas moet word. Hoewel JaHUsha se bloed vir almal gestort is, kan dit net van toepassing wees op diegene wat dit vat en aan hulle lewens toepas. n Hand dui op iets wat gedoen moet word, maar nie fisies in hierdie geval nie, maar wel geestelik. Serag beteken ook om op te rys, en so is Messias verhoog aan n folterpaal toe Hy Sy lewe afgelê om n loskoping met Sy bloed te bewerkstellig. Hy het in die eerste plek die fisiese gedoen, naamlik om te sterf en Sy bloed te gee, sodat elkeen wat wil dit kan kom neem as lewende water om verlossing te verkry. Joh. 3:14 18 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het Elohim die wêreld gehad dat Hy sy Eniggebore Seun (MelekTzadek) gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want Elohim het Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die Eniggebore Seun van Elohim nie. Om nie in die Naam van die Eniggebore Seun van Elohim te glo nie, is om dit nie te vat en nie toe te pas nie. Geen rooi toutjie aan die hand nie. Die teken op die voorhoof en hand was dus geestelik, want die Koninkryk van die Hemel is n geestelike Koninkryk soos wat Eden is waaruit Adam en Chawa verdryf is. Met die geestelike kentekens op die voorhoof en hand, word die geestelike realm weer betree, al is ons voete nog op hierdie fisiese aarde. 11

Diegene wat die Bloed toegepas het, word dan syne, en Hy skryf Sy Naam op hulle voorhoofde net soos wat JaHUaH die twee Hey s uit Sy Naam geneem het om dit in te voeg in Abram en Sarai se name om AbraHam en SaraH te word. Eersgeborenes behoort aan Hom, daarom skryf JaHUaH Sy Naam op hulle. Ons skryf mos ook ons name op dit wat aan ons behoort om dit te kan uitken tussen ander. JaHUaH se Naam was op die Hoëpriester se tulband wat wel op sy voorhoof te staan gekom het: Afgesonder aan JHUH (Ex. 28:36), net soos wat Sy opdrag was om die eersgeborenes vir Hom af te sonder. Ex. 13:2 Sonder vir My al die eersgeborenes af. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is Myne. Elkeen wat aan Hom behoort, moet (soos die hoëpriester) Sy Woorde of die Woord van Sy Weg (Sy Torah) in hulle harte bêre en ook oordra aan hulle kinders, want dit is die roeping en taak van Eersgeborenes in die Orde van Melgisèdek. Deut. 11:18 19 Lê dan hierdie Woorde van My Weg in julle hart en in julle siel en bind dit as n teken op julle hand en laat dit as n voorhoofsband tussen julle oë wees, en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op die pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte. Ons lees weer in die Openbaring van JaHUsha aan Johannes van hierdie besondere merkteken van JaHUaH aan diegene wat aan Hom behoort. Open. 7:3 Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse Elohim op hulle voorhoofde verseël het nie. Open. 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met hom honderd-vier-en-veertig-duisend met Sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. Diegene wat die Bruid uitmaak is die afgesonderde Jerusalem wat sal neerdaal uit die hemel (Open. 21:9) en daarom sal Sy Naam op Sy Bruid wees (JaHrushalajiem) (Open. 3:12 13). Die merk van JaHUaH, kan dus slegs wees op diegene wat die Folterdood van JaHUsha Messias vir hulleself toegeien het. Maar hierdie merktekens vir eersgeborenes word ook weer nagemaak deur die Koninkryk van Duisternis, omdat Esau nog steeds hunker na sy eersgeboortereg. Hierdie namaaksels word beskryf in Openbaring. 12

Open. 13:16 17 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Open. 14:9 As iemand die dier en sy beeld aanbid en n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van Elohim wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die afgesonderde engele en voor die Lam. Maar hierdie merk van die vyand, van Esau, ontbreek aan die teken van die Bloed van die gefolterde Messias JaHUsha. Die tekens op die voorhoof en hand loop hand aan hand en dui ook op die Vader as die Hoof en die Seun as die Hand. Die Seun doen wat die Vader sê, soos wat n hand deur deur die kop beheer word. Tog is dit dieselfde liggaam. Die Vader en die Seun is een Joh. 10:30 Ek en die Vader is een. Joh. 10:37 38 As Ek nie die werke van My Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom. JaHUsha bid dat die Vader die wat die Vader aan Hom gegee het in Sy Naam moet bewaar. Joh. 17:11-12 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en ek kom na U toe. Afgesonderde Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in U Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. Die Allerhoogste se Naam is JaHUaH, of ook JaH. Soos in HalleluJaH, wat beteken Prys JaH. = JaH = n Hand (om te werk, iets te doen of te maak, al die funksies van n hand) = Dit is n asemklank, soos wanneer mens die H sal uitspreek, wat dui op Lewe. 13

+ = Die Lewende + Sy Hand Die Hand, JaHUaH as Seun, wys ook na die Lewende, naamlik na JaHUaH as Vader. As ons die Seun gesien het, het ons dus die Vader gesien. Joh. 14:9 Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. 1. Die Vader as Lewende Een Joh. 6:47 Soos die Lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Die Lewende Vader. Die teken op die voorhoof dui dus op die Vader, die Lewende Een uit wie die asem van die lewe is. Gen. 2:7 En JaHUaH Elohim het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens n lewende siel geword. 2 Kor. 3:3 omdat julle duidelik n brief van Messias is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees (Ruach/Asem) van die Lewende Elohim; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart. 2. Die Seun as die Hand van die Vader Die teken op die hand stel JaHUsha as Messias voor want Hy is die Hand van Elohim die Vader. Hy het gekom om die werk te doen, soos wat n hand sou doen, en sit nou aan die Regterhand van Elohim. Jes. 53:1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van JaHUaH geopenbaar? Hand. 5:31 Hom het Elohim as Leidsman en Verlosser deur Sy Regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. Dis dan ook verstaanbaar waarom alles deur JaHUsha geskape is, want Hy is die Hand van die Vader. 3. Die Vader en die Seun is JaH Die Vader en die Seun is dus verteenwoordig in die woordjie JaH. So het Hy Sy Naam op bekende profete geskryf deurdat JaH in hulle name teenwoordig was, bv. ObadJaH, Nehemia/NehemJaH, Sagaria/ZegarJaH, Sefanja/TsefanJaH. 14

Sal dit ook die Naam wees wat Hy op die eersgeborenes, op die wat oorwin, naamlik die Bruid sal skryf? Wie is die Bruid? Open. 21:9 10. Kom hierheen, ek sal jou toon, die vrou van die Lam. En hy het my in die gees weggevoer op n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die Afgesonderde JaHrushalajiem, wat die hemel neerdaal. Open. 3:12 Wie oorwin, Ek sal hom n pilaar in die tempel van my Elohim maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my Elohim skrywe en die Naam van die stad van my Elohim, van die Nuwe Jerusalem (JaHrushalajiem), wat uit die hemel van my Elohim neerdaal, en my Nuwe Naam. Geestelik was JaHUsha die Eersteling, maar Hy was fisies ook die Eersgeborene. Hy moes ook die eerste wees om uit die dood uit op te staan om daardie weg vir ons oop te maak. JaHUsha se geboorte en Sy opstanding Ons het aan die begin gesien hoedat JaHUsha die Eersteling van die Skepping was, maar toe JaHUsha fisies gebore is uit Maria, was dit ook as Eersgeborene, soos wat Hy geestelik van alle begin af was. Luk. 2:7 en sy haar Eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. As Eersgeborene is Hy afgesonder vir JaHUaH. Luk. 2:23 soos geskrywe is in die Torah van JaHUaH: elke manlike kind wat die moederskoot open, sal afgesonder vir JaHUaH genoem word (Ex. 13:2). So is Hy ook die eerste Een wat opstaan uit die dood uit, omdat Hy in alles die eerste moet wees. Kol. 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 1 Kor. 15:20 Maar nou, Messias is opgewek uit die dode; Hy het die Eersteling geword van die wat ontslaap het. JaHUsha het ook die menslike lyn van die Melgisèdekorde kom afeindig en voltooi. Al daardie mense wat vanaf Adam gekom het met Set as die fondasie vir eersgeborenes, was in die amp van Melgisèdek wat heengewys het na n Melgisèdek wat sou kom wat sonder n pa of ma sou wees (Heb. 7:2 3). 15

Abel as Tweede Geborene sou (soos Set) gedien het as n Fondasie vir die Melgisèdekorde vir elke Eersgeborene wat daarna sou volg, maar JaHUsha as Melgisèdek/MelekTzadek is groter en beter as Abel. Heb. 12:24 en by JaHUsha, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. Gelowiges as eersgeborenes JaHUsha is die eerste Eersgeborene. Elkeen wat in Hom is, is dan ook n eersgeborene in gelykvormigheid aan die Seun. Rom. 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, diè het Hy ook vantevore verordineer om gelykvorming te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Hy die Eersgeborene kan wees onder baie broeders.. Jak. 1:18 Volgens Sy wil het Hy ons voortgebring deur die Woord van die Waarheid sodat ons as eerstelinge van Sy skepsels kan wees. Gelowiges in Messias JaHUsha vorm n gemeente van eersgeborenes. Heb. 12:22 23 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende Elohim, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemel opgeskrywe is, en by Elohim, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, en by JaHUsha, die Middelaar van die Nuwe Testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. Nou verstaan ons eindelik wat bedoel word wanneer Petrus sê dat ons n Koninklike Priesterdom sal wees (1 Pet. 2:9), omdat die eersgeborene die koning en priester was in die Orde van Melgisèdek. Johannes getuig ook dat JaHUsha as Eersgeborene (ook Eersgeborene uit die dood uit) ons weer daardie Konings en Priesters kom maak het. Open. 1:5 6 en van JaHUsha Messias, die getroue getuie, die Eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy Elohim en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amein. In Openbaring 5 word dit as n nuwe lied gesing dat daar n loskoping plaasgevind het deur die Bloed van JaHUsha sodat die Melgisèdekorde weer in plek is, naamlik Eersgeborenes as Konings en Priesters. 16

Open. 5:9 10 Toe sing hulle n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir Elohim met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters (MelekTzadek) vir onse Elohim gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Dit kan net geskied deur n wettige transaksie wat die transaksie van Num. 3 sal kanselleer. Transaksie van omkering Die transaksie wat in Num 3 plaasgevind het waar eersgeborenes uitgeruil en losgekoop is met silwer, is nou weer omgekeer deur nog n transaksie, naamlik die loskoping met die Bloed van JaHUsha as Messias. Daar is nou geen sikkels silwer betrokke soos in Num. 3 nie, maar wel bloed. Daardie silwer was verganklik, net soos wat die Levitiese priesterskap verganklik was, terwyl die teendeel waar is van die Orde van Melgisèdek, want die lewe is in die Bloed van Messias JaHUsha (Lev. 17:11). 1 Pet. 1:18-21 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Messias, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in Elohim wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op Elohim kan wees. JaHUsha Messias was dus self die losprys om die Levietiese priesters weer met Eersgeborenes te vang. 1 Tim.2:5 6 Want daar is een Elohim en een Middelaar tussen Elohim en die mense, die mens Messias JaHUsha, wat Homself gegee het as n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd. Jesaja het hierdie ondeurgrondelike waarheid besef en daarvan geprofeteer. Sion is JaHUaH se geestelike Volk. Jes. 51:11 So sal dan die losgekooptes van JaHUaH teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. Kleed van die eersgeborene Daar was n spesifieke kleed wat eersgeborenes gedra het. Met daardie kleed is hulle ook afgesonder as n eersgeborene wat die Koning-Priester of dan Melgisèdek sou word. Dit was n 17

eenvoudige lang, wit, linne kleed met lang moue. Dit was n kleed van eer en het n hoë posisie aangedui. Josef se kleed is in Engels vertaal as coat of many colours, maar dit is nie reg vertaal nie. Die Afrikaans sê dis n rok met lang moue, hoewel die een vers sê n lang rok met moue, maar sekerlik is dit anders om, want die ander vers het dit wel reg as n rok met lang moue. Gen. 37:3 En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom n seun van sy ouderdom; en hy het vir hom n lang rok met moue (rok met lang moue) gemaak. Gen. 37: 23 is beter vertaal as n rok met lang moue. En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het. Barbara M. Bowen skrywe in 1940 in haar boek Strange Scriptures oor die kleed van Josef. This coat of many colours, so called, was a plain long white shirt, the kamise, or undergarment of the desert ranger. In nearly all of those garments the sleeves were of moderate size, but the Bedouin told us that only two people in each whole tribe are allowed the privilege of the extremely long pointed sleeve the Sheikh of the tribe and the man whom he had chosen as his heir. So the wrath of the elder brothers was not an outburst of childish anger. It represented a very deep-seated hurt of mature men whose claim to succession to the leadership of their tribe had been set aside for their younger brother. However, we must see Jacob s viewpoint and feeling about it, too. Jacob had been fearfully deceived by his father-in-law when, after serving seven years for Rachel, the woman he loved, he was given Leah for his wife instead. Then he served seven years more for Rachel. Had Jacob married Rachel as he desired, her son would have been Jacob s heir. 18

As it was, Leah s sons were born first, but Jacob very much desired that his wife Rachel s son, Joseph, should be heir as he should have been. Therefore, Jacob makes, or has made, the garment with the long sleeves to be worn by his heir and gives it to Joseph. Ruben wat wel by Lea die oudste seun was, het Jakob se bed beklim en dit het hom sy eersgeboortereg gekos. Weereens die fisiese eersgeborene wat nie JaHUaH se reguit weg bewandel het nie. Hy was dus nie Tzadik (regverdig) nie. Hy sou nie meer die vernaamste wees nie en Josef het sy eersgeboortereg gekry soos die rok met lang moue ook al uitgewys het. Gen. 49:3 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en dier vernaamste in mag! Opbruising soos van waters jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontwy. Hy het my bed beklim. 1 Kron. 5:1 2 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader nie afgesonder het nie, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie. Aäron as Hoëpriester het ook so n kleed gedra, sowel sy seuns as die priesters. Daarna, ook die Leviete as priesters. Dis nie verbasend nie, want ons het nou geleer dat die Leviete die eersgeborenes vervang het nà die Goue Kalf aanbidding. Ex. 28:39 40 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook n tulband van fyn linne maak, en n gordel moet jy van veelkleurige werk maak. En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en sieraad. JaHUsha as Eersgeborene het ook so n kleed gehad en daaroor is die lot gewerp sodat dit nie geskeur sou word nie. Daardie kleed van Hom wat nie geskeur is nie, is die bewys dat Sy Priesterskap, die Orde van Melgisèdek wat volgens eersgeborenes opereer, van krag is. Aan die ander kant is Kajafas se kleed geskeur. Hy was hoëpriester vir die Levitiese orde. Met die skeur van Kajafas se kleed het daardie priesterskap net daar en dan tot n einde gekom. Die Levitiese priesterskap het die eersgeborenes tydelik vervang en daardie tydperk het daar tot n einde gekom. Dit is wat die skeur van Kajafas se kleed gesimboliseer het. Lev. 21:10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie. Joh. 19:23 24.. maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe. En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie (Lev. 21:10), maar laat ons die lot daaroor werp, wie s n dit sal wees 19

Net soos Kajafas se kleed is die kleed van die Mees Afgesonderde Plek (Allerheiligste) ook geskeur, naamlik daardie dik, swaar gordyn wat die Woord die Voorhangsel noem. Matt. 27:51 En kyk, die Voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur. Dit het gebeur omdat die Mees Afgesonderde Plek (Kodesh Kodeshim), die Hemele voorstel waar die Woonplek van JaHUaH is. Dit is waar Sy troon is en waartoe ons as eersgeborenes, as die Bruid, nou voortdurende toegang sou hê en nie soos in die fisiese Tabernakel net een maal per jaar met Jom Kippur nie. Heb. 4:14 Terwyl ons dan n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik JaHUsha, die Seun van Elohim, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar Een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd (nie net een maal per jaar met Jom Kippur nie) gehelp te word. Heb. 10:20 23 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die Afgesonderde Plek in te gaan deur die Bloed van JaHUsha op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die Voorhangesel heen, dit is Sy Vlees, en ons n groot Priester oor die Huis van Elohim het, laat ons toetree met n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereining van n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Wit klere vir Gelowiges Gelowiges as eersgeborenes sal dan geestelik ook met daardie kleed van eersgeborenes beklee word, soos aan sommiges in die gemeente van Sardis belowe is, terwyl die res van die gemeente andersins betig is. Open. 3:4 5 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele. Die gemeente van Laodicèa word aangeraai om wit klere te koop, wat beteken dat hulle nog nie deur die bloed van JaHUsha losgekoop is om eersgeborenes te wees nie. Hoewel hulle godsdienstig is, is hulle geestelik naak en sonder die kenmerkende kleed van n eersgeborene. Hulle het nog nie die bloed toegepas aan hulle hartsdeure nie en JaHUsha staan daar en klop om in te kan ingaan. Open. 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 20

Hierdie wit linne kleed is dan uiteindelik ook die kleed van die Bruid. Die My-Verbond in Ex. 19:5 6 is met Israel gesluit as n Bruid vir JaHUaH. Open. 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die afgesonderdes. Hier word gesê dat die regverdige dade die fyn linne is. Regverdig is tzadik in Hebreeus. Dit is dus die kleed van die MelekTzadek, die eersgeborene. Regverdig is om n reguit weg te bewandel, die weg volgens die geestelike Torah van die Messias JaHUsha wat opereer onder die Torah van JaHUaH Elohim. Dubbele porsie van Eersgeborenes Ons sien in die Torah dat eersgeborenes n dubbele porsie gekry het. Deut. 21:17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne. Die profete bevestig dat daar n dubbele porsie wag vir die treurendes in Sion. Jes. 61:7 In plaas van julle skande ontvang julle n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet. Sag. 9:12 Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed. As boodskapper van JaHUaH het Elisa n dubbele salwing gekry. Hy het dubbeld gekry wat EliJaHU gekry het. Elisa of Elisha in Hebreeus, beteken: My Elohim red. JaHUsha beteken: JaHU(aH) red. Elisha dui dus op JaHUsha. Om JaHUsha as Verlosser te kan verkondig benodig ons n salwing. Volgens hierdie voorbeeld in die Skrif sal dit n dubbele salwing wees. Die Elisha-bediening sal die Verlosser JaHUsha op die voorgrond plaas met dubbeld soveel meer diepte as voorheen. 2 Kon. 2:9 10. Laat dan tog n dubbele deel van u Gees op my kom. En hy sê: Jy het n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie. 21

Dit sal dus nie n maklike bediening wees nie, maar n harde saak, tog verskaf niks groter vreugde as om in Sy diens te wees in die Koninkryk van die Hemel met die Ruach as ons Metgesel om ons voortdurend te leer en te lei nie. 1 Joh. 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos diè julle geleer het, so moet julle in Hom bly. Slot Wat n wonderlike studie aangaande eersgeborenes. Sonder hierdie perspektief mis ons die betekenis van vele skrifte. Aan die ander kant, mèt hierdie insig, sluit dit n menige skrifte oop wat nooit ten volle verstaan kon word nie. Mag die Ruach aan die Leser die diepte en kosbaarheid van Sy Verlossingsplan openbaar. Dis voorwaar n wonderlike geheim om te ontdek! -o-o-o-o-o-o-o-o-o- 22