Vandag se boodskap. Woord vir die week

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Weekprogram Sondag, 26 Augustus Bybelsondag Maandag, 27 Augustus Dinsdag, 28 Augustus Woensdag, 29 Augustus Donderdag, 30 Augustus

Woord vir die week. Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Kerssangdiens. SA Gemeente

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Direkte en indirekte rede *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Mandala Madness Deel 2

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Hoe om krag te spaar

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Tariewe

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

SIZA takes the sting out of auditing

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

N SPESIALE LIED VIR REFORMASIE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

Sterdansers by Vensters.

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Tariewe

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Transcription:

Weekprogram Sondag, 07 Oktober Biddag vir bejaardes Doop 09:00 Heinrich Niehaus Deuroffer: CLF Geen aandbyeenkoms Maandag, 08 Oktober 20:00 Geen Mannebybelstudie Dinsdag, 09 Oktober Skool Heropen 09:30 Geen Seniorbybelstudie (Saal) 09:30 Vrouebybelstudie (Kapel) 17:30 Liturgiese werkgroep 18:30 Musiekbediening 19:30 Salomé-groep (Saal) Woensdag, 10 Oktober 09:00 Mirjam Bybelstudie 19:00 Gemeentebybelstudie Donderdag, 11 Oktober 09:00 Vrouebybelstudie (Diasstr. 2) Sondag, 14 Oktober 09:00 Ds. Karlien van Wyk Deuroffer: Eie getuienisaksie 18:00 Tienerkerk - Ds. Wouter van Velden 18:30 Toerusting - Ds. Karlien Woord vir die week Lees deur Spreuke 1:1-33. Wat in die teks tref jou? Dink oor die volgende: Wat is wysheid? Wie is die wysheidsleraars in jou lewe wat vir jou lewenswaarhede geleer het? As jy drie goed vir die kinders van Suid-Afrika kon leer, wat sou dit wees? Bid en gesels met die Here oor wat hierdie teks in jou wakker maak. Vandag se boodskap Om te verdiep in ons geloof, en om na n meer volwasse verhouding met God te beweeg, is n lewenslange proses. Soms ervaar ons sulke verandering deur n krisis van geloof wat op ons gedwing word en buite ons beheer lê iets soos lyding, veral die lyding van geliefdes wat na aan ons harte sny, kan n swaar beproewing wees. Hierin is dit natuurlik om dit wat ons geleer is oor God en die morele orde van die heelal, te bevraagteken. Waarom moet ek ly, het ek dit dan verdien? Is God regverdig? Hierdie ervarings dwing ons om na ons vroeë oortuigings oor God, en dit wat ontvang is vanuit die tradisie, terug te keer, en ons bevind onsself in chaos as gevolg van die teenstrydigheid wat ons aanvoel. Job, as voorbeeld van Bybelse Wysheidsliteratuur wat van die wêreld probeer sin maak, is n voorbeeld van iemand in die midde van sulke chaos. Die feit dat n persoon wat onskuldig is, wel kan ly (of inderdaad, deur God tot lyding gebring kan word) is n krisis wat geloof in n regverdige, morele orde in die heelal (en dus, n regverdige en morele God) bevraagteken. Wanneer God uiteindelik na n lang reeks debatte tussen die twyfelende Job en sy vriende wat probeer antwoorde gee, verskyn, is dit nie om antwoorde te bring nie. Misterie, eerder as duidelike wiskundige waarhede oor God, is die hoogste realiteit in Job se leiding. In n soortgelyke sin is volwassenheid van geloof onmoontlik sonder hierdie misterie.

Gasvryheidstoonbank Francois en Béata Warnich verwelkom julle Doop Leonora babadogtertjie van Karen en Johan Smith word vanoggend gedoop. Lief en Leed Cobie van der Merwe 0219132442 Marthie Janse van Rensburg gaan Dinsdag in vir ʼn rugoperasie (Van Der Merwesingel 35, 0219133009, A05). Isobel Conradie sterk tans aan na ʼn operasie (Nederburghstraat 28, 0219131348, B07). Ons dink aan Hening en Johanna Joubert, asook Sampie en Anina Lundi (hul dogter) - Johanna is ernstig siek (Versail 4, Fontaine Bleau A/O, 0215580069, B17). Ons innige meegevoel met Henk en Beatrix Roux met die afsterwe van Henk se moeder (Plettenbergstraat 69, 0219131022, C04). Ds. Nelis is weer in die hospitaal opgeneem na sy rugoperasie (Diasstraat 2, 0219131849, B15). Ons bid vir... Here, vandag is biddag vir bejaardes. Ons bid nie net vir elke bejaarde binne ons gemeentegrense nie, maar orals in ons land. Here, U ken ons elkeen by die naam! U is maar te - goed bewus van die stram lywe wat op n stadium flink en regop en aktief was, raakvatters ook in U diens. Die oë het nou bietjie dof geraak maar dankie dat ons nog U Woord kan lees en die gesiggie van n kleinkind kan raaksien. Die gehoor is ook nie meer wat dit was nie maar dankie dat ek tog nog die voëls kan hoor sing en my kleinkind se kekkellaggie kan geniet. Ja, my hande met sy knobbels is soms seer maar dankie dat ek nog n aartappel kan skil, n blom kan pluk of n blokkieskombers vir my naaste kan brei. Dankie dat ek ook in my ouderdom U kan loof en prys al raak die stem maar bewerig en soms selfs tranerig. Help my Here dat ek die tyd sal uitkoop om nie net myself nie, maar ook my kinders en kleinkinders en ook vriende die pad te wys na U hemelse Koninkryk. Here, ek kan nie anders as om in te tree vir my ou maters met demensia en Alzheimers.. ek wil namens elkeen van hulle wat nie meer weet wat bid is nie, voor U troon kom staan en namens hulle my hande na U uitsteek. Help my Here dat ek nie n selfsugtige of n suurgesig bejaarde sal wees nie. Ek wil nie n oumens raak wat voel die lewe en die wêreld skuld hom/haar iets nie! Maak my n vreugde vir die mense om my, dat ek daagliks vriendelikheid en wysheid sal uitstraal en nie n onvergenoegde oumens sal raak nie. Ek is tevrede en gelukkig met wat ek het en gee vir my nog oulaas die krag om in U diens te staan. Ek kan ook nie anders as om in die besonder te bid vir elkeen wat betrokke is met die versorging van die bejaardes. Wil U hul GROOT geduld en GROOT begrip skenk vir die edele taak waarmee hulle besig is. Here, hou U ons elk- een vas en maak my/ons so n mooi bejaarde soos tannie Yvonne en vele ander. Amen. Die deurkollekte gaan vandag vir die Christelike Lektuurfonds (CLF). Die CLF voorsien sedert 1957 gratis en bekostigbare lektuur aan mense om die Boodskap van die Bybel aan hul te bring in hul eie taal. Lektuur, in pamfletvorm, dek verskillende temas soos geloofsekerheid, maar spreek ook sosiale kwessies soos dwelm- en alkoholmisbruik aan, asook mishandeling en geweld. Ander temas word omsluit in pamflette oor huweliksverryking, lewenskeuses, depressie, selfmoord, hoe om die dood van n geliefde te verwerk en nog vele meer. Ons bid vir die kindertjies wat gedoop word. Mag elkeen van ons hulle help om U beter te leer ken. Die skole begin Dinsdag en dit is die laaste kwartaal van 2018. Kom ons bid vir elke leerder, student en hulle wat betrokke is by opleiding. Kom ons bid vir hardwerkendheid en ook geduld. Help ons ook om nie in die laaste kwartaal so besig te raak dat daar nie vir U tyd is nie! Kom ons bid dat daar hierdie kwartaal gesonde familiebande gesmee sal word. Wie in die gemeente of watter familielid wil jy voor God se troon in die gebed bring. Bid vir jou eie geestelike groei. Anika Burger (Gr 4) se gebed: vriende. Stuur asseblief vir ons reën. Amen Dankie vir my familie en Christian Oberhofer s prayer ( Gr 2): We pray for God. He loves us. He looks out for us. He helps the poor. Help us with the water crisis. Liewe gemeente, wat is u gebed vir ons gemeente? Stuur 2-3 sinnetjies aan joepjoubert@wam.co.za. Indien versoek, plaas ek dit anoniem. Dankie.

Kom ons waardeer ons Predikante Wêreldwyd word Predikante-waarderingsdag op die tweede Sondag van Oktober gehou en vanjaar neem ons deel hieraan nadat dit onlangs opnuut onder die aandag van kerkrade en gemeentes gebring is. Daar is groot waardering vir die uiters belangrike en lewensveranderende rol van predikante in gemeentes reg oor die wêreld. Ook in Suid-Afrika en natuurlik hier in Welgemoed. Ons leef in uitdagende en snel-veranderende tye wat baie hoë emosionele en intellektuele eise aan predikante stel. Nelis, Heerden, Wouter en Karlien verdien ons waardering, erkenning, liefde en ondersteuning en ons gaan dit aanstaande Sondag, 14 Oktober, ook so aan hulle oordra. Predikante-waarderingsdag het sy oorsprong in 1992 in die buiteland gehad en die motivering daarvoor vloei onder andere uit 1 Timoteus 5:17: Die wat goeie leiding gee behoort dubbele erkenning te kry die wat hard werk deur te preek en onderrig te gee. En in 1 Tessalonisense 5 staan: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Ons wil graag, ook hier in Welgemoed, n tradisie vestig om die tweede Sondag in Oktober te benut om waardering te betoon aan ons geestelike leiers. Hulle het ons liefde, ondersteunende meelewing en aanmoediging nodig. Laat ons dit vir hulle gee met oorgawe. Groete in Christus, Renier Schoeman: Voorsitter van die Kerkraad en Fritz Schade, Leierouderling van die Kerkraad, namens die Dagbestuur Ons tiendemaand vir 2018 het amptelik afgeskop. Vrouediens Volgende aan die beurt vir voorportaaltee op 14 Oktober is Migal 1 Oktober was Internasionale dag vir ouer persone en vandag is biddag vir bejaardes. Ons benodig die volgende vir die kindersaal by Tygerberg Hospitaal: kinderboeke inkleurboeke kryte

Die familiebasaar se opbrengs is R83 500 Kontakbesonderhede: Leraar: Ds. Heerden van Niekerk - 0219133520 / 0837017011 / hvn@cast-sa.co.za Leraar: Ds. Nelis Janse van Rensburg - 0219131849 / 0828212730 / cjrens@telkomsa.net Leraar: Ds. Wouter van Velden - 0824192118 / wouter@ngkwelgemoed.co.za Leraar: Ds. Karlien van Wyk - 0842502473/ karlien@ngkwelgemoed.co.za Musiekbegeleier: Riaan Steyn - 0834781107 / riaan@traxtudio.co.za Jeugwerker: Nicola Mostert 0794904904 / nicola@ngkwelgemoed.co.za Kerkkantoor: 0219132320 / ontvangs@ngkwelgemoed.co.za Finansies en bestuur: Marian Truter - 0219132341 / marian.truter@ngkwelgemoed.co.za Fasiliteitsbeampte: Riaan van der Merwe - 0219132320 / 0842279209 / 0832687952 / fasiliteite@ngkwelgemoed.co.za Bankbesonderhede: NG Kerk Welgemoed, Absa Bank, Tjekrekening 340 580 761

7 Carin Espost, Cecile Pentz 8 Amey Klindt, Rina Marais, Derick Nöthling, Daniël Pretorius, Estelle Rösemann 9 Renae Hislop, Francois Malherbe, Johannes Nel, Rudolf Oosthuizen, Willem von Grüning, Cheryl Vos 10 Emile Goosen, Hester Kuhn, Renier Schoeman, Janel Strauss, Gena van Coppenhagen, Wesley Vos 11 Henriette Burger, Brent Claassens, Lindie Ferreira, Johann Klindt, Anél Schoombee, Gustav Wehmeyer 12 Carl Babst, Riaan Campbell, Priscilla du Plessis, Rietjie Lotter, Anel Niehaus, Morné Theart, Jenny Wilkinson 13 Dirkie Conradie, Mieke Jansen van Rensburg, Suné Janse van Rensburg, Marie Jooste, George Maritz, Kara Visser Living Network soek dringend n naaimasjien vir iemand wat hulle eie inkomste wil genereer die gesin van vyf kry finansieel baie swaar. Navrae: Louise Spies 0219504455 Tuisversorging en etes As daar iemand is wat tydelik tuisversorging of etes benodig, skakel asb. vir Narine Reichel by 082 466 0654. Sop en worsbroodjies: Wyk C18 is komende week aan die beurt.

NG GEMEENTE WELGEMOED VAKATURE: ADMINISTRATIEWE BESTUURDER - VOLDAG POS Gemeente-profiel: Welgemoed is ʼn voorstedelike gemeente in Bellville met 1287 belydende en 382 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap word bedien deur ʼn span van 4 leraars en ʼn Jeugwerker. Verlangde profiel/vaardighede: Kwalifikasie: ʼn Gepaste (toepaslike) driejarige graad of diploma in bestuur, finansies, administrasie of boekhou. Basiese kundigheid en kwaliteite wat vereis word: Kommunikasie (mondelings en skriftelik); Rekenaarvaardigheid (gevorderd); Syfervaardigheid (gevorderd); Gevorderde administratiewe vaardighede (algemeen en finansies); Menslike Hulpbronbestuur; Rekordhouding; Korrespondensie (gevorderd); Interpersoonlike verhoudinge; Toesighouding; Beplanning; Organisering; Leierskap; Beheer; Besluitneming (binne mandaat); Aanvaar verantwoordelikheid en aanspreeklikheid; Spanwerk; Eerlikheid, betroubaarheid en integriteit (onbesproke); Akkuraatheid en fokus op detail; Tydbestuur; Begrotingsbeheer en bestuur/ administrasie van korporatiewe finansies; en Algemene kantoorbestuur en administrasie. Primêre verantwoordelikhede: Bestuur die Kerkkantoor, personeel, finansies en bates (met inbegrip van geboue) van die gemeente. Saakgelastigde en Skriba van die NG Kerk Welgemoed. Bestuur en administrasie van die werkgewer se finansies (en begrotingsbeheer). Verantwoordelik vir koördinering en planmatige uitvoering van die werkgewer se prioriteite en werkprogram. Ontwikkel, implementeer en hou stelsels (met inbegrip van beleid en prosedures) in stand om verantwoordbare bestuur en administrasie van al die werkgewer se hulpbronne te verseker en te bevorder. Dit sluit risikobestuur en pro-aktiewe intervensie in. Algemene hoëvlak administratiewe en bestuursondersteuning aan die leraars en Kerk se forums / strukture / kommissies en liggame. Bestuur en beheer (met inbegrip van boekhouding) oor kontantgeld en inbetalings (met inbegrip van bewaring, rekordhouding, inbetaling), asook die bedryf/instandhouding van die elektroniese debietorder-stelsel ( Multidata ) Bestuur en beheer van debiteure en krediteure. Verantwoordelik vir nakoming van alle statutêre verantwoordelikhede en aanspreeklik hiervoor. Vergoeding: Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne en toepaslike ervaring. Werksure: 08:00 tot 16:30 en binne konteks van die gemeente program. Navrae: Marian Truter 021 913 2341 / Fritz Schade 082 467 0218 Aansoeke met volledige CV, bewys van kwalifikasies en diensrekord en twee onlangse referente: Per pos Administratiewe Bestuurder, Diasstraat 15, Welgemoed, 7530 Per e-pos ngkwlgmd@iafrica.com Per faks 021 913 4857 Die werkgewer behou die reg voor om aansoekers se CV en inligting te verifieer en vaardighede te toets. Sluitingsdatum: 19 Oktober 2018 Diensaanvaarding: 1 Februarie 2019