MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Similar documents
KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

RAADSLEDE / COUNCILLORS

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 30 AUGUSTUS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 JANUARIE 2017 OM 11:00

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

RAADSLEDE / COUNCILLORS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Mosselbaai Munisipaliteit

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 1 DESEMBER / DECEMBER 2017

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

NOTULE: UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE / EXECUTIVE MAYORAL COMMITTEE 14 FEBRUARIE / FEBRUARY 2017

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

11WILK c_.. \\* --,- 0) "410. ifite eitoetail nt (Registered at the Post Office as a Newspaper)

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 APRIL

SIZA takes the sting out of auditing

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

MALHERBE RP et HATTINGH R

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP DONDERDAG, 13 DESEMBER 2018 OM 11:00

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

KONSEPSTATUUT VAN UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

Transcription:

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING 6 AUGUSTUS 2018

1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN DRINGENDE RAADSVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 6 AUGUSTUS 2018 OM 11:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL TEENWOORDIG: RAADSLEDE: Rdl HJ van der Hoven Rdl WH Nell Rdl DD Jenner Rdl A Sindyamba Rdl NS Louw Rdl PG Bok Rdl (me) M Carosini Rdl MV Cloete Rdl (me) J de Jongh Rdl (me) AFK Job Rdl (me) AW Links Rdl WD Loff Rdl (me) NM Ngobo Rdl RJ Nutt Rdl XP Tshetu : Inkomende Uitvoerende Burgemeester : Uitgaande Uitvoerende Burgemeester : Inkomende Uitvoerende Onderburgemeester : Uitgaande Uitvoerende Onderburgemeester : Speaker AMPTENARE: Mnr DP Lubbe Mnr W Wium Mnr W Conradie Mnr RW Basson Mnr LJ Phillips Me E Mouton Me A Dippenaar Mnr W Phoswa : Munisipale Bestuurder : Bestuurder Inkomste : Direkteur Korporatiewe Dienste : Direkteur Infrastruktuurdienste : Direkteur Gemeenskap Ontwikkelingsdienste : Kommunikasie en IGR Beampte (Skakelbeampte) : Sekretariaat : Tolk

2 ONDERNEMING SOOS BENODIG DEUR OUDITEUR-GENERAAL VAN SUID-AFRIKA Ek, Daniël Petrus Lubbe, Rekenpligtige Beampte van die Matzikama Munisipaliteit, verklaar hiermee dat die inhoud van die item soos voorgelê in die agenda, na my wete die ware feite verteenwoordig. DP LUBBE MUNISIPALE BESTUURDER 6 AUGUSTUS 2018

1 OPENING 3 Die Speaker verwelkom almal by die vergadering en rdl PG Bok open die vergadering met gebed. 2 AANSOEKE OM VERLOF TOT AFWESIGHEID Mnr GRJ Seas (Direkteur Finansiële Dienste) 3 GOEDKEURING VAN NOTULE VAN VORIGE VERGADERING 4 VERKLARINGS EN / OF MEDEDELINGS DEUR DIE SPEAKER 4.1 Briewe van dank: 4.2 Funksies vir die maand: 5 VERKLARINGS EN / OF MEDEDELINGS DEUR DIE UITVOERENDE BURGEMEESTER Die Uitvoerende Burgemeester, rdl WH Nell noem dat daar heelwat verwikkelinge die afgelope week plaasgevind het, dat hy en sy Burgemeesterskomitee vergader het en die volgende dringende behoeftes van die gemeenskap na die tafel bring sodat die Munisipale Bestuurder en Direkteure daaraan aandag kan skenk (Hy noem ook dat hoewel die leierskap hier oor sake kan verskil, dienslewering nie mag verslap nie): Meeste Wyke: - Bespoediging van werkskepping Wyk 1: Wyk 2: Wyk 3: Wyk 4: - n Behuisingsprojek waarin plaaslike mense betrek word. - Onveilige grondstrate - Ondersteuning aan Ebenhaeser CPA en TRANCA grondprosesse, insluitend n kantoor vir Ebenhaeser CPA - Sopkombuise (Ook in al die ander wyke) - Swak grondstrate, veral in Joe Slovo area - Behoefte aan n gemeenskapsaal - BBBEE en SMME wat deur middel van LED aandag moet geniet - Vullisverwydering (Ook in die hele Matzikama area) - n Behuisingsprojek vir Kleinrivierarea - n Behuisingsprojek in die sentrale dorpsarea wat integrasie bevorder

4 - Kostes van grafte wat te duur is - Behoeftes van plaaswerkers en vroue - Toegang tot sportvelde wat konflik veroorsaak (Ook in Wyk 3) - Sopkombuise Wyk 5: Wyk 6: Wyk 8: - Beskerming aan plaaswerkers teen uitsettings - Sopkombuise - RDP huise wat stukkend is - Jeug ontwikkeling en strategie om dwelmmisbruik en misdaad te bekamp - Bepoediging van die oordrag (transport) van die RDP huise in eienaars se name - Drinkwater en toilette by begraafplaas - Munisipale dienste by Sandkamp - Grondkleur van drinkwater in Koekenaap Algemeen: - Ontwikkeling van SMME s deur bronne te betrek om die munisipaliteit se begroting te ondersteun - Ontslag van werknemers uit diens (vakbond sal dit met die Munisipale Bestuurder bespreek) - Munisipaliteit moet n meer omgee munisipaliteit vir werkers en raadslede word Die Speaker bedank die Burgemeester vir sy breedvoerige terugvoer en versoek dat dit skriftelik voorsien word. RAADSVERGADERING: 6 AUGUSTUS 2018 BESLUIT Dat kennis geneem word. 6 ONDERHOUDE MET AFVAARDIGINGS 7. VERSLAE Bladsy 7.1 Vierde kwartaallikse Begrotings- en Prestasieverslae (Topvlak) April - Junie 2018 5-6

7. VERSLAE 5 7.1 VIERDE KWARTAALLIKSE BEGROTINGS- EN PRESTASIEVERSLAE (TOPVLAK) APRIL - JUNIE 2018 (5/24/3/3 & 2/6/2) (BYLAE A - Bladsy 6 tot 47) 1. DOEL Die doel van hierdie verslae is om te voldoen aan die vereistes van Artikel 52 (d) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003, wat die algemene verantwoordelikhede van die Burgermeester voorskryf om aan die raad die finansiële posisie asook die finansiële vordering van die munisipaliteit voor te lê, gemeet teenoor die goedgekeurde begroting vir die 4de kwartaal soos op 30 Junie 2018, insluitend die prestasie verslag gemeet teenoor die Topvlak Dienslewering en Begroting Implementering Plan van 2017/2018. 2. AGTERGROND Aangeheg as Bylae A op bladsy 6 tot 47 is die Finansiële Begrotings en Prestasie Verslae vir die 4de kwartaal vir die periode April 2018 tot Junie 2018. Hierdie verslae bevat n uiteensetting van die implementering van die begroting vir die spesifieke tydperk (4de kwartaal) en soos van toepassing op die finansiële verslae van die munisipaliteit. 3. KOMMENTAAR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER Die aanbeveling soos voorgelê word ondersteun om aan die huidige wetlike vereistes te voldoen. 4. AANBEVELING Dat die raad kennis neem van die aangehegte kwartaal prestasie verslae, soos voorgeskryf deur Artikel 52 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 ten opsigte van die implementering van die begroting sowel as die prestasiemeting teenoor die Topvlak Dienslewering en Begroting Implementeringsplan van die munisipaliteit vir die periode 1 April 2018 tot 30 Junie 2018. VOORGELÊ VIR OORWEGING Agenda item opgestel deur die Direkteur Finansiele Dienste RAADSVERGADERING: 6 AUGUSTUS 2018 Rdl PG Bok verneem of die notule van die informele raadsvergadering gehou op 31 Julie 2018 waartydens die Speaker afsiek was, die DA raadslede nie teenwoordig was nie, baie kommentaar ten opsigte van bogenoemde verslag gelewer was en die verslag aanvaar was, deel van die notule van hierdie vergadering kan vorm. Die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe noem dat hy die kommentaar wat op die vergadering oor die verslag gelewer was, asook die Burgemeester se verslag daaroor en

6 hoogtepunte van die verslagtydperk by hom beskikbaar het, indien die raad dit wil hoor. Hy noem ook dat die notule van daardie vergadering nie aan die raad voorgelê is nie aangesien dit n informele vergadering van raadslede was wat hy as Munisipale Bestuurder belê het, maar dat dit as deel van die notule van hierdie vergadering beskikbaar gestel sal word. Aangeheg as Bylae A op bladsy 13 tot 17 van hierdie notule is die notule van die informele vergadering van raadslede van 31 Julie 2018 soos belê deur die Munisipale Bestuurder. Die raad aanvaar eenparig die volgende besluit: BESLUIT Dat die raad kennis neem van die aangehegte kwartaal prestasie verslae, soos voorgeskryf deur Artikel 52 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 ten opsigte van die implementering van die begroting sowel as die prestasiemeting teenoor die Topvlak Dienslewering en Begroting Implementeringsplan van die munisipaliteit vir die periode 1 April 2018 tot 30 Junie 2018.

8 DRINGENDE AANGELEENTHEDE DEUR DIE MUNISIPALE BESTUURDER 7 9 OORWEGING VAN KENNISGEWINGS VAN MOSIES Die Munisipale Bestuurder het twee skriftelike mosies op 25 Julie 2018 ontvang, aangeheg as Bylae B op bladsy 48 tot 49, ingevolge die prosedures voorgeskryf in artikel 38(2) van die Verordening vir die Hou van Vergaderings van die Raad van Matzikama Munisipaliteit om die Uitvoerende Onderburgemeester en Speaker te verwyder en n nuwe Uitvoerende Onderburgemeester en Speaker te verkies. RAADSVERGADERING: 6 AUGUSTUS 2018 Die Speaker noem dat bogenoemde twee skriftelike mosies ontvang is en vra of daar enige besware of teenmosies is. Rdl DD Jenner wys daarop dat daar bepaalde probleme met die mosies is aangesien verkeerde wetgewing daarin aangehaal word en stel voor, gesekondeer deur rdl AFK Job dat die mosies nie dien nie. Rdl WH Nell verneem waar die mosie is wat aan die Speaker gerig was ten opsigte van die hou van n dringende raadsvergadering. Die Speaker noem dat die vergadering wat nou plaasvind aan daardie versoek ten opsigte van die hou n dringende raadsvergadering voldoen en dit as afgehandel beskou word. Die Speaker vra dat daar by wyse van handopsteek gestem word vir die teenmosie dat die mosies nie dien nie of vir aanvaarding van die mosies. Daar is tot stemming oorgegaan en die uitslag is as volg: Ten gunste daarvan dat die mosies nie dien nie: 9 stemme (Rdle Jenner, Carosini, Cloete, Job, Loff, Louw, Sindyamba, Tshetu en Van der Hoven) Ten gunste daarvan dat die mosies aanvaar word: 5 stemme (Rdle Nell, Bok, De Jongh, Links en Ngobo) BESLUIT Dat die mosies nie dien nie. 10 OORWEGING VAN KENNISGEWINGS VAN VRAE 11 OORWEGING VAN DRINGENDE MOSIES Dringende mosies word mee gehandel ooreenkomstig artikel 44 van die Verordening vir die Hou van Vergaderings van die Raad van Matzikama Munisipaliteit.

RAADSVERGADERING: 6 AUGUSTUS 2018 8 Rdl A Sindyamba noem dat hy twee dringende mosies het, naamlik n mosie van wantroue teen die Uitvoerende Burgemeester en verkiesing van n nuwe Uitvoerende Burgemeester en een oor die bedanking van die Uitvoerende Onderburgemeester en verkiesing van n nuwe Uitvoerende Onderburgemeester en word die mosies gesekondeer deur rdl WD Loff. Die Speaker versoek dat daar eers by wyse van handopsteek gestem moet word of die mosies op die vergadering kan dien, aldan nie. Daar is tot stemming oorgegaan en die uitslag was as volg: Ten gunste daarvan dat die mosies op die vergadering dien: 9 stemme (Rdle Sindyamba, Carosini, Cloete, Jenner, Job, Loff, Louw, Tshetu en Van der Hoven) Ten gunste daarvan dat die mosies nie op die vergadering dien nie: 5 stemme (Rdle Nell, Bok, De Jongh, Links en Ngobo) Rdl A Sindyamba lees sy eerste mosie (gesekondeer deur rdl WD Loff en aangeheg as Bylae B op bladsy 18 van hierdie notule) as volg aan die raad voor: I herewith give notice in terms of Section 44 of the Municipality s Rules of Order that I would move the following motion: That honourable cllr WH Nell in terms of Section 58 of the Local Government Structure Act, Act 117 of 1998 be removed from the position of Executive Mayor and that the Council immediately elects a new Executive Mayor from its members to fill the vacancy. The current Executive Mayor does not enjoy the support of the majority of members of the council Die Speaker vra of daar enige teenmosie is en of die mosie sodanig aanvaar kan word. Rdl PG Bok lees klousule 38(1) en (2) van die Verordening vir die Hou van Vergaderings van die Raad van Matzikama Munisipaliteit: (1) Die Speaker mag geen mosie, uitgesonderd n dringende mosie of n mosie van orde, aanvaar nie tensy kennis daarvan ingevolge subparagraaf 38(2) van die verordening gegee is. (2) Elke kennisgewing van voorneme deur n raadslid om n mosie in te dien, moet skriftelik wees, onderteken en gedateer wees en aan die munisipale bestuurder gelewer word minstens ses werksdae voor die datum van die vergadering waarop dit gestel gaan word. Hy lees ook klousule 44(1), (2) en (3) van laasgenoemde verordening: (1) n Raadslid kan die aandag van die raad vestig op enige aangeleentheid wat nie op die sakelys verskyn nie en waarvan daar nie vooraf kennis gegee is nie, deur kortliks die onderwerp van die aangeentheid te meld en sonder kommentaar daarop voor te stel dat die mosie waarop die aandag gevestig is, onverwyld oorweeg word as n kwessie van dringendheid (2) Sodanige mosie word hierin n dringende mosie genoem. (3) Indien sodanige mosie gesekondeer word en aangeneem word deur n meerderheid van die raadslede teenwoordig, moet die voorsteller toegelaat word om die aangeleentheid sonder kennis deur middel van n mosie of vraag tot oorweging te bring. Hy lees ook Artikel 58 van die Plaaslike Regering Strukture Wet, Wet 117 van 1998: A municipal council, by resolution may remove its executive mayor or deputy executive mayor from office. Prior notice of an intention to move a motion for the removal of the executive mayor or deputy executive mayor must be given.

9 Hy wys daarop dat mosies in hierdie verband minstens ses werksdae voor die vergadering waarop dit gaan dien, by die Munisipale Bestuurder ingedien moet word soos wat die ANC komponent ten opsigte van hul mosies gedoen het. Hy noem ook dat indien daar voortgegaan word om hierdie mosies te hanteer, hulle (die ANC komponent) dit in die hof gaan beveg vir die onkostes van die raad (die raadslede wat daarvoor gestem het). Rdl PG Bok versoek namens die ANC n koukus om 11:38 en die vergadering hervat weer om 11:48. Rdl PG Bok versoek dat die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe die raad hieroor adviseer en die erns van wetgewing in hierdie verband verduidelik. Hy noem ook dat die Strukture Wet hoër is as die Verordening vir die Hou van Vergaderings van die Raad van Matzikama Munisipaliteit en versoek dat die Munisipale Bestuurder dit aan die raad verduidelik aangesien hulle nie onnodig hof toe wil gaan nie. Die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe lees weer bogenoemde Kousule 38 ten opsigte van n kennisgewing van mosie en Klousule 44 ten opsigte van n dringende mosie van die Verordening vir die Hou van Vergaderings van die Raad van Matzikama Munisipaliteit in Afrikaans en Engels. Hy lees ook weer bogenoemde Artikel 58 van die Plaaslike Regering Strukture Wet in Engels aan die raad voor en verduidelik dat raadsverordeninge ondergeskik is aan laasgenoemde wetgewing van die land en versoek gevolglik die Speaker om binne die wetgewing op te tree. Rdl PG Bok noem dat hulle by hul standpunt bly indien daar voortgegaan word om die mosie te hanteer en dat daar al baie hofsake was ten opsigte van sodanige raadsveranderinge waarvoor raadslede die kostes moes betaal. Hy verneem wat die dringendheid van die mosie is aangesien daar tans wel n Uitvoerende Burgemeester is en waarom daar nie ses dae van die mosie kennis gegee kan word nie. Hy noem ook dat hulle wel die Onderburgemeester se bedanking sodanig kan aanvaar. Die Speaker noem dat die raad nou bogaande standpunte gehoor het, dat elke raadslid hieroor moet besluit en aangesien die raad reeds besluit het dat die mosies moet dien, vra hy dat daar by wyse van handopsteek gestem word of die mosie aanvaar word, aldan nie. Daar is tot stemming oorgegaan en die uitslag was as volg: Ten gunste daarvan dat die mosie aanvaar word: 9 stemme (Rdle Sindyamba, Carosini, Cloete, Jenner, Job, Loff, Louw, Tshetu en Van der Hoven) Rdl WH Nell noem dat die ANC komponent buite stemming bly aangesien daar nou verwarring oor die aangeleentheid is. Die Speaker noem dat die mosie om die Uitvoerende Burgemeester van sy amp te verwyder met 9 stemme van die raad aanvaar is en versoek die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe om voort te gaan om nominasies te kry vir die verkiesing van n Uitvoerende Burgemeester. Rdl WH Nell versoek namens die ANC n koukus om 12:01 en die vergadering hervat weer om 12:11. Rdl PG Bok noem dat die Speaker-hulle verwarring op die vergadering ten opsigte van hierdie mosie veroorsaak het, dat wetgewing duidelik hieroor is en dat die DA en ander raadslede nie bo wetgewing verhewe is nie. Hy noem ook dat die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe in sy hoedanigheid as adviseur van die Raad die inhoud van die toepaslike wetgewing gelees het, maar dat die raad steeds voortgegaan het om die mosie te hanteer. Hy

10 noem ook dat die ANC komponent dus nie verder aan sake op die agenda gaan deelneem nie en versoek dat hul teenstem vir hofsaakdoeleindes aangeteken word. Hy wys ook daarop dat die Speaker wat van beter behoort te weet, buite orde is en dat hulle hom in sy hoedanigheid as Speaker daaroor gaan aanvat en hom in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gaan hou. Hy noem ook dat niemand bo die wet verhewe is nie en dat die wetgewing duidelik hieroor is en dat daar nou gefouteer is. Rdl PG Bok noem ook dat indien daar voorgegaan word (met die verkiesing van n Uitvoerende Burgemeester), daar n onwettige en wettige Uitvoerende Burgemeester sal wees en dat die huidige wettige Uitvoerende Burgemeester nie die kantoor van die Burgemeester gaan ontruim totdat die hofsaak afgehandel is nie. Rdl A Sindyamba versoek namens die DA n koukus om 12:14, die Speaker staan die versoek as n laaste koukusgeleentheid toe en die vergadering hervat weer om 12:28. Die Speaker noem dat die betrokke wetgewing verskillend geïnterpreteer kan word, dat die meerderheid van die raad reeds n mosie aanvaar het dat die huidige Burgemeester van sy amp verwyder word en versoek dat daar voortgegaan word om nominasies te verkry vir die verkiesing van n nuwe Uitvoerende Burgemeester. Rdl WH Nell wys die Speaker daarop dat Artikel 58 van die Strukture Wet en die implikasies daarvan onder die Speaker se aandag gebring is en dat indien hy op n onwettige wyse met die proses voortgaan, hy die volle verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar, aangesien die ANC komponent hul posisie gestel het. In opdrag van die Speaker reël die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe dat nominasievorms vir die verkiesing van n Uitvoerende Burgemeester uitgedeel word en slegs die DA komponent voltooi n nominasievorm en handig dit in. Die Speaker kondig aan dat daar slegs een nominasie vir die amp van Uitvoerende Burgemeester ontvang is, naamlik dié van rdl HJ van der Hoven en dat hy dus ingevolge die Strukture Wet onbestrede as Uitvoerende Burgemeester verkies is en wens hom daarmee geluk. Die Speaker gee rdl A Sindyamba geleentheid om sy tweede mosie ten opsigte van die bedanking van die Uitvoerende Onderburgemeester en die verkiesing van n nuwe Uitvoerende Onderburgemeester (aangeheg as Bylae C op bladsy 19 van hierdie notule) aan die raad voor te hou en rdl A Sindyamba lees dit as volg aan die raad voor: Hiermee verklaar ek, Andreas Sindyamba, dat ek as Onder Burgemeester van Matzikama Munisipaliteit bedank en versoek ook dat daar soos volgens die Munisipale Strukture Wet, No 117 van 1998 sal handel om n nuwe Onder Burgemeester te verkies. Rdl Sindyamba begin sy bedankingstoespraak, maar die Speaker vra hom om sy bedankingstoespraak later te hou en vra dat daar by wyse van handopsteek gestem kan word vir ondersteuning van die tweede mosie soos deur rdl Sindyamba gelees. Daar is tot stemming oorgegaan en die uitslag was as volg: Ten gunste van die mosie: 8 stemme (Rdle Sindyamba, Louw, Carosini, Cloete, Jenner, Job, Loff en Van der Hoven) Rdl PG Bok maar beswaar en teken ingevolge die Strukture Wet namens die ANC komponent hul teenstem aan teen die onwettigheid van die vergadering.

11 Die Speaker versoek dat voortgegaan word om nominasies te verkry vir die verkiesing van n Uitvoerende Onderburgemeester. In opdrag van die Speaker reël die Munisipale Bestuurder, mnr DP Lubbe dat nominasievorms vir die verkiesing van n Uitvoerende Onderburgemeester uitgedeel word en slegs die DA komponent voltooi n nominasievorm en handig dit in. Die Speaker kondig aan dat daar slegs een nominasie ontvang is vir die amp van Uitvoerende Onderburgemeester, naamlik dié van rdl DD Jenner en dat hy dus as Uitvoerende Onderburgemeester verkies is en wens hom geluk. Die Speaker gee rdl A Sindyamba geleentheid om sy bedankingstoespraak as Uitvoerende Onderburgemeester kortliks te lewer. Rdl Sindyamba bedank eerstens ons Hemelse Vader wat vir hom die geleentheid gegee het om as Onderburgemeester te dien. Hy noem dat dit vir hom aangenaam en n eer was om as Onderburgemeester te dien, dat hy voortgaan om die gemeenskap te dien en verseker die Burgemeester, rdl HJ van der Hoven en die Onderburgemeester, rdl DD Jenner, van sy ondersteuning. Hy bedank ook die uittredende Burgemeester vir die 13 dae wat hy saam met hom in n span kon dien, vir die Speaker, vir die LP s van die parlement en alle ander persone wat by die vergadering teenwoordig is en sy vrou vir haar ondersteuning aan hom. Die Speaker gee geleentheid aan die nuwe Uitvoerende Burgemeester vir sy intreetoespraak en rdl HJ van der Hoven lewer sy intreetoespraak, aangeheg as Bylae D op bladsy 20 to 21 van hierdie notule. Rdl AW Links bedank die Uitvoerende Burgemeester vir sy toespraak, maar noem as vrou dat hy vergeet het van die rol van vroue in sy toespraak en dat Matzikama geskiedenis gemaak het deur nou twee Burgemeesters te hê. Rdl WH Nell noem dat die ANC komponent reeds hul insette en argumente oor wat hier gebeur het op rekord geplaas het en dat die inhoud van die toespraak van rdl HJ van der Hoven tog sy vaardigheid en betrokkenheid by gemeenskappe toon. Hy noem dat die DA egter meesterlik met n strategie van verdeel en regeer optree om ten alle koste beheer oor die munisipaliteit te behou. Hy haal vir Ghandi aan om aan te toon dat die ANC komponent se opinies ook nie (soos Gandi s n) doodgemaak kan word nie en dat hulle sal voortgaan om hul mense te ondersteun. Hy wys daarop dat die onwettige poging van die DA om n swart Onderburgemeester met n bruin Onderburgemeester te vervang verder die swart en bruin gemeenskappe vervreem en dat wit leierskap steeds in sleutelposisies bly en nie die probleem van transformasie aanspreek nie. Hy noem ook dat hoewel rdl Van der Hoven se toespraak pragtige woorde is, die LGO waarby hy betrokke is, nie ECD, die omstandighede, uitsettings en onbillike kontrakte van plaaswerkers en hul behoefte aan grond, aanspreek nie. Hy noem ook dat die DA die jeugorganisasie se befondsing gestop en hulle sodoende doodgemaak het. Ten laaste noem hy dat die ANC komponent nie vir rdl HJ van der Hoven as Uitvoerende Burgemeester weens die DA se truuks, erken nie. 12 IN-KOMITEE VERSLAE (vir aangeleenthede wat nie aan die publiek openbaar gemaak word nie)

13 SLUITING 12 Die vergadering sluit om 13:06....... VOORSITTER DATUM