DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

BenguFarm Bestelvorm

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

SIZA takes the sting out of auditing

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Finansieel Gesproke 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Mosselbaai Munisipaliteit

) waar van toepassing.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE INKOMSTEBELASTING HANTERING VAN FRANCHISEFOOIE BETAALBAAR DEUR FRANCHISEHOUERS IN DIE SUID- AFRIKAANSE PETROLEUM-BEDRYF

Tariewe

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Transcription:

Bl. 1 DESEMBER Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Tel: (021) 9196916 Faks: (021) 9199718 Epos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za IN HIERDIE UITGAWE 1 Finsolnet Nuus Bl. 1 2 Webtuistes Bl. 2 3 Ekonomiese Barometers Bl. 3 4 Inkomstebelasting Bl. 12 5 Verdeling van kapitaal Bl. 13 6 Plaaslike rentekoerse Bl. 14 7 Vlekvryestaal Houers Bl. 14 8 Maandelikse reisprogram Bl. 15 9 Algemeen Bl. 15 10 RSA Makelaars Nuus Bl. 17 11 Aanhangsel A: Fondsfeitestate Aanhangsel B: Incompass Financial Personeel - kontak besonderhede Bl. 18 Bl. 24 Bl. 26 12 RSA Makelaars personeel Bl. 28 1) FINSOLNET NUUS Sygnia mandate: Ons bedank graag ons kliënte vir hul samewerking om die Sygnia Mandate te onderteken en aan ons terug te stuur. Die proses is amper afgehandel en ons sien daarna uit dat Sygnia die rol van ABSA Bpk nou finaal oorneem. Voorgestelde veranderings aan portefeuljes: Ons ondersoek die moontlikheid om, waar ons tans van die beginsel van Multi-Bestuurders per fonds gebruik maak, dit na drie portefeuljes te verander, wat steeds deur 4 Fondsbestuurders bestuur word. Die tegniese verskil is dat die administratiewe proses geweldig vergemaklik word en die koste van administrasie verminder word.

(Finsolnet Nuus...) Dit het ook die gevolg dat individuele Fondsbestuurders nie op sogenaamde prestasie bonusse met betrekking tot behaalde opbrengs, kan staatmaak nie. Dit kan vir n kliënt, afhangend van omstandighede, tussen 1% en 2% per jaar bespaar. Die koste van bestuur sal noodwendig ook hierdeur beïnvloed word. As gevolg van die totale volume kapitaal wat Sygnia onder bestuur het (sowat R60 miljard), sien ons daarna uit om in die toekoms gunstiger bestuursfooie vir ons kliënte te beding. Ons oorweeg dit om n konserwatiewe fonds aan te bied, wat geen buitelandse blootstelling het nie en wat slegs benodig word om inkomste te voorsien, bv. in n lewende annuiteit vs n konserwatiewe portefeulje, met buitelandse blootstelling, waarvan die doel groei is. 2) WEBTUISTES www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za Bl. 2 Soos in vorige nuusbriewe, versoek ons u om so gereeld as moontlik ons Webtuiste te besoek waar u interessante leesstof sal vind. Daar verskyn voortdurend insiggewende beleggingsinligting deur verskeie Assosiate. Mike Wood se weeklikse bespreking van die mark oorsig is uitstekend. U kry toegang daartoe deur op die Webblad se openingsblad aan die regterkant onder die hofie Latest Video te klik. Kliënte wat gereëlde, direkte toegang tot hulle eie portefeuljes op die AIMS platform benodig, kan met ons kantoor in verbinding tree om die nodige toestemming daarvoor te reël.

3. EKONOMIESE BAROMETERS Bl. 3 Sokker Wêreld-beker 2010: Suid-Afrika het die Sokker Wêreld-Beker skitterend aangebied en die gevolglike positiewe internasionale blootstelling, is van onskatbare waarde. Ons vertrou dat die Regering hierdie goeie indruk met positiewe Regeringsinsette sal staaf en dat ons ekonomiese welvaart uit hierdie wêreld sokker gebeurtenis sal kan genereer, veral deur meer toerisme. Die bestuur van die sokker sentra blyk egter vorentoe tog nog problematies. Wêreld Ekonomie en Suid- Afrikaanse Ekonomie: Ons bevestig dat ons kwartaalliks met ons Fondsbestuurders: Allan Gray, Investec, Coronation en Nedcor vergader. Ons praat ook maandeliks met Liberty Life. Die konsensus onder ons Fondsbestuurders, wat die groei in die wêreld ekonomie vir die volgende 2-3 jaar aanbetref, is ongelukkig negatief en dit blyk dat slegs China en Amerika oor die vermoë beskik om hulself letterlik uit hierdie benarde posisie te werk. Ongelukkig is Suid- Afrika só afhanklik van wat in die wêreld ekonomie gebeur, dat dit n besliste demper op die ekonomiese vooruitsigte vir die volgende 2-3 jaar kan plaas. Die waarskynlikheid van dubbele opbrengssyfers, selfs in die beurs, oor die volgende 2-3 jaar, blyk op hierdie stadium baie onwaarskynlik te wees. Hou in gedagte dat alle beurs opbrengste nou terug vergelyk moet word na die situasie voor Oktober 2007. Allan Gray huldig steeds die opinie van die gevaar van n sogenaamde dubbel VV, wat kan beteken dat die wêreld ekonomie, veral in 2011, baie negatiwiteit mag ervaar en dit sal waarskynlik n negatiewe effek op ons plaaslike beurs hê. Ons ontvang heelwat navrae rondom Allan Gray se effens swakker opbrengs en beklemtoon graag dat dit 100% is omdat hulle reeds vir die afgelope 18 maande geen nuwe kapitaal in die beurs belê nie. Allan Gray was oor die afgelope 27 jaar slegs 2 maal foutief met hulle voortuitskattings en net tyd sal bepaal of hulle opinie hierdie keer reg of verkeerd is.

Dec-01 Dec-02 Dec-03 Dec-04 Dec-05 Dec-06 Dec-07 Dec-08 Dec-09 Dec-10 Dec-11 Ons het egter die grootste vertroue in Allan Gray se vermoë en beveel dus glad nie aan dat enige van hulle fondse verskuif word nie. Rentekoerse: Rentekoerse is sopas weer verminder en daar is n baie sterk waarskynlikheid dat dit in 2011 met ten minste n ½%, indien nie met n volle 1%, verder sal verminder. Hoewel dit goeie nuus is vir die ekonomie, het dit ongelukkig uiters Bl. 4 nadelige implikasies vir persone wat van inkomste uit rente afhanklik is. - - - o 0 o - - - Uit voorleggings tydens ons nuutste kwartaalvergadering waar Investec, Coronation en Sygnia aan ons terug gerapporteer het, haal ons graag vir u n paar interessante grafieke aan om sekere ekonomiese beginsels te staaf. Kort beskrywings word daarby gevoeg en ons vertrou dat u dit insiggewend sal vind. - - - o 0 o - - - Ons verwys u graag na die volgende grafieke uit die verskeie voorleggings: Taking Rates even lower 12.0% 11.0% 10.0% 9.0% 8.0% 7.0% 6.0% 5.0% 4.0% 3.0% CPI Repo 14.5% 13.5% 12.5% 11.5% 10.5% 9.5% 8.5% 7.5% 6.5% 5.5% Hierdie grafiek toon die baie sterk daling in die Repo-koers en die gepaardgaande ernstige daling in die inflasie koers.

2) 2009 was a year of surging issuance and political doubt: Non-Interest Expenditure Growth Bl. 5 Hierdie grafiek toon die enorme invloei van buitelandse kapitaal na Suid- Afrikaanse Staatseffekte. Oor die korttermyn hou dit die voordeel in van likiditeit met die gevolglike versterking van die Rand, maar oor die medium en langer termyn hou dit die risiko in dat, wanneer hierdie kapitaal weer die land verlaat, soos in laat 2007 met die sub-prima krisis, die beurs weer negatief beïnvloed kan word. Daar word reeds bespiegel oor n sogenaamde Staatseffekte Borrel (Bubble). 3) A more austere future awaits 20% 15% 10% Gordhan s gambit 5% 0% 1997/98 2000/01 2003/04 2006/07 2008/10 2012/13 Hier word die redelik sombere vooruitskatting deur die Regering van die volgende 2-3 jaar se ekonomiese groei bevestig.

2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 4) There are signs of a slowdown ahead Bl. 6 Hierdie grafiek bevestig die negatiewe tendens in die wêreld ekonomie wat reeds begin het. 5) Interest rates will remain low to stimulate growth 6 5 4 3 2 1 0 UK Clearning Banks Base Rate US Fed Funds Rate Euro Zone Repo Rate Hierdie grafiek wys dat rentekoerse geweldig gedaal het en dat dit waarskynlik vir n redelike periode nog laag sal bly.

Jul-84 Jul-86 Jul-88 Jul-90 Jul-92 Jul-94 Jul-96 Jul-98 Jul-00 Jul-02 Jul-04 Jul-06 Jul-08 Jul-10 6) Rand debate: Overvaluation may persist for longer 10.0 8.0 6.0 4.0 2.0 0.0 Rand in purchasing power terms ZAR/SDR PPP 7) Currency Wars Have we learnt from the previous currency crisis? Rand (nominal) rebased to 2008 levels 10. 8.0 6.0 4.0 2.0 0.0 Bl. 7 Hierdie grafiek toon dat die Rand beslis oorgewaardeer is as gevolg van die abnormale invloei na ons beurs van die wêreld ekonomie en ook invloei na ons Staats Effekte Hier word die begin getoon van die sogenaamde Valuta Krisis, en dit impliseer dat die groot rolspelers in die wêreld eknomie besef dat hulle hulle geldeenhede sal moet devalueer ten einde die wêreld ekonomie sodanig te stimuleer om beter opbrengste te lewer.

8) Our Views in summary Bl. 8 n Bondige opsomming en vooruitskatting van Investec se siening vir volgende jaar. 9) Marriott: High Income fund Hierdie grafiek illustreer die dilemma waarin diegene is wat sedert Desember 2001 op inkomste uit bankrente staatmaak en dit wys hoe n kliënt deur bv. n belegging in hierdie spesifieke fonds aansienlik beter daaraantoe sou gewees het as om in n bank te belê. Vandaar óns konserwatiewe vertrekpunt om per kliënt slegs R50,000 in n bank te hou.

Hierdie grafiek illustreer uitstekend die groter opbrengs-potensiaal van ons aggressiewe CPI+6-7%, maar met n gepaardgaande groter risiko wat geneem moet word om dit te behaal Bl. 9

Bl. 10

Bl. 11 Beide grafieke toon dat al drie strategië vir hierdie kwartaal, asook oor die 1-Jaar, 2-Jaar en 5-Jaar periodes én sedert aanvang van die portefeuljes, hul onderskeie mandate bereik het en selfs inflasie ver uitpresteer het. Dit is slegs in Jaar 3 waar ons die negatiewe effek van die internasionale debakel rondom Sub-Prima kan sien. Die prestasies van die afgelope jaar en huidige kwartaal reflekteer die herstel in die beurs. Dit is egter insiggewend om daarop te let dat die konserwatiewe portefeulje in Jaar 3 beide die matige en die aggressiewe strategieë geklop het. Die CPI+6-7%PIGS (P) is die portefeulje wat ons nuut geskep het juis vir pensioenfondse, lewende-annuïteite en annuïteite. Die portefeulje prestasie klop tans die fondsmandaat.

4. INKOMSTEBELASTING Belastingbesparing deur bydraes tot uittreeannuïteite: Ons is besig om dringend met elke kliënt individueel te skakel om te verseker dat die maksimum bydrae tot annuiteite voor die sluiting van die huidige finansiële jaar op 28 Februarie 2011 afgehandel word. Alle Kliënte het reeds individuele skrywes in hierdie verband ontvang. Vir kliënte wat nog nie van hierdie fasiliteit gebruik maak nie, het ons ook weer n verduidelikende skrywe gestuur om hulle te oortuig om dit wél te doen. Bl. 12 Toekomstige wysigings aan Inkomstebelasting Wetgewing: Die Ontvanger het onlangs die beperking op sogenaamde Blocked Assets gelig en persone wat geëmmigreer het mag dus nou hierdie kapitaal onttrek. Daar is ook voorgestel dat die R4- miljoen bedrag wat per individue direk in die buiteland belê kan word, na R4-miljoen PER JAAR verhoog word, onderhewig aan die nodige toestemming deur die Ontvanger en na aanleiding van n kliënt se belasbare situasie. n Verhoging word voorgestel van R750,000 na R1-miljoen vir die addisionele enkele diskresionêre toelatings vir belegging in die buiteland. Finale bevestiging in hierdie verband volg.

. Bl. 13 5. VERDELING VAN KAPITAAL KORT, MEDIUM EN LANG TERMYN Ons herhaal weereens die uiteensetting in ons vorige nuusbrief, aangesien hierdie baie bondige beskrywing van kort, medium en langtermynbeleggings presies illustreer wat die kern vorm van enige kliënt se beleggingsportefeulje. Ons beklemtoon graag weer die noodsaaklikheid daarvan om kapitaal in die volgende drie kategorieë te belê, nl.: Korttermyn: Langtermyn: Die uitdruklike doel van langtermyn beleggings is om belastingeffektiewe inkomste te voorsien wat u maandelikse begroting bevredig, asook om belastingvrye kapitaalgroei te voorsien. Hier word kapitaal vir gewaarborgde beleggings en portefeulje samestellings soos by Liberty, AIMS, Cadiz en Discovery en tweedehandse polisse, voorgestel. n Likiede noodfonds van ongeveer R50,000 word in n Geldmarkrekening by u Bank behou. Mediumtermyn: (Effektetrust) Hier lê die klem op likiditeit, belasting-effektiwiteit en kapitaalgroei. Die bedoeling is dat hierdie kapitaal dus aanvullend tot korttermyn behoeftes moet wees. Die opvra tydperk is ±4-6 werksdae.

Bl. 14 6. PLAASLIK RENTEKOERSE Rentekoerse het sopas met n verdere 0.5% verminder en dit is baie waarskynlik dat die Reserwe Bank in 2011 rente met n verdere 0.5% en selfs met 1% sal verminder, soos reeds genoem. 5-Jaar Gewaarborgde inkomstebeleggings se tarief is tans in die orde van 7%. Vir diegene wat met inkomstebelasting sukkel, bly dit steeds n goeie opbrengs aangesien n geweldige klein gedeelte van hierdie beleggings aan inkomstebelasting onderhewig is. Indien die verdeling van beleggings tussen gades reg hanteer word, kan hierdie belegging dus ook heeltemal belastingvry geïmplementeer word. 7 VLEKVRYE STAALHOUER MULTISTAR / INTERNATIONAL TANK CONTAINERS Hierdie situasie is nog steeds soos ons in ons Junie 2010-nuusbrief. Ons herhaal dit dus net weer. Ons ervaar tans dat Multistar op ʼn baie stadige basis tog sekere houers waarvan daar ʼn 11- jaar periode ná aankoop verloop het, onthef van hulle kontraktuele verpligting. Dit stel ons in ʼn posisie om te reël dat hierdie houers na International Tank Containers oorgedra word. Ons maak tans seker dat elke kliënt betyds die nodige kennis van ontheffing aan Multistar stuur na die aanvanklike 10 jaar periode. Die feit dat vlekvrye staalhouers ʼn Dollar-opbrengs in die buiteland realiseer, hou beslis voordele in vir inkomstebelastingbeplanning. Die belegging van die opbrengs in die buiteland met die gepaardgaande verskansing teen moontlike daling in die waarde van die Rand, is n verdere voordeel om in gedagte te hou.

8 MAANDELIKSE REISPROGRAM Bl. 15 Oos-Kaap - word gedurende die tweede week van ʼn maand besoek. Ons begin by George en beweeg via Jeffreysbaai tot in Port Elizabeth. Van daar vlieg ons via Oos-Londen terug na Kaapstad. Indien u n afspraak benodig, is u welkom om met Maria de Jongh of Eileen van Zyl te skakel. Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria - word gedurende die laaste week van die maand besoek. U is welkom om met Maria de Jongh te skakel vir n afspraak. 9 ALGEMEEN a) Versending van pos Probleme b) Elektroniese antwoordstelsel Gedurende September het ons plaaslike poskantoor by Tygervallei, skynbaar as gevolg van stakings en personeel probleme, nagelaat om baie van ons korrespondensie betyds te verwerk. So is ons uitnodigings na die Finsolnet terugvoer sessies, plaaslik sowel as in Pretoria, afgelewer nadat die datum vir bevestiging van bywoning reeds verloop eers het. Verder het ons briewe met betrekking tot enkelbedrag uittree annuïteite vir die huidige belastingjaar langer as n maand by die poskantoor gelê. Ons het die aangeleentheid met die Poskantoor opgeneem, maar dit is ongelukkig n situasie totaal buite ons beheer. Ons ervaar tans twee wisselvallige probleme met ons elektroniese telefoon antwoordstelsel. Die eerste is dat wanneer die normale RSA Makelaars telefoon nommer die eerste keer gebel word, dit verskeie kere gebeur dat dit aanhou om te lui en nie onmiddellik beantwoord word nie. Daar is n tegniese fout en die tegnici probeer dit oplos. Die stelsel behoort sodanig te werk dat voor of op die 4e lui die oproep outomaties beantwoord word. Indien dit dus nie gebeur nie, versoek ons vriendelik dat u liewer weer skakel.

Die tweede probleem wat ons ervaar is dat selfs indien u die individuele uitbreiding indruk, u nie noodwendig by die korrekte persoon uitkom nie. Ook aan hierdie aspek word aandag gegee en ons vertrou dat dit binnekort opgelos sal wees. Bl. 16 uitgestuur, wat die verwarrende gevolg het dat die werklike saldo van die portefeulje nog nie die nuutste toegevoegde waarde toon nie. Ons het AIMS nou versoek om hulle kwartaalstate n maand later aan u te stuur, ten einde die werklike situasie te reflekteer. Ons vertrou dat AIMS hierdie versoek binnekort sal kan implementeer. Interpretasie van Kwartaalstate:. Ons bied verskoning aan alle kliënte wie deur bogenoemde probleme verontrief is. Gewysigde Finsolnet Fondsfeitestate: Ons verwys u na die nuwe fondsfeitestate (Aanhangsel A) van die konserwatiewe, matige en aggressiewe fondse en sal dit waardeer indien u daaraan tyd spandeer om uself met die tegniese inhoud daarvan vertroud te maak. Ons vertrou dat u die nuwe formaat meer verstaanbaar sal vind. Finsolnet kwartaalstate: Die wins in die individuele portefeuljes word per kwartaal op 31 Desember, 31 Maart, 30 Junie en weer 30 September toegevoeg. AIMS se kwartaalverslae word egter +- een maand vóór hierdie datums Baie van ons kliënte vergelyk net per kwartaal die saldo s van die individuele portefeuljes. U word egter versoek om daarop te let dat die mandaat termyne soos volg loop: Die konserwatiewe fonds is 2 jaar (24 maande); die matige fonds is 3 jaar (36 maande) en die aggressiewe fonds is 5 Jaar (60 maande). Dit is dus noodsaaklik dat u die individuele kwartaalstate oor n baie langer periode met mekaar vergelyk. Met ander woorde, die huidige kwartaalstaat vir die konserwatiewe fonds moet effektief vergelyk word met n kwartaalstaat wat u twee jaar gelede ontvang het. Indien u berekenings maak met betrekking tot die opbrengs van die fondse is dit ook baie belangrik om al die inkomste wat u uit sodanige portefeuljes ontvang het by die individuele saldo s te tel, bv. inkomste uit lewende annuiteïte en opsionele portefeuljes. Maak ook

voorsiening vir inkomstebelasting wat namens u betaal is. As u dit dus nie so doen nie, sien u slegs kapitaal toenames oor n baie kort periode, met die uitsluiting van inkomste, wat beslis nie die volle opbrengs van die individuele portefeuljes reflekteer nie. Die opbrengs wat per strategie in die fondsfeitestate vertoon word, reflekteer die opbrengs per portefeulje, nadat die fooie van Fondsbestuurders verhaal is, maar voordat die administratiewe en die deurlopende adviesfooie verhaal is. Bl. 17 Besparing van valuta transaksie koste Verwys asseblief na Aanhangsel B wat toon dat die betrokke maatskappy Incompass Financial Solutions vir kliente sowat 4% aan valuta transaksie koste kan bespaar wanneer kapitaal terug gebring word na RSA of wanneer dit in die buiteland herbelê word. Indien u verdere inligting benodig, is u welkom om met ons kantoor te skakel, of Mnr Deon Wink direk te kontak by die besonderhede op die aanhangsel. 10 RSA MAKELAARS NUUS Persoonlik Ons sekretaresse, Maria de Jongh, het n knievervanging operasie ondergaan. Ons vertrou dat sy baie vinnig sal herstel. Ons mis haar hier op kantoor. Peter-John en Lynnette het op 5 Oktober 2010 weer grootouers geword die keer n kleindogter, Isabelle. Eileen van Zyl se dogter, Lené is verloof en ons wens hulle geluk met die groot stap. Sluitingsdatum van kantoor vir die Kersgety Ons kantoor sluit vanaf die 10de Desember. U is steeds welkom om boodskappe te laat op ons outomatiese telefoon antwoordstelsel. Daar sal personeel wees wat periodiek daarna sal luister. Enige noodgevalle sal aandag ontvang. Ons heropen weer op 3 Januarie 2011.

Aanhangsel A Konserwatiewe fonds Bl. 18

Bl. 19

Matige Fonds Bl. 20

Bl. 21

Aggressiewe fond Bl. 22

Bl. 23

Aanhangsel B Bl. 24 Incompass Financial Solutions Meer oor ons Incompass Financial Solutions is n geregistreerde Suid Afrikaanse finansiële diensteverskaffer. Sedert ons stigting in 2002 verskaf ons n verskeidenheid dienste aan ons kliënte wat, onder andere, valutahandel insluit. Ons word allerweë beskou as die mees vooraanstaande valutamakelaars vir: Individue en Besighede wat fondse moet oorplaas na en van die buiteland Voorgenome immigrante en emigrante Advies aangaande Suid-Afrikaanse Buitelandse Valutabeheermaatreëls Alle transaksies word verhandel deur plaaslike banke wat deur die Suid Afrikaanse Reserwebank goedgekeur is as gemagtigde valutahandelaars. Daarby is ons ook geregisteer by die Raad op Finansiele Dienste (Financial Services Board) om buitelandse valuta beleggingsinstrumente te verhandel. Alle valutatransaksies word streng in ooreenstemming met die regulasies aangaande geldwassery en buitelandse valutabeheermaatreëls gedoen en word ook ge-ouditeer in terme van ons lisensievoorwaardes en bankvoorskrifte. Advies aangaande Valutahandel Daar is verskeie maniere om fondse na en van die buiteland oor te plaas. Die oorgrote meerderheid valutatransaksies word deur banke hanteer en relatief min transaksies deur valutamakelaars. Al hoe meer lande ervaar egter n aansienlike groei in die aantal valutamakelaars wat n gespesialiseerde diens kan verskaf. Die voordele om van Incompass gebruik te maak in plaas van n bank kom neer op die volgende: 1. Onkostes Waarom is Incompass goedkoper as my eie bank? Banke Banke hanteer verskeie klein valutatransaksies elke dag en elke transaksie word individueel geprys. Die bank sal op elke transaksie n groot marge hef tussen die prys waarteen hulle die geldeenheid aankoop en die prys waarteen hulle dit verkoop. Boonop sal hulle ook diensfooie hef op elke transaksie. Dit is nie buitengewoon vir n bank om n marge te hef van Interbank plus 5% en diensfooie wat wissel tussen R300 en R500 in Suid Afrika, 25-45 in die Verenigde Koninkryk en 30-50 in Europa. Incompass Ons verhandel n groot hoeveelheid valuta elke dag waardeur ons toegang het tot kleiner marges. Deur die samevoeging van groot hoeveelhede fondse wat elke dag verwissel word by geselekteerde banke kan ons n beter wisselkoers beding. Incompass hef n marge van Interbank plus 0.4% tot 1.5% wat in 99% van die geval die banke se wisselkoers oortref. Boonop hef ons geen fooie nie. 2. Kliëntediens Hoe kan ek n beter diens by Incompass kry as wat my eie bank kan aanbied? Banke n Telefoonoproep na jou bank sal dikwels tot gevolg hê dat jy moet aanhou terwyl die regte persoon gesoek word om jou oproep te hanteer. Daar sal ook gewoonlik van jou vereis word om na die bank te kom indien jy valuta wil verhandel en dikwels sal hulle ook nie vir jou n wisselkoers daar en dan kan kwoteer nie. Bankamptenare is dikwels nie voldoende opgelei om advies te kan gee oor buitelandse valutabeheermaatreëls nie. Daarby sal daar van jou verwag word om self, op eie onkoste, n belastinguitklaring by die Ontvanger en goedkeuring by die Reserwebank te verkry voordat die valutatransaksie kan plaasvind. Banke neig om reaktief op te tree. Dikwels word n boodskap vanaf jou om teruggeskakel te word geïgnoreer. Banke is gerat om n Een-Stop-Diens te verskaf valutatransaksies vorm slegs n gedeelte van hulle besigheid en is nie hulle kernbesigheid nie. Incompass n Telefoonoproep na ons toe sal jou onmiddelik in verbinding plaas met een van ons valutaspesialiste. Daar sal geensins van jou vereis word om na ons kantore toe te kom nie, maar jy

Bl. 25 is natuurlik welkom om ons ter enige tyd te besoek. Ons span het ervaring aangaande die impak wat valutabeheermaatreëls op jou kan hê, in teenstelling met sommige banke wat kliënte, wat deur ons gehelp is, vertel het dat hulle nie hul fondse na die buiteland kon oorplaas nie. Ons sal boonop ook self n belastinguitklaring by die Ontvanger en goedkeuring by die Reserwebank verkry teen geen verdere onkoste vir jou nie ook sal jy die onkoste bespaar om hulp vanaf n professionele rekenmeester of ouditeur te verkry. Ons glo daarin om pro-aktief op te tree in plaas van reaktief. Ons sal met graagte die beweging van n wisselkoers monitor en jou dienooreenkomstig op hoogte hou. Ons spesialiseer in valutatransaksies; ons verskaf nie tallose bankdienste nie, wat ons span die geleentheid gee om op n eersteklas diens te fokus. Valutaoorplasings na Suid-Afrika Daar is n groot hoeveelheid buitelandse valutamakelaars om van te kies en hulle bied meestal dieselde voordele bo n bank as wat ons aanbied. Waar Incompass egter hulself onderskei is ons kennis en kundigheid aangaande Suid-Afrikaanse Buitelandse Valutabeheermaatreëls. Baie buitelanders het nog nooit gehoor van die konsep van valutabeheermaatreëls nie en sal dit ook nie in oorweging bring wanneer hulle fondse na Suid-Afrika oorplaas nie. Ander mag dink dat valutabeheermaatreëls slegs van toepassing is wanneer fondse na die buiteland oorgeplaas word. Feit is egter dat valutabeheermaatreëls van toepassing is op alle oorplasings na en van die buiteland. Dit is uiters belangrik om te weet dat die manier waarop jy jou fondse na Suid-Afrika toe oorplaas kan ernstige gevolge hê oor hoe en of jy jou fondse weer kan terugplaas buiteland toe. Deur in gebrek te bly om die korrekte prosesse en prosedures na te kom, kan tot gevolg hê dat n 10% fooi gehef word op fondsoorplasings terug buiteland toe of, in uiterse gevalle, kan terugplasing van fondse geweier word. Byvoorbeeld, individue wat verlang om fondse na die buiteland toe oor te plaas mag in die toekoms bewys moet lewer dat hulle al hul buitelandse bates en laste verklaar het by die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Valutaoorplasings vanaf Suid-Afrika Daar moet eerstens besef word dat die oorplasing van fondse na die buiteland nie so eenvoudig is nie. Jy kan ongelukkig nie net by jou bank instap of deur die internet n oorplasing doen nie; daar is verskeie vereistes waaraan voldoen moet word afhangende van jou redes waarom jy fondse wil oorplaas na die buiteland. Uitklaring vir oorplasings na die buiteland kan slegs verkry word vanaf n handelaar wat deur die Reserwebank gemagtig is, so dit is onwaarskynlik dat n buitelandse valutamakelaar fondsoorplasings vanaf Suid-Afrika sal kan fasiliteer. Suid-Afrikaners is vinnig besig om te besef dat Incompass n diens aanbied wat by verre die meeste banke s n oortref: Deurdat ons in valuta spesialiseer kan jy direk met ons valutaspesialiste praat. Ons sal self toesien dat n belastinguitklaring verkry word en dat daar voldoen word aan die buitelandse valutabeheermaatreëls. Ons is in staat om vir jou n Switserse bankrekening van jou eie keuse te open waarin jy jou fondse kan belê. Kontakbesonderhede INCOMPASS Financial Solutions Hout Straat 114 R-Data House, Derde Vloer Kaapstad 8001 Suid-Afrika Posbus 15742 Vlaeberg 8018 Suid-Afrika Telefoon: Tel. +27 (0) 861 422 433 Faks: Fax: +27 (0) 86 514 4504 Webwerf: www.money-transfers.co.za E-pos: deon@incompass.co.za Konsultant: Deon Wink Sel 082 495 6827

11 PERSONEEL EPOS ADRESSE en UITBREIDING NRS Bl. 26 021-9196916 E-POS: TELEFOON. UITBR. Peter-John Smitsdorff peterjon@rsabrokers.co.za Derick Payne derick@rsabrokers.co.za Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) maria@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 101) Ingrid Singels (Finansiële Analises) ingrid@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 107) Colleen Knoetze(Ontvangs) colleen@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 100) Administratiewe Assistente / Kliëntediens: Magda Matthee (A-D ) magda@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 111) Linda Marais (E-H & V) linda@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 110) Michelle Hüsselmann (I-N) michelle@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 115) Heidi Fontini (O-U & W-Z) heidi@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 109) Eileen Van Zyl (Portefeulje D Payne) eileen@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 113) WEBTUISTE: www.rsabrokers.co.za

Bl. 27 Ons bedank u graag weereens viir u Jarellange ondersteuniing en verwysiings van vriiende en kollllegas na RSA Makellaars en wens u n geseënde kerstyd en voorspoed viir 2011.. GEDAGTE Gee ons helldere iinsiig dat ons mag weet waar om te staan en waarvoor om te staan want,, tensy ons viir iiets staan,, sall ons viir eniigiiets vall.. Peter Marshall

Bl. 28 12 RSA MAKELAARS - PERSONEEL Agter V.L.N.R.: Magda Matthee, Eileen van Zyl, Japie Louw, Linda Marais, Maria de Jongh, Heidi Fontini, Colleen Knoetze Middel: Michelle Hüsselmann Voor V.L.N.R.: Peter-John Smitsdorff, Ingrid Singels, Derick Payne;