Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Rut: n Liefdes Verhaal

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

Direkte en indirekte rede *

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Tariewe

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Tariewe

SIZA takes the sting out of auditing

Please keep those articles and contributions coming.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

UNIVERSITY OF NATAL SOCIAL SCIENCE CONFERENCE: DURBAN: 12TH - 16TH JULY 1954.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Edgehog

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS MAY 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Laasgenoemde persone is familielede en/of vriende van die Bartie-gesin. GEDENKPLATE: Die projek waarvolgens die Genootskap gedenkplate

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

Transcription:

Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika Huguenot Society of South Africa Mei 2016 Nommer 11 Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief REDEVELOPMENT PLANS OF THE MUSEUM WELL UNDERWAY The Huguenot Society of South Africa is currently busy with the renovation and upgrading of the museum, and wider landscape site of the Huguenot Museum and Monument. Morkel Architects have been appointed to coordinate the architectural process. Tracey Randle has been appointed as the project manager for the redevelopment of the exhibition and other aspects of the museum complex. The project has undergone an initial core assessment of the Museum complex, available documentation and preliminary consultation meetings and workshop presentations. The team is also busy engaging with landscape architects, exhibition and graphic designers as well as other stakeholders and community members. The task of redeveloping the museum complex is no less than to transform its relevance, meaning and message within a South African context two decades into democracy that showcases how the heritage of the Huguenots, their struggles and journey, can facilitate authentic connection to the past, to other marginalized stories and histories for both local and international communities, within a dynamic and innovative platform. IN HIERDIE UITGAWE/ IN THIS ISSUE Museum plans...1 China of Berg China....2 Viljoen-boek....3 GGSA/HVSA...3 Social Media 4 2016 Bulletin..4 Du Plessis..5 Drukkoste...5 Malan-boek.6 1

BERG SINAI, BARG CHINA OF SOMMER NET CHINA? Die skip China waarmee n aantal Franse vlugtelinge na die Kaap gekom het, het al dikwels verwarring veroorsaak. Onlangs het die navorser Corney Keller, die volgende weergawe daaroor gegee: Daar moet eers na die woord China en hoe dit uitgespreek word gekyk word. In Afrikaans en Nederlands klink die meestal soos sjina of shina. In Nederland hoor jy ook die uitspraak sina. Met dit in gedagte moet ons ons verplaas in die jaar 1688 en ons voorstel dat n Fransman op die punt staan om te vertrek na die Kaap de Goede Hoop met die hoop op n nuwe toekoms, maar voordat hy vertrek, op die laaste nippertjie, besluit hy en sy geliefde om eers te trou. Miskien wou hulle trou omdat sy anders nie met hom kon saam gaan nie of hulle kon gewoon nie langer wag nie. Omdat die tyd dring en hulle skip die China op die punt staan om te vertrek, vra hulle toestemming by die magistraat (die huwelikshof) om al hulle gebooie (die drie-sondaagse huweliksafkondiginge) op een dag te laat passeer. n Ander rede kan wees dat beide verloofdes hulle woonplaas aangee as in Frankryk, en dat die gebooie tog nie betyds daar (in Frankryk) kan plaasvind nie. Met die huwelikslisensie en die kennis dat hulle met die China vertrek meld die bruid en bruidegom hulle by die Waalse gemeente in Den Briel aan om te trou. Op 1 Februarie 1688 tree hulle in die huwelik met gevolg dat in die Waalse trouregister van 1688 ons die volgende inskrywing vind: Pierre Joubert et Susanne La Roque Le 1 de Fevrier fut faite la benediction du mariage de Pierre Joubert, natif du lieu de La Motte d Aigues en Provence, et de Susanne Reyne de la Roque, native d Antheron en Provence, tous deux linbarquez dans le vaisseau le Mont de Sinaï, faisant voile pour le Cap de Bonne Esperance sous la conduite du capitaine Samuel van Groll, et cela aprez leurs trois annonies publiéq dans un meme jour du consentement de mess:r du Ven: magistrat de cette ville. Waar die interpretasiefout ingesluip het is nie definitief vas te stel nie, maar ons kan ons voorstel dat of Pierre Joubert of die skrywer van die kerk die woord China oftewel Sina verstaan het as Sinaï en vir die goede orde besluit het om dit as le vaisseau le Mont de Sinaï (die skip Berg Sinaï) te noteer. Baie jare later het ondersoekers na die inskrywing gekyk en waarskynlik tot die gevolgtrekking gekom dat die naam van die skip Berg China was en nie Berg Sinaï nie. As die Fransman nooit die woord Mont gebruik het nie, dan was die verkeerde afleiding nooit gemaak gewees nie. Hierdie verklaring hoef nie noodwendig korrek te wees nie, maar is wel n goeie kandidaat. Corney Keller. 2

VILJOEN FAMILIEREGISTER Die Viljoen Familieregister se eerste uitgawe is deur die Afdeling Genealogie van die RGN in 1978 uitgegee as ʼn enkel volume publikasie van 568 bladsye. Die aansienlik uitgebreide tweede uitgawe is deur die Hugenote-Vereniging in 2012 gepubliseer, en bestaan uit vier volumes van bykans 2000 bladsye. Errata in die tweede uitgawe is reggestel, genealogiese foute wat uitgewys is, is gekorrigeer, enkele ongekoppelde takke is aan die stamboom gehang, en nuwe inligting (geboortes, sterftes, huwelike) sedert 2012 is aangebring in die tweede druk van die tweede uitgawe, wat so pas verskyn het. Dit is beskikbaar teen R900 vir die stel van vier boeke. Bestel gerus die nuutste weergawe van hierdie publikasie by ons sekretaresse. SAMEWERKINGSOOREENKOMS MET DIE GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat op 12 Maart vanjaar op Potchefstroom gehou is, is daar ʼn Memorandum van Verstandhouding onderteken tussen die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika en die GGSA. Die bedoeling met hierdie ooreenkoms is dat daar meer onderlinge samewerking sal wees. Een van die punte is dat die GGSA hul lede na die HVSA sal verwys vir die publikasie van genealogieë van Hugenote families. ʼn Tweede aspek is dat hulle nou ook as agent optree om ons publikasies te help bemark en te verkoop. Besoek gerus die Genootskap se e-winkel by http://www.eggsa.org/sales/eshop_e_dc.htm waar u nou bestellings kan plaas. Op die foto hierbo onderteken Petro Correejes-Brink, die President van die GGSA en Andrew Kok, voorsitter van die Vereniging die ooreenkoms. Dennis Pretorius (vise-president van die GGSA) en Simon du Plooy (inkomende president) het as getuies geteken. 3

THE HUGUENOT SOCIETY AND SOCIAL MEDIA Ever heard about Web 2.0 and wondered what it entails? Well, nothing else than all the buzz words used by the Millennials Facebook, Twitter, Instagram, LinkedIn, etc So, why should the Society be worried about this? Well, we hear over and over again that associations and societies are struggling to recruit, retain and engage young members in their organizations. As much as 74% of responding associations indicated that increasing member engagement is a top membership goal. So what are they using those channels for? Associations are using Twitter to promote events and Facebook to solicit new members or promote membership in general. Social media can be used in the following five ways to our advantage: Show off our expertise and to provide relevant information Build a network and encourage discussion Prove value Built awareness and conversation Promote community involvement If you have not yet signed up for one of our accounts it is perhaps time to do so and become part of this exciting new way of communicating. Follow us on a regular basis and be on the forefront of the latest news and developments. Follow us on Twitter @HugenoteVerSA Follow us on Facebook Hugenote Vereniging van SA 2016 HUGENOTE BULLETIN Die fokusfamilie van die Hugenote Bulletin vir 2016 is die GOUWS familie. U word vriendelik uitgenooi om bydraes na die redaktrise, mev Biebie van der Merwe, by bbvdm@telkomsa.net te stuur. Stuur asb interessante staaltjies en familiestories, korter familieregisters, familiefoto s en wetenswaardighede oor hierdie familie. Members are invited to also send other articles that can be of interest to our readers. Please also send your old photos of Huguenot families as we would like to publish more of these in this year s Bulletin. 4

DU PLESSIS FAMILIEREGISTER Die Hugenote-Vereniging is tans besig met die saamstel van die du Plessis Familieregister. Die basis van hierdie register is die genealogie wat deur wyle mev Juna Malherbe saamgestel is. Intussen is daar ook baie nuwe inligting ontvang van onder andere mnre Louw, Andre, Pierre en Jean du Plessis en Pieter de Beer. Sowat die helfte van hierdie inligting is reeds in n databasis verwerk en daar gaan gepoog word om die basiswerk teen die einde van 2016 te voltooi. Intussen versoek die Vereniging graag nuwe bydraes om die werk mee aan te vul. Stuur asb enige inligting oor u du Plessis-familie, het sy familiegegewens, familiefoto s, familie-staaltjies of kort CV s, na ons vir oorweging vir opname. U kan dit e-pos na jakok99@gmail.com of aan ons kantoor per slakkepos stuur. DIE KOSTE VAN PUBLIKASIES Daar word dikwels gekla oor die hoë hedendaagse koste van boeke. Nogtans slaag die HVSA daarin om die verkoopprys van boeke in sy genealogiereeks aansienlik laer as die koopprys van boeke in die ope boekemark te hou deur wins op die drukkoste te minimeer. In die boekebedryf word aanvaar dat boeke tans normaalweg verkoop vir sowat R2 per bladsy. Hoe meer volumes in n bepaalde reeks, hoe laer die drukkoste agv die ekonomie van skaal. Die enkelvolume De Klerk genealogie van 326 bladsye wat deur die HVSA uitgegee is, verkoop teen R180, oftewel 55c/bladsy. Die dubbelvolume Theron geslagsregister beslaan n totaal van 875 bladsye en word verkoop teen R475, wat n CD insluit, oftewel 54c/bladsy. Die afgelope drie jaar het die drukkoste van boeke aansienlik toegeneem agv die verswakkende wisselkoers van die rand, en die feit dat boekpapier ingevoer word. So pas is die Viljoen Familieregister deur die HVSA herdruk; dit beslaan 1890 bladsye en verkoop teen R900 oftewel 48c/bladsy. Lede vra dikwels waarom die genealogiereeks nie van harde buiteblaaie voorsien kan word nie. Die probleem is dat dit so veel as R100 per volume tot die drukkoste bydra, wat die verkoopprys aansienlik sal opstoot. Kleurbladsye verhoog ook uiteraard die drukkoste aansienlik. 5

NUWE MALAN PUBLIKASIE Dr Hercules Malan het begin om die manuskrip van die derde uitgawe van Die Malans van Suid- Afrika voor te berei vir die publikasie gedurende 2018. Sedert die publikasie van die tweede uitgawe in 1998 is daar heelwat nuwe inligting oor die vroeë geskiedenis van die Malans ontdek. In hierdie nuwe uitgawe word beoog om n paar nuwe hoofstukke te wy aan die geskiedenis van takke van die Malanfamilie in Suid-Afrika. Die twee medewerkers, die twee Danies, het die afgelope 18 jaar ook groot bydraes gelewer om die geslagsregister aan te vul. Afgesien van die toevoeging van byna n duisend nuwe name van Malans is daar ook baie nuwe gegewens oor die persone. Die inligting oor aangetroude familielede is vollediger en die name van hulle ouers is so ver moontlik opgeneem. Persone se noemname is so ver moontlik ook in die register opgeneem. Die Malan Familiebond wil graag n beroep doen op almal wat ʼn bydrae in die verband kan lewer om met dr Hercules Malan by hmmalan@global.co.za in aanraking te kom. As u self geskrewe materiaal het of wil begin skryf aan ʼn hoofstuk sal hy dit graag wil ontvang. As u inligting het, maar nie kans sien om dit self neer te skryf nie, het hy onderneem om, waar moontlik, ʼn besoek aan u te bring, en dit neer te skryf. Erkenning sal natuurlik aan alle bydraes, skriftelik of mondeling, gegee word. Die twee vorige uitgawes van Die Malans van Suid-Afrika (1988 en 1998) was albei drietalig (Afrikaans, Frans en Engels), maar hierdie keer word slegs ʼn Afrikaanse uitgawe beplan. ʼn Engelse vertaling van die geskiedenishoofstukke (Volume 1) mag dalk oorweeg word as daar genoeg belangstelling sou bestaan. Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika Posbus 293 FRANSCHHOEK 7690 Tel: 021 876 2598 Fax: 021 876 3649 E-pos: hugenote@telkomsa.net Redakteur: Andrew Kok jakok99@gmail.com 6