Weekprogram Sondag, 26 Augustus Bybelsondag Maandag, 27 Augustus Dinsdag, 28 Augustus Woensdag, 29 Augustus Donderdag, 30 Augustus

Similar documents
Woord vir die week. Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Vandag se boodskap. Woord vir die week

Direkte en indirekte rede *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kerssangdiens. SA Gemeente

Tariewe

Tariewe

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Hoe om krag te spaar

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

G. J. du Preez

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING

SIZA takes the sting out of auditing

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Geagte Ouers / Voogde en Florries

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Rubriek vir skeppende werk

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Transcription:

Weekprogram Sondag, 26 Augustus Bybelsondag 09:00 Ds. Wouter van Velden Deuroffer: Bybelverspreidingsfonds 18:00 Tienerkerk - Ds. Wouter van Velden 18:30 Caritasdiens - Ds. Heerden van Niekerk Maandag, 27 Augustus 18:00 Familiebasaarvergadering 20:00 Geen Mannebybelstudie (Kerk) Dinsdag, 28 Augustus 09:30 Seniorbybelstudie (Saal) 09:30 Geen Vrouebybelstudie (Kapel) 17:30 Liturgiese werkgroep 18:30 Musiekbediening 19:30 Salomé-groep (Saal) Woensdag, 29 Augustus 09:00 Mirjam Bybelstudie 19:00 Geen Gemeentebybelstudie Donderdag, 30 Augustus 09:00 Vrouebybelstudie (Diasstr. 2) 13:00-15:00 Kerkwinkel Sondag, 02 September Doop 09:00 Ds. Heerden van Niekerk 18:00 Tienerkerk - Ds. Wouter van Velden 18:30 Caritasdiens - Ds. Karlien van Wyk Woord vir die week Teks: Kolossense 2:6-15 Volgende Sondag word twee babas gedoop. Wat gebeur by die doop? Wat ontvang ons by die doopvont? Hoe leef ons en hanteer ons uitdagings vanuit dít wat ons by die doop ontvang het? Kom ons lees hierdie teks, in besonder verse 9-15, en dink dan oor bogenoemde vrae. Caritasdiens vanaand om 18:30 Ons kom in die Kapel byeen om oor die volgende nuanses van gebed te dink en aan die hand daarvan te bid. Gebed as: Danksegging (bv. Reën) Versugting (bv. Vrede die aanloop tot verkiesing) Verwondering (bv. Hoe en waar God wendinge bring) Skuldbelydenis (bv. Persoonlike skuldbelydenis) Meelewing (bv. Bid vir ander) Ons kan onsself moeilik indink watter waarde die Israeliete aan die Tempel geheg het. Die uitvoerige beskrywing wat gegee word van die bouproses (1 Kon 5-7) en die inwyding daarvan (1 Kon 8) gee egter vir ons n beter idee. Salomo se toespraak aan die volk en sy gebed dui aan hoe die inwyding van die Tempel n bevestiging is van hoe God sy beloftes nakom, veral dié aan Dawid. Daar is wel n bewustheid dat God nie tot die Tempel ingeperk kan word nie (v27) maar die versoeke wat Salomo in sy gebed rig dui tog aan watter waarde aan die Tempel geheg word: Dat dit n plek is waar jy in die besonder al die uitdagings van die lewe na God kan bring en kan pleit vir verandering. Verrassend is Salomo se versoek in verse 41-43: Dat die vreemdeling nie net toegelaat moet word om by die Tempel te kom bid nie, maar dat God juis ook hulle gebede moet beantwoord sodat al die volke van die aarde u Naam kan ken en ook aan U gehoorsaam kan wees. So kry die Tempel self n missionêre karakter en speel dit n rol in die vervulling van die beloftes/roeping van Abraham en sy nageslag: In jou sal al die volke van die aarde geseën wees (Gen. 12:3). Vandag is die middelpunt van ons ontmoeting met God nie meer gesetel in die Tempel nie, maar in die persoon van Jesus Christus. Die wonder daarvan is dat daar enige plek n Tempel kan verrys : daar waar Jesus aanbid word, daar waar gelowiges saamkom, daar is God teenwoordig en kan Hy ervaar word. Een van die grootste wonders van die nuwe testament gelooflewe is dat n ontmoeting met God gedesentraliseer is. Dit gesê, bly die geboue wat gelowiges gebruik wel belangrike simbole, simbole wat verskillende assosiasies by mense kan wek. Kan ons dit so gebruik en kan ons in ons dag-tot-dag lewe so optree dat dit n missionêre funksie het, dat mense daarna getrek word en hopelik self op die punt gebring word waar hulle Jesus kan ontmoet en kan verklaar Ons weet dat U die Heilige van God is (Joh. 6:69)?

Gasvryheidstoonbank Marina Malherbe verwelkom julle Ons nooi u vriendelik uit om na afloop van die erediens ʼn koppie tee of koffie saam met ons in die voorportaal te geniet. Nuwe intrekkers, ons verwelkom u by die gasvryheidstoonbank. Verjaarsdae van die week 26 Hannelize Gerryts, Pauline Groenewald, Hester Lambrechts, Rita Loots, Juanita Lotz, Anri Olivier, Karli Schmidt 27 AB de Villiers, Elsa Jonas, Verie la Grange, Zanke Nell, Dirk van der Merwe, Carla Vivian 28 Karen du Toit, Luandi Janse van Rensburg, Lorna la Grange, Annemi Morkel, Leanla Myburgh, Megan Smith, Wilhelm Steyn, Piet van der Walt, Carl von Maltitz 29 Helena Conradie, Annake Neethling, Helene van Zyl 30 Niki Fischer, Nikki Hartshorne, Arndt Mittendorf, - Cecilia Nöthling, Helena Walden 31 Japie Engelbrecht, Merwe le Roux, Pieter Pelser, Jean Westraat 1 Matty Nell Huisgeloof Hierdie week bou ons verder voort op die tema van verlede week: Waar ons verlede week gedink het oor God as die kunstenaar-skepper, dink ons hierdie week oor ons rol en verantwoordelikheid in daardie skepping. Gesinne word genooi om die die gespreksvrae in die Huisgeloof boekie te gebruik om verder te besin oor die tema. Dit is te vind op bladsy 25 met die opskrif Ek n heerser? Bewoon, bewerk en bewaar. Roadtrip 24/7 Roadtrip 24/7 is n toepassing ( app ) wat tieners op hulle foon kan laai en wat daaglikse geestelike boodskappe deurstuur (in Afrikaans of Engels). Dit is n eietydse en sinvolle middel vir stiltetyd hou. Roadtrip 24/7 is n uitvloeisel van die werksaamhede van Kruispad wat ook daaglikse boodskappe stuur. Vir meer inligting kan https:// roadtrip.247.org.za/ of https://kruispad.247.org.za/ besoek word. Dr. Braam Hanekom se besoek by die Senior Klub verlede Donderdag. Aandag alle Gr. 4-11 Kategesekamp Die kategesekamp vind van 3-5 Oktober by Bonamanzi Adventures Breede River Camp plaas en alle gemeentekinders van Graad 4-11 word genooi. Ouers kan www.breederiverrafting.com/ besoek vir meer inligting oor die kampterrein. Inskrywingsvorms sal van volgende week af beskikbaar wees by Nicola, Wouter of die kerkkantoor.

Groep: Chrissie Smith 0219132840 Ondersteuning: Ella Olivier 0219136554 Ons innige meegevoel met Susan Mclachlan, haar suster is oorlede (La Provence Aftree-Oord 56, 0215581907, B17). Ekstra klasse Die kapel is nou DAAGLIKS gedurende kantoorure oop. Wil jy graag in stilte en rustigheid bid, besoek gerus die kapel. Dit is ʼn belewenis. In die voorportaal is daar ʼn kassie waar jy met vrymoedigheid gebedsversoeke kan plaas. Jy hoef nie jou naam by te sit nie. Gebedsversoeke: Kaartjies is in ʼn houer op die tafel in die voorportaal beskikbaar. Skryf asb. gebedsversoeke op die kaartjie neer en plaas dit in die gebedsposbus. Van die Matriekleerders by ons vennote in Khayelitsha benodig hulp met Wiskunde, Skeinat, Lewensoriëntering en Afrikaans. As jy kundig is op een van die gebiede en sou belangstel om ekstra klasse aan te bied, skakel asseblief vir Ds. Wouter. In 1 Tim 2:1 gebruik Paulus drie verskillende woorde wat verband hou met gebed, naamlik smeking, voorbidding en danksegging. Smeking verwys na ons behoeftes en om in gebed te vra vir voorsiening daarin. Voorbidding verwys na ons ontmoeting met God, terwyl danksegging presies dít is: om vir God dankie te sê. Onthou, twee derdes van die Onse Vader -gebed word aan aanbidding en lofprysing gewy. Die doel van die Bybelversreidingsfonds van die Wes -Kaap Sinode is om gemeentes uit hierdie fonds te subsidieer met uitreike om Bybels beskikbaar te stel. Die hulp uit hierdie fonds is deesdae meer as die opbrengs op die kapitaal en daarom benodig hulle ook ons bydrae. Geld aan die Bybelgenootskap gaan vir die druk van Bybels terwyl hierdie fonds daarop gemik is om te help met uitreikaksies. Laat ons bid vir die verspreiding van Sy Woord. Laat ons bid vir diegene in ons gemeente wat siek is, fisies en ook andersinds. Kom ons bid kragdadig vir Suid-Afrika. Ons bid vir diegene wat die klank en rekenaar beman. Dat hulle bereid is om hul tyd op te offer Laat ons ook bid vir VERDRAAGSAAMHEID en LIEFDE in die NG Kerk en dat die Kerk skrifgetrou sal bly en die liefde van Jesus sal uitleef. Ons loof en prys die Here vir elkeen in die gemeente wat nog n lewensjaar gespaar is. Kom loof en prys die Here vir ons land se natuurskoon, vir die gesin/mense om jou, vir die krag wat jy het om op te staan en na Sy huis te kom vir jou sintuie. Charl Pentz Gr 5 se gebed: Ek bid vir reën en water en dat ons water kan spaar. Christian Oberhofer s Gr 2 prayer: We pray for God. He loves us. He looks out for us. He helps the poor. Help us with the water crisis. Liewe gemeente, wat is u gebed vir ons gemeente? Stuur 2-3 sinnetjies aan joepjoubert@wam.co.za. Indien versoek, plaas ek dit naamloos. Dankie. Vrouediens Volgende aan die beurt vir voorportaaltee op 02 September is Lidia en Vasti

A E L I S A J E S A J A W D A N I E L A I M E R E J A J N G C S A M U E L B N M O O D V F A W R I B O A O H A X R P L U A S S M B S A G T B E Z A P M B O R E N W O D T A B I G O L A S N J J H R M S M S K A H J E W O O U N J U D A S A J S H N N S F E S O J K M D I W A D B W C J O S U A Manne van die Bybel: Daar is 26 name in die rooster weggesteek. Hulle kan horisontaal, vertikaal of diagonaal gelees word en oorvleuel soms. Woorde: Aäron; Abraham; Adam; Andreas; Daniël; Dawid; Elia; Elisa; Esau; Isak; Jakob; Jeremia; Jesaja; Job; Johannes; Jona; Josef; Josua; Judas; Moses; Noag; Petrus; Salomo; Samuel; Saul; Simson; Kontakbesonderhede: Leraar: Ds. Heerden van Niekerk - 0219133520 / 0837017011 / hvn@cast-sa.co.za Leraar: Ds. Nelis Janse van Rensburg - 0219131849 / 0828212730 / cjrens@telkomsa.net Leraar: Ds. Wouter van Velden - 0824192118 / wouter@ngkwelgemoed.co.za Leraar: Ds. Karlien van Wyk - 0842502473/ karlien@ngkwelgemoed.co.za Musiekbegeleier: Riaan Steyn - 0834781107 / riaan@traxtudio.co.za Jeugwerker: Nicola Mostert 0794904904 / nicola@ngkwelgemoed.co.za Kerkkantoor: 0219132320 / ontvangs@ngkwelgemoed.co.za Finansies en bestuur: Marian Truter - 0219132341 / marian.truter@ngkwelgemoed.co.za Fasiliteitsbeampte: Riaan van der Merwe - 0219132320 / 0842279209 / 0832687952 / fasiliteite@ngkwelgemoed.co.za Bankbesonderhede: NG Kerk Welgemoed, Absa Bank, Tjekrekening 340 580 761

Beperkte plekke nog beskikbaar!! Kaartjies vir Dis tyd om te sing in Kaapstad se stadsaal op 8 September 2018 (saam met Kaapse Filharmoniese orkes) kan bespreek word teen R200 p.p. Ons as gemeente wil graag ʼn blokbespreking doen - dus moet die bespreking by die Kerkkantoor gemaak word voor of op Maandag, 3 September.

TERUGVOERING: Barmhartigheid Kospakkie-insameling: Baie dankie aan almal wat bydraes gelewer het asook vir kontantbydraes. Daar sal binnekort nog kosvoorraad met hierdie geld aangekoop word. Baie dankie ook aan al die flukse helpers met die sortering en verpakking van die voorraad. Vele hande maak regtig ligte werk! Verblyf: Daar kon danksy beskikbare fondse op baie kort kennisgewing vir n seun en sy ouma se verblyf vir n nag in die Oornaghuis by Alta du Toit betaal word. Hy is uit sy ouers se sorg verwyder a.g.v. mishandeling. Sy ouma het van P.E. af gevlieg om hom te kom haal en hulle het dringend verblyf vir die nag benodig. Bedsokkies en skenkings: Baie dankie aan die flukse dame vir die gebreide bedsokkies wat gereeld ontvang word. Dit word aan behoeftige persone in Maitland en/of Ruyterwacht geskenk. Dankie ook vir die groot hoeveelheid skenkings wat ontvang is! NUWE PROJEKTE: Kerkwinkel: Die volgende verkoping vind plaas op Donderdag, 30 Augustus, tussen 13:00 en 15:00. Kom maak gerus n draai vir n goeie winskopie! Sop en worsbroodjies: Wyk B13 is die komende week aan die beurt en Wyk B18 die week daarna tussen 2-9 September Ruyterwacht-basaar: n Heerlike, woelige geleentheid op Vrydagaand, 7 September, vanaf 17:00. Kom geniet n groot verskeidenheid gebak, braaivleis en ds. Heerden se spesiale potjie! BEHOEFTES: Enkelbedmatras, mikrogolf-oond, televisiestel, seunsklere en medium mansklere. Ons besoek weer Maandag, 27 Augustus, Tygerberg Hospitaal. Ons vertrek 10:00 vanaf die kerk. Belangstellendes kan vir Ds. Karlien of Nicola kontak.