Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

Similar documents
INSTRUKSIES AAN OUTEURS

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

POTCHEFSTROOMSE ELEKTRONIESE REGSTYDSKRIF. VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD 1. Voorgeskrewe verwysingstyl van PER/PELJ,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

TYDSKRIF VIR REGSWETENSKAP REDIGEERINSTRUKSIES

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SOUTH AFRICAN JOURNAL OF CULTURAL HISTORY

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NWU VERWYSINGSGIDS. NWU Harvard Verwysingstyl van die Fakulteit Regte APA. Biblioteekdienste, Potchefstroomkampus. Noordwes-Universiteit Potchefstroom

Mandala Madness Deel 2

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

HANDLEIDING VIR DIE TOEPASSING VAN DIE VOORGESKREWE VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD VAN DIE FAKULTEIT REGTE (NWU, POTCHEFSTROOMKAMPUS)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Stylgids Bygewerk 2012

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Mosselbaai Munisipaliteit

Direkte en indirekte rede *

Government Gazette Staatskoerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Tariewe

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SIZA takes the sting out of auditing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Rut: n Liefdes Verhaal

NWU PUK campus style guide / Stylgids van die NWU se PUK-kampus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

PROGRAMME PROGRAMMES

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Publikasiegereed? Oor die aanbiedingswyse, keuringsprosedure en teksversorging van navorsingsartikels 1

Transcription:

INSTRUKSIES AAN OUTEURS Artikels mag nie terselfdertyd aan enige ander joernaal voorgelê word met die oog op publikasie nie. Bladgelde beloop tans R120,00 per bladsy. Artikels moet 15 na 25 (5 000 8 000 woorde) gedrukte bladsye beslaan, insluitende voetnote, bylaes en die bronnelys. Kaarte, sketse, foto's, ens. moet in swart en wit wees en van 'n hoë resolusie, 300dpi. Dit moet elektronies as 'n aparte dokument gestuur word en nie as deel van die teks nie. Artikels moet taalversorg wees. Beide die Chicago en die Harvard verwysingsmetodes word aanvaar. Die finale besluit betreffende die plasing van artikels berus by die kernredaksie van die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis. Geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Alle bydraes moet elektronies versend word na jnlcontemphist@ufs.ac.za Maak asseblief seker dat u naam onder die opskrif van die artikel verskyn met 'n voetnoot waarin u titel, posisie en instelling vermeld word. 'n Engelse opsomming (abstract) van ongeveer 200 worde moet die artikel vergesel, ongeag of dit in Afrikaans of Engels geskryf is. Agt sleutelwoorde in beide Engels en Afrikaans moet onder die opsomming verskyn. Skrywers moet verseker dat spellings, hoofletters en punktuasie konsekwent regdeur die teks gebruik word. Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die aanhaling, bv. Volgens K Jones was die oorlog: "all given". Aanhalings binne aanhalings word in enkelaanhalingstekens gegee. Getalle tussen een en tien word uitgeskryf, behalwe waar mates aangedui word. Voorkeur word aan die metrieke stelsel gegee. Persentasies word met die teken "%" aangedui. Datums word as 23 Oktober 2011, die 1960's en die twintigste eeu gegee. Erkende afkortings in die teks en voetnote eindig met 'n punt. Geen punte word by voorletters in beide die teks en die voetnote gebruik nie. Titels van publikasies word in skuinsdruk (italics) en, met die uitsondering van eiename, in kleinletters gegee. Indien die outeur van 'n publikasie se naam weggelaat is, word "Anon" gebruik. Die Latynse afkorting s.l. dui aan dat daar nie 'n plek van publikasie vermeld is nie en die afkorting s.a. dui aan dat daar nie 'n datum van publikasie verskyn nie. Indien inligting uit webblaaie gebruik word, moet die outeur geïdentifiseer word. Dit kan 'n skrywer, organisasie of maatskappy wees. Titels van boeke en tydskrifte word slegs in die oorspronklike publikasietaal gegee. Indien van argivale bronne gebruik gemaak word, word aanbeveel dat die Chicagoverwysingstegniek gebruik word. DIE CHICAGO VERWYSINGSTEGNIEK Hierdie verwysingsmetode maak van voetnote gebruik om erkenning aan bronne of verdere toeligting te gee. Voetnootnommers word in boskrif, regs van die punktuasietekens, aan die einde van inligting gegee. Die ooreenstemmende voetnoot verskyn onderaan die bladsy. Voetnote word deurlopend genommer. Die volle bibliografiese inligting word gedurende die eerste verwysing verskaf en in die daaropvolgende verwysings word slegs die outeur(s) se van(ne) en die bladsyverwysings gegee. Indien gebruik gemaak word van meer as een publikasie deur dieselfde

skrywer(s), word die van(ne) en bladsyverwysings met die eerste bron gebruik, maar sodra na die tweede bron verwys word, word 'n verkorte titel, sonder gebruik van 'n ellips, met elke daaropvolgende verwysing ingevoeg om die relevante bron aan te dui, bv. Brown, The war in Vietnam, p. 55. Die afkorting ibid. word gebruik wanneer dieselfde bron in die direk voorafgaande verwysing gebruik is. Wanneer die verwysing op die bron in sy geheel betrekking het, word passim gebruik. VOORBEELDE VAN VERWYSINGS BOEKE Eerste verwysing: SC Mustarde, The sun stood still (3 de uitgawe, Londen: Lynne Rienner, 1944), pp. 99 100. Tweede verwysing: Mustarde, p. 101. Eerste verwysing: GC Ward en K Burns, The war: an intimate history, 1941 1945 (New York: Brown and Co., 2007), p. 52. Tweede verwysing: Ward en Burns, pp. 59 61. Drie en meer skrywers Gee slegs die van van die eerste skrywer, gevolg deur et al. ("en ander"). Eerste verwysing: G Barnes et al., Christianity and the army (New York: Hill en Wang,, 1979), p. 87. Tweede verwysing: Barnes et al., p. 89. Redakteur, vertaler en samesteller Eerste verwysing: F Pretorius (red.), Verskroeide aarde (Kaapstad: Tafelberg, 2001), p. 15. Twwede verwysing: Pretorius (red.), pp. 16 18. Eerste verwysing: R Lattimore (vertaler), The Iliad of Homer (Chicago: Chicago University Press, 1951), pp. 91 92. Tweede verwysing: Lattimore (vertaler), p. 24. Eerste verwysing: G Kelly (samest.), Cholera (Londen: Chatham House, 1988) p. 7. Tweede verwysing: Kelly (samest.), p. 9. Verskillende bande Eerste verwysing: J Allouche Corporate social resposibility, Volume 1: Concepts, accountability and reporting (Basingstoke: Taurus, 2006), pp. 1 3. Tweede verwysing: Allouche, Volume 1, p. 3. Elektroniese boeke 'n Webadres (URL) en 'n leesdatum (access date) word benodig wanneer van elektroniese boekmateriaal gebruik gemaak word. Indien spesifieke bladsynommers nie verskaf word nie, kan 'n seksiebeskrywing of hoofstuknumering gebruik word. Eerste verwysing: P Kurland and R Lerner (reds.), The Founders Constitution [e boek] (Chicago: Chicago University Press, 1987), hoofst. 10, <http://press pubs.uchicago.edu/>, leesdatum 28 Februarie 2010. Tweede verrwysing: Kurland and Lerner (reds.), hoofst. 10. JOERNALE Gedrukte joernaalartikels Gee die spesifieke bladsynommers waarna verwys word. Eerste verwysing: I Beckett, "Women and patronage in the late Victorian Army", History 85(279), Julie 2000, p. 478. Tweede verwysing: Beckett, pp. 472 473. Elektroniese joernaalartikels Gee die digitale voorwerpidentifikasie (DOI, Digital Object Identifier) indien die joernaal dit aantoon. 'n Digitale voorwerpidentifikasie is 'n permanente ID wat direk aan die bron gekoppel is en daarheen

lei as dit in die webadres ingelees word (http://dx.doi.org/ ). Indien 'n digitale voorwerpidentifikasie nie beskikbaar is nie, gee die webadres (URL), asook die leesdatum. Eerste verwysing: G Kossinets en DJ Watts, "Origins of an evolving social network", American Journal of Sociology [aanlyn], doi:10.1086/599247, leesdatum 28 Februarie 2010. Tweede verwysing: Kossinets en Watts, p. 439. KOERANTE Indien 'n artikel of 'n berig in 'n koerant as bronverwysing dien, moet die naam van die koerant, die datum van publikasie en die relevante bladsynommer(s) verskaf word elke keer wanneer na die artikel of berig verwys word. Eerste en daaropvolgende verwysings: Cape Times, 12 Mei 2009, p. 4. Indien die koerant elektronies gelees is, moet 'n webadres (URL) en leesdatum met die eerste verwysing verskaf word. Eerste verwysing: New York Times, 20 Februarie 2010, <http://www.nytimes.com/2010/02/28/us/ politics.html>, leesdatum 28 Mei 2011. Tweede verwysing: New York Times, 28 Mei 2011. PROEFSKRIF OF VERHANDELING Eerste verwysing: AE Breytenbach, Die slag by Donkerhoek, 11 12 Junie 1900 (MA, Universiteit van Suid Afrika, 1980), pp. 40 45. Tweede verwysing: Breytenbach, p. 54. REFERAAT Eerste verwysing: R Adelman, "Aramaic Targumim and Midrashic Tradition" (referaat gelewer by die jaarlikse kongres van die Vereniging vir Bybelse Literatuur, New Orleans, Louisiana, 21 24 November 2009). Tweede verwysing: Adelman. WEBBLAD Eerste verwysing: Google, "Google privacy policy", <http://www.google.com/intl/en/ privacypolicy.html>, leesdatum 11 Maart 2012. Tweede verwysing: Google. E POS Eerste en daaaropvolgende verwysings: E pos: J Miller F Anderson, 2 Februarie 2012. ONDERHOUD Relevante inligting met betrekking tot die onderhoud word met die eerste verwysing in dié betrokke voetnoot gegee. Eerste en daaropvolgende verwysings: Onderhoud: J Miller F Anderson, Pretoria, 2 Februarie 2012. ARGIVALE BRONNE Gee soveel inligting as moontlik, insluitende die naam van die argief of bewaarplek, die standplaas van die argief of bewaarplek, die argivale versameling se naam, die argivale, boks en leêrnommer, die outeur of ontwerper se naam, die titel van die dokumentasie, die datum van die dokumentasie en 'n beskrywing van die dokumentasie. Sien die volgende formaatvoorbeelde: Eerste verwysing: The National Archives [Die Nasionale Argief] (TNA; Kew), Kitchener Papers PRO30/27: Kitchener Broderick, 27 Januarie 1901 (brief). Daaropvolgende verwysings: TNA, Kitchener Papers PRO 30/26: Memorandum deur Kitchener, 12 Maart 1902. DIE HARVARD VERWYSINGSTEGNIEK Wanneer die Harvard verwysingstegniek gebruik word, word die skrywer(s) se van(ne), die jaar van publikasie en die relevante bladsyverwysings in hakies in die teks aangedui. 'n Volledige bronnelys word aan die einde van die artikel verskaf. Voetnote mag in die teks ingevoeg word ten einde relevante addisionele inligting of verduidelikings te verskaf.

Indien daar in die teks gebruik gemaak is van verskeie bronne deur dieselfde skrywer met dieselfde jaartal, word onderskeid getref deur 'n klein alfabetletter direk aan die datum te koppel,beginnende by "a", bv. Kumar, K 2009a Women and civil war. Londen: Boulder. Kumar, K 2009b Impact of war on organisations. Londen: Lynne Rienner Publishers. Teksverwysing: " studies on civil war (Kumar 2009a:4)." Indien van argivale bronne gebruik gemaak word, word aanbeveel dat die Chicagoverwysingstegniek gebruik word. VOORBEELDE VAN TEKSVERWYSINGS Heywood (1996:39) verwys na Vier Suid Afrikaners het tydens die oorlog gesterf (Heywood 1996:39). (Ward & Burns 2007:32 33) Drie en meer skrywers (Barnes et al. 1979:88) BRONNELYS Die bronnelys moet alfabeties wees. In die geval van meer as een skrywer, moet al die name verskaf word. Titels word volledig in skuinsdruk (italics) verskaf. BOEKE Redman, P 2006 A social sciences guide. 3 de uitgawe. Londen: Sage. White, G en Brown A 2004 American history. New York: Slater Publishers. Drie of meer skrywers CJH Hayes, MW Baldwin en CW Cole 1963 History of western civilization New York: Macmillan. Redakteur, vertaler of samesteller Keene, E (red.) 1988 Natural language. Cambridge: Cambridge University Press. Silverman, DF en Propp, KK (reds.) 1990 The active interview. Beverly Hills, CA: Sage. Lattimore, F (vertaler) 1951 The Iliad of Homer. Chicago: Chester Publishers. Kelly, K (samest.) 1988 Cholera Londen: Macmillan. Verskillende bande Allouche, J 2006 Corporate social resposibility. Volume 1: concepts, accountability and reporting. Basingstoke: Palgrave Macmillan. Elektroniese boeke Indien boeke elektronies verkry is, moet 'n webadres (URL) en 'n leesdatem verskaf word. Fishman, R 2005 The rise and fall of suburbia. [e book] Chester: Castle Press. <http://libweb.anglia.ac.uk>, leesdatum 5 Junie 2005. JOERNALE Gedrukte joernaalartikel Boughton, JM 2002 The Bretton Woods proposal: a brief look, Political Science Quarterly 42(6), Augustus 2009, pp. 63 64. Elektroniese joernaalartikel Sluit 'n digitale voorwerpidentifiseerder (DOI, Digital Object Identifier) in indien die joernaal dit verskaf. 'n digitale voorwerpidentifiseerder is 'n permanente ID wat aan die webadres (http://dx.doi.org/) gekoppel word en direk na die bron lei.indien 'n digitale voorwerpidentifiseerder nie beskikbaar is nie, verkaf die webadres (URL). Verskaf ook 'n leesdatum.

Kipper, D 2008 Japan's new dawn, Popular Science and Technology [aanlyn], <http://www.popsci.com/popsci37b144110vgn/html>, leesdatum 22 Junie 2009. KOERANTE The Times 2005 Corporate manslaughter: new issues for lawyers. 3 September. Indien die koerant elektronies gelees is, verskaf 'n webadres (URL) en 'n leesdatum. New York Times, 20 February 2010, Implications of Sino Saudi deals [aanlyn] <http://www.nytimes.com/2010/02/28/us/politics.html>, accessed 28 May 2011. PROEFSKRIF OF VERHANDELING Richmond, J 2009. Customer expectations in the world of electronic banking: a case study of the Bank of Britain. Ph. D. Anglia Ruskin Universiteit. REFERATE Brown, J 2005 Evaluating surveys of transparent governance. Referaat gelewer by UNDESA (United Nations Department of Economic and Social Affairs), 6th Global forum on reinventing government: towards participatory and transparent governance. Seoul, Republiek van Korea 24 27 Mei. WEBBLAAIE NHS Evidence 2003 National Library of Guidelines [aanlyn] <http://www.library.nhs.uk/guidelinesfinder>, leesdatum 10 Oktober 2009. E POS Jones, P 2005 Mobile phone developments. E pos gestuur na RG Schmit, 7 Junie. ONDERHOUDE Geldenhuys, P 2010 Onderwerp: Suid Afrikaanse regeringsbeleid gedurende die 1990s. Onderhoudvoerder: R Brits, Pretoria, 5 Mei.