Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SIZA takes the sting out of auditing

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Rut: n Liefdes Verhaal

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Tariewe

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mosselbaai Munisipaliteit

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Direkte en indirekte rede *

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Vinkie. Laerskool Fairland

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

INSKRYWINGSVORM

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Persoonlikheidsontwikkeling. Toekomsbeplanning

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Hoe om krag te spaar


BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Vinkie. Laerskool Fairland

Magalies Spesial. iale Skool

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Fakulteit Opvoedkunde

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016

Transcription:

Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018 Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland

INHOUD Uit die hoof se kantoor 2 Gedenkklok 2 Trotse Geskiedenis 3 Etos, Droom, Kernwaardes, Betrokke ouergemeenskap 4 Algemene inligting 5-7 Kantoorure 5 Adres- en telefooninligting 5 Skooltye 5 Pouses 5 Skoolbestuur 5 Toelating 6 Skoolgeld 6 Personeel 6 Leerlingraadstelsel en drag 6 Akademie, Ondersteunende onderrig en dienste 7-9 Rekenaarsentrum 8 Liggaamlike Opvoeding 8 Inligtingsentrum 8 Terapeute 9 Naskoolsentrum 9 Ander Buitemuurse aktiwiteite 9 Snoepie 9 Kultuur, Sport en Aktiwiteite 10-11 Kultuur 10 Sport 10 Aktiwiteite: Vinkie, School Communicator en In- en Uitstappies 11 Kleredrag 11-16 Somers- en Wintersdrag vir Seuns en Dogters 11-12 Skooldrag: Algemene voorkoms vir Seuns en Dogters 13-14 Sportdrag: Seuns en Dogters 15-16 Leweransiers 16 MySchool- en Makrokaart 17 Vriende van Fairland 17 Alumni 17 Kommunikasielyn 18 Vloerplan 18 01 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons strewe om n omgee-skool te wees waar elke kind as n unieke persoon erken word. Ons belangrikste opvoedkundige doelwit is dat ons leerders al die lewensvaardighede hier moet verwerf wat hulle nodig het om te oorleef in n moderne wêreld. Daar word daadwerklik gepoog om die skool boelievry te hou sodat elke leerder veilig en gewaardeerd sal voel. Laerskool Fairland is n waardegedrewe skool. Daar is ruim geleentheid vir geestelike ontwikkeling en groei. William Arthur Ward skryf: Die gemiddelde onderwyser leer. Die goeie onderwyser verduidelik. Die voortreflike onderwyser demonstreer. Die waarlik uitmuntende onderwyser inspireer. By Laerskool Fairland word u kinders daagliks geïnspireer deur waarlik uitmuntende onderwysers. Ons roem onsself daarop dat Laerskool Fairland deurgaans n uiters hoë akademiese standaard handhaaf. Ons beywer ons om gelukkige, lewenslustige kinders te hê wat leergierig is en n goeie balans handhaaf tussen akademie, sport en kultuur. By Laerskool Fairland word daar gepoog om elke leerder se hart met liefde te vul vir ons skool en ons medemens, want elke leerder is deel van die Fairlandfamilie. U kinders word aan die hand geneem en begelei om hulself te leer ken, te verwesenlik en te groei tot volle potensiaal in ons liefdevolle omgewing. Jou kinders sal word wie jy is. Wees dus wie jy wil hê hulle moet wees. Anoniem Willie Goosen Hoof GEDENKKLOK In Desember 2016 is ons Gedenkklok ingewy deur die gr. 7-groep van 2016. Die tradisie is nou daar dat n gr. 1-leerder op sy/haar 1ste skooldag en dan ook n gr. 7-leerder op sy/haar laaste skooldag, die klok lui. Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 02

TROTSE GESKIEDENIS Op 3 Februarie 1903 open die skool met twintig leerders op die plaas Weltevreden van oom Hendrik Badenhorst. Dit was n gewone plaashuis met n grondvloer waarvan die binnemure uitgebreek is. Mnr. R. van Mazijk was die enigste onderwyser en die hoof. Dit was een van die destydse CNO-skole wat subsidies uit Holland ontvang het. In Julie 1907 word die Weltevredenskool n goewermentskool met twee en dertig leerders. In die skooljoernaal wat vandag nog in die skool se besit is, staan daar by 1 Junie 1909 New school occupied. Die skool het verskuif na die huidige terrein. Die gebied was toe al bekend as Fairland, vandaar die skool se naam. Die tweevertrek-sinkgeboutjie op die vlakte het op kort pale gestaan. Menige dag moes die kinders onder die vloer inkruip om griffels en potlode wat deur die plankgleuwe geval het, te soek. Rondom die skoolterrein was n lendelam doringdraad om die donkies waarmee party kinders skool toe gery het, binne te hou. Die inspekteur skryf in sy verslag van 18 Maart 1908 o.a.. The attention of the Board is called to the two children Cornelis en Theunis Cronje. They are both nearly blind and the cause appears to be that while staying at the Langlaagte orphanage they bathed in water impregnated by cyanide. If something is not done at once both appear to be in danger of becoming totally blind. Een van die twee seuns was Theunis Cronje wat van 1922 tot 1955 skoolhoof van Fairland was. Tydens die Ossewagedenktrek in 1938 het Laerskool Fairland n gedenkteken opgerig waarin verskeie items soos n Voortrekker-koevert, foto s en tydskrifte toegemessel is. Die gedenkteken is in 1949 met n monument in die binnehof vervang en sal in 2038 oopgemaak word. Op 27 Januarie 1921 word die eerste drie vertrekke van die huidige skoolgebou in gebruik geneem. Sewentig jaar later het die drie vertrekke gegroei tot n nuwe drieverdiepinggebou langs die oue. Nege skoolhoofde het vanaf 1903 tot op hede n aandeel gehad in die opbou van ons pragtige skool: 1903 1909 Mnr. R. van Mazjik 1910 1919 Mnr. C. van der Mark 1920 1921 Mnr. Slier 1922 1955 Mnr. T. Cronje 1956 1963 Mnr. J. Dippenaar 1964 1977 Mnr. C. van der Merwe 1978 1992 Mnr. J. van Tonder 1992 2013 Mnr. A. Badenhorst 2014 Mnr. W. J. Goosen Goewerment Skool. Fairland 1909 Onderwysers en Leerlinge. Fairland Skool 03 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

ETOS Die skool het n Christelike karakter. Dit word helder raakgesien in die kultuur van respek vir medemense en die klem op regverdigheid en billikheid. Daar is ruim geleentheid vir godsdiensontwikkeling. DROOM n Dinamiese skool waar elke leerder se uniekheid tel, waar skoolgaan met entoesiasme ervaar en lewenswenners ontwikkel word. KERNWAARDES (beginsels om die droom te bewaarheid) Die holistiese ontwikkeling van gebalanseerde leerders Erkenning van individuele deelname Die skep en handhawing van wedersydse respek Waardes wat godsdienstig gefundeerd is Die handhawing van dissipline Die koester, voortbou en vestiging van tradisionele waardes Die ontwikkeling van dinamiese personeel Die effektiewe funksionering van die beheerliggaam en skoolbestuur Die bou en vestiging van verhoudings met alle belangegroepe, onder andere leerders, personeel, departement, ouers, borge en gemeenskap Aktiewe ouerbetrokkenheid as primêre opvoeder Die optimale benutting van hulpbronne BETROKKE OUERGEMEENSKAP Die sukses van enige skool hang af van n betrokke en dinamiese ouergemeenskap. Die beheerliggaam van Laerskool Fairland beskik oor n leierkorps met n verskeidenheid van vaardighede en hulle bestuur die skool met n duidelike strategiese plan. Daar bestaan verskeie strukture wat dit vir ouers moontlik maak om deel te neem aan die uitbou van die skool en die skep van geleenthede vir leerders. Die beste bewys van sukses op die gebied, is die oorgawe en genot waarmee ouers deelneem aan skoolaktiwiteite! Die portefeuljes van die beheerliggaam is soos volg: Inligtingstegnologie Personeel en skoolsake Finansies Sport Fondsinsameling Kommunikasie en Ouerbetrokkenheid Sport- en kultuurontwikkeling Regsake Kultuur Akademie Borge Dissipline en boeliegedrag Sosiale bewustheid Alumni Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 04

Kantoorure: Maandae tot Donderdae 07:30 15:00 Vrydae 07:30 13:00 Adres: Marketstraat 145 Privaatsak X03 Fairland Fairland 2170 2030 Telefoonnommer: (011) 678-4591/2 ALGEMENE INLIGTING KANTOORURE: ADRES EN TELEFOONINLIGTING: E-posadresse: Algemene e-posadres: info@lsfairland.co.za S skoolbestuur en Toelatings: karen@lsfairland.co.za S sport sport@lsfairland.co.za Webtuiste: www.lsfairland.co.za Koördinate: S26º8 6,7 E27º56 21 SKOOLTYE: Gr. R : Maandag tot Donderdag 07:30-13:00 Vrydag 07:30-12:30 Gr. 1 gr. 2 : Maandag en Donderdag 07:25-13:30 Dinsdag, Woensdag en Vrydag 07:25-13:00 Gr. 3 gr. 7 : Maandag en Donderdag 07:25-14:00 Dinsdag, Woensdag 07:25-13:30 Vrydag 07:25-13:00 : POUSES: Gr. 1 gr. 3 : Maandag tot Vrydag eerste pouse 09:15 09:30 Maandag tot Donderdag Tweede pouse 11:20 11:40 Vrydag Tweede pouse 11.40 12:00 Gr. 4 gr. 7 : Maandag tot Vrydag eerste pouse 09:30 09:45 Maandag tot Vrydag Tweede pouse 11:40 12:00 SKOOLBESTUUR: Skoolhoof : Adjunkhoof : Adjunkhoof : Departementshoof Intersenfase : Departementshoof Opvoedkundige leiding : Departementshoof Grondslagfase : Mnr. Willie Goosen Me. Marilet Vosloo Mnr. Ebbe le Roux Mnr. Servaas Nel Mnr. Dean Benadie Vakant 05 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

ALGEMENE INLIGTING TOELATING: Voornemende ouers moet hulself deeglik vergewis van die toelatingsvereistes. Inskrywingsboeke is by die kantoor beskikbaar en afskrifte van geboortesertifikate of identiteitsdokumente en immuniseringskaarte moet die aansoek vergesel. Inskrywingsboeke moet ook volledig voltooi word. SKOOLGELD: Skoolgeld vir die volgende jaar word jaarliks deur die beheerliggaam vasgestel en word tydens die jaarlikse ouervergadering wat in Oktober plaasvind, voorgelê. Inligting oor die bedrag (sowel as die betalingsopsies) wat die volgende jaar betaalbaar is, sal dan in die kantoor beskikbaar wees en op die webtuiste verskyn. BETALINGSOPSIES: 1.1 Skoolgeld kan in n enkelbedrag betaal word voor die einde van die huidige jaar (jaar waarin skoolgeld vasgestel word) of so nie, teen die einde van Januarie die volgende jaar. Korting word dan gewoonlik toegestaan. 1.2 n Deposito is betaalbaar aan die einde van November en dit vorm deel van die volgende jaar se skoolgeld. Skoolgeld kan maandeliks per debietorder, kontant, per tjek of elektronies betaal word. Nadat registrasiegeld betaal is (in November), word die oorblywende bedrag in tien gelyke paaiemente verdeel, m.a.w. skoolgeld is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober. PERSONEEL: Die personeel is die skool se grootste bate. Ons personeel word met die hand uitgesoek en fokus op dienslewering van hoogstaande gehalte. Die skool beskik oor die dienste van uitnemende permanente personeel, aangevul deur uitstekende kontrakpersoneel. LEERLINGRAADSTELSEL EN -DRAG: Elke leerder dien in sy/haar graad 7-jaar op die leerlingraad. Sodoende word al die leerders se leierskappotensiaal ten volle ontwikkel. Aan die einde van die eerste kwartaal word uit die hele graad 7-groep, vyf dogters en vyf seuns as voorsitters aangewys. Hierdie voorsitters word elkeen by n raad ingedeel en tree op as skakelbeampte tussen personeel en leerders. Die voorsitters word demokraties verkies. Die leerders en personeel het elkeen n stem. Die leerlingraad dra spesiale leerlingraaddrag met die oogmerk om hulle te onderskei van ander leerders en hulle soos ambassadeurs van ons skool te laat vertoon. Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 06

07 ALGEMENE INLIGTING Seuns: Formele somersdrag Grys kort- of langbroek Grys skoolkouse (kniekouse) Wit lang- of kortmouhemp: Let wel: n dashemp Leerlingraaddas Swart skoolskoene Groen leerlingraadbaadjie met wapen Seuns: Formele wintersdrag Dieselfde as bo, maar met grys langbroek en wit langmouhemp (dashemp). Dogters: Formele somersdrag Groen rompie Grys skoolkouse Wit kortmouhemp: Let wel: n dashemp Leerlingraaddas Swart skoolskoene Groen leerlingraadbaadjie met wapen Dogters: Formele wintersdrag Dieselfde as bo, maar met wit langmouhemp (dashemp). AKADEMIE Fairland is n skool waar ons n passie het om deur toegewyde onderrig, uitstekende bestuur en ouerbetrokkenheid, gelukkige leerders te hê, omdat hulle potensiaal maksimaal ontwikkel word en omdat hulle hulself ten volle uitleef op akademiese-, sport- en kulturele gebied. Die skool ontwikkel die kind in sy totaliteit, tog speel akademie die belangrikste rol in die ontwikkeling. Die Hersiene Nasionale kurrikulumverklaring word van Gr. R tot Gr. 7 gevolg. Leerders word bemagtig ten opsigte van die volgende: Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke. Werk doeltreffend saam met ander as lede van n span, groep, organisasie en gemeenskap. Organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend. Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities. Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme. Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon. Begryp die wêreld as n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie. Olimpiades Kreatiewe skryfkompetisie Die nuutste tegnologiese ontwikkelinge word ook benut: E-beamborde word aangewend op akademiese gebied om lesse meer visueel en interaktief te maak. Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

AKADEMIE Wi-Fi is oor die hele skool beskikbaar en stel die opvoeders in staat om van die internet gebruik te maak in hul lesaanbieding. COW s (Computer on Wheels) is n mobiele rekenaarstelsel wat met groot sukses in die mediasentrum gebruik word. Lab-on-Line (Lectorsa) is n rekenaarprogram wat ontwikkel is om leerders se visuele vaardighede te konstrueer en te ontwikkel. Dit bemagtig leerders om vaardighede te ontwikkel soos om belangrikheid van idees logies te rangskik, kennis te analiseer en om nuwe inligting te interpreteer. ONDERSTEUNENDE ONDERRIG Laerskool Fairland is bevoorreg om n ondersteuningsentrum, Die Takbokkie, te hê. Ondersteuning word aan gr. 1- tot gr. 3-leerders verleen. Leerders word twee periodes per week onttrek van hul klassituasie. Leerders wat in die algemeen in die gewone skoolwerk goed vorder, maar in n bepaalde leerarea nie na wense presteer nie, is kandidate vir ondersteuningsonderwys. Ondersteuning word verleen in perseptuele vaardighede, taal en wiskunde. Ondersteuningsonderrig is grotendeels van n individuele aard omdat elke kind uniek is. REKENAARSENTRUM Tegnologiese ontwikkelling en selfstandigheid van n leerder vind plaas deur: te doen te ontdek te geniet wat hy/sy doen te kommunikeer oor wat hy/sy doen nie bang wees om te waag nie Laerskool Fairland beskik oor n goed toegeruste rekenaarsentrum waar al hierdie vereistes aandag kry. Ons maak gebruik van die CAMI opleidingsmateriaal wat spesiaal ontwikkel is vir leerders vanaf gr. R. Die sagteware word aangewend om akademie in te skerp bv. perseptuele programme, wiskunde, lees en spelling vir die leerders van die grondslagfase van die skool. Vir die ouer leerders word veral klem gelê op die vaardighede benodig om die MSPaint- en MSOffice-program se tegnieke baas te raak. MS WORD: Bold, Italic, Word Art, Clip Art, Tables and Borders. ASCII-sleutels, Windows skermuitleg, ens. POWER POINT: Auto Content, Wizard, Template Design, Standard Toolbar, Video Clip, ens. EXCEL: Spreadsheet, Auto Fill, Auto Complete, Word Art, Clip Art, Paste Function, ens. LIGGAAMLIKE OPVOEDING Omdat baie leerprobleme teruggevoer kan word na perseptuele agterstande, verleen die Liggaamlike opvoeding-program wat leerders van gr. R tot gr. 7 volg, ook goeie ondersteuning. Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 08

ONDERSTEUNENDE ONDERRIG INLIGTINGSENTRUM Inligtingsvaardighede word vanaf gr. 1 tot gr. 4 aangebied. Hier word leerders toegerus met die nodige vaardighede om inligting te versamel, te bestuur en weer te gee. n Liefde vir lees word deurentyd aangemoedig. Ons is baie geesdriftig oor lees en leerders word aangemoedig om aan verskeie projekte deel te neem. ATKV kinderboektoekenning, gr. 1 tot gr. 7 : stem vir jou gunstelingboek! Boek Buddies is n Afrikaanse toneelgroepie wat die ATKV-boeke op gedramatiseerde wyse aan die leerders kom voorstel. Story Skirmish, gr. 4 en gr. 5 Battle of the Books, gr. 6 en gr. 7 : Vasvrakompetisie Wow-spelfees: Spel was nog nooit soveel pret nie! Wêrelddag vir Wiskunde, gr. 4 tot gr. 7 Wêreld-stemdag vir Kinderregte. Staan op jou regte! Wêrelddag vir Boeke. Leerders word aangemoedig om hul eie stories te skryf, boekmerke word gemaak en medialeiers trek aan soos sprokieskarakters om die leerders te vermaak. Ons vier dié dag in April en ook weer tydens geletterdheidsweek in September. Boekeweek Gr. R Leesweek Gr. 1 gr. 3 Daar is verseker n leeskultuur by Laerskool Fairland geskep en ons glo elke leser vind daarby baat. ONDERSTEUNENDE DIENSTE NASKOOLSENTRUM Met stygende brandstofpryse en al hoe meer ouers wat voldag werk, speel ons naskoolsentrum n al hoe belangriker rol. Ons bied n rustige omgewing waar u kind kan studeer en ontspan onder die bekwame toesig van ons voltydse personeel en onderwyspersoneel. n Middagprogram word gevolg en leerders kry die geleentheid om tuiswerk onder toesig en met die hulp van die personeel te doen. Naskoolure: Kwartaal: Begin direk na skool tot 17:30 Vakansietye: 07:00 tot 17:30 Die naskoolsentrum is gesluit gedurende die Desembervakansie en gedurende openbare vakansiedae. ANDER BUITEMUURSE AKTIWITEITE Karate, judo, gholf, dans, tennisontwikkeling, kunsklasse en acrobatkids word aangebied. (Vir enige navrae, skakel gerus die kantoor). SNOEPIE Gedurende pouses en na skool word kos en snoeperye by ons moderne en goedtoegeruste snoepwinkel verkoop. Leerders kan voor skool hul bestelling plaas. 09 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

ONDERSTEUNENDE DIENSTE SMART SWIPE SOLUTIONS bied n totale geïntegreerde betalings- en skikkingsoplossing vir ouers en leerders van Laerskool Fairland. n Volledige gebruikersgids is beskikbaar op die Smart Swipe Solutions Webtuiste. Indien u enige verdere inligting wil bekom kan u Smart Swipe Solutions se web-werf by www. smartswipesolutions.co.za besoek of stuur n e-pos na info@smartswipesolutions.co.za U kan hul ook skakel by die volgende nommers: André 011-794-1487 / 084-619-5286 - Lee-Ann 073-238-9485. TERAPEUTE Sielkundiges, arbeidsterapeute en spraakterapeute is beskikbaar by die skool. Kontakbesonderhede kan by die kantoor verkry word. KULTUUR Die doelwit by Laerskool Fairland is om soveel moontlik leerders aan kulturele aktiwiteite bloot te stel en n voorliefde en aanvoeling vir die kunste te kweek. Daar word n verskeidenheid van aktiwiteite aangebied by die skool, maar ook sekere buitemuurse aktiwiteite deur die skool ondersteun. Ons kore is oor baie jare gevestig en word gereeld genooi om by prestige geleenthede op te tree. Laerskool Fairland is by uitstek n redenaarskool. Die afgelope paar jaar is groot suksesse behaal met n rekord aantal redenaars wat soms tot op nasionale vlak deelneem en presteer. Die beleid van ons skool is om gebalanseerde leerders in totaliteit te ontwikkel. Daarom is kultuur vir ons baie belangrik en leerders wat op die gebied uitblink, vir ons besonder kosbaar. Laerskool Fairland Kunswedstryd Junior- en Seniorkoor Revue Redenaars Gratis afrigting - Dans Gratis afrigting - Drama SPORT By Laerskool Fairland handhaaf ons n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur. Ons is baie trots op ons presteerders en hulle ontvang erkenning en aanmoediging. Die volgende sportaktiwiteite word aangebied: Skaak Rugby Krieket Netbal Tennis Mini-tennis Atletiek Landloop Hokkie (Seuns & Dogters) Mini-krieket Mini-netbal TAU-rugby Mini-hokkie Die volgende sportaktiwiteite buite skoolverband word deur die skool gekoördineer: Gholf Swem Avontuursport Ruitersport Hengel Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 10

AKTIWITEITE Vinkie n Weeklikse interne nuusbrief, Vinkie, word op Donderdae elektronies aan die ouers gestuur. Personalia, inligting, sport- en kultuurreёlings en uitslae word hierin gepubliseer. Advertensies kan ook geplaas word. Vir verdere inligting stuur e-pos aan karen@lsfairland.co.za. School Communicator Op die School Communicator kry ouers die nuutste nuus en belangrike dokumentasie. Ouers kan die School Communicator direk van die webtuiste aflaai: http://www.school-communicator.com/download.php/. By Please select moet die ouers net Laerskool Fairland kies. Ouers kan dit ook op hul selfone aflaai van die volgende webtuiste: www.schoolcommunicator. mobi. In- en Uitstappies Ons leerders geniet ook die opvoedkundige- en leierskaptoere sowel as die in- en uitstappies wat gereeld vir die verskillende klasgroepe, kultuur en sport gereёl word Somer (Ongeveer September tot Mei) KLEREDRAG SOMERSDRAG: SEUNS EN DOGTERS Seuns: Bottelgroen kortmou skoolhemp met wapen Grys kortbroek Grys kniekouse met oranje en wit strepies op omslag Swart toerygskoolskoene/kaalvoet Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om halslyn Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om halslyn Bottelgroen windjekker met skoolwapen of skoolbaadjie. Die skoolbaadjie mag slegs saam met skoene en kouse gedra word. Bottelgroen reënbaadjie mag slegs gedra word as dit reën. LO-drag: Groen broek en groen en oranje-hemp met skoolwapen. Tekkies met oorwegend wit kouse -opsioneel in somer. Sweetpak of oranje fleecy top mag in koeler weer gedra word. Skoolpet om te dra vir beskerming teen son. 11 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

KLEREDRAG Dogters: Wit en groen geruite rok met bottelgroen kraag en mouboordjie omslag Bottelgroen broekie ( skipants ) Kort groen skoolsokkies met oranje en wit strepies op omslag Swart skoolskoene/kaalvoet Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om halslyn Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om halslyn Bottelgroen windjekker met skoolwapen of skoolbaadjie. Die skoolbaadjie mag slegs saam met skoene en kouse gedra word. Bottelgroen reënbaadjie mag slegs gedra word as dit reën. LO-drag: Groen broek/groen broekrompie en groen hemp met oranje strepe om neken mou-omslag met skoolwapen. Tekkies met oorwegend wit kouse - opsioneel in somer. Sweetpak of oranje fleecy top mag in koeler weer gedra word. Skoolpet om te dra vir beskerming teen son. Verjaarsdagmaats: Leerders mag op hul verjaarsdae gewone klere aantrek. Haarreëls soos met gewone skooldrag. Indien leerder oor n naweek verjaar, mag die leerder gewone klere aantrek op die Vrydag of die Maandag direk na die naweek. Dieselfde met vakansieverjaarsdae. Winter (Ongeveer Mei tot September) WINTERSDRAG: SEUNS Seuns: Bottelgroen langmou skoolhemp met wapen Skooldas (opsioneel) Grys langbroek Grys kniekouse soos vir somer Swart toerygskoolskoene Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om hals en mou-omslag Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om hals Windjekker met wapen of skoolbaadjie Bottelgroen reënbaadjies mag slegs gedra word as dit reën. Serp, mus en handskoene indien verlang bottelgroen effekleur LO-drag: skoolsweetpak of oranje fleecy top. Tekkies met oorwegend wit kouse Groen skins onder LO-drag Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 12

13 KLEREDRAG WINTERSDRAG: DOGTERS Dogters: Bottelgroen langmou skoolhemp met wapen Skooldas (opsioneel) Gr. 1 gr. 5: Bottelgroen langbroek, grys langbroek of donkergroen romp. Vir gr. 1-3 word die langbroek aanbeveel. Gr. 6 en gr. 7 : Bottelgroen geplooide romp (LW: romplengte is 3 8cm vanaf grond wanneer dogter kniel) By langbroek: kort bottelgroen skoolsokkies met oranje en wit strepies tot gr. 7 toelaatbaar. By romp: grys kniekouse met oranje en wit strepies op omslag of swart broekiekouse (78 Decitex) geen lang skipants nie Swart skoolskoene Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om hals en mou-omslag Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om hals Windjekker met wapen of skoolbaadjie Bottelgroen reënbaadjies mag slegs gedra word as dit reën. Serp, mus en handskoene indien verlang bottelgroen effekleur LO-drag: skoolsweetpak of oranje fleecy top Tekkies met oorwegend wit kouse Groen skins onder LO-drag Verjaarsdae: Dieselfde as by somerdrag. SKOOLDRAG: ALGEMENE VOORKOMS (SEUNS EN DOGTERS) Laerskool Fairland strewe na n besonderse skoolidentiteit deur eenvormige, netjiese skooldrag en voorkoms om n persoonlike trots en positiewe selfbeeld by elke leerder te kweek. Die skooldrag is die trots van Laerskool Fairland en daarom moet leerders te alle tye korrek geklee wees. Die skooldrag en algemene riglyne oor voorkoms is deur die beheerliggaam goedgekeur. Afwyking van hierdie riglyne sal nie sonder die goedkeuring van die beheerliggaam of skoolbestuur toegelaat en geduld word nie. Algemene skooldragreëls vir seuns Hemde moet te alle tye netjies en behoorlik in broek ingesteek wees en mag nie uithang nie. T-hemde en langmoufrokkies mag nie onder n skool- of LO-drag gedra word sodat lang moue onder die hemp uitsteek nie. (Dit is wel toelaatbaar as dit effens bo by n oopknoophemp sigbaar is.) Die LO-drag hempie mag oor LO-drag broekie gedra word. Langbroeke moet om die middel pas en nie om die heupe nie ordentlik opgetrek met n gordel indien nodig. Broeke mag nie halfmas oor die heupe gedra word nie. Boksers mag nie uitsteek nie. Truie se moue mag nie opgetrek word nie en mag nie stukkend of uitgetorring wees nie. Kouse moet te alle tye netjies en opgetrek wees. Slegs erkende swart skoene word toegelaat en moet netjies en skoon wees. Insteekplakkies en enige iets anders as tekkies is ontoelaatbaar. LO-drag mag slegs gedra word op dae wanneer die leerder wel LO het en nie op ander dae nie. Lapelwapens en armbande: n Kettinkie met mediese voorskrifte is toelaatbaar. Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

KLEREDRAG Slegs lapelwapens soos deur die skool uitgereik en toegeken soos toppresteerder, medialeier, leerlingraad, ens. word toegelaat slegs vir relevante jaar. Items wat nie aan die reëls voldoen nie, sal afgeneem word en kan aan die einde van die kwartaal opgeëis word. Juwele: Polshorlosies wat eenvoudig is en nie uitstaan nie, is toelaatbaar. Geen ringe (seël-, tong-, oor-, lip- of oogbankringe) word toegelaat nie. Items wat nie aan die reëls voldoen nie, sal afgeneem word en kan aan die einde van die kwartaal opgeëis word. Naels: Naels moet kort en skoon wees. Kougom is verbode Algemene skooldragreëls vir dogters Somerrompe: Die gordels van die somerrokke moet los om die middel gedra word en nie laag oor die heupe nie. Winterrompe: Die romp moet net onder die naeltjie pas, nie laag op die heupe nie. Die bokant van die romp mag nie omgerol word nie. Die lengte moet ongeveer 3-8 cm bokant die knie wees as die dogter kniel. Hemde moet te alle tye netjies en behoorlik ingesteek wees en mag nie uithang nie. T-hemde en langmoufrokkies mag nie onder n skool- of LO-drag gedra word sodat lang moue onder die hemp uitsteek nie. (Dit is wel toelaatbaar as dit effens bo by n oopknoophemp sigbaar is.) Truie se moue mag nie opgetrek word nie en mag nie stukkend of uitgetorring wees nie. Slegs erkende swart skoene word toegelaat en moet netjies en skoon wees. Insteekplakkies en enige iets anders as wit tekkies is ontoelaatbaar. LO-drag mag slegs gedra word op dae wanneer die leerder wel LO het en nie op ander dae nie. Die LO-drag hemp mag oor die LO-drag broek gedra word. Lapelwapens en armbande: n Kettinkie met mediese voorskrifte is toelaatbaar. Slegs lapelwapens soos deur die skool uitgereik en toegeken soos toppresteerder, medialeier, leerlingraad, ens. word toegelaat slegs vir relevante jaar. Items wat nie aan die reëls voldoen nie, sal afgeneem word en kan aan die einde van die kwartaal opgeëis word. Juwele: Polshorlosies wat eenvoudig is en nie uitstaan nie, is toelaatbaar. Dogters mag een seëlring dra, asook oorringetjies (deursnee 1,5 cm of kleiner) of eenvoudige knoppies (goud of silwer). Geen diamanté of gekleurde steentjies word toegelaat nie. Items wat nie aan die reëls voldoen nie, sal afgeneem word en kan aan die einde van die kwartaal opgeëis word. Naels en grimering: Naels moet kort, skoon en ongeverf wees. Geen kunsnaels en grimering word toegelaat nie. Kougom is verbode Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 14

KLEREDRAG - SPORT Leerders mag nie in hul sportdrag skool toe kom nie. Indien spanne alreeds vroeg die middag of direk na skool wedstryde speel, mag die betrokke spanne tydens tweede pouse in hul sportdrag verklee. Eerstespanne van die onderskeie sportkodes mag wel hul spesiaal gemaakte baadjies of T-hemde aantrek op die spesifieke dag waarop wedstryde plaasvind. Seuns: Groen seunsfrokkie met oranje strepe Bottelgroen sportbroekie of LO-drag ATLETIEK EN LANDLOOP Dogters: Groen dogtersfrokkie met oranje strepe Bottelgroen spanbroekie (fietsrybroekie) net om in deel te neem of LO-drag RUGBY Rugbytruie (word deur skool voorsien) en wit broekie Slegs eerstespan dra groen broekie. Swart skipants mag onder wit broekie gedra word. Groen skins mag onder rugbytrui gedra word. KRIEKET Wit kriekethemp Wit kortbroek Wit kniekouse met twee groen strepe Wit tekkies Pet by klerebank beskikbaar 15 MINI-KRIEKET LO-drag Grys skoolkouse Wit tekkies LO-drag Wit kouse Tekkies NETBAL Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018 SKAAK Seuns en dogters - volledige skooldrag

KLEREDRAG - SPORT HOKKIE TENNIS LO-drag Groen hokkiekouse Tekkies LO-drag Wit kouse Wit tekkies LO-DRAG: SEUNS EN DOGTERS LEWERANSIERS CONSTANTIA SKOOLKLERE Tel.no.: (011) 791-1300 Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburg e-posadres: w.vandyk@mweb.co.za SPORTMANS WAREHOUSE Tel.no.: (011) 431-0406 Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburg Webtuiste: www.schoolandleisure.co.za BURGERS BROERS (Geen sportdrag) Tel.no.: (011) 782-1055 Beyers Naudelaan 159, Northcliff Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 16

Hoe moet u te werk gaan om vir n Makro- of MySchoolkaart te registreer? Makro Gaan na die webtuiste van Makro (www.makro.co.za / Makro Card / Apply for a Makro Access card) en voltooi u besonderhede aanlyn. Navrae: info@lsfairland.co.za MySchool Besoek gerus MySchool se webtuiste (www.myschool.co.za / Get a card) en voltooi u besonderhede aanlyn. Die webwerf dui ook die vennote aan waar die MySchoolkaart gebruik kan word. Navrae: info@lsfairland.co.za Ons doen n beroep op ouers om gebruik te maak van My School- en Makro-kaarte. Missie / Visie Missie: Om n geloofwaardige hulpverleningsorganisasie te wees wat elkeen in die gemeenskap die geleentheid bied om op hulle unieke manier n bydrae tot die welstand van leerders te lewer. Visie: Ons streef daarna om waardigheid en trots by leerders en hul families te verseker deur ondersteuning te bied vir volle potensiaal-ontwikkeling. Waardes Vertroulikheid Menswaardigheid Integriteit Deursigtigheid Toeganklikheid Vele huishoudings ervaar toenemende druk op hulle persoonlike finansies en kontantvloei en sukkel om al die rekeninge aan die einde van die maand te betaal. Dit is binne hierdie ekonomiese werklikheid dat VVF sy missie en droom uitleef om die waardigheid en trots van ons leerders en hul gesinne te beskerm en om leerders se volle potensiaal te help ontwikkel. Die sukses van Laerskool Fairland was nog altyd gesetel in die betrokkenheid van sy ouers. So is dit ook met VVF en ons is oneindig dankbaar vir al die ouers wat op so n onbaatsugtige wyse hulle tyd, kundigheid en finansies vir die saak van VVF gee. Die volgende hulp word verleen: Spensprojek Yummieprojek Spraakterapie Arbeidsterapie Optometrie Skooldrag Sportdrag Skryfbehoeftes Wil jy by VVF betrokke raak? MYSCHOOL- EN MAKRO-KAARTE VRIENDE VAN FAIRLAND Daar is 3 wyses waarop vrywilligers by Vriende van Fairland betrokke kan raak. Hulle kan met die gee van hulle tyd, finansiёle bydrae en/of deur die gee van hul kundigheid betrokke raak. Stuur gerus n e-pos aan vvf@lsfairland.co.za. ALUMNI Alumni word met aanvang 2017 gestig. Vir verdere inligting, stuur e-pos na alumni@lsfairland.co.za 17 Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018

KOMMUNIKASIELYN Hoof: Willie Goosen willie@lsfairland.co.za Adjunkhoof: Marilet Vosloo mariletvosloo@gmail.com Onderwysaangeleenthede Algemene skoolsake Gr. R gr. 7 Naskool Boelie Buster Adjunkhoof: E ebbe le Roux ebbe@lsfairland.co.za Dissipline: Gr. R gr. 7 Leerlingraad Veiligheid Sekuriteitskameras Boelie Buster Departementshoof Intersenfase: Akademie: Gr. 4 gr. 7 Servaas Nel servaas@lsfairland.co.za Geboue en Terrein Departementshoof Opvoedkundige leiding: Dean Benadie dean@lsfairland.co.za Opvoedkundige leiding Sport Noodplan Departementshoof Grondslagfase: Akademie Gr. R gr. 3 Vakant info@lsfairland.co.za Gr. R-sentrum Ander: Kultuurbestuurder: erika Joubert rtfacts1@gmail.com Sportbestuurder: ruan Basson sport@lsfairland.co.za Ondersteunende onderrig: Eurette Theart eurette@gmail.com Webtuiste: Jaco van Rooyen webtuiste@lsfairland.co.za VLOERPLAN Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland 18

ONS SKOOLLIED Omring deur stadsgeluid en steen, verrys ons skool as trotse baken op die pad van Afrika. Die trek met ossewa begin, het nou die snelle weg geword van kennis wat ons uit moet dra. Vorentoe, altyd vorentoe. Ons kyk nooit terug. Met die oog op God gerig, sal ons altyd voorwaarts gaan Met Fairlandskool die weg te baan Marketstraat 145 Fairland Tel: 011 678 451/2 www.lsfairland.co.za Laerskool Fairland Prospektus 2017/2018