HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

BenguFarm Bestelvorm

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

[1] Die applikante vra dat die huurkontrak ingevolge waarvan

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

METAMIN INVESTMENT CORPORATION BPK TWEEDE PETISIONARIS CHASE CONSULTING (EDMS) BPK VYFDE PETISIONARIS

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ARTIKEL 9C VAN DIE INKOMSTEBELASTINGWET MET SPESIALE VERWYSING NA AKTIEWE EN PASSIEWE INKOMSTE. deur ADELLE WIESE WERKSTUK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

MALHERBE RP et HATTINGH R

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Mosselbaai Munisipaliteit

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

SIZA takes the sting out of auditing

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BANK WINDHOEK BPK APPELANT S RAJIE EERSTE RESPONDENT M SADICK ADAMS TWEEDE RESPONDENT

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Uit Moerdijk se pen Man en Media

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die appèl tussen: Appèlnommer: 96/2001 KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS APPELLANT en MEGS INVESTMENTS (EDMS) BEPERK SNKH INVESTMENTS (EDMS) BEPERK Eerste Respondent Tweede Respondent CORAM: HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR. AANGEHOOR OP: 10 JUNIE 2002 UITSPRAAK DEUR: HANCKE, R GELEWER OP: 13 JUNIE 2002 Hierdie appèl is gerig teen n beslissing van die Inkomstebelastinghof vir die Oranje Vrystaat (Gyanda, WnR en twee lede) wat respondente se appèl gehandhaaf het en appellant gelas het om die vasgestelde verlies vir die 1995 belastingjaar in vergelyking te bring met die 1996 jaar se aldus verkreë inkomste.. Die bevinding is in wese daarop gebaseer dat die respondente n belasbare inkomste gedurende 1996 gekry het uit die beoefening van n bedryf gedurende daardie jaar ten opsigte waarvan die balans van die vasgestelde verlies in die vorige jaar gely, oorgebring en in vergelyking gebring moet word met die inkomste verkry gedurende 1996.

Dit is wenslik om kortliks na die aanloop tot die huidige geskil te verwys. Respondente het aanvanklik onder die name van Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, waarvan die een n filiaal van die ander was, vir groothandelaars en kleinhandelaars, n stelsel bedryf waarvolgens die handelaars moes aansoek doen om as lede van die onderskeie maatskappye goedgekeur te word. Daarna kon hulle deur middel van n goedgekeurde lys verskaffers hulle goedere aankoop en sou respondente die totaal van alle aankope deur sy lede namens hulle vereffen in ruil vir n spesiale korting wat deur die verskaffer toegestaan is. Respondente het dan die totale bedrag van aankope vereffen namens hulle lede, en dit dan teruggevorder van die lede. n Spesiale korting is deur die maatskappy toegestaan aan die lede, welke korting kleiner was as dié een wat deur die verskaffers aan respondente verleen is. Respondente het nie self die handelsvoorraad hanteer nie, maar slegs die vereffening van die totale rekenings van die verskaffers. n Wins is verdien uit die netto korting ontvang deur die maatskappye. Gedurende November 1995 is die besigheid van respondente as n lopende saak verkoop aan Shoprite Checkers (Edms) Beperk vir n totale bedrag van R21 miljoen, waarvan ongeveer R17 miljoen na Sentrakoop (die houer maatskappy) en ongeveer R4 miljoen na Megasave gegaan het. Daarna is die maatskappye se name verander na dié van die huidige respondente. n Bedrag van ongeveer R9 miljoen is in die vorm van lenings aan maatskappye in Namibië verskaf met die oog op groothandelverspreiding in Angola en Noord Afrika, welke aktiwiteit nie enige inkomste opgelewer het gedurende 1996 nie. n Belegging van meer as R6 miljoen is by die destydse Volkskas gedoen, wat n renteinkomste opgelewer het en het respondente gesamentlik ongeveer R2,5 miljoen aan rente uit beleggings ontvang. Respondente het ook die bestaande groothandel dranklisensie asook die groothandel wapenlisensie behou. Die huidige geskil tussen die partye handel oor die vraag of respondente, ná die verkoping van hulle besigheid en ná n naamsverandering, besigheid beoefen het gedurende die 1996 belastingjaar, wat hulle geregtig sou maak op die in vergelyking bring van die vasgestelde verlies van die vorige jaar met die rente inkomste verkry in 1996. Die verrekening van n vasgestelde verlies word beheer deur die toepaslike bepalings van artikel 20 van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, wat destyds soos volg gelui het: (1) Ten einde die belasbare inkomste deur n persoon verkry uit die beoefening van n bedryf in die Republiek vas te stel, word teen die aldus verkreë inkomste van die persoon in vergelyking gebring

(a) enige balans van n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige in n vorige jaar gely wat van die vorige jaar van aanslag oorgebring is: met dien verstande dat (i)... (ii) die balans van die vasgestelde verlies verminder word met die bedrag of waarde van enige voordeel deur n persoon ontvang of aan hom toegeval ten gevolge van n konsessie verleen deur of n vergelyk getref met sy skuldeisers waarvolgens sy skulde aan hulle verminder of gedelg is mits sodanige skulde in die gewone loop van die bedryf ontstaan het; (b) n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige gedurende dieselfde jaar van aanslag gely by die beoefening in die Republiek van enige ander bedryf, hetsy alleen of n vennootskap met andere, anders dan as lid van n maatskappy waarvan die kapitaal in aandele verdeel is. (2) By die toepassing van hierdie artikel beteken vasgestelde verlies n bedrag waarmee die aftrekkings ingevolge artikels 11 tot en met 19 toelaatbaar, die inkomste te bowe gegaan het ten opsigte waarvan hulle aldus toelaatbaar is, of, as die samehang aldus vereis, n vasgestelde verlies soos ingevolge die bepalings van artikel 30 vasstel. Huidiglik lui hierdie artikel ietwat anders. Die begrip bedryf word soos volg in artikel 1 van Wet 58 van 1962 omskryf:

Ook elke professie, handelsaak, besigheid, diens, beroep, vak of onderneming, met inbegrip van die verhuur van goed en die gebruik of die verleen van toestemming tot die gebruik van n patent soos die Wet op Patente, 1978 (Wet Nr. 57 van 1978), omskryf, of n model soos in die Wet op Modelle, 1993 (Wet Nr. 195 van 1993), omskryf, of n outeursreg soos in die Wet op Outeursreg, 1978 (Wet Nr. 98 van 1978) omskryf, of van enige ander goed wat van derglike aard is. Die effek van artikel 20(1)(a) van gemelde Wet is om te verhoed dat n belastingpligtige wat in die aanslagjaar nie n bedryf beoefen het nie, enige balans van n vasgestelde verlies in die voorafgaande jaar kan oordra vir verrekening. SA BAZAARS (PTY) ltd v CIR 1952 (4) SA 505 (A) te 510H. De Koker, Silke on South African Income Tax Vol.2 (2001 geannoteerd) para 8.127 en die gesag aldaar na verwys. Dit is duidelik dat die omskrywing van bedryf n wye uitleg geniet, en nie noodwendig uitputtend is nie. In ROBIN CONSOLIDATED INDUSTRIES LTD v CIR 1997 (3) SA 654 (HHA) verklaar Schutz, AR op 662C D die volgende: Reference is made to the wideness of the definition of the word trade in s 1 of the Act and the consequent recognition by the Courts that it should be given a wide interpretation. Further, that it is possible for even a single transaction to constitute trade. In BURGESS v CIR 1993 (4) SA 161 (A) word op 181I 182 E die volgende verklaar: It is well established that the definition of trade, which I have quoted above, should be given a wide interpretation. In ITC 770 (1954) 19 SATC 216 at 217, Dowling J said, dealing with the similar definition of trade in Act 31 of 1941, that it was

obviously intended to embrace every profitable activity and... I think should be given the widest possible interpretation. In the present case the appellant argued that its participation in the Fenton scheme amounted to a venture, which is included in the definition of trade. In ITC 368 (1939) 9 SATC 211 at 212, venture is defined as a transaction in which a person risks something with the object of making a profit.... The word onderneming, which corresponds to venture in the English text, seems in general somewhat wider although it is capable of bearing the same meaning. Dit is ook van belang om daarop te let dat... the carrying on of a trade involves an active step, something more than a watching over existing investments that are not income producing and are not intended or expected to be so. The mere retention of investments, even if acquired when a trade was carried on, did not imply a continuance of trade. (De Koker, a.w.vol.1 para 7.2). Wat die tydperk betref hoef dit nie vir n volle jaar te wees nie. It is not essential that a company have carried on a trade during the whole of the year, and any period of trading during the year will suffice. (De Koker, a.w.vol.2 para 8.127). Die vraag of die respondente besigheid bedryf het soos bedoel in artikel 20 van gemelde

Wet is n feitevraag en moet beoordeel word na gelang van die omstandighede van elke saak. BURGESS v CIR (supra) te 182G H In hierdie verband is die Hof aangewese op die getuienis van die enigste getuie, mnr. Grobbelaar, die besturende direkteur van Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, asook dokumentêre bewyse. Dit blyk volgens die getuienis dat, tydens die verkoping aan Shoprite Checkers, verskeie bates van die respondente nie verkoop is nie, wat insluit die groothandel dranklisensie, die groothandel wapenlisensie, rekenaartoerusting en meubels. Alhoewel aktiwiteite drasties afgeskaal is na die verkoping, blyk daar nie n bedoeling te wees om die aktiwititeite van die respondente te staak nie. Volgens Grobbelaar het die bestuur van die respondente voortgegaan met die bedryf van die respondente se besighede, tot daardie mate wat dit nie deur die verkoopooreenkoms verbied was nie. Hulle eerste stap was die ondersoek na moontlikhede wat ontgin kan word met die groothandel dranklisensie. Die doel was om hardeware en voedsel vanaf Suid Afrika te verskaf na Namibië, Angola en elders in Noord Afrika. Vir hierdie doel het die bestuur beoog om bergingsfasiliteite in Gobabis te bekom. Om gevolg te gee aan hierdie plan is daar onderhandel met die regering van Namibië en met Bowring. Ongeveer R9 miljoen is geleen aan drie maatskappye om in hierdie besigheid aan te wend. Dit blyk dat die bestuur volgens n bepaalde plan opgetree het en dat verskeie onderhandelinge met verskeie instansies en persone gevoer is. Die bedoeling was om leweransierskontrakte en voorraad in Suid Afrika te kry en dan produkte uit te voer. Plaaslike ontginning van die respondente se groothandel dranklisensie was deel van hulle beplanning en is hierdie lisensie nie alleen behou nie, maar ook hernu. In kruisverhoor verklaar Grobbelaar, onder andere, die volgende: Watse vorm het hierdie ondersoek aangeneem? Onderhandelinge, samesprekings, party vertroulike samesprekings, party openlike samesprekings, geskrewe voorleggings, kontrakte ondersoek, dit was in sommige gevalle redelik ver gevorder en daar was ek weet nie of dit toepasbaar is nie daar was ook op n stadium n gevoel om die beheer van die Sentra organisasie weer op indirekte wyse te bekom. Dit was vertroulike samesprekings, maar dit is gedoen deur om die minderhede daar uit te koop en om daardie pad te vat om weer daardie arm in die hande te kry op daardie wyse.

Dit blyk verder dat respondente n kantoor in Bloemfontein aangehou het wat beman is deur n sekretaris wat aanvanklik die oorgansproses hanteer het, maar later aangehou is vir die doel om nuwe moontlikhede te ondersoek. Verder is waardevermindering ten opsigte van die rekenaartoerusting en meubels toegelaat is. Die aktiwiteite wat ondersoek is, het ook gepaard gegaan met reiskoste. Grobbelaar verklaar ook in sy getuienis dat hulle n persoon aangestel het by name ene mnr. Khoury, wat besighede in Kroonstad besit wat n groothandelaar is, wat hierdie aspek van hulle voorgenome besigheid ondersoek het. Wat hulle aktiwiteite ten opsigte van die drankhandel betref, het hulle onderhandelinge gevoer met al die groot drankhandelgroepe, onder andere, Gilbey s, Stellenbosch Farmers Winery, Edward Schnell en is daar onderhandelinge gevoer om te kyk om van hierdie persone se verspreidingsnetwerke te gebruik en hulle produkte te bekom. Die verdere getuienis van Grobbelaar, wat nie betwis is nie, was dat hulle altyd betrokke by finansiering van toerusting,en uit die aard van Sentra en Megasave se bedrywe, was hulle betrokke by hierdie aksies en het hulle amper die rol van n finansieringsbank gespeel. Hierdie aktiwiteit is behartig deur mnr. Danie Heyns wat by Shoprite bedank het en aktief vir die respondente in hierdie verband opgetree het. Op n vraag in kruisverhoor of daar enige personeel oorgebly het, antwoord Grobbelaar soos volg: Ons het, noem dit maar nie aktiewe direkteure en aktiewe direkteure en wat inderdaad toe gebeur het is die nie aktiewe direkteure het toe aktiewe personeellede geword eintlik en die sekretaris het oorgebly, sekretaris/rekenmeester het ons behoue gebly. Wat die balans van die koopprys van die besighede in beleggings betref, is dit so belê dat dit op kort kennisgewing beskikbaar was om aangewend te word in die respondente se besigheid. Om hierdie doel te verwesenlik, het hulle n beter opbrengsprys gegee. Dit blyk ook dat uitgawes van R276 490,00 aangegaan is, welke uitgawes insluit huurgelde, regskoste, salarisse, reiskoste, telefoon en posgelde. Alhoewel dit aansienlik minder is

as die vorige jaar, pas dit in by Grobbelaar se getuienis dat hulle aktiwiteite aansienlik afgeskaal is. DE BEERS HOLDINGS (PTY) LTD v COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE 1986 (1) SA 1 (A) te 36H J. Uit die voorgaande blyk dit dat respondente nie alleen die bedoeling gehad het om voort te gaan met hulle besigheid nie, maar ook aktiewe stappe dienooreenkomstig geneem het, soos hieronder in die vooruitsig gestel: in question. (ITC 1476, 52 IBS 141 te 148)... the mere intention to carry out some business activity or a particular transaction is insufficient to amount to the carrying on of a trade there has to be an actual endeavour so to do. That there must at least be such an active step is trite... The carrying on of a trade involves an active step something far more than merely watching over existing investments which are not, and are not intended to be, income producing during the year Die huidige saak is ook onderskeibaar van COMMISSIONER FOR SARS v CONTOUR ENGINEERING (PTY) LTD 1999 (E) 61 SATC 447 soos blyk uit die volgende aanhaling op 456: It is clearly correct that a venture must be viewed as a whole and that it may straddle more than one tax year. There is, however, a vast difference between the mere laying of plans for the respondent s future, on the one hand, and the commencement of preparatory activities for a future venture, on the other, as was contemplated in the aforegoing passage from Robin s case. At least some activity is required. In my view the mere laying of plans cannot constitute the carrying on of a trade as envisaged in s 1 of the Act in the absence of some positive act aimed at promoting the said plans. In die lig van die aktiwiteite hierbo na verwys, is ek van mening dat die respondente se optrede neerkom op die beoefening van n bedryf soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet gedurende 1996. Mnr. Lewis, namens die respondente, het daarop gewys dat die respondente rente verdien het gedurende 1994 en 1995 en dat hy as geldskieter opgetree het. Volgens hierdie betoog is die rente inkomste wat verdien is deur die respondente as gevolg van die

belegging by Volkskas (later Absa) n bedryf soos bedoel in gemelde artikel. In die lig van die slotsom waartoe gekom is, is dit nie nodig om n mening oor hierdie betoog uit te spreek nie. Gevolglik word die appèl van die hand gewys met koste. S.P.B. HANCKE, R EK STEM SAAM: C.B. CILLIé, R EK STEM SAAM: L.T. SIBEKO, WnR. Namens Appellant: Staatsprokureur Adv. W.H. Olivier, SC i.o.v.

Namens Respondente: Adv. A.J. Lewis i.o.v. Symington & De Kok /scd